Skip to content

Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12201520 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V2 2015 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/2015 SSE – Memorandum AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B – eksterne  1.1.2 C – kopers en verkopers  1.1.3 A – minder teen 'n hoër  1.1.4 C – daal  1.1.5 C – arbeids  1.1.6 A – marginale  1.1.7 B – biodiversiteitsverlies  1.1.8 A – monetêre  (8 x 2) (16) 1.2 PAS-ITEMS 1.2.1 I – Die getal eenhede wat gedurende 'n sekere tyd geproduseer word  1.2.2 C – Die positiewe verskil tussen totale inkomste en totale koste  1.2.3 E – Negatiewe of positiewe derdeparty-effekte  1.2.4 G – Sluit items met hoogs wisselvallige pryse uit die VPI-mandjie uit  1.2.5 H – Rede vir groei in toerisme  1.2.6 A – Volhoubare bestuur en gebruik van hulpbronne  1.2.7 D – Handelsmerke speel 'n belangrike rol in die bepaling van kliëntlojaliteit  1.2.8 B – Toelae en pensioene  (8 x 1) (8) 1.3 IDENTIFISEER DIE TERM 1.3.1 Nie-prys-mededinging  1.3.2 Vaste koste (VK)  1.3.3 Publieke goedere / openbare goedere  1.3.4 Stagflasie  1.3.5 Inkomende toeriste / Internasionale toerisme  1.3.6 Aardverwarming / Kweekhuiseffek  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/2015 SSE – Memorandum AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae: 2.1.1 Noem enige TWEE instansies in Suid-Afrika wat anti- mededingende gedrag reguleer. • Mededingingskommissie  • Mededingingstribunaal  • Mededingingsappélhof  (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Watter invloed het BTW op die berekening van VPI (Verbruikersprysindeks) en PPI (Produsente prysindeks)? • VPI neem toe / BTW is ingesluit  Geen effek op PPI / BTW word uitgesluit  (1 x 2) (2) 2.2 Datarespons 2.2.1 Wat is die sigbare verband tussen die MK en GK kurwes? Die MK-kurwe sny die GK-kurwe op sy minimumpunt  (Aanvaar enige verduideliking van die verwantskap)C (2) 2.2.2 Definieer die term ekonomiese verlies. As 'n besigheid se gemiddelde koste die prys oorskry (totale koste is meer as totale inkomste)  OF MK > MI  (2) 2.2.3 Hoekom is die vraagkurwe van die individuele produsent horisontaal (plat)? Produsente is prysnemers – verkoop alle hoeveelhede teen dieselfde prys  (2) 2.2.4 Bereken die ekonomiese verlies. Toon ALLE berekeninge. 15 x 100 = 1 500 koste  10 x 100 = 1 000 Inkomste  Daarom is die ekonomiese verlies = 1 000 – 1 500 = -500  OF R10 – R15  = -R5  50 x -R5 = -R250  (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/2015 SSE – Memorandum 2.3 Datarespons 2.3.1 Watter tipe bedrywe word volgens die uittreksel as oligopolisties beskou? • Farmaseutiese maatskappye  • Slimfoon maatskappye  (2 x 1) (2) 2.3.2 Definieer die term oligopolie. Dis 'n markstruktuur waar 'n klein aantal groot verkopers die mark oorheers  (2) 2.3.3 Hoekom is dit vir hierdie maatskappye belangrik om handelsmerke vir hul produkte sal hê? • Om kopiëring van produkte te voorkom  • Om te keer dat ander die mark betree  (2) 2.3.4 Hoe verskil kartelle en prysleierskap rakende die manier waarop pryse gemanipuleer word? • By prysleierskap bepaal die dominante firma die prys en ander besighede volg dikwels (stilswyende samespanning)  • In 'n kartel sal die besighede amptelik ontmoet en op 'n prys vir hul produkte ooreenkom (openlike/formele samespanning)  (2 x 2) (4) 2.4 Wat is die doelwitte van die Wet op Mededinging, 1998 (Wet 89 van 1998) in Suid-Afrika? • Om alle Suid-Afrikaners gelyke geleenthede te bied om billik aan die ekonomie deel te neem  • Om sekere handelspraktyke soos prysvasstelling te beperk  • Om die oordrag van ekonomiese eienaarskap in lyn met publieke belang te reguleer  • Stig onafhanklike instellings om ekonomiese mededinging te monitor  • Skep 'n groter vermoë en omgewing vir Suid-Afrikaners om doeltreffend internasionaal mee te ding  (Aanvaar enige ander relevante antwoorde) (Enige 4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/2015 SSE – Memorandum 2.5 Verduidelik met behulp van 'n grafiek, hoekom marginale koste aan marginale inkome gelyk moet wees om winste te maksimeer. Prys  MK Maksimum wins MI=MK  MI < MK  P=GI=MI 8 MI > MK  Puntetoekenning Benoeming van asse: 1 punt Korrekte trek en benoem van MK-kurwe: 1 punt Korrekte trek en benoem van MI-kurwe: 1 punt Aandui van winsmaksimeringspunt (MI=MK): 2 punte Aandui van MI>MK: 1 punt Aandui van MI<MK: 1 punt MAKS 6 PUNTE 0 100 Hoeveelheid (Aanvaar grafieke vir die onvolmaakte mark wat die MK en MI kurwes toon) Die besigheid maksimeer wins waar MK = MI  • As die besigheid minder as die gemiddelde inkomste (GI) produseer, sal die marginale inkomste verkry hoër wees as die marginale koste  Daarom het die besigheid geleentheid om sy winsvlak te verbeter (MI>MK)  • Indien die besigheid bo die gemiddelde inkomste (GI) produseer, sal die marginale inkomste laer as die marginale koste wees (MI<MK)  daarom sal die besigheid 'n verlies per addisionele eenheid geproduseer tot bo die MI = MK punt maak  (Maksimum 6 punte vir die bespreking) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/2015 SSE – Memorandum VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 Beantwoord die volgende vrae: 3.1.1 Noem enige TWEE internasionale ooreenkomste rakende volhoubare ontwikkeling. • Verenigde Nasies se Konferensie oor Omgewing en Ontwikkeling (Rio de Janeiro)  • Die Montreal Protokol oor afvalstowwe wat die osoonlaag vernietig  • Konvensie oor Biologiese Diversiteit  • Wêreldberaad oor volhoubare ontwikkeling  • Habitat II Konferensie in Istanbul  • Raamwerk Konvensie rakende klimaatsverandering (COP)  • Kyoto Protokol  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is die doel van groenbelasting? Om die produksie van goedere wat skadelike effekte op die omgewing het, te verminder  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 Datarespons 3.2.1 Definieer die term ekotoerisme. Dis die genieting en waardering van die ongerepte natuur  (Aanvaar enige ander relevante definisie) (2) 3.2.2 Noem enige TWEE wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika. • Mapungubwe  • Robbeneiland  • Tafelberg  • iSimangaliso Vleilande (Groter St Lucia Vleilande Park)  • Die Sterkfonteingrotte (Wieg van die Mensdom)  • Die Vredefortkoepel  • Die Kaapse fynbosstreek  • uKhahlamba Drakensberg Park  • Richtersveld Kulturele en Botaniese landskap (Enige 2 x 1) (2) 3.2.3 Watter boodskap, dink jy, word deur die spotprent oorgedra? Die diere hou die ekotoeriste dop, terwyl dit gewoonlik die teenoorgestelde is/die diere dink dat die toeriste begaan is oor besoedeling van die omgewing – en dat dit die rede is waarom hulle die voertuig stoot – terwyl hulle in werklikheid sonder petrol gaan staan het  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/2015 SSE – Memorandum 3.2.4 Hoekom is infrastruktuur ontwikkeling 'n belangrike vereiste vir toerisme? • Voldoende en goeie instandhouding van fisiese en basiese dienste, infrastruktuur is noodsaaklik vir toeriste- bestemmings  • Dit word gewoonlik deur inwoners en besoekers gebruik  • Die owerheid het voorkeur verleen aan ekonomiese infrastruktuur wat toegang tot hawens, kusgebiede, riviere en mere verleen om toerisme groei te ondersteun  • Die meeste ekonomiese korridors het toerisme as belangrike focus. Publieke Private Vennootskappe (PPV's) word somtyds gebruik vir die ontwikkeling van infrastruktuur  • Bykomend tot fisiese en basiese infrastruktuur, vereis toeriste en inwoners sosiale infrastruktuur  bv. Ambulansdienste, medisyne, klinieke en hospitale, polisiebeskerming en inligtingsdienste  (Aanvaar enige ander relevante antwoorde) (2 x 2) (4) 3.3 Datarespons 3.3.1 Identifiseer die belangrikste probleme wat 'n impak op die bestuur van die omgewing het. • Gebrek aan kennis  • Gebrek aan omgewingsbewustheid  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 1) (2) 3.3.2 Definieer die begrip omgewingsvolhoubaarheid. Dis die vermoë van die omgewing om sy gebruik in ekonomiese aktiwiteite te oorleef  (2) (Aanvaar enige ander relevante antwoord) 3.3.3 Watter rol kan opvoeding in die verandering van mense se sienings oor ekologiese kwessies speel? Dit maak mense bewus van die verbintenis tussen hul oorlewing en die omgewing/Mense kan leer om die omgewing volhoubaar te gebruik  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/2015 SSE – Memorandum 3.3.4 Hoe kan die owerheid ingryp om omgewingsvolhoubaarheid te verseker? • Heffings op die verbruikers en produsente vir die gebruik van die omgewing  • Hef omgewingsbelasting op uitset of verbruik  waar eksterne omgewingskoste gegenereer word • Subsidieer ekonomiese aktiwiteite wat omgewingskade verminder  bv. Produksie van loodvrye petrol  • Toeken van eiendomsregte vir gemeenskaplike goedere soos lug  (Aanvaar enige ander relevante antwoorde) (2 x 2) (4) 3.4 Watter voordele hou toerisme vir huishoudings in? • Besteding deur toeriste impliseer inkome aan die huishouding in die vorm van salarisse en lone deur indiensneming (groei) in die toerismebedryf  • Hulle verdien inkome direk uit die toerismebedryf as toerleiers byvoorbeeld en indirek as werkgewers in finansiële instellings, vervoerondernemings, of werk in die hotelbedryf  • Toerisme kan ook die inkome van kunstenaars verhoog  bv. Produsente van aandenkings, tolke  • Hulle sal in staat wees om meer goedere en dienste te koop wat die inkomste van dié wat goedere produseer en versprei, sal verhoog  • Die meeste van die infrastruktuur wat vir toeriste geskep is, is ook beskikbaar vir die gebruik deur plaaslike inwoners, bv. Paaie, hotelle, telefone, water en elektrisiteit  • Die Toerisme Gasvryheid en Sport Onderwys en Opleiding owerheid (SETA) bied leerderskappe vir 'n aantal vaardighede vereis in toerisme, soos toergidse, reisagente en kokke  • Hoër onderwysinstellings bied agt verskillende soorte reis en toerisme- programme  • Toerisme stel mense bloot aan verskillende vreemde kulture en dit het 'n impak op kulturele en sosiale kennis en genot  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/2015 SSE – Memorandum 3.5 Watter raad sal jy aan die Minister van Finansies gee om inflasie hok te slaan (te verminder)? • Verhoogde direkte belasting sal lei tot 'n afname in verbruikbare inkome, wat sal lei tot 'n afname in besteding en inflasie  • Verhoogde indirekte belasting soos BTW sal lei tot 'n toename in pryse en 'n afname in vraag  • 'n Afname in owerheidsbesteding sal lei tot minder geld wat in die ekonomie ingespuit word  • Dit sal lei tot 'n afname in die totale vraag na goedere en dienste en inflasie sal dus daal  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/2015 SSE – Memorandum VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 Beantwoord die volgende vrae: 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van meriete goedere. • Onderwys  • Primêre gesondheidsorg  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan toerisme tot staatsinkomste bydra? • Toerisme heffing  • Belasting uit goedere aangekoop  • Inkomstebelasting van mense in diens geneem in hierdie sektor  • Belasting op sakewinste  • (Aanvaar enige ander relevante antwoorde) (1 x 2) (2) 4.2 Datarespons 4.2.1 Watter boodskap word in die prent uitgebeeld? • Die koste en voordele van sonenergie  /of • Voordele van sonenergie oortref die koste  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 4.2.2 Noem enige private koste wat met die verskaffing van sonenergie verband hou. • Installeringskoste van sonpanele  • Koste van panele  • Arbeidskoste  • Vervoerkoste  • Aankope van eiendomme om sonpanele op te rig (sonplase)  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2.3 Hoekom is Suid-Afrika geskik vir die opwekking van sonenergie? Oorvloedige sonskyn/gunstige weersomstandighede/klimaat  (2) 4.2.4 Hoe sal die gebruik van sonenergie Suid-Afrika bevoordeel? • Minder besoedeling/skoner lug  • Minder mediese kwessies  • Verminder die druk op Eskom om elektrisiteit op te wek / minder  • Spaar op instandhoudingskoste wat kan lei tot laer elektrisiteitspryse  • Verlaag die lewenskoste  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/2015 SSE – Memorandum 4.3 Datarespons 4.3.1 Identifiseer TWEE lande wat lidlande van BRICS is. • China  • Indië  (2 x 1) (2) 4.3.2 Definieer die term toerisme. Aktiwiteite van mense wat reis en bly in plekke buite hul gewone omgewing vir nie langer as een aaneenlopende jaar vir ontspanning, besigheid en ander doeleindes wat nie verwant is aan enige aktiwiteite waarvoor vergoeding ontvang word nie  (2) 4.3.3 Bepaal die persentasieverandering van Chinese toeriste na Suid-Afrika tussen 2011 en 2012. 55,9% / 56%  (2) 4.3.4 Waarom is Suid-Afrika na jou mening 'n voorkeurtoeriste- bestemming? • Die land het baie mooi natuurskoon bv. Robbeneiland, Mapungubwe, Sterkfontein  • Die stabiele politieke atmosfeer  • Menswaardigheid van Suid-Afrikaners (Ubuntu)  • 'n Gunstige wisselkoers  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks die vraagkurwe van die monopolis. • Monopolis se vraagkurwe het 'n negatiewe helling/afwaartse neiging van links na regs (aanvaar 'n grafiese voorstelling van die vraagkurwe)  • Helling is onelasties (styl)  • Die vraagkurwe is ook die markvraagkurwe  • Die vorm van die kurwe dui daarop dat daar 'n omgekeerde verwantskap tussen prys en hoeveelheid gevra bestaan  • Dit beteken as die prys styg sal die hoeveelheid gevra daal/prysdaling sal lei tot 'n toename in die hoeveelheid gevra  (Enige 4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/2015 SSE – Memorandum 4.5 Verduidelik hoekom markte misluk in die beskerming van die omgewing. • Gebrek aan kennis  Verbruikers besef nie altyd dat hulle omgewingskade veroorsaak by die gebruik van sekere produkte nie  bv. spuitkannetjies, sekere plastiekware  veral as die effek opbou oor tyd  • Eksternaliteite  Geaffekteerde individue dra die indirekte koste van besoedeling en nie die besighede wat die besoedeling veroorsaak nie  Niemand besit die omgewing nie, bv. lug, water  niemand kan dus eiendomsreg daaroor uitoefen nie  Dit is dus moeilik om 'n persoon te stop om die lug te besoedel omdat dit nie aan die individu behoort nie  • Nie-uitsluitbaarheid van die omgewing  Dis 'n gemeenskaplike hulpbron wat nie privaat besit word nie  bv. lug en oseane  Daar is geen aansporing om die omgewing te red nie  • Traak-my-nie-agtigheid  Verbruikers en besighede is dikwels bereid om skadelike praktyke voort te sit, en laat dit aan die nageslag oor om oor die omgewing bekommerd te wees  (Aanvaar enige ander relevante verduideliking) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 13 DBE/2015 SSE – Memorandum AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In diepte Maks. 26 bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei / Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debateer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/ Evalueer/Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/ Maks. 10 Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/ Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Slot: Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder om enige feite wat alreeds genoem is, te herhaal • Enige opinie of waardeoordeel rakende die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ analise versterk • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE Markmislukking kom algemeen in vryemark-ekonomieë voor. • Bespreek in besonderhede die oorsake van markmislukking. (26 punte) • Verduidelik met behulp van 'n grafiek (produksiemoontlikheidskurwe) hoe produktiewe doeltreffendheid in die mark bereik kan word. (10 punte) INLEIDING Markmislukking impliseer dat die beste beskikbare of optimale produksie uitset is nie bereik nie/die mark misluk om die optimale hulpbrontoekenning te bereik (Maks. 2) INHOUD HOOFDEEL Eksternaliteite  • dit staan ook bekend as oorspoeleffekte of effek op derde partye  • Dis daardie koste en voordele wat private koste en voordele omskakel in sosiale koste en voordele  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 14 DBE/2015 SSE – Memorandum Begrippe: • Private koste: interne koste wat bekend staan as private koste  Dis die gewone koste wat verbruikers aangaan as hulle goedere koop  bv. die prys wat 'n persoon betaal vir 'n huis R280 000  • Private voordele (interne voordele): dis die voordele wat bestaan by dié persone wat die goedere koop asook dié wat die goedere produseer  • Sosiale koste: dis die koste van goedere en dienste aan dié wat dit geskep het en vir die gemeenskap in sy geheel  Private koste plus eksterne koste is gelyk aan sosiale koste  • Sosiale voordele: eksterne voordele en private voordele is gelyk aan sosiale voordele  As eksternaliteite in produksie en verbruik dikwels voorkom en uitset is gewoonlik gebaseer op private koste en voordele, is dit 'n belangrike oorsaak van markmislukking  NEGATIEWE EKSTERNALITEITE  Prys  A1  Puntetoekenning: V A Maks. 4 punte vir grafiek Opskrif – 1 punt Asse – 1 punt  P1 Aanbodkurwes – 1 punt P Verandering in P – 1 punt A1 V A 0 Q1 Q Hoeveelheid Publieke goedere:  • Betekenisvolle markmislukking is die onvermoë om sekere goedere en dienste te produseer, ten spyte daarvan dat hulle nodig is en daar 'n vraag voor is  • Markte kan slegs onder sekere toestande funksioneer en wanneer hierdie toestande nie bestaan nie, sukkel markte om te bestaan  • Publieke goedere word nie deur die markmeganisme voorsien nie omdat produsente nie goedere kan terughou vir nie-betaling nie en aangesien daar dikwels geen manier is om 'n persoon se verbruik te meet nie, bestaan daar nie 'n basis vir die berekening van 'n markprys nie  • Gemeenskaps- en kollektiewe goedere staan gesamentlik bekend as publieke goedere  • Gemeenskapsgoedere: dis goedere soos die weermag, polisiedienste, gevangenisdienste, straatligte, vloedbeheer, stormwater-afvoer en vuurtorings  • Kollektiewe goedere: dis goedere soos parkte, strande, strate, sypaadjies, paaie, brûe, openbare vervoer, rioolstelsels, afvalverwydering, watertoevoer en vullisverwydering.  Kenmerke van gemeenskaps- en kollektiewe goedere is: • Nie-mededingend: hierdie kenmerk beteken dat verbruik deur een persoon op geen manier die verbruik van 'n ander persoon verminder nie  • bv. 'n vuurtoring en straatligte  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 15 DBE/2015 SSE – Memorandum • Nie-uitsluitbaarheid: hierdie kenmerk verwys na die feit dat die verbruik van 'n goed nie beperk is tot diegene wat daarvoor betaal nie; dus is daar niebetalers  Mense kan die produk geniet sonder om daarvoor te betaal  Bv. Radio- en televisiediens in Suid-Afrika het baie niebetalers  Meriete en niemerietegoedere:  • Dit hou verband met hoe gewens dit is om te gebruik  • Merietegoedere: Sekere goedere wat uiters gewens is vir algemene welstand van die inwoners van 'n land, word dikwels nie deur die mark hoog aangeslaan nie  • Indien mense markpryse daarvoor moet betaal, sal relatief te min daarvan verbruik word  • In hierdie opsig het die mark misluk en die ekonomie en samelewing sal benadeel word  Bv. Gesondheidsorg en onderwys, veiligheid, inenting, vaardigheidsopleiding en motorsitplekgordels  • Niemerietegoedere: Items soos sigarette, alkohol en nievoorskrifmedisyne is voorbeelde van niemerietegoedere  • In 'n vryemarkekonomie, word hierdie goedere oorverbruik  • Sommige verbruikers is onbewus van die ware koste van verbruik – hul negatiewe eksternaliteite  • Die regering kan die verbruik daarvan deur belasting en deur inligting oor die nadelige gevolge daarvan verbied of verminder bv. deur aksynsbelasting te hef  Onvolmaakte mededinging:  • In markekonomieë word mededinging dikwels deur mag belemmer  • Dis gewoonlik die produsente wat die mag het nie soseer die verbruikers nie  • Meeste besighede funksioneer onder toestande van onvolmaakte mededinging wat hulle toelaat om uitset te beperk, pryse te verhoog en te produseer waar pryse die marginale koste oorskry  • Hulle kan ook nuwe sakeondernemings verhoed om tot die bedryf toe te tree en so verhoed dat daar ten volle by die veranderinge in verbruikersvraag aangepas kan word  Gebrek aan inligting:  • Verbruikers, werkers en entrepreneurs beskik nie altyd oor die nodige inligting om rasionele besluite te neem nie  • Verbruikers: Alhoewel gevorderde tegnologie vir mense toegang tot meer inligting gee, het hulle uiteraard nie al die inligting of volmaakte inligting nie  • Werkers: Hulle is onbewus van ander werksgeleenthede  • Entrepreneurs: Hulle het 'n gebrek aan inligting oor koste, beskikbaarheid en produktiwiteit van bepaalde produksiefaktore en werk dalk volgens die verkeerde inligting  Onbeweeglikheid van produksiefaktore:  • Meeste markte kan nie maklik aanpas by veranderinge in vraag en aanbod nie  • Hoewel dit gedeeltelik weens 'n gebrek aan inligting is, is hulpbronne ook nie juis beweeglik nie  • Arbeid: Dit kan 'n ruk duur voordat arbeid beroepsgewys en geografies verskuif om in die veranderingei n verbruikersvraag te voorsien  • Fisiese kapitaal: Fabrieksgeboue en infrastruktuur soos telefoonlyne, brûe, spoorlyne en lughawens kan nie beweeg word nie  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 16 DBE/2015 SSE – Memorandum • Dit hou vir jare, maar kan nie beweeg word om by 'n verandering in die vraag aan te pas nie  • Tegnologiese hulpmiddele verander produksiemetodes: Tegnologie gebruik in die produksie mag verander, bv. gebruik van robotte eerder as arbeid in myne  • Dit neem egter tyd vir die meeste nywerhede om aan te pas – met groter tegnologiese veranderinge, is daar 'n toename in die vraag na werkers wat kan aanpas, om bereid te wees om hul vaardighede op te gradeer deur hul loopbane heen as werkers en om te verander van werk, beroep en werkpatrone  Onvolmaakte verspreiding van inkomste en welvaart:  • Moontlik die belangrikste tekortkoming van die markstelsel is dat dit neutral staan teenoor die kwessie van inkomeverdeling  • As die oorspronklike verdeling ongelyk is, sal die finale verspreiding ook wees  • Vir hierdie rede word daar dikwels geargumenteer dat die mark misluk  (‘n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte en subopskrifte toegeken word) (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks. 26) ADDISIONELE DEEL Verduidelik produktiewe doeltreffendheid met behulp van 'n grafiek.  Kaas Puntetoekenning 1. Benoeming van asse = 1 punt 2. Aandui van produksievlakke (A) op beide kurwes = 2 punte 3. Aandui van punt C (skaars / onmoontlik) = 1 punt 4. Aandui van punt B as optimum produksiepunt = 1 punt 5. Aandui van punt D as produksie ondoeltreffendheid = 1 punt GRAFIEK - MAKS: 6 PUNTE A C D B A Melk VERDUIDELIKING • D (punt links van die PMK kurwe) is ondoeltreffend – hulpbronne word vermors  • C ('n punt regs van die PMK kurwe) is nie moontlik nie te wyte aan skaarsheid ('n gebrek aan hulpbronne)  • B ('n punt op die PMK kurwe) dui op doeltreffendheid – produksie word gemaksimeer – geen vermorsing van hulpbronne  (Aanvaar die verduideliking van ‘trade-off’as twee punte op PMK verskyn) (Max 6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 17 DBE/2015 SSE – Memorandum SLOT Net soos wat die owerheid nie voldoen aan die verskaffing van alle gemeenskapsgoedere nie, sal daar altyd 'n behoefte wees om aan die verwagtinge van die totale gemeenskap te voldoen  (Enige ander relevante gevolgtrekking) (Maks. 2) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES Inflasie is oor die wêreld heen 'n voortdurende uitdaging vir die inkomste van werkers en die samelewing. • Ondersoek in besonderhede die gevolge van inflasie. (26 punte) • Debatteer die meriete (voordele) van geadministreerde pryse deur die owerheid. (10 punte) INLEIDING Dis 'n konstante en aansienlike toename in die algemene prysvlak van goedere en dienste in die land oor 'n sekere tydsperiode bv. 'n jaar  (Maks. 2) (Aanvaar enige ander relevante antwoord) INHOUD HOOFDEEL Krediteure en debiteure  • Terwyl leners (debiteure) deur prysstygings bevoordeel word, word uitleners (krediteure) daardeur benadeel.  • Dis omdat leners geld met 'n relatief hoë koopkrag ontvang en hulle hul lenings met geld met 'n lae koopkrag terugbetaal, tensy rentekoerse toereikend is om hiervoor te vergoed  Salaris en loontrekkers  • Prysstygings affekteer mense wie se inkomste relatief vas is m.a.w. mense wie se inkomste konstant bly of wie se inkomste nie teen dieselfde tempo as pryse styg nie • Dit is gewoonlik afgetredenes, pensioentrekkers en arm mense  • Namate pryse styg koop hulle byna vaste inkomste al hoe minder  • Daarteenoor is daar individue en entrepreneurs wie se inkomste vinniger as die inflasiekoers styg en wat dus voordeel uit inflasie trek  • Globalisering lei tot verhoogde indiensnemingsgeleenthede in die ekonomie a.g.v. stygende produktiwiteit, die behoefte om meer goedere te produseer vir beide plaaslike en internasionale markte wat in ekonomieë wêreldwyd ontstaan  • Die vraag na stygende geskoolde arbeid word al meer. Dié vraag na arbeid bevoordeel die plaaslike arbeidsmark rakende stygende indiensneming geleenthede en groei  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 18 DBE/2015 SSE – Memorandum Beleggers en spaarders  • Verskillende soorte beleggings word deur inflasie beïnvloed: bates met vaste nominale waardes  • Hierdie bates met 'n vaste nominale waarde en gee 'n vaste opbrengs indien dit tot die vervaldatum gehou word  • Sodra hulle uitbetaal, daal die koopkrag van die nominale waarde daarvan soos pryse styg  Bates met aanpasbare markwaardes  • Diegene wat aandele en vaste eiendom besit baat gewoonlik by prysstygings om dat die nominale waardes van hierdie bates min of meer in verhouding met die inflasiekoers styg (hul markwaardes is aanpasbaar)  • Die pryse van hierdie bates styg dikwels vinniger as stygings in die algemene prysvlak  • In hierdie geval skep inflasie rykdom tot die rykes se voordeel  Belastingbetalers  • Suid-Afrika het 'n progressiewe persoonlike inkomstebelastingstelsel  • Dit beteken dat die marginale en gemiddelde belastingkoerse ooreenkomstig die inkomstevlak styg  • Hoe hoër die individu se inkomste, hoe groter is die persentasie aan inkomstebelasting wat hy of sy moet betaal  • Ten tye van inflasie styg die belastingbetaler se nominale inkomste in die vorm van lone en salarisse, al bly hulle reële inkomste onveranderd  • Belasting word op nominale inkomste gehef en nie op reële inkomste nie  • Indien die belastingskale dus onveranderd bly, verhoog inflasie die gemiddelde persoonlike inkomstebelastingkoers  • Individue moet dus die hoër belastings betaal al is hulle in werklikheid nie beter daaraan toe as tevore nie  • Hierdie verskynsel word blokkruiping genoem en dit lei daartoe dat inkomste van die belastingbetaler af na die regering toe herverdeel word  • Blokkruiping ontstaan uit die gesamentlike werking van inflasie en progressiewe belasting  • Dit het dieselfde uitwerking as 'n styging in die belastingkoers  Nywerheidsvrede  • Loononderhandelinge gaan dikwels gepaard met stakings en massa-optredes  • Hierdie aksies loop uit op geweld wat die hele samelewing raak  • In uiterste gevalle wanneer inflasie buitengewoon hoog is en die regering weier om aan eise om hoër lone toe te gee ontstaan wydverspreide sosiale onrus  Inflasie het 'n negatiewe uitwerking op ekonomiese groei  • Inflasie lei tot toenemende onsekerheid in die ekonomie  • Hierdie onsekerheid ontmoedig besparing en belegging veral oor die langtermyn  • Dis noodsaaklik vir ekonomiese groei – wat nou verlaag  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 19 DBE/2015 SSE – Memorandum Inflasie beïnvloed die reële geldwaarde en spaar  • Omdat inflasie die reële waarde van geld verlaag, beïnvloed dit die reële waarde van veral spaar  • Dit impliseer dat inflasie die rand negatief beïnvloed – die rand koop minder goedere en dienste as tevore  • Dit beteken ook dat die reële waarde van geld gespaar minder werd is aan die einde van die spaarperiode as die dag toe die geld gespaar is  • Bv. As die verbruiker 5% rente op sy spaarrekening ontvang terwyl die inflasiekoers 8% was, is die reële rentekoers op die verbruiker se spaar –3%  Inflasie het 'n omgekeerde effek op 'n land se betalingsbalans  • As 'n land se inflasiekoers hoër is as dié van sy handelsvennote, sal die pryse van uitvoere styg terwyl die pryse van ingevoerde goedere daal  • Dit lei tot 'n verlies aan mededingendheid in die uitvoermark, wat op sy beurt lei tot 'n afname in uitvoere  • Dit het 'n negatiewe effek op die land se betalingsbalans  • Die verlies van uitvoermededingendheid kan ook werkloosheid verhoog  Inflasie beïnvloed die herverspreiding van inkome in 'n land  • Die effek van inflasie is ongelyk  • Dis duidelik dat almal nie bevoordeel word daardeur nie – sommiges word meer as ander benadeel  • Inflasie neig om inkomste van lae inkomstegroepe na hoë inkomstegroepe te herverdeel  • Dis omdat mense in die lae inkomstegroepe nie dieselfde bates het waarvan die waarde vinniger as die inflasiekoers styg nie – om hulle so te help om die effek van inflasie te oorkom  • Magsgroepe soos vakbonde, groot maatskappye en rykes is in staat om hul aandeel van die nasionale inkome ten koste van benadeelde persone soos pensionarisse, werkloses en welsynsgroepe te vergroot  Inflasie het sosiale en politieke koste  • As inflasie deurentyd stygende pryse veroorsaak, raak mense ongelukkig en verhoudings tussen werkgewers en werknemers, asook tussen kliënte en handelaars versuur  • Mense in laer-inkomstegroepe voel die ernstige effek van 'n toename in die prys van noodsaaklike items soos brood, mieliemeel, huur en vervoerkoste  • Dit kan lei tot sosiale en politieke onrus  Inflasie voed homself en veroorsaak verdere inflasie  • Dit word die inflasiespiraal genoem  • Bv. Hoër looneise veroorsaak dat produsente hul pryse laat styg om hul winste konstant te behou  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 20 DBE/2015 SSE – Memorandum ADDISIONELE DEEL Debatteer die meriete (voordele) van geadministreerde pryse deur die owerheid • Dis die pryse wat deur die owerheid gereguleer word  bv. Huiseienaars se koste op water, huishoudelike brandstof (paraffien en elektrisiteit), mediese versorging (publieke hospitale), kommunikasie (telefoonoproepe, telefoonhuur en installering), posgeld, selkommunikasie, vervoer (petrol)  • Die meeste van die geadministreerde pryse word eenmalig per jaar aangepas wat prysstabiliteit meebring  • Gereguleerde pryse word beperk volgens die mate waarmee pryse mag verskil – afhangende van die owerheid se doelwitte  • Geadministreerde pryse voorsien addisionele inkomste aan die nasionale tesourie  • Dit blyk dat sommige van hierdie pryse uiters aggressief reageer oor die korttermyn  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks. 10) SLOT Indien inflasie nie beheer word deur doeltreffende fiskale en monetêre instrumente nie, kan dit uitdagende probleme vir die ekonomie oor die algemeen skep  (Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking) (Maks. 2) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all