Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12201718 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V2 NOVEMBER 2017 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A gemiddelde veranderlike 1.1.2 C gemeenskaps- 1.1.3 D produktiewe 1.1.4 B gedifferensieerd 1.1.5 B motorbande 1.1.6 A binnelandse en internasionale 1.1.7 D bewaring 1.1.8 C vraag-trek (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 D  die werklike uitgawes waarvoor 'n besigheid aanspreeklik is 1.2.2 F  besighede in dieselfde industrie sluit 'n ooreenkoms om hoeveelhede en pryse te bepaal 1.2.3 A  moedig mense aan om nuwe produkte van dieselfde reeks te koop 1.2.4 E dit is onvolledig omdat dit nie voldoen aan die vraag na sekere goedere nie 1.2.5 G  dit kom voor as die prys van grondstowwe styg 1.2.6 B  dit is arbeidsintensief en neem baie vaardighede in diens 1.2.7 C  'n gevolg van ontbossing 1.2.8 I  behels die vasstelling van maksimum toelaatbare vlakke van hulpbrongebruik (8 x 1) (8) 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Prysleierskap  1.3.2 Eksterne koste / negatiewe eksternaliteit  1.3.3 Korttermyn  1.3.4 Geadministreerde / maksimum / minimum  1.3.5 Kulturele toerisme / paleo toerisme  1.3.6 Lugbesoedeling / besoedeling / uitlaatgasse  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van positiewe eksternaliteite. • Onderwys  • Gesondheidsorg  • Vaardigheidsopleiding  • Werkskepping  • Infrastruktuur ontwikkeling  (2 x 1) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.1.2 Hoekom betaal mense in landelike gebiede soms hoër pryse vir goedere en dienste as diegene wat in stedelike gebiede woon? Meeste vervaardigde goedere word in fabrieke geproduseer, wat in stedelike gebiede geleë is. Die koste van vervoer na landelike gebiede word ingesluit wat lei tot hoër pryse / onvolmaakte inligting / gebrek aan mededinging / skaarsheid/onvoldoende fasiliteite / gebrek aan tegnologie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer enige faktor wat die prys van goedere en dienste vir die monopolie kan beïnvloed. • Hoogste inkomstevlak  • Vraag na die produk  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 2.2.2 Teen watter prys moet die monopolis verkoop om 'n maksimum inkomste te behaal? 50  (1) 2.2.3 Wat is die aard van die produk van 'n tipiese monopolis. • Die monopolis verskaf 'n unieke produk  • Daar is geen naby substitute vir die produk nie  (2) 2.2.4 Watter krommes word verlang om die hoeveelheid wins wat die monopolis sal maak, te bepaal? Die marginale koste (MK) en marginale inkomste (MI)  gemiddelde koste (GK) en gemiddelde inkomstekrommes (GI) totale inkomste (TI) en totale koste (TK)  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne 2.2.5 Hoekom sal jy die monopolis ontmoedig om die prys van die produk drasties te verhoog? Die monopolis behoort nie die prys te verhoog nie, omdat: • verbruikers alternatiewe produkte sal koop as gevolg van begroting beperkings  • die totale inkomste sal daal omdat die vraag daal  • die verlies aan inkomste die doeltreffendheid van die sakeonderneming inperk  • dit mag daartoe lei dat die besigheid sy deure sluit as gevolg van ‘n verlies aan markaandeel / inkome  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Met verwysing na die inligting hierbo, wie sal meer geneig wees om 'n KVA te gebruik om besluite te neem? Owerheid  (1) 2.3.2 Identifiseer EEN projek uit die inligting hierbo wat die owerheid vir hierdie gemeenskap oorweeg. A-Pad / B-park / C-hospitaal / D-lughawe  (1) 2.3.3 Gee 'n rede waarom 'n KVA nie van enige waarde vir die motorwerktuigkundige in die spotprent sal wees nie. • Kostevoordeel-ontleding is van toepassing op groot owerheidsprojekte en nie op 'n eenman-besigheid nie  • 'n Werktuigkundige sal slegs private koste en private voordele oorweeg  • KVA behels eksterne voordele/koste  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.4 Volgens die data verskaf hierbo, watter projek sal die beste vir die gemeenskap wees? C / hospitaal  (2) 2.3.5 Waarom dink jy dis belangrik om 'n KVA te doen as besluite oor groot projekte geneem moet word? Dit is belangrik om 'n KVA te doen omdat: • hulpbronne skaars is, en die koste en voordele van 'n projek dus oorweeg (evalueer) moet word voordat hulpbronne aan die projek toegeken word  • dit gee beplanners geleentheid om te besluit of dit goed is as hulle met die beplande projek voortgaan  • dit help om groter objektiwiteit in besluitneming te bring  • dit verseker dat die projek se voordele die koste van implementering daarvan oorskry  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne 2.4 Verduidelik die aard van die produk en marktoetrede as kenmerke van volmaakte mededinging. Aard van die produk: • Alle produkte is homogeen/dieselfde  • Die produkte is identies in voorkoms en kwaliteit  • Verbruikers in hierdie mark beskou die een besigheid se produk net so goed as 'n ander sin  (Maks 4) Marktoetrede: • Daar is geen hindernisse wat nuwe besighede se toetrede tot die mark keer nie  • Daar is volkome vryheid van toetrede tot en uittrede van die mark  • Gedane koste ('sunk costs') is laag – geld belê in 'n besigheid wat nie verhaal kan word as die besigheid sluit nie  • Toetrede is nie onderhewig aan enige soort beperking in die vorm van regs, finansiële, tegnologiese of ander hindernisse nie  • Minder kapitaal is nodig om tot die mark toe te tree  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 4) (8) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) 2.5 Hoe sal 'n monopolistiese mededinger soos KFC met ander kitskos hoender verkooppunte meeding om sy markaandeel te vergroot? • Die monopolistiese mededinger kan sy markaandeel vergroot deur mee te ding in nie-prys faktore  • KFC mag unieke speserye of nuwe produklyne (bv. mieliepap) gebruik of ‘n gedifferensieerde produk aan te bied  • Deur gebruik te maak van ‘n spesiale resep of unieke rooi/wit verpakking word die KFC-handelsmerk bevorder  • Aggressiewe advertensieveldtogte kan geloods word deur te fokus op die gebruik van reuse advertensieborde (bill boards) / borgskappe (bv. mini- krieket)  • Verlengde inkopie-ure by meer KFX-takke, sal meer gerieflik wees vir kliënte in die onmiddellike omgewing om van hul dienste gebruik te maak (bv. 24-uur diens)  • Verskaffing van meer gratis aflewerings binne ‘n sekere afstand van die besigheid sal verseker dat ander mededingers uitgeskakel word  • Die monopolistiese mededinger kan sy markaandeel verhoog deur mee te ding spesiale promosie-aanbiedinge wat op prys gebaseer is  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van vervoerinfrastruktuur benodig vir toerisme. • Paaie  • Spoorlyne  • Lughawens  • Hawens  • Karparke  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan 'n daling in inkomstebelastingkoerse tot vraagtrek- inflasie bydra? Dit verhoog besteebare inkome en uiteindelik ook verbruiksbesteding  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord. NS: alle antwoorde behoort verwant te wees aan die fiskale beleid en NIE die monetêre beleid nie) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer die indeks wat gebruik word om Suid-Afrika se inflasiekoers te meet. Verbruikersprysindeks / VPI  (1) 3.2.2 Gee die hoofrede vir die styging in die VPI-inflasie hierbo. • Ernstige droogte  • Prysverhogings by mielies en koring  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term kerninflasie. Kerninflasie: • Is 'n verbruikersinflasie gebaseer op 'n aangepaste VPI inflasiekoers  • Wisselvallige elemente soos brandstof en gesubsidieerde elemente soos voedsel is verwyder uit die berekening  • Beïnvloed deur owerheidsinmenging en -beleid  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord – aanvaar tabel) (2) 3.2.4 Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank verseker dat die VPI binne die 3%–6%-teikenspektrum fluktueer? • SARB sal die repo-/rentekoers aanpas  • Koop of verkoop staatsobligasies aan handelsbanke (opemarktransaksies)  • Aanpas van die kontantreserwevereiste  • Versoek banke om die toestaan van krediet te beperk (morele (2) oorreding)  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne 3.2.5 Bereken die persentasieverandering in die inflasiekoers tussen Junie en Desember 2016. Toon alle berekeninge (6.4 / 5.8 – 1)  X 100  = 6,4 – 5,8  x 100  = 10.3%  5,8 1 = 0,6 x 100 6.4 – 5.8 = 0.6  5,8 1 0.6/5.8 X 100/1  = 10,3% verandering  = 10.3%  (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer die Afrikanaam vir die plant Aloe Ferox in die uittreksel hierbo. Ikhala  (1) 3.3.2 Volgens die inligting, wat is die rede vir die hoë internasionale vraag na die Aloe Ferox-produkte? Dit word gebruik vir medisinale doeleindes  (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term Inheemse Kennisstelsel. Kennis wat uniek is aan 'n sekere gemeenskap / verwys na die kennis wat praktiese toepassing vir daaglikse oorlewing van plaaslike gemeenskappe impliseer  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2) 3.3.4 Hoe kan die kommersiële gebruik van Aloe Ferox tot die owerheid se inkomste bydra? Hulle kan bydra deur: • betaling van belasting deur betrokkenheid in produksie van aalwyn ('aloe')-produkte / uitvoerbelasting  • betaling van BTW op die verkoop van aalwynprodukte  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)Enige (1 x 2) (2) 3.3.5 Hoe kan Aloe Ferox-plante gebruik word om werkloosheid in landelike en stedelike gebiede te verminder? Die Aloe Ferox-plant sal werkloosheid in landelike gebiede verminder deur: • kleinskaal boere te betrek in die produksie van alwynplante • indiensneming van mense in die produksie van aalwynprodukte  • gebruik mense in die oes van die aalwynsap  Die Aloe Ferox-plant sal werkloosheid in stedelike gebiede verminder deur: • indiensneming van mense in die fabrieke om verskillende aalwyngebaseerde produkte te produseer  • indiensneming van mense in die bemarking en verkope van die finale produkte by verskillende verkooppunte  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne 3.4 Verduidelik die owerheid se gebruik van subsidies en permitte as maatreëls om omgewingsvolhoubaarheid te verseker. Subsidies: • Owerheid kan inkomste uit belastings gebruik om subsidies te betaal vir aktiwiteite wat skade aan die omgewing verminder  Subsidies kan toegeken word vir aktiwiteite soos die: • ontwikkeling van nuwe tegnieke bv. besparing van energie  • aanmoediging van produksie van omgewingsvriendelike substitute soos loodvrye petrol  • aanmoediging van herwinning van afval soos bottels en kannetjies  • marginale eksterne voordeel waaraan subsidies gelyk moet wees  • private individue sal solarpanele installeer/energiebesparende gloeilampe (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 4) Permitte: • owerheid kan besluit oor die maksimum verlangde vlak van besoedeling in 'n gebied  • 'n lisensie kan aan besighede uitgereik word wat hulle toelaat om tot 'n sekere vlak te besoedel  • Besighede word toegelaat om hul lisensies aan ander besighede te verkoop wat hoër besoedelingsvlakke handhaaf  • Heffing van gebruikersfooie op individue wat die omgewing gebruik en beskadig  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 4) (8) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) 3.5 Hoe doeltreffend is inflasieteikens in Suid-Afrika om prysstabiliteit te verseker. Inflasieteikens was baie doeltreffend deur: • beperking van vraagtrek-inflasie deur beperking van verbruiks- besteding  • bestuur van verbruikers-verwagtings rakende inflasie in die toekoms  • die versekering dat die sentrale bank rentekoerse sal aanpas as inflasie buite die inflasieteiken van 3-6% beweeg  • stimulering van ekonomiese aktiwiteit as gevolg van die relatiewe klein veranderinge in insetpryse  • besighede toe te laat om beleggingsbesluite te neem wetende dat pryse stabiel is  • verskaffing van eksplisiete maatreëls wat lei tot beter dissipline en toerekenbaarheid van die SARB  Inflasieteikens was nie baie doeltreffend as: • kontrole oor kostedruk-inflasie aangesien dit ontwerp was om totale vraag te beheer  • kontrole van baie faktore, aangesien die toename in produksiekoste beïnvloed word deur faktore wat buite die mag van die monetêre beleid lê  • bv. styging in die olieprys  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken ‘n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE maniere waarop huishoudings uit toerisme kan voordeel trek. • Inkome  • Werksgeleenthede  • Infrastruktuur  • Vaardighede  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe sal 'n nasionale minimumloon die aanbod van arbeid beïnvloed? Aanbod van arbeid sal styg  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die produkte wat in die illustrasie hierbo geproduseer word. Sement produkte  (1) 4.2.2 Na watter markstruktuur word in die illustrasie hierbo uitgebeeld? (1) Oligopolie  4.2.3 Hoekom sal 'n nuwe besigheid dit moeilik vind om tot hierdie tipe mark toe te tree? • Die aanvanklike oprigtingskoste is hoog wat beteken dat nuwe toetreders teen 'n baie hoër koste moet verkoop as gevestigde besighede (struikelblokke tot toetrede)  bv. lisensies  • Maatskappye wat alreeds in die mark gevestig is, sal handelsmerke gebruik om nuwe mededingers uit te hou  • Omvattende advertensies is duur  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2.4 Wat word deur die onderlinge afhanklikheid van besighede in hierdie markstruktuur geïmpliseer? Slegs 'n paar verkopers domineer die mark; daarom sal die enkele verkoper beïnvloed word deur die optrede van die ander verkopers  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne 4.2.5 Verduidelik, sonder die gebruik van 'n grafiek, hoekom besighede in hierdie bedryf traag sal wees om die prys van hul produk te verlaag. Besighede in hierdie industrie sal huiwerig wees omdat: • verlaging in pryse lei tot 'n prysoorlog wat pryse afwaarts sal dryf  • 'n daling in pryse sal lei tot laer winste  • die bestudering van die geknakte vraagkromme toon dat hulle meer inkomste verloor as wat hulle prysgewys sal wen  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer enige TWEE vakansie-besienswaardighede wat deur die mense op die bus gaan besoek. • Robbeneiland  • God's Window  • Sterkfonteingrotte  • iSimangaliso-vleilandpark  • Nasionale Krugerwildtuin  • Tafelberg  (Enige 2 x 1) (2) 4.3.2 Beskryf kortliks die term toerisme Toerisme is die aktiwiteite van mense wat reis en bly in plekke buite hul normale omgewing vir nie meer as een aaneenlopende jaar vir ontspanning, besigheid en ander doeleindes  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.3 Hoe kan plaaslike gemeenskappe uit nabygeleë toeriste- attraksies voordeel trek? Gemeenskappe sal voordeel trek uit toeriste-attraksies deur: • verskaffing van formele/onmiddellike indiensneming soos werk by hotelle en informele werksgeleenthede soos die verkope van artefakte  • verskaffing van geleenthede vir indiensopleiding aan dié wat gehuur word in die toerismesektor  • gebruik infrastruktuur verskaf deur die owerheid om die toerisme-industrie te bevoordeel  (Enige 1 x 2) (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne 4.3.4 Watter strategieë kan gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te bevorder? Toerisme kan bevorder word deur: • verbetering van bemarking en reklame vir toeriste bestemmings  • verbetering van infrastruktuur gebruik deur toeriste soos kommunikasie en vervoer  • verbetering van kwaliteit dienste aan toeriste sodat hulle weer sal terugkeer  • ontwikkeling van nuwe toeriste-aantreklikhede en behoorlike instandhouding van bestaande toeriste-oorde  • verwelkomings-veldtogte – om mense aan te moedig om beter dienste aan te bied  • verwelkomings-toekennings – erken daardie besighede en individue wat die kwaliteit toerismebedrywighede verbeter. Toekennings erken hoër standaarde en uitstaande diens  • shot’left (hou-links) veldtog – poog om ‘n kultuur van vakansiereise binnelands te bevorder  • toerisme indaba – een van die grootste toerisme bemarkings- gebeure wat ‘n verskeidenheid van Suidelike Afrika se beste toerismeprodukte en attraksies tentoonstel aan internasionale besoekers en media  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik die negatiewe uitwerking van inflasie op beleggers en persone met 'n vaste inkomste. Inflasie sal beleggers negatief beïnvloed deur: • dalende waarde van die belegger se bates met 'n vaste nominale waarde  • betaling van 'n vaste opbrengs aan beleggers, as bates tot die looptyd verstreke is  bv. vaste deposito's/staatsobligasies omdat dit in waarde daal soos wat inflasie styg  • ontmoedig buitelandse beleggers om geld te belê in ‘n land met ‘n hoë inflasiekoers  (Maks 4) Inflasie sal persone wat 'n vaste inkomste verdien negatief beïnvloed deur: • 'n vinniger styging in die inflasiekoers as wat inkomste styg  • 'n daling in hul koopkrag, koop dus minder goedere en dienste soos wat die pryse styg  bv. armes wat maatskaplike toelaes ontvang/ pensioenarisse/afgetredenes  • minder besparing omdat hulle armer word  (Maks 4) (8) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne 4.5 Verduidelik, met die hulp van 'n grafiek, die impak van maksimum pryse op die mark. MAKSIMUM PRYSE Prys V A Puntetoekenning Aandui van markprys/ewewig = 1 punt P E Korrekte trek en benoem van krommes=1 punt Korrekte posisie van maksimumprys = 2 punte Maks. 4 punte  P1 Maksimum A Onderaanbod V prys 0 Q1 Q Q2 Hoeveelheid • Die owerheid kan die prys van produk of diens vasstel teen 'n maksimum vlak (P1–maksimumprys) wat onder die markprys lê teen P  • Die daling in prys sal veroorsaak dat die vraag na die goed of diens styg terwyl produsente hul aanbod verlaag (onderaanbod)  • Die hoeveelheid gevra sal styg van Q na Q2 en die hoeveelheid aangebied sal daal van Q na Q1  • Dit sal 'n tekort aan goedere en dienste in die mark veroorsaak  • Dit lei tot die ontwikkeling van swartmarkte  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (Maks 4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 13 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE • Verduidelik die volgende korttermyn ewewigsposisies in 'n volmaakte mark met die hulp van grafieke: - Ekonomiese wins (Maks 10) - Ekonomiese verlies (Maks 8) - Normale wins (Maks 8) (26 punte) • Hoe suksesvol is die mededingingsbeleid in die bevordering van 'n meer mededingende ekonomie? (10 punte) [40] INLEIDING Volmaakte mededinging is 'n markstruktuur met 'n groot aantal kopers en verkopers  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2) HOOFDEEL EKONOMIESE WINS MK  Prys/Koste/Inkomste GK v e v MI  P 1 /50 GI  c/40 b 0 q 1 /10 Hoeveelheid Puntetoekenning Korrekte trek en benoem van kostekrommes: 1 punt Korrekte trek en benoem inkomstekrommes: 1 punt Korrekte aandui van winsmaksimeringspunt: 1 punt Korrekte aandui van area (ekonomiese wins): 1 punt Maks. 4 punte • Die minimumpunt van die korttermyn gemiddelde kostekromme (GK) lê onder die markprys  • Die besigheid is in ekwilibrium (maksimering winste) by punt 3 waar MI = MK en die besigheid sal hoeveelheid q 1 produseer teen markprys P 1  • Totale inkomste is gelyk aan Oq 1 x OP 1 (10 x 50) en totale koste is gelyk aan Oq 1 x Oc (10 x 40)  • Die ekonomiese wins word deur die area cP 1 eb (R100) voorgestel (6) (Maks 10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 14 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) EKONOMIESE VERLIES Prys/Koste/Inkomste MK  GK b c/50  e vv MI  P 1 /40 GI 0 q 1 /10 Hoeveelheid Puntetoekenning Korrekte trek en benoem van kostekrommes: 1 punt Korrekte trek en benoem inkomstekrommes: 1 punt Korrekte aandui van verliesminimeringspunt: 1 punt Korrekte aandui van area (ekonomiese verlies): 1 punt Maks. 4 punte • Die minimumpunt van die korttermyn gemiddelde kostekromme (GK) is geleë bo die markprys  • Die besigheid is in ekwilibrium (minimering verliese) by punt e waar MI = MK en die besigheid sal hoeveelheid q 1 produseer teen markprys P 1  • Totale inkomste is gelyk aan Oq 1 eP 1 (10 x 40) en die totale koste is gelyk aan Oq 1 bc (10 x 50)  • Die ekonomiese verlies word deur die gebied P 1 ebc (R100) voorgestel  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) (Maks 8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 15 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne NORMALE WINS Prys/Koste/Inkomste MK  GK e MI  P 1 /50 GI Puntetoekenning Korrekte trek en benoem van kostekrommes: 1 punt Korrekte trek en benoem inkomstekrommes: 1 punt Korrekte aandui van winsmaksimeringspunt: 1 punt Korrekte aandui van area (normale wins): 2 punte Maks 4 punte 0 q 1 /10 Hoeveelheid • By punt e waar MI = MK sal die besigheid hoeveelheid q 1 produseer teen markprys P 1  • die laagste punt van GK wat ‘n raakpunt met die GI/MI-krommes vorm  • dit impliseer dat GK = GI en dat die totale koste gelyk is aan totale inkomste (OP 1 eq 1 )/500)  • normale wins is die minimum vergoeding vereis om te voorkom dat die entrepreneur die mark verlaat  (6) Maks (8) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Maks 26 ADDISIONELE DEEL Die mededingingsbeleid is suksesvol want dit: • maak voorsiening vir instellings soos die Mededingingskommissie, Mededingingstribunaal en Mededingingsappèlhof of enige onregverdige mededinging in die land te ondersoek  • funksioneer deur beperkende sakepraktyke te ondersoek en te evalueer  • maak aanbevelings rakende boetes aan besighede wat skuldig bevind word aan misbruik  • implementering van die Mededingingstribunaal wat die ondersoek en aanbevelings van die Mededingingskommissie aanvaar of verwerp – stem saam met boete neergelê  • maak dit moontlik vir besighede om te appelleer by die Mededingingsappèlhof  • verminder die ekonomiese mag van groot konglomerate om 'n meer regverdige verdeling van inkomste en welvaart te bereik  • reguleer samesmeltings en oornames om markmag van samesmeltings te reguleer  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Aanvaar praktiese voorbeelde waar Mededingingsbeleid suksesvol was) Die mededingingsbeleid was nie suksesvol nie, want: • daar ‘n gereelde voorkoms van ondersoeke plaasvind in samespannende optrede  bv. sement / staal / brood / banksektor  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 16 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne • boetes was te toegeeflik en onaanvaarbaar vir sommige partye  • te veel mededingers probeer steeds regstellende aksie voorkom / jong, swart nyweraars wat die mark betree (SEB)  Maks (10) SLOT Besighede onder volmaakte mededinging kan slegs normale wins oor die langtermyn maak a.g.v. die aantal besighede wat die mark betree om te deel in die winste wat oor [40] die korttermyn gemaak is  Maks (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES • Bespreek die VYF omgewingsprobleme/kwessies en die internasionale maatreëls wat geneem word om die probleme aan te spreek om 'n volhoubare omgewing te verseker. (26 punte) • Hoe gebruik Suid-Afrika beskerming om 'n volhoubare omgewing te verseker? (10 punte) [40] INLEIDING Omgewingsvolhoubaarheid is die vermoë van die omgewing om sy gebruik vir ekonomiese aktiwiteite te oorleef/ Omgewingskwessies is wêreldwye kwessies en daarom is die volgende vyf omgewingsprobleme areas tot kommer  Maks (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) HOOFDEEL Biodiversiteitsverlies  • Biodiversiteit is die verskeidenheid spesies plante en diere in 'n spesifieke gebied  • Dit behels die genetiese verskeidenheid tussen individue binne dieselfde spesie en die aantal spesies binne 'n gemeenskap van organismes  • Die diversiteit van spesies in die wêreld daal vinnig a.g.v. uitwissing en dis 'n onomkeerbare proses  • Moderne tegnieke soos oorplanting van gene kan help om die verlies van spesies te beperk  • Die Verenigde Nasies se Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (CITES) verbied die handel in bedreigde plant en dierspesies  • Monitering en regulering van handel in bedreigde spesies word uitgevoer deur die gebruik van permitte en kwotas  • In Suid-Afrika, word 'n permit benodig vir iemand wat plante en diere wil invoer  (Maks 6) Chemiese afval  • Chemiese afval is giftig en sy effek op 'n organisme kan onvrugbaarheid of die dood veroorsaak  • Chemiese afval moet versigtig bestuur word om te verseker dat geen lekkasies in aardwater voorkom nie  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 17 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne • Die Stockholm Protokol verbied die twaalf dodelikste vervaardigde chemikalieë  • Die Rotterdam Konvensie beskerm lande waar voldoende infrastruktuur ontbreek om die invoer en uitvoer van gevaarlike chemikalieë te monitor  (Maks 6) Gevaarlike afval  • Gevaarlike afval bevat meer as 'n chemiese afval en sluit giftige metaalafval soos lood in  • Gevaarlike afval toon 'n stadige oplosbare koers (bly giftig vir 'n lang periode)  • Gevaarlike afval kan alle lewensvorme en die totale ekosisteem bedreig  • Die Basel Konvensie oor die kontrole van Transgrens-beweging van Gevaarlike Afval laat handel toe tussen lande wat die konvensie onderteken het  • Gevaarlike afval word onwettig gestort omdat dit gerieflik en goedkoop is (Maks 6) Klimaatsverandering  • Klimaatsverandering is die verandering in die samestelling van die atmosfeer wat verband hou met menslike aktiwiteit  • 'n Opbou van sekere gasse soos koolstofdioksied in die atmosfeer veroorsaak die hitte om vasgevang te word in die atmosfeer, wat lei tot aardverwarming  • Die effek van klimaatsverandering sluit veranderde temperature en weerpatrone in  • Die Verenigde Nasies se Raamwerk Konvensie oor Klimaatsverandering (UNVCCCC) se mikpunt is om kweekhuisgasse te verminder  • Kyoto Protokol was onderteken as 'n ooreenkoms tussen ontwikkelde lande rakende kweekhuisgas-vrystellingsvlakke  • Die doelwitte van die ooreenkoms is nie bereik nie  (Maks 6) Verlies aan inheemse kennis  • Inheemse mense dra kennis oor die natuurlike omgewing, wat hulle dikwels gebruik om te oorleef  • Inheemse mense gebruik organiese metodes en natuurlike prosesse om die natuur te hanteer  • Die plaaslike bou van kapasiteit is belangrik, omdat dit kan help dat inheemse mense meer van die omgewing kan leer as wat hul tradisionele leefstyl en ondervindings was  • UNESCO se bestuur van sosiale transformasieprogram (MOST) is ‘n wêreldwye poging om binnelandse/inheemse kennis op te teken sodat dit nie vir altyd verlore gaan nie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 6) (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (Ten minste TWEE punte vir die internasionale maatreël gebruik om elke probleem op te los) (Aanvaar ander belangrike omgewingskwessies) (Maks 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 18 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne ADDISIONELE DEEL Beskerming in Suid-Afrika kan 'n volhoubare omgewing verseker deur: • 'n balans in die ekosisteem te bring  omdat daar wisselwerking tussen diere en plante voorkom en onderlinge afhanklikheid, voortgesette oorlewing bepaal  • beskerming van woude, omdat dit belangrik is vir produksie van suurstof en opname van kweekhuisgasse  • verminder die hoeveelheid kweekhuisgasse wat vrygestel word in die atmosfeer, sodat aardverwarming afneem  • oordeelkundige gebruik van water, omdat dit noodsaaklik is vir plant en dier se voortbestaan  verskeie plaaslike munisipaliteite het beperkinge op waterverbruik ingestel om te verseker dat dit bewaar bly  • hergebruik, verminderde verbruik en herwinning veroorsaak dat minder hulpbronne deur mense gebruik word en produksie van plastiek afneem  • beleide wat help om hernubare voorrade (soos bome) en nie-hernubare voorrade (soos fossielbrandstowwe) te beskerm  • ‘n markekonomie wat ‘n belang het by beskerming omdat dit help om hernubare voorrade te behou bv. hour en vis  • bereik van volhoubaarheid van nywerhede deur kragte van vraag en aanbod  • direkte beheer waar die owerheid die vlak van omgewingshulpbronne behou deur die toeken van permitte en kwotas  • bv. deur toekenning van kwotas vir visvangs deur die owerheid, om vangste te stop wat so groot is dat dit die groei van die vispopulasie oorskrei  • kwotas vas te stel vir die afkap van bome sodat ontbossing nie vervang van bome oorskrei nie  (Maks 10) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Bewaring in Suid-Afrika kan 'n volhoubare omgewing verseker deurdat: • daar verseker word dat bestaande bates nie op so ‘n manier gebruik word dat dit die omgewing vernietig nie  • die staat private eiendom aan besigheidsmanne verkoop om dit te gebruik as reservaat sodat die omgewing behoue bly  • ‘n kompromis bereik moet word (gee en neem) waar ontwikkeling gekontroleerd moet plaasvind (bv. riviermond as vakansie-oord)  • die regering deur beleidformulering omgewingsbates koop, konfiskeer of nasionaliseer bv. inheemse woude  • sleutelhulpbronne gesubsidieer word bv. ekosisteme in privaatbesit  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) SLOT [40] Die sukses in die beskerming van die omgewing sal 'n verenigde poging van verbruikers, besighede en owerhede verg  (Maks 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all