Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201912 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V2 2019 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/2019 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/2019 SS/NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 'n Individuele onderneming onder volmaakte mededinging het 'n … vraagkromme. A volmaak elastiese B volmaak onelastiese C relatief elastiese D relatief onelastiese 1.1.2 'n Voorbeeld van monopolistiese mededinging in Suid-Afrika is … A die banksektor. B motorvervaardigers. C kitskoswinkels. D Eskom. 1.1.3 Die uitwerking van 'n minimum prys sal die … goedere laat styg. A vraag na B aanbod van C verbruik van D besteding op 1.1.4 'n Onvolmaakte mark sal sy inkomste maksimeer waar marginale inkomste … is. A gelyk aan 1 B groter as 0 C kleiner as 0 D gelyk aan 0 1.1.5 Kostedruk-inflasie kan deur … veroorsaak word. A laer lone B 'n daling in insetkoste C wisselkoersdepresiasie D styging in produktiwiteit 1.1.6 Die Verenigde Nasies se Konferensie oor Volhoubare Ontwikkeling het ooreengekom om op … te fokus. A voorkoming van gronderosie B 'n groen ekonomie C niehernubare energie D afname in bevolkingsgroei Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/2019 SS/NSS 1.1.7 Buitelanders wat die land uit ander lande binnekom, word as … toeriste beskou. A inkomende B uitgaande C binnelandse D plaaslike 1.1.8 'n Niehernubare energiebron is … A wind. B seestrome. C steenkool. D sonlig. (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Volmaakte mark A 'n ooreenkoms tussen die owerheid en besighede om besoedeling te verminder 1.2.2 Subsidie B besoek natuur- en wildernisgebiede 1.2.3 Biodiversiteit C sluit items met hoë wisselvallige pryse 1.2.4 Monopolie uit die gemiddelde mandjie goedere 1.2.5 Vrywillige D 'n tipe finansiële toelae om 'n ooreenkomste ekonomiese aktiwiteit te ondersteun 1.2.6 Gedifferensieerde E verkoop homogene goedere produkte F vra hoër pryse en produseer kleiner 1.2.7 Ekotoerisme hoeveelhede 1.2.8 Kerninflasie G algemene prysvlak is oor 'n tydperk stabiel H 'n getal spesies binne 'n eenheid (gemeenskap) organismes I 'n verskeidenheid verpakkingsontwerpe van dieselfde artikel (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/2019 SS/NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 'n Soort monopolie wat patente gebruik om hul produk te vervaardig 1.3.2 Die uitset styg met meer as die persentasie toename in insette wat tot 'n daling in koste lei 1.3.3 Derde party effekte, soos die koste van besoedeling, wat nie by die markprys ingesluit is nie 1.3.4 Toestemming wat die staat aan firmas verleen wat hulle toelaat om tot op 'n sekere vlak te besoedel 1.3.5 Buitelandse toeriste wat deur Suid-Afrika na 'n ander bestemming reis 1.3.6 'n Buitengewoon vinnige styging in die algemene prysvlak bo 50% (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/2019 SS/NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van monopolistiese mededinging. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom sal 'n gebrek aan inligting by entrepreneurs markmislukking veroorsaak? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VOLMAAKTE MEDEDINGING Koste/Inkomste MK GK a 200 GI = MI = vv 0 100 180 230 Hoeveelheid 2.2.1 Identifiseer die hoeveelheid wat die firma by die ewewigspunt sal produseer. (1) 2.2.2 Watter kromme verteenwoordig die markprys vir die volmaakte mededinger? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term normale wins. (2) 2.2.4 Wat sal die uitwerking (impak) op die mark wees as baie ondernemings hierdie bedryf verlaat? (2) 2.2.5 Teken die grafiek hierbo oor en voeg die gemiddelde veranderlike kostekromme (GVK) in om die sluitingspunt duidelik aan te dui. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/2019 SS/NSS 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KOSTEVOORDEEL-ONTLEDING (KVO) Ons leef in 'n wêreld met skaars hulpbronne waar ons prioriteite moet stel en keuses moet maak oor hoe hulpbronne toegeken moet word. Die KVO gee ons 'n hulpmiddel wat ons by hierdie besluitnemingsproses kan gebruik. Berekeninge in 'n KVO moet met behulp van markpryse gedoen word. [Bron: www.google.com] 2.3.1 In watter sektor word die kostevoordeel-analise gewoonlik gebruik? (1) 2.3.2 Gee enige EEN regstellende metode wat die owerheid gebruik om die herverdeling van inkome af te dwing. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term kostevoordeel-analise. (2) 2.3.4 Hoekom is dit noodsaaklik om 'n kostevoordele-analise vir groot projekte te doen? (2) 2.3.5 Hoekom word sommige projekte ten spyte van hoë finansiële koste aangepak? (2 x 2) (4) 2.4 Gebruik die grafiek hieronder om die uitwerking van positiewe eksternaliteite in die mark te verduidelik. (8) POSITIEWE EKSTERNALITEIT Prys V1 A = MPK V P1 E1 Welvaartsvoordeel E P V1 = MSV = MPV + eksterne voordeel S D = MPB 0 Q Q1 Hoeveelheid (8) 2.5 Bespreek die uitdagings waarvoor 'n monopolis te staan sal kom as (8) buitengewoon hoë pryse vir produkte gevra word. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE tipes besoedeling. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoekom is internasionale toerisme vir die Suid-Afrikaanse ekonomie belangrik? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BINNELANDSE OORNAGREISE PER PROVINSIE IN 2016/2017 PROVINSIE GETAL REISE GETAL REISE IN IN 2016 2017 Wes-Kaap 3 042 3 504 Oos-Kaap 2 511 2 368 Noord-Kaap 715 711 Vrystaat 1 088 1 067 KwaZulu-Natal 2 494 3 246 Noordwes 1 855 1789 Gauteng 8 202 8 972 Mpumalanga 2 576 2 956 Limpopo 3 061 3 670 TOTAAL 25 543 27 532 [Aangepas uit News 24, 2018] 3.2.1 Hoeveel provinsies het 'n afname in binnelandse oornagreise getoon? (1) 3.2.2 Watter instelling stel die data hierbo saam? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term binnelandse toerisme. (2) 3.2.4 Hoe kan huishoudings in landelike gebiede deur toerisme bevoordeel word? (2) 3.2.5 Hoekom is buitelandse toerisme die vinnigste groeiende bedryf in Suid-Afrika? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/2019 SS/NSS 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KOOLSTOFBELASTING KOM UITEINDELIK NA SUID-AFRIKA Daar word verwag dat Suid-Afrika uiteindelik hierdie jaar sy langverwagte koolstofbelastingwet gaan deurvoer en die belasting in Januarie 2019 implementeer. Om klante te ontmoedig om plastieksakke te koop, het die staat die plastieksakheffing met 50% na 12c per sak verhoog. Dit sal op 1 April 2018 geïmplementeer word. Die koolstofbelasting, wat 'n omgewingsbelasting is, sal gerig wees op besighede en maatskappye wat hoë koolstofvlakke in die atmosfeer vrystel en dit besoedel. [Aangepas uit Business Report, 2018] 3.3.1 Gee 'n voorbeeld van 'n besigheid/nywerheid wat hoë koolstofvlakke vrystel. (1) 3.3.2 Waarom ontmoedig die staat die gebruik van plastieksakke? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term omgewingsvolhoubaarheid. (2) 3.3.4 Hoe kan kweekhuisgasse tot klimaatsverandering lei? (2) 3.3.5 Verduidelik die positiewe uitwerking van koolstofbelasting op die omgewing. (2 x 2) (4) 3.4 Onderskei tussen beskerming en bewaring van die omgewing. (2 x 4) (8) 3.5 Evalueer die Suid-Afrikaanse owerheidsbeleide om toerisme te bevorder. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE voordele vir die staat ten opsigte van die heffing van belasting op toeriste. (2 x 1) (2) 4.1.2 Watter uitwerking het maksimum pryse op die mark? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MARKMISLUKKING Huise (duisende) 16 Sosiale optimale toedeling 14 12 10 8 6 Markvoorsiening 4 2 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 Skole (duisende) 4.2.1 Identifiseer die getal huise wat die mark sal verskaf indien al die hulpbronne aan huise spandeer is. (1) 4.2.2 Hoeveel skole moet die owerheid verskaf om die sosiale optimum toedeling te bereik? (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term markmislukking. (2) 4.2.4 Hoekom is markte onwillig om publieke goedere soos paaie te bou? (2) 4.2.5 Hoe kan die owerheid makro-ekonomiese stabiliteit deur hul betrokkenheid by produksie verseker? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/2019 SS/NSS 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE JONGSTE WÊRELDERFENISTERREIN Die Khomani Kulturele Landskap is Suid-Afrika se jongste Wêrelderfenisterrein volgens die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO). Die landskap beskerm die oorblyfsels van die eens nomadiese San-mense. Die Khomani San is een van die enigste groepe San wat steeds hul tradisionele jagter-versamelaarleefwyse binne die Kgalagadi Oorgrenspark ('n groot halfwoestyn wildernisgebied in die noorde van die land) beoefen. [Aangepas uit Indaba Tourism Guide, 2017] 4.3.1 Noem enige EEN ander Wêrelderfenisterrein. (1) 4.3.2 Watter tipe toerisme word in die inligting hierbo aangedui? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsel (IKS). (2) 4.3.4 Op watter manier kan sakeondernemings die kennis van inheemse mense gebruik om toerisme te bevoordeel? (2) 4.3.5 Hoekom is infrastruktuurontwikkeling belangrik om toerisme te bevorder? (2 x 2) (4) 4.4 Gebruik 'n grafiek van totale koste (TK) en totale inkomste (TI) om winsmaksimering in 'n volmaakte mark te verduidelik. (8) 4.5 Bespreek krities die uitdagings waarvoor lande te staan kom om die produksie van gevaarlike afval te verminder. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/2019 SS/NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Maak seker dat jou antwoord die struktuur wat hieronder aangedui word, volg sodat die maksimum aantal punte behaal kan word. PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord Maks. 2  'n Goeie begin is om 'n sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te definieer of te omskryf  Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie  Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie  Vermy enige bespreking van die hoofdeel in die inleiding Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe Maks. 10 grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Slot Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek volledig, sonder die gebruik van grafieke, die markstruktuur van 'n oligopolie. (26 punte)  Hoe effektief is die mededingingsbeleid by die regulering van samesmeltings en oornames in Suid-Afrika? (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek die oorsake van vraagtrek-inflasie volledig. (26 punte)  Hoe effektief is die Monetêre Beleidskomitee van die Reserwebank om prysstabiliteit te verseker? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all