Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V1
NOVEMBER 2019
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 




%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
View all





Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 414.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC November Exam 2019
Questions in this paper
- Question 1.1Business cycles and forecasting16 marks
- Question 1.2Business cycles and forecasting8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier12 marks
- Question 2The role of the public sector32 marks
- Question 3South African economic and social indicators40 marks
- Question 4The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B – opswaai
1.1.2 A – G + I + X > S + T + M
1.1.3 D – samevallende
1.1.4 B – absolute voordeel
1.1.5 A – belastinginkomste en belastingkoers
1.1.6 D – reële BBP
1.1.7 C – Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
1.1.8 C – die invloed op inflasie en werkloosheid (8 x 2) (16)
1.2 BYPASSENDE ITEMS
1.2.1 F - Uitvloei van geld uit die ekonomie
1.2.2 D - Faktore wat onafhanklik van mekaar sakesiklusse beïnvloed en
buite die ekonomie ontstaan
1.2.3 I – Die welstand van mense word deur gesondheid, onderwys en
inkome bepaal
1.2.4 A – Beraam syfers of neigings in die toekoms uit feite wat bekend
is
1.2.5 H - Koop van finansiële bates soos aandele in maatskappye op die
effektebeurs van 'n ander land
1.2.6 B - 'n Land se uitvoerpryse word met sy invoerpryse vergelyk
1.2.7 G – Die totale waarde van finale goedere en dienste geproduseer
binne die grense van 'n land vir 'n spesifieke periode
1.2.8 C - Die verwydering van wette, regulasies en reëls deur die
owerheid (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Vermenigvuldiger-effek
1.3.2 Trog
1.3.3 Privatisering
1.3.4 Appresiasie
1.3.5 Vryhandel
1.3.6 Demografie (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE tipes sakesiklusse wat in 'n markekonomie
aangetref word.
• Kitchin-siklus
• Juggler-siklus
• Kuznets-siklus
• Kondratieff-siklus (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom sal 'n styging in invoertariewe die Suid-Afrikaanse
ekonomie bevoordeel?
‘n Styging in invoertariewe sal die ekonomie bevoordeel omdat:
• invoere sal afneem wat buitelandse valuta spaar
• dit sal lei tot 'n styging in binnelandse produksie
• die inkomste aan die regering toeneem deur direkte en indirekte
belasting
• die betalingsbalans deur verminderde invoere verbeter
• plaaslike nywerhede beskerm word teen niemededingende
prysbepaling wat hulle uit die mark dwing
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Noem enige EEN staatsbeheerde onderneming in die land.
SAA / Eskom / Transnet / Poskantoor / SA Express / Denel
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1)
2.2.2 Wat is die huidige BTW-koers in Suid-Afrika?
15% (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term mediumtermyn-begrotingsbeleids-
verklaring.
Die MTBBV maak aanpassings rakende veranderinge in die
ekonomie sedert die hoofbegroting / dit is gebaseer op die MTBV en
deel die ontwikkelings in die openbare beleid wat die volgende en
daaropvolgende begrotings sal vorm
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
2.2.4 Verduidelik kortliks die verband tussen die hoofbegroting en
die MTBR.
Die hoofbegroting word gerig deur die MTBR wat verwagte
inkomste en besteding vir 'n drie-jaar periode beraam
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.2.5 Wat kan die owerheid doen om die huidige finansiële uitdagings
van staatsbeheerde ondernemings op te los?
Die huidige finansiële uitdagings kan opgelos word deur:
• te verseker dat die fiskale- en monetêre bestuur verbeter
• te verseker dat behoorlike mensekapitaal gesoek en verkry
word
• die interne/eksterne ouditkontrolestelsels versterk word
• verandering in bestuur om aanspreeklikheid te verseker
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die jaar wat tans deur die Reserwebank as 'n
basisjaar gebruik word.
2010 (1)
2.3.2 Noem enige EEN voorbeeld van 'n nieduursame goed.
• Kos / drank / tabak
• Huishoudelike brandstof / krag / water
• Huishoudelike verbruikersgoedere
• Mediese- en farmaseutiese produkte
• Petroleum produkte
• Rekreasie- en ontspanningsgoedere
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(aanvaar enige goedere onder bogenoemde kategorieë) (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term teen konstante pryse.
Konstante pryse verteenwoordig die werklike waarde van
nasionale inkomesyfers waar inflasie uitgesluit is (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
2.3.4 Hoekom is daar 'n toename in huishoudelike besteding terwyl
werkloosheid voortdurend styg?
Die styging in huishoudelike besteding is as gevolg van:
• 'n toename in geld wat van finansiële instellings geleen word
• spaargeld en beleggings wat gebruik word om die
lewenstandaard te handhaaf
• ‘n toename in oordragbetalings bv. sosiale toelaes
• ‘n styging in staatsbesteding / programme bv. UPWP
• ‘n toename in informele sektor aktiwiteite as ‘n bron van inkome
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.5 Hoe sal 'n styging in die terugkoop (repo-) koers die ekonomie
beïnvloed?
'n Styging in die terugkoopkoers, sal
• banke dwing om hul rentekoerse opwaarts aan te pas wat
krediet duurder maak
• krediet sal duurder raak, wat sal lei tot 'n daling in die vraag na
goedere en dienste wat produksie sal laat daal
• tot laer produksie lei wat tot 'n styging in werkloosheid en
kleiner belastinginkomste aan die staat lei
• lei daartoe dat huishoudings lenings en bankoortrekkings terug
betaal, minder geld is beskikbaar en krediet raak duurder
• daartoe lei dat huishoudings wat rente op vaste deposito's en
besparings verdien voordele van 'n hoër opbrengs op
deposito's/besparings wat behoeftebevrediging positief
beïnvloed, geniet
• meer buitelandse investering aantrek as gevolg van beter
opbrengste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.4 Gebruik die grafiek om die impak van 'n toename in uitvoere na China
op die waarde van die rand te verduidelik.
• 'n Styging in die uitvoere van Suid-Afrika na China sal die aanbodkromme
regs laat skuif (van AA na A1A1) wat 'n styging in die vraag na rand
veroorsaak
• Dit sal lei tot 'n styging in die hoeveelheid aangebied van joean (van 100
eenhede na 150 eenhede)
• Die waarde van die joean sal depresieer van R2,00 tot R1,40 / die
waarde van die rand appresieer
• Die situasie sal baie goed bestuur moet word, omdat die geappresieerde
geldeenheid produkte minder bekostigbaar maak wat uitvoere laat
daal
• Die waarde van die rand het gestyg in terme van die joean
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 8) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
2.5 Met verwysing na die Phillips kromme, ontleed die verband tussen inflasie
en werkloosheid.
• Die Phillipskromme toon dat inflasie sal styg as daar minder werkloosheid is
(trade-off/opweeg)
• Vaardigheidsontwikkeling en verbeterde onderrig wat indiensneming verbeter
sal 'n styging in die vraag na goedere en dienste skep wat sal lei tot
inflasie
• 'n Baie hoë inflasie kan lei tot stagflasie (hoë inflasie en hoë werkloosheid) as
gevolg van 'n daling in die vraag na goedere en dienste en aanleiding gee tot
minder indiensneming
• Inflasieteikens (3 – 6%) sal keer dat stagflasie voorkom (hoë
werkloosheid)
• Die vraag na goedere en dienste kan gestimuleer word sonder 'n toename in
indiensneming
• Die werker (verbruiker) mag gebruik maak van verlengde kredietfasiliteite om
dieselfde lewenstandaard te geniet sodra hulle prysstygings ervaar
• Verskeie eksterne faktore mag werkskepping beïnvloed in 'n land soos die
tendens om finale goedere in te voer wat die keuse van verbruikers mag
verbeter sonder om die werkloosheidsprobleem op te los
• Die depresiasie van die rand mag lei tot prysstygings wat nie noodwendig
werkloosheid sal verminder nie
• Kapitaalintensiewe produksieprosesse sal nie noodwendig tot verdere
werkskepping bydra nie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër-orde-antwoord) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE tipes ekonomiese aanwysers wat met
prysveranderinge verband hou.
• PPI
• VPI (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat kan die plaaslike owerheid doen om protesoptogte oor
dienslewering te voorkom?
• Verseker dat onderhoud van infrastruktuur, skoon water,
sanitasie en afvalverwydering in plek is
• Munisipaliteite behoort uitstekende dienste voortdurend aan hul
gemeenskappe te lewer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Watter ekonomiese aanwyser word in die uittreksel hierbo
belig?
Indiensneming / produksie (1)
3.2.2 Noem die sosiale aanwyser wat die toegang tot elektrisiteit
insluit.
Dienste (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term globalisering.
Globalisering is die wêreldwye raakpunte en interaksie van
ekonomieë, met handel as belangrike element wat deur
inligtingstegnologie moontlik gemaak is
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.2.4 Watter impak sal 'n tekort aan opgeleide werkers op
wêreldhandel hê?
• Dit sal internasionale handel verminder as gevolg van
verhoogde produksiekoste wat mededingendheid
verminder
• Dit sal die ongelykheidsgaping tussen lande vergroot waar
gevorderde ekonomieë deur die nuutste tegnologie bevoordeel
word
• Verlaag internasionale handel as gevolg van swak gehalte
produkte wat geproduseer word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
3.2.5 Hoe kan onderwys as sosiale aanwyser ongelykhede
verminder wat wêreldwyd ondervind word?
Onderwys as sosiale aanwyser kan ongelykheid verminder deur:
• skepping van vaardighede en kennis nodig vir tegnologies
gevorderde ekonomieë
• verskaffing van 'n effektiewe onderwys en opleiding vir almal,
byvoorbeeld die geen-fooi skolestelsel / voedingskema /
finansiering van tersiêre onderrig of vakleerlingskappe
• verhoogde toeken van fondse uit die begroting om vir
voldoende infrastruktuur voorsiening te maak
• konstante ontwikkeling en indiensopleiding wat lewenslange
leer en opgradering van vaardighede en kennis verseker
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer die eerste owerheidsbeleid wat in 1994
geïmplementeer is om die wanbalans van die verlede te
oorbrug.
HOP (1)
3.3.2 Gee EEN doelwit van die Nasionale Ontwikkelingsplan.
• Elimineer werkloosheid
• Uitroei van armoede
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.
Ekonomiese ontwikkeling is 'n styging in die per capita inkome wat
lei tot 'n verbeterde lewenstandaard
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.3.4 Hoekom het AsgiSA misluk?
AsgiSA het misluk omdat dit nie die doelwit van halvering van
werkloosheid en uitroei van armoede teen 2014 bereik het nie
omdat:
• 'n gemiddelde groeikoers van 6% nie bereik kon word nie
• stabiele wisselkoerse nie bereik is nie
• vaardigheidsontwikkeling tekort skiet
• goeie staatsbestuur (publieke administrasie) nie bereik is
nie
• ‘n massiewe investering in infrastruktuur ‘n belangrikste
strategie van die staat was, alhoewel ‘n massiewe
agteruitgang van paaie bespeur word
• gefokus is op bou van klein ondernemings om die gaping
tussen die formele en informele ekonomie te oorbrug alhoewel
werkloosheid nie opgelos is nie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
3.3.5 Hoe sal Suid-Afrika binne 'n dinamiese globale omgewing
voordeel trek as die NOP slaag?
As die NOP slaag sal Suid-Afrika bevoordeel word deur:
• deelname in wêreldhandel en investering om die
wêreldekonomie en internasionale politiek te hervorm
• verskyning van nuwe verbruikers in ontwikkelende lande sal
geleenthede vir alle ekonomieë verbreed
• 'n stygende vraag na kommoditeite en uitbreidende markte
• mededinging in vervaardiging en inligtingstegnologie maak
dienslewering moontlik dat internasionale mededinging
vergroot
• genieting van die vloei van mense, kapitaal, idees en tegnologie
• deelname aan streeksamewerking in Afrika waar buurlande
water kan voorsien in ruil vir lae-koolstof energie in Suidelike
Afrika
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik die rol van internasionale instellings in die standaardisering
van 'n land se aanwysers.
• Die internasionale instellings betrokke by standaardisering is die
Internasionale Monetêre Fonds, die Wêreldbank en Verenigde Nasies
• Oorbruggingsfinansiering vir betalingsbalans-tekorte word deur die IMF
betaal as die betalingsbalanse volgens hulle voorskrifte opgestel is
• Die IMF fokus fisies op staatsfinansies statistiek rakende publieke
finansies rekeningkunde, en baseer hul voorspellings slegs op
transaksies wat inderdaad plaasgevind het en die wat verwag word om te
gebeur
• Die Wêreldbank is verantwoordelik vir ontwikkelingshulp en is die wêreld
se grootste bron van finansiële bystand
• Die Verenigde Nasies is verantwoordelik vir kinderbystand deur die
Unicef
• Die Verenigde nasies is voorskriftelik in die gebruik van die Stelsel van
Nasionale Rekeninge wanneer produksie, inkome en bestedings-
rekeninge opgestel word
• Ekonomiese- en sosiale aanwysers is belangrik omdat internasionale
hulp en befondsing aan organisasies, spesifikasies het hoe dit opgestel
moet word
• Lande sal geen voordele geniet as hul aanwysers nie beskikbaar of in lyn
met die instellings se vereistes is of wanneer prestasies nie 'n lid se hulp
of befondsing toon nie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
3.5 Hoe kan ongelyke lewenstandaarde wat met die Noord-Suidverdeling,
verband hou, hanteer word?
Ongelyke lewenstandaarde kan hanteer word deur:
• skepping van surplusse op die BBP wat lande spaar en belê in hul
ekonomieë en aanleiding gee tot hoër lewenstandaarde
• styging in die per capita inkome in ontwikkelende lande in die Suide deur
verhoogde buitelandse investering wat aanleiding gee tot verhoogde
ekonomiese groei
• te fokus op grootskaalse nywerheidsaktiwiteite en 'n wye verskeidenheid
dienste waar meer mense betrokke kan raak by ekonomiese aktiwiteite
wat lei tot 'n styging in inkomstevlakke
• die owerheid meer bydra deur meer belastings te hef om beter dienste te
verskaf
• verhoging van die lewensverwagting in ontwikkelende lande wat gebuk
gaan onder siektes en swak gesondheid deur betrokkenheid van
ontwikkelde lande waar die nuutste navorsing en tegnieke gepraktiseer
word
• te fokus op die geveg teen ondervoeding en ernstige siektes soos HIV
Vigs
• standaard van onderwys te verhoog deur effektiewe interaksie met die
betrokke partye betrokke by menslike ontwikkeling
• die vlak en effektiwiteit van onderwys beskikbaar te stel, soos uitgedruk
deur die volwassene geletterdheidskoers
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE tipes markte wat deel van die finansiële stelsel
vorm.
• Geld
• Kapitaal
• Buitelandse wisselkoers (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom is dit belangrik om bewegende gemiddeldes in die
vooruitskatting van sakesiklusse te gebruik?
Dit verwyder fluktuasies in ekonomiese data wat dit makliker maak
om sakesiklusse (‘n spesifieke neiging) te voorspel
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer die land in die uittreksel wat aan die G8-groep
lande behoort.
Verenigde Koninkryk (1)
4.2.2 Wat is die impak van korrupsie op volle indiensneming as
makro-ekonomiese doelwit?
Indiensneming daal / Werkloosheid styg
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term betalingsbalans.
Dit is die opteken van alle finansiële transaksies tussen een land
en die res van die wêreld vir 'n spesifieke periode gewoonlik een
jaar
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.2.4 Hoekom sal openbare sektor mislukking tot ekonomiese
onstabiliteit lei?
Foutiewe gebruik van die fiskale beleid sal nie:
• pryse effektief stabiliseer nie / betalingsbalans regstel nie /
meer werk skep nie
Publieke sektor mislukking word aangetref as basiese behoeftes
nie bevredig word in ‘n land nie en aanleiding gee tot ‘n daling in
die lewenstandaard (ondoeltreffende toedeling van hulpbronne)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
4.2.5 Hoe kan buitelandse direkte investering die groeikoers in
Suid-Afrika beïnvloed?
Die ekonomiese groeikoers sal positief geraak word as:
• buitelanders hul BDI in Suid-Afrika vergroot, produksie van
goedere en dienste stimuleer wat lei tot verhoogde
ekonomiese groei
• indiensneming styg, verbruiksbesteding sal toeneem wat
verdere produksie stimuleer
Die ekonomiese groeikoers sal negatief geraak word as:
• buitelanders onseker voel as gevolg van staatskaping,
korrupsie en misdaad en hul BDI uit Suid-Afrika onttrek
• produksie sal negatief geraak word en ekonomiese groei sal
daal (Enige 2 x 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Noem enige EEN land wat 'n lid van BRICS is.
China, Brasilië, Suid-Afrika, Rusland, Indië (1)
4.3.2 Wat is die doel van BRICS?
BRICS streef na ontwikkeling van alle lidlande / stygende
investering / toename in handel / bevordering van integrasie tussen
lidlande
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term resessie.
'n Negatiewe ekonomiese groeikoers vir ten minste twee
opeenvolgende kwartale / verwys na 'n daling in die vlak van
ekonomiese uitset wat ten minste vir 6 maande duur
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3.4 Hoekom sal 'n resessie 'n groter uitwerking op opkomende
markekonomieë as op ontwikkelde ekonomieë hê?
• Gedurende 'n resessie neig ontwikkelde ekonomieë om hul
finansiële hulp aan opkomende markekonomieë te onttrek om
te poog om hul eie interne kwessies op te los
• 'n Gebrek aan kapasiteit om aanvaarbare ekonomiese
groeikoerse te bereik
• Opkomende markekonomieë het meer uitdagings byvoorbeeld
hoë werkloosheid, 'n gebrek aan infrastruktuur en groter
kwesbaarheid in 'n resessie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 13 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
4.3.5 Hoe kan lande voordeel trek uit internasionale
handelsooreenkomste?
Lande sal voordeel trek deur:
• verminderde tariewe op in- en uitvoere te geniet
• vasmaak van kredietlyne tussen lidlande
• versterking van verhoudings in die velde van handel en
investering byvoorbeeld ekonomiese samewerking,
wetenskap en tegnologie, kultuur en kuns en dialoog oor
internasionale kwessies
• verbeter wêreldwye doeltreffendheid
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik kortliks die rol van huishoudings en die sakesektor in die
ekonomiese kringloopmodel.
HUISHOUDINGS:
• Huishoudings is die grootste verbruikers van ekonomiese goedere en
dienste
• Huishoudings is die primêre ekonomiese deelnemers omdat hulle die
eienaars van die vier produksiefaktore is
• Huishoudings verkoop produksiefaktore in die faktormark aan besighede
• Huishoudings betaal belasting aan die owerheid
• Huishoudings ontvang vergoeding vir produksiefaktore (huur, loon, rente en
wins)
• Huishoudings gebruik hul inkome om verbruikersgoedere en dienste op
produkmarkte te koop om hul behoeftes te bevredig (Maks 4)
SAKESEKTOR:
• Firmas koop die produksiefaktore van die huishoudings in die faktormark
• Firmas gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer
• Besighede verkoop goedere en dienste aan huishoudings, die owerheid en
die buitelandse sektor
• Besighede ontvang 'n inkomste van die ander drie deelnemers (huishoudings,
owerheid en buitelandse sektor)
• Besighede tree op as kopers in die faktormarkl en verkopers in die
goederemark met wins as doelwit (Maks 4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 4) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 14 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
4.5 Hoe kan die monetêre beleid tot ekonomiese groei bydra?
Die monetêre beleid dra tot ekonomiese groei by deur:
• 'n verhoging in die geldvoorraad om meer krediet aan huishoudings en
maatskappye voor te skiet, wat verbruik en produksie positief sal
beïnvloed
• afwaartse aanpassing van rentekoerse om verbruikers in staat te stel om
meer geld te leen, wat vraag na goedere en dienste stimuleer en
produksie positief beïnvloed
• implementering van opemarktransaksies deur terugkoop van sekuriteite
en obligasies en meer geld vir lenings beskikbaar maak
• bestuur wisselkoersbeheer deur met SARB saam te werk om die
inflasiekoers te bestuur sodat die ekonomie nie benadeel word nie
• 'n verlaging van die kontantreserwevereistes wat banke sal toelaat om
meer geld uit te leen wat produksie sal stimuleer
• Oorreed handelsbanke (morele oorreding) om meer geld in ‘n resessie uit
te leen wat sal verseker dat die produksie van goedere nie daal nie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 15 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
• Ondersoek Suid-Afrika se uitvoerbevordering handelsbeleid. (26 punte)
• Evalueer die sukses van beskerming as 'n handelsbeleid om nywerhede teen
buitelandse mededingers te beskerm. (10 punte) [40]
INLEIDING
• Uitvoerbevordering behels die verskaffing van aansporings om plaaslike besighede
aan te moedig om goedere vir uitvoer te produseer
• Wanneer die owerheid aansporings betaal om produksie van goedere aan te
moedig wat uitgevoer kan word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2)
INHOUD: HOOFDEEL
Metodes van uitvoerbevordering:
• Aansporings:
- Behels ‘n program wat deur EMIA geadministreer word, en mik daarna om
uitvoerders vir koste aangegaan te kompenseer in die ontwikkeling van
uitvoermarkte vir Suid-Afrika
- Deelname in ‘National Pavilion’ uitstallings, waar regeringsministers
toekomstige handelsooreenkomste vir sakeondernemings afhandel
- Verskaf ondersteuning in kredietfasiliteite, soos wanneer die regering besighede
bystaan om lae rentekoers-lenings te bekom deur sekuriteit op sekere
leningsooreenkomste te teken
- Die DHN verskaf sakeintelligensie deur marknavorsing te verskaf asook
uitvoergeleenthede oorsee
- Tegniese advies en kennis word deur die DHN verskaf rakende sake soos
produkspesifikasie, advertensies en bemarking
- Verskaf versekeringskontrakte vir uitvoertransaksies
- Ander toelaes is:
o Belastingtoegewings op verdienste uit uitvoere
o Belastingtoegewings op kapitake beleggings in die produksie van
uitvoergoedere
o Implementeer Uitvoerprosesseringsones om uitvoer investeringsfirmas te
trek deur belastinguitsonderings te bied en minder arbeidsbeperkinge
- Die owerheid verskaf inligting oor uitvoermarkte om uitvoere te stimuleer
- Ander voorbeelde is navorsing oor nuwe markte, konsessies oor vervoerkoste,
uitvoerkrediet
• Subsidies:
- Aansporings wat uitvoerders aanmoedig om die omvang van hul produksie te
verhoog
- Dit sluit direkte en indirekte subsidies in:
o Direkte subsidies: kontantbetalings aan uitvoerders
o Indirekte subsidies: terugbetaling van invoertariewe en algemene
belastingrabatte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 16 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• Handelsneutraliteit:
- Subsidies gelyk aan die grootte van invoerheffings word betaal
- Neutraliteit kan bereik word deur handelsliberalisering
- Ondervind groei in uitvoere as die verhoogde koste-effekte van beskerming
deur subsidies geneutraliseer word
Redes vir uitvoerbevordering:
• Uitvoere help om te betaal vir die goedere wat ons moet invoer, en verbeter die
betalingsbalans / verdien buitelandse valuta
• Uitvoerbevordering verskaf finansiële bystand vereis deur binnelands doeltreffende
besighede om meer mededingend te raak
• Uitvoerbevordering kan ook lei tot ‘n styging in Suid-Afrika se handel wêreldwyd
• Dit stimuleer nywerheidsontwikkeling, wat baie belangrik is vir ekonomiese groei en
die ontwikkeling in die land
• Die land bereik aansienlike uitvoergeleide ekonomiese groei
• Uitvoerbevordering vergroot die produksiekapasiteit van die land omdat meer
vervaardiging-industrieë opgerig word
• Uitvoermarkte is baie groter as plaaslike markte en om toegang daartoe te verkry,
is baie groter volume in produksie nodig
• Meer werkers sal indiensgeneem word as gevolg van die verhoogde volume
geproduseer
• Pryse sal daal as gevolg van groter volume goedere geproduseer
Voordele:
• Geen beperkings op grootte of skaal nie aangesien wêreldmark baie groot is
• Produksie word gebaseer op koste en doeltreffendheid georganiseer volgens
die komparatiewe voordele
• Verhoogde binnelandse produksie lei tot groei in uitvoere en invoere (verskaf
buitelandse valuta om te betaal vir noodsaaklike invoere)
• Wisselkoerse is meer realisties geen wisselkoersbeheer of kwantitatiewe
beperkinge bestaan nie
• Verhoogde indiensneming geleenthede, verbeter inkome en vaardighede
• Verhoogde grootte van binnelandse besighede en styging in aantal produsente sal
lei tot verhoogde mededinging, meer doeltreffende uitset, laer pryse en groter
verskeidenheid van goedere / inflasie kan verlaag word
Nadele van uitvoerbevordering:
• Die reële produksiekoste is verborge
- Dit verminder die totale koste by subsidies en aansporings
- Die werklike produksiekoste word versteek deur die subsidies
- Die produk mag dus nooit in staat wees om in die opemark mee te ding nie
• Gebrek aan mededinging
- Aansporings en subsidies verlaag pryse en dwing mededingers wat in staat is
om volhoubare en winsgewende besighede op te rig, uit die mark
- Totale potensiële handel word dus verminder met subsidies eerder as
daarsonder
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 17 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• Verhoogde tariewe en kwotas
- Oorsese lande mag weerwraak neem met tariewe en selfs kwotas as
soortgelyke goedere plaaslik verkoop word benede hul werklike
produksiekoste
- Magtige oorsese besighede kan dit bekostig om soortgelyke produkte teen
aansienlik laer pryse aan te bied
- In vergelyking met hul produksie, mag gesubsidieerde besighede in die
plaaslike mark so klein wees dat besigheid wat subsidie ontvang, vernietig
• Beskerming van arbeidsintensiewe nywerhede
- Ontwikkelde lande handhaaf dikwels hoë vlakke van effektiewe beskerming van
hul nywerhede wat arbeidsintensiewe goedere produseer, waar ontwikkelende
lande alreeds 'n komparatiewe voordeel geniet of kan bereik
- Uitvoerbevordering lei tot die beskerming van arbeidsintensiewe nywerhede
deur ontwikkelde lande
- Verhoogde uitvoere is storting, wat buitelandse firmas in staatstel om ‘n groter
markaandeel te verkry en plaaslike produsente uit die mark dwing (26)
INHOUD: ADDISIONELE DEEL
Beskerming was suksesvol deurdat:
• nywerheidsontwikkeling bevorder word deur te fokus op die implementering van
tegnologie en markte (byvoorbeeld die NNBR)
• stabiele loonvlakke bereik word deur die bekendstelling van 'n nasionale
minimumloon wat in alle sektore van indiensneming toegepas word, en die
produktiwiteit van werkers positief beïnvloed
• sekere strategiese sleutelnywerhede soos Sasol en Mittal Staal verskaf is wat die
nasionale onafhanklikheid verseker het
• sekondêre nywerhede ontwikkel is soos byvoorbeeld in die verskaffing van
elektrisiteit, meganiese dienste en die bounywerheid wat meer gedifferensieerde
ekonomie met groter ekonomiese stabiliteit geskep het
• natuurlike hulpbronne beskerm is soos rooibostee en die beskerming van inheemse
kennis wat toegelaat het dat die Hoodia plant gebruik kon word vir medisinale
doeleindes
Beskerming wat nie suksesvol nie omdat:
• sekere nywerhede nie beskerm was teen pryssny / storting van buitelandse
goedere en dienste nie byvoorbeeld die storting van hoender deur die VSA
• nywerhede wat wel beskerming geniet het, neig om afhanklik te raak en nie
finansieel daarsonder kan oorleef nie
• die stygende werkloosheidsyfers (29%) die lewenstandaard bedreig omdat 'n laer
vraag 'n negatiewe impak op plaaslike produksie het
• die nadele van hoër pryse teen die voordele van laer ingevoerde pryse moeilik
opweeg oor die langtermyn
• dit invoervervanging aanmoedig, maar nie uitvoer van goedere as gevolg van 'n
gebrek aan owerheidsubsidies. Onderdruk ekonomiese groei en werkskepping
• dit moeilik is vir die owerheid om te bepaal wanneer om beskerming uit te faseer,
want as dit te vinnig gebeur, laat dit die nywerhede kwesbaar
• die inflasiespiraal aktiveer, omdat die koste betrokke by beskerming impliseer dat
plaaslik vervaardigde goedere duurder is as ingevoerde goedere [40]
• dit moeilik is om 'n beleid van beskerming te ontwerp waar besluit word of 'n sekere
nywerheid tot voordeel van die hele land is of nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 18 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• dit moeilik is om kleuternywerhede te identifiseer waar tydelike beskerming
toegeken word (Maks 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoorde)
SLOT
Wêreldekonomieë groei en ontwikkel op beter internasionale verhoudings met ander
lande deur verskillende handelsbeleide soos invoervervanging en vryhandel toe te pas
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
• Bespreek in detail die Suid-Afrikaanse pogings (inisiatiewe) in streeks-
ontwikkeling. (26 punte)
• Hoe suksesvol was die owerheid om nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika te
bevorder? (10 punte) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 19 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
INLEIDING
Streeksontwikkeling verwys na beleide watmik na verbeterde ekonomiese bestaan op
spesifieke gebiede of streke
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2)
INHOUD: HOOFDEEL
RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSINISIATIEWE
• ROI is 'n beleid wat volhoubare nywerheidsontwikkeling bevorder in gebiede waar
armoede en werkloosheid op hul hoogste is
• Dit kan gedefinieer word as 'n skakel tussen belangrike ekonomiese spilpunte en
streke in 'n land
• Die bedoeling was om ROI's te laat groei deur van privaatsektor investering
gebruik te maak
• Die staat het inwaartse investering aangemoedig deur die toestaan van
aansporings
• Die publieke/privaat vennootskappe bevorder die ekonomiese potensiaal van
onderontwikkelde gebiede
• In 'n PPV kan 'n private besigheid die kapitaal vir die oprig van die fabriek verskaf
en vir die aankoop van grondstowwe en indiensneming van arbeid, terwyl die
owerheid die kapitaal vir infrastruktuur verskaf bv. Paaie en water
• Daar is twee tipes PPV's wat verskillend vergoed word: eenvormige betalings en
gebruikersfooie
• Die ROI is betrokke by interdepartementele beleggingstrategie wat deur die DHN
en departement van vervoer gelei is
• Die staat se nywerheidsbeleid streef na balans tussen openheid en bevordering
van plaaslike mededingendheid deur binnelandse ekonomie oop te stel vir
internasionale mededinging
• DHN is die dryfkrag agter nywerheids- en ruimtelike ontwikkeling
• Vertrou op netwerk met ander sentrale provinsiale staatsdepartemente, NOK,
parastatale soos Telkom, Eskom en Transnet en navorsingsinstellings om
ontwikkeling te beplan en te monitor
• Sleutelbeleid bly volhoubare nywerheidsontwikkeling in gebiede waar armoede en
werkloosheid op hul hoogste is
• ROIs fokus op hoëvlak ondersteuning in gebiede waarv sosio-ekonomiese
toestande gekonsentreerde staatsbystand vereis en inherente ekonomiese
potensiaal bestaan
• ROI se doelwit is om investering spoedig te verkry en sinergie tussen verskillende
tipes investering te maksimeer
Doelwitte van Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe:
• Ontwikkel die fisiese infrastruktuur soos paaie en hawens
• Stimuleer ekonomiese aktiwiteite in die onderontwikkelde gebiede
• Skep werk en stimuleer ekonomiese groei in die onderontwikkelde gebiede
• Ontwikkel inherente ekonomiese potensiaal in die onderontwikkelde gebiede
• Lok privaatsektor en buitelandse direkte investering (BDI)
• Skep publieke/privaatsektor vennootskappe (PPV)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 20 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 21 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONES (NOS'e)
• Fisies omheinde nywerheidsgebied, omhein en verbind aan 'n hawe of lughawe
• Hierdie gebiede heffingsvrye invoergebiede
• Hierdie strategie was gemik daarop om uitvoere internasionaal meer mededingend
te maak
• Hulle fokus op die skepping van werksgeleenthede en bevordering van uitvoere
• Goedere geproduseer in hierdie sones behoort na die buiteland uitgevoer te
word
• As dienste van buite verskaf word, behoort die ekonomie in hierdie gebiede
gestimuleer te word
• 'n NOS bied 'n wêreldklas infrastruktuur, geniet 'n zero koers BTW op voorrade uit
Suid-Afrikaanse bronne asook 'n verlaagde belasting op sekere produkte
NOSe is gevestig vir die bevoordeling van:
- ondersteuning aan maatskappye wat gevestig word
- toegang tot vervoer vir uitvoerdoeleindes
- kwytskelding van invoerregte op produkte geproduseer vir uitvoer
- subsidies in verskaffing van vaardigheidsopleiding vir werknemers
Elke NOS is ontwerp om:
- ‘n bestemming te verskaf vir die daarastelling van strategiese investering
- bevorder en ontwikkel ‘n verband tussen binnelandse en sone-gebaseerde
nywerhede
- maak eksploitering van hulpbron-intensiewe nywerhede moontlik
SPESIALE EKONOMIESE SONES
• Dit skep 'n basis vir 'n breër verskeidenheid van nywerheidsparke en verskaf
ekonomiese infrastruktuur om werkverskaffing te bevorder
• Geografies afgebakende gebied waar spesifieke ekonomiese aktiwiteite
geïdentifiseer is om te ontwikkel
• Hierdie gebiede geniet aansporings soos belastingverligting en
ondersteuningstelsels om nywerheidsontwikkeling te bevorder
• Daar is planne om belasting tot 15% te verlaag as aansporing om nuwe nywerhede
te lok
• Die doelwit in die skepping van 'n SES is lok:
- Slegs nuwe besighede
- Besighede wat 'n nuwe produklyn ontwikkel
- Besighede wat hul volume uitbrei
• Die DHN het aangedui dat die bestaande NOS'e waar spesiale
belastingaansporings nie toegepas word nie, mettertyd sal inskakel by SES'e
KORRIDORS
• Korridors in Suid-Afrika is ruimtelike gebiede wat spesifieke voordele in mynbou,
vervaardiging en ander besighede bied
• Die voordele sluit die aanwesigheid van bestaande infrastruktuur en die
spesialisasie van produkte of dienste in
• Hierdie korridors is ontwikkelingsgebiede binne Suid-Afrika en is die ontwikkelings-
prioriteite van alle ontwikkelingsagentskappe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 22 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Die DHN verskaf hulp in die ondersteuning van die ontwikkelingskorridors, bv. die
Maputo korridor wat in Gauteng begin en verleng deur Mpumalanga tot by die Maputo
hawe, en geleentheid bied vir die vervoerindustrie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 26)
INHOUD: ADDISIONELE DEEL
Owerheid het nywerheidsontwikkeling bevorder deur:
• Implementering van GEAR wat gefokus het op bevordering van groei in die
ekonomie, alhoewel dit nie suksesvol was nie omdat reële BBP groei nie op alle
vlakke aangetref word nie
• Die Nuwe Groeipad (NGP) wat gefokus het op die verbetering van sekere
vaardighede wat besighede wêreldwyd sou lok hierheen en langtermyn
ekonomiese groei verseker, nog nie 'n verlaging in die aantal werklose mense
gesien nie
• Die Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk (NNBR) is 'n toepaslike beleid gemeet
aan beste praktyk, alhoewel verhinder deur die werkloosheidsprobleem
• Besteding van groot bedrae op die verbetering van infrastruktuur deur die ROI's in
instandhouding, verbetering, uitbreiding van infrastruktuur ; toegang tot toepaslike,
moderne, effektiewe en doeltreffende infrastruktuur en dienste, was dit steeds nie
genoeg om werkloosheid te verminder nie
• Implementering van NOS'e, alhoewel sommige NOS'e 'n lae groei getoon het as
gevolg van aansporings wat nie aantreklik genoeg was om genoeg gevestigde
besighede te lok nie
• Bekendstelling van SES'e om die negatiewe elemente van die NOS'e aan te
spreek deur addisionele aansporings te verskaf
• Bevordering van kleinsake-ontwikkeling was redelik suksesvol as gevolg van die
verbeterde toegang tot finansiering en kapitaal wat entrepreneurskap bevorder het
en bygedra het tot doeltreffende en kompeterende markte
• Bevordering van streeksontwikkeling alhoewel dit steeds oneweredig versprei is en
gekonsentreerd is in die vier groot metropole
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) Maks (10)
SLOT
Dit is die uiteindelike verantwoordelikheid van die owerheid om te verseker dat
behoorlike en effektiewe beleide en beleidsrigtings gegee word aan die totale
ontwikkeling van die land. Elke gebied in die land behoort oorweeg te word vir
ontwikkeling en groei. Die nywerheidsektor word geoormerk as veiligheidsnet vir die
miljoene werklose mense in die landelike gebiede
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) Maks (2) (40)
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2014 Memo (English)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper