Downloaded from hlayiso.com
1 GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V1
NOVEMBER 2016
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie merkriglyne bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 436.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1The role of the public sector16 marks
- Question 1.2The role of the public sector8 marks
- Question 1.3Business cycles and forecasting6 marks
- Question 2Protectionism and free trade40 marks
- Question 3South African economic and social indicators40 marks
- Question 4The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A – publieke
1.1.2 B – produk
1.1.3 C – parastatale
1.1.4 C – vryswewende
1.1.5 B – per capita-inkome
1.1.6 B – rentekoerse
1.1.7 A – verstedeliking
1.1.8 B – korridor (8 x 2) (16)
1.2 BYPASSENDE ITEMS
1.2.1 F – wêreldwye interaksie van ekonomieë met handel as 'n
gemeenskaplike element
1.2.2 E – 'n handelsbeleid wat die produksie van plaaslik vervaardigde
goedere wat oorsee verkoop gaan word, aanmoedig
1.2.3 D – 'n algemene argument ten gunste van vryhandel
1.2.4 G – 'n owerheidstelsel wat reëls afkeur en vertragings
veroorsaak
1.2.5 A – die koers wat banke betaal om geld by die sentrale bank te
leen
1.2.6 H – meet pryse van plaaslik vervaardigde goedere op
fabrieksvlak
1.2.7 B – produkte wat in hul basiese vorm verhandel word, byvoorbeeld
steenkool en hout
1.2.8 C – strem die kognitiewe ontwikkeling van kinders (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Sakesiklusse
1.3.2 Amplitude
1.3.3 Ad valorem
1.3.4 Gelyke Indiensneming
1.3.5 Ruilvoet
1.3.6 Werkloosheid (6 x 1) (6)
(Geen afkortings of voorbeelde word aanvaar nie)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE tipes sakesiklusse.
• Kitchin
• Jugler
• Kuznets
• Kondratieff (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe sal buitelandse direkte investering die Suid-Afrikaanse
ekonomie bevoordeel?
• Verskaf kapitaal aan nuwe besighede / uitbreiding van bestaande
sakeondernemings / toename in mededinging
• Styging in inkomste/inkomste vir die besigheid of staat / groter
winste
• Skep meer werksgeleenthede/verbeter die lewenstandaard
• Verhoog ekonomiese groei
• Diversifiseer die ekonomie / 'n groter verskeidenheid produkte
• Bring nuwe tegnologie en kennis in
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Identifiseer TWEE indirekte belastings in die spotprent hierbo.
• Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW)
• Brandstofheffings
• Sondebelasting (2 x 1) (2)
2.2.2 Noem die fiskale instrument wat deur die skaal in die spotprent
hierbo voorgestel word.
Belasting (2)
2.2.3 Watter verrassing word in die spotprent hierbo uitgebeeld?
Die Minister van Finansies het nie die inkomstebelasting en BTW
verhoog soos verwag is nie / maar die impak van die styging in
brandstofheffings en aksynsbelasting was soveel dat dit die feit dat
die eersgenoemde twee onveranderd gebly het, uitkanselleer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
2.2.4 Hoekom het die Minister van Finansies, na jou mening, besluit
om inkomstebelasting en BTW op dieselfde vlakke te hou?
• Te wyte aan stygende inkomstebelasting in 14/15 was 'n ekstra
las op belastingbetalers onnodig
• Voorkom 'n negatiewe reaksie van die arbeidsmag wat
voortdurend hoër lone eis
• BTW as 'n regressiewe tipe belasting, bly onveranderd om te
voorkom dat armes armer word
• Voorkom 'n verlies aan inkomste deur belasting ontduiking en
ontmoedig mense om te werk
• Stimuleer verbruiksbesteding en ekonomiese groei
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die rede in die uittreksel waarom Suid-Afrika tot
hoenderinvoere vanaf die VSA ingestem het.
Suid-Afrikaners verbruik meer hoender as wat plaaslike produsente
kan voorsien / Plaaslike produsente sukkel om in die stygende
vraag te voorsien / Dit sal die AGOA handelsooreenkoms
vergemaklik (1)
2.3.2 Noem die handelsinisiatief wat hierbo genoem word.
Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA) (1)
2.3.3 Beskryf die begrip storting ('dumping') kortliks.
Om goedere in 'n buitelandse mark te verkoop teen pryse wat laer
is as die produksiekoste in die land van oorsprong
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.4 Wat sal die uitwerking van bevolkingsgroei in Suid-Afrika op
hoenderinvoere vanaf die VSA wees?
'n Styging in die bevolking sal 'n styging in die vraag na
hoenderporsies uit die VSA veroorsaak en invoere sal styg
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
2.3.5 Watter negatiewe invloed kan hierdie ooreenkoms op die
plaaslike pluimveebedryf hê?
• Die plaaslike pluimveebedryf mag verbruikersweerstand ervaar
teen die produk te wyte aan 'n swak kwaliteit invoerbesnoeiing /
skakel oor na die verbruik van 'n ander tipe vleis
• Die plaaslike hoenderbedryf mag 'n ooraanbod van die produk
in sekere tye ondervind, wat tot laer pryse en 'n kleiner
inkomste in die bedryf kan lei
• Plaaslike produsente verlaat die bedryf as gevolg van verliese
te wyte aan onregverdige mededinging / lae pryse / hoë
insetkoste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen eksogene benaderings en endogene benaderings tot
sakesiklusse.
Endogene benadering:
• Dit oortuiging wat hier gehandhaaf word is dat ekonomiese groei primêr die
gevolg is van endogene oorsake en nie eksterne kragte nie
• Dit staan as die Keynesiaanse siening bekend.
• Hierdie benadering volg die siening dat markte inherent onstabiel is
• en daarom owerheidsinmenging benodig
• Die prysmeganisme is nie in staat om vraag en aanbod op die markte te
koördineer nie en dit gee aanleiding tot opswaaie en afswaaie
• Pryse is nie buigsaam genoeg nie (bv. lone)
• 'n Sakesiklus is 'n inherente eienskap van 'n markekonomie
• Indirekte verbintenisse of diskoers tussen vraag en aanbod is normale
eienskappe van die ekonomie (Maks 4)
Eksogene benadering:
• Verwys na daardie onafhanklike faktore wat sakesiklusse kan beïnvloed en
ontstaan buite die ekonomie
• Sekere ekonome glo dat sakesiklusse veroorsaak word deur eksogene
faktore
• Die monetariste glo dat markte inherent stabiel is
• Disekwilibrium word veroorsaak deur foutiewe beleide bv. die monetêre
beleid
Die volgende is voorbeelde:
• Weerstoestande en skokke veroorsaak op- en afswaaie
• Regerings behoort in die mark in te meng
• Sonvlek teorie word gebaseer op die oortuiging dat verhoogde sonbestraling
veranderde weerpatrone veroorsaak
• Tegnologiese veranderinge
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
('n Maksimum van 1 punt word toegeken vir voorbeelde by elke benadering)
(Maks 4) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
2.5 Hoe kan invoere geteiken word om die tekort op die handelsbalans in
Suid-Afrika te verklein?
• Suid-Afrika kan invoervervanging gebruik as deel van hul internasionale
handelsbeleid
• Tariewe kan gehef word op ingevoerde goedere, wat die pryse van
ingevoerde goedere vir binnelandse verbruikers verhoog, en wat daartoe sal
sal lei dat die vraag na invoere verskuif na 'n vraag na binnelandse produkte
bv. doeaneregte, ad valorem tariewe, spesifieke tariewe
• Kwotas kan gehef word om die invoer van goedere te verminder
• Subsidies mag relatiewe hoë koste binnelandse sakeondernemings in staat
stel om meer doeltreffende buitelandse mededingers in die plaaslike mark uit
te skakel
• Deur wisselkoersbeheer kan die owerheid invoere verminder en die
hoeveelheid buitelandse valuta beskikbaar stel vir dié wat wil invoer
• Fisiese beheer mag 'n totale verbod of embargo op die invoer van sekere
goedere uit 'n sekere land daarstel
• Handel kan elders aangewend word deur monetêre deposito's, tydrowende
doeaneprosedure en hoë kwaliteit standaarde ingestel om die invoer van
goedere te bemoeilik (Maks 8) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE sosiale aanwysers wat met inkomsteverdeling
verband hou.
• Lorenz-kromme
• Gini-koëffisiënt
• Kwintielverhouding
• Koptellingsindeks
• Menslike Ontwikkelings Indeks (MOI)
• Armoede lyn / armoedegaping (2 x 1) (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
3.1.2 Hoe kan deregulering Suid-Afrika se sakesektor bevoordeel?
• Bied geleenthede vir besighede wat voorheen uitgesluit was om
deel te vorm van die formele ekonomie/Help met die toetrede
van nuwe ekonomiese spelers in die ekonomie / Meer
besighede (meer kompetisie) bevoordeel die sakesektor /
doeltreffenheid van besighede sal verbeter
• Voorsien maklike toegang tot markte
• Vereenvoudig administratiewe prosesse/rompslomp / besighede
het nou direkte interaksie met verbruikers sonder
staatsinmenging
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Identifiseer enige TWEE vorige strategieë in die inligting
hierbo wat gebruik is om ekonomiese groei in Suid-Afrika te
bevorder.
• GEAR – Groei, Werkverskaffing en Herverdeling
• NGP – Nuwe Groeiplan
• NSDS – Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie
Enige (2 x 1) (2)
3.2.2 Noem die hoofdoel van die NOP.
Dit verskaf 'n padkaart aan die owerheid tot 2030 /
armoedeverligting / ekonomiese groei / ekonomiese transformasie /
volhoubare werksgeleenthede / inkome verspreiding
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.2.3 Watter negatiewe invloed sal die NOP op die belastingbetalers
hê?
Vir die implementering van die NOP sal die staat toenemend meer
inkomste nodig hê – meer en hoër belasting sal benodig word (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
3.2.4 Hoe suksesvol sal die implementering van die NOP, na jou
mening, in die Suid-Afrikaanse ekonomie wees?
Die implementering van NOP sal suksesvol wees a.g.v. die
volgende redes:
• 'n Goeie vordering is gemaak sedert 2014 in die konstruksie
van hernubare energiebronne bv. sonplase en windplase
• Lewenstandaard mag verbeter wat armoedevlakke sal
verlaag bv. behuising, sosiale toelaes
EN / OF
Die implementering van NOP sal nie suksesvol wees a.g.v. die
volgende redes:
• Sedert 2014 was daar nog geen verbetering in die
werkloosheidskoers nie en hierdie scenario mag
voortduur bv. werkloosheid mag selfs toeneem
• Die gaping tussen ryk en arm mag verder vergroot
• Die volgende teikens aangedui in die NOP sal moeilik
bereikbaar wees: 'n ekonomiese groeikoers van 5% (tans 0,8%)
werkskepping van 5 miljoen per jaar
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Wat het tussen 1996 en 2015 met die lewenstandaard van
Suid-Afrikaners gebeur?
Dit het verbeter (1)
3.3.2 Identifiseer 'n element van die Menslike-ontwikkelingsindeks
(MOI) in die inligting hierbo.
Lewenstandaard (1)
3.3.3 Wat kan die regering doen om die gehalte van dienslewering
nog verder te verbeter?
Die owerheid behoort:
• rekenpligtigheid te aanvaar en rekenskap lewer vir hul optrede
en uitgawes
• doeltreffendheid te verbeter deur vaardige, hoogs opgeleide
mense aan te stel en korrupsie te stop
• te funksioneer volgens die markkragte
• daardie korporasies te privatiseer wat nie winsgewend is nie
• behoeftes van mense te assessering
• korrupsie te stop / voorkom nepotisme / swak bestuur
• beskikbare bronne meer doeltreffend te gebruik bv.
begrotings
• deursigtigheid deur konsultasie te beoefen
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
Enige (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
3.3.4 Hoe kan die privaatsektor deur openbare-privaat
vennootskappe betrokke raak om die pogings van die regering
te versterk?
Die privaatsektor kan:
• verantwoordelikheid aanvaar vir 'n skoon omgewing (straat en
sypaadjie) om die werkslading van munisipaliteite te
verminder
• die vaardighede van hul werksmag verbeter deur
indiensopleiding sonder enige koste vir tersiêre opleiding deur
die owerheid
• verskeie inisiatiewe aan die owerheid bied en daarvoor betaal
om die toestand van die omgewing te verbeter, en so die staat
se betrokkenheid en verantwoordelikheid te verminder Bv.
Korporatiewe Maatskaplike Investering
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
Enige (1 x 2) (2)
3.3.5 Hoe kan toegang tot die arbeidsmark, na jou mening,
toekomstige verbetering in lewenstandaarde aandryf?
Die volgende kan die toetrede tot die arbeidsmark verbeter wat
gemik is op beter lewenstandaarde:
• 'n Beter basiese onderrigstandaard sal die vaardighede
verbeter wat nodig is om die nywerhede oor die algemeen te
verbeter bv. bou en konstruksie, toerisme, gesondheid,
dienslewering
• Behoorlike opleiding sal verseker dat meer mense toegang
verkry tot die arbeidsmark, omdat hulle in staat sal wees om
inisiatief en oorspronklikheid te bied en om die besigheid
mededingend te hou in 'n vinnig veranderende mark
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek groei en handel kortliks as uitdagings van globalisering wat
ontwikkelende lande in die gesig staar.
Groei
• Ondoeltreffende bestuur lei tot 'n ondoeltreffende toeken van hulpbronne
• Dit lei tot lae vlakke van produksie en gevolglike lae vlakke in ekonomiese
groei (Maks 4)
Handel
• Ryk lande subsidieer produksie en maak dit moeilik vir armer /
ontwikkelende lande om mee te ding / baie ontwikkelende lande voel hulle
word gemarginaliseer
• Hierdie lande moet lae pryse teen relatief hoë insetkoste aanvaar
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 4) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
3.5 Hoe voldoen Suid-Afrika aan verskillende internasionale liggame wat
vereis dat hulle aanwysers gestandaardiseer moet word?
• IMF Suid-Afrika se jaarlikse begrotingsoorsig word in terme van die OFS
(Owerheidsfinansiering Statistieke) saamgestel wat fokus op publieke
finansiële rekeningkunde
• Wêreldbank Vereis van lande om verslag te lewer oor verskeie
ekonomiese- en sosiale aanwysers waaraan Suid-Afrika voldoen
Hierdie aanwysers word versamel en gepubliseer deur die Wêreldbank
groep van instellings in die Wêreld Ontwikkelingsaanwysers en die Afrika
Ontwikkelingsaanwysers Dit help die Wêreldbank om te bepaal
hoeveel lenings beskikbaar gestel moet word aan lande vir ontwikkelings-
doeleindes
• Verenigde Nasies Suid-Afrika stem ooreen met die VN stelsel in die
samestelling van hul nasionale rekeninge bv. BBP statistiek Die
Verenigde Nasies is die bes moontlike riglyn van ekonomiese aanwysers
in die VN Stelsel van Nasionale Rekeninge (SNR) dit stel die IMF in
staat om te besluit hoeveel beskikbaar gestel moet word om die
betalingsbalanstekort reg te stel Maks (8) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Gee TWEE redes vir openbaresektor-mislukking.
• Bestuursmislukking
• Apatie
• Gebrek aan motivering
• Burokrasie
• Politici
• Strukturele swakhede
• Spesiale belangegroepe (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe sal 'n daling in uitvoerpryse ons land se ruilvoet
beïnvloed?
Dit sal negatief beïnvloed word omdat ons inkomste ontvang uit
uitvoere, sal daal
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Watter mark word in die grafiek hierbo uitgebeeld?
Buitelandse valutamark / Valutamark (1)
4.2.2 Watter uitwerking het die verskuiwing in die vraagkurwe op die
prys van dollars?
Die prys van dollars sal styg/appresieer (1)
4.2.3 Beskryf die term wisselkoers kortliks.
Die prys van een geldeenheid uitgedruk in terme van 'n ander
geldeenheid (2)
4.2.4 Wat sal die uitwerking van die nuwe prys vir dollars op
uitvoerhandel tussen Suid-Afrika en die Verenigde State
wees?
Uitvoere van Suid-Afrikaanse sal toeneem / Meer SA goedere kan
gekoop word teen dieselfde prys te danke aan die depresiasie van
die rand / appresiasie van die dollar (2)
4.2.5 Verduidelik hoe 'n toename in die getal VSA-toeriste na Suid-
Afrika die waarde van die rand sal beïnvloed.
• Meer VSA toeriste in Suid-Afrika skep 'n hoër vraag na die ZAR
/ die aanbod van dollars sal styg
• Dit sal lei tot 'n styging in die waarde van die rand (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Gee TWEE faktore uit die uittreksel wat tot die swak prestasie
van die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra het.
• 'n Insinking in kommoditeitspryse
• Al swakker vraag uit China
• Droogte
• Daling in die waarde van die rand Enige (2 x 1) (2)
4.3.2 Wanneer is 'n land amptelik in 'n resessie?
As 'n land 'n negatiewe ekonomiese groeikoers vir twee agtereen-
volgende kwartale beleef (2)
4.3.3 Watter invloed sal 'n afgradering van Suid-Afrika se
kredietgradering op sy ekonomie hê?
• 'n Afgradering impliseer 'n groter risiko vir beleggers wat mag lei
tot 'n styging in rentekoerse
• Die feit dat Suid-Afrika baie hoë skuldvlakke het, impliseer hoë
rentekoerse wat 'n definitiewe impak op die laer
inkomstegroepe sal hê, wat nie goedere en dienste kan
bekostig nie
• Daar sal minder geld beskikbaar wees vir besteding, wat meer
druk op die begroting sal plaas; die belastingbetaler en
welsynstoelaes en infrastruktuurontwikkeling
• 'n Swak kredietgradering mag armoede verhoog wat 'n laer
lewenstandaard sal dryf en mag lei tot 'n resessie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3.4 Na jou mening, wat kan die regering doen om die sakesiklus
te stabiliseer?
• Die regering kan betrokke raak by die effening (gladstryking)
van siklusse deur monetêre en fiskale beleidsmaatreëls
• Die owerheid kan aanbod en vraagkantbeleide toepas om pryse
te stabiliseer
• Die owerheid mag optree en die totale vraag beïnvloed wat
verbruiksbesteding sal stimuleer
• Die owerheid mag ook maatreëls aanwend om die vlak van
totale aanbod te beïnvloed wat sal lei tot 'n styging in
binnelandse produksie en laer inflasiedruk Enige (2 x 2) (4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 13 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
4.4 Bespreek kortliks enige TWEE argumente ten gunste van privatisering.
• Privatisering verseker addisionele fondse (inkomste)vir die staat dit sal
help om staatsbeheerde ondernemings in stand te hou en te bestuur
• Verbreed die belastingbasis wat meer inkomste vir die staat skep
• Private ondernemings is meer doeltreffend as publieke ondernemings
die winsmotief in die privaatsektor verseker dat besighede doeltreffend
teen die laags moontlike prys funksioneer SBI's is burokraties,
ondoeltreffend, reageer nie op verbruikers se behoeftes nie, word swak
bestuur, nie kratief nie met lae vlakke van produktiwiteit
• Privatisering trek meer buitelandse beleggers na Suid-Afrika kapitaal,
vaardighede, tegnologie en buitelandse valuta vloei die land in
• Privatisering verlig die druk uit die begroting tekorte op die begroting
sal afneem
• Bevorder swart ekonomiese bemagtiging aandele iin publieke
maatskappye word aan swart entrepreneurs beskikbaar gestel
Enige (2 x 4) (8)
4.5 Hoe sal subsidies uitvoergeoriënteerde besighede negatief beïnvloed?
• Deur sekere nywerhede te subsidieer, word kapitaal en entrepreneurs-
talente weggetrek van ander besighede wat 'n groter komparatiewe
voordeel geniet
• Subsidies verlaag die totale produksiekoste wat aan besighede 'n vals
aanduiding gee van die werklike prys (verwronge pryse)
• Plaaslike produksie kan ondoeltreffend wees, plaaslike produsente
beskerm word teen oorsese mededinging
• Besighede wat te afhanklik raak van subsidies, sal nie in staat wees om te
oorleef sodra subsidies onttrek word nie
• Subsidies stel besighede in staat om laer pryse te vra, wat ander
kompeterende uitvoernywerhede uit die mark hou
• Ander lande kan tariewe instel op gesubsidiseerde produkte vanaf ander
lande om hul eie nywerhede te bevoordeel (Maks 8) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 14 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
Die ekonomiesekringloop-model toon hoe die ekonomie deur die verskillende
markte werk.
• Bespreek die rol van die verskillende markte in die ekonomiese kringloop
sonder die gebruik van 'n diagram. (26 punte)
• Verduidelik die vermenigvuldigerbegrip met behulp van 'n goed benoemde
grafiek. (10 punte) [40]
INLEIDING
• Die ekonomiese kringloopmodel is 'n vereenvoudigde aanbieding van die interaksie
tussen die deelnemers in die ekonomie /
• Markte koördineer ekonomiese aktiwiteite en bepaal pryse vir goedere en
dienste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2)
HOOFDEEL
Goedere/Dienste/Uitsetmarkte
Hierdie is markte vir die verbruiker se goedere en dienste
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 15 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
In ekonomie word 'n onderskeid gemaak tussen goedere en dienste:
• Goedere word gedefinieer as verbruikbare items soos kos, klere en motors wat
sommige menslike behoeftes bevredig
• Koop en verkoop van goedere wat geproduseer word op markte bv.
- Kapitaalgoederemark vir die verhandeling van geboue en masjinerie
- Verbruiksgoederemark vir die verhandeling van duursame verbruiksgoedere,
semi-duursame verbruiksgoedere en nie-duursame verbruiksgoedere
• Dienste word gedefinieer as nie-tasbare goedere en sluit groot- en kleiinhandel,
vervoer en finansiële markte in
Faktor/Hulpbron/Insetdienste
• Huishoudings verkoop produksiefaktore op die markte: huur vir natuurlike
hulpbronne, lone vir arbeid, rente vir kapitaal en wins vir entrepreneurskap
• Die faktormark sluit die arbeid, eiendom en finansiële markte in
Finansiële markte:
• Hulle is nie direk betrokke in die produksie van goedere en dienste nie, maar dien
as 'n verbintenis tussen huishoudings, die sakesektor en ander deelnemers met
surplusfondse
• Bv. banke, versekeringsmaatskappye en pensioenfondse
Geldmarkte
• In die geldmark, word korttermynleninge en baie korttermynfondse gespaar en
geleen deur verbruikers en sakeondernemings
• Produkte word verkoop op hierdie mark bv. bank obligasies, skatkiswissels en
staatsobligasies
• SARB is die sleutelinstelling in die geldmark
Kapitaalmarkte
• In die kapitaalmark word langtermynfondse geleen en gespaar deur verbruikers en
sakeondernemings
• Die Johannesburg Effektebeurs is 'n sleutelinstelling in die kapitaalmark
• Produkte wat op hierdie markte verkoop word is verbandlenings en aandele
Buitelandse valutamarkte
• Op die buitelandse valutamark koop/verkoop besighede buitelandse valuta om vir
ingevoerde goedere en dienste te betaal
• Hierdie transaksies kom voor in banke en bestaan uit 'n elektroniese geldoordrag
van een rekening na 'n ander
• Die mees belangrike buitelandse valutamarkte is in Londen/New York/Tokio
• Die SA Rand word vryelik op hierdie markte verhandel bv. as 'n persoon
reisigerstjeks koop om oorsee te reis
Vloeie
• Vloeie van private en publieke goedere en dienste is reële vloeie en dit loop saam
met vloeie van besteding en belasting in die teenboorgestelde rigting
• Faktordienste is reële vloeie en loop saam met vloeie van inkome in die teenoor-
gestelde rigting
• Invoere en uitvoere is reële vloeie en loop saam met vloeie van inkomste en
besteding in die buitelandse valutamark Maks (26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 16 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
As kandidate SLEGS EEN MARK bespreek het, - 'n maksimum van 14 punte
As kandidate slegs TWEE MARKTE bespreek het - 'n maksimum van 20 punte
As kandidate DRIE OF MEER markte bespreek het - 'n maksimum van 26 punte.
Ken 'n maksimum van 8 PUNTE toe vir laer orde elemente, wat opskrifte, sub-
opskrifte en voorbeelde insluit.
ADDISIONELE DEEL
Verduidelik die vermenigvuldigerbegrip met behulp van 'n volledig benoemde
grafiek.
Besteding (Rm)
C2
B
50
C1
PUNTETOEKENNING VIR
GRAFIEK:
Benoem van asse = 1 punt
A Benoem op asse = 1 punt
C1 / C2 = 1 punt
20 45°-lyn = 1 mark
Verandering in Y en E = 1 punt elk
MAKS 6 PUNTE
45°
300 700 Inkome (m.)
• Die vermenigvuldiger beskryf die feit dat verandering in besteding 'n impak het op
inkome wat groter is as die oorspronklike verandering in besteding
• Besteding styg van 20 tot 50 (besteding verander met 30) wat 'n styging in inkomste
van 300 tot 700 veroorsaak (Inkome verander met 400)
• ∆ Y / ∆ J = 400 / 30 = 13.3
• Dus sal daar vir elke R1 toename in besteding 'n inkomste styging van R13,30
wees Maks (6)
(Max 10)
SLOT
Markte is krities belangrike instellings in ons ekonomiese stelsel, omdat hulle vraag en
aanbod reguleer en prysstabiliteit verseker asook algemene sakevertroue Maks (2) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 17 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
Owerheidsoptrede moedig werksaamhede en nuwe beleggings aan, wat
nywerheidsontwikkeling versterk.
• Bespreek Suid-Afrika se ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe (ROI's) en
beklemtoon die inisiatiewe, doelwitte en nywerheidsontwikkelingsones
(NOSé). (26 punte)
• Watter raad sal jy aan die regering gee om nywerheidsontwikkeling in Suid-
Afrika te bevorder? (10 punte)
INLEIDING
Streeksontwikkeling verwys na beleide wat gerig is op 'n styging in ekonomiese
toestande in spesifieke gebiede of streke
(Enige ander relevante inleiding) Maks (2)
HOOFDEEL
Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe
• ROI is 'n beleid wat volhoubare nywerheidsontwikkeling bevorder in gebiede waar
armoede en werkloosheid op hul hoogste is
• Dit kan gedefinieer word as 'n verbintenis tussen belangrike ekonomiese hawes en
streke in 'n land
• Die bedoeling was om die ROI's maksimaal te laat groei deur privaat sektor
investering
• Die regering wil inwaartse investering vergroot deur die toekenning van
aansporings
• Die Publieke/Private Vennootskappe bevorder die ekonomiese potensiaal van
onderontwikkelde gebiede
• In 'n PPV kan 'n private besigheid die kapitaal verskaf om die fabriek te bou,
grondstowwe te koop en arbeid in diens te neem, terwyl die owerheid die kapitaal
voorsien vir die infrastruktuur bv. paaie en water
• Daar is twee tipes PPV's wat verskillend vergoed word: eenheidsbetalings en
verbruikersfooie
• Die ROI behels 'n interdepartementele beleggingstrategie wat deur die DHN en
Departement van Vervoer (DOT) gelei word
Doelwitte van Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe
• Ontwikkel fisiese infrastruktuur soos paaie en hawens
• Stimuleer ekonomiese aktiwiteite in die onderontwikkelde gebiede
• Skep werken stimuleer ekonomiese groei in onderontwikkelde gebiede
• Ontwikkel inherente ekonomiese potensiaal in die onderontwikkelde gebiede
• Lok private sektor en buitelandse direkte investering (BDI)
• Stig Publieke Private Vennootskappe (PPV)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 18 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
Korridors
• Dis ruimtelike gebiede wat spesifieke voordele aan die mynbou, vervaardiging en
ander besighede bied
• Die voordele sluit die bestaande infrastruktuur en die spesialisasie van produkte of
dienste in
• Hierdie korridors is ontwikkelingsgebiede binne Suid-Afrika en is die
ontwikkelingsprioriteite van alle ontwikkelingsagentskappe
• Die DHN verskaf hulp ter ondersteuning van die ontwikkelingskorridors
• Bv. Maputo korridor begin in Gauteng en uitbrei deur Mpumalanga na die Maputo
hawe
Die bostaande bespreking sluit in:
• die inisiatiewe en
• doelwitte van die ROI’s
• en Korridors. (Maks 18)
Nywerheidsontwikkelingsones (NOS'e)
• Dis doelwit-geboude nywerheidsparke, fisies omhein en verbind aan 'n hawe of
lughawe
• Dis belastingvrye invoergebiede
• Hierdie strategie is gerig daarop om uitvoere meer internasionaal mededingend te
maak
• Hulle fokus op werkskepping en bevordering van uitvoere
• Die idee is dat goedere geproduseer in hierdie sones uitgevoer behoort te word na
die buiteland
• Omdat dienste van buite verskaf word, moet die ekonomie in hierdie areas
gestimuleer word
• 'n NOS bied 'n wêreldklas infrastruktuur, geniet 'n zerokoers BTW op voorrade van
Suid-Afrikaanse bronne en verlaagde belasting op sommige produkte
Spesiale Ekonomiese Sones
• Dit skep 'n basis vir 'n breër verskeidenheid nywerheidsparke en verskaffing van
ekonomiese infrastruktuur om indiensneming te bevorder
• Dit was bekendgestel a.g.v. die beperkinge van die NOSé en hoef nie aan 'n hawe
of lughawe verbind te word nie
• NOS'is slegs geskep vir uitvoernywerhede terwyl die SESé voorsiening maak vir
uitvoere en binnelandse verbruik
• Geografies geteikende gebied waar spesifieke ekonomiese aktiwiteite geïdentifiseer
is om te ontwikkel
• Hierdie gebiede kan aansporings soos belastingafslag geniet bv. 15%
aansporing om nuwe nywerhede te lok
Die bostaande bespreking sluit in:
• NOSé
• en SESé (Maks 14)
Ken ‘n maksimum van 8 PUNTE toe vir laer orde elemente, wat opskrifte, sub-
opskrifte en voorbeelde insluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 19 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
Punte moet ook toegeken word vir die volgende: Kleinsake Ondersteunings-
program, Seda Tegnologie Program, Vaardigheidsontwikkelingsprogram,
Kritiese Infrastruktuurprogram, Doeanevrye aansporings, Buitelandse
Investeringsaansporings, Dienste aan Sakeprosesse, Strategies Geïntegreerde
Projekte, Infrastruktuurplan, Buitelandse Direkte Investering.
ADDISIONELE DEEL
Die staat word geadviseer om:
• aansporings te bied aan binnelandse en buitelandse entrepreneurs om nuwe
besighede in Suid-Afrika op te rig
• aansporings te betaal wat 'n beleggingsvriendelike omgewing skep vir buitelandse
direkte investering om in die land in te vloei
Wat die owerheid kan doen om nywerheidsontwikkeling te bevorder:
- Verskaf belastingaansporings en verligting vir jong nywerhede
- Ontwikkel 'n verbruikersvriendelike arbeidsregime vir die land wat beide
werkgewer-werknemer sensitief is terwyl groei en ontwikkeling terselfdertyd
bevorder word
- Verskaf befondsingskemas vir nuwe besighede as ondersteuning tot groei en
ontwikkeling
- Verskaf vaardigheidsontwikkelingsprogramme en bied kontanttoelaes as
aansporings aan dié wie betrokke is in hierdie kapasiteit ontwikkelings-
programme
- Kritieke Infrastruktuur Fasiliteite (KIF) – die owerheid spesifiseer finansiële
aansporings in die vorm van 'n kontanttoelae van tot 50% op groot
ondernemings wat kritieke infrastruktuur soos paaie, elektrisiteit en
suiweringsdienste benodig
• Al hierdie aansporings is gerig op aanmoediging in die ontwikkeling van besighede
om die staat se poging om nywerheidsontwikkeling te bevorder, te ondersteun
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 10)
SLOT
Ondanks al die pogings van die owerheid, is dit belangrik om 'n vinniger groei in
hierdie ekonomiese terrein te ervaar, en is daar steeds te veel arm mense in Suid-
Afrika sonder werk. Die nywerheidsektor is geoormerk as 'n veiligheidsnet vir die
miljoene werklose mense in die landelike gebiede.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) Maks (2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper