Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE V1
2016
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 534.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1The role of the public sector16 marks
- Question 1.2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier8 marks
- Question 1.3South African economic and social indicators6 marks
- Question 2The role of the public sector40 marks
- Question 3The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
- Question 4South African economic and social indicators40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/2016
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs blou of swart ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/2016
SSE
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.
1.1.1 Inkomste ontvang uit die uitvoer van goedere en dienste, staan
as … bekend.
A lekkasies
B inspuitings
C investering
1.1.2 Vooruitskatting van onbekende data, gebaseer op 'n patroon van
bekende data, staan as … bekend.
A die amplitude
B 'n tendens
C ekstrapolasie
1.1.3 Lande met fundamentele betalingsbalansprobleme kan by die …
om finansiële hulp aansoek doen.
A Internasionale Monetêre Fonds
B Federale Bank
C Reserwebank
1.1.4 Die minibegroting wat oor 'n tydperk van drie jaar strek en in
Oktober elke jaar ter tafel gelê word, staan as die … bekend.
A hoofbegroting
B mediumtermyn-bestedingsraamwerk
C korttermynbegroting
1.1.5 Owerheidsbesteding maak deel uit van die … beleid.
A monetêre
B fiskale
C Reserwebank se
1.1.6 'n Belangrike oogmerk van nywerheidsontwikkeling is om …
A invoere te vermeerder.
B ekonomiese groei uit te brei.
C buitelandse hulp uit te brei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/2016
SSE
1.1.7 Die landswye staatsingrypingsplan om werksgeleenthede vir armes
en kwesbares te skep, staan as die … bekend.
A Uitgebreide Openbarewerkeprogram
B Nywerheidsbeleid-aksieplan
C Strategiese Investeringsprogram
1.1.8 'n Hoë lewenspeil hou direk verband met …
A goeie onderwys.
B lae ekonomiese groei.
C 'n daling in besteding. (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Disekwilibrium A staan ook as die arbeidsmag bekend
1.2.2 Ruilvoet B bestaan uit ondernemings wat soortgelyke
produkte produseer/vervaardig
1.2.3 Bewegende
gemiddeldes C stel die reële vloei in die ekonomie voor
1.2.4 Vryhandel D maak korttermynfluktuasie in ekonomiese
data gelyk
1.2.5 Totale geldvoorraad
E verskaf goedere en dienste stiptelik
1.2.6 Effektiwiteit volgens die verlangde hoeveelheid en
kwaliteit
1.2.7 Ekonomies
bedrywige bevolking F vergelyk 'n land se uitvoerpryse met sy
invoerpryse met behulp van 'n indeks
1.2.8 Nywerheid
G wanneer lekkasies meer as inspuitings is
H afwesigheid van hindernisse en beperkings
I bestuur deur die Reserwebank
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/2016
SSE
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Rekening in die betalingsbalans wat inligting oor beleggings wat
Suid-Afrikaners in ander lande gemaak het, bevat
1.3.2 Primêre deelnemers en eienaars van die produksiefaktore
1.3.3 Die wêreldwye interaksie van ekonomieë
1.3.4 'n Aanwyser wat die aantal babas meet wat voor die ouderdom van
een jaar sterf
1.3.5 Ruimtelike gebiede wat spesifieke voordele aan myne en
besighede langs 'n bepaalde handelsroete bied
1.3.6 Die staat se plan vir inkomste en besteding vir die komende fiskale
jaar (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/2016
SSE
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE makro-ekonomiese doelwitte van die staat. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe kan die Reserwebank rentekoerse gebruik om die ekonomie
te stimuleer? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE BRUTO BINNELANDSE PRODUK
% Verandering
Kwartaal tot kwartaal
6
Jaar tot jaar
4,5%
4
2
0
-2 Nuwe
Nuwe
kwartaal-
kwartaallik
selikse
koers
-4 koers
0,6%
0,6%
-6
-8
2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014
[Bron: Stats SA, Junie 2015]
2.2.1 Watter instelling het die inligting in die grafiek hierbo gepubliseer? (1)
2.2.2 In watter kwartaal van 2014 het Suid-Afrika 'n positiewe
verandering in die BBP ervaar? (1)
2.2.3 Wat is die implikasies van onlangse tendense in die BBP wat
tussen 2011 en 2014 plaasgevind het? (2 x 2) (4)
2.2.4 Verduidelik die belangrikheid van die BBP as ekonomiese
aanwyser. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/2016
SSE
2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PARASTATALE (SBO's) 'N LAS OP SA SE TOEKOMS
Die finansiële welstand van die land se parastatale (staatsbeheerde
ondernemings) is in 'n verknorsing. Hulp wat in die toekoms deur die
parastatale (SBO's) benodig gaan word, is een van die drie hoofbedreigings
vir Suid-Afrika se ekonomie. Die ander twee is ekonomiese groei wat swakker
as verwagting is en openbaresektor-loonooreenkomste wat meer as inflasie
is. Radikale verandering is nodig om ons fiskale toekoms te verseker.
Party mense meen dat privatisering die enigste opsie is. Eskom is die
grootste ontvanger. Dit het tot op hede R350 miljard in waarborge ontvang en
het R144,5 miljard geleen. Die padagentskap, Sanral, het waarborge ter
waarde van R38,9 miljard ontvang en R30,2 miljard daarteen geleen. Die
Suid-Afrikaanse Lugdiens is ook op die rand van bankrotskap.
[Aangepas uit Mail & Guardian, 27 Februarie 2015]
2.3.1 Identifiseer TWEE parastatale (SBO's) in die uittreksel. (2 x 1) (2)
2.3.2 Verduidelik die begrip privatisering. (2)
2.3.3 Hoe bedreig die swak finansiële welstand van parastatale (SBO's)
die ekonomie van Suid-Afrika? (1 x 2) (2)
2.3.4 Verduidelik hoe die privatisering van ondernemings in staatsbesit
(SBO's) ons fiskale toekoms kan beveilig. (2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen leidende en sloerende aanwysers. (2 x 4) (8)
2.5 Hoe kan ondoeltreffendhede (oneffektiwiteite) wat tot openbaresektor-
mislukking bygedra het, opgelos word? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/2016
SSE
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE regstellende metodes wat deur die staat gebruik
word om die wanbalanse van die verlede reg te stel. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe word ontwikkelende lande deur globalisering uitgedaag?
(1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SA STAALNYWERHEID IN KRISIS
ArcelorMittal SA het die jongste slagoffer
van dalende staalpryse en afnemende vraag
geword. Sommige van die redes hiervoor is:
goedkoop invoere, die devaluasie van China
se geldeenheid, gereelde kragonder-
brekings, gewelddadige nywerheidsoptrede,
ontoereikende infrastruktuur en stygende
produksiekoste.
Die staalnywerheid staan voor 'n krisis; die
media praat van 'n werksgeleentheid-
bloedbad, veral in kleiner maatskappye.
Hierdie maatskappye is diep in die skuld en
veg om oorlewing.
[Aangepas uit Business News, 14 Oktober 2015]
3.2.1 Gee EEN rede vir die dalende staalpryse. (1)
3.2.2 Wie is Afrika se grootste staalprodusent? (1)
3.2.3 Waarom, dink jy, het China sy geldeenheid gedevalueer? (2)
3.2.4 Wat was die gevolg van die devaluasie van China se geldeenheid
op Suid-Afrika se staalbedryf? (2)
3.2.5 Na jou mening, wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die
negatiewe gevolge van hierdie krisis te verminder? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/2016
SSE
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Stel jy nog
in ons kernkrag-
ooreenkoms
belang, Jacob?
BRICS-LANDE SAL GELYKE KAPITAALBYDRAES TOT
DIE NUWE ONTWIKKELINGSBANK MAAK
Die Nuwe Ontwikkelingsbank BRICS (NOB BRICS), voorheen die BRICS-
ontwikkelingsbank, is 'n multilaterale ontwikkelingsbank wat deur die BRICS-lande
bedryf word as 'n alternatief tot die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds.
Kapitaalvorming van die Nuwe Ontwikkelingsbank (NOB), waarvan die hoofkantoor in
Sjanghai is, sal gelykop deur die vyf BRICS-lande gedeel word. Die aanvanklike
uitgereikte kapitaal sal VSA$50 miljard wees. Die doel van die bank is om hulpbronne vir
infrastruktuur en volhoubare-ontwikkelingsprojekte in BRICS- en ander ontluikende
ekonomieë en ontwikkelende lande te mobiliseer. Elke deelnemende land hou 'n gelyke
getal aandele en gelyke stemreg, en nie een van die lande sal die vetoreg hê nie.
[Aangepas uit Business News, 16 Oktober 2015]
3.3.1 Identifiseer EEN land wat deel van BRICS uitmaak. (1)
3.3.2 Watter lidland stel daarin belang om 'n kernkragooreenkoms met
Suid-Afrika aan te gaan? (1)
3.3.3 Verduidelik die begrip ontluikende (opkomende) ekonomieë.
(2 x 2) (4)
3.3.4 Hoe kan Suid-Afrika voordeel uit die Nuwe Ontwikkelingsbank
BRICS trek? (2 x 2) (4)
3.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (2 x 4) (8)
3.5 Hoe kan spesiale ekonomiese sones (SES's) tot streeksontwikkeling bydra?
(4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/2016
SSE
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE metodes van invoervervanging. (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom is nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika noodsaaklik?
(1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOE MEER JY VERDIEN, HOE MEER GAAN JY BETAAL
Die minister van finansies het gedurende die 2015/16-begrotingsrede verligting vir laer-
inkomste-verdieners en verhoogde belasting vir hoër-inkomste-verdieners aangekondig.
Byvoorbeeld, mense wat meer as R37 000/maand verdien, gaan meer betaal, terwyl mense
wat minder as dit verdien, in werklikheid effens minder belasting gaan betaal.
In teenstelling betaal 8 500 000 mense wat as belastingbetalers geregistreer is, geen belasting
nie. Maatskaplike toelaes word aan 17 miljoen mense betaal – dit is waarom ons nog 'n lang
pad het om te loop om meer gelykheid in hierdie land te kry.
BELASTINGKOERSE VIR DIE BELASTINGJAAR GEËINDIG 29 FEBRUARIE 2016
BELASBARE INKOMSTE VAN BELASTING BETAALBAAR (R)
INDIVIDUE (R)
0 tot 181 900 18% van belasbare inkomste
181 901 tot 284 100 32 742 + 26% van belasbare inkomste bo 181 900
284 101 tot 393 200 59 314 + 31% van belasbare inkomste bo 284 100
393 201 tot 550 100 93 135 + 36% van belasbare inkomste bo 393 200
550 101 tot 701 300 149 619 + 39% van belasbare inkomste bo 550 100
701 301 en meer 208 587 + 41% van belasbare inkomste bo 701 300
Die belastingdrumpels vir 2015/2016 is:
Belastingbetalers onder die ouderdom van 65 jaar – R73 500
Belastingbetalers van 65 jaar en ouer – R114 500
Belastingbetalers van 75 jaar en ouer – R128 500
[Bron: SAID 2015/16 – Inkomstebelastinghandleiding]
4.2.1 Na watter belastingskaal word in die opskrif van die uittreksel
verwys? (1)
4.2.2 Watter belangrike element van regstelling kom in die uittreksel
voor? (1)
4.2.3 Verduidelik die negatiewe uitwerking van hoë belastingkoerse.
(2 x 2) (4)
4.2.4 Bereken die belasting betaalbaar deur 'n persoon met 'n belasbare
inkomste van R200 000 per jaar. Toon ALLE berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/2016
SSE
4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ARMOEDE EN WELVAARTVERSPREIDING
100% • Volgens Wêreldbankstatistiek het die
90% persentasie Suid-Afrikaners wat onder die
armoedegrens (broodlyn) leef, van
Kumulatiewe % van huishoudings
80% Lyn van perfekte gelykheid 38 persent in 2000 tot 23 persent teen 2006
70% gedaal.
• Inkome-ongelykheid het egter in die
60%
teenoorgestelde rigting beweeg. Suid-Afrika
50% se Gini-koëffisiënt, wat reeds redelik hoog
was – hoofsaaklik as gevolg van die
40%
nalatenskap van apartheid, het aanskou hoe
30% inkome-ongelykheid sedert 2009 drasties
20%
toegeneem het.
Lorenz-kurwei • Suid-Afrika het een van die hoogste koerse
10% van ongelykheid in die wêreld. Terwyl daar
0% tradisioneel baie op ongelykheid tussen
0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100 rasse gefokus is, het ongelykheid in elke
Kumulatiewe % van inkomste rassegroep toegeneem.
[Bron: Wêreldbankverslag 2015]
4.3.1 Watter internasionale instelling het die data verskaf in die
uittreksel? (1)
4.3.2 Wanneer het inkome-ongelykhede in Suid-Afrika drasties begin
styg? (1)
4.3.3 Watter indeks beskryf die persentasie van die bevolking wat onder
die armoedegrens(broodlyn)-inkomste lewe? (2)
4.3.4 Gee 'n rede waarom armoede in Suid-Afrika tussen 2000 en 2006
afgeneem het. (2)
4.3.5 Wat is die verband tussen die Lorenz-kurwe en die Gini-
koëffisiënt? (2 x 2) (4)
4.4 Onderskei tussen die geldmark en die kapitaalmark. (2 x 4) (8)
4.5 Na jou mening, hoe kan Suid-Afrika se monetêre beleid tot 'n groter
ekonomiese groeikoers bydra? (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/2016
SSE
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer
Maks. 10
krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/ Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder om enige feite wat reeds
genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
In die wêreldekonomie streef lande daarna om meer uit te voer as wat hulle invoer om
die voordele van internasionale handel te maksimaliseer.
• Ondersoek die aanbodredes vir internasionale handel. (26)
• Gebruik 'n grafiek en verduidelik hoe 'n styging in uitvoere na die VSA die waarde
van die rand sal beïnvloed. (10)
[40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Die jaarlikse ontleding van lande se ekonomiese prestasie is baie belangrik. Dit word
deur internasionale instellings en regerings gedoen om te bepaal hoe lande in
vergelyking met ander lande presteer het.
• Ontleed die volgende ekonomiese aanwysers wat gebruik word om die prestasie
van die ekonomie te meet:
Produktiwiteit (maksimum 10 punte)
Buitelandse handel (maksimum 16 punte) (26)
• Waarom is vergelykings van lande se ekonomiese prestasie belangrik? (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2016 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper