Skip to content

Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201612 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE NATIONAL SENIOR SERTIFIKAAT CERTIFICATE GRAAD GRADE 12 ECONOMICS EKONOMIE PAPER V1 1 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS NOVEMBER MARCH 2016 2016 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/November 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/November 2016 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die letter (A–C) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK. VOORBEELD: 1.1.9 A B C 1.1.1 Goedere wat deur nie-mededinging en nie-uitsluitbaarheid gekenmerk word, staan as ... goedere bekend. A publieke B gemeenskaps- C privaat 1.1.2 Die nasionale totaal wat die waarde toegevoeg in elke fase van produksie verteenwoordig, word die bruto binnelandse … genoem. A besteding B produk C inkome 1.1.3 Groot openbare korporasies of besigheidsentiteite in die openbare sektor staan as … bekend. A korporate B ondernemings C parastatale 1.1.4 'n Wisselkoersstelsel waar die kragte van vraag en aanbod geheel en al die waarde van 'n geldeenheid bepaal, word 'n … wisselkoersstelsel genoem. A vaste B beheerde C vryswewende 1.1.5 Die lewenstandaard van 'n bevolking word die beste deur die … beskryf. A handelsbalans B per capita-inkome C inflasiekoers 1.1.6 Monetêre beleid fokus op … en die totale geldvoorraad. A inkome B rentekoerse C belasting Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/November 2016 NSS 1.1.7 Die proses waartydens mense van landelike gebiede na dorpe en stede verhuis, word … genoem. A verstedeliking B immigrasie C emigrasie 1.1.8 'n Stuk land wat 'n deurgang vorm en toegang van een gebied na 'n ander verleen en deel van streeksontwikkeling uitmaak, word 'n … genoem. A doeane B korridor C deurpad (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Globalisering A die koers wat banke betaal om geld by die sentrale bank te leen 1.2.2 Uitvoerbevordering B produkte wat in hul basiese vorm 1.2.3 Ekonomie van skaal verhandel word, byvoorbeeld steenkool en hout 1.2.4 Burokrasie C strem die kognitiewe ontwikkeling van 1.2.5 Repokoers kinders 1.2.6 Produksieprysindeks D 'n algemene argument ten gunste van vryhandel 1.2.7 Kommoditeite E 'n handelsbeleid wat die produksie van 1.2.8 Wanvoeding plaaslik vervaardigde goedere wat oorsee verkoop gaan word, aanmoedig F wêreldwye interaksie van ekonomieë met handel as 'n gemeenskaplike element G 'n owerheidstelsel wat nie reëls goedkeur nie en derhalwe vertragings veroorsaak H meet pryse van plaaslik vervaardigde goedere op fabrieksvlak I staan ook as intermediêre goedere bekend (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/November 2016 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 'n Skommeling/Fluktuasie in ekonomiese aktiwiteite oor tyd 1.3.2 Die afstand vanaf die tendenslyn na die piek en die trog 1.3.3 'n Tarief wat as 'n persentasie van die waarde van ingevoerde goedere gehef word 1.3.4 Die Wet wat gelyke werksgeleenthede vir almal bevorder 1.3.5 Vergelyk 'n land se uitvoerpryse met sy invoerpryse deur middel van indekse 1.3.6 Mense in die ekonomies bedrywige bevolking wat bereid en in staat is om te werk, maar nie 'n werk kan kry nie (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/November 2016 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE tipes sakesiklusse. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal buitelandse direkte investering die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WAT 'N VERRASSING! Geen styging in inkomste- belasting of BTW nie Geen styging in inkomstebelasting of BTW nie Brandstofheffings Sondebelasting [Bron: Business Times, Februarie 2016] 2.2.1 Identifiseer TWEE indirekte belastings in die spotprent hierbo. (2 x 1) (2) 2.2.2 Noem die fiskale instrument wat deur die skaal in die spotprent hierbo verteenwoordig. (2) 2.2.3 Watter 'verrassing' word in die spotprent hierbo uitgebeeld? (2) 2.2.4 Hoekom het die Minister van Finansies, na jou mening, besluit om inkomstebelasting en BTW op dieselfde vlakke te hou? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/November 2016 NSS 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA MAAK DEURE OOP VIR HOENDERINVOERE VANAF DIE VERENIGDE STATE Die Minister van Handel en Nywerheid sê Suid-Afrika sal streng invoerregte op hoendervleis vanaf die VSA opskort en invoere hernu. Suid-Afrika het 100%-invoerregte op die storting ('dumping') van sekere hoenderporsies gehef. Die verwydering van hierdie invoerversperrings het 'n mark oopgemaak wat vir die laaste 15 jaar gesluit was. Hierdie besluit was binne die toelaatbare speling van die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf. Die produkte wat ingevoer gaan word, sal hoofsaaklik die snitte wees wat nie by die Amerikaanse verbruiker gewild is nie. Suid-Afrikaners verbruik meer hoender as mense in enige ander Afrikaland en plaaslike produsente sukkel om in die stygende vraag te voorsien. Die ooreenkoms, wat die VSA een van die voorste pluimvee-uitvoerders na Suid-Afrika sal maak, behoort die aanneming van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA-wet) te help vergemaklik. AGOA is 'n handelsinisiatief wat belastingvrye hantering van invoere van sekere produkte vanaf die VSA bewerkstellig. [Aangepas uit Mail & Guardian, Februarie 2016] 2.3.1 Identifiseer die rede in die uittreksel waarom Suid-Afrika tot hoenderinvoere vanaf die VSA ingestem het. (1) 2.3.2 Noem die handelsinisiatief wat hierbo genoem word. (1) 2.3.3 Beskryf die begrip storting ('dumping') kortliks. (2) 2.3.4 Wat sal die uitwerking van bevolkingsgroei in Suid-Afrika op hoenderinvoere vanaf die VSA wees? (2) 2.3.5 Watter negatiewe invloed kan hierdie ooreenkoms op die plaaslike pluimveebedryf hê? (2 x 2) (4) 2.4 Onderskei tussen eksogene benaderings en endogene benaderings tot sakesiklusse. (2 x 4) (8) 2.5 Hoe kan invoere geteiken word om die tekort op die handelsbalans in Suid-Afrika te verklein? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/November 2016 NSS VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE sosiale aanwysers wat met inkomsteverdeling verband hou. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan deregulering Suid-Afrika se sakesektor bevoordeel?(1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GEAR Die NOP is duidelik die beste strategie NVOS ooit; dit sal ons arm ekonomie vir NGP seker bevoordeel … Nasionale Belastingbetalers Begroting NOP ('NDP') HELP SA OM TE FOKUS Alhoewel die NOP, wat in breë trekke 'n plan beskryf om aandag aan kwessies in SA te gee, nie volmaak is nie, verskaf dit 'n padkaart na waar die regering graag wil hê ons in 2030 moet wees. Die NOP gee Suid-Afrikaners 'n geleentheid om saam te werk om ons uitdagings die hoof te bied en 'n beter toekoms vir onsself en toekomstige generasies te bou. Ons moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie. [Aangepas uit NOP en Mail & Guardian, Februarie 2015] 3.2.1 Identifiseer enige TWEE vorige strategieë in die inligting hierbo wat gebruik is om ekonomiese groei in Suid-Afrika te bevorder. (2 x 1) (2) 3.2.2 Noem die hoofdoel van die NOP. (2) 3.2.3 Watter negatiewe invloed sal die NOP op belastingbetalers hê? (2) 3.2.4 Na jou mening, hoe suksesvol sal die implementering van die NOP in die Suid-Afrikaanse ekonomie wees? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/November 2016 NSS 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LEWENSTANDAARDE – SUID-AFRIKA HUISHOUDINGS FORMELE GEBRUIK WATER WAT BEHUISING ELEKTRISITEIT AANGELÊ IS 1996 2015 1996 2015 1996 2015 5,8 miljoen 12,4 miljoen 5,2 miljoen 14,1 miljoen 7 miljoen 14 miljoen Die data toon die relatiewe sukses van die regering se diensleweringspogings ten spyte van volgehoue agterstande en die feit dat die gehalte van gelewerde dienste in baie gevalle hoër moes gewees het. 'n Ander gevolgtrekking is dat staatsgedrewe diensleweringspogings moontlik sover gegaan het as wat dit denkbaar kon gaan en dat toekomstige verbeteringe in lewenstandaarde eerder deur toegang tot die arbeidsmark en vlakke van ekonomiese groei as deur die pogings van staatsbeplanners gedryf sal word. [Aangepas uit Institute of Race Relations, Februarie 2016] 3.3.1 Wat het tussen 1996 en 2015 met die lewenstandaard van Suid-Afrikaners gebeur? (1) 3.3.2 Identifiseer 'n element van die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) in die inligting hierbo. (1) 3.3.3 Wat kan die regering doen om die gehalte van dienslewering nog verder te verbeter? (2) 3.3.4 Hoe kan die privaat sektor deur openbare-privaat vennootskappe betrokke raak om die pogings van die regering te versterk? (2) 3.3.5 Na jou mening, hoe kan toegang tot die arbeidsmark toekomstige verbetering in lewenstandaarde aandryf? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek groei en handel kortliks as globaliseringuitdagings wat ontwikkelende lande in die gesig staar. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe voldoen Suid-Afrika aan verskillende internasionale liggame wat vereis dat hulle aanwysers gestandaardiseer moet word? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/November 2016 NSS VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee TWEE redes vir mislukking in die publieke sektor. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe sal 'n daling in uitvoerpryse ons land se ruilvoet beïnvloed? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MARK VIR AMERIKAANSE DOLLAR A Wissel- koers R/VSA$ V1 V A V1 V Hoeveelheid Amerikaanse dollar 4.2.1 Watter mark word in die grafiek hierbo uitgebeeld? (1) 4.2.2 Watter uitwerking het die verskuiwing in die vraagkurwe op die prys van dollars? (1) 4.2.3 Beskryf die term wisselkoers kortliks. (2) 4.2.4 Wat sal die uitwerking van die nuwe prys vir dollars op uitvoerhandel tussen Suid-Afrika en die Verenigde State wees? (2) 4.2.5 Verduidelik hoe 'n toename in die getal Amerikaanse toeriste na Suid-Afrika die waarde van die rand sal beïnvloed. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/November 2016 NSS 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SA EKONOMIE BEWEEG NADER AAN 'N RESESSIE Volgens die Wêreldbank loop Suid-Afrika se ekonomie die gevaar om in 'n resessie terug te sak nadat hulle die land se groeivooruitskatting vir hierdie jaar tot 0,8% verminder het. Groei in Afrika se derde grootste ekonomie is onder druk ná 'n insinking in kommoditeitspryse, 'n swakker vraag uit China en die ergste droogte in meer as 'n honderd jaar. Die rand het gedurende die afgelope drie maande met 14% teenoor die dollar teruggesak namate sentiment verswak het en kredietgraderingsmaatskappye (Moody's, Standard & Poor's en Fitch) die land se kredietgradering as gevolg van groeirisiko's afgegradeer het. Daar word geprojekteer dat Suid-Afrika in 2016 tot 2017 hoofsaaklik onder die gemiddelde groeikoers van 4,5% vir sub-Sahara-Afrika sal bly. Teen hierdie agtergrond sal armoede in Suid-Afrika begin styg namate inkome daal. [Aangepas uit Fin24, Februarie 2016] 4.3.1 Gee TWEE faktore in die uittreksel wat tot die swak prestasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra het. (2) 4.3.2 Wanneer is 'n land amptelik in 'n resessie? (2) 4.3.3 Watter invloed sal 'n afgradering van Suid-Afrika se kredietgradering op sy ekonomie hê? (2) 4.3.4 Na jou mening, wat kan die regering doen om die sakesiklus te stabiliseer? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks enige TWEE argumente ten gunste van privatisering. (2 x 4) (8) 4.5 Hoe sal subsidies uitvoergeoriënteerde besighede negatief beïnvloed? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/November 2016 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10 Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Die ekonomiesekringloop-model toon hoe die ekonomie deur die verskillende markte werk. • Bespreek die rol van die verskillende markte in die ekonomiese kringloop sonder die gebruik van 'n diagram. (26 punte) • Verduidelik die vermenigvuldigerbegrip met behulp van 'n goed benoemde grafiek. (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE Owerheidsoptrede moedig bedryfsondernemings en nuwe beleggings aan om nywerheidsontwikkeling te versterk. • Bespreek Suid-Afrika se ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe (ROI'e) en beklemtoon die inisiatiewe, doelwitte en nywerheidsontwikkelingsones (NOS's). (26 punte) • Watter raad sal jy aan die regering gee om nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all