Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202112 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V2 NOVEMBER 2021 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/November 2021 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Die waarde van vaardighede wat deur die entrepreneur besit word en in die produksieproses gebruik word, word … koste genoem. A eksplisiete B marginale C implisiete D gemiddelde 1.1.2 'n Situasie waar dit onmoontlik is om die welstand van een individu te verbeter sonder om dit vir 'n volgende individu te vererger, word … doeltreffendheid genoem. A toedelings- B tegniese C Pareto- D mark- 1.1.3 Die vraagkromme vir 'n oligopolis … A het 'n positiewe helling. B is geknik. C is horisontaal. D het 'n opwaartse helling. 1.1.4 Inkomste wat deur produsente van goedere benut word, staan as … voordeel bekend. A private B eksterne C sosiale D publieke 1.1.5 'n Inflasiekoers wat items met hoogs onbestendige pryse uitsluit, word … inflasie genoem. A prysregulerings- B hooflyn- C inklusiewe/allesomvattende D kern- 1.1.6 Godsdienstige gebeurtenisse word onder … toerisme ingesluit. A paleo- B kulturele C plaaslike D eko- Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/November 2021 NSS 1.1.7 Die proses om afvalmateriaal in ekonomiese goedere om te skakel, staan as … bekend. A herwinning B hergebruik C herstel D uitvind 1.1.8 Staatsinmenging wat besighede toelaat om hulle lisensies aan ander besighede te verkoop, word … genoem. A toekenning van eiendomsreg B omgewingsubsidies C omgewingsbelasting D bemarkbare permitte (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Lang termyn A 'n internasionale ooreenkoms wat streef na die verlaging van kweekhuisgasse 1.2.2 Grensinkome B verteenwoordig die koste van 'n 1.2.3 Duopolie gemiddelde mandjie goedere en dienste 1.2.4 Perfekte elastiese C produkte wat ekovriendelik is en sonder vraagkromme enige skade deur die omgewing geabsorbeer kan word 1.2.5 Verbruikersprysindeks D mense wat deur Suid-Afrika na 'n ander 1.2.6 Transito-toeriste bestemming reis 1.2.7 Kyoto Protokol E elke besigheid moet die optrede van ander in ag neem 1.2.8 Bioafbreekbaar F alle produksiefaktore is veranderlik G inkome ontvang uit die verkoop van een ekstra eenheid van produksie H hoeveelhede verander sonder 'n verandering in prys I 'n markstruktuur wat deur twee besighede gedomineer word (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/November 2021 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 'n Situasie waar die mark goedere verskaf wat by die behoeftes van die verbruikers pas 1.3.2 'n Markstruktuur wat bestaan uit baie besighede wat gedifferensieerde produkte verkoop 1.3.3 Goedere wat as sosiaal nadelig beskou word 1.3.4 Pryse van goedere en dienste wat aanhoudend oor 'n lang tydperk daal 1.3.5 Monetêre beleidsbenadering wat deur die SARB gebruik word om prysveranderinge binne 3–6% te hou 1.3.6 Die verskeidenheid plant- en dierelewe binne 'n ekostelsel (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/November 2021 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE doelstellings van die mededingingsbeleid. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom word 'n monopolistiese mededingende mark as 'n hibridiese markstruktuur beskou? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOETREDEBELEMMERINGS Beleggingskapitaal Handelsmerkgewing Intellektuele Eiendom Regulasies en en Patente Lisensies [Aangepas uit Google images, 2021] 2.2.1 In die spotprent, hierbo identifiseer 'n belemmering wat deur 'n monopolistiese mededinger gebruik is om hulle markaandeel te vergroot. (1) 2.2.2 Noem die tipe monopolie wat deur die gebruik van patente gekenmerk word. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term skaalbesparings. (2) 2.2.4 Hoe sal belemmerings tot toetrede winste in die mark beïnvloed? (2) 2.2.5 Waarom is dit vir monopolieë 'n uitdaging om buitengewoon hoë pryse te vra? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/November 2021 NSS 2.3 Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Bedryf/Mark Individuele besigheid V A MK Prys Prys GK e P P A=GI=MI A V 0 Hoeveelheid 0 h1 h2 h3 Hoeveelheid 2.3.1 Identifiseer die hoeveelheid waar die individuele besigheid wins sal maksimeer. (1) 2.3.2 Noem die markstruktuur wat hierbo geïllustreer word. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese wins. (2) 2.3.4 Waarom neem die individuele besigheid die prys soos deur die bedryf bepaal? (2) 2.3.5 Hoe sal die toetrede van nuwe firmas in die bedryf op lang termyn die individuele besigheid beïnvloed? (2 x 2) (4) 2.4 Met behulp van 'n grafiek, verduidelik die verhouding tussen marginale inkome en die vraagkromme (GI) van 'n monopolie. (8) 2.5 Analiseer maatreëls wat deur die owerheid gebruik kan word om mededinging in die ekonomie te bevorder. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE kriteria vir 'n aktiwiteit om as toerisme beskou te word. (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom is dit belangrik om wêreldwyd op bewaring te fokus? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. IMPAK VAN COVID-19 OP Aantal TOURISM INKOMENDE SALES TOERISTE toeriste 1000 in '000 900 800 700 600 500 400 300 200 100 0 DES DEC19 19 JAN 20 FEB 20 MRT MAR20 20 APR 20 MEI MAY20 20 JUN 20 JUL 20 AUG 20 SEP 20 OKT OCT2020 NOV 20 [Aangepas uit http://finalwakeupcall.info] 3.2.1 Noem die faktor wat tussen Januarie en April 2020 'n skerp daling in toeristeverkope veroorsaak het. (1) 3.2.2 Gee EEN rede waarom die owerheid belasting op toeriste- aktiwiteite instel. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term inkomende toeris. (2) 3.2.4 Verduidelik die rol wat toerisme in infrastruktuurontwikkeling in Suid-Afrika speel. (2) 3.2.5 Hoe beïnvloed 'n daling in toerisme-aktiwiteite landelike gemeenskappe? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/November 2021 NSS 3.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GEVAARLIKE AFVAL Giftig [Bron: Google images.com] 3.3.1 Noem die tipe besoedeling wat in die spotprent hierbo uitgebeeld word. (1) 3.3.2 Gee die internasionale maatreël wat die beheer van gevaarlike afval hanteer. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term beskerming. (2) 3.3.4 Verduidelik die effek van gronderosie op voedselsekerheid. (2) 3.3.5 Hoe beïnvloed menslike aktiwiteit omgewingsvolhoubaarheid op 'n negatiewe wyse? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die redes waarom markte misluk om omgewingsvolhoubaarheid te verseker. (4 x 2) (8) 3.5 Analiseer bemarkingstrategieë in Suid-Afrika wat gebruik word om toerisme (8) te bevorder. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/November 2021 NSS VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van vaste koste. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe beoog die Parys-ooreenkoms om die impak van klimaatsverandering te verminder? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WÊRELDERFENISTERREINE Ek was nou oral in die wêreld. Het die Taj Mahal, Toringbrug en Robben-eiland besoek. Ek kan nie wag om nog terreine te besoek nie! [Aangepas uit www.geoex.com, 2018] 4.2.1 Identifiseer EEN Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika in die inligting hierbo. (1) 4.2.2 Noem EEN voordeel van toerisme vir huishoudings. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsels. (2) 4.2.4 Hoe kan die depresiasie van die rand inkomende toerisme beïnvloed? (2) 4.2.5 Waarom besoek toeriste Suid-Afrika as 'n toeristebestemming? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/November 2021 NSS 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. OLIGOPOLIE – SAMESPANNING IN DIE BANKSEKTOR Drie Suid-Afrikaanse banke word van wydverspreide samespanning verdink wat met die prysvasstelling van die rand verband hou. Die ondersoek het gekyk na gevalle van prysvasstelling en marktoekenning in die verhandeling van buitelandse valuta wat die rand betrek. Daar word beweer dat buitelandsevalutahandelaars Amerikaanse dollar koop en verkoop in ruil vir die rand teen vasgestelde pryse. Die mededingingsbeleid het voorsiening gemaak vir die stigting van die Mededingingskommissie, Mededingingstribunaal en Mededingingsappèlhof om samespanningskwessies in verskillende sektore van die ekonomie te hanteer. [Aangepas uit Business Tech] 4.3.1 Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die ondersoek na anti-mededingende gedrag. (1) 4.3.2 Noem die tipe samespanning wat in die uittreksel hierbo verduidelik is. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term oligopolie. (2) 4.3.4 Hoe beïnvloed die bestaan van monopolieë die aanbod van goedere en dienste? (2) 4.3.5 Wat is die impak van prysvasstelling op die mark? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik, met behulp van 'n grafiek, afsluitpunt in 'n volmaakte mark. (2 x 4) (8) 4.5 Ontleed die impak van 'n toename in die bevolking op die omgewing. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/November 2021 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf.  Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.  Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer 'n Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word. Maks. 10 Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/ Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek volledig, sonder om grafieke te teken, staatsinmenging as 'n gevolg van markmislukking. (26 punte)  Hoe kan markondoeltreffendheid deur wêreldmarkte (globalisering) verminder word? (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek die gevolge van inflasie. (26 punte)  Hoe beïnvloed buitelandse direkte investering inflasie in die ekonomie? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all