Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201712 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V2 2017 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/2017 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/2017 SSE AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK. VOORBEELD: 1.1.9 A B C D 1.1.1 Die gemiddelde inkomste van 'n besigheid in 'n volmaakte mededingende mark is gelyk aan die … daarvan. A verkoopprys B totale koste C marginale koste D ekonomiese wins 1.1.2 Die aanbodkromme vir 'n besigheid in 'n volmaakte mededingende mark het 'n … helling. A negatiewe B horisontale C positiewe D konvekse 1.1.3 Gedifferensieerde produkte is … A identies. B heterogeen. C homogeen. D uniek. 1.1.4 Die vraagkromme wat oligopolistiese gedrag verduidelik, word deur sommige teoretici as … beskryf. A geknak B vertikaal C horisontaal D sirkelvormig 1.1.5 Die mark is nie in staat om die omgewing te beskerm nie, omdat dit hoofsaaklik deur … aangedryf word. A eie belang B sosiale belang D sosiale koste C die gemeenskap Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/2017 SSE 1.1.6 Die implementering van inflasieteikens is die verantwoordelikheid van die … A Suid-Afrikaanse Inkomstediens. B Departement van Finansies. C Suid-Afrikaanse Reserwebank. D Departement van Handel en Nywerheid. 1.1.7 Vir 'n reis om as deel van toerisme geklassifiseer te word, is die maksimum lengte van verblyf minder as … jaar. A tien B een C vyf D twee 1.1.8 Aardverwarming is die gevolg van die uitlaat van … gasse in die atmosfeer. A natuurlike B waterstof- C kweekhuis- D suurstofryke (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Disekonomieë van skaal A tydsduur waar ten minste een (Skaalnadele) produksiefaktor vasgestel is 1.2.2 Marginale inkomste B bestaan van fasiliteite en geriewe, byvoorbeeld paaie en brûe 1.2.3 Kort termyn C koste om een ekstra eenheid van 1.2.4 Afsluitpunt 'n produk te produseer 1.2.5 Millennium-ontwikkelings- D vind plaas wanneer insette toeneem, doelwitte terwyl uitsette toeneem met minder 1.2.6 Kerninflasie as die persentasiestyging in insette 1.2.7 Infrastruktuur E sluit die pryse van goedere en dienste uit wat gereeld verander 1.2.8 Bemarkbare permit F ekstra inkomste wat die verkoper verdien as nog een eenheid van 'n produk geproduseer en verkoop word G 'n onderneming in 'n volmaakte mark sal oorweeg om sy deure te sluit as GI = GVK H lisensie vir 'n besigheid om tot 'n gespesifiseerde limiet te besoedel I uitwissing van uiterste armoede en hongersnood (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/2017 SSE 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 'n Kontantaansporing wat aan 'n produsent gegee word om produksiekoste te verlaag 1.3.2 'n Situasie waar een besigheid 'n prys vasstel en ander besighede dit as die markprys aanvaar 1.3.3 Die oorloopeffek ('spillover effect') van 'n ekonomiese aktiwiteit wat derde partye beïnvloed 1.3.4 'n Buitensporige styging in die algemene prysvlak, waarna soms as wegholinflasie verwys word 1.3.5 Die storting van afvalmateriaal in die omgewing 1.3.6 Die langtermynverandering in weerpatrone wat verandering in temperatuur, reënvalpatroon en wind insluit (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/2017 SSE AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van gemeenskapsgoedere. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom is dit moeilik om die vraag na geskoolde arbeid in Suid-Afrika aan te pas? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BELASTING OP SIGARETTE Prys (R) A1 V A 130 e1 100 e A1 V A 200 260 Hoeveelheid 2.2.1 Identifiseer die prys van sigarette voordat 'n belasting daarop opgelê is. (1) 2.2.2 Watter hoeveelheid word gevra nadat die staat 'n belasting op sigarette opgelê het? (1) 2.2.3 Onderskei duidelik tussen merietegoedere en nie-merietegoedere. (4) 2.2.4 Gebruik die grafiek hierbo en verduidelik hoe 'n belasting op sigarette markmislukking sal verminder. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/2017 SSE 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ARCELORMITTAL SE KARTELGEDRAG HET SA NYWERHEDE ONDERDRUK ArcelorMittal het ingestem om 'n boete van R1,5 biljoen aan die Mededingingskommissie te betaal, nadat hulle hul betrokkenheid by antimededingende gedrag met betrekking tot langstaal- en afvalmetaalkartelle erken het. Ten minste vyf ondersoekende klagtes, wat sover terug as 2003 dateer, is teen die staalvervaardiger ingebring. ArcelorMittal se misbruik van markoorheersing het 'n massiewe uitwerking op handelsuitvoere, die nywerheidsektor en werkverskaffing stroomaf gehad. [Bron: www.702.co.za] 2.3.1 Noem die instelling in die uittreksel wat antimededingende gedrag in Suid-Afrika ondersoek. (1) 2.3.2 Identifiseer EEN aspek wat negatief deur ArcelorMittal se antimededingende gedrag beïnvloed is. (1) 2.3.3 Wat is die rol van die Mededingingstribunaal? (2) 2.3.4 Wat word met markoorheersing bedoel? (2) 2.3.5 Hoe sal ArcelorMittal se antimededingende gedrag die nywerheidsektor beïnvloed? (2 x 2) (4) 2.4 Onderskei, sonder om grafieke te gebruik, tussen produktiewe ondoeltreffendheid en toedelingsondoeltreffendheid. (2 x 4) (8) 2.5 Trek 'n volledig benoemde grafiek om die ekonomiese verlies van 'n monopoliemarkstruktuur te illustreer. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/2017 SSE VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan mense geleer word om die omgewing op so 'n wyse te bestuur dat volhoubaarheid verseker word? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GEADMINISTREERDE PRYSINFLASIE Gemiddelde prys van elektrisiteit in Suid-Afrika 2002–2017 Prys in sent per kW.h Jaar [Bron: Nersa] Eskom monopoliseer Suid-Afrika se elektrisiteitsektor. Die besigheid wek elektrisiteit op en gelei en versprei dit. Pryse wat deur Eskom verander word, word deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) gereguleer. Eskom het in 2016 NERSA se goedkeuring vir 'n verhoging van 14% gevra. 'n Styging van 9% is uiteindelik toegestaan, wat steeds hoër as die inflasieteiken is. [Aangepas uit www.google.co.za] 3.2.1 Identifiseer die gemiddelde prys van 'n kilowatt per uur (kW.h) elektrisiteit in 2002. (1) 3.2.2 Watter neiging toon die gemiddelde prys van elektrisiteit, soos in die grafiek geïllustreer? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term geadministreerde prysinflasie. (2) 3.2.4 Hoekom laat NERSA toe dat Eskom prysstygings bo die inflasiekoers het? (2) 3.2.5 Hoekom is dit belangrik dat NERSA elektrisiteitspryse in Suid-Afrika reguleer? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/2017 SSE 3.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. REDES VIR BINNELANDSE TOERISME IN SUID-AFRIKA 2015 EN 2016 Redes vir (Doel van) reise Reise onderneem 2015 2016 Besoek familie en vriende 66% 70% Vakansie 15% 9% Besigheid/Sake 8% 11% Totale getal reise 4,6 miljoen 7,3 miljoen [Bron: www.southafrica.net] 3.3.1 Identifiseer TWEE redes (doel) in die tabel hierbo, waarom Suid- Afrikaners binnelands gereis het. (2) 3.3.2 Beskryf kortliks die term binnelandse toerisme. (2) 3.3.3 Wat is 'n moontlike rede vir die daling in vakansiereise tussen 2015 en 2016? (2) 3.3.4 Bereken die getal mense wat in 2016 sakereise (besigheid) onderneem het. Toon ALLE berekeninge. (4) 3.4 Bespreek kortliks die toeken van eiendomsregte as 'n maatreël vir 'n volhoubare omgewing. (4 x 2) (8) 3.5 Hoe kan inheemse kennisstelsels (IKS) gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te verhoog? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/2017 SSE VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE omgewingsprobleme wat omgewingsvolhoubaarheid beïnvloed. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe sal die produsent reageer as die owerheid 'n maksimum prys op sy produk implementeer? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE 'GROOT VYF' IN SUID-AFRIKA Die huidige bankbedryfsraamwerk in Suid-Afrika is van so 'n aard dat die oligopolie wat groter banke geniet, uiters moeilik is om te breek as gevolg van groot toegangshindernisse vir entrepreneurs wat daarin sou belangstel. 'n Beduidende toegangshindernis tot die Suid-Afrikaanse bankbedryf is die groot aanvangskapitaal-vereiste van R250 m kontant vir 'n banklisensie. [Bron: www.bizcommunity.com] 4.2.1 Identifiseer EEN van die vyf groot banke in Suid-Afrika. (1) 4.2.2 Wat, volgens die uittreksel, verhinder dat enige entrepreneur tot die bankbedryf in Suid-Afrika toetree? (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term oligopolie. (2) 4.2.4 Verduidelik die aard van die produk wat deur die bankbedryf aangebied word. (2) 4.2.5 Hoe ding banke mee om hulle markaandeel in Suid-Afrika te vergroot? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/2017 SSE 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die ooreenkoms van die Konvensie oor die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (CITES) is regtens bindend en het ten doel om te verseker dat internasionale handel in wildspesies nie hul oorlewing bedreig nie. Meer as 2 500 afgevaardigdes van meer as 180 lande het die konferensie in September 2016 in Johannesburg bygewoon, teen die neerdrukkende agtergrond van 'n 30%-daling in die getal Afrika-savanna-olifante in net sewe jaar, hoofsaaklik as gevolg van wildstroping ('poaching') wat deur sindikate in die Verre Ooste aangedryf word. Wildstroping is 'n groot bedreiging vir die omgewing. Omgewingsbewaarders is ook bekommerd dat ivoordiefstal besig is om deur suidelike Zambië na Botswana se Okavango Delta te beweeg, die blyplek van die wêreld se grootste olifantkuddes. [Aangepas uit www.travel24.co.za] 4.3.1 In watter stad is die wêreldkonferensie oor wildspesies gehou? (1) 4.3.2 Identifiseer CITES se doelwit in die uittreksel hierbo. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term bewaring. (2) 4.3.4 Hoekom is olifantstroping ('poaching') 'n bedreiging vir die omgewing? (2) 4.3.5 Hoe kan CITES tot die bewaring van olifante bydra? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks die redes vir groei in die toerismebedryf. (2 x 4) (8) 4.5 Hoekom is 'n kostevoordeel-ontleding (KVO) nodig vir openbaresektor- projekte? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/2017 SSE AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2 • 'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer. • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/ Maks. 26 Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die Maks. 10 gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat reeds genoem is, te herhaal • Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk • 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Markte is die ruggraat van ekonomiese aktiwiteite in enige land. • Vergelyk die markstruktuur van 'n monopolistiese mededinger met dié van 'n volmaakte mark. (26) • Verduidelik, met behulp van 'n grafiek, hoe ekonomiese wins vir 'n volmaakte mededinger bereik word. (10) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE Die nadeel van 'n markekonomie word dikwels deur inflasie getoon. • Bespreek die oorsake van koste-druk-inflasie. (26) • Gee die Minister van Finansies raad oor hoe om belastings as 'n instrument te gebruik om inflasie te bekamp. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all