Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V1
NOVEMBER 2021
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 




_hlayiso.com_--4ffbaebe-ee7d-408b-a930-2e9a075861bb/v1-d40f5dc71c1aab95553e/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)

Economics P1 Nov 2021 Afr_hlayiso.com_.pdf
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 13
- File size
- 461.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2021
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Langtermyn- finansiële instrumente, soos aandele, word op
die …-mark verhandel.
A geld
B kapitaal
C buitelandsevaluta
D arbeids
1.1.2 Sakesiklusse wat vir 15 tot 20 jaar duur en deur veranderinge in
die boubedryf veroorsaak word, word …-siklusse genoem.
A Kuznets
B Kitchin
C Jugler
D Kondratieff
1.1.3 Die oordrag van eienaarskap van entiteite na die openbare sektor
word … genoem.
A privatisering
B kommersialisering
C deregulering
D nasionalisering
1.1.4 Beleggingskontrakte wat hulle waarde baseer op die onderliggende
bates, soos geldeenhede en kommoditeite, staan as … bekend.
A ander beleggings
B direkte beleggings
C finansiële afgeleides
D portefeuljebeleggings
1.1.5 Die internasionale organisasie wat tariewe en ander
handelsbelemmerings verminder sodat handel geliberaliseer word,
word die … genoem.
A Wêreldbank
B Internasionale Monetêre Fonds
C Wêreldhandelsorganisasie
D Wêreldgesondheidsorganisasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2021
NSS
1.1.6 Die groei- en ontwikkelingsbeleid wat poog om teen 2030 armoede
te elimineer en ongelykheid te verminder, staan as die … bekend.
A Nasionale Ontwikkelingsplan
B Heropbou- en Ontwikkelingsprogram
C Groei, Werkverskaffing en Herverdelingsprogram
D Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika
1.1.7 'n Kontantaansporing wat poog om belegging in die opleiding van
die Suid-Afrikaanse arbeidsmag te verskaf om nuwe kundigheid
te bekom, word die … genoem.
A Kritieke Infrastruktuurprogram
B Vaardigheidondersteuningsprogram
C Doeanevryaansporings
D Kleinsake-ondersteuningsprogram
1.1.8 Die persentasie van die bevolking wat in armoede in 'n land leef,
word deur … aangedui.
A die Gini-koëffisiënt
B lewensverwagting
C per capita bruto binnelandse produk
D die koptellingsindeks (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2021
NSS
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Oordragbetaling A kombinasie van internasionale
handelsbeleide wat vir die heersende
1.2.2 Belegging toestande in 'n ekonomie geskik is
1.2.3 Kontantreserwe- B monitor identifiseerbare en omskryfbare
vereistes kwessies verwant aan menslike
welstand
1.2.4 Prysdiskriminasie
C landswye owerheidsinmenging wat
1.2.5 Sosiale aanwyser arbeidsintensiewe metodes gebruik om
werk te skep
1.2.6 Gewenste mengsel
D geld ontvang sonder dat enige
1.2.7 Nywerheids- produktiewe diens gelewer is
ontwikkelingsones
E om vir verskillende klante verskillende
1.2.8 Uitgebreide Openbare pryse vir dieselfde produk te vra
Werke-program
F besteding deur besighede op
kapitaalgoedere
G gebruik om geldvoorraad deur die
aankoop en verkoop van staatseffekte
te beheer
H spesiaal geboude nywerheidspersele
wat fisies omhein is en met
internasionale hawens verbind is
I die minimum bedrag geld vereis deur
die Suid-Afrikaanse Reserwebank
waaraan banke moet voldoen om
geldskeppingsaktiwiteite te manipuleer
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2021
NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Wanneer 'n land wat by internasionale handel betrokke is meer
produseer as ander lande, gegewe dieselfde produksie
1.3.2 'n Dokument wat verwagte inkomste en beraamde besteding vir die
volgende fiskale jaar detailleer
1.3.3 Belastingstelsels waar lae-inkomsteverdieners hoër belasting-
koerse betaal, terwyl hoë-inkomsteverdieners laer belastingkoerse
betaal
1.3.4 Die verskaffing van aansporings om plaaslike besighede aan te
moedig om goedere te produseer om aan ander lande te verkoop
1.3.5 Die proses wat fokus op die verbetering van mense se
lewenstandaard
1.3.6 Die industriële ontwikkelingstrategie wat gemik is op die
verbetering van mededinging in vervaardiging deur insetpryse en
tegnologie te oorweeg
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2021
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE deelnemers aan die ekonomiesekringloop-
model. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom lei openbaresektor-mislukking tot maatskaplike
onstabiliteit? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRUTO WAARDE TOEGEVOEG VOLGENS TIPE EKONOMIESE AKTIWITEIT
2021-syfers
Teen konstante Teen huidige
2015-pryse pryse
Primêre sektor 295 203 472 082
Sekondêre sektor 552 601 943 771
Tersiêre sektor 2 017 745 3 107 747
Bruto waarde toegevoeg teen 2 865 548 4 523 600
basiese pryse
[Aangepas uit SARB Quarterly Bulletin, Maart 2021]
2.2.1 Identifiseer die basisjaar wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank
gebruik om totale in die nasionale rekeninge saam te stel. (1)
2.2.2 Gee die alternatiewe term wat vir bruto waarde toegevoeg in
nasionale rekeninge gebruik word. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term bruto waarde toegevoeg. (2)
2.2.4 Hoe word basiese pryse na markpryse omgeskakel? (2)
2.2.5 Waarom sou ekonome konstante pryse bo huidige pryse verkies
wanneer ekonomiese groei gemeet word? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2021
NSS
2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
STAATSKULD AAN DIE STYG
Hoë staatskuldvlakke verhoog die koste van lenings dwarsdeur die ekonomie.
Die stygende skuld lei tot hoër toekomstige belasting en onsekerheid. Die
versorging van hierdie stygende skuld verwyder bronne wat in infrastruktuur
belê kon word. Ons leningsbehoeftes sal elke jaar van die medium termyn ver
bokant R500 miljard bly ten spyte van die matige verbeteringe in ons fiskale
posisie.
Hierdie 2021-begrotingsraamwerk plaas Suid-Afrika op koers om 'n primêre
surplus te behaal. Deur dit te doen, sal staatskuld in 2025/26 teen
88,9 persent van die bruto binnelandse produk stabiliseer.
[Aangepas uit 2021/22-Begrotingsverklaring]
2.3.1 Noem die staatsdepartement wat vir die formulering en
implementering van fiskale beleid verantwoordelik is. (1)
2.3.2 Gee die maatstafpersentasie vir staatskuld in verhouding tot bruto
binnelandse produk. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term mediumtermyn-bestedingsraamwerk. (2)
2.3.4 Waarom is daar 'n behoefte dat die owerheid meer aan maatskaplike
ontwikkeling bestee? (2)
2.3.5 Hoe kan inkomstebelastingkategorieë belastingbetalers beïnvloed?
(2 x 2) (4)
2.4 Met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, verduidelik die
vermenigvuldigerbegrip. (8)
2.5 Hoe kan veranderinge in terme van ruilvoet die Suid-Afrikaanse ekonomie (8)
beïnvloed? [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE metodes van invoervervanging. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan die owerheid die herstel van grondregte gebruik om sy
ontwikkelings- en regstellingsdoelwitte te bereik? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE 2030-ENERGIEPLAN
As deel van die 2030-plan het die Departement van Mineraalbronne en
Energie effektief R56 miljard losgemaak wat in hernubare energieprojekte
regdeur die land belê sal word. Daar word van munisipaliteite verwag om
geskikte nienetwerkenergiebronne te kies en om toegang aan arm
huishoudings te verskaf.
[Aangepas uit Departement van Mineraalbronne en Energie-verklaring, 2021]
3.2.1 Identifiseer die energiebron wat verband hou met die verbranding
van fossielbrandstowwe. (1)
3.2.2 Gee die indeks wat gebruik word om die samelewing se vlak van
ontwikkeling te meet. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese aanwyser. (2)
3.2.4 Verduidelik die negatiewe impak van landelik-stedelike migrasie op
die verskaffing van dienste in stedelike gebiede. (2)
3.2.5 Hoe sal hernubare energiebronne arm huishoudings in landelike
gebiede positief beïnvloed? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2021
NSS
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SES hoe?
Spesiale
Ekonomiese
Sone
… bied
Doeanevrye
Die SES- aansporings,
program het Buitelandse
234 beleggers Investerings-
gelok en toelaes en
15 000 direkte Vaardigheids-
Ontwikkelings-
werksgeleent- Programme
hede geskep.
Belasting-
aansporings
[Aangepas uit Google, SEZ latest development, Maart 2021]
3.3.1 Identifiseer die finansiële aansporing wat toelaat dat intermediêre
goedere sonder die betaling van enige tariewe ingevoer word. (1)
3.3.2 Noem enige EEN spesiale ekonomiese sone in Suid-Afrika. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term korridors. (2)
3.3.4 Hoe gebruik die owerheid maatskappybelasting om beleggings na
spesiale ekonomiese sones te lok? (2)
3.3.5 Verduidelik die belangrikheid van openbare-privaat vennootskappe
in ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe. (2 x 2) (4)
3.4 Beskryf in hooftrekke die doelwitte van streeksontwikkeling. (4 x 2) (8)
3.5 Analiseer die omgewingseffekte van ekonomiese aktiwiteite van lande in
die noorde. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 4: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE internasionale maatstafkriteria vir
streeksontwikkeling. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom word laste bygevoeg wanneer netto direkte beleggings in
die finansiële rekening van die betalingsbalans bereken word?
(1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOEKOM DRYF LANDE HANDEL?
Internasionale handel is deesdae die hartklop van die wêreldekonomie, en is
vir baie ontwikkeling en welvaart van die moderne geïndustrialiseerde wêreld
verantwoordelik. Lande dryf handel met mekaar wanneer hulle nie die
hulpbronne of kapasiteit het om aan hulle eie behoeftes en begeertes te
voldoen nie. Deur die ontginning van hulle binnelandse skaars natuurlike
bronne kan lande 'n surplus produseer en dit vir die hulpbronne wat hulle
benodig, verhandel.
Firmas wat voor groot wêreldmarkte te staan kom, kan aangemoedig word
om massaproduksie op te neem en nuwe tegnologie toe te pas.
[Aangepas uit www.internationalecon.com]
4.2.1 Identifiseer die aanbodrede vir internasionale handel waaraan in
die uittreksel hierbo aandag gegee word. (1)
4.2.2 Noem die produk wat uitdruklik in die betalingsbalans aangeteken
word as gevolg van die historiese belang daarvan. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term massaproduksie. (2)
4.2.4 Verduidelik die rede waarom Suid-Afrikaanse verbruikers produkte
invoer wat op binnelandse markte beskikbaar is. (2)
4.2.5 Hoe kan natuurrampe, soos 'n droogte, die Suid-Afrikaanse
handelsbalans beïnvloed? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2021
NSS
4
4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. .3.2
SUID-AFRIKA SE EKONOMIE BEREIK 'N LAAGTEPUNT
Swak ekonomiese
groei
Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) het tussen die eerste en
tweede kwartaal van 2020 met net meer as 16,4% gedaal, wat lei tot 'n
jaarlikse groeikoers van 51%. Die vraagkant van die ekonomie het met
52,3% gedaal as gevolg van laer uitvoere en huishoudelike besteding.
[Aangepas uit @StatsSA, Februarie 2021]
4.3.1 Identifiseer EEN komponent van totale vraag in die inligting hierbo. (1)
4.3.2 Noem die werkverskaffingsaanwyser wat met die grootte van die
arbeidsmag in die land te make het. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese groei. (2)
4.3.4 Verduidelik die impak van 'n styging in verbruiksbesteding op die
produksie van goedere en dienste. (2)
4.3.5 Hoe kan klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO's) tot
ekonomiese groei en ontwikkeling bydra? (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek kortliks wisselkoersstabiliteit en prysstabiliteit as makroekonomiese
doelwitte van die owerheid. (2 x 4) (8)
4.5 Analiseer die uitdagings van die Suid-Afrikaanse owerheid om die
werkloosheidkoers in die ekonomie te verminder. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 13 DBE/November 2021
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2
'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
te definieer of te omskryf.
Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word. Maks. 10
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/
Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in besonderhede die nuwe ekonomiese paradigma in die effening van
sakesiklusse. (26 punte)
Evalueer die Suid-Afrikaanse owerheid se inisiatiewe om die ekonomiese afswaai
wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is, te verminder. (10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die argumente ten gunste van proteksionisme/beskerming. (26 punte)
Hoe kan Suid-Afrika uit handel in wêreldmarkte voordeel trek? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D_watermark.pdf

Question paper
Economics-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Free-State.pdf
Question paper
Economics P1 May-June 2025 Afr.pdf

Question paper
Economics P2 May-June 2025 Afr.pdf
Question paper
ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Economics P1 QP June 2021 English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Economics P1 Nov 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf
_hlayiso.com_--4ffbaebe-ee7d-408b-a930-2e9a075861bb/v1-d40f5dc71c1aab95553e/card.webp)
Question paper
Economics P1 Nov 2022 MG Eng (1)_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Economics P1 Nov 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Economics P1 Nov 2017 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Economics P1 Nov 2017 Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Economics
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Economics P2 Memo Afr_watermark.pdf
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-KZN.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P1-MEMO-Pre-June-2025-Limpopo.pdf

Memorandum
Economics P2 May-June 2025 MG Afr.pdf
Memorandum