Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE V1
2015
PUNTE: 150
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all

%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



Economics Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 501.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1.1The role of the public sector16 marks
- Question 1.2The role of the public sector8 marks
- Question 1.3The foreign exchange market and the balance of payments accounts6 marks
- Question 2The role of the public sector40 marks
- Question 3South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice40 marks
- Question 4Business cycles and forecasting40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/2015
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs blou of swart ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/2015
SSE
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.
1.1.1 Wanneer die bruto binnelandse produk (BBP) bereken word, word
slegs die waarde van ... goedere en dienste in berekening gebring.
A finale
B onbewerkte
C intermediêre
1.1.2 'n Voorbeeld van 'n fiskale beleidsinstrument is ...
A geldvoorraad.
B owerheidsbesteding.
C rentekoerse.
1.1.3 Ondernemings in staatsbesit word ook ... genoem.
A parastatale
B die privaat sektor
C die korporatiewe sektor
1.1.4 'n Styging in die waarde van 'n geldeenheid as gevolg van vraag
en aanbod staan as ... bekend.
A appresiasie
B revaluasie
C depresiasie
1.1.5 Nuutgestigte industrieë word dikwels ... industrieë genoem.
A gevestigde
B suigeling-
C ontwikkelde
1.1.6 Arbeid as 'n produksiefaktor word ... genoem.
A menslike ontwikkeling
B menseregte
C menslike kapitaal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/2015
SSE
1.1.7 NBAP is ontwerp om industrialisasie in die ...-sektor te verhoog.
A dienste
B landbou
C vervaardiging
1.1.8 Die verhouding tussen goedere en dienste wat geproduseer is en
die hulpbronne wat gebruik is om dit te produseer, staan as ...
bekend.
A produktiwiteit
B produksie
C doeltreffendheid (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Faktormark A menslike hulpbronne wat tot
maksimum kapasiteit gebruik word
1.2.2 Kuznets-siklus
B geen hindernisse of beperkings in
1.2.3 Volle indiensneming wȇreldhandel nie
1.2.4 Buitelandse reserwes C waar arbeid, entrepreneurskap, grond
en kapitaal verhandel word
1.2.5 Vraagkantbenadering
D word veroorsaak deur veranderinge
1.2.6 Vryhandel in die bou- en konstruksiebedryf
1.2.7 Strategiese E kontantaansporings vir besighede in
Investeringsprogram inligtingstegnologie
1.2.8 Verbruikersprysindeks F hooflyn-inflasie
G al die geldeenhede van ander lande
wat in die Suid-Afrikaanse
Reserwebank se besit is
H inflasie-aanwyser op produsentevlak
I die gebruik van fiskale beleid om
besteding in die ekonomie te
stimuleer
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/2015
SSE
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die verhouding tussen die invoer- en uitvoerindekse
1.3.2 Uitbreiding en inkrimping in die vlak van ekonomiese aktiwiteite
1.3.3 'n Plek of meganisme waardeur kopers en verkopers ontmoet om
sake te doen
1.3.4 Die plan wat die staat se beraamde inkomste en uitgawes vir 'n
spesifieke jaar bevat
1.3.5 Die staat se ingrypingsprogram wat daarop gemik is om
werksgeleenthede te skep deur arbeidsintensiewe metodes te
gebruik
1.3.6 'n Handelsbeleid waardeur die staat aansporings en subsidies
gebruik om Suid-Afrikaanse besighede aan te moedig om aan
ander lande te verkoop (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/2015
SSE
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE metodes om die groottotale van nasionale rekeninge
te bereken. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is die BNP-syfers in Suid-Afrika oor die algemeen laer as
die BBP-syfers? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE LOPENDE REKENING
ITEM 2011 2012 2013
Goedere-uitvoere (vry aan boord) 714 466 743 811 853 715
Netto gouduitvoere 75 298 71 050 63 887
Dienste-ontvangste 107 825 124 332 136 751
Inkome-ontvangste 38 118 48 501 64 441
Min: Goedere-invoere (vry aan boord) 742 679 854 439 991 186
Min: Betaling vir dienste 142 230 145 006 158 356
Min: Inkomebetalings 104 689 121 428 135 652
Lopende oordragte -14 199 -31 369 -30 666
Saldo op lopende rekening -68 090 -164 548 -197 179
[Bron: SARB Kwartaalblad, September 2014]
2.2.1 Wat het sedert 2011 met goud se bydrae gebeur? (1)
2.2.2 Definieer die term lopende oordragte. (2)
2.2.3 Bereken die handelsbalans vir 2013. Toon AL die berekeninge. (3)
2.2.4 Watter invloed sal die tekort op die lopende rekening op die
ekonomie hê? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/2015
SSE
2.3 Bestudeer die sirkelgrafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OPENBARESEKTOR-BEGROTING
GROOT BESTEDING – 2013/2014 FINANSIËLE JAAR
BEHUISING
R143 bn.
ONDERWYS
R254 bn.
GESONDHEID
R146 bn.
INFRA-
STRUKTUUR
R93 bn.
2.3.1 Watter staatsdepartement het die grootste toewysing in die
begroting ontvang? (1)
2.3.2 Wanneer begin die staat se finansiële jaar? (1)
2.3.3 Noem enige TWEE items in die sirkelgrafiek hierbo wat met
maatskaplike besteding verband hou. (2 x 1) (2)
2.3.4 Waarom, dink jy, behoort die staat meer aan infrastruktuur-
ontwikkeling te spandeer? (2)
2.3.5 Waarom ken die staat 60% van die totale begroting aan
maatskaplike besteding toe? (2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik die endogene redes (Keynesiaanse teorie) vir sakesiklusse.
(4 x 2) (8)
2.5 Argumenteer ten gunste van invoervervanging. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/2015
SSE
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 20 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese aanwysers wat met indiensneming
verband hou. (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die hoofoogmerk van Suid-Afrika se Nasionale
Ontwikkelingsplan (NOP/'NDP')? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe in SA
Maputo
Phalaborwa-ROI Ontwikkelings-
korridor
Platinum-ROI
Kus-tot-kus-korridor
Lubombo-ROI
Richardsbaai-ROI
Weskus-beleggings-
inisiatiewe
A
Visrivier-ROI
[Bron: SA Jaarboek, 2013/2014]
3.2.1 Noem die ROI wat deur A aangedui word. (2)
3.2.2 Definieer ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe. (2)
3.2.3 Wat is die hoofoogmerk van ROI'e? (1 x 2) (2)
3.2.4 Wat is die verskil tussen nywerheidsontwikkelingsones en spesiale
ekonomiese sones? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/2015
SSE
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
In die rigting van breëbasisgroei
Swart ekonomiese bemagtiging – of breëbasis- swart ekonomiese
bemagtiging, soos wat dit tegnies bekendstaan – is nie regstellende aksie nie,
alhoewel gelyke indiensneming deel uitmaak daarvan. Dit het ook nie ten doel
om rykdom by een groep te vat en aan 'n ander groep te gee nie. Dit is in
wese 'n groeistrategie wat die Suid-Afrikaanse ekonomie se swakste punt:
ongelykheid, teiken.
'Geen ekonomie kan groei deur 'n gedeelte van sy bevolking uit te sluit nie, en
'n ekonomie wat nie groei nie, kan nie al die burgers van daardie land op 'n
sinvolle wyse integreer nie. Hierdie strategie beklemtoon op sigself 'n SEB-
proses wat met groei, ontwikkeling en ondernemingsontwikkeling geassosieer
word, en nie bloot die herverdeling van bestaande welvaart nie,' sê die
departement van handel en nywerheid.
Swart ekonomiese bemagtiging is 'n belangrike beleidsinstrument wat daarop
gemik is om die ekonomiese basis van die land te verbreed – en om hierdeur
verdere ekonomiese groei te stimuleer en werksgeleenthede te skep.
[Aangepas uit www.wikipedia.com]
3.3.1 Watter wanopvatting bestaan volgens die uittreksel ten opsigte van
die SEB-beleid? (1)
3.3.2 Wat is die fokus van die SEB-beleidsinstrument? (1)
3.3.3 Hoe kan breëbasisgroei bereik word? (2 x 2) (4)
3.3.4 Dink jy dat SEB suksesvol is as maatreël om die ongelykhede van
die verlede te herstel? Motiveer jou antwoord. (2 x 2) (4)
3.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (2 x 4) (8)
3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering verseker dat hulle nywerheidsbeleide
aan internasionale standaarde voldoen? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/2015
SSE
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 20 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE groeisektore van Suid-Afrika se Geïntegreerde
Vervaardigingstelsels (GVS). (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan ekstrapolasie in die vooruitskatting van sakesiklusse
gebruik word? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
REËLE SAKESIKLUS
P1
105
Indeks van ekonomiese aktiwiteite
104
103 b
P2
102
101 d
A B
100
99 c
a e
98
T2
97 T3
T1
Jaar
0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11
BBP
4.2.1 Wat word deur stippellyn a en b voorgestel? (2 x 1) (2)
4.2.2 Definieer die term reële (werklike) sakesiklusse. (2)
4.2.3 Wat is die belangrikheid van die lengte (T 2 –T 3 ) van 'n sakesiklus? (2)
4.2.4 Wat kan die staat doen om te verseker dat hoë inflasie nie tydens
die pieke van sakesiklusse voorkom nie? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/2015
SSE
4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Besoedeling
Afrika
Erken dit … daar is
altyd iets op die agenda
wat belangriker is as
Afrika!
[Bron: www.economicscartoons.com]
4.3.1 Watter boodskap word in die spotprent hierbo uitgebeeld? (2)
4.3.2 Noem TWEE lande wat deel vorm van die lande van die G8-groep.
(2 x 1) (2)
4.3.3 Gee 'n rede waarom Afrika-lande voel dat die G8-lande Afrika
afskeep. (2)
4.3.4 Waarom sal die Gini-koëffisiënt van die G8-lande in die Noorde
verskil van dié van lande in die Suide? (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik die metodes om uitvoere te bevorder. (4 x 2) (8)
4.5 Evalueer die sukses van ekonomiese groei en prysstabiliteit as deel van die
staat se makro-ekonomiese doelwitte. (2 x 4) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/2015
SSE
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede Maks. 26
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Maks. 10
Slot:
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder om enige
feite wat alreeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waardeoordeel rakende die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/analise
versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE
Ekonome stel die ekonomie as 'n vereenvoudigde ekonomiesekringloop-model voor om
die interaksie tussen die onderskeie deelnemers te illustreer.
• Bespreek in besonderhede, sonder om 'n diagram te gebruik, die interaksie tussen
die verskillende deelnemers in die oop ekonomiesekringloop-model. (26)
• Verduidelik die vermenigvuldigerproses deur 'n volledig benoemde grafiek te
gebruik. (10)
[40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 35 MINUTE
Die welsyn en ontwikkeling van die samelewing is baie belangrik; daarom prioritiseer die
staat die voorsiening van goedere en dienste om maatskaplike ontwikkeling te verbeter.
• Ontleed die volgende maatskaplike aanwysers in besonderhede:
- Demografie
- Voeding en gesondheid
- Dienste (26)
• Hoe kan ekonomiese ontwikkeling, na jou mening, deur die gebruik van hierdie
maatskaplike aanwysers verbeter word? (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2015 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper