Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE V1
2015
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 428.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1.1The role of the public sector16 marks
- Question 1.2The role of the public sector8 marks
- Question 1.3The foreign exchange market and the balance of payments accounts6 marks
- Question 2The role of the public sector40 marks
- Question 3South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice40 marks
- Question 4Business cycles and forecasting40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 VEELVOUDIGE KEUSE
1.1.1 A (finale)
1.1.2 B (owerheidsbesteding)
1.1.3 A (parastatale)
1.1.4 A (appresiasie)
1.1.5 B (suigeling)
1.1.6 C (menslike kapitaal)
1.1.7 C (vervaardiging)
1.1.8 A (produktiwiteit) (8 x 2) (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 C – waar arbeid, entrepreneurskap, grond en kapitaal verhandel
word
1.2.2 D – word veroorsaak deur veranderinge in die bou- en konstruksie-
bedryf
1.2.3 A – menslike hulpbronne wat tot maksimum kapasiteit gebruik
word
1.2.4 G – al die geldeenhede van ander lande wat in die Suid-Afrikaanse
Reserwebank se besit is
1.2.5 I – die gebruik van fiskale beleid om besteding in die ekonomie te
stimuleer
1.2.6 B – geen hindernisse of beperkings in wêreldhandel nie
1.2.7 E – kontantaansporings aan besighede in inligtingstegnologie
1.2.8 F – hooflyn-inflasie (8 x 1) (8)
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Ruilvoet
1.3.2 Sakesiklusse / Konjunktuurverskynsel
1.3.3 Mark
1.3.4 Owerheidsbegroting/ Staatsbegroting/Nasionale begroting
1.3.5 Uitgebreide Openbarewerke-program/EPWP/EPW/PWP
1.3.6 Uitvoerbevordering (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE metodes om die groottotale van Nasionale
Rekeninge te bereken.
• Inkome metode/BBP (I)
• Bestedingsmetode/Uitgawemetode/BBP (E)
• Produksiemetode/Toegevoegde waarde/BBP (P)(Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is die BNP-syfers in Suid-Afrika oor die algemeen laer
as die BBP-syfers?
• In vergelyking met ons eie produksiefaktore in die buiteland, is
daar meer buitelandse produksiefaktore betrokke in produksie
in ons land
• Buiteland dra meer by tot ons ekonomie as wat ons in die
buiteland bydra (1 x 2) (2)
2.2 Datarespons
2.2.1 Wat het sedert 2011 met goud se bydra gebeur?
Dit het afgeneem/verminder (1)
2.2.2 Definieer die term lopende oordragte.
Ontvang geld sonder enige teenprestasie / Daar is oordragte bv.
Donasies en skenkings vanaf inwoners aan nie-inwoners en vice
versa (2)
2.2.3 Bereken die handelsbalans vir 2013. Toon AL die berekeninge.
Goedere uitvoere 853 715
Plus Netto gouduitvoere 63 887
Min Goedere invoere 991 186
Handelsbalans -73 584 (3)
2.2.4 Watter invloed sal die tekort op die lopende rekening op die
land se ekonomie hê?
• Dit het 'n negatiewe effek op die ekonomie
• Buitelandse valuta reserwes sal verminder word om
buitelandse skuld te betaal.
• Binnelandse pryse van goedere en dienste sal toeneem/dit sal
lei tot inflasie/ingevoerde inflasie
• Dit sal 'n negatiewe uitwerking hê op ekonomiese groei en
werkverskaffing
(Aanvaar enige relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/2015
SSE – Memorandum
2.3 Datarespons
2.3.1 Watter staatsdepartement het die grootste toewysing in die
begroting ontvang?
Onderwys (1)
2.3.2 Wanneer begin die finansiële jaar van die staat?
1 April (1)
2.3.3 Noem enige TWEE items in die sirkelgrafiek hierbo wat met
maatskaplike besteding verband hou.
• Behuising
• Gesondheid
• Onderwys (Enige 2 x 1) (2)
2.3.4 Waarom, dink jy, behoort die staat meer aan infrastruktuur-
ontwikkeling te spandeer?
• Om nywerheidsontwikkeling te bevorder
• Om ekonomiese groei te bevorder
• Om werkloosheid te verminder en lewenstandaarde te verbeter
• Om armoede te verlig
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
2.3.5 Waarom wys die staat 60% van die totale begroting aan
welsyn toe?
• Om die lewenskwaliteit van alle inwoners te verbeter
• Om geletterdheid en syfervaardighede te verbeter
• Om skuiling te voorsien aan die armes
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik die endogene redes (Keynesiaanse teorie) vir sakesiklusse.
• Die Keynesiane beskou markte as inherent onstabiel
• Die vlak van ekonomiese aktiwiteite oorskry en onderpresteer gereeld
• Die prysmeganisme slaag nie daarin om die vraag en aanbod van
goedere en dienste te koördineer nie
• Pryse is bloot net nie buigsaam genoeg om afwaarts aangepas te word
nie
• Hierdie afwykings veroorsaak sakesiklusse
• Die regering moet dan by die ekonomiese prosesse inmeng om die pieke
en trôe plat te stryk/gelyk te maak soos dit voorkom
(Ken 2 punte toe vir ‘n toepaslike grafiek. Aanvaar enige ander relevante
antwoorde) (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/2015
SSE – Memorandum
2.5 Argumenteer ten gunste van invoervervanging.
• Meer plaaslike besighede kan begin word/diversifikasie Daar word
dikwels geargumenteer dat die nywerheidsbasis van die ekonomie
versterk en uitgebrei moet word wat 'n land meer onafhanklik sal maak
van die buiteland en gee ons beter beheer oor ons eie ekonomie
• 'n Beginpunt hiervoor is om invoere te vervang met plaaslik vervaardigde
produkte want daar is alreeds 'n binnelandse mark vir daardie produkte
• 'n Groter verskeidenheid van besighede kan nou 'n bestaan maak of
aanhou voortbestaan
• Handel ontwikkelende lande steun sterk op natuurlike hulpbronne as
die basis vir hul ekonomiese groei en ontwikkeling
• Toename in indiensneming die totstandkoming van nuwe nywerhede
vereis groter indiensneming wat die lewenstandaard van baie mense kan
verbeter
(Aanvaar enige ander relevante argument) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese aanwysers wat verband hou
met indiensneming.
• Ekonomies Aktiewe Bevolking (EAB)
• Indiensnemingskoers
• Werkloosheidskoers (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die hoofoogmerk met Suid-Afrika se Nasionale
Ontwikkelingsplan (NDP)?
• Om armoede te beveg en ongelykheid te verminder teen 2030
• Om werkloosheid te verminder tot op 14% teen 2020 en 6%
teen 2030
• Om 'n meer inklusiewe ekonomiese groei te verseker
(Aanvaar enige relevante antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
3.2 Datarespons
3.2.1 Noem die ROI wat deur A aangedui word.
Wildekus ROI (2)
3.2.2 Definieer ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe.
Is 'n streeksontwikkelingsinisiatief in Suid-Afrika wat daarop gemik
is om infrastruktuur en beleggings na besighede te trek na
afgeskeepte en onderontwikkelde gebiede (2)
3.2.3 Wat is die hoofoogmerk met ROI'e?
• Om groei te stimuleer
• Werksgeleenthede te skep
(Aanvaar enige ander relevante antwoorde) (1 x 2) (2)
3.2.4 Wat is die verskil tussen nywerheidsontwikkelingsones en
spesiale ekonomiese sones?
NOS - Doelgeboude nywerheidsperseel wat fisies omhein is en
aan 'n internasionale hawe/lughawe gekoppel is
SES - Stel 'n basis vir 'n groter verskeidenheid van
nywerheidsparke en ekonomiese infrastruktuur voorsiening vir 'n
meer effektiewe groepering van waarde-toevoeging geleenthede
wat vervaardigers bevoordeel
OF
Die belangrikste verskil tussen 'n SES en 'n NOS is dat die NOS'e
hoofsaaklik fokus op uitvoere daarom is hulle gekoppel aan
internasionale hawens/lughawens SES'e het 'n wyer
nywerheidsontwikkelingsoogmerk en kan enige plek gevestig
wees hier word beleggings gekomplementeer deur
aansporingspakkette en bondel/groepsontwikkeling
Belastingtoegewings is uitgebrei in SEZ (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/2015
SSE – Memorandum
3.3 Datarespons
3.3.1 Watter wanopvatting bestaan volgens die uittreksel ten
opsigte van SEB?
• Dat SEB regstellende aksie is
• Dat die bestaande rykdom herverdeel moet word (1)
3.3.2 Wat is die fokus met die SEB-beleidsinstrument?
• Om ongelykhede uit te wis
• Om verdere ekonomiese groei te stimuleer
• Om werksgeleenthede te skep
• Verbreed die ekonomiese basis
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1)
3.3.3 Hoe kan breëbasisgroei bereik word?
• SEB behoort te fokus op ALLE sektore en vlakke van die
ekonomie
• Die staat moet meer manifeste/ooreenkomste tussen die
Departement van Handel en Nywerheid (DHN) en die
nywerhede in die privaatsektor tot stand bring.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.3.4 Dink jy dat SEB suksesvol is as maatreël om die ongelykheid
van die verlede reg te stel? Motiveer jou antwoord.
• Ja
• Baie meer voorheen benadeelde mense neem tans aan die
ekonomie deel as voorheen
• Daar is meer deelname en kompetisie in die mark/sake
omgewing
OF
• Nee
• Daar is nog steeds baie voorheen benadeelde mense wat
uitgesluit is van ekonomiese deelname
• Daar is in sekere nywerhede/industrieë steeds 'n tekort aan
voorheen benadeelde deelnemers
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/2015
SSE – Memorandum
3.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.
Ekonomiese groei
• Dit verwys na die styging in die reële BBP oor 'n spesifieke tydperk
• Dit fokus op die produksie van goedere en dienste
• Verhoog die produksiekapasiteit van die ekonomie (2 x 2)
Ekonomiese ontwikkeling
• Dit verwys na die toename in die reële BBP per capita
• Dit fokus op die verbeterde lewenstandaard van mense (2 x 2) (8)
3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering verseker dat hulle
nywerheidsbeleide aan internasionale standaarde voldoen?
• Verseker makro-ekonomiese stabiliteit
• Bereik hoë vlakke van besparings en investering
• Laat markte toe om hulpbronne toe te deel
• Verseker dat die regering toegewyd, kredietwaardig en bevoeg is
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE groeisektore van Suid-Afrika se Geïntegreerde
Vervaardigingstelsels (GVS).
• Uitvoere
• Toerisme
• Landbou
• Inligtingstegnologie en Kommunikasie
• Kultureel (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan ekstrapolasie gebruik word in die vooruitskatting van
sakesiklusse?
Deur die bestaande tendenslyn te verleng/om die vooruitskatting te
baseer op inligting wat reeds bekend is (1 x 2) (2)
4.2 Datarespons
4.2.1 Wat stel stippellyn a en b voor?
Amplitude (2)
4.2.2 Definieer die begrip reële (werklike) sakesiklusse.
Reële verandering in ekonomiese aktiwiteite oor 'n tydperk (2)
4.2.3 Wat is die belangrikheid van die lengte (T 2 –T 3 ) van 'n
sakesiklus?
• Die lengte is 'n aanduiding van hoeveel tyd die sakesiklus
neem om deur 'n volledige siklus te beweeg
• Langer siklusse toon sterkte – korter siklusse toon 'n
swakheid
• Die lengte in hierdie geval is omtrent 3 jaar en ons kan
voorspel dat die volgende siklus ook omtrent 3 jaar of korter sal
duur
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2)
4.2.4 Wat kan die staat doen om te verseker dat hoë inflasie nie
tydens pieke van die sakesiklusse voorkom nie?
• Die regering kan belastings verhoog
• Die regering kan besteding verminder
• Monetêre beleidsinstrumente bv. verhoging van rentekoerse,
inflasie mikpunte
(Aanvaar enige ander relevante antwoorde verwant aan fiskale
en monetêre beleid) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/2015
SSE – Memorandum
4.3 Datarespons
4.3.1 Watter boodskap word in die spotprent hierbo uitgebeeld?
Afrika word vernietig terwyl die Noorde toekyk/Noord Suid
verdeling/Noord verantwoordelik vir beskadiging van die omgewing
ten koste van Afrika
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2)
4.3.2 Noem TWEE lande wat deel vorm van die G8-groep.
• VSA
• Rusland
• Kanada
• Engeland
• Italië
• Frankryk
• Japan
• Duitsland (Enige 2 x 1) (2)
4.3.3 Gee 'n rede waarom Afrika-lande voel dat die G8-lande Afrika
afskeep.
• Die G8 lande is geïndustrialiseerde lande en gee min om vir
die ontwikkeling van lande in Afrika, behalwe die behoefte aan
hul natuurlike hulpbronne
• Hierdie lande doen groot skade deur besoedeling en dit wil
voorkom asof hulle nie omgee oor wat die impak daarvan op
ander lande is nie
• Dit wil voorkom asof die G8 lande, die lande in die Noorde ten
koste van Afrika bevoordeel, deur die sluit van meer gunstige
handelsooreenkomste
(Aanvaar enige ander relevante antwoorde) (1 x 2) (2)
4.3.4 Waarom sal die Gini-koëffisiënt van die G8-lande in die
Noorde verskil van dié van lande in die Suide?
• Die G8 lande het 'n hoër per capita inkome as gevolg van hulle
hoë BBP en lae werkloosheid
• Die Gini-koeffisiënt in die Noorde sal nader aan die 0 wees as
gevolg van 'n meer gelyker verdeling van inkome in
vergelyking met lande in die Suide, wat nader aan 1 is as
gevolg van 'n meer ongelyke verdeling van inkome
• Redes: Hoë werkloosheid, lae industrialisasie, en politieke
beleide wat gevolg was in die lande in die Suide
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/2015
SSE – Memorandum
4.4 Verduidelik die metodes om uitvoere te bevorder.
• Belastingkonsessies Dit is aftrekkings van belasbare inkomste op
wins en volumes uitgevoer en ook terugbetalings van belasting wat
uitvoerders moet betaal in die lande waarheen hul produkte uitgevoer is
• Belastingvrye toelae (belasting toegewings) Hierdie toelae vergoed
die uitvoerders vir die ekstra koste wat voortspruit uit uitvoere
• Bv. die vestiging van sakeonderneming binne 'n NOS/SES
• Rabatte Terugbetaling van invoerbelasting
• Uitvoerkrediet en uitvoerkredietwaarborge
• Identifisering van markte Inligting van uitvoermarkte en navorsing
t.o.v. nuwe markte
• Subsidies is geld (kontant) betaal aan besighede om hul produksiekoste
te verminder
• Uitvoersubsidies Dit is geld wat die regering betaal aan vervaardigers
wat goedere uitvoer om hulle te vergoed vir uitgawes aangegaan en wat
hulle in staat stel om goedere in die buiteland teen kompeterende pryse
te verkoop bv. vermindering van vervoerkoste
• Aansporings inligting oor uitvoermarkte, navorsing rakende nuwe
markte, konsessies rakende vervoertariewe (4 x 2) (8)
4.5 Evalueer die sukses van ekonomiese groei en prysstabiliteit as deel van
die staat se makro-ekonomiese doelwitte.
• Ekonomiese groei
Ekonomiese groei neig laer vir die afgelope VYF jaar
Die gemiddelde groeikoers was laer as 5%
Dit het 'n negatiewe impak op die ekonomie om werk te skep
• Prysstabiliteit
Inflasie is redelik goed beheer en het dit binne die inflasiemikpunt van
3 tot 6% gebly
Dit het egter gedurende 2014 die boonste grens van die inflasie mikpunt
getoets het en was dit vir 'n kort tydjie bo die 6%
as gevolg van die hoë olieprys en hoë loonpryse
(Aanvaar enige ander relevante antwoord en verwys na huidige data)
(Enige 2 x 4) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte Maks. 26
bespreking/Ondersoek/ Bespreek
krities/Analiseer/Vergelyk/evalueer/Onderskei/Verduidelik/
Assesseer/Debateer
Maks. 10
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
krities/Evalueer/ Evalueer krities/Teken 'n grafiek en
verduidelik/Gebruik die grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe
grafiek/Bereken/Lei af/ Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Slot:
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder om
enige feite wat alreeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waardeoordeel rakende die feite bespreek
• Addisionele ondersteunende inligting wat die
bespreking/analise versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
Ekonome stel die ekonomie as 'n vereenvoudigde ekonomiesekringloop-model
voor om die interaksie tussen die onderskeie deelnemers te illustreer.
• Bespreek in besonderhede, sonder om 'n diagram te gebruik, die interaksie
tussen die deelnemers in 'n oop ekonomie. (26 punte)
• Verduidelik die vermenigvuldigerproses deur gebruik te maak van 'n volledig
benoemde grafiek. (10 punte) [40]
INLEIDING
Die ekonomiese kringloop-model is 'n vereenvoudigde voorstelling van hoe die
ekonomie werk en die verwantskap tussen inkome en besteding in die ekonomie as 'n
geheel.
Die ekonomiesekringloop-model van 'n oop ekonomie toon aan hoedat 'n ekonomie
werk wat oop is vir buitelandse handel; dit verskil van 'n geslote ekonomie omrede dit
die buitelandse sektor insluit
(Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks. 2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 13 DBE/2015
SSE – Memorandum
INHOUD
HOOFGEDEELTE
Daar is 'n vloei van geld en goedere en dienste tussen die huishoudings en die
sakesektor
• Huishoudings verdien inkome in die vorm van lone, deur produksiefaktore aan die
sakesektor te verkoop
• Sakesektor gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer
waarop huishoudings hulle inkomste bestee
• Die sakesektor sal in ruil geld ontvang vanaf die huishoudings vir goedere en dienste
Daar is 'n vloei van geld en goedere en dienste tussen die huishoudings en die
staat
• Huishoudings voorsien arbeid aan die staat en ontvang in ruil daarvoor 'n inkomste
• Die staat voorsien die huishoudings van openbare goedere en dienste en ontvang
belasting as inkomste in ruil
• (bv.) parke, hospitale waarvoor hulle belasting betaal wat as staatsinkomste
beskou word
Daar is 'n vloei van geld en goedere en dienste tussen die sakesektor en die staat
• Die sakesektor voorsien die staat van goedere en dienste waarvoor die staat betaal
• Die staat voorsien op hulle beurt weer openbare goedere en dienste aan die
sakesektor waarvoor hulle belasting aan die staat betaal
Daar is 'n vloei van goedere (invoere) na die sakesektor vanaf die buitelandse sektor
waarvoor die sakesektor betaal
• Dit word beskou as besteding deur die sakesektor
• Daar is ook 'n vloei van goedere vanaf die sakesektor na die buiteland
• Die buiteland betaal daarvoor en is 'n inkomste vir die sakesektor
Die finansiële markte bestaan uit banke, versekeringsmaatskappye en pensioen-fondse
• Hulle tree op as skakel tussen huishoudings en sakesektor wat surplus fondse het en
die ander deelnemers aan die ekonomie wat fondse benodig
• Die geld wat huishoudings en die sakesektor aan die finansiële sektor voorsien staan
as besparings bekend
• Die besteding op kapitale toerusting deur die sakesektor staan as investering
bekend
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks. 26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 14 DBE/2015
SSE – Memorandum
ADDISIONELE GEDEELTE
Verduidelik die vermenigvuldigerproses deur 'n volledig benoemde grafiek te gebruik.
GRAFIEK: BESTEDING EN INKOME
(R miljoen)
AE=YY
E
AE
C21=30+0.
60
E2 C1 AE=20+0.
Totale Besteding (AE)
E1
40
1. Benoeming van asse = 1 Punt
∆E 2. Benoeming op asse = 1 Punt
30 (I) 3. Benoeming van 45 ° lyn = 1 Punt
4. Benoeming van bestedingslyn = 1 Punt
20 5. Benoeming van die verandering
in inkome en belegging = 1 Punt elk
Maks = 6 Punte
∆Y
45
0
40 80 100
(R miljoen)
Inkome (Y)
VERDUIDELIKING
• 'n Verandering in investering van R10 m sal 'n toename in inkome van R20 m tot
gevolg hê
• Die inkome neem toe teen 'n koers groter as die proporsionele styging in investering
is
OF
• 'n Styging in investering veroorsaak dat die bestedingsfunksie C 1 na C 2 sodat C 1
parallel tot C 2 is
• Die effek van ‘n toename in investering is dat die totale besteding sal toeneem van
R20 m na R30 m
• Die toename in investering veroorsaak 'n toename in besteding en die ewewigposisies
van inkome en uitset
• Die toename in die vlak van uitset (Y) is groter as die styging in besteding (E)
(Die verduideliking moet ooreenstem met die syfers wat in die grafiese voorstelling
verskaf word) (Maks. 6)
GEVOLGTREKKING
Die ekonomiese kringloop verseker volgehoue interafhanklikheid en koördinering van
ekonomiese aktiwiteite in die ekonomie
(Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking) (Maks. 2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 15 DBE/2015
SSE – Memorandum
INHOUD
HOOFGEDEELTE
Daar is 'n vloei van geld en goedere en dienste tussen die huishoudings en die
sakesektor
• Huishoudings verdien inkome in die vorm van lone, deur produksiefaktore aan die
sakesektor te verkoop
• Sakesektor gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer
waarop huishoudings hulle inkomste bestee
• Die sakesektor sal in ruil geld ontvang vanaf die huishoudings vir goedere en dienste
Daar is 'n vloei van geld en goedere en dienste tussen die huishoudings en die staat
• Huishoudings voorsien arbeid aan die staat en ontvang in ruil daarvoor 'n inkomste
• Die staat voorsien die huishoudings van openbare goedere en dienste en ontvang
belasting as inkomste in ruil
• (bv.) parke, hospitale waarvoor hulle belasting betaal wat as staatsinkomste
beskou word
Daar is 'n vloei van geld en goedere en dienste tussen die sakesektor en die staat
• Die sakesektor voorsien die staat van goedere en dienste waarvoor die staat betaal
• Die staat voorsien op hulle beurt weer openbare goedere en dienste aan die
sakesektor waarvoor hulle belasting aan die staat betaal
Daar is 'n vloei van goedere (invoere) na die sakesektor vanaf die buitelandse sektor
waarvoor die sakesektor betaal
• Dit word beskou as besteding deur die sakesektor
• Daar is ook 'n vloei van goedere vanaf die sakesektor na die buiteland
• Die buiteland betaal daarvoor en is 'n inkomste vir die sakesektor
Die finansiële markte bestaan uit banke, versekeringsmaatskappye en pensioen-fondse
• Hulle tree op as skakel tussen huishoudings en sakesektor wat surplus fondse het en
die ander deelnemers aan die ekonomie wat fondse benodig
• Die geld wat huishoudings en die sakesektor aan die finansiële sektor voorsien staan
as besparings bekend
• Die besteding op kapitale toerusting deur die sakesektor staan as investering
bekend
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks. 26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 16 DBE/2015
SSE – Memorandum
ADDISIONELE GEDEELTE
Verduidelik die vermenigvuldigerproses deur 'n volledig benoemde grafiek te gebruik.
GRAFIEK: BESTEDING EN INKOME
(R miljoen)
AE=YY
E
AE
C21=30+0.
60
E2 C1 AE=20+0.
Totale Besteding (AE)
E1
40
6. Benoeming van asse = 1 Punt
∆E 7. Benoeming op asse = 1 Punt
30 (I) 8. Benoeming van 45 ° lyn = 1 Punt
9. Benoeming van bestedingslyn = 1 Punt
20 10. Benoeming van die verandering
in inkome en belegging = 1 Punt elk
Maks = 6 Punte
∆Y
45
0
40 80 100
(R miljoen)
Inkome (Y)
VERDUIDELIKING
• 'n Verandering in investering van R10 m sal 'n toename in inkome van R20 m tot
gevolg hê
• Die inkome neem toe teen 'n koers groter as die proporsionele styging in investering
is
OF
• 'n Styging in investering veroorsaak dat die bestedingsfunksie C 1 na C 2 sodat C 1
parallel tot C 2 is
• Die effek van ‘n toename in investering is dat die totale besteding sal toeneem van
R20 m na R30 m
• Die toename in investering veroorsaak 'n toename in besteding en die ewewigposisies
van inkome en uitset
• Die toename in die vlak van uitset (Y) is groter as die styging in besteding (E)
(Die verduideliking moet ooreenstem met die syfers wat in die grafiese voorstelling
verskaf word) (Maks. 6)
GEVOLGTREKKING
Die ekonomiese kringloop verseker volgehoue interafhanklikheid en koördinering van
ekonomiese aktiwiteite in die ekonomie
(Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking) (Maks. 2) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 17 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
Die welsyn en ontwikkeling van gemeenskappe is baie belangrik; daarom
prioritiseer die staat die voorsiening van goedere en dienste om maatskaplike
ontwikkeling te verbeter.
• Ontleed die volgende maatskaplike aanwysers in besonderhede:
- Demografie
- Voeding en gesondheid
- Dienste (26 punte)
• Hoe kan ekonomiese ontwikkeling, na jou mening, deur hierdie maatskaplike
aanwysers verbeter word? (10 punte) [40]
INLEIDING
Maatskaplike aanwysers is 'n maatstaf wat ekonome en regerings gebruik om die
prestasie van die ekonomie met verwysing na die maatskaplike welstand van die
inwoners te evalueer
(Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks. 2)
LIGGAAM
• DEMOGRAFIE:
Dit handel oor die kenmerke van 'n bevolking, bv. bevolkingsgrootte/ras/ouderdom/
geslag/inkomste/geografiese verspreiding/taal/onderwys/beroepe/godsdiens/
geboortekoers/lewensverwagting by geboorte/infantiele mortaliteit/sterftekoers
Hierdie inligting word deur die staat gebruik om te beplan vir bv. infrastruktuur
onwikkeling, en die implementering van welsynsprogramme dit is ook noodsaaklik
vir besighede deurdat dit 'n aanduiding gee van die grootte en eienskappe van
teikenmarkte
- Bevolkingsgroei In 2006 was Suid-Afrika se bevolking 'n geskatte 47.4 miljoen
mense met die sensus van 2011 was die bevolking 50,5 miljoen mense.
Suid-Afrika het 'n relatiewe hoë bevolkingsgroei in vergelyking met ontwikkelde
lande. Die bevolkingsgroeikoers is vir die staat 'n belangrike aanwyser van
die omvang van maatskaplike dienste wat benodig word
- Lewensverwagting Dit druk die aantal jare uit wat 'n pasgebore baba in Suid-
Afrika sal bly lewe gegewe dat die huidige tendense in mortaliteit sal voortduur
Lewensverwagting in Suid-Afrika het gedaal van 62,8 jaar in 1991 tot 47 jaar in
2005 en het geleidelik begin toeneem tot by 2011 - 52 jaar dit is belangrik
vir die staat om te weet wat die lewensverwagting van die bevolking is aangesien
die werksmag 'n verskeidenheid maatskaplike dienste vereis so ook die
belastingbasis van die land versekeringsmaatskappye in besonder is
geïnteresseerd in lewensverwagting onverwagse vermindering in
lewensverwagtings kan die aantal polishouers wat maandeliks hul premies betaal
ernstig verminderdit kan 'n wesenlike invloed hê op die dienste van so 'n
onderneming
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 18 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Voeding en gesondheid: Hierdie is twee verwante maatskaplike aanwysers.
- Voeding: Dit is 'n belangrike aanwyser van die gesondheidstoestand van
pasgebore babas en jong kinders twee belangrike kondisies van voeding
by kinders is wanvoeding en oorgewig wat veral baie belangrik is by
kinders jonger as vyf jaar:
- Wanvoeding by kinders Wanvoeding word uitgedruk op twee maniere: nl.
Gewig vir ouderdom (ondergewig) en lengte vir gewig (onderontwikkeld of
dwergagtigheid) die groep kinders wat ondergewig is, is die grootste
aanduiding van wanvoeding dit is belangrik om wanvoeding en
oorgewig te monitor omrede oorgewig die risiko vir sterfte verhoog en
die kognitiewe ontwikkeling van kinders onderdruk
- Oorgewig by kinders die toenemende voorkoms van oorgewig kinders in
Suid-Afrika is 'n groot bekommernis daar is 'n sterk verband tussen
oorgewig kinders en die voorkoms van diabetes, asemhalingsiektes, hoë
bloeddruk, sielkundige, en ortopediese afwykings oorgewig kan lei tot
verskeie negatiewe gesondheidstoestande wat die mens se vermoë om te
werk nadelig beïnvloed asook hul vermoë om na hulself om te sien
oorgewig is 'n dodelike siekte dikwels dring regerings deur wetgewing
daarop aan dat aanvullings soos Vit. A in basiese kossoorte soos brood
geplaas word terwyl die departement van gesondheid borsvoeding
aanmoedig wanvoeding en oorgewig by kinders is aanwysers wat in
aanmerking geneem moet word by die vassteling van voedingskemas en die
uitbreiding daarvan
• GESONDHEID: 'n Aantal aanwysers word nasionaal en internasionaal gebruik om
die gesondheid van die bevolking te moniteer
- Infantiele mortaliteit Dit is die maatstaf om aan te dui hoeveel kinders sterf
voordat hulle die ouderdom van een jaar bereik per duisend lewende
geboortes in 'n gegewe jaar in Suid-Afrika was die syfer in 2010 gelyk
aan 34% per duisend
- Mortaliteit onder vyf jaar Dit is 'n maatstaf wat 'n aanduiding is van die
moontlikheid dat 'n pasgebore baba binne die ouderdom van vyf jaar sal sterf,
gegewe die huidige ouderdom spesifieke sterfte syfers hierdie
waarskynlikheid word uitgedruk as 'n aantal per duisend in Suid-Afrika
was die syfer in 2010 - 50 per duisend
- Gesondheidsuitgawes Dit word uitgedruk in terme van die bedrag van
openbare en privaat besteding op gesondheidsorg as 'n persentasie van die
BBP in 2009 was dit 8,4% in SA in vergelyking met 6,6% in die Sub-
Sahara lande en 5,3% in Noord-Amerika
- Toegang tot veilige en drinkwater Dit is 'n maatstaf van 'n persentasie
van die bevolking wat redelike toegang het tot veilige en drinkwater
(gesuiwer of onbesmet) in 2009 was die syfer 91% in SA in
vergelyking met 60% in die Sub-Sahara lande en 92% in Noord-Amerika
- Toegang tot sanitêre geriewe Dis 'n maatstaf in terme van die persentasie
van die bevolking wat oor basiese sanitêre geriewe beskik wat effektief kontak
met mense/diere en insekte verhoed in 2009, 77% van die SA se bevolking
toegang gehad tot verbeterde sanitêre geriewe in vergelyking met 31% in
die Sub-Sahara lande en 89% in Noord-Amerika 'n gesonde bevolking
bespaar op mediese en ander koste, genereer inkomste en sorg vir 'n sterk
ekonomie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 19 DBE/2015
SSE – Memorandum
• DIENSTE: Dienste in ons land is noodsaaklik, dit verbeter mense se leefstyl, vlak
van ekonomie en maatskaplike ontwikkeling
Die volgende vereistes t.o.v. menswaardigheid is in ons grondwet geïdentifiseer:
- Elektrisiteit Die Nasionale Energie Reguleerder rapporteer in 2010 dat
83,1% van huishoudings in SA toegang gehad het tot elektrisiteit in
vergelyking met 50% in 1995
- Afvalverwydering By 61% van huishoudings in SA lewer plaaslike
owerhede een keer per week 'n diens van vullisverwydering
- Watervoorsiening 89% van huishoudings het in 2010 toegang gehad tot
skoon water dit is 'n gemiddelde van stedelike en landelike toegang tot
verbeterde waterbronne Verbeterde waterbronne verwys na voldoende
hoeveelhede beskikbaar bv. Huishoudelike verbindings, boorgate, beskermde
fonteine en die opgaar van reënwater
- Sanitasie Net meer as 71% van SA bevolking het in 2010 toegang gehad
tot funksionele basiese sanitasie bv. Spoeltoilette/pittoilette met ventilasie
pype/chemiese toilette
(Aanvaar enige ander relevante antwoorde) (Maks. 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Na jou mening, hoe kan ekonomiese ontwikkeling deur hierdie maatskaplike
aanwysers verbeter word.
• Ondersteun die regering om na die areas te kyk waar die nood groot is en pas die
begroting daarvolgens aan
• Verbeter maatskaplike kohesie en interafhanklikheid
• Fokus op daardie gemeenskappe waar die behoefte die grootste is en spandeer
op hulle
• Verbeter gesondheid en onderwysfasiliteite
• Investeer meer in die toekomstige gehalte van die arbeidsmag vir progressie van
die ekonomie
• Spandeer meer op die verbetering van die lewenskwaliteit van die algemene
bevolking en verminder maatskaplike spanning
(Aanvaar enige ander relevante antwoorde) (Maks. 10)
GEVOLGTREKKING
Maatskaplike aanwysers kan as 'n belangrike instrument dien om rigting aan te dui vir
owerheidsbesteding en wat maatskaplike ontwikkeling en kwaliteit lewensstandaard
sal verseker
(Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking) (Maks. 2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2015 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper