Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE V2
2016
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all

%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



Economics Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 453.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 2 DBE/2016
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs blou of swart ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 3 DBE/2016
SSE
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.
1.1.1 Watter markstruktuur is hoogs afhanklik van handelsmerklojaliteit?
A Volmaakte mark
B Monopolie
C Monopolistiese mededinging
1.1.2 In 'n monopoliemark is toe- en uittrede …
A totaal geblokkeer.
B relatief beperk.
C volkome vry.
1.1.3 Prysvorming vir die individuele besigheid op die volmaakte mark,
word bepaal deur die ...
A eienaar
B mark
C dominante besigheid
1.1.4 Die produksiefaktore in 'n … mark is volkome beweeglik.
A volmaakte
B onvolmaakte
C semivolmaakte
1.1.5 Giftige chemiese afvalstowwe kan tot 'n hoë … syfer lei.
A geboorte-
B onvrugbaarheids-
C vrugbaarheids-
1.1.6 Toerisme word as 'n … bedryf beskou.
A tegnologies gevorderde
B kapitaalgeoriënteerde
C arbeidsintensiewe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 4 DBE/2016
SSE
1.1.7 Die owerheid kan voorkom dat fauna- en flora-spesies uitsterf deur
die …
A toekenning van eiendomsregte.
B heffing van omgewingsbelastings.
C subsidiëring van fabrieksaanlegte.
1.1.8 'n Toename in verbruiksbesteding sal lei tot ... -inflasie.
A koste-druk
B vraag-trek
C hiper (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Eksplisiete koste A kleinste individuele en onafhanklike
produserende eenheid
1.2.2 Besigheid
B owerheidsingryping om inkome gelyk te
1.2.3 Normale wins herverdeel
1.2.4 Progressiewe C werklike besteding van 'n besigheid soos
belasting die aankoop van grondstowwe, betaling
van lone en rente
1.2.5 Basiese dienste
D Suid-Afrikaanse se Wêrelderfenisterrein
1.2.6 Aardverwarming
E bestaan van 'n verskeidenheid
1.2.7 Bevel en beheer plantspesies
1.2.8 iSimangaliso- F totale inkomste is gelyk aan totale koste
vleilandpark
G verskaf water en sanitasie
H owerheid bepaal aanvaarbare vlakke van
besoedeling
I klimaatsverandering wat die hele wêreld
beïnvloed
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 5 DBE/2016
SSE
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die wins wat 'n besigheid maak wat meer as die normale wins is
1.3.2 Die koste wat die gemeenskap aangaan
1.3.3 'n Deel van die ekonomie wat dieselfde soort goedere en dienste
produseer
1.3.4 Wanneer Suid-Afrikaners binne die grense van die land reis
1.3.5 'n Stel kulturele en tradisionele vaardighede wat om 'n spesifieke
gemeenskap ontwikkel is
1.3.6 Pryse van goedere en dienste wat deur die owerheid vasgestel
word (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 6 DBE/2016
SSE
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Gee TWEE voorbeelde van merietegoedere. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom sal uitset in die goederemark styg wanneer besighede in
die volmaakte mark 'n ekonomiese wins maak? (2)
2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOE SUID-AFRIKAANSE BESIGHEDE DIE LAND ARM HOU
Suid-Afrika het heeltemal te veel monopolieë, byvoorbeeld Eskom wat as 'n
natuurlike monopolie beskou word. Daar is slegs een mededinger in die
mark. Party pryse in Suid-Afrika is dus baie hoër as wat hulle veronderstel is
om te wees. Die gehalte van goedere en dienste is laer en sommige van
hierdie maatskappye is minder oorspronklik en doeltreffend as wat hulle in
die geval van meer mededingende omgewings sou gewees het.
[Aangepas uit www.moneyweb.co.za]
2.2.1 Identifiseer TWEE belangrike probleme wat Suid-Afrika met
monopolieë in die uittreksel hierbo ondervind. (2 x 1) (2)
2.2.2 Waarom word Eskom as 'n natuurlike monopolie beskou? (2)
2.2.3 Wat voorkom dat monopolieë uitermate hoë pryse vra? (2)
2.2.4 Hoe het die implementering van 'n antimonopolistiese beleid
Suid-Afrika bevoordeel? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 7 DBE/2016
SSE
2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VOLMAAKTE MEDEDINGING – DIE INDIVIDUELE BESIGHEID
Prys
Koste MK
Inkomste
C
GK
GVK
B
50 GI/P
A
30
Hoeveelheid
50 60 90
2.3.1 Identifiseer die marginale-inkomste-kromme in die grafiek hierbo. (1)
2.3.2 Watter kromme staan ook as die aanbodkromme bekend? (1)
2.3.3 Hoekom sal die individuele besigheid nie meer as 60 eenhede
produseer nie? (2)
2.3.4 Hoe verskil die markvraagkromme van die kromme van die
individuele besigheid? (2)
2.3.5 Wat is die betekenis van punt A? (2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen die aard van die produk onder monopolistiese mededinging
en onder die monopolie. (2 x 4) (8)
2.5 Verduidelik, met behulp van 'n netjies benoemde grafiek, hoe 'n negatiewe
eksternaliteit tot die wantoedeling van hulpbronne sal lei. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 8 DBE/2016
SSE
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE tipes toerisme. (2 x 1) (2)
3.1.2 Watter uitwerking sal chemiese besoedeling op landbougrond in
Suid-Afrika hê? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INFLASIE IN SUID-AFRIKA
JAAR VERBRUIKERSPRYSINDEKS INFLASIEKOERS
2010 100 -
2013 105,4 5,4
2015 111,0 (A)
[Bron: www.statisticssouthafrica.org.za]
3.2.1 Watter ekonomiese aanwyser word gebruik om die inflasiekoers te
bepaal? (1)
3.2.2 Watter jaar word tans deur die SARB as basisjaar gebruik? (1)
3.2.3 Waarom sou die inflasiekoers in 2013 deur die Monetêre
Beleidskomitee as aanvaarbaar beskou geword het? (2)
3.2.4 Waarom sal 'n verlaging in persoonlike inkomstebelasting die
inflasiekoers verhoog? (2)
3.2.5 Bereken die inflasiekoers vir 2015 (A). Toon ALLE berekeninge. (4)
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE SWAK RAND KAN SUID-AFRIKA SE TOERISME BEVOORDEEL
Suid-Afrika se geldeenheid het sy laagste vlak sedert 2001 bereik. Dit is goeie
nuus vir internasionale toeriste wat voordeel uit 'n baie gunstige wisselkoers
kan trek om Suid-Afrika te besoek. Suid-Afrika bied nou, meer as ooit, goeie
waarde vir geld en het een van die beste vakansiebestemmings vir
internasionale reisigers geword.
Suid-Afrika bied vakansiemoontlikhede wat by elke sak en voorkeur pas.
Reisigers het te veel om van te kies ten opsigte van hotel- en safari lodge-
akkommodasie, restaurante wat plaaslike en internasionale kookkuns bied,
toegang tot die Groot Vyf-wild en skouspelagtige, asemrowende natuurskoon.
[Bron: www.eturbonews.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 9 DBE/2016
SSE
3.3.1 Identifiseer TWEE goedere of dienste waarop toeriste geld in Suid-
Afrika kan spandeer in die uittreksel hierbo. (2 x 1) (2)
3.3.2 Verduidelik die begrip toerisme. (2)
3.3.3 Hoe beïnvloed 'n swakker rand die Suid-Afrikaanse toeris? (2)
3.3.4 Hoe kan 'n toename in toerisme Suid-Afrikaanse huishoudings
bevoordeel? (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik die uitwerking van 'n toename in toerisme op armoede. (4 x 2) (8)
3.5 Hoe kan die mark gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te verseker?
(4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 10 DBE/2016
SSE
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Gee TWEE redes vir 'n koste-voordeel-ontleding. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan onderwys gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid in
Suid-Afrika te verseker? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'N OLIGOPOLISTIESE KLEINHANDELBEDRYF
Die Suid-Afrikaanse kleinhandelsbedryf is die grootste in die sub-Sahara-
streek en word as die 20ste grootste kleinhandelmark in die wêreld beskou.
Dit is min of meer 'n oligopolistiese mark met vyf Suid-Afrikaanse
maatskappye, naamlik Shoprite, Pick n Pay, Spar, Massmart en Metcash, wat
80% van die kleinhandelverkope verteenwoordig. Informele kleinhandel vorm
die ander 20%.
Informelekleinhandelsbegrippe wissel van tavernes (sjebiens) tot
snoepwinkels (kleinhandelaars wat kos verkoop). Spazas of
kleinhandelwinkels wat meestal van die huis bedryf word, maak 'n groot
verskil in die plaaslike kleinhandelarena deur voedsel en nie-voedselprodukte
aan te bied. Smouse, straatstalletjies, kitskos, kioske en wegneemkos vorm
deel van die informelemark-kleinhandelaars.
[Aangepas uit www.thomaswhite.com]
4.2.1 Gee TWEE voorbeelde van informele kleinhandelaars in Suid-
Afrika in die uittreksel hierbo. (2 x 1) (2)
4.2.2 Verduidelik die begrip oligopolie. (2)
4.2.3 Hoe kan Shoprite die pryse van hul goedere beïnvloed sonder om
'n kartel te vorm? (2)
4.2.4 Hoe vergroot die vyf grootste Suid-Afrikaanse maatskappye hul
markaandeel in die ekonomie? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 11 DBE/2016
SSE
4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OMGEWING
[Bron: www.google.co.za]
4.3.1 Beskryf die ekonomiese boodskap wat in die spotprent hierbo
uitgebeeld word. (2)
4.3.2 Noem enige EEN negatiewe kwessie wat deel vorm van die
huidige toestand van die omgewing. (2)
4.3.3 Verduidelik die begrip bewaring. (2)
4.3.4 Verduidelik hoe klimaatsverandering tot 'n daling in produksie in
jou gemeenskap kan lei. (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik die langtermynewewig van 'n besigheid onder volmaakte
mededinging. (4 x 2) (8)
4.5 Wat het wêreldwyd tot 'n toename in toerisme bygedra? (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 12 DBE/2016
SSE
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Differensieer/Verduidelik/ Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/ Maks. 10
Evalueer/Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/ Gebruik die
gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/
Lei af/Vergelyk/Verduidelik/ Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• 'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Owerhede gebruik verskillende instrumente tot hul beskikking om markmislukking reg
te stel of te beperk.
• Teken 'n duidelik benoemde grafiek wat die gevolge van owerheidsinmenging in
die mark vir elk van die volgende verduidelik:
o Maksimum pryse (maksimum 13 punte)
o Belastingheffing (maksimum 13 punte) (26)
• Na jou mening, hoe het die implementering van minimum lone die werker in
Suid-Afrika bevoordeel? (10)
[40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Die impak van inflasie op die ekonomie kan dikwels vernietigend wees.
• Ondersoek die maatreëls om inflasie te beheer. (26)
• Wat is die impak van inflasie op die individuele belastingbetaler? (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P2 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2015 Question Paper (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo (English)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper