Skip to content

Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12201921 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V1 2019 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B – faktor  1.1.2 C – spesialiseer  1.1.3 A – drie  1.1.4 A – hoë vraag na krediet  1.1.5 C – ekonomiese groei  1.1.6 B – kritieke infrastruktuur  1.1.7 D – produksieprysindeks  1.1.8 D – fiskale  (8 x 2) (16) 1.2 BYPASSENDE ITEMS 1.2.1 H – 'n klein aanvanklike styging in besteding lei tot 'n proporsioneel groter toename in totale inkomste  1.2.2 A – as 'n staatsbeheerde besigheid aan 'n private sektor sakeonderneming verkoop word  1.2.3 E – hoë kwaliteit standaarde word ingestel wat die invoer van goedere bemoeilik  1.2.4 F – die waarde van 'n geldeenheid in terme van 'n ander, soos bepaal deur markkragte  1.2.5 D – internasionale instelling wat opgerig is om herstel en ontwikkeling te bevorder  1.2.6 I – 'n nywerheidsgebied wat fisies omhein is en aan 'n hawe of 'n lughawe grens  1.2.7 B – bring benadeelde groepe op 'n gelyke vlak van aanstelling, bevordering en ander aspekte van indiensneming  1.2.8 G – meet veranderinge in pryse van 'n gemiddelde mandjie goedere en dienste wat deur 'n verbruiker aangekoop word  (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Bruto binnelandse produk  1.3.2 Ekstrapolasie  1.3.3 Betalingsbalans  1.3.4 Ekonomiese ontwikkeling  1.3.5 Desentralisasie  1.3.6 Amplitude  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE monetêre beleidsinstrumente wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank gebruik word. • Rentekoerse  • Kontantreserwevereistes  • Opemarktransaksies  • Morele oorreding  • Wisselkoersbeheer  (2 x 1) (2) 2.1.2 Wat is die doel van die tendenslyn van 'n sakesiklus? Die tendens dui die algemene rigting aan waarin indekse wat in die sakesiklus gebruik word, beweeg  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Wat word in die diagram hierbo uitgebeeld? Ekonomiese kringloopmodel / Tweesektor-ekonomie  (1) 2.2.2 Identifiseer EEN voorbeeld van 'n reële vloei. Goedere en dienste/Produksiefaktore  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term produkmark. Die mark waar finale verbruiksgoedere en dienste verhandel (koop en verkoop)  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2) 2.2.4 Wat kan die Minister van Finansies doen om ekonomiese aktiwiteite in Suid-Afrika te bevorder? Die minister kan: • meer vertroue te skep in makro-ekonomiese beleide tussen al die rolspelers in die ekonomie  • 'n beleggingsvriendelike wetgewing ontwikkel wat geleenthede skep vir deelnemers met die nodige vermoë bv. KMMOs  • toesien dat SA-ekonomie funksioneer in 'n wêreldekonomie eerder as 'n geslote een  • wette maak wat deelname toelaat  • navorsing doen op verskeie vlakke om ekonomiese aktiwiteite te bevorder  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (Aanvaar response wat die heffing van direkte en indirekte belasting insluit asook owerheidsbesteding) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 2.2.5 Hoe kan die buitelandse direkte investering (BDI) die nasionale inkome beïnvloed? ‘n Styging in BDI sal die nasionale inkome positief beïnvloed deur: • meer investering (‘n inspuiting in die ekonomiese kringloop) wat produksie sal verhoog  • stygende indiensneming geleenthede wat sal lei tot ‘n groter vraag na goedere en dienste  • 'n styging in die totale vraag (vermenigvuldiger effek)  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2 x 2) (4) (Ken punte toe vir antwoorde as kandidate die bogenoemde verduidelik het op ‘n negatiewe wyse) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Noem EEN kenmerk van die trog van 'n sakesiklus. • minder sake-aktiwiteite  • vermindering in bestedingspatrone  • hoë werkloosheid  • daling in winste  • ekonomie word vertraag / afname in ekonomiese aktiwiteite  • rentekoerse daal  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (1) 2.3.2 In watter sektor funksioneer die landbou? Primêre  (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus. Die sakesiklus toon fluktuasies (inkrimping en uitbreiding) van ekonomiese aktiwiteite  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2) 2.3.4 Watter ekonomiese oorspoeleffekte kan ontstaan as gevolg van die 2,5% BBP-groei? • Groter indiensneming in die ekonomie  • Meer investering in kapitaalintensiewe produksiemetodes  • Groter deelname aan die ekonomie  • Verhoogde verbruik en produktiwiteit  • Dit kan hoër inflasie skep  • Negatiewe fluktuasies in die lande se wisselkoerse (uitvoere kan negatief beïnvloed word)  • Inflasie kan styg as gevolg van ‘n hoër aanbod  • Styging in rentekoerse  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (Aanvaar 'n negatiewe respons indien gemotiveer) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 2.3.5 Hoe kan die mynbousektor ekonomiese groei stimuleer? Mynbou kan ekonomiese groei verder stimuleer deur: • verbeterde produksietegnieke wat produksie en uitvoere sal verhoog en produksiekoste verlaag  • stimulering van nywerhede verwant aan vervaardiging bv. die staal- en ingenieursbedrywe  • finalisering en implementering van 'n wêreldwye aanvaarde mynbeleid wat meer investering sal lok  • vermindering van arbeidsaksies deur toepaslike loon onderhandelinge  • motivering van werkers met die hulp van produksie-aansporings as ekstra inkomste  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2 x 2) (4) 2.4 Beskryf kortliks inkomevlakke en voorkeur en smaak as vraagredes vir internasionale handel. Inkomevlakke: • Veranderinge in inkomste veroorsaak ’n verandering in die vraag na goedere en dienste  • Verbruikbare inkomste mag byvoorbeeld styg as gevolg van laer belasting of hoë indiensneming van produksiefaktore wat lei tot verhoogde verbruiksbesteding  • Hoër inkomste skep meer behoeftes, begeertes en gevolglik groter vraag na 'n groter verskeidenheid goedere selfs as dit nodig is om die goedere van oorsee af in te voer  • 'n styging in die per capita inkomste van mense lei tot meer verbruikbare inkomste wat spandeer kan word aan plaaslike goedere en dienste, waarvan sommige ingevoer moet word  (Maks 4) Voorkeur en smaak: • Nie al die goedere waarvoor daar 'n aanvraag bestaan, word in 'n land geproduseer nie  • Verbruikersvoorkeur en smaak speel 'n beslissende rol in die vraag na goedere van ander lande  • As verbruikers in China 'n voorkeur vir tee het en verbruikers in Amerika het 'n voorkeur vir koffie, sal die relatiewe pryse van tee en koffie tussen hierdie lande verskil  • Dit word beïnvloed deur internasionale migrasie in terme van geloof en leefstyle  (Maks 4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2 x 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 2.5 Evalueer belasting as deel van die owerheidstrategie om die ekonomie te laat groei. Die owerheid stimuleer ekonomiese aktiwiteite deur belasting, met die: • verskaffing van belastingaansporings aan uitvoer-gedrewe produsente  • styging in die aantal zero-koers produkte wat verbruik verhoog  • behoud van maatskappybelasting teen laer vlakke  • vermindering van invoerregte op kapitaalgoedere wat uiteindelik geen negatiewe uitwerking op binnelandse pryse sal hê nie  • vermindering van die belastingkoers vir buitelandse beleggers as 'n aansporing op inwaartse investering  (Maks 4) Belasting onderdruk ekonomiese aktiwiteite met 'n styging in die: • BTW-koers wat definitief besteding op noodsaaklike goedere sal beperk by laer inkomstegroepe en 'n negatiewe uitwerking sal hê op produksie  • Persoonlike inkomstebelasting van individue wat werkers sal ontmoedig in hoër inkomstegroepe om uitgebreide ure te werk  • Brandstofheffings wat uiteindelik sal lei tot hoër produksiekoste wat 'n negatiewe uitwerking sal hê op totale vraag van ekonomiese goedere en dienste  • Aksynsregte wat landbouproduksie onderdruk omdat daar 'n laer vraag na invoere bestaan  (Maks 4) (8) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite / voorbeelde) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE sake wat deur die Noord/Suidverdeling aangespreek word. • Oneweredige lewenstandaarde  • Uitdagings van globalisering  • Omgewingskwessies  • Volhoubare ontwikkeling  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe sal 'n verbetering in produktiwiteit buitelandse investering in Suid-Afrika bevoordeel? Wanneer 'n produsent addisionele eenhede van 'n goed teen 'n laer ekstra koste as ander in die nywerheid kan produseer, mag dit lei tot minder produksiefaktore wat benodig word om dieselfde produksie-uitset en te lewer en kan dit werkloosheid laat styg  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Noem EEN ongelykheid wat deur die nasionale ontwikkelingsplan aangespreek moet word. • Armoede  • Werkloosheid  • Vaardigheidsontwikkeling  • Onderwys  • Lewenstandaard  • Verspreiding van inkomste en welvaart  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (1) 3.2.2 Watter ekonomiese aanwyser meet die lewenstandaard van 'n gemeenskap? Reële per capita BBP / Inkome per capita  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term indiensneming. Die aantal mense in 'n ekonomie wat dienste verskaf teen betaling onder kontrak sowel as persone self-indiens / die aantal mense in diens as persentasie van die EAB / iemand wat werk en in staat is om waarde tot hul gemeenskap of land toe te voeg en bydra tot die ekonomie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2.4 Hoekom moet die owerheid op kleinsake-ontwikkeling fokus om die groot werkloosheidsprobleem op te los? • Klein ondernemings het die kapasiteit om werk te skep en geniet langtermyn voorspoed in die land as geheel  • Entrepreneurskap word gesien as ‘n manier om volhoubare ekonomie in die toekoms te verseker met laer werkloosheid koerse  • Dra by tot die BBP van die land sowel as streeksgroei deur op jeug-indiensnemingsubsidies te fokus om die jeug se werkloosheidskoers te verlaag  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2) 3.2.5 Hoe sal die sukses van die NOP die ekonomie bevoordeel? Die NOP sal die ekonomie bevoordeel deur die verbetering van: • ekonomiese groei deur werkskepping  • lewenstandaarde en kleiner afhanklikheid van sosiale toelaes  • ekonomiese integrasie binne en buite grense van die land  • kwaliteit uitset in beide goedere en dienste  • ekonomiese doeltreffendheid – hoër produktiwiteit – hoër winste  • beleggingsvertroue – investerings – meer produksie-eenhede  (2 x 2) (4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Waarvoor staan die akroniem BBSEB? Breëbasis swart ekonomiese bemagtiging  (1) 3.3.2 Watter staatsdepartement is verantwoordelik om te verseker dat die BBSEB-beleid 'n werklikheid word? Departement van handel en nywerheid / DHN  (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkeling. Die buitengewone ontwikkeling van georganiseerde ekonomiese aktiwiteite met die doel om vervaardiging te skep, mynbou, landbou- en dienstebedryf  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 3.3.4 Watter positiewe rol speel die Nywerheidsbeleid-aksieplan (NBAP) in swart ekonomiese bemagtiging? NBAP sal ‘n positiewe rol in swart ekonomiese bemagtiging speel deur: • te fokus op baie sektore (klerasie, tekstiele, motors, toerisme) wat ‘n geleentheid aan die benadeeldes gee om aktief aan die ekonomie deel te neem  • nuwe SEB-besigheidsondernemings deur raad en toegang tot finansiering te gee  • verskaffing van vaardigheids-ontwikkelingsprogramme aan SEB-entrepreneurs veral in die arbeidsintensiewe bedrywe  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2) 3.3.5 Wat kan gedoen word om die toetrede van swart entrepreneurs tot besighede te bevorder? Toetrede van swart entrepreneurs in besighede kan bevorder word deur: • inisiëring van behoorlike en effektiewe wetgewing (voorkeur verkryging)  • ondersteuning van huise of kamers wat gelyke verteenwoordiging in die ekonomie voorstaan  • behoorlike onderwys, opleiding en mentorskap vir almal te verseker  • aanbieding van finansiële ondersteuning waar nodig  • die nakom van SEB programme te monitor deur wetgewing (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die aanbodkant-benadering in die bevordering van ekonomiese groei. • Die aanbodkant benadering se doelwit is hoër ekonomiese groei deur die ekonomiese vermoë om goedere en dienste te lewer, te verbeter  • Owerheidsinmenging se doelwit is om 'n gladde werksverrigting vir markte te fasiliteer om groei en ontwikkeling te stimuleer  • Dit sluit enigiets in wat die totale aanbod van goedere en dienste beïnvloed, met die fokus op mikro-ekonomiese komponente  bv. mededinging en potensiële uitset  • Deur beskerming van mededinging, word KMMO's bevorder met integrering van swart mense in die hoofstroom ekonomie en gedeeltelike privatisering van die publieke sektor  • Verbeterde onderwys en opleiding verseker belastingkontrole en regulering wat investering aanmoedig  (Maks 8) (Ken punte toe vir enige data ingesluit onder die effektiwiteit en doeltreffendheid van markte, sakedoeltreffendheid en koste om sake te doen) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne Natuurlike hulpbronne  • Natuurlike hulpbronne is belangrik in ons ekonomie omdat hulle die basis van produksie in die primêre sektor vorm  • Natuurlike hulpbronne word ‘n belangrike inset tot die vervaardigingsproses van die sekondêre sektor as ru-materiale en sommige intermediêre goedere vir volhoubare produksie  Arbeidsmag / menslike hulpbronne  • Die kwaliiteit van ‘n land se arbeid, word aan die lig gebring in die vaardighede, kennis en gesondheid van sy werkers wat die voordeel van mensekapitaal verteenwoordig  • Hoër vlakke van kwaliteit mense lei tot hoër produktiwiteit van arbeid, wat lei tot ‘n hoër uitset van goedere en dienste  Kapitaal  • ‘n Land kan sy kapitaalgoedere en styging in produksiekapasiteit gebruik sowel as die verskaffing van infrastruktuur om produksie te ondersteun  • As kapitaalvorming plaasvind is daar ‘n styging in die beskikbare kapitaalvoorraad  • Dit stel produsente in staat om meer goedere en dienste te produseer, wat sal lei tot ‘n styging in ekonomiese groei  Entrepreneurs  • Dit behels die uitdaging om produksiefaktore te kombineer in die mees doeltreffende wyse om kwaliteit goedere en dienste te produseer  • Lande wat betrokke is in entrepreneurskap-programme geniet ekonomiese welvaart, wat aangedui word in hul hoë per capita inkomevlakke  Tegnologie  • ‘n Sleutelaspek tot ontwikkeling is om voor te berei en aanpassings te maak tot die vierde industriële rewolusie in die sakewêreld  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (Ken ‘n maksimum van 4 punte toe vir voorbeelde of blote opnoem van feite) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 3.5 Hoekom is spesiale ekonomiese sones belangrik vir die ekonomie? Spesiale ekonomiese sones is belangrik omdat: • hulle in geografies afgebakende gebiede van 'n land geleë is om spesifieke ekonomiese aktiwiteite te teiken, wat ondersteun word deur spesiale ooreenkomste, en wette en ondersteuningstelsels insluit wat nywerheidsontwikkeling bevorder  • SES'e word gebruik deur baie ekonomieë om ekonomiese groei en industrialisering te bevorder  • SES'e word gebruik as instrumente om buitelandse direkte investering te trek, grootskaalse werkloosheid te verminder, uitvoere te ontwikkel en te diversifiseer en met nuwe beleide te eksperimenteer  • die DHN streef deur hierdie beleid om werk te skep en ekonomies te groei met die vestiging van 'n sterk nywerheidsbasis in Suid-Afrika  • die meeste uitkomste van die SES'e brei die vervaardigingsektor uit en skep meer nywerhede  • Konsepwetgewing stel die basis vir die SES'e vir 'n groter verskeidenheid nywerheidsparke en ekonomiese infrastruktuur  • 'n effektiewe groep prosesse wat waarde toevoeg verskaf word waar werkskepping plaasvind en 'n wye verskeidenheid vaardighede benodig word in vervaardiging (arbeidsintensief)  • SES’e dien as ‘n magneet vir snelle ontwikkeling en investering in sleutel groeigebiede  • SES’e lei tot die ontwikkeling van nuwe industriële streke deur die stigting van nuwe nywerheidsgroeipunte (industrial hubs) in onderontwikkelde streke  • SES’e word gebruik vir aspekte soos uitvoerbevordering, besigheidsontwikkeling, stedelike hernuwing, landelike ontwikkeling en streeksproduksie  • SES’e ondersteun die owerheid se strategiese doelwitte vir industrialisasie en werkskepping  • SES-programme is noodsaaklik vir binnelandse investering as gevolg van aansporings  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite / voorbeelde) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee enige TWEE voordele van die Uitgebreide Openbare Werke-program (UOWP). • Verskaf werk en 'n inkomste  • Skep geleenthede om vaardighede (werksondervinding) te ontwikkel  • Verskaf infrastruktuur, bestaansbeveiliging (verminder armoede) en verbeter lewenstandaarde  (2 x 1) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2) 4.1.2 Hoe sal desentralisering van nywerhede tot werkskepping in die land bydra? Die effektiewe gebruik van beskikbare arbeid en produksiefaktore tot voordeel van ontwikkeling van die plaaslike gemeenskappe / die mense van landelike gebiede kan voorsien word van vaardighede en opleiding  (1 x 2) (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Gee EEN voorbeeld van 'n nie-duursame goed. Voedsel / Brandstof  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (1) 4.2.2 *Noem EEN ander item wat gebruik word om BBP(E) te bereken. • *Finale verbruiksbesteding deur die owerheid  • *Bruto kapitaalvorming  • *Residuele item  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term duursame goedere. Dis goedere wat oor en oor gebruik word oor 'n lang tydperk  (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) 4.2.4 Waarom is die syfers hierbo NIE 'n ware weerspieëling van die BBP-groei NIE? Die syfers hierbo reflekteer huidige pryse / Die pryse reflekteer NIE konstante pryse NIE / Inflasie word nie uitgesluit nie  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 13 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 4.2.5 Bereken die persentasiebydrae van dienste op die finale verbruiksbesteding van huishoudings in 2017. % bydrae = 1 199 221  X 100  2 764 397  1 = 43.38% / 43.4 / 43  OF % bydrae = 1 199 221  x 100  2 765 056  1 = 43.37% / 43.4 / 43  (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Watter ministerie (departement) is verantwoordelik vir die voorlegging van die nasionale begrotingstoespraak aan die parlement? Departement van finansies  (1) 4.3.2 Noem EEN vorm van direkte belasting betaalbaar aan die staat. Inkomstebelasting (LBS) / kapitaalbelasting / eiendomsbelasting / maatskappybelasting  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term begroting. 'n Begroting is 'n dokument wat die verwagte inkomste en beraamde besteding toon  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2) 4.3.4 Hoe sal 'n styging in koolstofbelasting op plastieksakke die ekonomie bevoordeel? • Dit sal omgewingsbesoedeling verminder  • Dit sal owerheidsinkome verhoog  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 14 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 4.3.5 Beskryf kortliks die omvang waartoe die begroting aan ekonomiese gelykheid aandag gee. Die begroting spreek ekonomiese gelykheid aan deur: • herverdeling van welvaart deur 'n progressiewe belastingstelsel, waar hoër inkomstegroepe meer belasting betaal  • verskaffing van die belangrikste gratis maatskaplike dienste soos onderwys, primêre gesondheidsorg, gratis tersiêre onderrig, verskaffing van behuising aan die armste deel van die gemeenskap  • verskaf ‘n platform vir alle geslags- en rassegrense wat oorgesteek moet word  Die begroting misluk om ekonomiese gelykheid aan te spreek deur: • verhoging van BTW met 1%, wat armes baie ernstig benadeel in vergelyking met ander inkomstegroepe  • ingebruikneming van koolstofbelasting het individue se verbruikbare inkome en maatskappywinste verlaag  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks vryemarkoriëntering en mededingendheid as riglyne vir streeksontwikkeling in Suid-Afrika. Vryemark oriëntering: • Ekonomieë benodig die ondersteuning van nywerheidsontwikkelings- beleide, sleutelaksieplanne met voldoende menslike- en finansiële hulpbronne om te verseker dat grootskaalse strukturele veranderinge in die ekonomie kan realiseer  • Dit behels aanpassing van nywerheidsfinansiering om spesifieke beperkinge en geleenthede aan te spreek volgens die Wêreld Handelsorganisasie (WHO) reëls  • Finansiering moet voorwaardelik toegeken word sodra meetbare verwysingspunte wat besighede bereik het, ontvangs is  • Owerheidsinmenging in markte moet tot ‘n minimum beperk word om die kragte van aanbod en vraag en winsmotiewe toe te laat dat doeltreffende toekenning van hulpbronne plaasvind  (2 x 2) Mededingendheid: • Nywerhede of besighede wat opgerig is as gevolg van streeksbeleide moet mededingend raak  • Hulle moet nie volgehoue finansiële hulp van die owerheid vereis nie  • Om mee te ding in wêreldmarkte en voldoen aan die uitdagings van globalisering, moet ekonomieë meer fokus op produkdifferensiasie en korter produksiesiklusse  • Dit behoort te lei tot groter integrasie tussen besighede nasionaal en internasionaal  • Groter produk-innovering en kwaliteit wat gelei het tot 'n beweging weg van massaproduksie van gestandaardiseerde produkte na vervaardiging van 'n verskeidenheid produkte aangepas by die behoeftes van klante, deur 'n vaardige en aanpasbare werksmag  (2 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2 x 4) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite / voorbeelde) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 15 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 4.5 Hoe sal 'n verbeterde ruilvoet die saldo op die lopende rekening beïnvloed? • Die ruilvoet dui die verhouding van die indeks van uitvoerpryse tot invoerpryse aan  • 'n styging in uitvoerpryse / ‘n daling in invoerpryse sal die ruilvoet verbeter  • Dit sal lei tot ‘n verbetering van uitvoere in vergelyking met invoere wat die lopende rekening positief beïnvloed  • Dit kan lei tot 'n kleiner tekort of groter surplus van die lopende rekening  • wat die druk op die reserwes sal verminder  • Dit mag egter oor die langtermyn lei tot ‘n daling in verkoopvolumes, afhangende van die pryselastisiteit van vraag in die buiteland  • Minder inkomste sal gegenereer word deur uitvoere wat sal lei tot ‘n welvaartsverlies  (4 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite / voorbeelde) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 16 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING C VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE • Bespreek invoervervanging as 'n internasionale handelsbeleid onder die volgende hoofde: - Voordele (8 punte) - Nadele (8 punte) - Metodes (8 punte) (26 punte) • Hoekom behoort vryhandel bo beskerming verkies te word? (10 punte) [40] INLEIDING Wanneer lande beleide instel om ingevoerde goedere plaaslik te produseer  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (Maks 2) INHOUD: HOOFDEEL VOORDELE Verhoogde indiensneming  • Neem eerder plaaslike werkers as buitelanders in diens om goedere te produseer wat buitelandse goedere vervang  • Verhoogde indiensneming, stimuleer die ekonomie en BBP neem toe  Groter keuse  • Omdat goedere nie langer ingevoer word nie maar plaaslik geproduseer word, raak buitelandse valuta beskikbaar wat gebruik kan word vir ander invoere, en so die keuses beskikbaar aan verbruikers vergroot  • Daar bestaan ‘n breër industriële basis en lande raak minder kwesbaar as gevolg van boikotte en sanksies  • ‘n Daling in invoere wat ‘n positiewe impak op die betalingsbalans het  Diversifikasie  • Die binnelandse ekonomie raak meer geversifiseer deur die produksie van 'n groter verskeidenheid plaaslik goedere  • wat minder kwesbaar is vir buitelandse aksies en toestande soos prysstygings van buitelandse goedere en finansiële skommelinge in die buitelandse markte  (Maks 8) NADELE Kapitaal en entrepreneurstalent  • Dit word getrek uit gebiede van komparatiewe voordeel na gebiede waar beskerming winste kunsmatig stimuleer  Tegnologie word ontleen uit die buiteland  • Waar 'n oorvloed van kapitaal bestaan, is tegnologie nie 'n probleem nie  • Gevolglik word produksiemetodes wat nie pas by 'n land se produksiestruktuur nie, in diens geneem  • Dit verlaag die mededingendheid van sektore waar 'n komparatiewe voordeel bestaan  • Dit lei tot die vraag na beskerming van nywerhede wat insette verskaf  • Kapitaal en entrepreneurstalent word onttrek uit die gebiede van mededingende voordeel tot gebiede waar hoër winste gemaak kan word as gevolg van beskerming  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 17 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne • Invoere daal nie noodwendig nie, omdat tegnologie en intermediêre produkte van die buiteland af ingevoer word  • Kunsmatige winste word geskep as gevolg van die beskerming van nywerhede  • Mededingendheid in sektore word verlaag waar daar ‘n komparatiewe voordeel bestaan  • Plaaslike produksie mag onvoldoende wees omdat hulle beskerm word van internasionale mededinging  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (Maks 8) (Ken ‘n maksimum van 8 punte toe vir blote opnoem van feite or voorbeelde) METODES Tariewe  • Dit staan ook as doeanebelasting of invoerbelasting bekend soos belasting op ingevoerde goedere  • Dit kan ad valorem as persentasie van die waarde van luukse goedere wees  • soos motors en juweliersware)  • of spesifiek as bedrag per eenheid, massa of grootte  • wat bv. op voedsel en diere toegepas word  • Die uitwerking van 'n heffing is om pryse vir binnelandse verbruikers te verhoog, en as daar geen weerwraak is nie, verskuif die vraag van ingevoerde na plaaslik vervaardigde goedere  Kwotas  • 'n Kwota is 'n beperking op die verskaffing van 'n goed of diens  • Alhoewel kwotas ingestel word op uitvoere, is kwotas meer algemeen bv. 'n kwota mag 'n beperking plaas op die invoere van fietse – so 10 000 per jaar of tot R10 000 in waarde  • Die uitwerking van 'n kwota is om aanbod te verlaag en die prys te verhoog  • Buitelandse sakeondernemings sal 'n daling in die hoeveelheid wat hulle verkoop ondervind, maar hulle sal voordeel trek uit die hoër prys as die vraag na hul produkte onelasties is  Subsidies  • Subsidies op vervoeronkoste of diensneming by binnelandse sakeondernemings wat goedere uitvoer, kan gebruik word as 'n indirekte manier om hulle te beskerm  • soos die subsidies betaal aan Europese boere  • Hierdie subsidies mag hoë koste binnelandse sakeondernemings in staat stel om buitelandse sakeondernemings in die binnelandse mark doeltreffend uit te sny  Wisselkoersbeheer  • 'n Regering of 'n vryhandelgebied, poog om invoere te verlaag deur die hoeveelheid buitelandse valuta te beperk wat beskikbaar gestel word aan diegene wat goedere en dienste wil invoer  • Wisselkoersbeheer vereis dat alle buitelandse valutaverdienste deur inwoners oorhandig moet word aan die sentrale bank by ontvangs  • Dié wat buitelandse betalings moet maak, moet aansoek doen by die sentrale bank, wat hulle rasioneer  Fisiese beheer  • Fisiese beheer neem die vorm aan van 'n totale verbod of embargo op die invoer van sekere goedere  • 'n Embargo is 'n verbod op die uitvoer of invoer van 'n produk of 'n verbod op handel met 'n sekere land  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 18 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne • 'n land mag byvoorbeeld die uitvoer van wapens na 'n land met swak menseregte rekords verbied  • Dit mag ook invoere verbied soos dwelms en is geneig om handelsverhoudings met 'n land te verbreek tydens militêre konflik  Wegkeer van handel  • Invoerdeposito’s / kwaliteitstandaarde / administratiewe struikelblokke / tydrowende doeaneprosedure  Plaaslike inhoudsvereistes  • Die owerheid kan vereis dat ‘n sekere persentasie van die goedere plaaslik vervaardig kan moet word  (Maks 10) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (Maks 26) (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote opnoem van feite of voorbeelde) INHOUD: ADDISIONELE DEEL Vryhandel sal verkies word bo beskerming omdat vryhandel: • die land bevoordeel wat spesialiseer in die produksie van sekere produkte of dienste en so doeltreffend moontlik gebruik maak van hulpbronne, teenoor beskerming waar dit moeilik is om ‘n beleid van beskerming te ontwerp wat besluit of ‘n sekere nywerheid tot voordeel van die hele sal wees of nie  • markte ontsluit en mededinging verhoog in internasionale markte in vergelyking met beskerming wat invoervervanging aanmoedig – nie die uitvoer van goedere nie  • 'n verskeidenheid goedere en dienste moontlik maak in die plaaslike markte en verbruikers met groter keuse bederf, teenoor beskerming wat die inflasiespiraal aktiveer, omdat koste van beskerming lei tot duurder plaaslik vervaardigde goedere  • besighede bystaan om beter maniere te vind om hul ekonomieë van skaal te verbeter terwyl hulle steeds kwaliteit produksie-uitsette lewer, teenoor beskerming waar die nadele van hoër pryse teenoor die voordele van goedkoper ingevoerde produkpryse moeilik is om op te weeg oor die langtermyn  • nuwe tegnologie en uitvindings bring om sake te doen op die mees koste- effektiewe manier moontlik, teenoor beskerming waar ekonomiese groei (produksie toename) en werkskepping onderdruk word  • bydra tot die maklike beweging van mense en goedere tussen nasies, teenoor die meer rigiede benadering van beskerming waar dit moeilik is om kleuternywerhede te identifiseer wat tydelike beskerming sal noodsaak  • kennis en spesialiteit-gapings tussen nasies verminder en 'n gemaklike en eenvoudige manier skep vir interaksie tussen nasies, teenoor beskerming waar nywerhede wat beskerming geniet, neig om afhanklik te raak en nie daarsonder kan oorleef nie  [Maks 10] (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde respons) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite of voorbeelde) (Ken ‘n maksimum van 6 punte toe as kandidate slegs op vryhandel of beskerming fokus) SLOT 'n Land se graad van oorlewing hang primêr af van sy vermoë tot volhoubaarheid in die wyse van funksionering ondanks die behoefte aan internasionale handel  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde respons) Maks (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 19 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES • Bespreek sosiale aanwysers volledig onder die volgende hoofde: - Onderwys (8 punte) - Dienste (8 punte) - Demografie (10 punte) (26 punte) • Hoe kan die owerheid sosiale aanwysers in besluitneming gebruik? (10 punte) [40] INLEIDING Sosiale aanwysers is meetinstrumente wat ekonome of regerings gebruik om die prestasie van 'n land in terme van die maatskaplike welsyn van sy landsburgers te evalueer  (Aanvaar enige ander relevante respons) (Maks 2) INHOUD: HOOFDEEL ONDERWYS Mense se lewenstandaard word direk verbind met hul vlak van opleiding. Vyf of ses jaar skoling is noodsaaklik vir die bereik van aanvaarbare geletterdheid en syfervaardigheid  • Persentasie publieke besteding  Dit toon die mate van besteding wat aan onderwys toegewys is  • Persentasie sekondêre inskrywings  Dit toon die persentasie van die aangewese ouderdomsgroep wat sekondêre onderrig ontvang  In hoë inkome lande, ontvang leerders van 'n jonger ouderdom sekondêre onderrig  • Primêre voltooiing  Dit toon die persentasie van die aangewese ouderdomsgroep wat primêre onderrig voltooi het.  Dit dien as 'n aanduiding van doeltreffendheid  • Jeuggeletterdheidkoers  Dit toon die persentasie van die aangewese ouderdomsgroep (15–24) wat geletterd is.  Dit gee 'n aanduiding van die uitkoms van die onderwysstelsel  (Maks 8) DIENSTE Dienste is noodsaaklik om mense se leefstyl te verbeter asook die vlak van ekonomiese en sosiale ontwikkeling. In Suid-Afrika word menswaardigheid en sosiale regverdigheid in terme van die Grondwet identifiseer  as volg: • Elektrisiteit  o Die nasionale energiereguleerder rapporteer dat 84% van huishoudings toegang tot elektrisiteit in 2011 gehad het  • Vuilgoedverwydering  o 61% van huishoudings in Suid-Afrika het toegang tot vuilgoedverwydering deur die plaaslike owerhede eenkeer per week  • Waterverskaffing  o Omtrent 89% huishoudings het toegang tot skoon water in 2010  o Dis die gemiddeld van stedelike en landelike toegang tot verbeterde waterskemas  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 20 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne o Verbeterde waterbronne verwys na voldoende water vanaf bronne  o Voorbeelde hiervan is huishoudelike verbindings/krane in jaart/publieke krane/ boorgate/beskermde fonteine/opvang van reënwater  • Sanitasie  o Net meer as 71% huishoudings in Suid-Afrika het toegang tot basiese sanitasie in 2010  o bv. Spoeltoilette/puttoilette met ventilasiepype/chemiese toilette  • Bestaansveiligheid  o Die owerheid verskaf welsynstoelaes in die vorm van kontantoordragte aan individue wie kwalifiseer en armoede verligtingsprogramme  • Telekommunikasie  o Die aantal mense wat toegang het tot landlyne en selfone het aansienlik oor die laaste aantal jare toegeneem  o Dit het besigheid en die ekonomie positief ondersteun  • Vervoer  o Suid-Afrika het die grootste vervoernetwerk in Afrika, wat gebruik word deur die werksmag en besighede om by die werkplek te kom  o Vervoer is die ruggraat van enige land en ‘n effektiewe stelsel kan ekonomiese groei en ontwikkeling bevorder  (Maks 8) DEMOGRAFIE • Demografie verwys na data ingesamel wat verwant is aan die samestelling van die bevolking in 'n land, soos die grootte, ras, ouderdom, geslag, inkomste, geografiese verspreiding, taal, onderrig, beroep, geloof, geboortekoers, vrugbaarheidskoers, lewensverwagting by geboorte, geboorte sterftekoers, sterftekoers  • Verskillende demografiese kriteria word gebruik om mense in 'n bevolking te klassifiseer  • Hierdie kriteria sluit ouderdom, ras, geslag, inkome en opvoedingsvlakke in  • Demografie word dikwels gebruik as 'n aanwyser wat die samestelling van 'n groep binne 'n bevolking moet wees  • In Suid-Afrika word daar van die arbeidsmag van 'n besigheid verwag om rasse demografie van die bevolking te reflekteer waar die besigheid gesetel is • Volgens die Verenigde Nasies is die jaarlikse groeikoers van die Suid-Afrikaanse bevolking van 2010 na 2015 0,5%  • Een rede vir hierdie neiging is die hoë voorkoms van MIV/Vigs wat lei tot 'n hoë sterftekoers  • Demografie is verwant aan die ouderdomsamestelling van die bevolking wat belangrike implikasies het vir publieke besteding  • Die absolute grootte van die bevolking sowel as die verandering in die bevolking is belangrik wanneer demografie as 'n sosiale aanwyser oorweeg word  • Die Menslike Ontwikkelingsindeks verteenwoordig 'n intensie om menslike welstand meer in breë terme te definieer. Dit verskaf 'n saamgestelde maatstaf van die drie basiese dimensies van menslike ontwikkeling: gesondheid, opvoeding en inkome  (Maks 10) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (Maks 26) (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote opnoem van feite of voorbeelde) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 21 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne INHOUD: ADDISIONELE DEEL Sosiale aanwysers help in besluitneming deur: • verskaffing van 'n duidelike rigting in terme van beleids-besluitneming  • bystand te gee aan die owerheid om na ander areas te kyk wat bystand uit die begroting benodig  • verbetering van sosiale samehorigheid en interafhanklikheid  • te fokus op die gebiede wat dringend hulp benodig in gemeenskappe en besteding toe te ken  • verbeterde gesondheid- en onderwysfasiliteite  • investeer meer in die toekomstige kwaliteit van die arbeidsmag vir vooruitgang van die ekonomie  • groter besteding aan verbetering van lewenskwaliteit van die algemene bevolking en maatskaplike druk te verlig  • assessering van basiese dienste soos water, behuising en elektrisiteit  • die vooruitgang in gemeenskappe van verskillende lande te vergelyk  • die prestasie van ‘n land in terme van die maatskaplike welsyn van sy burgers te evalueer  (Maks 10) (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde respons) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite of voorbeelde) SLOT Sosiale aanwysers is die belangrikste instrument om die gesondheid en onderrig van mense te kontroleer, en help die owerheid om fondse toe te ken om die gesondheid en onderwys te verbeter wat sal lei tot sinvolle mense ontwikkeling  (Maks 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde respons) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all