Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE V1
2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 389.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Economic growth and development16 marks
- Question 1.2Economic growth and development8 marks
- Question 1.3South African economic and social indicators6 marks
- Question 2The role of the public sector40 marks
- Question 3South African economic and social indicators40 marks
- Question 4South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C - buitelandse
1.1.2 A - sake-
1.1.3 B - deregulering
1.1.4 B - ruilvoet
1.1.5 A - onderwys
1.1.6 B - groei
1.1.7 C - Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika
('AsgiSA'/VGGI-SA'/VGGI-SA)
1.1.8 C - Nywerheidsontwikkelingsones (NOS) (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 G – eienaars van die produksiefaktore
1.2.2 C – oordrag van eienaarskap van die privaat sektor na die
openbare sektor
1.2.3 I - daling in die waarde van die rand ten opsigte van die pond
as gevolg van markkragte
1.2.4 A - boete of straf wat deur een land op 'n ander land gelê word vir
een of ander oortreding
1.2.5 F - nuwe wetenskaplike kennis in die vorm van uitvindings en
vernuwings
1.2.6 D – bestaan uit sakeondernemings wat dieselfde soorte produkte
produseer
1.2.7 H - uitgedruk deur die reële BBP per capita, lewensverwagting en
vlak van geletterdheid
1.2.8 E - verhouding tussen uitset in die ekonomie geproduseer in die
en die inset gebruik om dit te produseer (8 x 1) (8)
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Staatsbeheerde ondernemings/parastatale/publieke ondernemings
1.3.2 Monetêre beleid
1.3.3 Wisselkoers
1.3.4 Verstedeliking
1.3.5 Ekonomies bedrywige bevolking/ekonomies aktiewe bevolking
1.3.6 Globalisering (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem TWEE lekkasies uit die ekonomiese kringloop.
• Besparings (S)
• Invoere (M)
• Belastings (T) (2 x 1) (2)
2.1.2 Watter voordeel sal die owerheid trek uit die verkoop van nie-
winsgewende ondernemings in staatsbesit?
• Inkomste word deur verkope gegenereer
• Staatsinkome sal deur belastings verhoog
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Noem die metode wat gebruik is om die BBP in die tabel hierbo
te bereken.
Inkomemetode / BBP (I) (1 x 2) (2)
2.2.2 Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk.
Waarde van alle finale goedere en dienste geproduseer binne die
grense van 'n land vir 'n sekere tydperk
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.2.3 Wat is die vernaamste doelwit van subsidies op produksie?
Om produksiekoste te verlaag / om produksie vir uitvoer aan te
moedig / subsidies sal verbruiker bevoordeel / verhoog produksie op
sekere goedere
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
2.2.4 Bereken vastekapitaalverbruik as 'n persentasie van die BBP
teen faktorkoste. Toon ALLE berekeninge.
560 397 / 3 518 318 x 100
= 15.93% OF 16%
(Ken 2 punte toe, as slegs die antwoord gegee word) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer EEN vorm van indirekte belasting in die inligting
hierbo.
• Brandstofheffings
• Aksynsregte
• Doeanebelasting
• BTW (1)
2.3.2 Watter tipe belasting sal die grootste bydrae tot die
staatsinkome in 2016/17 finansiële jaar lewer?
Persoonlike inkomstebelasting/LBS (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term begroting.
'n Dokument wat die verwagte inkomste en beraamde besteding
toon
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.4 Gee EEN rede hoekom die regering belasting (aksynsregte) op
nie-merietegoedere gedurende die 2016/17 finansiële jaar
verhoog het.
• Ontmoedig die verbruiker om produkte te koop of te
verbruik
• Ontmoedig produsente om produkte te produseer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.5 Hoe sal ‘n styging in maatskappybelasting ekonomiese groei
negatief beïnvloed?
'n Styging in korporatiewe inkomstebelasting sal:
• die bedrag wat maatskappye terugploeg as investering in die
besigheid verlaag, want uitbreiding sal beperk word en
werksgeleenthede sal verminder
• die bedrag geld wat maatskappye gebruik om meer doeltreffend
te raak en groei laat daal, verminder
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
2.4 Verduidelik natuurlike hulpbronne en spesialisasie as oorsake van
internasionale handel.
Natuurlike hulpbronne
• Natuurlike hulpbronne is oneweredig in die wêreld versprei
• Dit verskil van land tot land en kan slegs ontgin word in plekke waar hierdie
hulpbronne voorkom
• Bv. Suid-Afrika is ryk aan ystererts, goud, steenkool en platinum terwyl China
glad nie oor hierdie hulpbronne beskik nie en dit vanaf Suid-Afrika invoer
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Maks 4)
Spesialisasie
• Die produksie van sekere goedere en dienste laat lande toe om dit teen 'n laer
koste as ander lande te produseer
• Dit lei tot massaproduksie wat koste verlaag
• Bv. Japan produseer elektroniese goedere en verkoop dit teen 'n laer prys
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 4) (8)
2.5 'n Internasionale maatskappy belê R5 miljoen in 'n sakeonderneming in
Suid-Afrika. As die marginale spaargeneigdheid (MSG) 0,6 is, bereken die
vermenigvuldiger-effek van hierdie belegging op ons ekonomie. Toon ALLE
berekeninge.
Berekening van die vermenigvuldiger (M):
M = 1/msg
= 1 / 0,6
= 1,67
OF M = 1/1 - mvg
= 1/1 – 0,4
= 1.67 (Maks 4)
Investering is R5 miljoen, dus sal die vermenigvuldiger effek (voordeel vir die
ekonomie) soos volg wees:
R5m x 1,67
= R8,35 miljoen
OF Investering
msg
= 5 000 000
0.6
= R8.33 m (Maks.4) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Noem TWEE aanwysers wat met produksie verband hou.
• Nominale BBP / BBP @ markprys / BBP @ huidige pryse
• Reële BBP / BBP teen konstante pryse
• Reële BBP per capita
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom fokus die Suid-Afrikaanse regering op klein
sakeondernemings om ekonomiese groei te bevorder?
Die lande se indiensneming sal styg / produksie sal styg /
mededingingsvlakke sal styg
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Watter handelsooreenkoms het ontwikkelende lande gunstige
uitvoergeleenthede gegee?
Wet op Groei en Geleenthede in Afrika ('AGOA') (1)
3.2.2 Identifiseer, in die inligting hierbo, hoe tegnologie vir die
bekamping van armoede gebruik kan word
Die gebruik van moderne tegnologie het gelei tot ‘n meer gelyke
handel en vloei van kapitaal / bevorder produksie in landbou en
vervaardiging (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die uitwerking van aktiwiteite in die Noorde
(Noord-Suid-verdeling) op die wêreldomgewing.
• Omdat hulle hoogs geïndustrialiseer is, produseer hulle groot
hoeveelhede kweekhuisgasse
• Dit veroorsaak baie besoedeling
• Put wêreld se hulpbronne uit tot hulle eie voordeel
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
3.2.4 Na jou mening, hoe kan lande in die Suide die probleem van
onderontwikkeling oplos?
Probleem van onderontwikkeling kan opgelos word deur:
• verbetering van hulle vaardigheidsvlakke (onderwys) in die
produksie van goedere en dienste.
• verbetering van hul beplanning en doeltreffende en effektiewe
bestuur van hulpbronne.
• verbetering en verhoging van industrialiseringplanne om
produksie van verskeidenheid goedere en dienste te
verbeter.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Volgens die uittreksel hierbo, watter sektor het in 2014 die
meeste werk geskep?
Openbare sektor (1)
3.3.2 Identifiseer die belangrikste oorsaak van armoede in die
uittreksel.
Werkloosheid (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term werkloosheid.
As individue wat gewillig, gekwalifiseerd en bereid is om te werk,
nie daarin slaag om werk in die huidige ekonomiese
omstandighede in die land te kry nie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
3.3.4 Hoekom word die hoë indiensnemingskoers deur die
openbare sektor soms as ‘n probleem beskou?
• Lywige/Oorgrote burokrasie
• Lae produktiwiteit
• Ondoeltreffendheid
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
3.3.5 Wat kan die privaatsektor doen om indiensneming in Suid-
Afrika te verhoog?
Indiensneming in Suid-Afrika kan verhoog word deur:
• vervanging van invoere wat die vraag na goedere en dienste
van die buiteland sal laat daal en plaaslike produksie sal
bevorder
• bevordering van nuwe investering en uitbreiding van
bestaande nywerhede
• die vind van nuwe buitelandse markte wat nuwe besigheids-
geleenthede sal skep wanneer kwaliteit produkte kompeterend
genoeg is
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Maks 4 (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
3.4 Bespreek kortliks streeksontwikkeling in Suid-Afrika en gebruik
mededingendheid en volhoubaarheid as beste praktyk-kriteria
(normkriteria).
Mededingendheid:
• Nywerhede of besighede word gevestig as gevolg van streeksbeleide en
behoort kompeterend te wees nie voortgesette finansiële hulp van die
regering nodig hê nie
• Probleme bestaan rakende vooraf bestaande markstrukture wat
nie-mededingende gedrag geopenbaar het – die mededingingsbeleid
moet versterk word om uitdagings op hoë vlakke van
nywerheidskonsentrasie en anti-mededingende gedrag beter te
hanteer
• Om in die wêreldmarkte mee te ding en die uitdagings van globalisering
die hoof te bied, moet ekonomieë op produkdifferensiasie en korter
produksiesiklusse fokus
• Dit het tot 'n groter integrasie tussen besighede, binnelands en
internasionaal, gelei met groter klem op produkinnovering en kwaliteit – 'n
verskeidenheid halfaangepaste produkte deur 'n geskoolde en
aanpasbare werksmag (Maks 4)
Volhoubaarheid:
• Die streek se kapasiteit moet sy eie ontwikkeling ondersteun
• Die natuurlike hupbronne en menslike hulpbronne van die streek moet
benut word
• Indiensneming en volhoubare ontwikkeling moet bereik word deur
toepaslike beplanning, beleide en strategieë
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 4) (8)
3.5 Hoe speel die Internasionale Monetêre Fonds en die Verenigde Nasies,
as internasionale organisasies, ‘n rol in die standaardisering van die
aanwysers van lidlande?
Die IMF standaardiseer aanwysers deur:
• in sy handleiding te fokus op staatsfinansie-statistieke (SFS) oor
boekhouding van openbare finansies
• dit slegs te baseer op transaksies wat wel plaasgevind het en nie dit wat
na verwagting sal plaasvind nie – kontantvloei
• die opstelling van Suid-Afrika se jaarlikse begrotingsoorsig word volgens
die SFS- spesifikasies Maks (4)
Die Verenigde Nasies standaardiseer aanwysers deur:
• toepassing van die handleiding van ekonomiese aanwysers of
datastelsels is die VN se Stelsel van Nasionale Rekeninge (SNR)
• te fokus op produksie, inkome en besteding en hoe om dubbeltelling te
voorkom
• die samestelling van data in die Kwartaallikse Bulletin van die Suid-
Afrikaanse Reserwebank volgens SNR-spesifikasies
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van
feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) Maks (4) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem TWEE markte wat deel van die ekonomiese kringloop
vorm.
• Faktor / arbeid / hulpbron
• Goedere / produkte / produksie
• Finansiële / kapitaal / geld
• Buitelandse valuta / geldeenheid
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2 x 1) (2)
4.1.2 Wat sou die invloed op ekonomiese ontwikkeling wees indien
die bevolking sou toeneem sonder ‘n styging in die reële bruto
binnelandse produk (BBP)?
Lae lewenstandaard/-peil
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer TWEE ekonomiese aanwysers in die spotprent
hierbo.
• BBP
• Inflasiekoers
• Wisselkoers Enige (2 x 1) (2)
4.2.2 Beskryf kortliks die term resessie.
Ekonomiese verlangsaming (negatiewe ekonomiese groeikoers) vir
meer as twee agtereenvolgende kwartale
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.2.3 Hoe sal die aanvanklike stadiums in ‘n ekonomiese afswaai
rentekoerse in Suid-Afrika beïnvloed?
Rentekoerse sal hoog bly gedurende ‘n resessie / rentekoerse sal
daal tydens ‘n depressie (2)
4.2.4 Wat kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank doen om
ekonomiese groei in die land te verhoog?
Die SARB kan ekonomiese groei verhoog deur:
• rentekoerse te verlaag (uitbreidende monetêre beleid)
• om kredietskepping te beïnvloed deur krediet goedkoper te
maak
• stabilisering van die wisselkoers om die invloei van fondse aan
te moedig
• aanmoediging van opemarktransaksies deur die aankoop van
sekuriteite wat geld laat terugvloei na die bankstelsel
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) Enige (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer EEN kernbeleidsinisiatief in die uittreksel hierbo
wat deur die Departement van Handel en Nywerheid ontwikkel
is.
• Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk (NNBR)
• Nywerheidsbeleidaksieplan ('IPAP'/NBAP)
• Outomobielproduksie- en Ontwikkelingsprogram ('APDP')
• Kleding- en Tekstiel-mededingendheidsprogram ('CTCP') (1)
4.3.2 Volgens die uittreksel, wat is die hoofdoelwit van die
Departement van Handel en Nywerheid?
• Groei van die ekonomie
• Verminder werkloosheid
• Verbeter die gelyke verspreiding van ekonomiese aktiwiteit (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die doelwitte van die Nasionale
Nywerheidsbeleidsraamwerk.
• Diversifikasie bo en behalwe tradisionele kommoditeite en
dienste
• Intensifisering van industrialiseringsprosesse en beweging na
'n kennisgedrewe ekonomie
• Bevordering van arbeid-absorberende industrialisasie
• Verhoogde deelname van histories-benadeelde mense en
gemarginaliseerde streke
• Dra by tot nywerheidsontwikkeling op die Afrika-kontinent
• Verhoog die potensiaal van grootskaalproduksie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
4.3.4 Hoe sou hierdie kernbeleidsinisiatiewe die groei van die Suid-
Afrikaanse ekonomie ondersteun?
Groei sal ondersteun word deur:
• ontwikkeling van 'n sterk nywerheidsbasis vir die land
• verbetering van infrastruktuurontwikkeling wat krities is vir
uitgebreide produksie
• verbetering van produksiemetodes
• verhoging van produksie-gedrewe vaardighede
• verhoging van mededingendheid van die ekonomie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
4.4 Bespreek kortliks verdeling van inkome (ekonomiese gelykheid) en
prysstabiliteit as makro-ekonomiese doelwitte.
Verspreiding van inkomste (ekonomiese gelykheid):
• Progressiewe inkomstebelasting en belasting op winste, rykdom en
besteding word gebruik om gratis welsynsdienste te finansier
• Bv. onderwys, primêre gesondheidsorg, basiese ekonomiese dienste en
betaling van kontanttoelaes aan armes en ander kwesbare persone
(Maks 4)
Prysstabiliteit:
• Stabiele pryse lei tot beter resultate ten opsigte van werkskepping en
ekonomiese groei
• Die SARB-inflasieteiken is 3–6% en was suksesvol om inflasie binne hier-
die teiken te hou (aanvaar ‘n antwoord wat bo die boonste grens lê)
• Rentekoerse, gebaseer op die repokoers, is die vernaamste instrument
gebruik in die bereiking van prysstabiliteit
• 'n Stabiele begrotingstekort het 'n stabiliserende effek op die inflasiekoers
en op pryse
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite /
voorbeelde) (Maks 4) (8)
4.5 Hoe kan die regering aansporings gebruik om nywerheidsontwikkeling
aan te moedig?
Die owerheid kan nywerheidsontwikkeling aanmoedig deur:
• ontwikkeling van programme wat sal verseker dat behoorlike vaardighede
aan die arbeidsmag gegee word en 'n sekere minimum van die
bedryfskoste van maatskappye sal dek
• verskaffing van besigheids-ondersteuningsprogramme om ondersteuning
aan kleinsake-ondernemings en entrepreneurs te verbeter
• toelaes beskikbaar te stel aan klein en opkomende besighede
• belastingvrye toelaes vir investering in nywerhede te verskaf
• verskaffing van buitelandse beleggingsinisiatiewe bv. Strategiese
Investeringsprogram
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Maks 8) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.
Die antwoord moet soos volg geassesseer word:
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
• Bespreek uitvoerbevordering as deel van Suid-Afrika se internasionale
handelsbeleid onder die volgende opskrifte:
- Redes (8)
- Metodes (8)
- Nadele (10) (26 punte)
• Ontleed die argumente ten gunste van 'n vryhandelsbeleid. (10 punte) [40]
INLEIDING
• Uitvoerbevordering behels die verskaffing van aansporings om plaaslike besighede
aan te moedig om goedere vir uitvoer te produseer
• As die owerheid aansporings betaal om produksie van goedere aan te moedig wat
uitgevoer kan word
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Maks 2)
HOOFDEEL
Redes vir uitvoerbevordering:
• Die land bereik betekenisvolle ekonomiese groei wat deur uitvoere gelei is
• Uitvoerbevordering vergroot die produksiekapasiteit van die land
• Uitvoermarkte is baie groter as plaaslike markte
• Groter produksie-eenhede skep meer werksgeleenthede
• Dit lei tot laer kleinhandelpryse (Maks 8)
Metodes van uitvoerbevordering:
• Aansporings:
- Die owerheid verskaf inligting oor uitvoermarkte om uitvoere te stimuleer
- Ander voorbeelde is navorsing oor nuwe markte, konsessies op vervoerkoste,
uitvoerkrediet
• Subsidies:
- Aansporings wat uitvoerders aanmoedig om die hoeveelheid produksie te
verhoog
- Dit sluit direkte en indirekte subsidies in:
o Direkte subsidies: Kontantbetalings aan uitvoerders
o Indirekte subsidies: Terugbetaling van invoertariewe en algemene
belastingkortings
• Handelsneutraliteit:
- Subsidies wat gelyk is in grootte van invoerregte, word betaal
- Neutraliteit kan bereik word deur handelsliberalisering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 13 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
Nadele van uitvoerbevordering:
• Die werklike produksiekoste is versteek:
- Dit verlaag die totale koste deur subsidies en aansporings
- Die werklike produksiekoste word deur die subsidies versteek
- Die produk kan dalk nooit op die opemark meeding nie
• Gebrek aan mededinging:
- Aansporings en subsidies verlaag pryse en dwing mededingers wat volhoubare
en winsgewende besighede kan skep uit die mark uit
- Totale potensiële handel word dus verminder met subsidies eerder as
daarsonder
• Verhoogde tariewe en kwotas:
- Oorsese lande kan terugslaan met tariewe en selfs kwotas wanneer eenderse
goedere plaaslik onder hul werklike produksiekoste verkoop word
- Magtige oorsese besighede kan bekostig om eenderse produkte teen baie laer
pryse aan te bied
- In vergelyking met hul produksie, kan die gesubsidieerde besigheid se
binnelandse mark so klein wees dat dit die besigheid wat die subsidie ontvang,
vernietig
• Beskerming van arbeidsintensiewe bedrywe:
- Ontwikkelde lande handhaaf dikwels hoë vlakke van doeltreffende beskerming
vir hul nywerhede wat arbeidsintensiewe goedere produseer waar
ontwikkelende lande alreeds 'n vergelykende voordeel het of kan verkry
- Uitvoerbevordering lei tot die beskerming van arbeidsintensiewe nywerhede
deur ontwikkelde lande
(Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)
Maks (26)
ADDISIONELE DEEL
• Spesialisasie: Die teorie van vergelykende voordeel toon dat die wêreld se
uitset kan verhoog as lande spesialiseer daarin wat hulle relatiewe goed kan
produseer
• As lande spesialiseer in die produksie van goedere waar hulle 'n vergelykende
voordeel geniet, sal wêreldhandel en verbruik gemaksimeer
• Handel laat ekonomieë van skaal toe om te maksimeer en dus word
eenheidskoste verlaag
• Ekonomieë van skaal is 'n bron van vergelykende voordeel
• Vryhandel gee verbruikers die keuse om by die hele wêreld te koop en nie net wat
binnelands geproduseer word nie
• Verbruikers se welvaart verhoog omdat sommige verbruikers verkies om
ingevoerde goedere eerder as binnelandse goedere te koop
• Keuses word vergroot
(Aanvaar enige ander korrekte relevante feit) (Maks 10)
SLOT
In die lig van die negatiewe impak van vryhandel is dit krities belangrik om kleiner
ontwikkelende ekonomieë te beskerm teen die ongelyke mededinging deur die
ontwikkelde ekonomieë (Maks 2) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 14 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
• Ondersoek die vraagkantbenadering tot groei en ontwikkeling in Suid-Afrika.
(26 punte)
• Evalueer die sukses van 'AsgiSA'/VGGI-SA en Swart Ekonomiese
Bemagtiging (SEB) as owerheidsinisiatiewe om groei en ontwikkeling te
bevorder. (10 punte) [40]
INLEIDING
Die vraagkantbenadering beklemtoon die feit dat vir 'n land om groei te ervaar, daar
'n behoefte bestaan om totale vraag te vergroot deur die diskresionêre verandering
van die monetêre en fiskale beleide van die land
(Enige ander relevante inleiding) Maks (2)
HOOFDEEL
→ ‘n Vraagkantbenadering behels diskresionêre veranderinge in monetêre en fiskale
beleide met die doel om die vlak van totale markvraag te verander
→ Monetêre beleid word gedryf deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB).
→ Dit streef na stabiele pryse deur die beheer van inflasie
→ Fiskale beleid word gedryf deuer die Departement van Finansies
→ Dit streef daarna om die staat se politiese en ekonomiese doelwitte te fasiliteer
→ ‘n Vraagkantbenadering tot ekonomiese groei en ontwikkeling hang nie net af van
fiskale en monetêre beleide nie
→ Dit is afhanklik van die komponente van totale vraag, dit is Ci, I, X en G
1. MONETêRE BELEID
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) is Suid-Afrika se sentrale bank en
formuleer monetêre beleid.
Die volgende instrumente word gebruik:
• Rentekoersveranderinge
- Dit word geb ruik om kredietskepping te beïnvloed deur krediet duurder of
goedkoper te maak.
- Die wisselkoers word gestabiliseer deur invloeie en uitvloeie aan te moedig
• Opemarktransaksies
- Om krediet te beperk, verkoop die SARB sekuriteite
- Wanneer banke die sekuriteite koop, vloei geld na die SARB
- Die banke beskik dan oor minder kontant om uit te leen en kan nie soveel
krediet toestaan soos voorheen nie
- Om kredietverlening aan te moedig, koop die SARB sekuriteite
- Geld vloei in die bankstelsel in
• Morele oorreding
- Die SARB konsulteer met banke om verantwoordelik op te tree in die lig van die
heersende ekonomiese toestande
• Kontantreserwe vereistes
- Banke word verplig om ‘n vasgestelde minimum kontantreserwe by die SARB te
hou
- banke het ‘n beperkte hoeveelheid geld beskikbaar vir kredietverlening
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 15 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
2. FISKALE BELEID
Suid-Afrika se fiskale beleid kom in werking deur die begrotingsproses
Die hoofdoelwit van die fiskale beleid is om makro-ekonomiese groei en ontwikkeling
te stimuleer, en om herverdeling van welvaart te verseker
Die volgende instrumente word gebruik:
• Progressiewe persoonlike inkomstebelasting
- Hoër inkomsteverdieners word met hoër belastingkoeerse belas
- Hierdie belastings word aangewend om maatskaplike ontwikkelings te finansier
- Die armes verkry meer voordeel as diegene met hoër inkomste
• Welvaartbelastings
- Heffings (belastings) word op eiendomme geplaas na gelang van hulle
markwaardes
- Hereregte word betaal wanneer eiendom gekoop word
- Sekuriteite (aandele en effekte) word met verkoop belas
- Kapitaalwinsbelasting word gehef op wins uit verkoop van kapitale goedere bv.
eiendomme en aandele
- Boedelbelasting word gehef op afgestorwenes se boedels
- Hierdie belastings word aangewend om finansiële ontwikkelinngsbesteding te
finansier wat die armes meer dikwels bevoordeel
• Kontantvoordele
- Ouderdomspensioene, ongeskiktheidstoelaes, kinderondersteuning en
werkloosheidsversekering is kontanttoelaes
- Dit is ook bekend as bestaansorgbetalings
• Goederevoordele (natura-voordele)
- Dit sluit in voorsiening van gesondheidsorg, onderwys, skooletes, sekuriteit
- Wanneer gebruiksfooie gehef word, betaal die armes of lae inkomsteverdieners
minder of niks
- Beperkte hoeveelhede gratis elektrisiteit en water word voorsien
• Ander herverspreiding
- Openbare werkeprogramme, d.w.s. Strategiese Geïntegreerde Projekte (SGP)
voorsien werkverskaffingsubsidies en ander kontant en finansiële voordele,
soos opleiding, finansiering en uitvoeraansporings
• Grondrestitusie en grondherverdeling
- Grondrestitusie is die teruggee van grond aan diegene wat dit verloor het weens
eertydse diskriminerende wette
- Grondherverdeling fokus op grond vir woongebiede (dorp) en produktiewe
grond (plaas) vir voorheen benadeelde groepe
- Die fondse vir hierdie perojekte word voorsien in die begroting
• Eiendomsubsidies
- Dit help mense om eienaarskap te bekom van vaste residensiële eiendom
- bv. die staat se behuisingsubsidieskema voorsien befondsing aan alle mense
wat minder as R3 500 per maand verdien
(Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) Maks (26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 16 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
ADDISIONELE DEEL
'AsgiSA'/VGGI-SA kon:
• meer werk skep wat tot verhoging in lone en verbruik gelei het
• die lewenstandaard/-peil van sekere landsburgers verhoog
• werkloosheidsvlakke effens verminder deur die Uitgebreide Openbarewerke-
program ('EPWP')
'AsgiSA'/VGGI-SA het probeer om:
• die ekonomiese groei te verhoog alhoewel Suid-Afrika steeds hoë vlakke van
werkloosheid ondervind veral by die jeug
Swart Ekonomiese Bemagtiging SEB) kon:
• 'n paar swart mense deur die stelsel bemagtig, deur aanstellings in senior posisies
beide in die openbare en privaat sektore
• baie voorheen benadeelde persone aktief betrek in die ekonomie van die land
• geleenthede skep vir jong opkomende entrepreneurs om die sakewêreld te
betree
• toegang bied tot oop sakegeleenthede in die verskillende sektore van die ekonomie
Swart Ekonomiese Bemagtiging het probeer om:
• alle Suid-Afrikaners te bevoordeel alhoewel die stelsel misbruik is deur 'n paar
mense met korrupsieneigings
• waardevolle hulpbronne eweredig te verdeel, alhoewel nepotisme en wyd
verspreide korrupsie tot die vermorsing van waardevolle hulpbronne gelei het
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Maks 10)
SLOT
Duidelike beleidsriglyne en bestuur kan duidelik afgebakende progressiewe groei en
ontwikkeling van lande verbeter
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) (Maks 2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 EC June 2017 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper