Skip to content

Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 12201619 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V1 FEBRUARIE/MAART 2016 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B (per capita nasionale inkome)  1.1.2 A (weerpatrone)  1.1.3 A (onderwys)  1.1.4 C ('n afname in mineraaluitvoere)  1.1.5 A (privatisering)  1.1.6 C (verskille)  1.1.7 A (die Nywerheidsbeleid-aksieplan)  1.1.8 B (groter belegging in opleiding aan te moedig)  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 E - die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat in 'n gegewe jaar binne die grense van 'n land geproduseer word  1.2.2 G - die boonste draaipunt van die sakesiklus  1.2.3 A - gebruik rentekoerse om die vlak van besteding te beïnvloed  1.2.4 F - die gewigtoekenning van binnelands vervaardigde uitsette  1.2.5 B - gee aan lidlande die geleentheid om finansiële ondersteuning van die IMF te verkry  1.2.6 I - 'n handelsooreenkoms tussen 'n groep opkomende markte  1.2.7 C - wette en regulasies wat vervaardigingswerksaamhede verbeter  1.2.8 D - assesseer die prestasie van die ekonomie  (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE BEGRIP 1.3.1 Ekonomiese ontwikkeling  1.3.2 Invoervervanging  1.3.3 Revaluasie  1.3.4 Trog  1.3.5 Betalingsbalans  1.3.6 Inspuitings  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING B Beantwoord TWEE vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1.1 Noem TWEE instrumente van fiskale beleid. • Owerheidsbesteding  • Belasting  (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe kan die appresiasie van die rand die uitvoere van goedere en dienste beïnvloed? • Daar sal 'n verlaging in uitvoere wees • Dit maak goedere en dienste duurder  (1 x 2) (2) 2.2 Datarespons 2.2.1 Watter persentasie van hul inkomste bestee huishoudings? Inkome is gelyk aan verbruik plus spare. Huishoudings sal 80% van hul inkomste bestee  (2) 2.2.2 Verduidelik die begrip vermenigvuldiger. Dit kom voor waar 'n klein toename in besteding lei tot 'n groter toename in nasionale inkome  (2) 2.2.3 Watter uitwerking sal 'n styging in belasting op die vermenigvuldiger hê? • Die effektiewe implementering van 'n belasting (BTW) impliseer dat minder geld beskikbaar is vir besteding  • Die verwagting is dat die vermenigvuldiger sal kleiner word en dat die totale waarde van die vermenigvuldigerbedrag ook sal daal  (2) 2.2.4 Bereken die grootte van die vermenigvuldiger. Toon ALLE berekeninge. ∂= 1  OF 1/msg  1 − mvg = 1/0.2  = 5  ∂= 1  1 − 0,8 Dus is die vermenigvuldiger gelyk aan 5.  (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 2.3 Datarespons 2.3.1 Watter boodskap word deur die spotprent hierbo uitgebeeld? Die ekonomie is besig om te verlangsaam/resessie  (Aanvaar enige ander relevante verduideliking) (2) 2.3.2 Gee 'n rede vir die huidige stand van die ekonomie. • Totale vraag daal  • Besighede speel bankrot  • Die wêreld toon 'n verlangsaming in die ekonomie  • Inflasiekoerse styg  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 2.3.3 Watter hoof ekonomiese aanwyser word gebruik om die stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie te bepaal? Reële Bruto Binnelandse Produk  (2) 2.3.3 Hoe kan die regering die herstel van die ekonomie versnel? Die owerheid het TWEE belangrike fiskale beleidsinstrumente: • Belastings  - Hulle kan belastings verlaag  - Bv. inkomstebelasting/Maatskappybelasting  - Dit sal verbruikers en maatskappye meer geld gee om te spandeer op goedere en dienste en vir maatskappye om hul produksiekapasiteit uit te brei  • Owerheidsbesteding  - Hulle kan besteding verhoog  - Bv. Besteding op salarisse, infrastruktuur en werkskeppingsgeleenthede  - Dit sal besteding verhoog wat ekonomiese aktiwiteit stimuleer  (Aanvaar enige ander relevante feit) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 2.4 Onderskei tussen reële vloeie en geldvloeie in die ekonomiese kringloopmodel. Reële vloei • Die vloei van goedere en dienste tussen die verskillende deelnemers word reële vloei genoem  Dit sluit in: • Produksiefaktore van huishoudings na besighede  • Goedere en dienste van besighede na huishoudings  • Goedere en dienste van die owerheid  • Goedere en dienste van die buitelandse sektor na huishoudings, besighede en die owerheid (invoere)  • Goedere en dienste na die buitelandse sektor (uitvoere)  Geldvloei • Die vloei van geld verdien en bestee tussen die verskillende deelnemers  Dit sluit in: • Betaling vir produksiefaktore in die vorm van huur, wins, lone en salarisse en rente van besighede aan huishoudings  • Betaling vir goedere en dienste van huishoudings na besighede  • Betaling vir goedere en dienste van huishoudings aan die buitelandse sektor  • Betaling vir goedere en dienste deur huishoudings  • Betaling van belastings deur huishoudings en besighede aan die owerheid  • Betalings vir uitvoere deur die buitelandse sektor  (8) (Aanvaar enige ander relevante feit) (Enige 2 x 4) 2.5 Hoe kan die Reserwebank na jou mening die tekort op die betalingsbalans verminder? • Lande wat tekorte ondervind sal geld van ander lande leen. Dis hoekom ontwikkelende lande soveel buitelandse skuld het  • In die geval van 'n fundamentele disekwilibrium, kan lidlande van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) leen  • Lenings is buitendien nie 'n langtermyn oplossing vir fundamentele betalingsbalans disekwilibrium nie  • Suid-Afrika sal invoere verlaag deur die depresiasie van die geldeenheid. Uitvoere sal goedkoper word vir buitelandse kopers  • Stygende rentekoerse sal besteding, ingeslote invoere, verlaag  • Toenemende BDI in die land met die hoër rentekoers  • Daar bestaan binnelandse regulasies wat sentrale banke toelaat om buitelandse valuta te beperk  Diesulkes wat buitelandse valuta benodig kan by die sentrale bank aansoek doen  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1.1 Noem TWEE aanwysers wat verwant is aan buitelandse handel. • Ruilvoet  • Wisselkoers  (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is die uitwerking van stygende investeringsbesteding op die ekonomie? • Uitbreiding in infrastruktuur ontwikkeling  • Stygende indiensneming, produktiwiteit en produksie  • Stygende ekonomiese groei  (2) (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1 x 2) 3.2 Datarespons 3.2.1 Watter jaar, volgens die tabel hierbo, dui die hoogste lewensverwagting sonder MIV aan? 2014  (1) 3.2.2 Watter instansie is verantwoordelik vir die publikasie van lewensverwagtingsneigings in Suid-Afrika? Statistiek SA/Stats SA  (1) 3.2.3 Verduidelik die term lewensverwagting. Lewensverwagting gee in aantal jare, die ouderdom wat 'n pasgebore baba sal lewe, indien die bestaande patroon van mortaliteit vir die hele lewensduur dieselfde sal bly  (2) 3.2.4 Watter uitwerking sal MIV/Vigs op produktiwiteitsvlakke hê? • Lae produktiwiteit  • Hoë vlakke van afwesigheid  • Hoë verlies van werksure  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 3.2.5 Wat het die verbetering in lewensverwagting van 53,4 tot 61,2 na jou mening veroorsaak? • Gemeenskapsbewustheid veldtogte oor die siekte  • Verbeterde mediese dienste  • Verbeterde geneesmiddels om die siekte te bekamp  • Meer klem op die negatiewe effekte van die siekte op die opvoedingsfront  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.3 Datarespons 3.3.1 Waarvoor staan die afkorting NOP? Nasionale Ontwikkelingsplan  (2) 3.3.2 Wat word met 'n inklusiewe ekonomie bedoel? Inklusief beteken 'n geïntegreerde benadering, alle aspekte van die ekonomie in ag genome  (2) 3.3.3 Gee 'n rede waarom dit belangrik is om armoede uit te wis en ongelykheid in Suid-Afrika te verminder. • Herstel  • Spreek die nalatenskap van apartheid aan  • Verseker 'n beter lewenstandaard vir almal  • SA het 'n breë basis deelname in ekonomiese aktiwiteite nodig  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.3.4 Watter uitwerking het die Uitgebreide Openbare Werke- program op jou plaaslike gemeenskap? • Gemeenskapsprojekte word geoormerk  • Werksgeleenthede word geskep terwyl die gemeenskap opgehef word terselfdertyd  • Armoede word beveg  • 'n Inkomste vir die werkloses te verskaf  (Aanvaar enige ander relevante argument) (Enige 2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks indiensneming as 'n ekonomiese aanwyser. • Data verwant aan indiensneming is 'n belangrike aanwyser wat gebruik word om die sukses of stand van die ekonomie bepaal  • Dit dui die aantal werkers in diens aan, sowel as die totale aantal mense wat werkloos is  • As die indiensnemingskoers vergelyk word met die ekonomies-aktiewe bevolking, kan die werkloosheidskoers bepaal word  • Dit dui die produktiwiteit van arbeid in die land aan  • Bv. Die produktiwiteitskoers wat gebruik kan word as 'n bruikbare werktuig om die inkomste per werker te verdedig  • Dis verwant aan die indiensnemingskoers in verskillende sektore van die ekonomie  • Indiensneming aanwysers kan gebruik word deur die owerheid om die beste beleide te formuleer om werkloosheid en armoede te verminder  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.5 Hoe sal die nuut afgebakende Spesiale Ekonomiese Sones (SES'e) streeksontwikkeling in Suid-Afrika bevoordeel? • Vernaamste doelwit is om die vervaardigingsektor uit te brei  • Skep werksgeleenthede  • Produseer vir die uitvoermark  • Skep addisionele nywerheidspilpunte wat die nasionale vervaardigings- industrie meer sal diversifiseer  • Belegging in die SES'e word gebaseer op Publieke-Private Vennootskappe (PPV's), waar die staat die infrastruktuur verskaf en die privaatsektor besighede skep  • Verskeie aansporingskemas word gebied om besighede na die SES'e te lok  • Verminderde belastingvoordele  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1.1 Noem TWEE items in die finansiële rekening van die betalingsbalans. • Direkte investering  • Portefeulje-beleggings  • Ander beleggings  • Derivatiewe (afgeleides)  • Bates  (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Watter uitwerking het inflasie op die armes? Die armes word armer/Armes sal in staat wees om minder goedere te koop (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 Datarespons 4.2.1 Watter aanbodkurwe dui 'n afname in die aanbod van dollars aan? A2A2  (1) 4.2.2 Watter tipe wisselkoersstelsel word tans in Suid-Afrika gebruik? Vry swewende wisselkoersstelsel  (1) 4.2.3 Verduidelik die begrip wisselkoers. Dis die prys van een geldeenheid in terme van 'n ander  (2) 4.2.4 Noem EEN faktor wat tot 'n styging in die aanbod kon gelei het. • Toename in die aantal VSA toeriste wat Suid-Afrika besoek  • 'n Toename in invoere vanaf SA na die VSA  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 4.2.5 Gebruik die grafiek hierbo om die uitwerking van die toename in die aanbod van VS-dollars op die R/VS$ wisselkoers te verduidelik. VSA$ - Depresieer  Rede: Die aanbod van dollars styg van AA na A 1 A 1 en die ewewigspunt beweeg van E na E 1  Die prys van dollars is vas teen P 1 wat laer is  R - Appresieer Rede: Die vraag na rand styg van VV na V 1 V 1 en die ewewigspunt skuif van E na E 1  Die prys van rand is vas teen P 1 wat hoër is  (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 4.3 Datarespons 4.3.1 Waarvoor staan die afkorting MTBR? Mediumtermyn bestedingsraamwerk  (2) 4.3.2 Wat is die internasionale norm vir begrotingstekorte as 'n persentasie van die BBP? 3%  (2) 4.3.3 Bereken die begrotingstekort as 'n persentasie van die BBP (A). A : 3,0%  (2) 4.3.4 Wat kan die owerheid na jou mening doen om die begrotingstekort te laat verminder? • Die owerheid kan sy inkomste verhoog , bv. styging in belasting/verbeter doeltreffendheid/meer produktiewe arbeidsmag  • Owerheid kan publieke sektor besteding verminder , bv. strenger finansiële prosedure/beheer/aanstelling van bevoegde werknemers/opleiding van werknemers  (Aanvaar enige ander relevante feit) (4) 4.4 Verduidelik hoe die amplitude en tendenslyn in die vooruitskatting van sakesiklusse gebruik kan word. Amplitude: Die sterkte van die onderliggende kragte – byvoorbeeld rentekoerse, uitvoere of verbruiksbesteding  • 'n Groot amplitude gedurende 'n opswaai demonstreer sterk onderliggende kragte  • Die duur van 'n siklus met 'n groot amplitude is gewoonlik langer as een met 'n kleiner amplitude  Die omvang van die verandering – hoe groter die amplitude, hoe meer ekstreem is die veranderinge  • Bv. Gedurende 'n opswaai sal werkloosheid afneem van 20% na 10% ('n afname van 50%) inflasie sal styg van 3% tot 6% (amper 100%) of 'n surplus op die lopende rekening (van die betalingsbalans) kan verander van 'n surplus na 'n tekort  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Tendenslyn: • Die tendenslyn wat stelselmatig styg sal 'n positiewe helling oor die langtermyn toon, wat op 'n groeiende ekonomie dui  • Die neiging dui die algemene rigting aan waarin indekse gebruik in die sakesiklus, beweeg  • Die neiging sal verander as die tydreeksdata hul gedragspatrone van die verlede verander  • Hoewel sekere kragte oorkom moet word vir dit om te gebeur bv. Weerstandpunte en kanale  (Aanvaar enige ander relevante feite) (Enige 2 x 4) (8) 4.5 Hoe kan belasting gebruik word om indiensneming in Suid-Afrika te stimuleer? Individuele Inkomstebelasting • Laer belastings sal verbruikbare inkomste van mense doeltreffend verhoog  • Dit sal lei tot 'n toename in die vraag na goedere en dienste  • Besighede (verskaffers) sal hul produksie moet verhoog om te kompenseer vir die stygende vraag  • Dit sal lei tot werkskepping  Maatskappybelasting: • Laer maatskappybelasting verhoog beleggingsmoontlikhede wat die besigheid uitbrei  • Dit sal meer werksgeleenthede vir mense skep  Belasting op invoere: • Invoere/doeanebelasting verminder invoere  • Stimuleer plaaslike produksie en skep meer werksgeleenthede  (Aanvaar enige ander relevante feit) (Enige 4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10 Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/ Hoe?/Stel voor Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is • Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE Om internasionaal mededingend te wees, is dit noodsaaklik dat 'n land geskikte handelsbeleidsrigtings gereed moet hê. Hulle moet hul nywerhede laat groei indien hulle 'n verbering in die lewenstandaard wil hê. • Bespreek die argumente ten gunste van beskerming in besonderhede. (26 punte) • Hoe kan die owerheid na jou mening subsidies gebruik om te verseker dat plaaslike nywerhede teen onregverdige oorsese mededinging beskerm word? (10 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum INLEIDING Beskerming verwys na 'n doelbewuste beleid van die owerheid om handelsversperrings te skep soos tariewe en kwotas, met die doel om binnelandse nywerhede teen internasionale mededinging te beskerm  (Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks. 2) INHOUD HOOFDEEL Argumente ten gunste van beskerming: 1. Skep 'n inkomste vir die regering  • Invoertariewe skep inkomste vir die owerheid  • In kleiner lande is die belastingbasis dikwels klein te wyte aan lae inkomste van individue en besighede  • Lae inkomste verskaf nie veel in die vorm van inkomstebelasting nie  en daarom is doeanebelasting op invoere 'n belangrike bron van inkomste  2. Beskerming van die volle nywerheidsbasis  • Bestendig binnelandse indiensneming  • Lande met hoë werkloosheid is voortdurend onder druk om werkskepping te stimuleer daarom implementeer hulle dikwels beskermingsbeleid om industrialisasie te bevorder  • Daar word geglo dat indien 'n land invoerbeperkings instel, sy inwoners meer plaaslik vervaardigde goedere sal koop en dat dit dan indiensneming sal verhoog  • Hierdie maatreëls van binnelandse werkskepping tot nadeel van ander lande, word roofbeleide genoem  • Lande met beskermingsbeleide, se invoerbeperkings maak dit vir ander lande moeiliker om die land se uitvoere te koop en dit kan vergeldingsmaatreëls meebring  3. Beskerming van werkers  • Daar word aangevoer dat invoere uit lande met relatiewe lae lone onredelike mededinging veroorsaak  en die lewenstandaard van die relatief beter betaalde werkers van plaaslike nywerhede bedreig  • Plaaslike nywerhede kan nie meeding nie omdat hoër lone prysvlakke van goedere verhoog  • Beskerming is dus nodig om te voorkom dat plaaslike loonvlakke daal of dat plaaslike besighede ondergaan  of selfs dat plaaslike besighede ondergaan omdat hulle niewinsgewend raak  • Mededinging uit lae loon lande kan egter meebring dat daardie lande 'n vergelykende kostevoordeel het a.g.v. hul vaardigheid- en arbeidsintensiewe nywerhede  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 4. Diversifiseer die nywerheidsbasis  • Lande moet met verloop van tyd gediversifiseerde nywerhede ontwikkel om oormatige spesialisasie te voorkom  • 'n Land wat te veel staatmaak op die uitvoer van een of 'n paar produkte is kwesbaar  • As 'n ontwikkelende land se indiensneming en inkomste van slegs een of twee nywerhede afhanklik is, is daar 'n risiko dat wêreldwye fluktuasies in pryse en vraag- en aanbodkantprobleme tot aansienlike fluktuasies in binnelandse ekonomiese aktiwiteit kan lei  • Invoerbeperkings kan op 'n reeks produkte ingestel word om te verseker dat 'n groter aantal binnelandse nywerhede ontwikkel  5. Ontwikkel strategiese nywerhede  • Sommige nywerhede soos yster en staal, landbou (stapelvoedsel soos mielies), chemikalieë, energie (brandstof) en elektronika (kommunikasie) word dikwels as strategiese nywerhede beskou  Ontwikkelende lande kan voel dat hulle hierdie nywerhede moet ontwikkel om meer selfonderhoudend te word  Beskerm spesifieke nywerhede 6. Storting  • Buitelandse nywerhede mag betrokke raak by storting omdat staatsubsidies hulle toelaat om teen baie lae pryse te verkoop  of omdat hulle poog om winste te verhoog deur prysdiskriminasie  • Die rede vir die verkoop van produkte teen laer pryse mag wees om ontslae te raak van opgehoopte voorrade van die goedere  en gevolglik word verbruikers in die invoerlande bevoordeel  hoewel hul langtermyn doelwit mag wees om binnelandse produsente te dryf om beheer oor die mark te neem  en verbruikers is geneig om benadeel te word deur beperkte keuses  en hoër pryse wat uitvoerders in staat is om te vra  7. Jong nywerhede  • Gewoonlik nuut opgerig en vind dit moeilik om te oorleef te wyte aan hul hoë gemiddelde koste in vergelyking met goed gevestigde oorsese mededingers  indien hulle egter beskerming ontvang in hul vroeë jare mag hulle in staat wees om te groei en bevoordeel word  verlaag hul gemiddelde koste en raak mededingend  dan kan beskerming verwyder word  8. Kwynende nywerhede/agteruitgaande nywerhede  • Strukturele veranderinge in die vraag en aanbod van 'n goed mag 'n nywerheid uiters nadelig tref  sulke nywerhede behoort in staat gestel te word om geleidelik tot niet te gaan  kwynende nywerhede het nie meer 'n vergelykende voordeel nie  indien hulle egter onverwags moet sluit is daar skielike en groot toename in werkloosheid  • Beskerming mag 'n nywerheid in staat stel om geleidelik te krimp  wat tyd gee vir hulpbronne insluitend arbeid om na ander nywerhede te beweeg  • Beskerm binnelandse standaarde  binnelandse regulasies van voedselsekuriteit, menseregte en omgewingstandaarde wat toeneem en al meer optree as handelsbeperkings  (Maks. 26) (Aanvaar enige ander relevante feit) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum ADDISIONELE DEEL Hoe kan die owerheid na jou mening subsidies gebruik om te verseker dat plaaslike nywerhede teen onregverdige oorsese mededinging beskerm word? Direkte subsidies: Strenger keuringsmaatreëls moet in plek gestel word as maatskappye aansoek doen vir finansiële bystand  Owerheidsbesteding kan direkte finansiële ondersteuning verskaf aan produsente vir hul uitvoere  bv. • Kontanttoelaes aan Suid-Afrikaanse uitstallers om hul produkte ten toon te stel by uitstallings oorsee. Verken nuwe markte  • Buitelandse handelsendings om nuwe markte te verken. Instel van tariewe op invoere  • Fondse vir die vorming van formele uitvoerbeheerrade  • Subsidies vir opleiding van personeel in diens  • Fondse vir die uitvoermark navorsing  • Beskerm registrasie en buitelandse patent-registrasie  Indirekte subsidies: Owerheid kan sekere tipes belasting aan die maatskappye terugbetaal om uitvoere te bevorder  Die tipes indirekte subsidies is: • Algemene belastingafslag (deel van die produksiekoste is aftrekbaar van belasting wat betaal moet word)  • Belastingkonsessies op winste verdien uit uitvoere of op kapitale investering om uitvoergoedere te produseer  • Terugbetaling van invoertariewe op vervaardigingsproses van uitvoergoedere wat maatskappye dikwels gebruik – doeanebelasting word betaal op hierdie goedere en die owerheid betaal dit terug  (Ken ʼn maks. van 2 punte toe vir voorbeelde) (Maks 10) SLOT Die meeste lande stem saam dat belasting skadelik is vir die ekonomie as dit nie goed bestuur word nie. My opinie is dat beskerming in sekere belangrike gebiede noodsaaklik is waar jong nywerhede ontstaan  (Aanvaar enige ander relevante hoër orde slot) (Maks 2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES Internasionaal word die vernaamste instrumente waarop groei- en ontwikkelingsbeleidsrigtings gebaseer word, vraag- en aanbodkantbenaderings genoem. Die aanbodkantbenadering fokus meer op mikro-ekonomiese doelwitte. • Ondersoek in besonderhede (sonder die gebruik van 'n grafiek) die aanbodkantbenadering ten opsigte van Suid-Afrika se pogings om ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder. (26 punte) • Was HOP en GEAR na jou mening suksesvol as groei- en ontwikkelingsbeleidsrigtings? (10 punte) INLEIDING • Enigiets wat die aanbod van goedere of hulpbronne kan beïnvloed is 'n aanbodkant-maatreël • Aanbodkant-beleide fokus op aanbod en sy mikro-ekonomiese komponente, soos mededinging en potensiële uitset  (Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks. 2) INHOUD HOOFDEEL Die aanbodkant verduidelikings word gebaseer op die monetaristiese benadering  en meen dat owerheidsinmenging in die ekonomie slegs noodsaaklik is as dit gladde werking van markte  aanbod in die ekonomie is redelik vas veral oor die korttermyn  meer werkers word benodig om produksie in die ekonomie op te stoot/ meer masjinerie nodig om op te bou en te installeer/meer elektrisiteit moet gelewer word/beter paaie moet verskaf word  Die Suid-Afrikaanse benadering Die Suid-Afrikaanse regering gebruik die aanbodkant-benadering bykomend om die vraagkant-benadering te komplementeer  sy doelwitte is groei en ontwikkeling, hoër vlakke van indiensneming, en gelyke verspreiding wat in die begroting ingebou is  Die Mediumtermynbestedingsraamwerk (MTBR) wat sekerheid aan die tendens verleen  en beklemtoon die reële omvang van die besteding  die doelwit is om die aanbodkurwe na regs te skuif – 'n belangrike fokus in groei en ontwikkeling is die owerheid se nywerheidsontwikkelingsbeleid en instandhouding  opgradering en skep van nuwe infrastruktuur  Aanbodkant-beleide is ook ontwerp om 'n omgewing te skep waar besighede en markte optimaal kan funksioneer  Die doeltreffendheid en effektiwiteit van markte  As besighede hul doelwitte bereik het (winsgewendheid en groei), is besighede effektief  In Suid-Afrika stel die owerheid doelwitte vir markte deur wette, wat hulle moet volg  en hulle word effektief as hulle hierdie doelwitte saam met hul eie doelwitte voeg en bereik  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum • Effektiwiteit  die owerheid vereis dat markte funksioneer op 'n wyse wat verseker dat meer swartmense geabsorbeer word in die hoofstroom ekonomie omdat hulle voorheen benadeeldes was  Twee wette is afgekondig wat voorkeur aan swart werkers en die besighede van swartes gee  - Die Wet op Gelyke Indiensneming  Die Wet verbied diskriminasie en vereis dat die werksmag die rasse en geslagsprofiel van die bevolking in sy totaliteit weerspieël  sakeondernemings moet 'n plan van gelyke indiensneming by die Departement van Arbeid inhandig en inspekteurs van die departement besoek besigheidsaanlegte om ooreenstemming te verseker  - Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging  Die Wet verskaf 'n regsbasis vir die transformasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie  dit vereis 'n herstel sodat die aantal swartmense wat besighede in ons land bestuur en beheer aansienlik kan styg en inkome ongelykhede aansienlik verminder  • Doeltreffendheid  Pareto doeltreffendheid beteken gegewe die beperkings op die doeltreffendheid parameters, is dit nie moontlik om die toeken van hulpbronne op so 'n wyse te doen dat niemand bevoordeel word sonder dat iemand anders benadeel word nie dit sluit produksie- en toedelingsdoeltreffendheid in  • Mededinging  Mededinging in die mark word op drie maniere verhoog: deur oprigting van nuwe klein besighede werf Buitelandse Direkte Investering (BDI)  en verwyder invoerbeperkings wat mededinging van oorsee kan belemmer  bykomend is die mededingings-reguleringsnetwerk geskep wat mededingende praktyke tussen binnelandse besighede afdwing  Die Mededingingswet (1998) is gerig op anti-mededingingspraktyke wat die misbruik van dominante posisies en strenger samesmeltingsbeheer daarstel  Die Wet maak voorsiening vir die funksionering van die Mededingingskommissie, Mededingingstribunaal en Mededingingsappélhof  en ten spyte van dit alles, toon die Globale Mededingingsindeks dat Suid-Afrika se mededingendheid besig is om te verdwyn  • Deregulering  Private sektor wat wanbalanse veroorsaak het wat die vrye funksionering van markte verhinder is hersien en sommige is afgeskaf in die middel 90's  die owerheid handhaaf sy toewyding aan maniere om beter besigheid te doen in die land  wisselkoers beheermaatreëls word per geleentheid verslap  • Sakedoeltreffendheid  Sommige maatreëls dien as aansporings of om doeltreffendheid te verhoog  terwyl ander bydra tot die daarstel en verbetering van doeltreffendheid  die eindresultaat is groter winsgewendheid  - Belasting  die korporatiewe inkomstebelasting is 28%  klein besighede betaal 'n laer koers solank as wat hul inkomste minder is as die SAID inkomstebelasting drempel  individuele inkomstebelasting begin by 18% en styg effens soos bepaal deur SAID op belastinghersiening jaarliks  die effek van blokkruiping op persoonlike inkomstebelasting is aangespreek in elke begroting met aanpassings op inkomstebelasting blokke  die styging vir individue was 33%  BTW bly onveranderd op 14%  die vlak van belasting in Suid-Afrika was redelik in vergelyking tot ontwikkelde lande  as 'n ontwikkelende land sal laer belastingkoerse help om ekonomiese groei te bevorder  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum - Kapitaalvorming  Depresiasie van kapitaalgoedere gebruik deur besighede is ontwerp om belegging aan te moedig  bv. nuwe masjinerie mag gedepresieer word oor 4 jaar teen 40% in die eerste jaar/en rekenaars en elektroniese toerusting oor drie jaar  owerheid deur die DHN en die NOK bevorder kapitaal en lenings aan KMMO's en groter besighede  en dit dien as 'n aansporing om sakedoeltreffendheid aan te moedig  - Menslike hulpbronne  onderwys ontvang proporsioneel meer uit die begrotingsbesteding  Sektorale Onderwys en Opleiding Owerhede (SETAs) fasiliteer voorskoolse en werkverwante opleiding  die Arbeidsverhoudinge Wet wat in 1998 in werking getree het bevorder ekonomiese ontwikkeling, sosiale regverdigheid, en vreedsame arbeidsverhoudinge in die bevordering van doeltreffendheid  - Gratis adviesdienste  die ontwikkeling van uitvoermarkte/bestuur en beheer van KMMO's/landbouproduksie/weervoorspellings/en voorkoming en genesing van diere siektes  • Koste om sake te doen  In Suid-Afrika beheer die owerheid meeste fisiese infrastruktuur komponente  die beskikbaarheid en koste van infrastruktuur dienste speel 'n belangrike rol in die finansiële lewensvatbaarheid en winsgewendheid van besighede  - Vervoerkoste  vervoeropsies in die lug, pad, spoor en see is beskikbaar  owerheid beheer lug en seevervoer in Suid-Afrika  owerheid het hom verbind om die doeltreffendheid en betroubaarheid van spoorvervoerdienste te verbeter en meer bekostigbaar te maak  - Kommunikasiekoste  kommunikasie opsies is kabel, sein en pos  owerheid beheer kabel (land oor vaste lyne) en pos kommunikasiedienste  kabel kommunikasiedienste in Suid-Afrika is een van die duurste in die wêreld maar redelik doeltreffend  hoë koste maak IT dienste vir besighede en individue duur en beperk wêreldwye mededingendheid  • Energiekoste  elektrisiteit en vloeibare brandstowwe is die vernaamste bronne van energie in Suid-Afrika  Eskom is die enigste verskaffer (monopolie)  die owerheid reguleer die pryse van petrol en paraffien  die pryse van ingevoerde ru-olie word verbind aan internasionale markpryse wat hoog is  hoë brandstof energiepryse ondermyn die doeltreffendheid van die ekonomie  (Maks. 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS ADDISIONELE DEEL Was HOP en GEAR na jou mening suksesvol as groei- en ontwikkelingsbeleidsrigtings? Positiewe respons: • Die bekendstelling van die HOP program stoot die ekonomie van 'n negatiewe vier persent (-4%) na omtrent 3%  • Die behuisings infrastruktuur van die grootste deel van die bevolking verbeter  • Meer elektrifisering van landelike gemeenskappe kom in plek  • Die HOP-program word die oorspronklike roetekaart vir ekonomiese groei en ontwikkeling van die land  • Die GEAR-beleid verbeter die ekonomie van 'n 3% tot 6% groei  • Die gevolglike groei in die ekonomie syfer deur tot groter sosiale welsyn van gemeenskappe  • Die handelstekort van die land het gedaal  Negatiewe respons: • Werkloosheidskoers hou aan styg  • Armoede en dienslewering verbeter glad nie  (Aanvaar enige ander relevante feite) (Maks. 10) SLOT 'n Mengsel van beleidstoepassing sal die meeste help om strategieë teen mekaar op te weeg in die ekonomie  (Aanvaar enige ander relevante hoër orde slot) (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all