Skip to content

Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12201716 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V2 2017 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A  verkoopprys 1.1.2 C  positiewe 1.1.3 B  heterogeen 1.1.4 A  geknak 1.1.5 A  eie belang 1.1.6 C  Suid-Afrikaanse Reserwebank 1.1.7 B  een 1.1.8 C  kweekhuis- (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 D  vind plaas wanneer insette toeneem, terwyl uitsette toeneem met minder as die persentasiestyging in insette 1.2.2 F  ekstra inkomste wat die verkoper verdien as nog een eenheid van 'n produk geproduseer en verkoop word 1.2.3 A  tydsduur waar ten minste een produksiefaktor vasgestel is 1.2.4 G  'n onderneming in 'n volmaakte mark sal oorweeg om deure te sluit as GI = GVK 1.2.5 I  uitwissing van uiterste armoede en hongersnood 1.2.6 E  sluit die pryse van goedere en dienste uit wat gereeld verander 1.2.7 B  bestaan van fasiliteite en geriewe, byvoorbeeld paaie en brûe 1.2.8 H  lisensie vir 'n besigheid om tot 'n gespesifiseerde limiet te besoedel (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Subsidie  1.3.2 Prysleierskap  1.3.3 Eksternaliteit  1.3.4 Hiperinflasie  1.3.5 Besoedeling  1.3.6 Klimaatsverandering  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne AFDELING B TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 TWEE voorbeelde van gemeenskapsgoedere: • Weermag  • Polisiedienste  • Straatligte  (2 x 1) (2) 2.1.2 Moeilik om vraag na geskoolde arbeid aan te pas: • Dit neem tyd om werkers op te lei  • Groter deel van die bevolking is ongeskoold  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Prys van sigarette: R100  (1) 2.2.2 Hoeveelheid gevra nadat belasting gehef is: 200  (1) 2.2.3 Merietegoedere en niemerietegoedere: Merietegoedere: • Is hoogs gewens vir algemene welsyn maar nie hoog aangeslaan deur die mark nie, bv. gesondheidsorg • Die mark produseer minder as die verlangde hoeveelheid • As mense die markprys sou moes betaal, sou minder verbruik word  Niemerietegoedere: • Is hoogs ongewens vir die algemene welsyn van die samelewing • Hierdie goedere word gewoonlik oorverbruik en voorsien • Verbruikers is onbewus van die ware koste of negatiewe eksternaliteite, siektes, ens.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2 x 2) (4) 2.2.4 Verminder markmislukking: Markmislukking kan verminder word omdat: • Die belasting op sigarette die prys van die goedere verhoog wat die aanbod na links sal skuif (AA na A 1 A 1 )  • Minder eenhede (200) gevra sal word by die nuwe ewewig (e 1 ) wat sosiaal meer aanvaarbaar is  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Instelling wat antimededingende gedrag ondersoek: Mededingingskommissie  (1) 2.3.2 EEN aspek negatief beïnvloed: • Handelsuitvoere  • Nywerheidsektor  • Werkskepping  (1) 2.3.3 Rol van die Mededingingstribunaal: Die Mededingingstribunaal aanvaar of verwerp die ondersoek en aanbevelings van die Mededingingskommissie  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 2.3.4 Markoorheersing: Markoorheersing is wanneer een of meer besighede 'n aansienlike beheer in die mark het  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 2.3.5 Invloed van antimededingende gedrag op nywerheidsektor: Gedrag sal die nywerheidsektor beïnvloed deur: • Insetkoste van alle staalverwante vervaardigers in die nywerheid te laat styg omdat pryse hoër as markpryse gestel sal word (inflasie)  • 'n Daling in handelsuitvoere van verwante nywerhede te veroorsaak en indiensneming dus sal afneem  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2 x 2) (4) 2.4 Produktiewe en toedelingsondoeltreffendheid: Produktiewe ondoeltreffendheid • Die besigheid produseer nie teen die laags moontlike koste nie  • Hulpbronne word nie doelmatig aangewend om die maksimum aantal eenhede te produseer nie  • Daar is geleentheid om die koste te verlaag sonder om minder te produseer of om produkte van 'n swakker gehalte te produseer  (Maks 4) Toedelingsondoeltreffendheid • Wanneer hulpbronne nie aangewend word in die regte verhoudings nie en die produkmengsel nie aan die verbruikersvoorkeure voldoen nie  • Sommige produkte mag oorvoorsien word, terwyl ander produkte ondervoorsien word  (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Maks 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne 2.5 Grafiek om die ekonomiese verlies van 'n monopolie markstruktuur te illustreer. EKONOMIESE VERLIES: MONOPOLIE  Prys  Inkomste MK  GK  Koste P1 A  Puntetoekenning: D B Korrekte trek en posisionering van GK-kromme – 1 punt Korrekte trek en posisionering van MK-kromme – 1 punt Korrekte aandui (area) van ekonomiese wins – 2 punte Benoeming van asse - 1 punt Benoeming op asse - 1 punt Korrekte aandui van MK = MI - 1 punt Korrekte opskrif - 1 punt E Maks 8 punte  MI VV = GI 0 Q1  Hoeveelheid (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 3.1.1 TWEE Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika: • Mapungubwe  • Die Sterkfonteingrotte  • Robbeneiland  • iSimangaliso Vleilandpark  • Die Kaapse Fynbosstreek  • Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap  • Vredefortkoepel  • UKhahlamba Drakensberg  (2 x 1) (2) 3.1.2 Bestuur die omgewing om volhoubaarheid te verseker: Mense kan opgelei word deur: • 'n Bewustheid van omgewingskwessies en hoe hulle aksies die omgewing positief of negatief kan beïnvloed  • 'n Bewustheid van die verskillende produkte wat herwin kan word  • Besighede wat organiese produkte vir die mark produseer  • 'n Bewustheid van die vernietiging van die omgewing via spuitkannetjies  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 'n Kilowatt per uur (kWh) elektrisiteit in 2002: 20 sent  (1) 3.2.2 Neiging van die gemiddelde prys van elektrisiteit: Stygende  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (1) 3.2.3 Geadministreerde prysinflasie: Inflasie veroorsaak deur 'n styging in pryse van goedere wat deur die staat of staatsaangestelde owerhede gereguleer word  (2) 3.2.4 Pryse bo die inflasieteiken: Sodat Eskom in staat is om projekte, soos die uitbreiding van infrastruktuur, te bekostig  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 3.2.5 NERSA reguleer elektrisiteitspryse in Suid-Afrika: • Dit help verbruikers om relatief laer pryse te betaal in vergelyking met geen regulering nie  • Besigheid se produksiekoste styg teen 'n relatief kleiner persentasie wat 'n beter geleentheid vir ekonomiese groei toelaat  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne 3.3 DATARESPONS 3.3.1 TWEE redes (doelwitte) vir binnelandse reise: • Besoek familie en vriende  • Vakansie  • Besigheid  Enige (2 x 1) (2) 3.3.2 Binnelandse toerisme: Binnelandse toerisme is wanneer mense binne die grense van hulle eie lande reis.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 3.3.3 Rede vir daling in vakansiereise tussen 2015 en 2016: • Styging in inflasie  • Die uitwerking van 'n swakker rand  • 'n Styging in die algemene werkloosheid  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 3.3.4 Getal mense wat sakereise (besigheid) in 2016 onderneem het: 11  x 7,3 m  100 = 803 000  (4) 3.4 Toeken van eiendomsregte as 'n maatreël om die omgewing te ondersteun: • Toeken van eiendomsregte het bewaringseffek omdat mense omsien na dinge wat aan hulle behoort  • Gee mense eiendomsregte om plant- en dieruitwissing te voorkom  • Plante en diere kan bewaar word teen min koste vir belastingbetaler  • As eiendomsregte uitgebrei word na gemeenskaplike goedere, soos skoon lug, sal diegene wat ly a.g.v. besoedeling die besoedelaars kan aankla vir die reg om te besoedel (heffings)  • Dit is onprakties om privaat eiendomsregte uit te brei na lug.  • Die beginsel om besoedelaars te laat betaal om besoedeling te verminder, word soms deur regerings gevolg  (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (4 x 2) (8) 3.5 Gebruik inheemse kennisstelsels (IKS) om toerisme in SA te verhoog: Toerisme kan verhoog word deur: • Plaaslike kultuur, geskiedenis en omgewing by internasionale toeriste te bevorder  • Outentieke dorpervarings by kulturele dorpies, soos Shangana in Mpumalanga, aan toeriste te bied  • Kulturele betekenisvolheid van Wêrelderfenisterreine, soos Robbeneiland, te bevorder  • Toere in townships, bv. Soweto, laat toeriste by 'n sjebeen eet en drink • Toeriste wat in die kunste belangstel na feeste, soos die Nasionale Kunstefees in Grahamstad, te neem  (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) Maks (8) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 4.1.1 TWEE omgewingsprobleme wat omgewingsvolhoubaarheid beïnvloed: • Biodiversiteitsverlies  • Chemiese afval  • Gevaarlike afval  • Klimaatsverandering  • Verlies van inheemse kennis  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2 x 1) (2) 4.1.2 Reaksie van produsent: Die produsent sal die hoeveelheid verskaf verminder  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 EEN van die vyf groot banke in SA: • Standardbank  • ABSA  • Eerste Nasionale Bank (FNB)  • Capitec  • Nedbank  (1) 4.2.2 Wat verhinder toetrede tot die bankbedryf in SA? Groot belemmeringe tot toetrede/R250 miljoen as aanvangskapitaal- vereiste  (1) 4.2.3 Oligopolie: 'n Markstruktuur waar slegs 'n paar verkopers funksioneer  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 4.2.4 Aard van die produk deur bankbedryf aangebied: Dienste deur die banksektor aangebied, is heterogeen, bv. verskillende beleggingsportefeuljes  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 4.2.5 Vergroot markaandeel: Markaandeel kan vergroot word deur: • Advertering van bank se produkte by potensiële kliënte  • Verkoop van verskillende produkte teen mededingende pryse, soos lenings en versekering  • Aanbied van individu-gebaseerde rentekoerse op deposito's en lenings  • Aanbied om van die gemak van jou huis transaksies te doen, bv. Internetbankdienste  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Wêreldkonferensie oor Wildlewe: Johannesburg  (1) 4.3.2 CITES se doelwit: Om te verseker dat internasionale handel in wildspesies nie hul oorlewing bedreig nie  (2) 4.3.3 Bewaring: Die voortbestaan van die omgewing terwyl daar seker gemaak word dat verandering simpatiek is oor die lewensgehalte van beide huidige en toekomstige geslagte  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 4.3.4 Olifantstroping ('poaching'): • Die voortdurende slagting van olifante sal 'n wanbalans in die ekostelsel veroorsaak  • Dit kan tot biodiversiteitsverlies lei  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 4.3.5 Bewaring van olifante: • Lande kan ooreenkom om gemeenskappe by bewaringsaktiwiteite met formele organisasies te betrek waar hulle dan 'n beloon word vir hulle pogings.  • Ivoorhandel kan verban word.  • Lang tronkstraf kan aan persone wat in ivoor handel dryf, opgelê word.  • Wettige handel in olifante kan gemoniteer word.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2 x 2) (4) 4.4 Redes vir groei in die toerismebedryf: • Styging in verbruikbare inkome laat mense toe om meer aan ontspanning en rekreasie te spandeer  • As gevolg van globalisering is mense goed ingelig oor lande en bestemmings  • Verbeterde kommunikasie verseker makliker reisreëlings  • Deur advertensies is mense bewus van reisbestemmings  • Verbeterde infrastruktuur, soos paaie en lughawens, moedig mense aan om te reis  • Mense het bewus geword van die belangrikheid van ontspanning en rekreasie  (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2 x 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne 4.5 Kostevoordeelontleding (KVO): • KVO lei tot objektiewe besluitneming deur koste en voordele teen mekaar op te weeg  • KVO word toegepas op daardie projekte waar 'n verwagting bestaan dat 'n aansienlike verskil tussen sosiale koste en voordele bestaan, met ander woorde die moontlikheid van 'n markmislukking  • Dit sluit 'n breër sosiale impak en eksternaliteite in die besluitnemings- proses in  • Dit word gebruik om finaal te besluit of daar met die projek voortgegaan moet word of nie  • Markseine wat die voortgaan of nie van die projek ondersteun, is afwesig. (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (Maks 8) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne AFDELING C EEN van die twee vrae in hierdie afdeling Die antwoord moet soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2 • 'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer. • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/ Maks. 26 Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die Maks. 10 gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat alreeds genoem is, te herhaal • Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk • 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang • Aanbevelings TOTAAL 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Markte is die ruggraat van ekonomiese aktiwiteite in enige land. • Vergelyk die markstruktuur van 'n monopolistiese mededinger met dié van 'n volmaakte mark. (26) • Verduidelik, met behulp van 'n grafiek, hoe ekonomiese wins vir 'n volmaakte mededinger bereik word. (10) [40] INLEIDING • 'n Mark is 'n instelling of meganisme wat kopers en verkopers van goedere en dienste byeenbring/ • 'n Markstruktuur is 'n raamwerk van hoe 'n mark georganiseer is/ • Monopolistiese mededinging is 'n markstruktuur met baie kopers en verkopers waar toetrede relatief maklik is maar die produk gedifferensieerd is/ • Volmaakte mededinging is 'n markstruktuur met baie kopers en baie verkopers  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Maks 2) HOOFDEEL (1) Aantal besighede  • Daar is 'n aantal verkopers in die volmaakte mark wat so groot is dat individuele markdeelnemers onbeduidend is in verhouding tot die mark as geheel  'n Voorbeeld van 'n volmaakte mark is die Sekuriteitebeurs of die produktemark  • 'n Groot aantal verkopers is aktief in die monopolisties mededingende mark  Voorbeelde van monopolistiese markte is produsente van skoonmaakmateriaal, koeldranke, tandepasta, seep  (2) Aard van die produk  • Alle produkte verkoop op die volmaakte mark is homogeen  Al hierdie produkte is identies met betrekking tot kwaliteit en voorkoms  en dit maak geen verskil aan 'n koper waar en by wie hy of sy die produk koop nie  • Produkte deur besighede in 'n monopolisties mededingende mark geproduseer, is heterogeen  Dit kan effens verskil m.b.t. voorkoms, vorm, grootte en smaak  Verskille kan denkbeeldig wees, bv. medisyne kan verskille handelsname hê, maar dieselfde basiese bestanddele  (3) Toetrede en uittrede uit die mark  • Daar is volkome vryheid van toe- en uittrede van kopers en verkopers in die volmaakte mark  Toetrede is nie onderhewig aan enige beperkings in die vorm van wetlike, finansiële, tegnologiese of ander hindernisse nie  • Toetrede tot die monopolisties mededingende mark is maklik en vry  Daar is geen hindernisse, soos lisensies, permitte, patente of ander beperkings, nie  (4) Markkennis  • Beide kopers en verkopers het volledige kennis van heersende marktoestande in die volmaakte mark  Daar word aangeneem dat kopers en verkopers instinktief weet van, bv. beskikbare hoeveelhede, prys waarteen die produk verkoop word  • Markinligting in die monopolisties mededingende mark is onvolledig  Die baie handelsmerke, verskeidenheid produkte, marginale verskille, ens. veroorsaak 'n gebrek aan inligting vir verkopers en kopers  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 13 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne (5) Beheer oor die prys  • Daar is so baie besighede in die volmaakte mark dat die individuele besigheid so klein is en dat geen enkele besigheid beheer oor die prys van die produk uitoefen nie  Die prys word bepaal deur markkragte en die besigheid word beskou as 'n prysnemer  • Die individuele besigheid in die monopolisties mededingende mark het 'n mate van beheer oor die prys van 'n produk  Die beheer oor die prys hang heeltemal af van die sterkte van die handelsmerklojaliteit  Die besigheid kan beskou word as 'n prysbepaler  (6) Samespanning  • Samespanning is nie moontlik onder volmaakte marktoestande nie  Dit is nie nodig dat besighede saamspan nie, omdat hulle geen beheer oor prysbepaling het nie  Boonop is die markaandeel van die individuele besigheid so klein en onbeduidend dat dit nie die mark of enige wyse kan manipuleer nie  • Samespanning kom nie voor in die monopolisties mededingende mark nie  Individuele besighede maak staat op handelsmerklojaliteit om pryse te bepaal  Pryse kan gemanipuleer word deur die sterkte van hul handelsmerklojaliteit  Pryse is normaalweg hoër in gevalle waar handelsmerklojaliteit groot is  Beheer oor die mark (uitset/lewering) is onderhewig aan handelsmerklojaliteit as gevolg van produkdifferensiasie  (7) Bemarking  • Daar is geen behoefte aan 'n bemarkingstrategie in die volmaakte mark nie as gevolg van volmaakte markkennis  • 'n Bemarkingstrategie word toegepas in die monopolisties mededingende mark  Doelbewuste advertensieveldtogte word bekendgestel om handelsmerklojaliteit te skep  (8) Winste  • Die besigheid kan ekonomiese winste in die kort termyn behaal, maar slegs normale winste in die lang termyn in die volmaakte mark  • Die besigheid kan ekonomiese winste in die kort termyn sowel as in die lang termyn in die monopolisties mededingende mark behaal  (9) Vraagkromme  • Die vraagkromme vir die besigheid in die volmaakte mark is horisontaal  • VV = GI = MI  • Die vraagkromme vir die besigheid in die monopolisties mededingende mark se helling neig afwaarts van links na regs  • GI = VV  • Die MI-kromme lê onder die GI-kromme  (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) 18 punte vir besprekings Aanvaar indien in tabelvorm Maks (26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 14 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne ADDISIONELE DEEL Ekonomiese wins deur 'n volmaakte mededinger: Prys  Koste MK  Inkomste GK E P1 MI   GI K B 0 Q1 Hoeveelheid PUNTETOEKENNING Korrekte trek en posisionering van kostekrommes = 1 punt Korrekte trek en posisionering van inkomstekrommes = 1 punt Aanduiding van ekonomiese wins (gebied) = 2 punte Korrekte ewewigspunt (winsmaksimering) = 1 punt Korrekte benoeming van asse = 1 punt Maks. Totaal 6 punte • Die minimum punt van die korttermyn- gemiddelde koste (GK) is laer as die markprys P1  • Die besigheid se winsmaksimeringspunt is waar MI = MK by punt E, en daarom sal die besigheid hoeveelheid Q1 produseer teen markprys P1  • Totale inkomste is gelyk aan 0P1 x 0Q1 en totale koste is gelyk aan 0P2 x 0Q1  • Totale inkomste oorskry totale koste, wat beteken dat die besigheid 'n wins maak wat voorgestel word deur area P1KBE  • Die wins staan bekend as ekonomiese wins, 'n wins bykomend tot normale wins  Maks (6) vir grafiek Maks (6) vir verduideliking Maks 10 SLOT Terwyl die volmaakte mark nie bestaan nie, dien dit as 'n standaard dat onvolmaakte markte, soos monopolisties mededinging, moet poog om te bereik  Maks (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 15 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE Die nadeel van 'n markekonomie word dikwels deur inflasie getoon. • Bespreek die oorsake van kostedrukinflasie. (26) • Gee die Minister van Finansies raad oor hoe om belastings as 'n instrument te gebruik om inflasie te bekamp. (10) [40] INLEIDING Inflasie is 'n volgehoue en aansienlike styging in die algemene prysvlak in 'n sekere periode  (Enige ander relevante inleiding) Maks (2) HOOFDEEL Lone  • Loonstygings wat hoër as produktiwiteit is veroorsaak 'n kostestyging vir produsente  • Die een enkele belangrikste koste-item in enige ekonomie en dra amper 50% van die waarde by tot basiese pryse  Sleutelinsette  • As die prys van ingevoerde sleutelinsette styg, styg binnelandse produksiekoste ook  • Produsente verhaal hierdie koste deur die pryse van hulle produkte te verhoog  Winsmarges  • Wanneer besighede hul winsmarges verhoog, verhoog hulle die produksiekoste en die prys wat die verbruikers moet betaal  • Dit is omdat vervaardigers die hoër pryse moet verhaal wat hulle moet betaal deur hulle pryse te verhoog  Produktiwiteit  • As verskillende produksiefaktore minder produktief raak terwyl hul steeds dieselfde vergoeding ontvang, styg die koste om elke uitseteenheid te vervaardig  Wisselkoersdepresiasie  • As die rand depresieer teen die groot geldeenhede, sal invoere uit hierdie lande duurder wees  • Produsente moet meer geld betaal vir dieselfde hoeveelheid produkte as voorheen; so verskuif hulle dikwels die styging/verhoging na die verbruikers  Natuurrampe  • Rampe, soos vloede en droogtes, beïnvloed die produksiekoste negatief  • Voedselpryse is een van die wisselvalligste prysitems as gevolg van die uitwerking van weerveranderinge  Diefstal deur werknemers/Winkeldiefstal  • Baie besighede maak voorsiening vir verliese veroorsaak deur diefstal deur werknemers en winkeldiefstal wat die pryse van produkte verhoog  • Installeringskoste van veiligheidsmaatreëls verhoog die insetkoste  (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) 18 punte vir besprekings Maks (26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 16 DBE/2017 SSE – Nasienriglyne ADDISIONELE DEEL Inflasie kan bekamp word deur: • Verhoging van indirekte belasting wat die prys van spesifieke produkte sal verhoog en dus totale vraag sal verminder , bv. BTW  • Verhoging van direkte belasting ten tyde van vraagtrekinflasie om verbruikbare inkomste en vraag te verminder , bv. persoonlike inkomstebelasting  • Vermindering van korporatiewe belasting om produksie van goedere en dienste aan te moedig om aanbod te verhoog  • Implementering of verhoging van 'n bobelasting op ingevoerde goedere om aankope van ingevoerde goedere te ontmoedig  • Verhoging van aksynsbelasting (sondebelasting) wat sal bydra tot 'n verminderde vraag na niemerietegoedere  Maks (10) SLOT Dit is belangrik vir 'n land om verskeie maatreëls te implementeer om inflasie te beheer aangesien die uitwerking daarvan vernietigend kan wees  Maks (2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all