Skip to content

Economics Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201912 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V1 2019 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/2019 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/2019 SS/NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Arbeid kan in die … mark gekoop en verkoop word. A goedere B faktor- C finansiële D verbruikers- 1.1.2 Vergelykende kostevoordeel toon dat wêreldproduksie kan styg as lande … in wat hulle die beste doen. A tariewe afdwing B die gebruik van tegnologie beperk C spesialiseer D werkers beskerm 1.1.3 Die mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) is 'n …-jaar- vooruitskatting van owerheidsbesteding en -inkomste. A drie B een C twee D vier 1.1.4 Die piek van 'n sakesiklus word deur 'n … gekenmerk. A hoë vraag na krediet B stabiele inflasiekoers C hoë werkloosheidkoers D lae uitset 1.1.5 'n Styging in die produktiewe kapasiteit van die ekonomie oor 'n spesifieke tydperk word … genoem. A inkrimping B ekonomiese ontwikkeling C ekonomiese groei D globalisering 1.1.6 Kostedelingstoelaes deur die owerheid om paaie te verbeter, word die …-program genoem. A Uitgebreide Openbarewerke B Kritieke Infrastruktuur C Kleinsake-ondersteunings D Vaardigheidsontwikkelings Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/2019 SS/NSS 1.1.7 'n Voorbeeld van 'n ekonomiese aanwyser is … A sanitasie. B bevolkingsgroei. C lewensverwagting. D produksieprysindeks. 1.1.8 Maatskaplike toelaes aan die landsburgers van Suid-Afrika vorm deel van die … beleid. A monetêre B handels- C groei- D fiskale (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Vermenigvuldiger A as 'n onderneming in staatsbesit aan 'n sakeonderneming in die privaat sektor 1.2.2 Privatisering verkoop word 1.2.3 Afgeleide handel B bring benadeelde groepe tot op 'n gelyke vlak ten opsigte van aanstelling, 1.2.4 Vryswewende bevordering en ander aspekte van wisselkoers indiensneming 1.2.5 Wêreldbank C verantwoordelik vir infrastruktuur en sakebeleggings in agtergeblewe en 1.2.6 Nywerheidsont- onderontwikkelde gebiede wikkelingsone (NOS) D internasionale instelling wat gestig is om 1.2.7 Gelyke indiensneming herstel en ontwikkeling te bevorder 1.2.8 Verbruikersprysindeks E hoë gehaltestandaarde word afgedwing (VPI) om die invoer van goedere te bemoeilik F die waarde van 'n geldeenheid ten opsigte van die waarde van 'n ander geldeenheid wat deur markkragte bepaal word G meet prysveranderinge van 'n gemiddelde mandjie goedere en dienste wat deur 'n verbruiker aangekoop word H 'n klein aanvanklike styging in besteding lei tot 'n proporsioneel groter styging in totale inkomste I nywerheidsgebiede wat fisies omhein is en naby aan 'n hawe of 'n lughawe is (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/2019 SS/NSS 1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die totale waarde van finale goedere en dienste wat binne die landsgrense in 'n gegewe tydperk geproduseer is 1.3.2 Voorspel die toekomstige ekonomiese aktiwiteite deur feite of inligting wat bekend is, te gebruik 1.3.3 Rekord van alle handels- en finansiële transaksies tussen 'n land en die res van die wêreld 1.3.4 Die styging in die lewenstandaard van die mense oor 'n tydperk 1.3.5 Pogings deur owerhede om vervaardiging en ander besighede uit metropolitaanse gebiede na landelike gebiede te verskuif 1.3.6 Dit meet die afstand tussen die piek en die trog van 'n sakesiklus (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/2019 SS/NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE monetêre beleidsinstrumente wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank gebruik word. (2 x 1) (2) 2.1.2 Wat is die doel van die tendenslyn van 'n sakesiklus? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Goedere en Goedere en dienste dienste PRODUK- MARK Inkomste Besteding HUISHOU- BESIGHEDE DINGS Besteding Inkomste Produksie- FAKTOR- Produksie- faktore faktore MARK 2.2.1 Wat word in die diagram hierbo uitgebeeld? (1) 2.2.2 Identifiseer EEN voorbeeld van 'n reële vloei. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term produkmark. (2) 2.2.4 Wat kan die Minister van Finansies doen om ekonomiese aktiwiteite in Suid-Afrika te bevorder? (2) 2.2.5 Hoe kan die buitelandse direkte investering (BDI) die nasionale inkome beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/2019 SS/NSS 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA KOM UIT 'N DIE RESESSIE MET 'N 2,5% BBP GROEI [Aangepas uit Google images, 2018] Groei in die landbousektor ruk handuit met 33,6%. Mynbou het met 3,9% gegroei en het 0,3 van 'n persentasiepunt tot die totale groei bygedra. Die sekondêre sektor het met 1,9% en die vervaardigingsektor met 1,5% gegroei. 2.3.1 Noem EEN kenmerk van die trog van 'n sakesiklus. (1) 2.3.2 In watter sektor funksioneer die landbou? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus. (2) 2.3.4 Watter ekonomiese oorspoeleffekte kan ontstaan as gevolg van die 2,5% BBP-groei? (2) 2.3.5 Hoe kan die mynbousektor ekonomiese groei stimuleer? (2 x 2) (4) 2.4 Beskryf kortliks inkomevlakke en voorkeure en smaak as vraagredes vir internasionale handel. (2 x 4) (8) 2.5 Evalueer belasting as deel van die owerheidstrategie om die ekonomie te laat groei. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE sake waaraan die Noord-Suid-verdeling aandag gee. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe sal 'n verbetering in produktiwiteit buitelandse investering in Suid-Afrika bevoordeel? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN (NOP) 'n Belangrike fokus van die NOP is om Suid-Afrikaners in 'n program te verenig wat die Grondwet se visie van 'n verenigde, vooruitstrewende, nie-rassige en nie-seksistiese gemeenskap sal verbeter. [Aangepas uit die Bestuursverslag oor Nasionale Ontwikkeling] 3.2.1 Noem EEN ongelykheid waaraan die Nasionale Ontwikkelingsplan aandag moet skenk. (1) 3.2.2 Watter ekonomiese aanwyser meet die lewenstandaard van 'n gemeenskap? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term indiensneming. (2) 3.2.4 Hoekom moet die owerheid op kleinsake-ontwikkeling fokus om die groot werkloosheidsprobleem op te los? (2) 3.2.5 Hoe sal die sukses van die NOP die ekonomie bevoordeel? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/2019 SS/NSS 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BBSEB MEER RELEVANT AS OOIT TEVORE Die BBSEB het ten doel om te verseker dat die ekonomie gestruktureer en getransformeer is. Dit sal lei tot die betekenisvolle deelname van die meeste landsburgers en die toetrede van swart entrepreneurs tot die hoofstroom ekonomiese aktiwiteite en die bevordering van koöperasies. [Aangepas uit News24, Februarie 2017] 3.3.1 Waarvoor staan die akroniem BBSEB? (1) 3.3.2 Watter staatsdepartement is daarvoor verantwoordelik om te verseker dat die BBSEB-beleid 'n werklikheid word? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkeling. (2) 3.3.4 Watter positiewe rol speel die Nywerheidsbeleid-aksieplan (NBAP) in swart ekonomiese bemagtiging? (2) 3.3.5 Wat kan gedoen word om die toetrede van swart entrepreneurs tot besighede te bevorder? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die aanbodkantbenadering in die bevordering van ekonomiese groei. (4 x 2) (8) 3.5 Hoekom is spesiale ekonomiese sones belangrik vir die ekonomie? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee enige TWEE voordele van die Uitgebreide Openbarewerke- program (UOWP). (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe sal desentralisering van nywerhede tot werkskepping in die land bydra? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FINALE VERBRUIKSBESTEDING DEUR HUISHOUDINGS TEEN HUIDIGE PRYSE 2010 2015 2017 (R miljoene) Duursame goedere 136 049 199 971 209 997 Semi-duursame goedere 133 323 203 082 231 668 Nie-duursame goedere 625 989 962 467 1 124 170 Dienste 726 476 1 051 760 1 199 221 TOTAAL 1 621 836 2 417 271 2 764 397 [Aangepas uit Quarterly Bulletin South African Reserve Bank, Maart 2018] 4.2.1 Gee EEN voorbeeld van nie-duursame goedere. (1) 4.2.2 Noem EEN ander item wat gebruik word om BBP te bereken. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term duursame goedere. (2) 4.2.4 Waarom is die syfers hierbo NIE 'n ware weerspieëling van die BBP-groei NIE? (2) 4.2.5 Bereken die persentasiebydrae van dienste tot die finale verbruiksbesteding deur huishoudings in 2017. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/2019 SS/NSS 4.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BEGROTINGSTOESPRAAK 2018: VERANDERINGE IN INDIREKTE BELASTING INDIREKTE BELASTING STYGING IN BELASTINGKOERSE Koolstofbelasting Die prys van plastieksakke styg met 50% tot 12c per sak. Eiendomsbelasting 'n Styging van 25% op eiendomme van meer as R30 miljoen. Belasting op luukse Die ad valorem-aksynsregte op luukse goedere, goedere soos motorvoertuie, styg van 7% tot 9%. [Aangepas uit https//www.fin24.com/budget speech 2018] 4.3.1 Watter ministerie (departement) is verantwoordelik vir die aanbied van die nasionale begrotingstoespraak aan die parlement? (1) 4.3.2 Noem EEN vorm van direkte belasting wat aan die staat betaalbaar is. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term begroting. (2) 4.3.4 Hoe sal die styging in koolstofbelasting op plastieksakke die ekonomie bevoordeel? (2) 4.3.5 Beskryf kortliks die mate waartoe die begroting aan ekonomiese gelykheid aandag gee. (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks vryemarkoriëntering en mededingendheid as riglyne vir streeksontwikkeling in Suid-Afrika. (2 x 4) (8) 4.5 Hoe sal 'n verbetering in ruilvoet die saldo op die lopende rekening (8) beïnvloed? [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/2019 SS/NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Verseker dat jou antwoord die struktuur wat hieronder aangedui word, volg om die maksimum aantal punte te behaal. PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord Maks. 2  'n Goeie begin is om 'n sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te definieer of te omskryf  Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie  Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie  Vermy enige bespreking van die hoofdeel in die inleiding Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe Maks. 10 grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Slot Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek invoervervanging as 'n internasionale handelsbeleid onder die volgende: - Voordele (8 punte) - Nadele (8 punte) - Metodes (10 punte) (26 punte)  Hoekom behoort vryhandel bo beskerming verkies te word? (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek sosiale aanwysers volledig onder die volgende: - Onderwys (8 punte) - Dienste (8 punte) - Demografie (10 punte) (26 punte)  Hoe kan die gebruik van sosiale aanwysers die owerheid met besluitneming bystaan? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all