Skip to content

Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201512 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V1 FEBRUARIE/MAART 2015 PUNTE: 150 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs blou of swart ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 B. 1.1.1 Die metode wat gebruik word om die totale vergoeding van produksiefaktore af te lei, staan as die … metode bekend. A produksie- B inkome- C bestedings- 1.1.2 Die metode wat by sakesiklusse gebruik word om iets onbekends uit inligting wat reeds bekend is te voorspel, staan as … bekend. A amplitude B ekstrapolasie C tendens 1.1.3 Die dienste van die Suid-Afrikaanse Weermag word deur die … regering voorsien. A sentrale B plaaslike C provinsiale 1.1.4 Die koop of verkoop van effekte vorm deel van … beleggings in die betalingsbalans. A portefeulje- B direkte C ander 1.1.5 Negatiewe ekonomiese groei vir minstens twee opeenvolgende kwartale, staan as … bekend. A bloei B depressie C resessie 1.1.6 Die staat mik na 'n meer gelyke verdeling van inkomste deur 'n … persoonlike belastingstelsel te gebruik. A proporsionele B regressiewe C progressiewe Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.1.7 Wanneer 'n land se totale invoere die totale uitvoere oorskry, word daarna verwys as 'n … op die handelsbalans. A surplus B tekort C ewewig 1.1.8 Met globalisering word lande ekonomies meer … A interafhanklik. B onafhanklik. C geïsoleerd. (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Direkte subsidies A waarskynlike aantal jare wat 'n persoon na geboorte sal lewe 1.2.2 Lewensverwagting B bied geleenthede vir leen en spaar 1.2.3 Betalingsbalans C regering se beraamde inkomste en 1.2.4 Verstedeliking uitgawes vir 'n tydperk van drie jaar 1.2.5 Finansiële mark D die piek van 'n sakesiklus 1.2.6 Voorspoed E beweging van mense van landelike gebiede na stede en dorpe 1.2.7 Vryhandel F 'n opsomming van 'n land se transaksies 1.2.8 Mediumtermyn- met die res van die wêreld bestedingsraamwerk (MTBR) G produsente en verbruikers kan goedere en dienste enige plek in die wêreld koop en verkoop H finansiële toelaes ter ondersteuning van die produksie van uitvoergoedere I 'n mark vir goedere en dienste (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die doelbewuste vermindering in die waarde van 'n land se geldeenheid 1.3.2 Onderwys- en gesondheidsdienste wat deur die staat voorsien word 1.3.3 'n Model wat die vloeie tussen die deelnemers in die ekonomie illustreer 1.3.4 Die grootste bydraer tot staatsinkomste 1.3.5 Die beleid wat in 1994 in Suid-Afrika geïmplementeer is om die ongelykhede van die verlede reg te stel 1.3.6 Die instelling in Suid-Afrika wat vir monetêre beleid verantwoordelik is (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE voorbeelde van nie-duursame goedere. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is die wisselkoersmark belangrik vir toeriste? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Vloeie van faktor- S = R100 miljoen A Lekkasies inkomste, byvoorbeeld lone, huur, rente en Verbruik van wins wat uit die R2 000 m R2 000 m goedere en produksie van dienste goedere en dienste B voortspruit. Inspuitings I = R120 miljoen LET WEL: mvg = 0,75 2.2.1 Voorsien die diagram hierbo van 'n gepaste opskrif. (1) 2.2.2 Noem, behalwe investering, enige ander inspuiting. (1) 2.2.3 Identifiseer A en B in die diagram hierbo. (2) 2.2.4 Hoe sal die nasionale inkome deur die lekkasies en inspuitings hierbo beïnvloed word? (2) 2.2.5 Bereken die verandering in nasionale inkome wat deur die investering hierbo veroorsaak is. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE LOPENDE REKENING OP DIE BETALINGSBALANS 2010–2012 LOPENDE REKENING: R BILJOEN 2010 2011 2012 Goedere-uitvoere 597 714 743 Netto gouduitvoere 59 75 71 Minus: Goedere-invoere 607 742 854 Handelsbalans 49 47 -40 Netto dienste, inkomste en lopende oordragbetalings -102 -115 -125 Saldo op die lopende rekening -53 -68 -165 [Aangepas uit die Kwartaalblad SARB, Desember 2013] 2.3.1 Beskryf die tendens in die saldo op die lopende rekening van 2010 tot 2012. (2) 2.3.2 Beskryf die term handelsbalans. (2) 2.3.3 Waarom word gouduitvoere as 'n afsonderlike item in die lopende rekening genoem? (2) 2.3.4 Hoe kan die regering ons geldeenheid gebruik om die handelsbalans van 2012 te verbeter? (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek spesialisasie en ekonomieë van skaal as argumente ten gunste van vryhandel. (2 x 4) (8) 2.5 Waarom is dit nodig om ontwikkelende lande teen onregverdige oorsese mededinging te beskerm? (2 x 4) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 20 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE sosiale aanwysers. (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom vergader die Monetêre Beleidskomitee van die Suid- Afrikaanse Reserwebank elke twee maande? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN (NOP) Die NOP wil hê Suid-Afrikaners moet ophou om vinger te wys na al die 'kwaaddoeners' en eerder help dat die visie vorm aanneem. Die NOP sal geïmplementeer word, maar die privaat sektor en landsburgers moet aan die proses deelneem. Die regering het hulle goed van hul taak gekwyt deur inwoners toegang tot gesondheidsorg en onderwys te gee. Volgens die minister van finansies was die staat se rol by die implementering van die NOP nie om te dikteer nie; maar eerder om 'n raamwerk daar te stel waarbinne die privaat sektor kan funksioneer. [Bron: The Star, Business Report, 20 November 2013] 3.2.1 Wat is die staat se rol in die implementering van die NOP? (2) 3.2.2 Bespreek TWEE positiewe elemente van die NOP. (2 x 2) (4) 3.2.3 Verskaf die staat kwaliteit onderwys? Motiveer jou antwoord. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 3.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Voordele en effekte Ons hou van dié wat ons het. SEB- KODE SEB SEB BALANS- STAAT Staat [Aangepas uit The Star, Business Report, Oktober 2013] 3.3.1 Noem enige voordeel van swart ekonomiese bemagtiging vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. (2) 3.3.2 Definieer die term breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging. (2) 3.3.3 Watter boodskap word in die spotprent uitgebeeld? (2) 3.3.4 Na jou mening, het die SEB-beleid swart mense in Suid-Afrika bevoordeel? (4) 3.4 Onderskei tussen nywerheidsontwikkelingsones en spesiale ekonomiese sones. (2 x 4) (8) 3.5 Bespreek hoe die Klein- en Medium-ondernemingontwikkelingsprogram (KMOOP) en die Buitelandse Investeringstoelae (BIT) help om nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder. (2 x 4) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 20 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE metodes om die nasionalerekeningtotale te bereken. (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom is die bruto nasionale produk van Suid-Afrika oor die algemeen laer as die bruto binnelandse produk? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. R9,25 BILJOEN SE PERSOONLIKE INKOMSTE- BELASTING- VERLIGTING SOSIALE BESKERMING VEILIGHEID EN SEKURITEIT ONDERWYS OPENBARE DIENSTE GESONDHEID BEHUISING VOOR VERKIESINGS NA VERKIESINGS 'N RUK GELEDE HET DIE PRESIDENT ONS MOET DIT IN 'N BETER BELOWE OM 'N ½ MILJOEN … ONS IS NIE SEKER OF HY WERKSGELEENTHEDE SAKEBESTEMMING VERANDER – REGTIG DAARDIE 6 MILJOEN TE SKEP … DIT GAAN GROOT BELASTING- WERKSGELEENTHEDE GAAN IN PLAAS DAARVAN IS AANSPORINGS EN -HERVORMINGS SKEP NIE … WERKSGELEENTHEDE VERG OM ONS EKONOMIE TEN MINSTE IS DIT 'N VERLOOR … TEIKEN … TE LAAT WERK … [Bron: Business Times, 2 Maart 2014] 4.2.1 Watter boodskap word in die spotprent hierbo uitgebeeld? (2) 4.2.2 Gee EEN voorbeeld van 'n belastingaansporing. (2) 4.2.3 Verduidelik die betekenis van persoonlike inkomstebelasting- verligting. (2) 4.2.4 Watter deel van die bevolking sal die grootste voordeel uit persoonlike inkomstebelastingverligting trek? Motiveer jou antwoord. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. STREEKNYWERHEIDSONTWIKKELING BBP-BYDRAE PER PROVINSIE: 2012 SA - Vlak van Prestasie BBP/R .. SA WK OK NK VS KZN GAU MP L NW [Aangepas uit StatsSA, September 2013] 4.3.1 Watter provinsie het in 2012 die grootste bydrae tot die Suid- Afrikaanse ekonomie gemaak? (2) 4.3.2 Definieer die begrip streeknywerheidsontwikkeling. (2) 4.3.3 Wat is die gemiddelde BBP-groeikoers vir Suid-Afrika? (2) 4.3.4 Wat, dink jy, behoort die staat te doen om nywerheidsontwikkeling in onderpresterende provinsies te bevorder? (4) 4.4 Bespreek monetêre beleidsinstrumente wat gebruik word om die ekonomie te stabiliseer. (4 x 2) (8) 4.5 Assesseer hoe 'n toename in invoerpryse en 'n toename in uitvoerpryse (ruilvoet) die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed. (2 x 4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10 Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Gevolgtrekking Maks. 2 TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE Die staat se primêre oogmerk met sakesiklus-beleid is om die beste moontlike groeikoers te verkry. • Bespreek die vraag-en-aanbodkant-beleid wat deur die staat gebruik word om sakesiklusse uit te stryk. (26) • Gebruik 'n volledig benoemde grafiek om die effek van vraag-en-aanbodkant- beleide op pryse te verduidelik. (10) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 35 MINUTE Ekonomiese aanwysers word gebruik om die prestasie van die ekonomie te bepaal. • Ontleed in detail die volgende ekonomiese aanwysers: - Inflasiekoers - Indiensname (26) • Na jou mening, waarom is dit belangrik vir die staat om van tyd tot tyd die prestasie van die ekonomie te assesseer? (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all