Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V2
NOVEMBER 2015
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentMemorandum 
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)









%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)
View all





Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo
Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2015, 20 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 460.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 2 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A (prysnemer)
1.1.2 C (normale wins)
1.1.3 B (reklame)
1.1.4 B (meriete)
1.1.5 A / B / C (af te neem / toe te neem / dieselfde te bly)
1.1.6 C (VPIX)
1.1.7 B / C (owerheids- / bevel-en-beheer - BEB)
1.1.8 A (ontwikkelende) (8 x 2) (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 D – 'n Mark wat deur 'n klein aantal besighede beheer word
1.2.2 E – 'n Plek met spesiale kulturele of fisieke belang
F – Waarde van insette wat die ondernemer self besit en in die
1.2.3 produksieproses gebruik
G – 'n Mark beheer deur twee besighede
1.2.4 H – Mag uitgeput raak indien dit herhaaldelik gebruik word
1.2.5 A – Die organisatoriese eienskappe van markte
1.2.6 C – Internasionale ooreenkomste gerig op die vermindering van die
1.2.7 kweekhuisgasse
1.2.8 B – 'n Tydperk van volgehoue prysdalings (8 x 1) (8)
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Marginale
1.3.2 Minimum / vloerpryse
1.3.3 Samespanning / kartel
1.3.4 Onvolmaakte mark / monopolie / oligopolie / monopolistiese
mededinging / ondoeltreffende mark
1.3.5 Omgewings- / Groen- / Koolstof / Eko-
1.3.6 Kostedruk-inflasie / Kosteinflasie / produsenteprysinflasie (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 3 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1.1 Gee TWEE kenmerke van publieke goedere.
• Nie-uitsluitbaarheid
• Nie-mededingendheid
• Sosiale voordele is groter as private voordele
• Oneindige verbruik
• Nie-weiering / kan nie verbruik uitsluit nie, selfs al wil hulle (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom is oligopolieë huiwerig om met mekaar mee te ding oor die prys
om sodoende 'n groter markaandeel te verkry?
Hulle reageer op die optrede van ander: as een besigheid sy prys verhoog
verloor hy markaandeel. As die besigheid hul prys verlaag, sal ander volg en ‘n
prysoorlog kan volg
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2)
2.2 Datarespons
2.2.1 Identifiseer TWEE voorbeelde van anti-mededings beperkende
gedrag in die uittreksel hierbo.
• Misbruik van dominante posisies
• Samesmelting
• Beperkende sakepraktyke (2 x 1) (2)
2.2.2 Wat is die rol van die Mededingingskommissie?
• Om beperkende sakepraktyke te ondersoek, beheer en te
evalueer; misbruik van dominante posisies en samesmeltings
om gelykheid en doeltreffendheid in SA ekonomie te bereik /
• Poog om aan alle Suid-Afrikaners gelyke geleenthede te bied
om regverdige deelname aan ekonomiese aktiwiteite te
verseker en ekonomiese doeltreffend te verseker (2)
2.2.3 Wat kan besighede doen indien hulle nie tevrede is met die
boete wat hulle deur die Mededingingskommissie opgelê is
nie?
Hulle kan die Mededingingsappélhof nader (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 4 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
2.2.4 Hoe kan verbruikers voordeel trek uit groter mededinging in
die ekonomie?
• Dit verskaf gelyke geleenthede aan alle Suid-Afrikaners om op
'n gelyke vlak in die Suid-Afrikaanse ekonomie deel te
neem
• Dit sal markte verskaf waartoe verbruikers toegang het
• Dit sal hoë kwaliteit dienslewering verseker
• Dit sal hoë kwaliteit produkte verseker
• Verbruikerskeuses sal verbeter
• Verbruikers sal voordeel trek uit laer pryse
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer die grafiek
2.3.1 Watter tipe eksternaliteit word in die grafiek hierbo getoon?
Negatiewe (2)
2.3.2 Verduidelik die begrip eksternaliteit.
Koste of voordele aan derde partye wat nie by die markprys van 'n
goed ingesluit is nie / oorspoeleffek / derdeparty-effekte (2)
2.3.3 Wat word deur die gearseerde (skadudeel) op die grafiek
aangedui?
Eksterne koste / welsynsverlies / dooiegewig (2)
2.3.4 Hoe kan die eksternaliteit hierbo markmislukking veroorsaak?
• As die koste van die eksternaliteit ingesluit was by die prys sal
die besigheid minder produseer
• Die mark produseer by E 1 (Q) wat meer is as wat sosiaal
wenslik is (Q 1 )
• Die mark het misluk om hulpbronne behoorlik toe te deel
(Aanvaar die teenoorgestelde seining as die grafiek as ‘n
positiewe eksternaliteit geïnterpreteer is) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 5 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
2.4 Bespreek kortliks die aantal besighede en aard van die produk as
kenmerke van 'n volmaakte markstruktuur.
Aantal besighede
• Daar is 'n groot aantal verkopers
• Dit behoort nie moontlik vir een verkoper te wees om die prys te
beïnvloed nie / As daar baie verkopers is, is die aandeel van elke
verkoper in die mark so klein dat die verkoper nie die prys kan beïnvloed
nie
• Verkopers is prysnemers; hulle aanvaar die bestaande markprys
• As hulle pryse bo die markprys verhoog, sal hulle klante verloor
Aard van produk
• Produkte is homogeen (dit is identies / dieselfde)
• Daar is geen verskille in styl, ontwerp en kwaliteit nie
• Op hierdie manier ding produkte alleenlik op die basis van prys mee en
kan orals aangekoop word
(Aanvaar enige ander relevante respons) (2 x 4) (8)
2.5 Motiveer hoekom die regering minimum lone in die arbeidsmark
implementeer.
• Druk is geplaas op die Suid-Afrikaanse owerheid om arbeidswetgewing
te implementeer wat vereis dat werkgewers 'n minimum loon ('n loon bo
die huidige markloon) aan hul werkers, bv. huiswerkers en plaaswerkers
betaal
• Die toepassing van minimumloonwette is nodig om die herverdeling van
inkomste te verbeter
• Spreek ongelykheid aan (gaping tussen arm en ryk)
• Die lewenstandaard sal verhoog
• Die owerheid poog om huiswerkers en plaaswerkers te beskerm – en
voorkom dus uitbuiting
(Aanvaar enige ander relevante feit) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 6 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1.1 Noem TWEE maniere om inflasie te meet.
• Prysindekse / VPI / PPI
• Gewigtoekenning
• Inflasiekoers Enige (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan klimaatsverandering landbouproduksie beïnvloed?
• Klimaatsverandering kan 'n positiewe uitwerking hê deur landbouproduksie
te verhoog (van sekere produkte)
• Klimaatsverandering kan 'n negatiewe effek hê, waar 'n afname in
landbouprodukte ondervind word te wyte aan laer reënval, meer hitte
• Aanpassing in die produksie van landbouprodukte te wyte aan
klimaatsverandering. Buitengewone hitte, droogte, vloede, sal definitief die
tipe landbou-aktiwiteite wat plaasvind, beïnvloed
(Aanvaar enige ander relevante respons) (1 x 2) (2)
3.2 Datarespons
3.2.1 Watter EEN van die twee tipes inflasie is die amptelike
inflasiekoers?
VPI-hooflyn (1)
3.2.2 Wat is die inflasieteikengrens soos deur die SARB vasgestel?
Die inflasieteiken is tussen 3% en 6% (1)
3.2.3 Watter effek sal 'n styging in rentekoerse op die neiging van
die VPI-kromme hê?
• Daar sal 'n daling/afwaartse neiging in die tendenslyn wees
te wyte aan ‘n daling in die vraag na goedere en dienste (‘n
kleiner vraag na krediet, minder spare)
• Daar kan ‘n styging in die tendenslyn wees omdat rente op
verbandlenings deel van die mandjie vorm (2)
3.2.4 Hoe sal inflasie die betalingsbalans negatief beïnvloed?
• Suid-Afrikaanse uitvoere sal duurder word. Die land sal dus
minder verkoop
• Invoere sal uitvoere oorskrei wat die betalingsbalans met 'n
tekort laat (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 7 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
3.2.5 Hoekom is die kerninflasie laer as VPI?
• Produkte met hoogs wisselvallige pryse word uitgesluit by
kerninflasie
• Bv. vars groente / vis / vars vleis
• Die VPI hooflyn inflasie word bereken deur gebruik te maak
van 'n geselekteerde mandjie goedere en dienste wat die
gemiddelde huishouding gebruik
• Die rede vir die uitsluiting van goedere is dat die hoë
wisselvallige pryse die werklike veranderinge in pryse sal
skeeftrek
(Aanvaar enige ander relevante argument) Enige (2 x 2) (4)
3.3 Datarespons
3.3.1 Wat is rotsbreking (fracking) volgens die uittreksel hierbo?
Skaliegas-onttrekking deur hidrouliese rotsbreking (1)
3.3.2 Noem enige EEN nie-hernubare hulpbron.
Steenkool
Natuurlike gas
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1)
3.3.3 Noem TWEE ekonomiese voordele van rotsbreking vir die
Suid-Afrikaanse ekonomie.
• Suid-Afrika raak selfonderhoudend in natuurlike gas
• en word groot uitvoerders van gas
• Verdien buitelandse valuta
• Gee 'n hupstoot aan die plaaslike ekonomie
• Minder afhanklik van steenkool as energiebron
• Skep werk
• Nuwe entrepreneursgeleenthede
• Lei tot ekonomiese groei
(Aanvaar enige relevante antwoorde) Enige (2 x 2) (4)
3.3.4 Watter impak sal rotsbreking, na jou mening, op die omgewing
hê?
• Dit kan waterbesoedeling veroorsaak
• Diere kan vrek as hulle die besoedelde water drink
• Dit kan 'n uitwerking op mense se gesondheid hê as hulle
hierdie diere eet
• Kan lugbesoedeling veroorsaak
• Dit kan ‘n meer omgewingsvriendelike impak hê as steenkool
• Dit kan gebruik word as ‘n relatief goedkoper energiebron
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 8 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
3.4 Bespreek kortliks die begrip produsenteprysindeks.
• PPI is baie bruikbaar in die ontleding van inflasie, te danke aan die feit
dat PPI die produksiekoste meet
• PPI meet pryse by die vlak van eerste waarneembare kommersiële
transaksie. Pryse van ingevoerde goedere word gemeet by die punt waar
hulle die land binnekom en vervaardigde goedere word geprys sodra
hulle die fabriek verlaat
• Die mandjie bestaan uit goedere alleenlik (geen dienste nie)
• Kapitaal en intermediêre goedere word ingesluit
• Pryse sluit BTW uit
• Rentekoerse word uitgesluit
• Pryse van ingevoerde goedere word eksplisiet getoon (4 x 2) (8)
3.5 Wat is die voordele van die gebruik van tegnologie in die
volhoubaarheid van die omgewing?
• Tegnologie kan 'n oplossing tot die probleem verskaf deur alternatiewe
produksietegnieke voor te stel
• Die ontwikkeling van skoon tegnologie kan lei tot laer vlakke van toksiese
vrystellings
• Dit maak dit moontlik vir ontwikkelende lande om met vrystellingteikens
ooreen te stem / substituutprodukte wat meer omgewingsvriendelik is bv.
Papiersakke in stede van plastieksalle, loodvrye petrol
• Tegnologie fasiliteer die ontwikkeling van nuwe tegnologie of toerusting
om energie te bespaar en steenkool en olie te vervang met groener
energiebronne soos die wind en die son
• Dit maak herwinning van afvalmateriaal soos bottels, kannetjies en karton
moontlik om ‘n skoner omgewing te verseker
• Die behandeling en beheer van afvalverwydering op die perseel kan deur
die gebruik van tegnologie bereik word
(Aanvaar enige ander relevante feit) Enige (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 9 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
4.1.1 Noem TWEE soorte ondoeltreffendhede wat met markmislukking verband
hou.
• Produktiewe / tegniese ondoeltrefendhede
• Toedelings (toewysings) ondoeltreffendhede (2 x 1) (2)
4.1.2 Watter effek sal die oorbewerking op grondgebruik op landbouproduksie
in Suid-Afrika hê?
Die landbou-opbrengs sal negatief beïnvloed word/verminderde uitset
(Aanvaar enige ander relevante feit) (1 x 2) (2)
4.2 Datarespons
4.2.1 Watter punt (byskrif) op die grafiek dui op winsmaksimering?
N (1)
4.2.2 Benoem die kurwe L.
Gemiddelde koste / GK / GTK / KGK (1)
4.2.3 Wat word deur die gearseerde deel (skadudeel) voorgestel?
Ekonomiese wins (2)
4.2.4 Verduidelik kortliks die begrip kort termyn.
'n Periode waar slegs veranderlike produksiefaktore kan verander /
daar is ten minste EEN vaste inset / vaste koste bly konstant
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2)
4.2.5 Verduidelik hoekom hierdie ewewigsposisie nie dieselfde sal
bly nie.
• Winste sal meer toetreders tot die mark lok, wat sal lei tot 'n
styging in aanbod
• Dit sal pryse afwaarts dryf na die gemiddelde koste en winste
sal daal
• Die nuwe ewewigsposisie sal 'n normale wins wees
(Aanvaar enige ander relevante verduideliking) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 10 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
4.3 Datarespons
4.3.1 Noem TWEE faktore uit die uittreksel hierbo wat 'n impak op
aftreespaargeld sal hê.
• Styging in inflasie
• Markgevoeligheid (2)
4.3.2 Verduidelik die begrip enkelbedrag by aftrede.
'n Kontantbetaling / geld wat jy ontvang by aftrede
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2)
4.3.3 Hoe kan die owerheid fiskale beleid gebruik om inflasie te
bekamp?
• Verhoog direkte belasting
• Verhoog indirekte belasting
• 'n Afname in owerheidsbesteding
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2)
4.3.4 Hoe kan pensioenarisse hulself teen die interingseffek (erosie-
effek) van inflasie beskerm?
• Die pensioenfonds behoort belê te word in 'n hoë opbrengs
belegging/portfolio
• Koop van eiendomme
• Koop van prima (‘blue chip’) aandele
• Gespesialiseerde beleggingsinstrumente (Aanvaar indien
gespesifiseerd)
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 11 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
4.4 Verduidelik die gebruike van koste-voordeel-ontleding (KVO).
• Koste-voordeel-analise word gewoonlik in die publieke sektor gebruik
wanneer grootskaalse publieke beleggingsprojekte geëvalueer word
• Bv. Nuwe hoofweë, spoorlyne, lughawens, damme, hawens en publieke
vervoer
• Die KVA word gebruik om die netto sosiale voordele wat die bevolking sal
verkry uit daardie projekte te bepaal
• KVA vereis noukeurige omskrywing van die projekte, korrekte beraming
van die lewensduur van projekte en 'n komprehensiewe oorweging van
eksternaliteite
• Berekeninge van die KVO behoort markpryse of skadupryse (skynpryse)
te gebruik om verwringing van markpryse reg te stel (waardasie van koste
en voordele)
• Te wyte aan die feit dat koste en voordele in die toekoms voorkom moet
hul waardes omgeskakel word na huidige waarde (rentekoers waarteen
verdiskonteer word)
• Die KVO kan gebruik word om inkomste te herverdeel, deur betalings te
maak aan verloorders en betaling te verwag van dié wat daardeur
bevoordeel is deur ‘n heffing of indirekte belasting
• In wese konsentreer KVA op die ekonomiese doeltreffendheidsvoordele
van 'n projek
• As die voordele die koste oorskry, word aanbeveel dat die projek
goedgekeur word, ongeag wie bevoordeel word en wie die koste moet dra
• Indien besluitnemers egter voel dat herverdeling van inkomste wat met 'n
projek gepaard gaan, onaanvaarbaar is, kan hulle die projek afkeur,
ongeag die netto voordele daarvan
• Die KVA is 'n tegniek wat groter objektiwiteit in besluitneming meebring
Enige (4 x 2) (8)
4.5 Hoe is die omgewing, na jou mening, as 'n gemeenskaplike hulpbron
verantwoordelik vir markmislukking?
• 'n Grootste deel van die omgewing word nie privaat besit nie, daarom
word die effektiwiteit van hierdie hulpbronne in gevaar gestel
• Die omgewing vorm deel van globale gemeenskaplike goedere met die
eienskappe van nie-uitsluitbaarheid
• Baie van die dienste wat die omgewing lewer behaal nie 'n prys nie en
gevolglik is daar geen aansporing om hierdie dienste spaarsamig te
gebruik nie
• Die meeste omgewingshulpbronne raak toenemend skaars en teen 'n
zeroprys sal hierdie bronne dus oorbenut word
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 12 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOE-
KENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/
Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/
Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder om enige
feite wat reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die
bespreking/ontleding versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
'n Monopolie is heeltemal die teenoorgestelde van 'n volmaak mededingende
mark.
• Ondersoek die monopolie as 'n markstruktuur. (26 punte)
• Verduidelik die langtermynewewig van die monopolis met behulp vanb ‘n
netjies benoemde grafiek. (10 punte) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 13 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
INLEIDING
'n Monopolie bestaan waar daar slegs een verkoper van 'n produk is, waar die produk
geen naby substitute het nie en waar hindernisse toetrede tot die mark blokkeer
(Maks. 2)
INHOUD
HOOFDEEL
• Aantal produsente
- Die monopolis het volle beheer oor die aanbod van 'n produk, omdat hy die
enigste verkoper is
- Die monopolis verteenwoordig die totale industrie bv. De Beers, Eskom
• Aard van die produk
- Die produk is uniek en het geen naby subsgtitute nie
- Bv. Elektrisiteit en spoorvervoer
• Ekonomiese wins
- Die monopolie maak ‘n korttermyn ekonomieze wins of verlies
- Die monopolie maak ‘n langtermyn ekonomiese wins
• Tegniese superioriteit
- ‘n Monopolie geniet tegniese voordeel oor potensiële mededingers en hul
toegang tot hulpbronne wat dit vir hulle moeilik maak om mee te ding
• Toegang tot skaars hulpbronne
- ‘n Enkele besigheid besit en beheer ‘n spesifiekie skiaars hulpbron en sluit
ander besighede uit van toetrede tot die mark
• Vraagkurwe
- Monopoliste word met vraagkurwes vir hul produkte gekonfronteer, maar
omdat hulle die enigste aanbieder van die produk is, kan hulle self besluit by
watter punt op die vraagkurwe hulle wil wees
- Die monopolis is die enigste aanbieder van die produk in die mark – die
vraagkurwe is dus dié van die mark as geheel
- Die markvraagkurwe neig afwaarts van links na regs / grafiek
• Produksievlakke
- Sodra die monopolis op 'n prys besluit het, word die hoeveelheid wat verkoop
word, deur die markvraag bepaal - deur die prys te verlaag kan die
monopolis meer eenhede van die produk verkoop en omgekeerd
- Die monopolis kan tot 'n groot mate die prys-hoeveelheid verhouding van die
produk wat hy verkoop beïnvloed sonder om 'n teenreaksie van ander
deelnemers te verwag
- Ander deelnemers kan nie optree nie, want in die geval van 'n monopolie is
toetrede tot die mark geblokkeer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 14 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Markkragte
- Alhoewel die monopolis die enigste aanbieder van 'n produk is, word dit tog
deur die markkragte in die ekonomie beïnvloed
- Verbruikers het beperkte begrotings en 'n monopolis kan nie buitensporige
pryse vir sy produk vra nie omdat hy moet meeding met al die ander
produkte wat in die ekonomie beskikbaar is, om die verbruiker se guns
- Bv. Die spoorweë moet meeding met pad, lug en seevervoer
• Beheer oor die prys
- 'n Monopolis het 'n aansienlike beheer oor die markprys – maar vraag beperk
dit
- 'n Monopolis het nie beheer oor die vraag nie, daarom sal die vraag die finale
markprys beïnvloed
- 'n Monopolis kan slegs besluit by watter punt op die vraagkurwe hy wil
produseer
• Substitute
- Daar is 'n paar produkte wat hoegenaamd geen naby substitute het nie
- Vir baie jare was daar bv. In Suid-Afrika geen mededinging wat
telefoondienste betref nie – alternatiewe kon wel oorweeg word om te
kommunikeer soos briewe en telegramme
• Gunstige omstandighede
- Soms geniet 'n ondernemer gunstige omstandighede in 'n sekere
geografiese gebied
- Daar kan bv. slegs een verskaffer van melk in 'n dorp wees, of een ysterware
winkel of hotel in die omgewing
- Daar kan selfs wette wees wat hulle beskerm bv. Poskantoor in Suid-
Afrika
- Suiwer monopolieë is baie skaars in Suid-Afrika
- Daar is dikwels substitute vir die produk beskikbaar en niks verhoed ander
ondernemers om tot die mark toe te tree nie – wat in werklikheid 'n kwasi-
monopolie is
• Markinligting
- Alle kopers en die enkele verkoper het volledige kennis van alle huidige
marktoestande
• Uitbuiting van verbruikers
- Die monopolis kan minder produkte teen 'n hoër prys produseer, in
vergelyking met besighede onder volmaakte mededinging
- Bv. De Beers, omdat die monopolis die enigste produsent van die produk in
die mark is, is daar altyd die moontlikheid van verbruiker uitbuiting. Die
meeste owerhede neem stappe om hierdie praktyke te voorkom en nuwe en
bestaande monopolieë word gewoonlik goed gemonitor
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 15 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Marktoetrede
- Hindernisse blokkeer ander produsente van toetrede tot die mark vir
dieselfde produk
Natuurlike monopolieë
- Hoë ontwikkelingskoste is dikwels 'n rede – die verskaffing van elektrisiteit
word dikwels as voorbeeld genoem
- Die oprigtingskoste van 'n kernkragsentrale kos miljarde
- Bv. Eskom is 'n enkele besigheid in die land wat elektrisiteit verskaf en
funksioneer as 'n natuurlike monopolie en word gereeld beheer en
gereguleer deur die owerheid
Kunsmatige monopolieë
- Die hindernisse tot toetrede is nie-ekonomies van aard nie bv. 'n patentreg
wat die wetlike reg is en aan die houer daarvan die eksklusiewe reg gee vir
die vervaardiging van die produk
- Patente word dikwels aangetref in die farmaseutiese bedryf
- Lisensiëring bring ook kunsmatige monopolieë tot stand, bv. lisensies vir
radio en TV uitsendings
- Lisensies beskerm operateurs teen toetrede van ander mededingers
• Ekonomieë van skaal
- Dit gee voordele aan groot, bestaande maatskappye
- waar die koste per eenheid daal soos die uitset styg
- Groot besighede se produksiekoste per eenheid is laer as dié van klein
besighede, bv. Eskom
• Die geografiese gebied
- Dit veroorsaak 'n natuurlike hindernis bv. een vakansieoord met 'n seefront
met 'n eksklusiewe strand
• Grootte van die mark
- Somtyds geniet 'n besigheid gunstige omstandighede in 'n sekere klein mark
- Bv. daar is slegs een hardewarewinkel in 'n sekere klein dorpie
(Aanvaar enige ander relevante feite) (Maks. 26 punte)
Ekonomiese wins Ekonomiese verlies
Prys MC Prys MK
Koste Koste GK
Ink Ink K a
P a AC P b
C b
e
e
MI GI MI GI
0 q Hoeveelheid 0 q Hoeveelheid
(Ken ‘n maksimum van 8 punte toe vir grafieke) (Maks 26 punte)
Puntetoekenning per grafiek:
Aandui van ekonomiese wins/verlies = 2 punte
Korrekte trek en benoem van asse = 1 punt
Korrekte trek en benoem van kurwes = 1 punt
MAKSIMUM = 4 PUNTE PER GRAFIEK
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 16 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
ADDISIONELE DEEL:
LANG TERMYN EKONOMIESE WINS VAN DIE MONOPOLIS
Prys
Koste
Inkomste
(10) P 1 B LMK
LGK
(7) K D
GI = VV
Puntetoekenning vir grafiek:
• Benoeming van asse – 1 punt
E • Korrekte trek en benoem van
MI koste kurwes – 1 punt
Korreikte trek en benoem van
inkomstekurwes - 1 punt
• Winsmaksimering – 1 punt
• Gearseerde area (wins) - 2 punte
Maks = 6 punte
0 (100) H 1 Hoeveelheid
• Oor die langtermyn maak die monopolis 'n ekonomiese wins
• Die LMK kurwe sny die LGK-kurwe by sy minimumpunt
• Winsmaksimeringspunt is by punt E (LMK = MI) waar produksie Q1 is teen 'n prys
van P1 per eenheid/Die monopolis sal Q1 (100) produseer teen 'n prys van P1 (10)
• By hierdie produksievlak is die gemiddelde inkomste R10 en die gemiddelde koste
R7
• Dus maak die monopolis 'n wins van R3 per eenheid (totale ekonomiese wins van
R300). Die totale ekonomiese wins word voorgestel deur die gearseerde (skadu)
deel (Maks. 10 punte)
SAMEVATTING/SLOT
Die monopolis is 'n prysbepaler, maar hy kan nie 'n prys onafhanklik van sy uitset
vasstel nie. 'n Hoër prys sal dus altyd 'n kleiner hoeveelheid tot gevolg hê (2) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 17 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Toerisme is wêreldwyd die vinnigste groeiende bedryf.
• Ondersoek, in besonderhede, die uitwerking van toerisme op die Suid-
Afrikaanse ekonomie. (26 punte)
• Hoe kan inheemse kennisstelsels gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te
bevorder? (10 punte) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 18 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
INLEIDING
Dis die aktiwiteite van mense wat reis en bly in plekke buite hul gewone omgewing vir
'n tydperk nie langer as een aaneenlopende jaar nie , vir ontspanning, besigheid of
ander redes en nie verwant aan 'n vergoeding by die plek wat besoek word nie
(Maks 2)
INHOUD
HOOFDEEL
• Bruto binnelandse produk (BBP)
Toerisme het die grootste impak op die dienste industrie, meer as landbou of
vervaardiging, alhoewel daar 'n aansienlike effek is as landbou voedsel aan
restaurante verskaf en vervaardiging wat voertuie vir vervoer verskaf
Direkte bydrae tot die BBP
- Statistiek Suid-Afrika (SSA) toon dat inwaartse toeriste in 2010 R69 biljoen
bygedra het en binnelandse toeriste R99 biljoen, wat R168 biljoene bedra
- omtrent 3% van Suid-Afrika se BBP
Indirekte bydrae tot BBP
- As die indirekte bydrae bygevoeg word, dra toerisme omtrent 7% by tot die
BBP
- Die WRRT beraam dat toerisme 9% tot die BBP van die wêreldekonomie in
2011 bygedra het
- In ontwikkelende ekonomieë is die sektor verantwoordelik vir omtrent 40%
van die BBP terwyl dit verantwoordelik is vir meer as 65% van die BBP in
ontwikkelde lande se BBP
- Suid-Afrika is soortgelyk aan dié van ontwikkelde ekonomieë en dienste dra
meer as 67% van die BBP by in 2011
• Indiensneming
- Toerisme het 'n groot uitwerking op indiensneming en dit bedra tot 1.18 m.
werkers in 2011
- Toerisme is die wêreld se grootste verskaffer van werksgeleenthede en wel
om die volgende redes:
Toerisme is arbeidsintensief
- Meer werk kan geskep word met elke eenheid kapitaal belê in toerisme
as in enige ander nywerheid
Toerisme gebruik baie vaardighede
- Dit strek van rekenmeesters en haarkappers tot toergidse en
spoorsnyers – verskeie vaardighede word benodig in toerisme
Toerisme kan vinnig werksgeleenthede skep
- As 'n kwart van ondernemings wat toeriste-akkommodasie in SA
verskaf, kunstenaars begin gebruik om gaste te vermaak, kan daar
binne 'n paar dae werk aan duisende kunstenaars verskaf word
Toerisme bied geleenthede aan entrepreneurs
- Die toerisme industrie akkommodeer informele sektor ondernemings,
wat wissel van handwerk- en vrugtesmouse tot sypaadjiehandelaars,
- verhuurders van strandstoele
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 19 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Armoede
- Toerisme word wyd erken as een van die vinnigste en mees effektiewe
herverspreidingsmeganismes in ontwikkeling
- Dit bring ontwikkeling na arm mense in plattelandse gebiede
- Toerisme bied 'n alternatief vir verstedeliking en laat mense toe om steeds as
familie 'n bestaan op die platteland te maak waardeur vroue en kinders ook
bemagtig word (bv. Begin 'n kleinskaalse toerismeonderneming wat op
gemeenskapsbates konsentreer (woude, parke en riviere)
• Eksternaliteite
- Die vinnig groeiende toerismebedryf kan positiewe en negatiewe invloede hê
wat tot ver in die toekoms in strek
- Hoewel toerisme 'n groot inkomste gee kan dit ook onnodige skade aan die
omgewing aanrig wat die basis van die nywerheid kan benadeel
- Soos alle ander ekonomiese bedrywighede gebruik toerisme hulpbronne en
produseer afval – dit skep omgewings, sosiale en kulturele koste en voordele
- Vinnige groei in toerisme wat op korttermynvoordele afgestem is het gewoonlik
meer negatiewe as positiewe gevolge. Tradisies en kulturele waardes verval,
skade aan terreine en die natuurlike omgewing
• Omgewing
Toeriste aktiwiteite skep omgewingstres:
- Permanente herstrukturering van die omgewing wat belangrike
konstruksiewerk insluit
- Afvalprodukte soos biologiese en nie-biologiese afval wat visproduksie kan
benadeel
- Direkte omgewingstres veroorsaak deur toeriste-bedrywighede soos
vernietiging van koraalriwwe
- Effek op bevolkingsdinamika soos migrasie en groter stedelike digtheid
• Investering
Toereikende fisiese, ekonomiese en basiese dienste infrastruktuur is noodsaaklik
vir toeriste bestemmings, wat beteken dat hulle investeer in die volgende:
- Vervoerinfrastruktuur, bv. Paaie, spoorlyne
- Kommunikasie infrastruktuur soos telefoonlyne en elektroniese seinstasies
- Energie infrastruktuur soos elektrisiteit en vloeibare brandstowwe
- Basiese dienste infrastruktuur bv. Skoon water en afvalverwydering
(Maks. 26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 20 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
ADDISIONELE DEEL
Hoe kan Inheemse Kennisstelsels gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te
bevorder?
• Meer kultuurdorpies kan gebou word om toerisme te bevorder, bv. Shangana in
Mpumalanga, Basotho in die Vrystaat en Simunye Zulu Lodge in Kwazulu-Natal,
waar gidse verduidelik en deur storieverstelling die inheemse kennispraktyke
demonstreer
• Advertensieveldtogde binnelands en internasionaal deur reisagentskappe, hotelle
en B & B, oornagakkommodasie en SA Toerisme wat kan fokus op die
bevordering van hierdie erfenisterreine in brosjures en strooibiljette en die sosiale
media. Hierdie optrede sal toeriste meer bewus maak van hierdie aantreklikhede
• Moedig toeriste aan om die verskillende kulture en dorpe te ervaar - beleef die
lewe tuis by 'n huishouding en eet by 'n sjebien of dorpsrestaurant
• Wêrelderfenisterreine van Suid-Afrika is gekies vir hul kulturele belangrikheid bv.
Die wieg van die mensdom by Sterkfontein, Mapungubwe ruïnes en argeologiese
fondse in Limpopo, Richtersveld kulturele en botaniese landskap, Vredefort
koepel en Robbeneiland
• Omgewingswêrelderfenisterreine van Suid-Afrika is gekies vanweë hul natuurlike
belangrikheid nl. Die Kaapse Fynbosstreek, Isimangaliso Vleilandpark en die
uKhahlamba/Drakensberg Park, wat gekies is vanweë verskeie belangrike
aspekte
• Kunste en kultuurfeeste, bv. Die Nasionale kunstefees in Grahamstad, die
Hermanus Fees, Awesome Africa Music Festival en Macufe African Cultural
Festival
• Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie, maak die grootste deel van die Suid-
Afrikaanse bevolking gebruik van tradisionele medisyne vir gesondheid, sosaiaal-
kulturele en ekonomiese redes en vorm deel van die unieke ondervinding wat
toeriste beleef as hulle plaaslike dorpies besoek
• In Suid-Afrika word toeriste meer bewus gemaak van die belangrike rol wat
tradisionele medisyne speel in armoedeverligting en werkskepping
• Verslapping van beperkende toeriste visawette om makliker toetrede tot Suid-
Afrika te verseker
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks. 10)
Samevatting/Slot
Suid-Afrika trek meer as 7,8 miljoen toeriste in 2011/Vir elke 8.1 addisionele toeriste
na Suid-Afrika, word een nuwe werksgeleentheid geskep/een persent toename in
toerisme dra R532 miljoen jaarliks tot die SA ekonomie by (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander relevante slot) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Economics notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Economics questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Economics quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Economics past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Economics and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Memo
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (English)
Related documents

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo
%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paper