Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V2
NOVEMBER 2016
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all

%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



Economics Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 523.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 3 DBE/November 2016
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die antwoord en maak 'n
kruisie (X) oor die letter (A–C) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.9 A B C
1.1.1 'n Voorbeeld van 'n veranderlikekoste-item:
A Elektrisiteit
B Huur
C Versekering
1.1.2 Die helling van die vraagkurwe van 'n individuele firma onder
volmaaktemark-toestande ...
A is vertikaal.
B is horisontaal.
C neig afwaarts van links na regs.
1.1.3 Die winsgewendheid van 'n monopolis hang van die
produksiekoste en ... af.
A besparings
B die aantal mededingers
C vraag
1.1.4 Die koste en voordele vir derde partye wat NIE by die markprys
ingesluit is NIE, staan as ... bekend.
A sosiale koste
B eksternaliteite
C produksiekoste
1.1.5 Die verhouding van die BBP teen huidige pryse tot die BBP teen
konstante pryse word die ... BBP-deflator genoem.
A implisiete
B eksplisiete
C konstante
1.1.6 Die verskeidenheid plant- en dierelewe in 'n bepaalde habitat word
... genoem.
A biodiversiteit
B die koolstofspoor
C ontbossing
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 4 DBE/November 2016
NSS
1.1.7 'n Ekonomiese situasie waar daar 'n hoë inflasiekoers saam met
'n hoë werkloosheidskoers is, staan as ... bekend.
A deflasie
B stagflasie
C hiperinflasie
1.1.8 Toerisme kan help om ... in Suid-Afrika te verminder.
A werksgeleenthede
B besparings
C armoede (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Privaat koste A 'n algemene prysstyging wat deur
'n styging in faktorkoste veroorsaak
1.2.2 Gelykbreekpunt word
1.2.3 Nywerheid B uitgawes wat tydens die
vervaardiging van 'n artikel deur
1.2.4 Disekonomieë van skaal besighede aangegaan word
1.2.5 Prysdiskriminasie C situasie waar die besigheid nie
'n wins of verlies toon nie
1.2.6 Grondbesoedeling
D besighede wat soortgelyke produkte
1.2.7 Koste-druk-inflasie vervaardig
1.2.8 Bemarkbare permitte E soliede afval, byvoorbeeld
plastieksakke en rommel, wat nie
gestort kan word nie
F die styging in die persentasie uitset
is minder as die styging in die
persentasie inset
G gee aan besighede die reg om tot
'n sekere mate te besoedel
H verbruikers wat goedere verkoop
I kopers betaal verskillende bedrae
vir dieselfde produk
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 5 DBE/November 2016
NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die wins wat die produsent bo en behalwe die normale wins
ontvang
1.3.2 Die tydsduur (periode) waartydens minstens een produksiefaktor
onveranderd bly
1.3.3 Waar kopers en verkopers van goedere en dienste vir die doel van
handel in wisselwerking is
1.3.4 Die wetlike reg waardeur die houer die alleenreg verkry om 'n
produk te vervaardig
1.3.5 Gasse wat die hitte binne die Aarde se atmosfeer vasvang en tot
aardverwarming bydra
1.3.6 Die waarde van die alternatief wat prysgegee word wanneer
'n keuse by die produksie van twee produkte gemaak word (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 6 DBE/November 2016
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE instellings wat onregverdige mededinging in
Suid-Afrika reguleer. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe sal produsente by minimum pryse wat deur die regering
geïmplementeer word, baat vind? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EKONOMIESE VERLIES
Koste/Inkomste (R)
MK
GTK
F
90
Ekonomiese verlies
50 MI
E
0
100 Uitset
2.2.1 Identifiseer die markstruktuur in die grafiek hierbo. (1)
2.2.2 Gee die waarde van die markprys wat hierbo uitgebeeld word. (1)
2.2.3 Hoe sal hierdie ewewigsposisie op lang termyn verander? (2)
2.2.4 Watter omstandighede moet bestaan om hierdie besigheid te laat
sluit? (2)
2.2.5 Bereken die ekonomiese verlies wat hierdie besigheid in die
gesig staar. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 7 DBE/November 2016
NSS
2.3 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OPENBARESEKTOR-PROJEK:
• Boukoste
CHEMIESE FABRIEK
• Arbeidsmag
• Hoëgehaltetoerusting
• Toename in inkomste
• Natuurlike hulpbronne
• Toename in besparings
• Besoedeling
• Nuwe werksgeleenthede
• Gehalte-dienslewering
• Hoëgehalteproduk
R12 m.
R16 m.
KOSTE
VOORDEEL
2.3.1 Identifiseer EEN eksterne koste in die projek hierbo. (1)
2.3.2 Identifiseer 'n maatskaplike voordeel in die projek hierbo. (1)
2.3.3 Wat kan die staat doen om die eksterne koste van die projek
hierbo te verminder? (2)
2.3.4 Hoe sal die staat voordeel trek uit die goedkeuring van die projek
hierbo? (2)
2.3.5 Waarom behoort die staat 'n koste-voordeel-ontleding te doen
voordat daar met 'n nuwe projek begin word? (2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen produktiewe ondoeltreffendheid en toedelings-
ondoeltreffendheid. (2 x 4) (8)
2.5 Hoe kan gedifferensieerde produkte verbruikers en produsente in 'n
monopolistiese mededingende mark beïnvloed? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 8 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE millenniumontwikkelingsdoelwitte wat deel
uitmaak van die internasionale ooreenkomste wat 'n volhoubare
omgewing verseker. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan belasting gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te
verseker? (1 x 2) (2)
3.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ARBEIDSMARK – LOONEISE
Die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) het 'n 84%-verhoging in
die basiese salaris vir intreevlak-goudmynwerkers geëis, ongeveer
10 persentasiepunte hoër as hul vorige eise. NUM, wat 57% van die
werkers in die goudmynbedryf verteenwoordig, wil hê dat werkgewers
intreevlakwerkers R10 500 per maand moet betaal.
Intreevlak-gouddelwers verdien tans ongeveer R5 700 per maand, wat
verskeie toelaes wat by hulle salarispakkette ingesluit is, uitsluit. Die eis vir
loonverhogings wat hoër as die inflasiekoers is, was skynbaar 'n tendens wat
by baie nywerhede voorgekom het. Werkers in die vervoerbedryf, wat deur
SATAWU verteenwoordig word, het in 2015 'n 25%-verhoging vir alle
werknemers geëis.
[Bron: www.publicnewshub.com, Junie 2015]
3.2.1 Identifiseer die persentasie loonverhoging in die uittreksel hierbo
wat deur werkers in die vervoerbedryf geëis is. (1)
3.2.2 Watter vakbond verteenwoordig die werkers in die mynbousektor
hierbo? (1)
3.2.3 Waarom is die vervoerwerkers se looneis onrealisties? (2)
3.2.4 Verduidelik kortliks EEN rede vir die buitensporige looneis hierbo. (2)
3.2.5 Wat sal die uitwerking op die mynbedryf wees indien die looneis vir
R10 500 per maand vir intreevlakwerkers toegestaan word?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 9 DBE/November 2016
NSS
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Menslike vingerafdrukke kom
oral in ons klimaat voor
Verkoelende boonste Minder hitte
atmosfeer ontsnap na
die ruimte
Meer fossiel-
brandstof-
Winter word koolstof in
vinniger warm Minder suurstof Meer hitte keer die lug
as somer in die lug terug Aarde toe
Nagte word vinniger
warm as dae Patroon van
Meer fossiel-
brandstof-koolstof oseaan-
Meer in koraal verwarming
fossielbrandstof-
koolstof in bome
AARDVERWARMING: DIE DEBAT
Daar is 'n 97 persent-konsensus onder klimaatkundiges en in klimaatwetenskap-
literatuur dat aardverwarming deur die mens veroorsaak word. Die
wetenskaplike bewyse vir hierdie probleem is oorweldigend.
Daar is egter steeds 'n klein minderheid stemme wat die geldigheid van sulke
aansprake bevraagteken en verkies om die menigte bewyse te betwyfel. Hulle
beweer dat onlangse veranderinge wat aan menslike aktiwiteite toegeskryf word,
as deel van die natuurlike variasies in die Aarde se klimaat en temperatuur
beskou kan word.
Ekonome is dit eens dat dit baie goedkoper sal wees om maatreëls in te stel om
fossielbrandstofuitlaatgasse te verminder as om die gevolge te hanteer as dit nie
gedoen word nie.
[Aangepas uit Skeptical Science, September 2015]
3.3.1 Wat, volgens die inligting hierbo, moet verminder word om
aardverwarming te vermy? (1)
3.3.2 Identifiseer EEN negatiewe uitwerking van aardverwarming. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term klimaatsverandering. (2)
3.3.4 Waarom bied besighede weerstand teen die omskakeling na meer
omgewingsvriendelike produksiemetodes? (2)
3.3.5 Wat kan gedoen word om die vrystellings wat deur die verbranding
van fossielbrandstowwe veroorsaak word, te verminder? (2 x 2) (4)
3.4 Onderskei tussen bewaring ('conservation') en beskerming ('preservation').
(2 x 4) (8)
3.5 Watter raad sal jy aan die Minister van Finansies gee om die uitwerking van
negatiewe eksternaliteite wat deur toerisme veroorsaak word, te oorkom?
(4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 10 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE tipes toerisme. (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom is 'n volmaakte mededinger nie in staat om die markprys
te beïnvloed nie? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Prys MONOPOLIEMARK
Koste
Inkomste
MI V
Hoeveelheid
4.2.1 Watter kromme verteenwoordig die gemiddelde-inkomste (GK)-
kromme? (1)
4.2.2 Hoeveel firmas domineer hierdie tipe mark? (1)
4.2.3 Waarom lê die marginale-inkomste(MI)-kromme onder die
vraagkromme? (2)
4.2.4 Waarom sal die monopolis nie uitermate hoë pryse vir sy/haar
produk kan vra nie. (2)
4.2.5 Teken die grafiek hierbo in die ANTWOORDEBOEK oor.
Dui ekonomiese wins op jou grafiek aan deur die gemiddeldekoste-
(GK)-kromme en marginalekoste(MK)-kromme op dieselfde
assestelsel in te voeg. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 11 DBE/November 2016
NSS
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TOERISME: 'N SLEUTEL-GROEISEKTOR
Toerisme word as 'n moderne groeiwerktuig beskou en is wêreldwyd een van
die grootste bedrywe. G20-staatshoofde het in 2014 toerisme as 'n drywer
van groei en ontwikkeling erken, sowel as 'n sektor met die potensiaal om
wêreldwyd ekonomiese herstel aan te spoor.
Suid-Afrika het toerisme as 'n sleutelsektor met uitstekende groeipotensiaal
aangewys: die regering poog om toerisme se bydrae tot die ekonomie, direk
en indirek, te vergroot.
Suid-Afrika se asemrowende natuurskoon, vriendelike mense en wêreldklas-
infrastruktuur maak dit een van die gesogste bestemmings in die wêreld.
Die streeks-Afrika-toeristemark is Suid-Afrika se belangrikste toeristemark.
Dit het in 2014 meer as 73% van die totale toeriste-aankomste en meer as
R50 miljard in inkomste bygedra.
Toerisme is 'n arbeidsintensiewe sektor met 'n toevoerketting wat oor
verskillende sektore strek, en as sodanig is dit 'n prioriteitsektor in die
regering se beplannings- en beleidsraamwerke.
[Aangepas uit South Africa.info, Mei 2016]
4.3.1 Gee EEN rede in die uittreksel hierbo waarom Suid-Afrika as
'n baie gewilde toeristebestemming beskou word. (1)
4.3.2 Identifiseer in die uittreksel hierbo waarom die toeristebedryf as
'n sleutelsektor aangewys is. (1)
4.3.3 Beskryf die term toerisme kortliks. (2)
4.3.4 Gee EEN rede waarom die toeristebedryf teen so 'n vinnige koers
groei. (2)
4.3.5 Hoe kan die toeristebedryf, na jou mening, die arm landelike
gemeenskappe van Suid-Afrika bevoordeel? (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik die doelwitte van die Suid-Afrikaanse mededingingsbeleid. (8)
4.5 Hoe misluk verbruikers as die vernaamste markrolspelers in die beskerming
van die omgewing? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 12 DBE/November 2016
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Die oligopolie is 'n noodsaaklike markstruktuur in 'n vryemarkstelsel.
• Bespreek 'n oligopolie as 'n markstruktuur in besonderhede. (26 punte)
• Verduidelik, met behulp van 'n goed benoemde grafiek, waarom die oligopolis nie
oor prys sal meeding om sy/haar markaandeel te vergroot nie. (10 punte) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Inflasie vind sy oorsprong in die vraag- of aanbodkant van die ekonomie.
• Ondersoek die oorsake van vraag-trek-inflasie in besonderhede. (26 punte)
• Hoe suksesvol was monetêre beleidsmaatreëls in die bekamping van vraag-trek-
inflasie in Suid-Afrika? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper