Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE V1
2017
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 P1 NSC June 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 606.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Economic growth and development16 marks
- Question 1.2Economic growth and development8 marks
- Question 1.3South African economic and social indicators6 marks
- Question 2The role of the public sector40 marks
- Question 3South African economic and social indicators40 marks
- Question 4South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/2017
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/2017
SSE
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die antwoord en maak
'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.9 A B C D
1.1.1 Die ekonomiesekringloop-model van 'n oop ekonomie toon die
funksionering van 'n ekonomie wat die … sektor insluit.
A openbare
B sake-
C buitelandse
D huishoudelike
1.1.2 'n Diagram wat uitbreidings- en inkrimpingsperiodes van
ekonomiese aktiwiteite toon, word 'n … siklus genoem.
A sake-
B ekonomiese
C produktiwiteit-
D inflasionêre
1.1.3 Die verwydering van onnodige beperkings deur wetgewing staan
as … bekend.
A regulering
B deregulering
C sentralisasie
D desentralisasie
1.1.4 Die term wat gebruik word om 'n land se uitvoerpryse met
sy invoerpryse deur middel van indekse te vergelyk, staan
as … bekend.
A betalingsbalans
B ruilvoet
D handelsbalans
C wisselkoers
1.1.5 'n Voorbeeld van 'n sosiale aanwyser is …
A onderwys.
B sakevertroue.
C indiensneming.
D produksie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/2017
SSE
1.1.6 'n Styging in die reële waarde van produksie in 'n land staan as
ekonomiese … bekend.
A ontwikkeling
B groei
C integrasie
D vooruitgang
1.1.7 Watter strategie het misluk in sy doelwit om teen 2014 armoede en
werkloosheid te halveer?
A Nuwe Groeiplanraamwerk (NGPR)
B Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP)
C Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika
('AsgiSA'/VGGI-SA)
D Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP)
1.1.8 'n Spesiaal geboude nywerheidspark, wat fisies omhein en met 'n
internasionale hawe of lughawe gekoppel is, staan as 'n …
bekend.
A korridor
B spesiale ekonomiese sone (SES)
C nywerheidsontwikkelingsone (NOS)
D geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/2017
SSE
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Huishoudings A boete of straf wat deur een land op 'n
ander land gelê word vir een of ander
1.2.2 Nasionalisering oortreding
1.2.3 Devaluasie B daling in die waarde van die rand ten
1.2.4 opsigte van die pond as gevolg van
Sanksies
markkragte
1.2.5 Tegnologie
C oordrag van eienaarskap van die privaat
1.2.6 Nywerheid sektor na die openbare sektor
1.2.7 Lewenstandaard D bestaan uit ondernemings wat dieselfde
soorte produkte produseer
1.2.8 Produktiwiteit
E verhouding tussen uitset in die
ekonomie geproduseer en die inset
gebruik om dit te produseer
F nuwe wetenskaplike kennis in die vorm
van uitvindings en vernuwings
G eienaars van die produksiefaktore
H uitgedruk deur die reële BBP per capita,
lewensverwagting en vlak van
geletterdheid
I doelbewuste vermindering in die waarde
van 'n geldeenheid ten opsigte van 'n
ander geldeenheid
(8 x 1) (8)
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Besigheid wat volkome of gedeeltelik deur die staat besit word en
deur 'n openbare owerheid bestuur word
1.3.2 Die strategie wat deur die Reserwebank gebruik word wat fokus op die
hoeveelheid geld in die ekonomie
1.3.3 Die waarde van 'n land se geldeenheid verruil vir 'n ander geldeenheid
1.3.4 Proses waardeur mense van landelike gebiede na dorpe en stede trek
1.3.5 Arbeidsmag van die ouderdom van 16 tot 60 jaar
1.3.6 Wêreldwye interaksie van ekonomieë met handel as 'n belangrike
element (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/2017
SSE
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE lekkasies uit die ekonomiese kringloop. (2 x 1) (2)
2.1.2 Watter voordeel sal die staat trek uit die verkoop van
nie-winsgewende ondernemings in staatsbesit? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE BRUTO BINNELANDSE PRODUK (BBP) – 2016
R miljoen
Vergoeding van werknemers 1 892 721
Netto bedryfsurplus 1 065 200
Vastekapitaalverbruik 560 397
Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste 3 518 318
Ander belastings op produksie 81 307
Ander subsidies op produksie 9 813
Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse 3 589 812
Belasting op produkte 438 785
Subsidies op produkte 15 005
Bruto binnelandse produk teen markpryse 4 013 592
[Aangepas uit die SARB Kwartaallikse Bulletin, Junie 2016]
2.2.1 Noem die metode wat gebruik is om die BBP in die tabel hierbo
te bereken. (2 x 1) (2)
2.2.2 Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk. (2)
2.2.3 Wat is die vernaamste doelwit van subsidies op produksie? (2)
2.2.4 Bereken vastekapitaalverbruik as 'n persentasie van die BBP teen
faktorkoste. Toon ALLE berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/2017
SSE
2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE NASIONALE BEGROTING – 2016/17
Brandstofheffings 5%
Ander 7%
BTW 27%
STATE
STAATS-
REVENUE
INKOME
Doeaneregte
5%
Persoonlike
inkomste-
belasting 34%
Maatskappybelasting 3% Aksynsregte 3%
[Aangepas uit die 2016-Begrotingsrede]
2.3.1 Identifiseer EEN vorm van indirekte belasting in die inligting hierbo. (1)
2.3.2 Watter tipe belasting sal die grootste bydrae tot die staatsinkome in
die 2016/17 finansiële jaar lewer? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term begroting. (2)
2.3.4 Gee EEN rede hoekom die regering belasting (aksynsregte)
op nie-merietegoedere gedurende die 2016/17 finansiële jaar
verhoog het. (2)
2.3.5 Hoe sal 'n styging in maatskappybelasting ekonomiese groei
negatief beïnvloed? (2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik natuurlike hulpbronne en spesialisasie as oorsake van
internasionale handel. (2 x 4) (8)
2.5 'n Internasionale maatskappy belê R5 miljoen in 'n sakeonderneming in
Suid-Afrika. Bereken die vermenigvuldigereffek van hierdie belegging op ons
ekonomie as die marginale spaargeneigdheid (msg) 0,6 is. Toon ALLE
berekeninge. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/2017
SSE
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE aanwysers wat met produksie verband hou. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom fokus die Suid-Afrikaanse regering op klein
sakeondernemings om ekonomiese groei te bevorder? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WÊRELDWYE Help NOORD
ARMOEDE julleself!
HELP!!
SUID
'Die ontwikkelingsgaping tussen die Noorde en die Suide het 'n probleem
geword wat die hele wêreld moet bestuur.' Hierdie stelling is ietwat uitgedien,
omdat die gaping tussen die ryk en die arm lande besig is om oorbrug te word.
Geleenthede vir meer gelyke handel en kapitaalvloei het sommige
ontwikkelende lande die geleentheid gegee om vinniger te ontwikkel.
Die beskikbaarheid en gebruik van moderne tegnologie in landbou en
vervaardiging en handelsooreenkomste, soos die Wet op Groei en Geleenthede
in Afrika ('AGOA'), het verdere waarde aan die algehele verandering toegevoeg.
[Aangepas uit SAIRR, Oktober 2016]
3.2.1 Watter handelsooreenkoms het ontwikkelende lande gunstige
uitvoergeleenthede gegee? (1)
3.2.2 Identifiseer, in die inligting hierbo, hoe tegnologie vir die bekamping
van armoede gebruik kan word. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die uitwerking van aktiwiteite in die Noorde (Noord-
Suid-verdeling) op die wêreldomgewing. (4)
3.2.4 Na jou mening, hoe kan lande in die Suide die probleem van
onderontwikkeling oplos? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/2017
SSE
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WERKSKEPPING IN PRIVAAT SEKTOR BLY SWAK
Die werkloosheidskoers was teen die einde van 2015, 24,3%.
Langtermynwerksoekers maak 66% van die werkloses uit. Dit dui op die
ernstige gevolge van langdurige uitsluiting uit die arbeidsmark of vaardighede
en indiensneming.
Werkskepping in die privaat sektor bly swak. Die openbare sektor het in 2014,
59% tot 88% van die werkgeleenthede bygedra, waarvan die meeste in
openbarewerke-programme, ondernemings in staatsbesit en plaaslike
regering was.
In die ontwikkelende lande bly werkloosheid steeds die belangrikste oorsaak
van armoede.
[Aangepas uit 2015-Begrotingsoorsig]
3.3.1 Volgens die uittreksel hierbo, watter sektor het in 2014 die meeste
werk geskep? (1)
3.3.2 Identifiseer die belangrikste oorsaak van armoede in die uittreksel. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term werkloosheid. (2)
3.3.4 Hoekom word die hoë indiensnemingskoers deur die openbare
sektor soms as 'n probleem beskou? (2)
3.3.5 Wat kan die privaat sektor doen om indiensneming in Suid-Afrika
te verhoog? (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks streeksontwikkeling in Suid-Afrika en gebruik
mededingendheid en volhoubaarheid as bestepraktyk-kriteria (normkriteria).
(2 x 4) (8)
3.5 Hoe speel die Internasionale Monetêre Fonds en die Verenigde Nasies, as
internasionale organisasies, 'n rol in die standaardisering van die aanwysers
van lidlande? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/2017
SSE
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE markte wat deel van die ekonomiese kringloop vorm.
(2 x 1) (2)
4.1.2 Wat sou die invloed op ekonomiese ontwikkeling wees indien die
bevolking sou toeneem sonder 'n styging in die reële bruto
binnelandse produk (BBP)? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EKONOMIESE AFSWAAI:
ONS EKONOMIE IN DIE MOEILIKHEID Moeilikheid
vorentoe
Ons is baie
naby aan 'n SUID-
resessie!!! AFRIKAANSE
EKONOMIE
0,8%
BBP-
groei
Inflasiekoers
6,1%
Wisselkoers
$1 = R14,50
[Aangepas uit Google Images]
4.2.1 Identifiseer TWEE ekonomiese aanwysers in die spotprent hierbo.
(2 x 1) (2)
4.2.2 Beskryf kortliks die term resessie. (2)
4.2.3 Hoe sal die aanvanklike stadiums in 'n ekonomiese afswaai
rentekoerse in Suid-Afrika beïnvloed? (2)
4.2.4 Wat kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank doen om ekonomiese
groei in die land te verhoog? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/2017
SSE
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DEPARTEMENT VAN HANDEL EN NYWERHEID (DHN)
VIR EKONOMIESE GROEI IN SUID-AFRIKA
Die DHN glo in die vermoë om die ekonomie te laat groei, werkloosheid
te verminder en die gelyke verdeling van ekonomiese aktiwiteit te bevorder.
In hul jaarlikse verslag het die Departement van Handel en Nywerheid die
implementering van die vyf kernbeleidsinisiatiewe om ekonomiese groei
te ondersteun, beklemtoon:
• Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk (NNBR)
• Nywerheidsbeleid-aksieplan ('IPAP')
• Die finalisering van sektorale inisiatiewe in die nywerheid, byvoorbeeld
outomobiele
• Die Outomobielproduksie- en Ontwikkelingsprogram ('APDP')
• Die Kleding- en Tekstiel-mededingendheidsprogram ('CTCP')T
[Aangepas uit die DHN-Jaarverslag: 2015]
4.3.1 Identifiseer EEN kernbeleidsinisiatief in die uittreksel hierbo wat
deur die Departement van Handel en Nywerheid ontwikkel is. (1)
4.3.2 Volgens die uittreksel, wat is die hoofdoelwit van die Departement
van Handel en Nywerheid? (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die doelwitte van die Nasionale
Nywerheidsbeleidsraamwerk. (2 x 2) (4)
4.3.4 Hoe sou hierdie kernbeleidsinisiatiewe die groei van die Suid-
Afrikaanse ekonomie ondersteun? (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek kortliks verdeling van inkome (ekonomiese gelykheid) en
prysstabiliteit as makro-ekonomiese doelwitte. (2 x 4) (8)
4.5 Hoe kan die regering aansporings gebruik om nywerheidsontwikkeling aan te
moedig? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/2017
SSE
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2
• 'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband
hou, te definieer.
• Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/ Maks. 26
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
Maks. 10
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
alreeds genoem is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Suid-Afrika se internasionale handelsbeleid bestaan uit uitvoerbevordering en
invoervervanging.
• Bespreek uitvoerbevordering as deel van Suid-Afrika se internasionale
handelsbeleid onder die volgende opskrifte:
- Redes (8)
- Metodes (8)
- Nadele (10) (26)
• Ontleed die argumente ten gunste van 'n vryhandelsbeleid. (10) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Ten einde ekonomiese groei en ontwikkeling te bereik, word die regte benadering
vereis.
• Ondersoek die vraagkantbenadering tot groei en ontwikkeling in Suid-Afrika. (26)
• Evalueer die sukses van 'AsgiSA'/VGGI-SA en Swart Ekonomiese Bemagtiging
(SEB) as owerheidsinisiatiewe om groei en ontwikkeling te bevorder. (10) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper