Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 12201617 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com 1 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V2 FEBRUARIE/MAART 2016 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B (gemiddelde-veranderlike-koste)  1.1.2 A (lisensiëring)  1.1.3 C (mededinging)  1.1.4 B (marginale inkomste)  1.1.5 C (stagflasie)  1.1.6 A (verbruikersprysindeks)  1.1.7 C (besoedeling)  1.1.8 B (volhoubare ontwikkeling)  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 D - gemiddelde inkomste is minder as gemiddelde koste  1.2.2 E - twee maatskappye wat die bedryf oorheers  1.2.3 A - polisie en verdediging  1.2.4 F - produkte wat nie dieselfde is nie  1.2.5 H - 'n beleid wat deur die Reserwebank gebruik word om pryse te stabiliseer  1.2.6 I - die besoek van museums en kunsgalerye  1.2.7 B - 'n lisensie om tot 'n sekere mate te besoedel  1.2.8 C - die versorging van die omgewing sodat huidige en toekomstige generasies bevoordeel sal word  (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE BEGRIP 1.3.1 Minimum loon  1.3.2 Kort termyn  1.3.3 Geleentheidskoste  1.3.4 Besoedeling  1.3.5 Globalisering  1.3.6 Binnelandse toerisme  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1.1 Noem TWEE kenmerke van monopolistiese mededinging. • Bestaan van 'n groot aantal besighede  • Produk differensiasie  • Prysbepaler  • Dalende vraagkromme  • Firmas tree onafhanklik op  • Nie-prysmededinging (grootlik uitgebruik deur advertensies)  • Vrye toe- en uittrede van die mark  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Wat sal die uitwerking wees as een firma in 'n volmaakte mark besluit om die prys van 'n produk te verhoog? Die firma sal 'n verlies ly, omdat alle firmas in die volmaakte mark prysnemers is en nie die markprys kan beïnvloed nie  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die illustrasies en beantwoord die vrae wat volg. 2.2.1 Noem die oorsake van markmislukking soos uitgebeeld in prente 2 en 3. Prent 2 - Ongelyke verdeling van inkomste – werkloosheid  Prent 3 - Niemerietegoedere - sigarette  (2 x 1) (2) 2.2.2 Verduidelik die term markmislukking. 'n Situasie waar markewewig misluk en lei tot die ondoeltreffende toedeling van hulpbronne  (2) 2.2.3 Hoe sal 'n gebrek aan inligting as 'n oorsaak van markmislukking verbruikers beïnvloed? Hulle sal nie weet waar om sekere goedere te bekom en of daardie goedere en dienste bekostigbaar is of nie  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 2.2.4 Verduidelik hoe die owerheid kan ingryp in markte wat deur eksternaliteite geraak word (prente 1 en 4). Prent 1: Subsidieer finansieel benadeelde studente  Prent 4: Hef omgewingsbelasting  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 2.3 Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Aan watter markstruktuur is die geknakte kurwe verwant? Oligopolie/onvolmaakte mark  (1) 2.3.2 Wat is die uitsetvlak in die grafiek hierbo? 50  (1) 2.3.3 Wat sal die effek op totale inkomste wees indien die oligopolie sy pryse van R50 na R60 verhoog? Toon berekeninge. Teen die prys van R50 en hoeveelheid 50, sal die totale inkomste R2 500 wees  (50 x 50 = 2 500) Teen die prys van R60 en hoeveelheid 20, sal die totale inkomste R1 200 wees  (60 x 20 = 1 200) Die netto effek op inkomste = R2 500 – R1 200 = R1 300  (4) 2.3.4 Gee die oligopolie advies oor hoe hy sy markaandeel in hierdie spesifieke industrie kan vergroot. Die oligopolie behoort die volgende te oorweeg: • Nie-prysmaatstawwe om kliënte se belangstelling te wek en verhoog so hul markaandeel  • Opbou van handelsmerk lojaliteit, produkherkenning en produk differensiasie  • Advertensies en bemarking  Voorbeelde van nie-prysmededinging sluit in: • uitgebreide inkopie- en sake-ure  • doen sake oor die internet  • na-verkope dienste  • bied addisionele dienste aan  • lojaliteit belonings aan kliënte  • deur-tot-deur aflewerings  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir voorbeelde) (4) 2.4 Onderskei tussen prysleierskap en kartelle as vorme van samespanning Kartel • Waar samespanning openlik voorkom word daarna as 'n kartel verwys • 'n Kartel kan omskryf word as 'n organisasie van oligopolistiese besighede wat ontstaan in 'n nywerheid met die spesifieke doel om 'n kollektiewe monopolie te vorm  (2 x 2) Prysleierskap • Hierdie tipe prysbepaling is stilswyend  • 'n Besigheid sal sy voorneme om pryse te verhoog, aankondig met die hoop dat mededingers sal volg  • Die prysleier is gewoonlik die grootste of mees dominante besigheid in die industrie  (2 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 2.5 Ontleed produktiewe ondoeltreffendheid met die hulp van 'n produksiemoontlikheidskurwe. Puntetoekenning Kaas  1. Benoem van asse 1 punt 2. Aandui van produksievlakke (A) 1 punt 3. Aandui van punt B as 'n disekwilibrium punt 1 punt 4. Aandui van punt D as ‘n Onder-produksiepunt 1 punt  A D B A Melk PRODUKTIEWE ONDOELTREFFENDHEID Produksiemoontlikheidskurwe (AA), hierbo toon 'n kombinasie van goedere wat geproduseer kan word deur alle beskikbare hulpbronne te gebruik  • Enige punt op die kurwe toon 'n kombinasie van goedere waar hulpbronne doeltreffend gebruik is (B) • Daarom is enige punt op die kurwe 'n aanduiding van produktiewe doeltreffendheid  • Enige punt binne die kurwe toon 'n kombinasie van goedere waar hulpbronne nie doeltreffend aangewend is nie (D)  (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 3: KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1.1 Gee TWEE voorbeelde van pryse wat deur die Suid-Afrikaanse regering beheer word. • Brandstofpryse  • Waardasiekoerse  • Eiendomsbelasting  • Sanitêre dienste heffings  • Vullisverwydering heffings  • Waterheffings • Elektrisiteitstariewe  • Posgeld  (Aanvaar enige ander relevante voorbeeld) (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is die uitwerking van klimaatsverandering op weerpatrone? Dit kan ongelyke weerpatrone veroorsaak: vloede/droogtes  (2) 3.2 Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg. 3.2.1 Wat het sedert 2010 met die brandstofprys gebeur? Dit het gestyg van R5 per liter tot R12 per liter  (1) 3.2.2 Wat sal met indiensneming gebeur as die produksiekoste styg? Indiensneming sal daal  (1) 3.2.3 Wat word met: 'Brandstof, die grondslag van alle koste' bedoel? • Vervoer is die lewensbloed van alle ekonomiese aktiwiteite  • As die petrolprys styg, sal alle ander produkte se pryse ook neig om te styg  • Besighede sal hierdie ekstra koste verplaas deur die prys te verhoog  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.2.4 Hoekom word inflasie beskou as 'n proses wat nooit eindig nie? • As verbruikers/werkers voel dat hul verdienste nie genoeg is om hul lewenstandaard te handhaaf nie, eis hul hoër lone  • As hulle eise suksesvol is, sal lone styg  • Besighede sal hul pryse verhoog om te kompenseer vir die hoer insetkoste  • Dit sal lei tot hoër pryse  • Sodra pryse styg, sal werkers in dieselfde finansiële verknorsing wees en weereens hoër lone eis  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.3 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. 3.3.1 Wat, volgens die uittreksel, is die rede vir die groei in die toerismebedryf? Toeriste stroom na Suid-Afrika vir mediese behandeling  (2) 3.3.2 Verduidelik die term toerisme. Aktiwiteite van mense wat reil en bly in plekke buite hul gewone omgewing vir nie meer as een jaar vir ontspanning, besigheid en ander doeleindes. Dit mag nie verwant wees aan enige werk wat verrig word vir geld in die plek wat hulle besoek nie  (Aanvaar enige ander alternatiewe definisie) (1 x 2) (2) 3.3.3 Hoekom is Suid-Afrika so 'n gewilde vakansiebestemming? • Hoër verbruikbare inkomste  • Gunstige wisselkoers  • Verbeterde vervoer  • Verbeterde kommunikasie  • Bemarkingsveldtogte  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2 x 1) (2) 3.3.4 Hoe sal die ekonomie voordeel trek uit 'n toename in die aantal mediese toeriste wat na Suid-Afrika kom? • Styging in aantal toeriste stimuleer hierdie dienste sowel as ander verwante nywerhede  • Hulle bly gewoonlik vir 'n paar weke na die prosedure om te herstel en vir verdere behandelings  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.4 Verduidelik hoe lone en wisselkoerse tot kostedruk-inflasie kan lei. Lone • Vakbonde (werkers) is suksesvol in onderhandeling van beter lone wat lone sal laat styg en sal lei tot 'n styging in produksiekoste • Besighede sal verkooppryse verhoog om te kompenseer vir die hoër insetkoste  (2 x 2) Wisselkoersdepresiasie • As die Rand depresieer teen die dollar, sal ingevoerde goedere en dienste duurder raak  • Dit kos meer om goedere in te voer en dit verhoog die prys van ingevoerde goedere  (2 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.5 Wat is die uitwerking van inheemse kennis binne 'n Suid-Afrikaanse konteks op toerisme? • Toeriste soek outentieke en unieke ervarings wanneer hulle plekke besoek om die inheemse kultuur, geskiedenis en omgewing te verstaan • In Suid-Afrika, is 'n hele aantal Wêrelderfenisterreine vir toeriste omdat hulle wil weet hoe plaaslike mense leef en werk  • Die groot verskeidenheid inheemse kultuurgroepe bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite wat ontwikkel kan word dwarsdeur die land om 'n positiewe impak te hê op toerisme  • Meer buitelandse toeriste word gelok om Suid-Afrika se inheemse terreine te besoek en te ervaar.  (Aanvaar enige ander relevante feite) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1.1 Noem TWEE wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika. • Mapungubwe  • Sterkfontein-grotte  • Robbeneiland • Vredefortkoepel  • Richtersveld en Botaniese Landskap  (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Wat is die uitwerking op 'n besigheid as die gemiddelde koste meer is as die gemiddelde inkomste? Die besigheid sal verliese lei (ekonomiese verlies)  (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die data en beantwoord die vrae wat volg. 4.2.1 Identifiseer EEN private koste en EEN eksterne voordeel uit die data hierbo. Private koste: padkonstruksie-toerusting  Eksterne voordeel: oprigting van nuwe besighede  (2 x 1) (2) 4.2.2 Verduidelik die term koste-voordeel analise. Projekevaluering wat gedoen moet word om bepalende antwoorde te gee/prosedure wat gebruik word om totale koste van 'n projek teen die totale voordele daarvan op te weeg  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 4.2.3 Watter alternatiewe maatreël kan die regering oorweeg in plaas van om 'n nuwe pad te bou? Rekonstruksie van bestaande paaie  Maatreëls om vloedskade in die toekoms te verhoed, bv. damme  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 4.2.4 Behoort die regering voort te gaan met die bou van hierdie pad? Motiveer jou antwoord. Ja  • Vloedskade sal nie 'n probleem vir padgebruikers, toeriste en die plaaslike gemeenskap (boere) wees nie  • Inkome verdien uit tolhekke sal toekomstige instandhouding verseker, en sal die belegging dek van die konstruksie van tolpaaie  • Die finale besluit sal deur die positiewe verskil tussen totale voordele uit hierdie projek bo totale koste lê  Nee  • Vloede bestaan slegs gedurende die reënseisoen en ander maatreëls kan geneem word om vloedskade te voorkom bv. damme  • Besoedeling sal die plaaslike gemeenskap benadeel (veral boere en die omgewing) op 'n permanente basis  • Sosiale koste wat sosiale voordele oorskry te wyte aan tydelike werkskepping  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (4) 4.3 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. 4.3.1 Wat is die huidige inflasieteikengebied? 3%–6 %  (2) 4.3.2 Wat is die hoofdoel van die Suid-Afrikaanse inflasieteikenbeleid? Om 'n stabiele en volhoubare ekonomie te verseker  (Enige 1 x 2) (2) 4.3.3 Hoe kan laer rentekoerse die Suid-Afrikaanse ekonomie oor die kort termyn bevoordeel? • 'n Styging in verbruiksbesteding  • Stygende produksie  • Lei tot nuwe werksgeleenthede  • Lei tot 'n hoër lewenstandaard vir meer mense  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 1 x 2) (2) 4.3.4 Na jou mening, hoe suksesvol was die Reserwebank om die inflasieteiken te bereik? • Die Reserwebank was suksesvol – die bank kry dit reg om inflasie te beperk tussen die teiken van 3%–6%  • Hulle het die repokoers suksesvol verhoog op die regte tyd om verhoogde inflasie bo die 6% teikenspeling te verhoed  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 4.4 Onderskei tussen ekonomiese wins en normale wins in die volmaakte mark. Normale wins: • 'n Besigheid maak normale wins as totale inkomste (TI) gelyk is aan totale koste/as gemiddelde inkomste (GI) gelyk is aan gemiddelde koste (GK)  • Normale wins is die maksimum voordeel (wins) wat die eienaar van 'n besig verwag om te ontvang om voort te gaan met sake in die industrie  • Die minimum verdienste vereis om te keer dat 'n entrepreneur die industrie verlaat  • As gemiddelde inkomste gelyk is aan gemiddelde koste maak die besigheid 'n normale wins  (2 x 2) Ekonomiese wins: • Wins wat gemaak word bo en behalwe die normale wins  • As gemiddelde inkomste groter is as gemiddelde koste maak die besigheid 'n ekonomiese wins  • As die gemiddelde koste per eenheid laer is as die prys  (Aanvaar in tabelvorm) (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (8) 4.5 Wat is die uitwerking van inflasie op beleggers en spaarders? • Bates met vaste nominale waardes bly dieselfde, dus sal die koopkrag van die nominale waardes styg, maar die reële waarde sal daal  • Bates met 'n aanpasbare markwaarde: die houers van aandele en vaste eiendom word bevoordeel deur prysstygings omdat die nominale waarde van hierdie bates neig om te styg teen ten minste proporsioneel tot die inflasiekoers  • Dikwels styg die pryse van hierdie bates vinniger as die styging in die algemene prysvlak  • In hierdie geval skep inflasie welvaart tot die voordeel van die aandeelhouers  • Spaarders word benadeel deur inflasie omdat rente verdien minder is as die inflasiekoers  (Aanvaar enige ander relevante feit) (Enige 4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10 Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/ Hoe?/Stel voor Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is • Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE Die bestaan en oorlewing van enige besigheid hang af van hoe hulle sake doen. • Vergelyk die markstruktuur van 'n monopolie met dié van 'n volmaakte mededinger. (26 punte) • Teken 'n duidelik benoemde grafiek wat die afsluitpunt vir die volmaakte mededinger aandui. Verduidelik kortliks hoekom 'n besigheid op hierdie punt sal ophou om goedere te produseer. (10 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum INLEIDING 'n Volmaakte mededinger het baie verkopers terwyl 'n monopolies slegs een verkoper het  (Aanvaar enige aanvaarbare inleiding) (Maks. 2) INHOUD HOOFDEEL Volmaakte mededinger Monopolie - Prysnemer  - Word beskou as 'n prysbepaler  Prys: - Die mark bepaal die prys vir - Het 'n mate van beheer oor die die individuele besigheid  prys  - Pryse word nie bepaal deur die markkragte van vraag en aanbod nie maar deur die besigheid self  - Die vraagkurwe vir die - Die vraagkurwe vir die monopolis het Uitset: volmaakte mededinger is 'n afwaartse helling  horisontaal  - Die volmaakte mededinger - Die monopolis maak 'n ekonomiese Wins: kan ekonomiese wins genereer wins oor die korttermyn  oor die korttermyn  - Die monopolis sal 'n hoër prys as die - Abnormale winste sal nuwe volmaakte mededinger vra  besighede tot die markte - Die monopolis sal nie produseer aantrek  teen die laagste punt van die LGK - Die volmaakte mark kan slegs nie  normale winste oor die - Die monopolie maak steeds 'n langtermyn genereer  ekonomiese wins oor die lang - Die prys vir die produk is termyn  gelyk aan die gemiddelde - Die monopolis se produksie sal koste  minder wees as die ideale produksie - Die volmaakte mededinger hoeveelheid en ervaar surplus produseer die ideale produksie kapasiteit  hoeveelheid en het geen surplus kapasiteit nie  Aantal So baie dat die enkele Een besigheid  besig- besigheid nie die markprys kan hede beïnvloed nie  Aard Homogeen bv. Mieliemeel  Unieke produk sonder enige naby van substitute  produk Inligting Volledig  Volledig  Toetree Volkome vry  Geblokkeer  (Aanvaar enige ander relevante feit) (Maks 26) (Aanvaar opstelformaat) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum ADDISIONELE DEEL MK Koste/Inkomste GK Maksimum wins MI=MK GVK P1 P=GI=MI Korttermyn sluitingspunt MK=GVK 0 Q1 Hoeveelheid Puntetoekenning Asse 1 punt Korrekte snypunt MK en GVK 1 punt Kostekurwes 1 punt P=GI=MI 1 punt Aanduiding MI=MK 1 punt Aandui van sluitingspunt 1 punt 6 punte Verduidelik kortliks hoekom 'n besigheid sal stop om goedere by hierdie punt te produseer. • 'n Besigheid sal sluit as hy nie sy gemiddelde of totale veranderlike koste kan dek nie  • Die besigheid sal nie hier produseer nie omdat GI < GVK  • Die besigheid sal nie aanhou produseer links van die sluitingspunt nie omdat die besigheid nie sy bedryfskoste kan dek nie  • Onder die sluitingspunt sal die firma nie enige produkte verkoop nie. 'n Besigheid verkoop goedere as die prys bo die sluitingspuntvlak is (aanbodkurwe)  (Maks 10) SLOT Alhoewel dit nie totaal moontlik is om die monopolie mark met die volmaaktemark te vergelyk nie, kan 'n vergelyking ons meer insig gee en inligting verskaf oor die winsmaksimerende hoeveelheid en prys  (Aanvaar enige ander relevante slot) (Maks. 2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES Die huidige vlakke van besoedeling en omgewingsagteruitgang is te hoog en dit het 'n uitwerking op die vermoë van die omgewing om sy gebruik vir ekonomiese aktiwiteite te oorleef. • Bespreek die regering se pogings (ingryping en beheer) om die volhoubaarheid van ons omgewing te verseker. (26 punte) • Na jou mening, hoe doeltreffend is besoedelingsbeheermaatreëls in Suid- Afrika? (10 punte) INLEIDING Omgewingsvolhoubaarheid kan gedefinieer word as ontwikkeling wat die behoeftes van die huidige generasie bevredig sonder om die vermoë van toekomstige generasies te beïnvloed  (Maks. 2) LIGGAAM HOOFDEEL • Publieke sektor inmenging  - Omdat dit so moeilik is om maatreëls af te dwing om volhoubaarheid te verseker, moet die staat ingryp  * Omgewingsbelastings  - Omgewingsbelastings (groenbelasting) kan gevoeg word by die koste om goedere en dienste te produseer vir die negatiewe impak wat dit het op die omgewing  - Die staat gebruik inkomste gegenereer deur hierdie belastings om die omgewing te beskerm  - Belastings kan gehef word op petrol, papier, uitlaatgasse  - In 2003 het die owerheid wetlik bepaal dat plastieksakke gebruik kan word waarvoor die verbruikers moet betaal  - Die hoop is dat hulle minder sake sal gebruik wat 'n afvalvrye omgewing sal verseker  * Heffing vir storting van afval  - 'n Maandelikse fooi as deel van munisipale rekeninge word gehef vir versameling van afval, riool en vuilgoed  - Huishoudings betaal alreeds vir die haal van afval  - Die fabriekseienaar mag sy afval opruim indien dit sy koste gaan wees om dit op te ruim  - Nywerhede mag betaal vir gasvrystelling wat mense en die omgewing nadelig beïnvloed  * Subsidies  - Subsidies kan toegeken word aan besighede wat bereid is om besoedeling en afvalstorting te verminder  - Afval kan ook verminder word deur die gebruik van nuwe tegnologie of toerusting  soos sonenergie  - Uitlaatgasse by fabrieke kan verminder word deur nuwe tegnologie te gebruik  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum * Toeken van eiendomsreg  - Normaalweg neig eienaars van eiendom om meer beskermend op te tree rakende hul hulpbronne as gebruikers wat net belangstel in die opbrengs van die hulpbronne  - Vir hierdie rede mag die owerheid eiendomsregte toeken oor 'n spesifieke gebied  - Eiendomsregte bemagtig eienaars om kontrakte te onderhandel met besighede wat die gebied se hulpbronne wil ontgin en bewerk  * Bemarkbare permitte  - 'n Regering kan besluit op die maksimum verlangde vlakke van besoedeling in 'n gebied  - Die reg om te besoedel word dan versprei deur bemarkbare permitte aan fabrieke toe te ken in daardie area  - Dit beteken dat elke fabriek kan besoedel tot 'n sekere mate  - Die sal daartoe lei dat bemarkbare permitte besoedelaars toelaat om permitte te koop of te verkoop om aan die kontrolevlakke van die owerheid te voldoen  * Onderwys  - Sluit onderwerpe in die kurrikulum van skole in wat 'n bewustheid aanmoedig  - Die publiek sal geleidelik meer bewus word van hierdie toenemende probleem  - Plastiek, bottels en karton kan gehersirkuleer word  (13) • Publieke sektor beheer  - As die owerheid ingryping nie die verlangde resultate oplewer nie, moet hy ingryp met die stel van meer direkte perke en limiete  * Omgewingsimpak assessering  - In SA moet elke geprojekteerde konstruksie, myn of soortgelyke ontwikkeling 'n assessering ondergaan deur gekwalifiseerde omgewingskundiges  - Om te bewys dat dit nie ongevraagde omgewingskade sal aanrig nie en dat enige skade reggestel sal word na konstruksie  - Die koste word by die projek ingebou  * Bevel en beheer  - Regulasies word daargestel en afgedwing as omgewingsbeperkings of standaarde  - Kwantiteit: bv. Stel 'n perk vir die hoeveelheid visvangs, of beperk die seisoenvangste vir sekere spesies vis  - Kwaliteit: bv. Drinkwater kwaliteit moet versigtig gemonitor en gekontroleer word  - Lug kwaliteit in die werksplek is onderhewig aan minimum standaarde - Sosiale effek: bv. Gevaarlike gasse uit fabrieke, storting van mediese afval naby woonareas en geraasbesoedeling  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum * Vrywillige ooreenkomste  - Ooreenkomste tussen die owerheid en besighede moet vrywillig geskied om die negatiewe omgewingsimpak op industrieë aan te spreek  - Besighede kom vrywillig ooreen om saam te stem om uitlaatgasse te verminder  - Onderhandelings word verkies sodat hulle dit by hulle spesifieke behoeftes kan aanpas en by hul beplanning kan insluit  - Ooreenkomste kan formeel – wat wetlik bindende kontrakte beteken insluit, of informele ooreenkomste  (13) (Maks. 26) ADDISIONELE DEEL Na jou mening, hoe doeltreffend is besoedelingsbeheermaatreëls in Suid-Afrika? • Die regering beoefen nie doeltreffende beheer oor die voortdurende storting van afval nie omdat daar ʼn gebrek is aan koördinering tussen departemente  • Die boetes gehef op nywerhede wat afval stort is nie streng genoeg nie en hulle hou aan om die omgewing te besoedel  • Die minimum standaarde gestel vir gevaarlike gas- en brandstofvrystellings word nie afgedwing of aangepas nie  • Die herwinning van afvalmateriale word nie oral aangemoedig nie en lei tot oorvol stortingsterreine  • Die owerheid het verskeie wette wat nie werklik geïmplementeer word nie  • Swak dienslewering dra by tot die probleem in sekere gebiede  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 5 x 2) SLOT Elke individu, besigheid en die owerheid moet saamstaan om ons planeet te red.  (Aanvaar enige ander relevante slot) (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all