Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE V1
2016
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 402.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC June Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1The role of the public sector16 marks
- Question 1.2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier8 marks
- Question 1.3South African economic and social indicators6 marks
- Question 2The role of the public sector40 marks
- Question 3The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
- Question 4South African economic and social indicators40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B - inspuitings
1.1.2 C - ekstrapolasie
1.1.3 A - Internasionale Monetêre Fonds
1.1.4 B - mediumtermyn-bestedingraamwerk
1.1.5 B - fiskale
1.1.6 B - ekonomiese groei
1.1.7 A - Uitgebreide Openbarewerkeprogram
1.1.8 A - goeie onderwys (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 G - wanneer lekkasie meer is as inspuitings
1.2.2 F - vergelyk 'n land se invoerpryse met uitvoerpryse deur gebruik
te maak van 'n indeks
1.2.3 D - maak korttermyn fluktuasies in ekonomiese data gelyk
1.2.4 H - afwesigheid van hindernisse en beperkings
1.2.5 I - deur die Reserwebank bestuur
1.2.6 E - verskaf goedere en dienste spoedig en in die verlangde
hoeveelhede en kwaliteit
1.2.7 A - staan ook as die arbeidsmag bekend
1.2.8 B - bestaan uit besighede wat soortgelyke produkte produseer
(8 x 1) (8)
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Finansiële Rekening
1.3.2 Huishoudings/Verbruikers
1.3.3 Globalisering / Internasionale handel /
buitelandse handel / globale ekonomie
1.3.4 Infantiele mortaliteit/kindermortaliteit/kindersterftes
1.3.5 Korridors
1.3.6 Begroting (hoofbegroting/nasionale begroting)/Fiskale beleid
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING A
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem TWEE makro-ekonomiese doelwitte van die staat.
• Ekonomiese groei
• Volle indiensneming
• Wisselkoersstabiliteit / Betalingsbalans stabiliteit
• Prysstabiliteit
• Ekonomiese gelykheid
(Aanvaar enige verduideliking van die bogenoemde doelwitte)
(2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe kan die Reserwebank rentekoerse gebruik om die
ekonomie te stimuleer?
Deur rentekoerse te verminder word krediet meer toeganklik en
sal lei tot groter besteding wat ekonomiese aktiwiteite sal
vermeerder
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Watter instelling het die inligting in die grafiek hierbo
gepubliseer?
Statistiek SA / Stats SA / SSA (1)
2.2.2 In watter kwartaal van 2014 het Suid-Afrika 'n positiewe
verandering in die BBP ervaar?
Tweede kwartaal (1)
2.2.3 Wat is die implikasies van onlangse tendense in die BBP wat
plaasgevind het tussen 2011 en 2014?
Implikasies is:
• 'n Daling in die groeikoers () beteken: Minder is
geproduseer
• Afname in die inkomste van ondernemings
• Afleggings/werksverliese/werkloosheid neem toe
• Daling in die inkomste van werkers
• Laer lewenstandaard / toename in armoede
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
Enige (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/2016
SSE – Memorandum
2.2.4 Verduidelik die belangrikheid van die BBP as ekonomiese
aanwyser.
• Dui die ekonomiese aktiwiteit binne ‘n land aan
• Meet ekonomiese groei van een jaar na die volgende
• Bepaal die lewenstandaard in ‘n land
• Verge;yk welvaartsvlakke tussen lande
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
(Aanvaar ook die omgekeerde effek) Enige (2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer TWEE parastatale (SBO's) in die uittreksel.
• Eskom
• Sanral
• Suid-Afrikaanse Lugdiens Enige (2 x 1) (2)
2.3.2 Verduidelik die begrip privatisering.
Staatsbeheerde besighede word oorgedra na privaatsektor
(Aanvaar enige korrekte relevante respons) (2)
2.3.3 Hoe hou die swak finansiële welstand van die parastatale
(SBO's) 'n bedreiging in vir die Suid-Afrikaanse ekonomie?
• Hulppakkette wat aan parastatale betaal word verhoog
staatsuitgawes waarvoor daar gewoonlik nie begroot was nie
• Swakker ekonomiese groei lok nie investering en nuwe projekte
nie
• Hoër loonooreenkomste mag lei tot hoër inflasie
(Aanvaar enige korrekte relevante respons) Enige (1 x 2) (2)
2.3.4 Verduidelik hoe die privatisering van die Staatsbeheerde
Ondernemings/Ondernemings in staatsbesit (SBO's) ons
fiskale toekoms kan verseker.
• Inkomste gegenereer deur privatisering is nou addisionele
fondse vir die staat
• Die belastingbasis sal uitkring, wat ‘n groter inkomste vir die
staat sal genereer
• Dit kan lei tot ‘n groter doeltreffendeid in die ekonomie omdat
daar meer geld beskikbaar is vir nuwe projekte / verminder
skuld
• Die staat kan privatisering gebruik om breë-basis-swart
ekonomiese bemagtiging te bevorder
(Aanvaar enige korrekte relevante respons) Enige (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/2016
SSE – Memorandum
2.4 Onderskei tussen leidende en sloerende aanwysers.
Leidende aanwysers:
• Gee die verbruikers, besighede en die staat 'n idee van die rigting waarin
die ekonomie besig is om te beweeg
• Wanneer die aanwysers styg, sal die vlak van ekonomiese bedrywighede
ook 'n paar maande ook/die draaipunt lei na die verwysende draaipunt
• Voorbeelde van leidende aanwysers is advertensiespasie vir poste,
voorraad en verkope (Maks 4)
Sloerende aanwysers:
• Verander nie van rigting voordat die sakesiklus nie van rigting verander het
nie / die verwysende draaipunt lei na die spesifieke draaipunte
• Dit bevestig die gedrag van die leidende aanwysers
• Voorbeelde van die aanwysers is: ure gewerk in die konstruksiebedryf en
die totale aantal kommersiële voertuie verkoop
(Aanvaar in tabelvorm)
(‘n Maksimum van 1 punt word vir ‘n voorbeeld per aanwyser toegeken)
(Maks 4) (8)
2.5 Hoe kan ondoeltreffendhede (oneffektiwiteit) wat bydra tot
openbaresektor-mislukking opgelos word?
• Belastingbetalersgeld kan gebruik word om die optimale toedeling van
hulpbronne te verseker Bv. subsidies op meriete aan universiteite om
studentefooie laag te hou
• Die beskerming van bedrywe van strategiese belang Bv. die
tekstielbedryf wat arbeidsintensief is
• Monitor die besteding van staatsfondse op begrotingsverwante
welsynsdienste om nepotisme en korrupsie te voorkom
• Stel strukture en beleide in plek om toe te sien dat die omgewing bewaar
en beskerm word deur direkte optrede Bv. die aanstel van meer
sekuriteitsbeamptes om te voorkom dat diere soos bv. renosters uitsterf
• Om om te gee vir die omgewing op 'n meer indirekte manier deur Bv.
Programme om gemeenskappe meer bewus te maak van die toestand
waarin die omgewing is Bv. meer omgewingsprogramme op TV en
voetsoolvlak
• Menseregte moet gehandhaaf word om samewerking op alle vlakke te
verseker
(Aanvaar oplossings wat met burokrasie, onbevoegdheid en korrupsie
verband hou)
(Aanvaar enige korrekte relevante respons)
(‘n Maksimum van 2 punte word vir voorbeelde toegeken) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Noem TWEE regstellende metodes wat deur die staat gebruik
word om die ongelykhede van die verlede aan te spreek.
• Gelyke Indiensneming / regstellende aksie
• Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging
• Grondrestitusie en -herverdeling
(Aanvaar enige korrekte relevante respons)
(Aanvaar verduidelikings van die bogenoemde) Enige (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe word die ontwikkelende lande deur globalisering
uitgedaag?
• Uitputting van hulpbronne
• Onregverdige kompetisie in die internasionale markte
• Die vraag na ongeskoolde arbeid neem af
• Die armes word armer
• ‘n Verlies van nasionale identiteit
(Aanvaar enige korrekte relevante respons) Enige (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Gee EEN rede vir die dalende staalprys.
• Goedkoop invoere
• Devaluasie van China se geldeenheid
• Gereelde kragonderbrekings
• Gewelddadige nywerheidsoptrede
• Onvoldoende infrastruktuur
• Stygende produksiekoste (1)
3.2.2 Wie is Afrika se grootste staalprodusent?
ArcelorMittal (1)
3.2.3 Waarom dink jy het China sy geldeenheid gedevalueer?
• Om uitvoervolumes hoog te hou
• Om die plaaslike produksie te stimuleer
• Ondersteun ekonomiese groei
• Skepping van nuwe werksgeleenthede
(Aanvaar enige korrekte relevante respons) Enige (1 x 2) (2)
3.2.4 Wat is die gevolg van die devaluasie van China se
geldeenheid op die staalbedryf in Suid-Afrika?
• Die vraag na ons staal het gedaal
• Verlies aan wins
• Afleggings / werksverliese
(Aanvaar enige korrekte relevante respons) Enige (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/2016
SSE – Memorandum
3.2.5 Na jou mening wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om
die negatiewe effek van die staalkrisis te verminder?
• Om tariewe in te stel op sekere staalprodukte
• Om die kwessie tussen die staalbedryf en arbeid te fasiliteer om
die skaal van afleggings te beperk
• Om Eskom se kapasiteit om elektrisiteit te lewer te verhoog
• Om die staalbedryf te subsidieer vanweë sy strategiese
belangrikheid en die arbeidsintensiewe aard daarvan
(Aanvaar enige korrekte relevante respons) Enige (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer EEN land wat deel vorm van BRICS.
• Brasilië
• Rusland
• Indië
• China
• Suid-Afrika (1)
3.3.2 Watter lidland stel belang om met Suid-Afrika 'n kernkrag
ooreenkoms aan te gaan?
Rusland (1)
3.3.3 Verduidelik die begrip ontluikende ekonomieë.
• Ontwikkelende lande wat aanloklik is vir beleggers vanaf
ontwikkelde ekonomieë om vaste- en portefeuljebeleggings te
maak
• Ontwikkelende lande wat vinnig op koers is met industrialisasie
en ekonomiese groei
(Aanvaar enige ander korrekte definisie) (2 x 2) (4)
3.3.4 Hoe kan Suid-Afrika uit die Nuwe Ontwikkelingsbank BRICS
voordeel trek?
• Verkry toegang tot fondse vir infrastruktuur en ontwikkeling
• Sal toegang hê tot geskikte en volhoubare ontwikkelingsprojek-
te
• Verkry toegang tot fondse teen gunstige rentekoerse
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/2016
SSE – Memorandum
3.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.
Ekonomiese Groei
• 'n Toename in die produktiewe kapasiteit van die ekonomie oor tyd
• Dit is 'n toename in die reële BBP
• Fokus op goedere en dienste
Ekonomiese ontwikkeling
• Die proses waartydens die lewenstandaard van mense verbeter
• Dit word gemeet in die BBP per capita
• Fokus op die bemagtiging van mense
(Aanvaar in tabelvorm) Enige (2 x 4) (8)
3.5 Hoe kan spesiale ekonomiese sones (SES's) bydra tot
streeksontwikkeling?
• Bevorder die nuwe program deur die gebruik om streke in 'n
gediversifiseerde geïndustrialiseerde ekonomie te omskep
• Vestiging van nuwe nywerheidsmiddelpunte in onderontwikkelde gebiede
van die land
• Die program is kritiek vir die staat se strategiese doelwitte, vir
industrialisasie, streeksontwikkeling en werkskepping
• Dit sal Suid-Afrika se gewildheid as 'n bestemming vir Vaste Direkte
Investering asook binnelandse investering verbeter
• Bied ‘n groter moontlikheid van streeksontwikkeling omrede dit nie
gekoppel word aan ‘n bepaalde lughawe of hawe nie
• SEZ akkomodeer die buitelandse mark vir goedere en dienste sowel as
die binnelandse mark
• Die spesiale belastingvoordeel bied meer geleenthede vir die vestiging
van industrieë
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE & EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem TWEE metodes van invoervervanging.
• Tariewe
• Kwotas
• Subsidies
• Buitelandse valuta beheer
• Fisiese beheerstandaarde bv. handelsverbod
• Wegwysing van handel bv. invoerdeposito’s (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom is nywerheidsontwikkeling noodsaaklik in Suid-
Afrika?
• Genereer inkomste – Bedrywe kan duisende werks-
geleenthede skep waar 'n inkomste ontvang kan word
• Stimuleer ekonomiese groei – Nywerheidsontwikkeling sal 'n
styging in die produksie van goedere en dienste verseker
• Skep meer werksgeleenthede – Arbeidsintensiewe nywerhede
sal baie nuwe werksgeleenthede bied
• Vermeerder die uitvoer van waarde-toegevoegde-produkte
– Nywerhede kan waarde toevoeg tot die groot verskeidenheid
van natuurlike hulpbronne wat ons in die land het
Enige (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Na watter belastingskaal word in die opskrif van die uittreksel
verwys?
Progressiewe (1)
4.2.2 Watter belangrike element van regstellende aksie kom in die
uittreksel voor?
Regstelling van ongelykheid in inkome/armoede (1)
4.2.3 Verduidelik die negatiewe uitwerking van hoë belastingkoerse.
• Belastingbetalers ontwikkel 'n belastingweerstandigheid
• Ontduiking / Vermyding van belasting
Ontmoedig mense om:
• Tot die arbeidsmark toe te tree
• Bevorderings te aanvaar
• Langer ure te werk
(Aanvaar enige korrekte relevante respons) Enige (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/2016
SSE – Memorandum
4.2.4 Bereken die belasting betaalbaar van 'n persoon met 'n
belasbare inkomste van R200 000 per jaar. Toon AL die
berekeninge.
R32 742 plus (R18 100 X 26%) = R 4 706
Totale belasting betaalbaar = R 37 448 (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Watter internasionale instelling het volgens die uittreksel
hierbo die data voorsien?
Wêreldbank (1)
4.3.2 Wanneer het inkome ongelykheid in Suid-Afrika drasties begin
styg?
2009 (1)
4.3.3 Watter indeks beskryf die persentasie van die bevolking wat
onder die armoedegrens-inkomste lewe?
Koptellingsindeks (2)
4.3.4 Gee 'n rede waarom armoede in Suid-Afrika tussen 2000 en
2006 afgeneem het.
• Toename in welsynstoelae
• Toename in die informele sektor
• Implementering van vaardigheidsontwikkelingsprogramme (2)
(Aanvaar enige korrekte relevante respons)
4.3.5 Wat is die verband tussen die Lorenz-kromme en die Gini-
koëffisiënt?
• Hoe verder die Lorenz kurwe is van die lyn van perfekte
gelykheid (hoe groter die inkome ongelykheid) hoe groter die
Gini Koëffisient
• Hoe nader die Lorenz kurwe is aan die lyn van perfekte
gelykheid (hoe kleiner is die inkome ongelykheid) hoe kleiner
die Gini Koëffisiënt (2 x 2) (4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/2016
SSE – Memorandum
4.4 Onderskei tussen die geld-en kapitaalmarkte.
Geldmark
• Termyn: Korttermynlenings en baie korttermynfondse
• Wie dryf handel in die mark: Individue en sakeondernemings
• Voorbeelde: Banke, Versekeringsmaatskappye
• Produkte: Banksekuriteite, staatskiswissels en staatseffekte word
verhandel (Maks 4)
Kapitaalmark
• Termyn: Langtermynfondse
• Wie dryf handel in die markte: Individue en sakeondernemings
Voorbeelde: Die Johannesburgse Sekuriteitebeurs is 'n sleutelinstelling in
die kapitaalmark
• Produkte: Bv. verbandlenings en aandele word verhandel
(Aanvaar in tabelvorm) (Maks 4) (8)
4.5 Na jou mening hoe kan die Suid-Afrika se monetêre beleid tot 'n groter
ekonomiese groeikoers bydra?
• Die Reserwebank moet die waarde van die rand beskerm deur pryse te
stabiliseer binne die inflasieteikens wat direkte vaste investering sal
aanmoedig
• 'n Laer inflasiekoers sal lei tot laer pryse/maklike beskikbaarheid van
krediet sal besteding en produksie aanmoedig, en die toename in
plaaslike produksie sal die tekorte op die betalingsbalans verminder
• Deur die uitvoere van plaaslike produkte te bevorder kan die tekorte op
die saldo op die lopende rekening verminder word
• Die Reserwebank kan die Repokoers verlaag - daardeur die toegang tot
krediet vergemaklik / die geldvoorraad vermeerder
• Die styging in plaaslike produksie sal die wisselkoers stabiliseer wat die
invloei van kapitaal van ander lande sal aanmoedig en wat uiteindelik
plaaslike produksie verder sal stimuleer
(Die verband tussen enige monetêre beleidsinstrument bv.
opemarktransaskies en ‘n hoër groeikoers moet bepunt word)
(Enige 4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING C
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
‘n Goeie beginpunt sal ‘n definisie oor die onderwerp wees.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek
en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/ Lei af / Vergelyk/
Verduidelik / Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder om enige feite wat
reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
In die wêreldekonomie streef lande daarna om meer uit te voer as wat hulle
invoer om die voordele van internasionale handel te maksimaliseer.
• Ondersoek die aanbodredes vir internasionale handel. (26 punte)
• Gebruik 'n grafiek en verduidelik hoe 'n styging in uitvoere na die VSA die
waarde van die rand sal beïnvloed. (10 punte) [40]
INLEIDING
Daar is baie redes vir internasionale handel, omdat lande 'n surplus van sekere
goedere en 'n tekort aan ander goedere beleef, en hulle handeldryf om hierdie
onewewigtighede uit te skakel
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (Maks 2)
HOOFGEDEELTE:
LIGGAAM
Natuurlike hulpbronne
• Hierdie hulpbronne is nie eweredig tussen al die lande van die wêreld versprei
nie
• Dit wissel van land tot land en kan slegs ontgin word in plekke waar hierdie
hulpbronne voorkom
• Suid-Afrika is goed bedeeld met verskillende natuurlike hulpbronne maar minder
bedeeld met geskoolde arbeid en kapitaal
• Japan en Ierland het 'n relatiewe oorskot van geskoolde arbeid maar 'n tekort aan
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 13 DBE/2016
SSE – Memorandum
natuurlike hulpbronne
Arbeidsbronne
• Arbeid verskil van land tot land in terme van vaardighede, kennis, opleiding,
kwaliteit, kwantiteit en koste
• Sommige lande het hoogs geskoolde, goedbetaalde werkers met hoë
produktiwiteitsvlakke
• Bv. Switserland
Die beskikbaarheid van kapitaal
• Sommige lande benodig gemoderniseerde industrieë en ekonomieë met gevorderde
masjinerie, toerusting en aanlegte, maar kan nie hierdie toerusting vervaardig nie te
wyte aan 'n gebrek aan kapitaal
• Dit het die behoefte vir internasionale handel verhoog
Gebrek aan entrepreneurskap
• Lande met goeie entrepreneuriese vaardighede lewer meer goedere en dienste om
te verhandel
• Doeltreffendheid bepaal die aanbod van goedere en dienste geproduseer teen laer
pryse, en verminder die geleentheidskoste om dit te bekom
Klimaatstoestande
• Hierdie toestande maak dit moontlik vir sommige lande om sekere goedere teen 'n
laer prys as ander lande te lewer
• Bv. Brasilië is die grootste koffie produsent
• Lande het verskillende klimaatstoestande en is dus in staat om verskillende
produkte te produseer
Tegnologiese hulpbronne
• Die ontwikkelingsvlakke en innovasieprosesse (inisiatief) van lande sal altyd verskil
en gevolglik het ander lande dit in oorvloed terwyl sekeres niks het nie
• Lande soos Duitsland en die Verenigde State is in staat om kapitaal te gebruik wat
hoë vlakke van tegnologie insluit terwyl ander lande nie toegang tot die nuutste
tegnologie het nie
• Hierdie lande met 'n hoë tegnologies-ontwikkelde arbeidsmag is in staat om sekere
goedere en dienste teen 'n lae eenheidskoste te produseer
• Bv. VSA en Duitsland
Spesialisasie
• Die produksie van sekere goedere en dienste stel sekere lande in staat om dit teen
'n laer koste as ander lande te produseer
• Bv. Japan produseer elektroniese goedere en verkoop hulle teen 'n laer prys
• Internasionale handel stel lande in staat om te spesialiseer in die produksie van
goedere en dienste waarin hulle 'n komparatiewe voordeel bo ander het
• Meeste van hierdie surplusproduksie word uitgevoer na ander lande en die inkomste
verdien uit hierdie uitvoere kan gebruik word om invoer van uitsette uit ander lande
te finansier (Maks. 26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 14 DBE/2016
SSE – Memorandum
ADDISIONELE GEDEELTE
GRAFIEK:
V2 A
Dollar per rand (US$/R)
Punte toegeken vir grafiek:
V1
• Benoeming van/op asse =1
• Vraag- en aanbodkurwes =1
.062 • Beweging van vraagkurwe =2
• Beweging van prys =1
.060
• Beweging van hoeveelheid gevra = 1
Maksimum: 6 punte
V2
V1
A
0
50 52
Hoeveelheid rand (miljard)
VERDUIDELIKING:
• 'n Styging in uitvoere na die VSA sal lei tot 'n groter vraag na die rand van V 1 tot
V 2
• Die hoeveelheid rand gevra styg van 50 tot 52bn
• Die prys van die rand in terme van die dollar styg van .060 dollar per rand tot
.062 dollar per rand Maks (3 x 2)
(Aanvaar enige korrekte relevante verduideliking) (Maks 10)
Let op: Indien kandidate die asse merk as prys van dollar in terme van rand. Bv.
1$ = R15, sal daar ‘n verskuiwing van die aanbodkurwe na regs wees, wat die
waarde van die dollar sal laat daal. Dit beteken dat die waarde van die rand sal
toeneem. Hierdie verduideliking moet verband hou met die korrekte grafiek (‘n
toename in die aanbod van dollars en ‘n daling in die prys van dollars – die
waarde van die rand het toegeneem)
GEVOLGTREKKING
Die behoefte aan integrasie sal nooit absoluut wees nie omdat nasies van die wêreld
mekaar nodig het om te oorleef en vir ontwikkelingsdoeleindes
(Aanvaar enige korrekte relevante gevolgtrekking) (Maks. 2) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 15 DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES
Die jaarlikse ontleding van lande se ekonomiese prestasie is baie belangrik. Dit
word deur internasionale instellings en regerings gedoen om te bepaal hoe
lande in vergelyking met ander lande presteer het.
• Ontleed die volgende ekonomiese aanwysers wat gebruik word om die
prestasie van die ekonomie te meet:
Produktiwiteit (10 punte)
Buitelandse handel (16 punte)
• Waarom is vergelykings van lande se ekonomiese prestasie belangrik?
(10 punte) [40]
INLEIDING
Ekonomiese aanwysers is statistiek wat die algemene neigings in die ekonomie toon
en word gebruik om die ekonomiese prestasie van die ekonomie in die toekoms te
voorspel (Maks 2)
(Aanvaar enige korrekte relevante inleiding)
INHOUD
HOOFGEDEELTE
Produktiwiteit
• Dit is moontlik om DRIE soorte produktiwiteit te bereken nl. Arbeid, kapitaal en
multifaktorproduktiwiteit
Arbeidsproduktiwiteit
- is egter die een wat fyn dopgehou moet word, veral in verhouding tot reële
loonstygings
- Bv. In Suid-Afrika styg produktiwiteit minder as arbeidsvergoeding
- Die ekonomie het gevolglik gesukkel om uit 'n resessie te bly
- Arbeidsproduktiwiteit word gemeet deur die reële BBP deur die aantal werkers
in diens te deel
Vergoeding per werker
- As produktiwiteit minder styg as die reële loonstygings, sal inflasiedruk voorkom
- Die verband tussen produktiwiteit en lone is uiters belangrik vir werkgewers en
werkers en daarom is dit belangrike aanwysers
- Vir die werkgewers om te oorleef in erg kompeterende markte
- Vir die werkers om op hul salarisse te oorleef (Maks 10 punte)
(Aanvaar ‘n analise van ander tipes produktiwiteit)
Buitelandse handel
• In ons wêreld wat al meer geglobaliseerd raak, is internasionale handel baie
belangrik
• Uitvoere dien as stimulant vir indiensneming en invoere lei tot 'n wyer keuse by
verbruikers
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 16 DBE/2016
SSE – Memorandum
Die ruilvoet
• Dis die verhouding tussen uitvoerpryse en invoerpryse
• Alhoewel die ruilvoet net in pryse uitgedruk word, sal veranderinge die
hoeveelhede (volume) beïnvloed
• Veranderinge in die ruilvoet dien as 'n aanwyser van veranderinge wat mag
oorspoel op die betalingsbalans
As dit gebeur sal die geldeenheid depresieer of appresieer
Die wisselkoers
• 'n Wisselkoers is die prys van een land se geldeenheid in terme van 'n ander
• land se geldeenheid
• Meeste lande het 'n aantal wisselkoerse, soortgelyk aan die rand
• As die rand appresieer teen die VSA dollar mag dit depresieer teen die euro
• Veranderinge in 'n wisselkoers beïnvloed die pryse van invoere en pryse van
uitvoere bv. 'n depresiasie van die rand teen die dollar sal lei tot VSA
goedere en dienste wat duurder raak plaaslik en verdienste uit uitvoere na die
VSA sal styg, alhoewel die volume dieselfde sal bly en die teenoorgestelde
gebeur as die rand appresieer (Maks. 16 punte)
ADDISIONALE GEDEELTE
• Deur die ekonomiese prestasie van lande te meet aan internasionale standaarde,
kan 'n land se prestasie oor 'n spesifieke aspek gemeet word deur die gebruik van
'n spesifieke aanwyser
• Hierdie vergelyking met ander lande se prestasies rakende dieselfde aspek, word
uitgedruk deur dieselfde aanwyser te gebruik
• Deur Suid-Afrika se prestasie met dié van ander ontwikkelende lande te vergelyk,
waar soortgelyke uitdagings beleef word, maak die vergelyking meer billik en
bruikbaar
• Beleggingsbanke kan hierdie aanwysers gebruik in vooruitskatting op opbrengste
wat verwag kan word as hulle kapitaal in 'n sekere land belê
• Internasionale handel verwag dat betalings gemaak word deur die huidige
wisselkoers te gebruik
• Wisselkoerse sal die werklike bedrae bepaal wat ontvang en betaal word aan en
deur Suid-Afrika – 'n vryswewende wisselkoers word gebruik
• Aanwysers maak dit moontlik vir 'n land om te identifiseer waar hy goed presteer
en waar meer aandag gefokus moet word
• 'n Land kan 'n beter begrip van sy prestasie ontwikkel in spesifieke gebiede en kan
lande identifiseer by wie hulle kan leer
• Ekonomiese- en sosiale aanwysers word op 'n spesifieke manier vir 'n land
saamgestel om hulle in staat te stel om hulp en befondsing van organisasies te
ontvang rakende internasionale handel
• Sulke voordele kan nie aan daardie lande gegee word wat dit versoek sonder dat
hierdie aanwysers beskikbaar is nie
• Die buiteland, owerhede, internasionale instellings en NRO's is wêreldwyd
betrokke by verskeie aktiwiteite, soos die verskaffing van finansiële hulp, betaal
van toelaes, gee van lenings en lewering van gratis dienste
• Menseregte word beklemtoon vir kinders en vroue, arbeidsorganisasies,
geslagsdiskriminasie, rassediskriminasie en misdaad
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 17 DBE/2016
SSE – Memorandum
• Omgewingsaanwysers soos besoedeling, ekosisteem vernietiging, dierspesies
wat wêreldwyd bedreig word, varswaterbronne en ondergrondse water uitputting
• Owerheidsaanwysers wat korrupsie en nepotisme beklemtoon, konstante
dienslewering soos water en energievoorsiening, regsgeldigheid in terme van
arrestasies, vervolgings en skuldigbevindings en gereelde verkiesings
(Maks. 10) (26)
[40]
GEVOLGTREKKING
Vir 'n land om te groei en ontwikkel, is dit krities dat hierdie hulpmiddels in beplanning
en operasionele doeleindes gebruik sal word (Maks. 2)
(Aanvaar enige korrekte relevante respons)
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper