Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
NATIONAL
SENIOR SERTIFIKAAT
CERTIFICATE
GRAAD
GRADE 12
ECONOMICS
EKONOMIE
PAPER
V1 1
MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS
NOVEMBER
MARCH 2016
2017
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all

%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



Economics Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 781.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Economic growth and development16 marks
- Question 1.2The role of the public sector8 marks
- Question 1.3The role of the public sector12 marks
- Question 2The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
- Question 3South African economic and social indicators40 marks
- Question 4Economic growth and development40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 In 'n ekonomie waar inspuitings lekkasies oorskry, sal die ...
A produksie van goedere en dienste daal.
B nasionale inkome styg.
C nasionale inkome daal.
D bruto waarde toegevoeg tydens produksie, daal.
1.1.2 Langtermynfondse word geleen of gespaar op die ...-mark.
A kapitaal
B geld
C buitelandse valuta
D goedere
1.1.3 Goedere en dienste wat die gemeenskap bevoordeel, word ...
goedere genoem.
A nie-meriete-
B skadelike
C gemeenskaps-
D meriete-
1.1.4 Ekonomiese integrasie waar lidlande op 'n gemeenskaplike
ekonomiese beleid ooreenkom, word 'n ... genoem.
A vryhandelgebied
B doeane-unie
C ekonomiese unie
D gemeenskapsmark
1.1.5 Watter regeringsbeleid poog om teen 2030 armoede uit te skakel
en ongelykheid te verminder?
A Nuwe Groeipad
B Nasionale Ontwikkelingsplan
C Uitgebreide Openbare Werke-program
D Heropbou- en Ontwikkelingsprogram
1.1.6 Kontanttoelaes wat aan die armes betaal word, vorm deel van die
... beleid.
A monetêre
B groei-
C fiskale
D ekonomiese
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2017
NSS
1.1.7 Die getal jare wat 'n pasgebore baba verwag word om te leef,
staan as ... bekend.
A die sterftesyfer
B wanvoeding
C vetsug
D lewensverwagting
1.1.8 Die Noord-Suid-verdeling staan ook as die ... gaping bekend.
A ontwikkelings-
B inflasie-
C monetêre
D aanbod- (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Eksogene verduideliking A vloeibare bates deur die IMF
beskikbaar gestel om tekorte op die
1.2.2 Leidende aanwysers betalingsbalans (BB) te finansier
1.2.3 Spesiale trekkingsregte B verskaf finansiële
ontwikkelingsbystand meestal aan
1.2.4 Vryswewend ontwikkelende lande
C deur die Reserwebank gehef op
1.2.5 Openbare goedere ander finansiële instellings vir
uitleenbare fondse
1.2.6 Nasionalisering
D markte is inherent stabiel en het nie
1.2.7 Wêreldbank owerheidsinmenging nodig nie
1.2.8 Repokoers E wys die rigting waarin die ekonomie
moontlik gaan beweeg
F glo markte is inherent onstabiel en
owerheidsinmenging is nodig
G die staat neem eienaarskap van
ondernemings en bates in private
besit
H wisselkoersstelsel waar die waarde
van die geldeenheid slegs deur
markkragte bepaal word
I deur die staat verskaf vir gebruik deur
alle lede van die samelewing,
byvoorbeeld openbare biblioteke
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2017
NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Akronieme en afkortings sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Waarde van alle finale goedere en dienste wat in 'n sekere tydperk
binne die grense van 'n land geproduseer word
1.3.2 'n Kromme wat die verwantskap tussen belastingkoerse en
belastinginkomste toon
1.3.3 'n Handelsbeleid wat die vervanging van ingevoerde goedere met
plaaslik geproduseerde goedere bevorder
1.3.4 'n Ruimtelike gebied vir streeksontwikkeling wat 'n deurgang vorm
1.3.5 Verwydering van onnodige wette en regulasies om die werking van
die ekonomie te verbeter
1.3.6 Teruggee van grond aan diegene wat dit weens diskriminerende
wette in die verlede verloor het (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van indirekte belasting. (2 x 1) (2)
2.1.2 Watter uitwerking sal 'n daling in die kontantreserwevereiste van
handelsbanke op die totale geldvoorraad hê? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA REEDS IN 'N RESESSIE – EKONOME
Baie ekonome meen dat
Suid-Afrika reeds in 'n GROEI IN DIE BBP
resessie is omdat die
Suid-Afrikaanse ekonomiese
groeikoers laer as die
bevolkingsgroeikoers is.
Groeikoers %
Die ekonomiese afswaai
kom na vore ná 'n skerp
daling in die wêreldwye
vraag na Suid-Afrikaanse
kommoditeite in die mynbou-
en steengroefbedryf.
Suid-Afrika sukkel met
stygende werkloosheid en Kwartaal 2014–2016
lae vaardigheidsvlakke.
[Bron: Stats SA se hersiene BBP-data 2016]
[Aangepas uit City Press,
Junie 2016]
2.2.1 In die inligting hierbo, identifiseer die rede waarom die ekonomie
reeds in 'n resessie verkeer. (1)
2.2.2 Wat was die BBP-groeikoers in die eerste kwartaal van 2016? (1)
2.2.3 Beskryf kortliks opemarktransaksies as 'n monetêre
beleidsinstrument. (2 x 2) (4)
2.2.4 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering fiskale beleid gebruik om die
ekonomie te stimuleer? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2017
NSS
2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HUIDIGE SAMESTELLING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE
BETALINGSBALANS (BB) – 2016
1. Lopende Rekening (R miljoen)
Goedere-uitvoere 276 349
+ Netto gouduitvoere 13 777
+ Dienste-ontvangste 49 728
+ Inkome-ontvangste 21 176
Min goedere-invoere 270 258
Min betaling vir dienste 54 905
Min inkome-betalings 48 420
Lopende oordragte (netto ontvangste) -6 555
Saldo op die Lopende Rekening -19 108
Memo-item: Handelsbalans (A)
2. Kapitaaloordragrekening 57
Netto leen aan (+) of leen by (-) die res van die wêreld -19 051
3. Finansiële Rekening
Netto direkte beleggings 2 184
Netto portefeuljebeleggings 30 601
Netto finansiële afgeleides -9 022
Netto ander beleggings -19 830
Reserwebates 1 191
Saldo op die Finansiële Rekening 5 124
Memo-item: Saldo op finansiële rekening, reserwebates 3 933
uitgesluit
Onaangetekende transaksies 13 927
[Bron: SARB – Kwartaalblad, September 2016]
2.3.1 Watter subrekening in die betalingsbalans hierbo sluit
reserwebates in? (1)
2.3.2 Watter instelling is verantwoordelik vir die publisering van die
betalingsbalans? (1)
2.3.3 Hoe kan Suid-Afrika 'n netto invloei van kapitaal verseker? (2 x 2) (4)
2.3.4 Gebruik syfers in die tabel hierbo om die handelsbalans (A) te
bereken. Toon ALLE berekeninge. (2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen geldvloei en reële vloei in die ekonomiesekringloop-model.
(2 x 4) (8)
2.5 Verduidelik, met behulp van 'n netjies benoemde grafiek, die uitwerking op die
waarde van die rand as daar 'n skerp toename in die aantal Suid-Afrikaanse
toeriste is wat die VSA besoek. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE terreine wat deur die Heropbou- en
Ontwikkelingsprogram geraak word. (2 x 1) (2)
3.1.2 Watter uitwerking het 'n lae ekonomiese groeikoers op armoede?
(1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ONDERWYSUITDAGINGS IN SUID-AFRIKA
Kwaliteit onderwys lei tot langtermyngroei, ontwikkeling en voorspoed. Met die
fokus op vaardighede en kennis, word die rol van onderwys van uiterste belang
in die ontwikkeling van mensekapitaal. Verstedeliking het dit vir die samelewing
noodsaaklik gemaak om meer geletterd en vaardig te wees, sodat daar meer
kanse is om op 'n ekonomiese en sosiale vlak te ontwikkel.
PRESTASIE-AANWYSER %
Bevolking met ten minste 'n mate van sekondêre onderwys/onderrig 74,3
(% 25 jaar en ouer)
Publieke besteding aan onderwys (% van die BBP) 6,2
Bruto inskrywings by sekondêre instellings (%) 96,8
Bruto inskrywings by tersiêre instellings (%) 19,7
Persentasie uitval van sekondêre na tersiêre instellings (%) 82,2
[Aangepas uit UN Statistics on South Africa, 2016]
3.2.1 Identifiseer die sosiale aanwyser in die inligting hierbo. (1)
3.2.2 Watter persentasie van die BBP word aan onderwys spandeer? (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks verstedeliking as 'n sosiale aanwyser. (2 x 2) (4)
3.2.4 Wat het tot die hoë uitvalkoers (82,2%) van sekondêre na tersiêre
instellings gelei? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2017
NSS
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CHINA-OOREENKOMS SAL MEER AS
2 500 WERKSGELEENTHEDE IN SUID-AFRIKA SKEP
Suid-Afrika se motorbedryf het 'n groot
hupstoot gekry met die aankondiging van
die grootste investering in 40 jaar.
'n Motoraanleg deur 'n Chinese
staatsbeheerde motorvervaardiger gaan
meer as 2 500 werksgeleenthede in
Suid-Afrika skep. Dit kan beskou word as
een van die hoogtepunte in 'n ekonomie
wat sedert 'n ekonomiese insinking in
2009 teen 'n slakkepas groei.
Die aanleg sal in vennootskap met Suid-
Afrika se staatsbeheerde Nywerheids-
ontwikkelingskorporasie (NOK) gebou
word en het die kapasiteit om teen die jaar
2027, 100 000 eenhede per jaar te
vervaardig.
Ongeveer 60% van die uitset by hierdie
Suid-Afrikaanse aanleg sal vir uitvoer na
Afrika wees. Voertuie kan ook in die
toekoms na Europa as 'n begunstigde
uitgevoer word.
[Bron: Fin24 Top Stories, 30 Augustus 2016]
3.3.1 Identifiseer 'n land in die buiteland wat 'n BRICS-lid is, in die
inligting hierbo. (1)
3.3.2 Hoeveel potensiële werksgeleenthede sal China se investerings-
belofte vir Suid-Afrika skep? (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die rol van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie
in die Suid-Afrikaanse ekonomie. (2 x 2) (4)
3.3.4 Verduidelik die positiewe uitwerking, buiten werkskepping,
wat hierdie investering moontlik op die Suid-Afrikaanse ekonomie
sal hê. (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik enige TWEE uitdagings van globalisering vir ontwikkelende lande
(Noord-Suid-verdeling). (2 x 4) (8)
3.5 Hoe kan die implementering van streeksontwikkelingsbeleide die
lewenstandaard in Suid-Afrika verbeter? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE groeistrategieë wat in Suid-Afrika gebruik word.
(2 x 1) (2)
4.1.2 Wat bepaal die grootte van die vermenigvuldiger? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO), in 1995 gestig, het ten doel om
internasionale handel in goedere, dienste en landbou deur multilaterale
onderhandelinge uit te brei. Die meeste van die armste lande word egter oor die
hoof gesien vir 'n meer ambisieuse korporatiewe agenda wat kwessies soos
groter beleggersregte, strenger beperkings op owerheidsregulering en sterker
intellektuele-eiendom-voorwaardes insluit. Hierdie aksies is in werklikheid die
teenoorgestelde van vryhandel, omdat dit sterker monopolieë aanmoedig.
[Aangepas uit www.Corpwatch.org]
4.2.1 Identifiseer die nasies wat deur die miere in die inligting hierbo
voorgestel word. (1)
4.2.2 Watter internasionale organisasie hierbo bevorder vryhandel? (1)
4.2.3 Wat is die voordele van invoervervanging vir ontwikkelende lande?
(2 x 2) (4)
4.2.4 Hoekom is ontwikkelende lande (ontwikkelende nasies) teen
vryhandel gekant? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2017
NSS
4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Suid-Afrika ondervind tans
groot werkverliese, lae
ekonomiese groeivlakke en 'n
gebrek aan vertroue by
buitelandse beleggers weens
onsekerheid oor die
implementering van beleide.
Suid-Afrika het egter sekere
voordele en sterk punte wat
gekapitaliseer kan word om die
ekonomie uit te brei en werk in
die vyf sektore te skep om so
aan die doelwitte van die
Nasionale Ontwikkelingsplan te
voldoen.
[Aangepas uit Mail & Guardian,
September 2015]
4.3.1 Identifiseer die belangrikste sektor wat die ekonomie 'n hupstoot
(groei) kan gee in die inligting hierbo. (1)
4.3.2 Noem EEN probleem in die inligting hierbo, wat tans in Suid-Afrika
ervaar word en ekonomiese groei keer. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die belangrikste doelwitte van die Nasionale
Ontwikkelingsplan. (2 x 2) (4)
4.3.4 Hoe kan die regering en privaat sektor kragte saamsnoer om
genoeg werksgeleenthede te skep? (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek kortliks goeie staatsbestuur en mededingendheid as geskikte
streeksontwikkelingsmaatreëls ten opsigte van normkriteria ('benchmark
criteria'). (2 x 4) (8)
4.5 Gebruik die BBP-data hieronder om die belangrikheid van bewegende
gemiddeldes in die vooruitskatting van sakesiklusse te verduidelik.
JAAR 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016
BBP
5 8 9 11 4 6 10
(miljard) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2017
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2
• 'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband
hou, te definieer.
• Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/ Maks. 26
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
Maks. 10
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
alreeds genoem is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek volledig enige VYF probleme van openbaresektor-voorsiening in
Suid-Afrika. (26 punte)
• Hoe kan die onregverdige verdeling van inkomste in Suid-Afrika opgelos word?
(10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek volledig die volgende ekonomiese aanwysers:
− Produksie (10 punte)
− Buitelandse handel (8 punte)
− Geldvoorraad (8 punte) (26 punte)
• Hoe kan produktiwiteit meer doeltreffend gebruik word om die Suid-Afrikaanse
ekonomie te bevoordeel? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper