Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V2
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 523.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC Supplementary Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs blou of swart ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.
1.1.1 Die aanbodkurwe van 'n volmaakte mededinger word deur daardie
deel van die MK-kurwe wat bo die … -kurwe lê, voorgestel.
A totalekoste
B gemiddelde-veranderlike-koste
C gemiddelde-koste
1.1.2 Die waarskynlikste hindernis vir 'n maatskappy wat met
maatskappye in die selfoonbedryf, soos Vodacom, wil meeding,
is …
A lisensiëring.
B kapitaal.
C groter tegniese voortreflikheid.
1.1.3 Oligopolieë het nie soveel beheer oor pryse as wat monopolieë het
nie, as gevolg van …
A beleidsrigtings.
B reklame.
C mededinging.
1.1.4 Die volmaakte mededinger vra 'n prys wat gelyk is aan die …
A gemiddelde koste.
B marginale inkomste.
C gemiddelde-veranderlike-kurwe.
1.1.5 'n Kombinasie van hoë inflasie en hoë werkloosheid staan as …
bekend.
A deflasie
B hiperinflasie
C stagflasie
1.1.6 Die indeks wat na hooflyn-inflasie verwys, word die … genoem.
A verbruikersprysindeks
B indeks van uitvoerpryse
C produsenteprysindeks
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.1.7 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n negatiewe
effek van toerisme?
A Armoede
B Werkloosheid
C Besoedeling
1.1.8 Die hooffokus van die Johannesburg-beraad was op …
A gevaarlike afval.
B volhoubare ontwikkeling.
C besoedeling. (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Ekonomiese verlies A polisie en verdediging
1.2.2 Duopolie B 'n lisensie om tot 'n sekere mate te
besoedel
1.2.3 Gemeenskapsgoedere
C die versorging van die omgewing
1.2.4 Heterogeen sodat huidige en toekomstige
generasies bevoordeel sal word
1.2.5 Inflasieteikens
D gemiddelde inkomste is minder as
1.2.6 Kulturele toerisme gemiddelde koste
1.2.7 Bemarkbare permit E twee maatskappye wat 'n bedryf
oorheers
1.2.8 Bewaring
F produkte wat nie dieselfde is nie
G sluit items met hoë, onbestendige
pryse uit
H 'n beleid wat deur die Reserwebank
gebruik word om pryse te stabiliseer
I die besoek van museums en
kunsgalerye
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Loonkoers wat deur die regering vasgestel word waaronder
geen werkgewer sy/haar werkers mag betaal nie
1.3.2 Die periode van produksie waar slegs die veranderlike
produksiefaktore kan verander
1.3.3 Die waarde van die volgende beste alternatief
1.3.4 Veroorsaak skade aan die omgewing deur die storting van
afvalmateriaal
1.3.5 Wêreldwye koppelvlakke en interaksie van ekonomieë met handel
as hoofdoelwit
1.3.6 Toeriste wat in hulle eie lande reis (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE kenmerke van monopolistiese mededinging. (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat sal die uitwerking wees as een firma in 'n volmaakte mark
besluit om die prys van 'n produk te verhoog? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MARKMISLUKKING
Beskikbare werk
1 2
ONDERWYS
STYGENDE WERKLOOSHEID
3 4
[Aangepas uit Internet Google Images]
2.2.1 Noem die oorsake van markmislukking soos uitgebeeld in
prent 2 en 3. (2 x 1) (2)
2.2.2 Verduidelik die term markmislukking. (2)
2.2.3 Hoe sal 'n gebrek aan inligting as 'n oorsaak van markmislukking
verbruikers beïnvloed? (2)
2.2.4 Verduidelik hoe die regering kan ingryp in markte wat deur
eksternaliteite geraak word (prent 1 en 4). (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GEKNAKTE VRAAGKURWE
Prys (R)
D
60
B
50
D
0 20 50
Hoeveelheid
2.3.1 Aan watter markstruktuur is die geknakte kurwe verwant? (1)
2.3.2 Wat is die uitsetvlak in die grafiek hierbo? (1)
2.3.3 Wat sal die uitwerking op die totale inkomste wees indien die
oligopolis sy prys van R50 na R60 sou verhoog? Toon
berekeninge. (4)
2.3.4 Gee die oligopolis advies oor hoe hy sy markaandeel in hierdie
spesifieke bedryf kan vergroot. (4)
2.4 Onderskei tussen prysleierskap en kartelle as vorme van samespanning.
(2 x 4) (8)
2.5 Ontleed produktiewe ondoeltreffendheid met behulp van 'n
produksiemoontlikheidskurwe. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Gee TWEE voorbeelde van pryse wat deur die Suid-Afrikaanse
regering beheer word. (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die uitwerking van klimaatsverandering op weerpatrone?
(1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRANDSTOF, DIE GRONDSLAG VAN ALLE KOSTE!
Inflasie is 'n deurlopende
proses wat nooit eindig nie.
2015 =
R12
2010 =
R5
[Aangepas uit Internet Google Images]
3.2.1 Wat het sedert 2010 met die brandstofprys gebeur? (1)
3.2.2 Wat sal met indiensneming gebeur as die produksiekoste styg? (1)
3.2.3 Wat word met 'Brandstof, die grondslag van alle koste' bedoel?
(2 x 2) (4)
3.2.4 Hoekom word inflasie beskou as 'n proses wat nooit eindig nie?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
3.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BETER MEDIESE GERIEWE IN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED STEEDS
DIE GROEI IN MEDIESE TOERISME
'n Algemene styging in die getal mense wat Suid-Afrika met die oog op
mediese behandeling besoek, word waargeneem by van die land se vele
gesondheidsorginstellings, wat as voortreflike geriewe met hoë vlakke van
mediese kundigheid beskou word.
Mediese toeriste kom meestal uit ander Afrika-lande, wat moontlik 'n gebrek
aan geskikte mediese geriewe met behoorlike toerusting het om moeilike
chirurgiese prosedures uit te voer. Inkomende mediese toeriste van oorsee
reis dikwels na Suid-Afrika vir chirurgiese prosedures wat as betreklik duur in
ander lande soos die VSA en die VK beskou word.
[Vertaal uit www.euromonitor.com]
3.3.1 Wat, volgens die uittreksel, is die rede vir die groei in die
toerismebedryf? (2)
3.3.2 Verduidelik die term toerisme. (2)
3.3.3 Hoekom is Suid-Afrika so 'n gewilde vakansiebestemming? (2 x 1) (2)
3.3.4 Hoe sal die ekonomie voordeel trek uit 'n styging in die getal
mediese toeriste wat na Suid-Afrika kom? (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik hoe lone en wisselkoerse tot koste-druk-inflasie kan lei. (2 x 4) (8)
3.5 Wat is die uitwerking van inheemse kennis binne die Suid-Afrikaanse konteks
op toerisme? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika. (2 x 1) (2)
4.1.2 Wat is die uitwerking op 'n besigheid as die gemiddelde koste meer
is as die gemiddelde inkomste? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die data hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KOSTE-VOORDEEL- VOORDELE EN KOSTE
ONTLEDING Besoedeling
Baie paaie het verspoel as
gevolg van oorstromings.
Die regering oorweeg die Oprigting van nuwe besighede
bou van 'n nuwe pad wat
R100 miljoen sal kos.
'n Tolhek sal geïnstalleer Padkonstruksietoerusting
word om 'n deel van die
koste te verhaal. Eksterne
koste en voordele sal ook in
Indiensneming gedurende
berekening gebring moet konstruksie
word om 'n finale besluit te
neem.
[Aangepas uit Financial Mail, Augustus 2013]
4.2.1 Identifiseer EEN privaat koste en EEN eksterne voordeel uit die
data hierbo. (2 x 1) (2)
4.2.2 Verduidelik die term koste-voordeel-ontleding. (2)
4.2.3 Watter alternatiewe maatreël kan die regering oorweeg in plaas
daarvan om 'n nuwe pad te bou? (2)
4.2.4 Behoort die regering voort te gaan met die bou van hierdie pad?
Motiveer jou antwoord. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INFLASIETEIKENS IN SUID-AFRIKA
Suid-Afrika het sedert Februarie 2000 suksesvol 'n inflasieteiken- monetêre
beleid nagestreef. Die beleid het 'n stabiele en volhoubare ekonomie
verseker.
Dis belangrik om te verstaan dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank as 'n
outonome liggaam gestig is, maar hierdie onafhanklike liggaam het die
mandaat ontvang om inflasie binne 'n teikengebied te hou om
langtermyngroei in die ekonomie te bevorder.
Toe die inflasiekoers in 2014 tot hoër as die boonste vlak van die gebied
gestyg het, het 'n algemeen ongewilde styging in die rentekoers die president
van die Reserwebank en die Monetêre Beleidskomitee onder toenemende
druk geplaas. Vakbonde bepleit die afskaffing van inflasieteikens ter wille van
korttermynwerkskepping.
[Vertaal uit Inflation Targeting SARB 2004]
4.3.1 Wat is die huidige inflasie-teikengebied? (2)
4.3.2 Wat is die hoofdoel van Suid-Afrika se inflasieteiken-beleid? (2)
4.3.3 Hoe kan laer rentekoerse die Suid-Afrikaanse ekonomie in die kort
termyn bevoordeel? (2)
4.3.4 Na jou mening, hoe suksesvol was die Reserwebank om die
inflasieteiken te bereik? (4)
4.4 Onderskei tussen ekonomiese wins en normale wins in die volmaakte mark.
(2 x 4) (8)
4.5 Wat is die uitwerking van inflasie op beleggers en spaarders? (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Die bestaan en oorlewing van enige besigheid hang af van hoe hulle sake doen.
• Vergelyk die markstruktuur van 'n monopolie met dié van 'n volmaakte
mededinger. (26 punte)
• Teken 'n duidelik benoemde grafiek wat die afsluitpunt vir die volmaakte
mededinger aandui. Verduidelik kortliks hoekom 'n besigheid op hierdie punt sal
ophou om goedere te produseer. (10 punte) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Die huidige vlakke van besoedeling en omgewingsagteruitgang is te hoog. Dit het 'n
uitwerking op die vermoë van die omgewing om sy gebruik vir ekonomiese aktiwiteite
te oorleef.
• Bespreek die regering se pogings (ingryping en beheer) om die volhoubaarheid
van ons omgewing te verseker. (26 punte)
• Na jou mening, hoe doeltreffend is besoedelingsbeheermaatreëls in Suid-Afrika?
(10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper