Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201712 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE NATIONAL SENIOR SERTIFIKAAT CERTIFICATE GRAAD GRADE 12 ECONOMICS EKONOMIE PAPER V2 1 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS NOVEMBER MARCH 2016 2017 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/November 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/November 2017 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 Om sluiting te voorkom, moet die volmaakte mededinger in staat wees om die ... koste te dek. A gemiddelde veranderlike B gemiddelde C arbeids- D vaste 1.1.2 Goedere wat nie-uitsluitbaar en nie-mededingend is, staan as ... goedere bekend. A verbruikers- B kapitaal- C gemeenskaps- D skaars 1.1.3 Wanneer 'n besigheid NIE teen die laags moontlike koste produseer NIE, verwys dit na ... ondoeltreffendheid. A toedelings- B verbruikers- C goedere- D produktiewe 1.1.4 Die aard van 'n produk onder toestande van monopolistiese mededinging is ... A homogeen. B gedifferensieerd. C staties. D omgewingsvriendelik. 1.1.5 'n Voorbeeld van produkte waarop omgewingsbelasting gehef word, is ... A motorsitplekke. B motorbande. C dakteëls. D klere. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/November 2017 NSS 1.1.6 Die vernaamste doelwit van Suid-Afrikaanse Toerisme (SAT) is om Suid-Afrika as 'n toeristebestemming by ... toeriste te bevorder. A binnelandse en internasionale B slegs binnelandse C slegs internasionale D slegs sake- 1.1.7 Wanneer die omgewing op so 'n manier bestuur word dat dit ongeskonde bly, staan dit as ... bekend. A natuurskoon B bestuur C beskerming D bewaring 1.1.8 Die stelling 'te veel geld jaag te min goedere' omskryf ...-inflasie. A hiper B aanbod C vraagtrek D loon (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Eksplisiete koste A moedig mense aan om nuwe produkte van dieselfde reeks te koop 1.2.2 Kartel B arbeidsintensief en gebruik baie 1.2.3 Handelsmerk vaardighede C 'n gevolg van ontbossing 1.2.4 Onvolmaakte markte ('missing markets') D werklike uitgawes wat 'n besigheid aangaan vir insette in die produksieproses 1.2.5 Kostedrukinflasie E onvolledig omdat dit nie aan die vraag na 1.2.6 Toerismebedryf sekere goedere kan voldoen nie 1.2.7 Gronderosie F besighede in dieselfde bedryf sluit 'n ooreenkoms om hoeveelhede en pryse 1.2.8 Bevel-en-beheer- te bepaal maatreëls G kom voor wanneer die prys van grondstowwe styg H maklik beskikbare krediet I behels die vasstelling van maksimum toelaatbare vlakke van hulpbrongebruik, byvoorbeeld ton vis gevang (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/November 2017 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 'n Voorbeeld van stilswyende samespanning waar 'n dominante besigheid die prys sal bepaal en die ander sal volg 1.3.2 Koste wat deur die verbruiker betaal word wat NIE by die markprys ingesluit word NIE 1.3.3 Die tydperk waartydens die volmaakte mededinger ekonomiese wins kan maak 1.3.4 Pryse van sekere goedere wat deur die owerheid vasgestel of beheer word, byvoorbeeld brandstof 1.3.5 Toeriste wat museums, kunsgalerye en gebiede besoek wat 'n sekere leefstyl uitbeeld, byvoorbeeld die Apartheidsmuseum 1.3.6 Die vrystelling van skadelike gasse in die atmosfeer (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/November 2017 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van positiewe eksternaliteite. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom betaal mense in landelike gebiede soms hoër pryse vir goedere en dienste as diegene wat in stedelike gebiede woon? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE MONOPOLIE Prys- inkome Die pryse van goedere en dienste in 'n monopoliemark is onderhewig aan die hoogste inkome wat dit kan verkry en die vraag na die produk. R50 R40 vv=GI MR MI vv=GI Inkome 100 120 Hoeveelheid Hoogste inkome verkrygbaar TI 100 120 Hoeveelheid 2.2.1 Identifiseer enige faktor wat die pryse van goedere en dienste vir die monopolie kan beïnvloed. (1) 2.2.2 Teen watter prys moet die monopolis verkoop om maksimum inkome te behaal? (1) 2.2.3 Wat is die aard van die produk van 'n tipiese monopolis? (2) 2.2.4 Watter krommes word verlang om te bepaal hoeveel wins die monopolis sal maak? (2) 2.2.5 Hoekom sal jy die monopolis ontmoedig om die prys van die produk drasties te verhoog? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/November 2017 NSS 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'N KOSTE-VOORDEEL-SCENARIO Hieronder is die koste-voordeel- analise(KVA)-bevindinge wat betrekking het op verskillende projekte vir 'n bepaalde gemeenskap. ALTERNATIEF KOSTE VOORDELE (R miljoen) (R miljoen) A – pad 100 50 B – park 150 200 C – hospitaal 120 200 D – lughawe 80 100 [Aangepas uit www.google.co.za] 2.3.1 In die inligting hierbo, wie sal meer waarskynlik 'n KVA gebruik om besluite te neem? (1) 2.3.2 Identifiseer EEN projek in die data hierbo wat die owerheid vir hierdie gemeenskap oorweeg. (1) 2.3.3 Gee 'n rede waarom 'n KVA NIE van enige waarde vir die motorwerktuigkundige in die spotprent sal wees NIE. (2) 2.3.4 Volgens die data hierbo, watter projek sal die beste vir die gemeenskap wees? (2) 2.3.5 Waarom, dink jy, is dit belangrik om 'n KVA te doen wanneer besluite oor groot projekte geneem moet word? (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik die aard van die produk en marktoetrede as kenmerke van volmaakte mededinging. (2 x 4) (8) 2.5 Hoe sal 'n monopolistiese mededinger, soos KFC, met ander kitskoshoenderverkooppunte meeding om sy markaandeel te vergroot? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/November 2017 NSS VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van vervoerinfrastruktuur wat vir toerisme benodig word. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan 'n daling in inkomstebelastingkoerse tot vraagtrek-inflasie bydra? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HOOFLYN- EN KERNINFLASIE Die verbruikersprysindeks (VPI) is 'n belangrike instrument om hooflyninflasie te meet. Hooflyninflasie het in Junie 2016 van 5,8 persent tot 'n piek van 6,4 persent in Desember 2016 gestyg, sonder enige aanduiding dat dit gaan afplat. Die vernaamste rede daarvoor was die styging in mielie- en koringpryse wat deur die ernstige droogte veroorsaak is. Die stelselmatige styging in beide hooflyn- en kerninflasie, ondanks 'n swakker geldeenheid, dui daarop dat inflasieverwagtinge goed geanker bly, alhoewel dit by die boonste punt van die 3%–6%-teikenspektrum is. [Aangepas uit Mail & Guardian, Februarie 2017] 3.2.1 Identifiseer die indeks wat gebruik word om Suid-Afrika se inflasiekoers te meet. (1) 3.2.2 Gee die hoofrede vir die styging in die VPI-inflasie hierbo. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term kerninflasie. (2) 3.2.4 Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank verseker dat die VPI binne die 3%–6%-teikenspektrum fluktueer? (2) 3.2.5 Bereken die persentasieverandering in die inflasiekoers tussen Junie 2016 en Desember 2016. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/November 2017 NSS 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INHEEMSE KENNISSTELSEL HET DIE POTENSIAAL OM DIE EKONOMIE TE STIMULEER Navorsers en tradisionaliste glo dat Aloe Ferox, 'n inheemse plant, die potensiaal het om mense in die landelike en stedelike gebiede van Suid-Afrika te baat. Die plant, wat algemeen as Ikhala bekend staan, kan in die bergagtige streke, grasvlaktes en droë gebiede gevind word. Dit word vir medisinale doeleindes vir beide mens en dier gebruik. Die idee is om die groot internasionale vraag na Aloe Ferox-produkte beter te benut. [Aangepas uit www.google.co.za] 3.3.1 Identifiseer die Afrikanaam vir die plant, Aloe Ferox, in die uittreksel hierbo. (1) 3.3.2 Volgens die inligting hierbo, wat is die rede vir die hoë internasionale vraag na Aloe Ferox-produkte? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsel. (2) 3.3.4 Hoe kan die kommersiële gebruik van Aloe Ferox tot die owerheid se inkomste bydra? (2) 3.3.5 Hoe kan Aloe Ferox-plante gebruik word om werkloosheid in landelike en stedelike gebiede te verminder? (2 x 2) (4) 3.4 Verduidelik die owerheid se gebruik van subsidies en permitte as maatreëls om omgewingsvolhoubaarheid te verseker. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe doeltreffend is inflasieteikens in Suid-Afrika om prysstabiliteit te verseker? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/November 2017 NSS VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE maniere waarop huishoudings uit toerisme kan voordeel trek. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe sal 'n nasionale minimum loon die aanbod van arbeid beïnvloed? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die illustrasies hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'N PAAR MAATSKAPPYE DOMINEER DIE SEMENTBEDRYF IN SUID-AFRIKA [Aangepas uit www.google.co.za] 4.2.1 Identifiseer die produkte wat deur die besighede hierbo geproduseer word. (1) 4.2.2 Watter markstruktuur word hierbo uitgebeeld? (1) 4.2.3 Hoekom sal 'n nuwe besigheid dit moeilik vind om tot hierdie tipe mark toe te tree? (2) 4.2.4 Wat word deur die onderlinge afhanklikheid van besighede in hierdie markstruktuur geïmpliseer? (2) 4.2.5 Verduidelik, sonder die gebruik van 'n grafiek, hoekom besighede in hierdie bedryf traag sal wees om die prys van hulle produk te verlaag. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/November 2017 NSS 4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Goed vir jou en die land! [Aangepas uit www.google.co.za] 4.3.1 Identifiseer enige TWEE vakansie-besienswaardighede wat die mense op die bus gaan besoek. (2 x 1) (2) 4.3.2 Beskryf kortliks die term toerisme. (2) 4.3.3 Hoe kan plaaslike gemeenskappe uit nabygeleë toeriste- besienswaardighede voordeel trek? (2) 4.3.4 Watter strategieë kan gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te bevorder? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik die negatiewe uitwerking van inflasie op beleggers en mense met 'n vaste inkomste. (2 x 4) (8) 4.5 Verduidelik, met behulp van 'n netjies benoemde grafiek, die uitwerking van maksimum pryse op die mark. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/November 2017 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2 • 'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer. • Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/ Maks. 26 Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die Maks. 10 gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat reeds genoem is, te herhaal • Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk • 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Verduidelik, met behulp van DRIE aparte grafieke, die volgende korttermyn- ewewigsposisies in 'n volmaakte mark: - Ekonomiese wins (10 punte) - Ekonomiese verlies (8 punte) - Normale wins (8 punte) (26 punte) • Hoe suksesvol is die mededingingsbeleid in die bevordering van 'n meer mededingende ekonomie? (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek die VYF omgewingsprobleme/kwessies en die internasionale maatreëls wat geneem word om dié probleme op te los om 'n volhoubare omgewing te verseker. (26 punte) • Hoe gebruik Suid-Afrika beskerming/bewaring om 'n volhoubare omgewing te verseker? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all