Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE VRAESTEL 1
NOVEMBER 2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 428.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC November Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1.1The circular flow model, national account aggregates and the multiplier4 marks
- Question 1.2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier8 marks
- Question 1.3Inflation12 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice40 marks
- Question 4South African economic and social indicators40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 D – vier
1.1.2 B – inspuiting
1.1.3 C – besteding
1.1.4 A – massaproduksie
1.1.5 A – bruto nasionale
1.1.6 B – nywerheidsontwikkelingsone
1.1.7 C – ruilvoet
1.1.8 A – per capita bruto binnelandse produk (8 x 2) (16)
1.2 BYPASSENDE ITEMS
1.2.1 I – die oordrag van funksies en eienaarskap van entiteite van die
privaat- na die publieke sektor
1.2.2 F – toon verwagte inkome- en besteding vir 'n drie-jaar
tydperk
1.2.3 G – voorgeskryf deur die Verenigde Nasies vir die samestelling
van BBP-syfers
1.2.4 E – die beweging van inkome en besteding tussen deelnemers in
die ekonomie
1.2.5 H – handelsbeleid wat probeer om die binnelandse ekonomie te
beskerm deur die invoer van goedere en dienste te beperk
1.2.6 D – meet inkome-ongelykheid en rykdom
1.2.7 A – aantal jare wat 'n persoon sal leef na geboorte
1.2.8 C – aanwyser wat gebruik word om prysverandering van plaaslik
geproduseerde goedere te meet sodra dit die fabrieksvloer
verlaat (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Betalingsbalans
1.3.2 Oordragbetaling
1.3.3 Storting
1.3.4 Ekonomiese groei
1.3.5 Repokoers / terugkoopkoers
1.3.6 Monetêre (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem die TWEE finansiële markte in die ekonomiese kringloop
model.
• Geld
• Kapitaal
• Buitelandse valutamark / Forex (2 x 1) (2)
2.1.2 Watter effek sal 'n daling in inkomstevlakke op internasionale
handel hê?
• 'n daling in inkomstevlakke impliseer dat minder geld spandeer
word op goedere en dienste internasionaal
• daling in vraag binnelands en internasionaal wat tot 'n daling in
internasionale handel lei
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Identifiseer die wisselkoersstelsel in die grafiek hierbo.
Vryswewend (1)
2.2.2 Wat was die oorspronklike rand/dollar wisselkoers voordat die
vraag na die VS-dollar gestyg het?
R13,00 = $1 (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term wisselkoers.
Die koers waarteen een geldeenheid vir 'n ander verruil word / die
waarde van een land se geldeenheid in terme van 'n ander land se
geldeenheid
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.2.4 Hoe het die stygende vraag na VS-dollar die waarde van die
rand beïnvloed?
Die waarde van die rand het gedepresieer van R13,00 tot R14,00
teenoor die dollar/die rand depresieer met R1 / rand het verswak (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
2.2.5 Wat kan die Reserwebank doen om die waarde van die rand
teenoor die dollar te versterk?
Die Reserwebank kan die waarde van die rand versterk deur:
• verkope van VSA dollars in reserwe op die buitelandse
valutamark om ‘n ooraabod te skep
• verkope van goudreserwes op die internasionale mark om ‘n
ooraanbod te skep
• verkryging van finansiële bystand van die Internasionale
Monetêre Fonds om die invloei van buitelandse valuta te verhoog
• verhoging van die repokoers om belegging deur buitelanders in
die Suid-Afrikaanse ekonomie te stimuleer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die produksiefaktor in die tabel, wat die grootste
deel van die nasionale inkome ontvang.
Arbeid (1)
2.3.2 Watter metode is gebruik om die syfers hierbo te bereken?
Inkome (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term basiese pryse.
Basiese pryse is die koste wat deur die produsent aangegaan is
waarby belasting op produkte bygetel is en subsidies op produkte
afgetrek is (2)
(Aanvaar enige ander korrek relevante antwoord)
2.3.4 Verduidelik kortliks hoe subsidies produksie kan beïnvloed.
Subsidies op produkte is betaalbaar deur die owerheid aan
verskaffers om:
hulle produksiekoste verlaag / hulle aan te moedig om uitset te
verhoog (2)
2.3.5 Bereken Bruto Binnelandse Produk teen markpryse (A).
Toon alle berekeninge.
Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse 3 871 214
PLUS: Belasting op produkte 484 059
MIN : Subsidies op produkte 16 415
BBP teen markpryse 4 338 858
OF
3 871 214 + 484 059 - 16 415 = 4 338 858 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
2.4 Bespreek kortliks die prysbeleid en parastatale as probleme van die
publieke sektor voorsiening.
Prysbeleid:
• Staatsbeheerde ondernemings werk nie binne die markstelsel van vraag
en aanbod nie
• Dit skep probleme in bepaling van die prys vir publieke goedere en dienste
in vergelyking met die privaatsektor waar die prys deur vraag en aanbod
bepaal is
• Die staat stel die pryse van goedere vas op die volgende maniere:
• Gratis: voorsien gemeenskap of kollektiewe goedere soos polisie of
gesondheid wat algeheel befonds word deur styging in belasting wat ‘n
las op belastingbetalers plaas
• Gebruikersfooie: bv. Tolpaaie, 'n fooi word gehef op die verbruiker
• Subsidies: owerheid mag gebruiker belas teen 'n verminderde fooi
• Dit is moeilik vir die owerheid om die korrekte pryse te bepaal
(Maks 4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde,
1 maks )
Parastatale:
• Diensverskaffing deur parastatale soos Eskom en Transnet het lei tot
monopolieë
• SBO's word geskep as die owerheid 'n nuwe besigheid begin of 'n
bestaande besigheid nasionaliseer
• Hierdie tipiese monopolieë is bekend vir hul hoë pryse waar die verbruiker
geen sê het nie
• Ondoeltreffendheid in dienslewering soos SAA het gelei tot ongereelde
dienslewering en 'n vermorsing van staatsinkomste
• Infrastruktuur is meestal verskaf deur die owerheid en instandhouding
ontbreek soms (Maks 4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde,
1 maks)
Kandidate moet die uitdaging wat die staat ervaar aandui, omrede die
staat nie ‘n marksisteem het wat pryse bepaal nie (2 punte). Die ander
twee punte kan toegeken word vir enige ander feite verwant tot die
onderwerp. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
2.5 Bereken die verandering in totale inkome, as daar 'n R20 miljard inspuiting
van in die ekonomie is met 'n marginale spaargeneigdheid van 0.3. Toon
hoe die vermenigvuldiger-effek die owerheid kan beïnvloed om meer werk te
skep. Toon ALLE berekeninge.
• Berekening:
− Inspuiting = R20bn
− msg = 0.3
− Vermenigvuldiger = 1
mps
=1
0.3
= 3.3
− Verandering in nasionale inkome = R20bn x 3.3
= R66 miljard / R66.6 / R67 (Maks 4)
• Werksgeleenhede wat hier geskep word sal lei tot hoër inkomste en besteding
in die ekonomie wat sal bydrae tot nog werksgeleenthede,(aanslaan-effek)
• Die staat kan belasting verminder, wat meer geld in die sakke van verbruikers
plaas. Die addisionele geld sal deur die verbruikers bestee word wat
werksgeleenthede sal skep
• Die staat kan maatskappybelasting verminder wat investering van
(8)
arbeidsintensiewe produksiemwetodes verhoog. (Maks 4)
[40]
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Indien kandidate syfers gebruik om die effek aan te dui, moet hulle krediet kry)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Gee enige TWEE regstellende beleide wat Suid-Afrika sedert
1994 gebruik het.
• Heropbou en Ontwikkelingsprogram (HOP)
• Swart ekonomiese bemagtiging (SEB)
• Breë-basis swart ekonomiese bemagtiging (BBSEB)
• Regstellende aksie / Gelyke indiensneming
• Grondherverdeling
• Grondrestitusie
• Onderwys (2 x 1) (2)
3.1.2 Watter effek sal toenemende verstedeliking op die ekonomie
hê?
'n Ekonomie met stygende verstedeling ondervind:
• Gebrek aan dienslewering
• Tekort aan skole en/of huise
• Tekort aan grond
• Stygende werkloosheid
• Stygende bevolking in stedelike gebiede
• Per capita inkomste styg
• Dit help met die algehele ontwikkeling van die ekonomi
• Die vraag na goedere en dienste mag lei tot ‘n styging in die
BBP
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Noem enige EEN landbouproduk wat na lande in die Noorde
uitgevoer word.
Melk / vleis / neute / koring / lemoene
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1)
3.2.2 Gee enige rede vir die swak ekonomiese toestande van lande
in die suide.
'n Gebrek aan: vaardighede / kapitaal / investering / goeie
onderwys / goeie regering
(Aanvaar enige ander korrekt relevante antwoord) (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term noord/suidverdeling.
Verwys na ontwikkelde lande in die Noordelike hemisfeer en die
ontwikkelende lande in die Suidelike hemisfeer, wat die onderskeid
tussen die ryk lande in die Noorde en armer lande in die Suide
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
3.2.4 Verduidelik lewenstandaarde van lande in die Noordelike
Halfrond.
• Reële BBP per capita is hoog in die noorde
• Lewensverwagting is 75 jaar in ontwikkelde lande
• Onderwys en geletterdheidsvlak is hoog in die noorde
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.2.5 Watter positiewe impak het globalisering om die
noord/suidverdeling te verklein?
• Armoedevlakke kan verminder word in ontwikkelende lande
deur verhoogde vaardighede en beter onderwys aan die
werksmag
• Om beter deelname aan die ekonomie te verseker in die
gebruik van die nuutste tegnologie
• Ekonomiese groei kan verbeter in ontwikkelende lande deur
verhoogde produksie wat afgestem is op die internasionale
mark
• Produksie en handel fokus op grondstowwe wat geprosesseer
word voor uitvoere daarvan subsidies toegeken in die
landbousektor om te verseker dat genoeg grondstowwe vir
verwerking in die vervaardigingsektor beskikbaar is
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Watter positiewe effek kan kleinsake-ontwikkeling op markte
hê?
Markte sal meer effektief en doeltreffend wees as 'n
verskeidenheid besighede meeding / werksgeleenthede / beter
pryse vir verbruikers (1)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
3.3.2 Waarom is dit belangrik dat die owerheid finansiële hulp aan
KMMO's verskaf?
• KMMO's dra buitengewoon baie tot groei
• Werkverskaffing in vergelyking met ander sektore
• Om die eongelykhede van die verlede reg te stel /
armoedeverligting
• Beskerm jong beginnende-nywerhede teen ondergang
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomies-aktiewe bevolking.
Sluit mense tussen die ouderdomme van 15 en 64 in wat wil werk
en aktief besig is om werk te soek, en sluit mense in diens en
werkloos in
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
3.3.4 Verduidelik kortliks hoe die departement van handel en
nywerheid (DHN) kleinsake-ontwikkeling in Suid-Afrika
ondersteun.
• Deur werkskepping vir struktureel werklose mense
• Fokus op aansporings vir klein sakeondernemings
• Bevorder entrepreneuriese ontwikkeling tussen vroue en die
jeug
• Verskaffing van kapitaal, inligting en sake advies
• Verskaf opleiding in die algemeen
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.3.5 Hoe kan die vestiging van meer KMMO's in Suid-Afrika
bevorder word?
Meer KMMO's kan bevoordeel word deur:
• hulpverlening met navorsing en ontwikkeling in hul spesifieke
gebiede van prestasie
• verskaffing van befondsing
• monitering van hul besigheid se werksaamhede deur verlening
van ondersteuning
• verskaffing van belastingaansporings
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
Enige (2 x 2) (4)
3.4 Hoe kan die kritieke infrastruktuurprogram (KIP) en buitelandse
investeringstoelae (BIT) nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika
verbeter?
Die owerheid gebruik die volgende aansporings om nywerheidsontwikkeling
te verbeter deur:
Kritieke Infrastruktuur Program
• aanbieding van 'n toelae tussen 10% en 30% van die totale
ontwikkelingskoste van projekte ontwerp vir die verbetering van
infrastruktuur in Suid-Afrika (KIP)
• versekering van voltooiing van projekte deur betaling van toelaes na
voltooiing (Maks 4)
Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde, 1
maks)
Buitelandse Investerings Toelaag
• bystandverlening aan buitelandse beleggers wat in nuwe
vervaardigingsaanlegte in Suid-Afrika wil investeer, deur betaling van 'n
vaste aansporing (BIT)
• dekking van die koste met hervestiging van masjinerie en toerusting van
die buiteland
• beskikbaarstelling aan enige geregistreerde maatskappy wat in die
vervaardigingsektor wil funksioneer (Maks 4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde,
1 maks) (2 x 4) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
3.5 Evalueer die moontlike sukses van spesiale ekonomiese sones in Suid-
Afrika.
• SES-program poog om ekonomiese groei en industrialisering te bevorder
en het alreeds beperkte sukses met industrialisering bereik
• Meeste uitkomste van SES'e het die vervaardigingsektor uitgebrei en
meer nywerhede geskep
• Die Vervaardigingsirkel bloudruk om 1 miljoen werksgeleenthede in die
volgende dekade in vervaardiging te skep, en die omskepping van die
Vaaldriehoek in 'n SES
• Konsepwetgewing het die basis daargestel vir 'n breër verskeidenheid
nywerheidsparke en ekonomiese infrastruktuur het voorsiening gemaak
vir effektiewe groepering van indiensneming
• China se grootste motorvervaardiger (BAIC) het investeer in Suid-Afrika
met 'n R11 miljard aanleg in Coega (SES)
• SES'e het die siening verbreed wat deur NOS'e daargestel is, en in
gevestig in alle provinsies en gebiede waar Suid-Afrika nywerheids-
vestiging deur aansporings wou hê
• Suid-Afrika het maatskappye met kennis oor internasionale markte
gevoeg by die SES-program wat deel is van versnelde investering,
indiensneming, opleiding en uitvoere
• Die privaatsektor is toegelaat om voorstelle te maak vir nywerheidsparke,
in plek te stel en te bestuur in lyn met die mikpunte van die SES
• Private befondsing is gebruik om interne infrastruktuur te finansier wat
verbind is met die nasionale logistieke infrastruktuur
• Struikelblokke bestaan steeds soos wetgewing, konsekwentheid en in lyn
met ander beleide, is die goedkeuring van ses spesiale ekonomiese
sones in die 2018-begroting verwelkom (4 x 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van produksie aanwysers.
• Nominale BBP / BBP teen huidige pryse
• Reële BBP / BBP teen konstante pryse
• Per capita BBP (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom verkies ontwikkelde lande die idee van vryhandel?
• Vryhandel verhoog mededinging en moedig innovering in
ontwikkelde lande aan wat oor die kennis beskik
• Ontwikkelde lande het vrye toegang tot hulpbronne wêreldwyd,
wat nodig is vir massaproduksie in uitgebreide markte
• Ontwikkelde lande word bevoordeel deur handelsooreen-
komste met arm lande
• Vryhandel verminder regulasies (oor die beskerming van
arbeid, omgewing en verbruikers)
• Vryhandel verhoog die mag van multinasionale besighede
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2)
(2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer die kromme in die grafiek hierbo
Laffer (1)
4.2.2 Teen watter belastingkoers sal die owerheid se inkomste
maksimeer?
45% (1)
4.2.3 Hoeveel inkomste sal die owerheid ontvang as die belasting-
koers 100% is?
Geen inkomste/zero (2)
4.2.4 Watter uitwerking sal 'n daling in die belastingkoers van 65%
na 45% op belastinginkomste hê?
'n Daling in die belastingkoers sal lei tot 'n styging in
belastinginkomste (van R175 to R200) deur mense aan te moedig
om te werk
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
4.2.5 Watter gevolge kan 'n 1% styging in BTW op die verskillende
rolspelers in die Suid-Afrikaanse ekonomie hê?
Die styging in BTW met 1% kan die rolspelers beïnvloed deur:
• verhoging in inkomste aan die owerheid as dieselfde/meer deur
besighede en huishoudings spandeer word
• 'n gevolglike val in uitset (produksie) omdat minder verbruikers
dit kan bekostig om dieselfde goedere en dienste as tevore aan
te koop
• aanleiding gee tot 'n daling in bevrediging van behoeftes van
veral arm verbruikers by aankoop van luukse goedere
• aanleiding te gee tot 'n styging in belasting – veral die hoë
inkomsteverdieners (luukse goedere) waar hulle
verantwoordelik is vir 85% van BTW-inkomste
• 19 basiese voedselitems is uitgesluit van BTW wat veral lae
inkomste verdieners bevoordeel
• ‘n daling in die verkope wat winste verklein
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Watter syfer dui daarop dat die BBP groeikoers nie voldoende
was nie?
–0,7% (1)
4.3.2 Identifiseer die sektor wat die minste bygedra het tot die BBP
hierbo.
Tersiêre (1)
4.3.3 Gee 'n rede hoekom handel so swak ten opsigte van die totale
BBP presteer het.
• Swak waarde van die rand
• Onrus in sekere gebiede waar produksie gesetel lê
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3.4 Hoekom word slegs reële BBP-syfers gebruik om ekonomiese
produksie wat in verskillende jare voorgekom het, te
vergelyk?
Reële BBP-syfers word gebruik om vergelykings te tref tussen
verskillende jare, omdat die inflasiekoers verwyder is / syfers is nie
opgeblaas nie (2)
4.3.5 Wat kan die Suid-Afrikaanse owerheid doen om 'n beter
ekonomiese groeiprestasie te verseker?
Die owerheid kan 'n beter ekonomiese groei verseker deur:
• ontwikkeling van vergelykende prestasie standaarde
• daarstelling van bereikbare teikens
• versekering van voldoende en relevante infrastruktuur-
ontwikkeling
• versekering alle sektore in die ekonomie effektief aan vereistes
voldoen
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 13 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
4.4 Omskryf kortliks gesondheid as 'n sosiale aanwyser.
• Kindersterftesyfers verwys na die aantal kinders wat sal sterf voor eenjarige
ouderdom. Dis die enigste manier om die gesondheidsorg van 'n bevolking te
meet
• Onder-vyf mortaliteit verwys na die aantal kinders wat sal sterf voor die
ouderdom van 5 jaar
• Gesondheidsbesteding is die bedrag wat aan gesondheid spandeer word as
persentasie van die BBP
• Toegang tot veilig drinkbare water verwys na die persentasie van 'n bevolking
wat redelike toegang tot veilig-drinkbare water het
• Toegang tot sanitêre geriewe is die persentasie van 'n bevolking met ten
minste redelike sanitêre fasiliteite waar kontak tussen mens, dier en insekte
voorkom word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite – maks 4 /
voorbeelde – 2) (4 x 2) (8)
4.5 Hoe kan ontwikkelende lande die oorlewing van arbeidsintensiewe
nywerhede in 'n globale ekonomie verseker?
Arbeidsintensiewe nywerhede kan oorleef in ontwikkelende lande deur:
• beskerming van werksgeleenthede en loonvlakke deur beperkte
onregverdige mededinging wat plaaslike nywerhede kan dwing om
produksie te verminder en terug te sny op produksiefaktore
• vermindering van lone en salarisse om mededingend in die internasionale
mark te bly
• vermindering in hoë vlakke van armoede en werkloosheid wat van kritieke
belang is vir beskerming van werksgeleenthede
• beskerming van arbeidsintensiewe nywerhede wat nie kan meeding met
gevestigde buitelandse mededingers nie
• beskerming van strategiese nywerhede bv. Die mynbou industrie wat nodig
is vir langtermyn volhoubaarheid
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van
feite/voorbeelde) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 14 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
• Bespreek AL die kenmerke onderliggend aan vooruitskatting van
sakesiklusse, uitgesluit die ekonomiese aanwysers. (26 punte)
• Waarom is dit belangrik om uiterste prysskommelings in sakesiklusse te
voorkom? (10 punte) [40]
INLEIDING
• Daar is 'n aantal tegnieke beskikbaar wat ekonome help om sakesiklusse te
voorspel soos ekonomiese aanwysers
• 'n Sakesiklus kan omskryf word as opeenvolgende periodes van inkrimping en
uitbreiding van ekonomiese aktiwiteite
• Die patroon van uitbreiding en inkrimping in totale ekonomiese aktiwiteit, gemeet as
reële bruto binnelandse produk, toon sy algehele tendens
• Die proses om voorspelling te maak oor veranderende toestande van toekomstige
gebeure wat die ekonomie wesenlik kan beinvloed
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2)
INHOUD: HOOFDEEL
Ekstrapolasie
• Data uit die verlede word gebruik waar vooruitskattings gemaak word oor die
toekoms gebaseer op aannames verwant aan die neigings
• Ekstrapolasie beteken om iets onbekend te beraam uit feite en inligting wat bekend
is
• Verlenging van die tendenslyn in die toekoms in, mag inligting verskaf oor iets wat
mag gebeur
• As 'n sakesiklus deur 'n trog beweeg het en 'n boom-tydperk binnegaan, kan
voorspellers verwag dat die ekonomie sal groei in die maande wat volg
• Ekstrapolasie tegnieke word somtyds gebruik om aandeelpryse in die toekoms te
voorspel
• Die neiging van die kromme moet gevolg word om die voltooide deel te
komplementeer. Neem 'n berekende besluit om verby die vlak van die
weerstandspunt te beweeg
Amplitude
• Dis die verskil tussen die waarde van totale uitset tussen die piek en trog gemeet
van die tendenslyn tot die piek en trog
• Amplitude toon die intensiteit van die opswaai en afswaai in ekonomiese
aktiwiteit
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 15 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
• Die amplitude toon twee dinge:
- Die krag van onderliggende magte, bv. rentekoerse, uitvoere of
verbruikerbesteding
- 'n Groter amplitude gedurende die opswaai toon sterk onderliggende magte wat
lei tot langer siklusse
- Die omvang van verandering: hoe groter die amplitude, hoe groter die
veranderings
• Gedurende 'n opswaai, mag werkloosheid daal van 20% na 10% ('n daling van
50%)/ of inflasie kan styg van 3% tot 6% (dus 100% styging)/of 'n surplus op die
lopende rekening (betalingsbalans) kan na 'n tekort verander
Tendenslyn
• Die tendenslyn toon die algemene rigting waarin die indekse beweeg wat gebruik
word in sakesiklusse
• As die ekonomie groei, is daar 'n opwaartse neiging, maar wanneer die ekonomie
krimp, is daar 'n dalende neiging
• Die neiging sal verander as die tydreeksdata hul gedragspatrone van die verlede
verander
• Weerstandpunte dui op kragte in die ekonomie wat herhaling van prestasie keer –
ongunstige faktore moet verander of verwyder word vir groei om vorige tendense te
oorskry
• Dit het normaalweg 'n positiewe helling omdat die produksiekapasiteit van die
ekonomie toeneem oor tyd
• Kanale word gevorm as produksie-uitset voortdurend hoër draaipunte bereik
(opwaartse kanaal)
Lengte
• Lengte word gemeet van piek tot piek of van trog tot trog
• Langer siklusse toon sterker en korter siklusse wat swakpunte toon met betrekking
tot ekonomiese aktiwiteite
• Siklusse mag verbyskiet wat die effek het dat sommige saamgestelde aanwysers
toeneem bo sy normale vlak
Bewegende gemiddeldes
• Hierdie metode bereken herhaaldelik 'n reeks verskillende gemiddelde waardes
saam met 'n tydreeks om 'n gladde kromme te lewer
• Dit word gebruik om die veranderinge in 'n tydreeks te ontleed oor 'n sekere
tydsperiode
• Om die effek van skerp fluktuasies in die sakesiklus te elimineer, kan ekonome
bewegende gemiddeldes gebruik om sakesiklusse glad te stryk sodat dit as 'n
reguit of effens geboogde lyn lyk
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 26)
(Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
(Kandidate verdien 2 punte wanneer hulle die amplitude, sikluslengte en tendenslyn op
‘n grafiek aandui)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 16 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
INHOUD: ADDISIONELE DEEL
Prysstabiliteit is belangrik om ekstreme fluktuasie in sakesiklusse te voorkom
omdat dit:
• bydra tot hoë vlakke van ekonomiese aktiwiteit en indiensneming
• verbeter die deursigtigheid van die prysmeganisme omdat mense veranderinge in
relatiewe pryse herken sonder om dit te verwar met die finale prys
• mense toelaat om goed ingeligte verbruiksbesluite te neem
• Buitelandse investering aanmoedig wat groei sal bevorder
• Hulpbronne meer doeltreffend toedeel
• Onproduktiewe aktiwiteite voorkom wat somtyds gebruik word om 'n mens teen
die uitwerking van hoë inflasie te beskerm
• die risiko van deflasie sal voorkom wat dit moeiliker maak om die nodige beleide
te implementeer.
• Implementeer inflasieteikens, dit verminder die verwringing van inflasie, deflasie
wat die die verwringende impak op ekonomiese gedrag van belasting en
maatskaplike veiligheid vererger
• Voorkom die lukrake herverdeing van rykdom en inkomste wat ontstaan as
gevolg van onverwagte fluktuasies
• Hou rentekoers onveranderd om voortgesette groei in die ekonomie te verseker
sonder enige groot fluktuasies
• Pas die kontantreserwevereiste aan wat banke sal verplig om geld / krediet in
sirkulasie te beperk
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoorde) (Maks 10)
Kandidate kan die antwoord hierbo op ‘n negatiewe wyse
uitdruk wanneer daar geargumenteer word:
as prysstabiliteit nie bereik is nie sal daar bv. lae vlakke van
ekonomiese aktiwiteit en indiensneming wees.
SLOT
Beleidmakers moet al hierdie aanwysers noukeurig dophou omdat eksterne faktore
baie belangrik is vir Suid-Afrikaanse sakesiklusse
Verskillende metodes kan gebruik word in vooruitskatting, soos die kwantitiewe
metode wat gebaseer is op wiskundige modelle of kwalitatiewe metodes wat
gebasseer is op langtermyn vooruitskattings [40]
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde slot) (Maks 2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 17 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
• Bespreek die vraagkantbenadering in die bevordering van ekonomiese groei.
(26 punte)
• Evalueer die sukses van die uitgebreide publieke werkeprogram om armoede
en werkloosheid te verminder. (10 punte) [40]
INLEIDING
Die vraagkant-benadering behels diskresionêre veranderinge in die monetêre en
fiskale beleide in wat ten doel het veranderende vlakke van totale vraag en aanbod
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Maks (2)
INHOUD: HOOFDEEL
Internasionale beste praktyke argumenteer dat ontwikkelende ekonomieë hulle
ekonomie so sal bestuur dat dit ekonomiese groei sal skep
Dit sal maatskaplike transformasie, die skepping van menslike kapitaal en die
herverdeling van inkomste abevorder
‘n Vraag-kant-benadering raak diskresionere verandering in monetere en fiskale
beleide met die verandering in die totale vraag as oogmerk
• Monetere beleid word deur die Suid-Afrikaanse Resrewebank gedryf Dit
word gebruik om rentekoerse en die aanbod ven geld te beinvloed ten einde
pryse in die ekonomie te stabiliseer
• Fiskale beleid word deur die Departement van Finansies gedryf Hul
oogmerk is om die staat se politieke en ekonomiese doelstellings te
fasiliteerDie staat kan fiskale beleid gebruik om belastings en
staatsbesteding te verander wat ekonomiese groei en ontwikkeling kan
bevorder
Monetêre beleidsbenadering
• Die monetêre beleid benadering bestaan uit besluite deur die sentrale bank as
deel van die monetêre owerhede om rentekoerse en geldvoorraad in die ekonomie
te beïnvloed, deur implementering van inflasieteikens soos vasgestel deur die
owerheid
• Die sentrale bank bestuur die beskikbaarheid van geld deur middel van
opemarktransaksies en kontantvereistes
• Bestuur die koste van geld deur middel van rentekoerse
• Variasies in die vlakke van rentekoerse verhoog of verlaag die koste van krediet en
bepaal die hoeveelheid geld deur die werking van die geldvermenigvuldiger
• Wanneer variasies in wisselkoerse gerig op verandering in die ruilvoet, gebruik
word as 'n hulpmiddel om veranderinge in die hoeveelheid mee te bring
Die Suid-Afrikaanse monetêre beleid implementeer die vraagkant-benadering deur:
Kontrole van die repokoers
Om rentekoerse te beïnvloed wat handelsbanke aanbied om:
• kredietskepping te beïnvloed deur krediet duurder of goedkoper te maak
• wisselkoerse te stabiliseer deur kapitaalinvloeie en -uitvloeie aan te moedig om
verantwoordelikheid te aanvaar vir 'n tekort of oorskot op die lopende rekening van
die betalingsbalans
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 18 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Hanteer opemarktransaksies
• Om bankkrediet te beperk, verkoop SARB sekuriteite en wanneer die banke
hierdie sekuriteite koop, vloei geld van die banke na SARB
• Die banke het dan minder geld om uit te leen en kan nie meer dieselfde krediet as
voorheen toestaan nie
• Om kredietskepping aan te moedig, koop SARB sekuriteite in die opemark. Geld
vloei dan terug na die bankstelsel
• Banke gebruik geld om geld te skep
Morele oorreding
• Die SARB gee raad aan banke en oorreed hulle om op te tree op 'n wyse wat
wenslik is in terme van die ekonomiese toestande wat op daardie tydstip voorkom
• Die oorreding is dikwels gekoppel aan die transaksies deur SARB in die geldmark
bv. die koop en verkoop van wissels en verbande
• As die banke tegemoetkomend is in verlenging van krediet, kan SARB hulle
versoek om minder toegeeflik te wees. Tegelykertyd kan dit waardepapier in die
mark verkoop en oorskot likiditeit uitput sodat banke minder geld beskikbaar het vir
lenings
Suid-Afrika se nasionale begroting is die belangrikste werktuig om die fiskale
beleid voort te dryf en implementeer die fiskale beleid deur:
Progressiewe persoonlike inkomstebelasting
• Die hoër verdieners van inkomste word belas teen hoër koerse as die laer
inkomste verdieners
• Hierdie belasting word gebruik om sosiale ontwikkeling te finansier / die armes
word meer bevoordeel as dié met 'n hoër inkome
Welvaartbelasting
• Eiendom soos huise, kantore en fabrieke in stedelike gebiede word jaarliks belas
• Oordragskoste word betaal as eiendomme gekoop of verkoop word
• Kapitaalwinsbelasting word gehef op winste verdien uit die verkope van
kapitaalgoedere soos eiendom en aandele
Kontantvoordele
• Ouderdomspensioene, ongeskiktheidstoelae, kinderondersteuningstoelae en
werkloosheidversekering is belangrike kontanttoelaes
• Dit staan ook bekend as bestaansbeveilingstoelaes
In natura voordele
• Dit sluit die verskaffing van gesondheidsorg, onderwys en maatskaplike etes,
beskerming, munisipale dienste en infrastruktuur in
• Waar gebruikerstariewe gehef word, sal arm mense en lae inkomeverdieners
bevoordeel word bo ander omdat hulle geen of kleiner betalings maak as hoë
inkome verdieners
• Beperkte hoeveelhede elektrisiteit en water word voorsien
Ander herverdelings
• Sommige mikro-ekonomiese beleide het arm en lae inkome verdieners
bevoordeel deur bv. UPWP, KIP, KMMO's
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 19 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Grondherverdeling en -restitusie
• Die doelwit van grondhervorming is om grond terug te gee of kontant te betaal aan
diegene wie hul grond verloor het as gevolg van die kriminerende wette en
praktyke na Junie 1913, terwyl grondherverdeling fokus op grond vir residensiële
doeleindes en produktiewe gebruik
• Die mikpunt is om landbougrond aan voorheen benadeelde persone te herverdeel
Eiendomsubsidies
• Subsidies help begunstigdes om eienaarskap te verkry van vaste residensiële
eiendom
• Die owerheid se behuisingsubsidie-skema verskaf befondsingopsies aan almal wat
daarvoor kwalifiseer en minder as R3 500 verdien / die geld vir hierdie skema word
uit die hoofbegroting toegeken
‘n Ander benadering kan die volgende insluit:
Verbruiksbesteding deur verbruikers
• Styging in produksie
- ‘n Styging in die produksie van goedere en dienste lei tot ‘n styging in die
besteebare inkomste van die verbruikers
- Stygende produksie kan ontstaan as gevlog van stygende owerheidsbesteding,
groter beleggingsbesteding deur besighede of verhoogde uitvoere
• Owerheid se fiskale beleid
- Die owerheid verminder inkomstebelasting of indrektebelasting soos
aksynsbelasting op drank en tabak
• Owerheid se monetere beleid
- Deur die vermindering in rentekoerse word die koste van krediet verminder /
huishoudings kan nou bekostig om meer geld te leen, wat hulle besteebare
inkomste asook besteding verhoog
• Owerheid se programme om basiese behoeftes te bevredig
- Die staat kan arm huishoudings bystaan om hul basiese behoeftes vir skoon
water en gesondheidsorg te bevredig(ekonomiese groei / ontwikkeling)
• Belegging deur firmas / besighede
- Dit behels beleggings in fabriekgeboue, masjinerie en gereedskap dit word
kapitaalskepping genoem
- Hierdie beleggings vergroot di produksiekapasiteit van besighede en die
ekonomie
- Beleggings verminder werkloosheid wat tot ekonomiese ontwikkeling bydra
- Die staat bele in infrastruktuur soos transport en kommunikasie om besighede
te ondersteun
• Owerheidsbesteding in die ekonomie
- Die staat beplan sy uitgawes op openbaredienste en ekonomiese
aangeleenthede om ekonomiese groei te verseker
- Die staat beplan verder sy maatskaplike uitgawes op sosio-ekonomiese
kwessies soos armoede
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 20 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
- Die Uitgebreide Openbare Werke Program (EOWP) word gebruik om die
probleme van werkloosheid en mense in die lae inkomstegroep aan te
spreek
- Voorbeelde sluit in die konstruksie van paaie, instandhouding van paaie en
lae-koste behuising
• Invoere en Uitvoere
- Invoere is belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie dit voorsien verbruikers
met ‘n wyer keuse van goedere en ienste
- Die wyer keuse van verbruikersgoedere en dienste lei tot ekonomiese groei en
ontwikkeling
- Invoere voorsien ook belangrike kapitaal goedere en intermediere goedere soos
masjinerie, toerusting chemikalie, petroleumprodukte en voertuigonderdele
- ‘n Toename in ekonomiese groei lei tot ‘n toena,e in invoere en ‘n tekort op die
betalingsbalans (lopenderekening
- Uitvoere is deel van die binnelandse vraag, en verdien ekstra inkomste vir
uitvoer firmas
- Ons uitvoere word gebruik om vir die land se invoere te betaal en dra by tot
toenemende ekonomiese groei vir beheer van die betalingsbalans van ‘n land
- Owerheids optrede om uitvoere te bevorder sluit handelsooreenkomste in asook
die instandhouding van ‘n realistiese wisselkoers en verskaf aansporings vir
uitvoere
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 26)
(Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
INHOUD: ADDISIONELE DEEL
Die uitgebreide publieke werkeprogram het armoede en werkloosheid verminder
deur:
• meer te fokus op voorheen benadeelde groepe, met die versekering dat maatreëls
geïmplementeer word wat herverdeling en regstellende aksie in die werksplek en
sake-omgewing te verseker
• verbetering van maatskaplike voordele aan die gemeenskap bv. gesondheids-
kwessies op te los
• verbetering van die lewenstandaard, deur die werkers se uitkyk te verander en
meer behoeftes te bevredig
• skepping van werksgeleenthede vir armes en kwesbares, deur arbeidsintensiewe
metodes te gebruik wat soveel moontlik mense kan akkommodeer
• verhoging van menslike vaardighede wat hulle kan gebruik om werk te vind as hul
werk in UPWP voltooi is
• uitbouing van toekomstige entrepreneuriese vaardighede (KMMO's) wat sal bydra
tot die oplos van grootskaalse werkloosheid (Maks 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord)
SLOT
Volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling in 'n land is nie 'n gegewe nie, behalwe
as die owerheid streng en effektiewe beleide in die bestuur van ekonomie toepas
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde antwoord) Maks (2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Eng)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper