Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V2
NOVEMBER 2021
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Economics Grade 12 P2 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 537.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
NSC November Exam 2021
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 2 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C – implisiete
1.1.2 C – Pareto
1.1.3 B – is geknik
1.1.4 A – private
1.1.5 D – kern
1.1.6 B – kulturele
1.1.7 A – herwinning
1.1.8 D – bemarkbare permitte (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 F - Alle produksiefaktore is veranderlik
1.2.2 G - Inkome ontvang uit die verkoop van een ekstra eenheid van
produksie
1.2.3 I - 'n Markstruktuur wat deur twee besighede oorheers word
1.2.4 H - Hoeveelhede verander sonder 'n verandering in prys
1.2.5 B - Verteenwoordig die koste van 'n gemiddelde mandjie goedere
en dienste
1.2.6 D – Mense wat deur Suid-Afrika na 'n ander bestemming reis
1.2.7 A – 'n Internasionale ooreenkoms wat streef na die verlaging van
kweekhuisgasse
1.2.8 C – produkte wat ekovriendelik is en sonder enige skade deur die
omgewing geabsorbeer kan (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Toedelingsdoeltreffendheid / Toewysingsdoeltreffendheid /
Ewewig
1.3.2 Monopolistiese mededinging
1.3.3 Niemeriete
1.3.4 Deflasie
1.3.5 Inflasieteikening
1.3.6 Biodiversiteit (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 3 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE doelstellings van die mededingingsbeleid.
Verhoed dat monopolieë hul mag misbruik
Reguleer vorming van samesmeltings en ander oornames wat
markkrag wil uitoefen
Om ondernemings te verhoed om beperkende praktyke te
bedryf, soos prysvasstelling, markverdeling, ens.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom word 'n monopolistiese mededingende mark as 'n
hibridiese markstruktuur beskou?
Dit is 'n kombinasie van 'n monopolie en volmaakte mededinging
(markte) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 In die spotprent hierbo, identifiseer 'n belemmering wat deur
'n monopolistiese mededinger gebruik is om hulle
markaandeel te vergroot
Beleggingskapitaal / Handelsmerkgewing (1)
2.2.2 Noem die tipe monopolie wat deur die gebruik van patente
gekenmerk word.
Kunsmatige/ wettige (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term skaalbesparings.
Skaalvoordele vind plaas wanneer uitset met meer as die
persentasie toename in insette toeneem/ wanneer die koste per
eenheid afneem omdat uitsette uitbrei (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
2.2.4 Hoe sal belemmerings tot toetrede winste in die mark
beïnvloed?
Nuwe besighede se toetrede tot die mark word beperk en
bestaande besigheid sal 'n ekonomiese wins oor beide kort- en
lang termyn geniet
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 4 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.2.5 Waarom is dit vir monopolieë 'n uitdaging om buitengewoon
hoë pryse te vra?
Monopolie is beperk tot die markvraag en verbruikers kan
ophou om te koop as pryse te hoog is
Verbruikers het beperkte begrotings en daarom kan
monopolieë nie buitengewoon pryse vra nie
Die monopolis se produk moet steeds meeding om die
verbruiker se guns te wen, met al die ander produkte in die
ekonomie
Prysverhogings word soms deur die regering gereguleer om
die verbruiker te beskerm
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die hoeveelheid waar die individuele besigheid
wins sal maksimeer.
H2 (1)
2.3.2 Noem die markstruktuur wat hierbo geïllustreer word.
Volmaakte (mededinging / mark) (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese wins.
Kom voor wanneer 'n firma se totale inkomste sy totale koste
oorskry/prys (GI) is groter as gemiddelde koste / die wins wat die
besigheid maak bo en behalwe normale wins
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.4 Waarom neem die individuele besigheid die prys soos deur
die nywerheid bepaal?
As Individuele firmas hoër pryse sou vra, kan hulle of klante
verloor of markaandeel verloor
'n Individuele firma is baie klein in verhouding tot die bedryf en
het geen invloed oor die markprys nie
Wanneer firmas laer pryse vra, kan verliese voorkom
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.5 Hoe sal die toetrede van nuwe firmas in die bedryf op lang
termyn die individuele besigheid beïnvloed?
Mededinging sal toeneem soos wat die aantal mededingers in
die mark toeneem
Aanbod van goedere en dienste sal toeneem wat sal lei tot laer
pryse
Laer pryse sal ekonomiese wins verminder en individuele
besighede sal op lang duur normale wins maak
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 5 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.4 Met behulp van 'n grafiek, verduidelik die verhouding tussen
grensinkome en die vraagkromme (GI) van 'n monopolie.
Prys/ MARGINALE INKOMSTE EN GEMIDDELDE INKOMSTE
Inkomste
A
MI vv=GI
Hoeveelheid
0
TOEKENNING VAN PUNTE
Korrekte teken en benoem van MI-kromme – 1 punt
Korrekte teken en benoem van GI/V-kromme – 1 punt
Korrekte posisionering van MI en GI/V tot as– 1 punt
Benoeming op asse – 1 punt
Maksimum 4 punte
Die marginale inkomstekromme, met die uitsondering van die eerste
eenheid, sal onder die vv/GI-kromme lê
Die vraagkromme (GI) het ‘n negatiewe helling, wat daartoe lei dat meer
goedere teen 'n laer prys verkoop word, dus sal die bykomende inkomste
(MI) ook afneem
MI kromme sny die horisontale as by 'n punt halfpad tussen die oorsprong
en die GI kurwe
Die monopolis sal altyd 'n prys bo punt A op die GI kromme vasstel, want
marginale inkomste sal positief wees
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 4 punte) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 6 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.5 Analiseer maatreëls wat deur die owerheid gebruik kan word om
mededinging in die ekonomie te bevorder.
Die owerheid kan mededinging bevorder deur:
'n toegewyde nasionale inspektoraat in te stel wat monitering en afdwing
van mededingingsbeleide hanteer
'n mededingingsbeleid te integreer met die nasionale beleidsdoelwitte soos
die nywerheids- en makro-ekonomiese beleide
wette rakende anti-mededingende gedrag van monopolieë te verbeter en te
versterk
hersiening van huidige praktyke en regulasies in korporatiewe bestuur /
verminder rompslomp/ dereguleer om dit vir nuwe besighede makliker te
maak om te bedryf
te verseker dat voorheen benadeelde persone 'n gelyke geleentheid tot
deelname aan die ekonomie het
invoere toe te laat wat mededinging met plaaslike produkte verhoog, en
plaaslike besighede dwing om hul pryse laag te hou
buitelandse direkte investering te lok om mededinging in plaaslike markte te
verhoog
klein en mikro-ondernemings (entrepreneurskap) te bevorder om
mededinging met groot besighede te verhoog asook die aanbod van
goedere in die ekonomie
mededingingsbeleid tot minder anti-mededingende gedrag te
implementeer, soos prysvasstelling deur oligopolieë en monopolieë
verminder die koste om sake in Suid-Afrika te doen.
verminder korporatiewe belasting om nuwe besighede aan te moedig om
die mark te betree.
opgradeer, onderhou en verskaf voldoende infrastruktuur waarin
besighede kan funksioneer.
die regering kan subsidies vir vaardigheidsontwikkeling bied om
entrepreneurskap aan te moedig.
die regering kan besigheid beboet vir mededingende gedrag.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 8)
('n Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote opnoem van feite / (8)
voorbeelde) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 7 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE kriteria om toerisme te meet.
Doel van die besoek
Geen vergoeding nie
Minimum van een nag
Maksimum van een jaar
Lengte van verblyf
Reisafstand van meer as 160 km
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom is dit belangrik om wêreldwyd op bewaring te fokus?
Bewaring verseker dat natuurlike hulpbronne behoue bly om
gebruik te kan word deur toekomstige geslagte
Ekologiese stelsel, erfenisterreine, vleilande, voëls, blomme,
moet bewaar word om uitsterwing te keer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Noem die faktor wat tussen Januarie en April 2020 'n skerp
daling in toeristeverkope veroorsaak het.
Covid-19 pandemie / inperkings
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1)
3.2.2 Gee EEN rede waarom die owerheid belasting op toeriste-
aktiwiteite instel.
Verhoog inkomste
Om toeristeaantrekkings te verbeter/ Onderhou van
infrastruktuur
Verhaal eksterne koste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term inkomende toeris.
Toeriste uit ander lande wat Suid-Afrika kom besoek
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 8 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
3.2.4 Verduidelik die rol wat toerisme in infrastruktuurontwikkeling
in Suid-Afrika speel.
Ontwikkeling van toerismesektor lei tot die verbetering van
maatskaplike infrastruktuur in die vorm van hospitale,
openbare beskermingsdienste, inligtingsdienste, ens.
Toerismesektor speel ook 'n belangrike rol in die ontwikkeling
van ekonomiese infrastruktuur soos hawens, strande, paaie,
ens. wat deur inwoners en besoekers gedeel word.
Toerisme dra by tot die verbetering van tegnologie in die vorm
van vervoer en kommunikasie.
Energie-infrastruktuur is nodig om toeristeterreine te bedryf (2)
Basiese dienste word vereis, soos skoon water en
vullisverwydering
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
3.2.5 Hoe beïnvloed 'n daling in toerisme-aktiwiteite landelike
gemeenskappe?
Mense in landelike gebiede sal minder werksgeleenthede hê en
daarom sal armoedevlakke styg
Mense in landelike gebiede kan gedwing word om na stedelike
gebiede te migreer om werk te soek
Belegging in toerisme-verwante aktiwiteite (restaurante, hotelle,
ens.) sal daal as gevolg van verminderde vraag na goedere en
dienste.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Noem die tipe besoedeling wat in die spotprent hierbo getoon
word.
Water / see (1)
3.3.2 Gee die internasionale maatreël wat die beheer van gevaarlike
afval hanteer.
Baselkonvensie (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term bewaring.
Bewaring is die volhoubare gebruik en bestuur van die omgewing
om te verseker dat dit deur huidige en toekomstige generasies
gebruik kan word/ bestuur die omgewing om kontinuïteit te
verseker
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 9 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
3.3.4 Verduidelik die effek van gronderosie op voedselsekerheid.
Die grond kan nie meer bewerk word nie wat lei tot 'n tekort
aan voedselvoorsiening
Die verlies van bogrond lei tot hoër produksiekoste en 'n
styging in die prys van voedsel sodoende kos minder
bekostigbaar te maak (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
3.3.5 Hoe beïnvloed menslike aktiwiteit omgewingsvolhoubaarheid
op 'n negatiewe wyse?
Menslike aktiwiteite veroorsaak omgewingsagteruitgang, wat
die uitputting van hulpbronne veroorsaak
Direkte of indirekte oorbevolking verhoog die skade aan die
omgewing
Aksies geneem deur mense soos lugverhitting, brande,
vernietiging van woude beskadig die omgewing
Besoedeling van die omgewing, uitputting van die osoonlaag,
wat sal lei tot aardverwarming
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Bespreek kortliks die redes waarom markte misluk om
3.4 omgewingsvolhoubaarheid te verseker.
Die omgewing is 'n gemeenskaplike hulpbron Baie dele van die
omgewing word nie privaat besit nie en het nie 'n prys nie, dus is daar
geen ekonomiese aansporing vir markte om te bespaar op die gebruik
daarvan nie
Eksternaliteite
- omdat geen persoon die omgewing besit nie, kan eiendomsreg nie
afgedwing word nie
- as die omgewing deur mense besoedel word, word die koste deur
ander gedra
Gebrek aan kennis mense veroorsaak omgewingskade sonder dat
hulle dit besef, veral waar die effek daarvan oor tyd opbou
Traak-my-nie-agtigheid / Nalatigheid / Onkunde: Verbruikers en
besighede is dikwels geneig om met verskillende skadelike praktyke vol te
hou wat toekomstige geslagte laat met die omgewingsgevolge weens
eiebelang (Maks 8)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 10 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
3.5 Ontleed bemarkingstrategieë wat in Suid-Afrika gebruik word om
toerisme te bevorder.
Die volgende bemarkingstrategieë is gebruik om toerisme te bevorder:
bekendstelling van Welkom-veldtog wat elke toeris tuis laat voel
en aanmoedig om weer die land te besoek en ander van hul besoek te
vertel
bekendstelling van welkom-toekennings wat erkenning gee aan besighede
en individue wat die kwaliteit van toeristebesoeke verbeter
loods van die Sho't left-veldtog wat reis meer toeganklik en bekostigbaar
maak, en Suid-Afrikaners sal aanmoedig om in hul land te reis
bou 'n sterk vennootskap tussen SAT en ander organisasies soos
Computicket Reis- en Vlugsentrum wat Suid-Afrikaners spesiale
aanbiedings maak vir vlugte en akkommodasie en treinritte
bevordering van 'n wye verskeidenheid van die beste produkte in Suid-
Afrika en lok besoekers van oor die wêreld deur die Toerisme Indaba
vestig 'n Toerisme-onderneming-vennootskap om die volhoubaarheid van
klein toerisme-ondernemings te beskerm en werkskepping te bevorder
asook om die toerismebedryf te transformeer
(Aanvaar die vier P’s wat verband hou met promosie veldtogte, toeganklikheid
van plekke, pryse van toerismeprodukte en toeriste besienswaardighede en
produkte)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 11 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van vaste koste.
Huur
Administrasie
Versekering
Waardevermindering
Salarisse
Rente op kapitaal
Eiendomsbelasting
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe beoog die Parys-ooreenkoms om die impak van
klimaatsverandering te verminder?
Stel finansiering beskikbaar om lande te help om met die
impak van klimaatsverandering te hanteer.
Versterk die pogings om temperatuurverhogings (minder as
2°C) te beperk om die risiko's wat voedselproduksie bedreig
betekenisvol te verminder
vergroot die vermoë van lande om by die nadelige
impak/gevolge van klimaatsverandering aan te pas
Versoek lande om strategieë voor te lê hoe om hul kweekhuis-
gasvrystelling te verminder
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer EEN Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika in die
inligting hierbo.
Robbeneiland (1)
4.2.2 Noem EEN voordeel van toerisme vir huishoudings.
Geniet die infrastruktuur
Vaardigheidsontwikkeling
Verhoog inkomste
Meer werksgeleenthede (1)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
4.2.3 Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsels.
Die praktyke en seremonies wat uniek is aan 'n land se inheemse
(plaaslike) mense / Plaaslike kennis wat uniek is aan 'n gegewe
kultuur of samelewing / Stories en tradisies wat van een generasie (2)
na die ander oorgedra is
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 12 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
4.2.4 Hoe kan die depresiasie van die rand inkomende toerisme
beïnvloed?
Buitelandse toeriste sal minder van hulle geldeenheid spandeer
om die rand te koop op 'n buitelandsevaluta-mark.
Meer buitelandse toeriste sal die land besoek want dit sal
goedkoper vir hulle wees om goedere en dienste in Suid-Afrika
te koop.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.2.5 Waarom besoek toeriste Suid-Afrika as 'n toeriste-
bestemming?
Suid-Afrika bied outentieke uniekheid van die land aan die
toeris om te leer waar mense werk en lewe
Suid-Afrika het 'n diverse kultuur vir die toeris om te ervaar,
bekend vir sy vriendelikheid en nederigheid
'n Gunstige wisselkoers verseker 'n bekostigbare besoek
Suid-Afrika het 'n gunstige klimaat vir toeriste om verskillende
aktiwiteite te geniet
Suid-Afrika was gasheer vir baie internasionale gebeure soos
konferensies en sportgeleenthede
Vreedsame politieke transformasie van die land om
demokrasie te bereik
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer die instelling wat verantwoordelik is vir die
ondersoek na anti-mededingende gedrag.
Mededingingskommissie (1)
4.3.2 Noem die tipe samespanning wat in die uittreksel hierbo
verduidelik is.
Openlike/Formele/ eksplisiete (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term oligopolie.
'n Markstruktuur wat deur 'n paar groot firmas oorheers word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3.4 Hoe beïnvloed die bestaan van monopolieë die aanbod van
goedere en dienste?
Monopolieë verminder die aantal besighede in die bedryf, wat
die totale aanbod van goedere en dienste beperk
Monopolieë kan die aanbod van goedere en dienste beperk om
hoër pryse te vra
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 13 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
4.3.5 Wat is die impak van prysvasstelling op die mark?
Verbruikers kan hoër pryse betaal vir goedere en dienste
Besighede kan gedwing word om boetes te betaal, as hulle
skuldig bevind word aan prysvasstelling
Die vraag na die produk kan daal as verbruikers nie die hoër
pryse kan betaal nie
Besighede kan tydelik die hoë winste geniet wat die aanbod
van die produk verhoog
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik, met behulp van 'n grafiek, die afsluitpunt in ‘n volmaakte
mark.
Koste, Inkomste, Prys
MK
GK
rice P3 GVK
P2
P1 A
Sluitingspunt
0 H1 H2 H3 Hoeveelheid
PUNTETOEKENNING
Korrekte trek en benoem van kostekrommes = 1 punt
Korrekte benoem van asse = 1 punt
Korrekte benoem op asse = 1 punt
Korrekte aandui van afsluitpunt = 1 punt
Maksimum 4 punte
Bo Q1, sal die firma aanhou produseer, omdat die pryse hoër is as die
GVK, wat beteken die besigheid kan alle veranderlike koste betaal
Onder Q1, sal die firma stop om te produseer, omdat die prys minder as
die GVK, wat beteken dat die firma nie langer alle veranderlike koste kan
betaal nie
Punt A, waar die prys (GI) aan die GVK gelyk is, staan dus bekend as die
sluitingspunt (Maks 4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord_ (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 14 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
4.5 Ontleed die impak van 'n toename in die bevolking op die omgewing.
'n Toename in die bevolking sal tot die volgende lei:
die vraag na voedsel sal styg, wat meer druk op natuurlike hulpbronne
plaas
ontbossing as gevolg van verhoogde vraag na infrastruktuurontwikkeling.
'n toename in menslike nedersetting wat gronderosie en verlies aan
biodiversiteit veroorsaak
verhoogde grond- en waterbesoedeling namate meer biologiese en nie-
biologiese afval na die omgewing gebring sal word.
uitputting van grondstowwe as gevolg van verhoogde produksie van
goedere en dienste.
hulpbronne sal erg onder druk wees wanneer die bevolking toeneem, bv.
water
Die vraag na energie sal styg, wat die verbranding van
fossielbrandstowwe soos steenkool of petrol sal verhoog
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 15 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
Bespreek volledig, sonder om grafieke te teken, staatsinmenging as 'n gevolg
van markmislukking. (26 punte)
Hoe kan markondoeltreffendheid deur wêreldmarkte (globalisering) verminder
word? (10 punte)
INLEIDING
Wanneer markmislukking voorkom, sal gevolge soos ondoeltreffendhede,
oorspoeleffekte, onvolmaakte mededinging en owerheidsinmenging heel moontlik
aangetref word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Staatsinmenging as 'n gevolg van markmislukking.
Direkte beheer
Die staat kan wette daarstel of bestaande wette gebruik om besighede, nywerhede
en individue te beheer wat negatiewe eksternaliteite genereer
In Suid-Afrika word die uitlaat van potensieel gevaarlike chemikalieë, lug- en
natuurbesoedeling, omgewingsbewaring deur middel van wette en regulasies
beheer.
Advertensies deur die tabakbedryf is verbode en alkohol mag nie op Sondae of aan
persone onder die ouderdom van 18 jaar verkoop word nie
Onvolmaakte markte
Die regering kan onvolmaakte mededinging hanteer deur:
formulering of implementering van 'n mededingingsbeleid om die vlak van
mededinging te verhoog en
wette oor mededinging te gebruik om buitensporige pryse deur firmas gevra, te
voorkom, om te verseker dat toetrede tot die mark vry is, skadelike samespanning
te voorkom en buitelandse mededinging aan te moedig wat help om pryse laag te
hou
uitreiking van lisensies aan meer besighede in die geval van staatsmonopolieë
instelling van prysbeheer om pryse van goedere en dienste te verlaag
Heffing van belastings
die owerheid sal in die mark inmeng deur die heffing van belastings om eksterne
koste te verhaal
hierdie belasting wal die prys verhoog en lei tot 'n daling in die produksie van 'n
sekere goed
heffing van belastings kan as 'n strategie gebruik word, of verlaging van produksie
en verbruik van niemerietegoedere sowel as om 'n inkomste vir die staat te
genereer
firmas en verbruikers sal hulpbronne dan toeken op 'n meer doeltreffende wyse
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 16 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Verskaf produsentesubsidies
die regering verskaf subsidies aan produsente om hulle aan te moedig om meer
goedere en dienste te produseer
subsidies verhoog die aanbod van spesifieke goedere en dienste soos melk, koring
en mieliemeel
subsidies verlaag die produksiekoste van goedere wat die markprys van hierdie
goedere verlaag en verbruik laat styg
Minimum lone
'n Minimum loon is die laagste vergoeding wat werkgewers volgens wet hul
werkers mag betaal
Inkomste van die werkers sal styg en gevolglik sal hul lewenstandaard verbeter
(verbeter welsyn en verseker dat daar in basiese behoeftes voorsien word)
As die minimum loon bo die ewewigsmarkloon vasgestel word, sal die aanbod van
arbeid die vraag na arbeid oorskry
Dit sal die koste van arbeid verhoog, wat sal lei tot 'n styging in die produksiekoste
van die besigheid
Sommige werkers kan afgelê word wat werkloosheid sal verhoog terwyl produksie
daal
Minimum lone sal lei tot meer bedingingsmag van werkers
Minimum pryse
Die owerheid word gedwing om in te meng om voldoende stapelvoedsel in die
mark te verseker
Die benadering om minimum pryse of prysvloere vas te stel, sal gebruik word,
sodat dit die moeite werd is vir produsent (om 'n gerieflike wins te maak) om
noodsaaklike goedere in verlangde hoeveelhede te produseer
Dit is pryse wat deur die regering bo die markprys vasgestel word
Minimum pryse het ongewenste newe-effekte, omdat dit 'n surplus in die mark
veroorsaak
Surplusprodukte raak 'n uitdaging, omdat dit eerder verkoop moet word teen 'n laer
koste, gestort word in ander lande wat deur die WHO verbied word, of vernietig
word
Maksimum pryse
Die owerheid sal 'n maksimum prys vasstel as die prys beskou word as te hoog vir
noodsaaklike goedere (basiese goedere)
Die maksimum prys wat vasgestel word deur die regering, is laer as die markprys
en staan bekend as 'n prysplafon of maksimumprys
Die owerheid sal inmeng in die mark deur wette uit te vaardig waar vervaardigers
nie meer mag vra as die maksimum prys nie
Die onmiddellike effek van maksimum pryse in die mark is dat die hoeveelheid
aangebied daal wat tekorte veroorsaak
Tekorte in die aanbod vir sekere goedere in die mark sal lei tot die totstandkoming
van swartmarkte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 17 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Herverdeling van welvaart
Die Suid-Afrikaanse regering gebruik 'n progressiewe inkomstebelastingstelsel om
inkomste en welvaart te herverdeel
Tradisionele metodes soos die heffing van verskillende tipes belasting, verskaffing
van gratis dienste, dienste in natura, en kontantvoordele, word gebruik om die
inkomstegaping te verklein
Die kan ook regstellende metodes implementeer, soos BBSEB, regstellende aksie,
grondrestitusie, grondherverdeling en eiendomsubsidies om die welvaart tussen
die bevolking te herverdeel
Owerheid se betrokkenheid by produksie
Subsidiëring van meriete goedere om produksie te verhoog
Heffing van belasting op demeriete goedere om produksie te verlaag
Heffing van inkomstebelasting, indirekte belasting en welvaartbelasting om
gemeenskapsgoedere gratis te verskaf
Verskaffing kollektiewe goedere soos vuilgoedverwydering, afvalverwydering en
riolering teen 'n gebruikersfooi (Maks 26)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
('n Maksimum van 8 punte kan vir blote opnoem van feite/voorbeelde toegeken word)
INHOUD: ADDISIONELE DEEL
Hoe kan markdoeltreffendheid deur wêreldmarkte verminder word
(globalisering)?
● Deur buitelandse direkte investering in die ekonomie toe te laat om die aanbod van
goedere en dienste te verhoog.
● Deur mededinging in plaaslike mark te verhoog en die bestaan van monopolieë te
verklein.
● Deur die toeganklikheid van inligting vir beide verbruikers en produsente te verhoog
sodat hulle rasionele en ingeligte besluite kan neem.
● Deur doeltreffende toekenning van bronne te verseker deur lande toe te laat om in
die produksie van goedere te spesialiseer waarin hulle 'n betreklike vergelykende
voordeel.
● Deur die mobiliteit van produksiefaktore tussen verskillende lande.
● Deur besighede aan te moedig om innoverend te wees en goedere en dienste van
'n beter gehalte aan verbruikers te bied.
● Deur verbruikers se keuse van goedere en dienste te vergroot.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 10)
('n Maksimum van 2 punte kan vir die blote opnoem van feite toegeken word)
SLOT
Markmislukking kan ook ondoeltreffendhede tot gevolg hê in die wyse waarop bronne
toegeken word en in die produksie van goedere en dienste gebruik word. (Maks 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë orde slot) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 18 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
Bespreek die gevolge van inflasie. (26 punte)
Hoe beïnvloed buitelandse direkte investering inflasie in die ekonomie?
(10 punte) [40]
INLEIDING
Inflasie verwys na 'n volgehoue en aansienlike verhoging in die algemene vlak van
pryse oor 'n tydperk
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks. 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Krediteure
Krediteure (uitlener) kry swaar as gevolg van prysverhogings omdat hulle geld
terugkry wat 'n laer koopkrag het, veral as die rentekoers onder die inflasiekoers
was / inflasie benadeel krediteure as gevolg van ‘n daling in die reële waarde van
geld
Verandering in prysvlakke beïnvloed debiteure en krediteure verskillend op
verskillende tye
Debiteure
Debiteure (leners) ontvang geld met 'n hoë koopkrag en betaal geld terug met 'n
laer koopkrag
Leners trek voordeel uit prysverhogings
Gedurende periodes van stygende pryse, word debiteure in reële terme bevoordeel
omdat die kontrak vooraf onderteken is en nie kan verander nie
Debiteure ontvang die geld met ‘n relatiewe hoë koopkrag en betaal hul lenings
terug met ‘n lae koopkrag, behalwe waar rentekoerse voldoende is om die situasie
te voorkom
Salaris- en loontrekkers
Prysverhogings beïnvloed mense negatief omdat hulle inkomste relatief vas is
Reële lone daal skerp gedurende ‘n periode van hoë inflasie as gevolg van ‘n
daling in die kapitale voorraad en ‘n verskuiwing in relatiewe pryse
Inflasie kan groot dele van die bevolking verarm, deur erosie van reële lone
Relatiewe lone is belangrik vir welvaart; dit vorm die vernaamste bron van inkome
vir baie huishoudings, veral die wat minder welvarend is
Die neiging van reële lone het dus ‘n direkte effek op inkomeverspreiding en die
vlak van armoede
Hierdie groep sluit afgetredenes, pensioenarisse en die armes in, wat die erosie
van koopkrag ondervind en uiteindelik te min verdien om te oorleef
Loonverhogings is laer as die inflasiekoersverhoging
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 19 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Beleggers en spaarders
Bates met 'n vaste nominale waarde het 'n vaste opbrengs en laer koopkrag as
pryse verhoog
Koopkrag word verminder behalwe as die rentekoers bo die inflasiekoers is
Mense wat belê in onderhandelbare instrumente soos aandele, word dikwels
bevoordeel deur inflasie, omdat rentekoerse styg in tye van inflasie, wat spare
aanmoedig
Houers van aandele met aanpasbare markwaarde baat daarby as pryse styg,
omdat hulle bates met 'n buigsame markwaarde ten minste in verhouding tot die
inflasiekoers verhoog
Dikwels verhoog die pryse van hierdie bates vinniger as verhogings in die
algemene prysvlak
Mense spaar geld vir lang periodes met die doel om hierdie fondse te gebruik wat
aan toekomsverwagtinge voldoen; hierdie spare kan belê word as vaste deposito’s
in die geldmark, as lewenspolisse of in pensioenfondse
Belastingbetalers
Met inflasie styg belastingbetalers se nominale inkomste alhoewel hulle werklike
inkomste onveranderd bly, omdat belastings gehef word op die nominale inkome
maar nie op reële inkome nie, en dit beïnvloed die koopkrag van belasting-
betalers
Belasting word gehef op nominale inkome en nie op werklike inkome nie
As die inkomstebelastingskedule dieselfde bly, verhoog inflasie die gemiddelde
koers van persoonlike inkomstebelasting
Individue sal hoër belasting moet betaal selfs al is hulle nie beter af as voorheen nie
– word belastingversnelling genoem ('bracket creep') wat lei tot ‘n herverdeling van
inkome vir belastingbetalers aan die staat
Arbeidsrus/Arbeidsvrede
Loon bedinging gaan gepaard met stakings en massa-aksie
Hierdie aksies kan soms oorspoel na geweld wat die algemene samelewing
beïnvloed
Inflasie lei tot eise vir verhoogde lone aangesien vakunies druk op werkgewers
plaas om lone en salarisse te verhoog
In buitengewone omstandighede, sal die teenwoordigheid van buitengewoon hoë
inflasie tesame met ‘n regering wat nie toegee aan eise vir hoër lone nie (wat
inflasie selfs na nog hoë vlakke stoot) wat tot wydverspreide onrus lei
Inflasie het 'n nadelige invloed op 'n land se betalingsbalans
As 'n land se inflasiekoers hoër is as dié van sy handelsvennoot, sal die pryse van
uitgevoerde goedere verhoog terwyl die pryse van ingevoerde goedere sal
verlaag
Dit lei tot 'n verlies aan mededinging in die uitvoermark wat lei tot 'n afname in
uitvoere
Goedkoper invoere het 'n negatiewe invloed op 'n land se betalingsbalans
Die verlies aan mededinging kan lei tot verhoogde werksverliese
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 20 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Werkloosheid en armoede
Die uitwerking van inflasie is ongelyk, want dit bevoordeel niemand nie en benadeel
die meeste – sommige minder as ander
Inflasie is ook geneig om inkomste van lae-inkomstegroepe na hoërinkomstegroepe
te herverdeel
Dit is omdat mense in die lae-inkomstegroepe nie bates het wat vinniger in waarde
kan styg as die inflasiekoers om hulle te help om die uitwerking van inflasie te
oorkom nie
Magtige groepe soos vakbonde, groot maatskappye en die welvarende mense is in
staat om hul deel van nasionale inkomste te vergroot ten koste van benadeelde
mense soos pensioenarisse, werkloses en die welsynontvangers
Sielkundige invloed (2021 EG'e)
Lae inflasieverwagtinge
- Beperk buitensporige looneise deur verskillende vakbonde omdat werkers nie
stygings in lewenskoste in die toekoms verwag nie
- Laat verbruikers toe om verbruiksbesteding uit te stel en sodoende druk op
prysstygings te verminder.
- Gee huishoudings vertroue dat inflasiekoers in die toekoms laag sal wees en
moedig hulle aan om meer uit die inkomste te spaar en sodoende oortollige
vraag te beheer
- Verminder paniekaankope deur verbruikers wanneer hulle verwag dat pryse in
die toekoms stabiel sal wees
- Reële rentekoerse 'n hupstoot gee wat besparing sal aanmoedig.
- Verhoog die las op debiteure wat hulle ontmoedig om geld te leen, as gevolg
van die reële rentekoers
Hoë inflasieverwagtinge
- Buitensporige looneise deur verskillende vakbonde omdat werkers stygings in
lewenskoste in die toekoms verwag, sal daartoe lei dat produsente pryse
verhoog om ekstra produksiekoste te verhaal
- Moedig verbruikers aan om paniekbevange te koop wanneer hulle verwag dat
pryse sal styg en daardeur die druk op prys verhoog.
- Maak dat huishoudings minder spaar, wat lei tot 'n oormaat vraag na goedere
en dienste
- Verlaag reële rentekoerse wat besparing sal ontmoedig.
- Verminder die las op krediteure aangesien hulle hul geld teen hoër rentekoerse
sal ontvang
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
('n Maksimum van 8 punte moet vir hofies/opskrifte/voorbeelde toegeken word)
(Maks 26)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 21 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
LIGGAAM: ADDISIONELE DEEL
Buitelandse direkte investering beïnvloed inflasie in die ekonomie deur:
die produksie van goedere en dienste te verhoog wat totale aanbod verhoog wat
pryse dus sal stabiliseer
meer doeltreffende produksietegnieke te bring wat produksiekoste sal verlaag wat
kostetrek-inflasie stadiger sal maak
mededinging in plaaslike markte te verhoog wat pryse laag sal hou
die rand te versterk deur hoër uitvoervolumes wat help om die koste van die invoer
van produksieinsette soos ru-olie te verminder
tegnologie in produksie te verbeter wat produktiwiteit verhoog en daardeur koste-
druk-inflasie te verminder
meer werksgeleenthede te skep en daardeur verbruikerbesteding te stimuleer wat
bydra tot vraagtrek-inflasie
besteding op kapitaalgoedere te verhoog soos masjinerie en toerusting wat sal lei
tot 'n verhoogde totale vraag
reële lone meer as binnelandse belegging te verhoog, wat tot kostedruk-inflasie
lei
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde-antwoord (Maks 10)
('n Maksimum van 2 punte moet vir die blote opnoem van feite toegeken word)
SLOT
Onaanvaarbare hoë inflasiekoerse veroorsaak dat armes, werkloses, laeinkomste-
verdieners swaar kry; behoorlike maatreëls om dit te beheer moet ingestel word
(Maks 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde-antwoord)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper