Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V1
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all

%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 507.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
NSC Supplementary Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice16 marks
- Question 1.2The foreign exchange market and the balance of payments accounts8 marks
- Question 1.3The foreign exchange market and the balance of payments accounts12 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3South African economic and social indicators40 marks
- Question 4The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs blou of swart ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.
1.1.1 'n Maatreël wat gebruik word om die ekonomiese voorspoed van 'n
land aan te dui, word die … genoem.
A bruto binnelandse inkome
B per capita nasionale inkome
C netto nasionale inkome
1.1.2 Eksogene faktore soos … kan skommelinge in die vlak van
ekonomiese aktiwiteite veroorsaak.
A weerpatrone
B onbuigsaamheid van markte
C vraagpatrone
1.1.3 'n Voorbeeld van 'n positiewe eksternaliteit is …
A onderwys.
B besoedeling.
C die rook van tabak.
1.1.4 Watter EEN van die volgende kan 'n tekort op die betalingsbalans
veroorsaak?
A Inwaartse buitelandse beleggings
B 'n Toename in buitelandse valutareserwes
C 'n Afname in mineraaluitvoere
1.1.5 Wanneer die regering meer as 50% van die aandele van 'n
staatsonderneming verkoop, word dit … genoem.
A privatisering
B nasionalisering
C vryhandel
1.1.6 Die Noord-Suid-verdeling beklemtoon die ekonomiese … wat
tussen die ontwikkelde en ontwikkelende lande bestaan.
A ooreenkomste
B programme
C verskille
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.1.7 Die nywerheidsontwikkelingsbeleid wat die bevordering van
langtermyn-nywerheidsontwikkeling ten doel het, word … genoem.
A die Nywerheidsbeleid-aksieplan
B Spesiale Ekonomiese Sones
C Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe
1.1.8 Die hoofdoelwit van die Vaardigheidsondersteuningsprogram is
om …
A owerheidsbesteding te verminder.
B groter belegging in opleiding aan te moedig.
C vyf miljoen huise te bou. (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Bruto binnelandse produk A gebruik rentekoerse om die vlak
van besteding te beïnvloed
1.2.2 Piek
B gee aan lidlande die geleentheid
1.2.3 Monetêre beleid om finansiële ondersteuning van
die IMF te verkry
1.2.4 Produksieprysindeks
C wette en regulasies wat
1.2.5 Spesiale Trekkingsregte vervaardigingswerksaamhede
verbeter
1.2.6 BRICS
D assesseer die prestasie van die
1.2.7 Nywerheidsbeleid ekonomie
1.2.8 Ekonomiese aanwyser E die totale waarde van alle finale
goedere en dienste wat in 'n
gegewe jaar binne die grense van
'n land geproduseer word
F die gewigtoekenning van
binnelands vervaardigde uitsette
G die boonste draaipunt van die
sakesiklus
H produksie wat deur permanente
inwoners gelewer word
I 'n handelsooreenkoms tussen 'n
groep opkomende markte
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die proses waardeur die lewenstandaard van mense in 'n land
verbeter
1.3.2 Die handelsbeleid waarvolgens die land die plaaslike produksie
van goedere aanmoedig eerder as om die goedere in te voer
1.3.3 Wanneer owerhede doelbewus die waarde van 'n geldeenheid
verhoog
1.3.4 Die draaipunt in die sakesiklus waar die vlak van ekonomiese
aktiwiteite op sy laagste is
1.3.5 'n Land se rekord van transaksies met die res van die wêreld vir 'n
ruk lank
1.3.6 Geld wat die ekonomiese kringloop binnevloei (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE instrumente van fiskale beleid. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe kan die appresiasie van die rand die uitvoere van goedere en
dienste beïnvloed? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE VERMENIGVULDIGEREFFEK
Die regering van Valspar het besluit om vanjaar die nasionale padnetwerk met
R200 miljoen uit te brei. Die tendens van huishoudings is om 20 persent van
hul inkomste te spaar.
2.2.1 Watter persentasie van hul inkomste bestee huishoudings? (2)
2.2.2 Verduidelik die term vermenigvuldiger. (2)
2.2.3 Watter uitwerking sal 'n styging in belasting op die
vermenigvuldiger hê? (2)
2.2.4 Bereken die grootte van die vermenigvuldiger. Toon ALLE
berekeninge. (4)
2.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIT IS TYD OM DIE HERSTEL TE VERSNEL
Dit sê dat die
Hoe weet
herstel besig
hulle dit?
is om te
verlangsaam.
EKONOMIE
[Bron: Sheneman, Tribune Media Services]
2.3.1 Watter boodskap word in die spotprent hierbo uitgebeeld? (2)
2.3.2 Gee 'n rede vir die huidige stand van die ekonomie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
2.3.3 Watter hoof ekonomiese aanwyser word gebruik om die stand van
die Suid-Afrikaanse ekonomie te bepaal? (2)
2.3.4 Hoe kan die regering die herstel van die ekonomie versnel? (4)
2.4 Onderskei tussen reële vloeie en geldvloeie in die ekonomiesekringloop-
model. (2 x 4) (8)
2.5 Hoe kan die Reserwebank, na jou mening, die tekort op die betalingsbalans
verminder? (4 x 2) (8)
[40]
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE aanwysers wat verwant is aan buitelandse handel.
(2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die uitwerking van stygende investeringsbesteding op die
ekonomie? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LEWENSVERWAGTINGSNEIGINGS IN SUID-AFRIKA
LEWENSVERWAGTING LEWENSVERWAGTING
JAAR BY GEBOORTE BY GEBOORTE
SONDER MIV MET MIV
2002 64,2 53,4
2005 65,5 52,1
2008 66,3 56,0
2011 67,1 58,7
2014 67,9 61,2
[Bron: www.statssa.gov.za]
3.2.1 Watter jaar, volgens die tabel hierbo, dui die hoogste
lewensverwagting sonder MIV aan? (1)
3.2.2 Watter instansie is verantwoordelik vir die publikasie van
lewensverwagtingsneigings in Suid-Afrika? (1)
3.2.3 Verduidelik die term lewensverwagting. (2)
3.2.4 Watter uitwerking sal MIV/Vigs op produktiwiteitsvlakke hê? (2)
3.2.5 Wat het, na jou mening, die verbetering in lewensverwagting van
53,4 jaar tot 61,2 jaar veroorsaak? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ONS TOEKOMS: LAAT DIT WERK – NOP 2030
Die NOP beoog om teen 2030 armoede uit te wis en ongelykheid te
verminder. Suid-Afrika kan hierdie doelwitte bereik deur die werkvermoë van
sy mense te benut, 'n inklusiewe ekonomie uit te bou, bekwaamheid uit te
bou, die kapasiteit van die staat te verbeter en leierskap en vennootskappe
dwarsdeur die samelewing aan te moedig.
[Bron: www.nda.org.za]
3.3.1 Waarvoor staan die afkorting NOP? (2)
3.3.2 Wat word met 'n inklusiewe ekonomie bedoel? (2)
3.3.3 Gee 'n rede waarom dit belangrik is om armoede uit te wis en
ongelykheid in Suid-Afrika te verminder. (2)
3.3.4 Watter uitwerking het die Uitgebreide Openbare Werke-program op
jou plaaslike gemeenskap? (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks indiensneming as 'n ekonomiese aanwyser. (4 x 2) (8)
3.5 Hoe sal die nuut afgebakende spesiale ekonomiese sones (SES'e)
streeksontwikkeling in Suid-Afrika bevoordeel? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE items in die finansiële rekening van die
betalingsbalans. (2 x 1) (2)
4.1.2 Watter uitwerking het inflasie op die armes? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WISSELKOERSE
MARK VIR VS-DOLLAR
V A2 A A1
Wisselkoers
R12 E2
R11 E
R/VS$ R10 EE
E1
A2
A A1 V
0 30 40 50 Miljoene
Hoeveelheid dollar
4.2.1 Watter aanbodkurwe dui 'n afname in die aanbod van dollar aan? (1)
4.2.2 Watter tipe wisselkoersstelsel word tans in Suid-Afrika gebruik? (1)
4.2.3 Verduidelik die term wisselkoers. (2)
4.2.4 Noem EEN faktor wat tot 'n toename in die aanbod van dollar kon
gelei het. (2)
4.2.5 Gebruik die grafiek hierbo om die uitwerking van die toename in
die aanbod van VS-dollar op die R/VS$-wisselkoers te verduidelik.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
4.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OPENBARESEKTOR-BEGROTINGSRAAMWERK
R BILJOEN HERSIEN MEDIUMTERMYNBERAMINGS
(MTBR)
2012/2013 2013/2014 2014/2015 2015/2016
Inkomste 830 904 1 005 1 118
Persentasie van BBP 27% 27% 27,8% 28%
Uitgawes 972 1 058 1 149 1 239
Persentasie van BBP 32% 32% 31% 31%
Surplus/Tekort –142 –153 –143 –12
Persentasie van BBP –4% –4% –4% A
Bruto binnelandse produk 2 995 3 301 3 622 3 997
[Aangepas uit Die Nasionale Tesourie: Begrotingsoorsig]
4.3.1 Waarvoor staan die afkorting MTBR? (2)
4.3.2 Wat is die internasionale norm vir begrotingstekorte as 'n
persentasie van die BBP? (2)
4.3.3 Bereken die begrotingstekort as 'n persentasie van die BBP (A). (2)
4.3.4 Wat kan die owerheid, na jou mening, doen om die
begrotingstekort te laat verminder? (4)
4.4 Verduidelik hoe die amplitude en tendenslyn in die vooruitskatting van
sakesiklusse gebruik kan word. (2 x 4) (8)
4.5 Hoe kan belasting gebruik word om indiensneming in Suid-Afrika te
stimuleer? (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Om internasionaal mededingend te wees, is dit noodsaaklik dat 'n land geskikte
handelsbeleidsrigtings gereed moet hê. Hulle moet hul nywerhede uitbrei indien hulle
'n verbetering in die lewenstandaard wil hê.
• Bespreek die argumente ten gunste van beskerming in besonderhede. (26 punte)
• Hoe kan die owerheid, na jou mening, subsidies gebruik om te verseker dat
plaaslike nywerhede teen onregverdige buitelandse mededinging beskerm word?
(10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Internasionaal word die vernaamste instrumente waarop groei- en
ontwikkelingsbeleidsrigtings gebaseer word, vraag- en aanbodkantbenaderings
genoem. Die aanbodkantbenadering fokus meer op mikro-ekonomiese doelwitte.
• Ondersoek in besonderhede (sonder die gebruik van 'n grafiek) die
aanbodkantbenadering ten opsigte van Suid-Afrika se pogings om ekonomiese
groei en ontwikkeling te bevorder. (26 punte)
• Was HOP en GEAR, na jou mening, suksesvol as groei- en
ontwikkelingsbeleidsrigtings? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2016 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper