Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201813 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V2 NOVEMBER 2018 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/November 2018 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Eenheidskoste staan ook as ... koste bekend. A marginale B totale C gemiddelde D veranderlike 1.1.2 Die aard van die produk wat in 'n suiwer oligopolie verhandel word, is ... A gedifferensieerd. B homogeen. C heterogeen. D uniek. 1.1.3 Die term 'lang termyn' verwys na 'n tydperk waar ... produksiefaktore kan verander. A beide veranderlike en vaste B slegs veranderlike C slegs vaste D swewende 1.1.4 'n Varsproduktemark is 'n goeie voorbeeld van 'n ... markstruktuur. A monopolisties mededingende B monopolie- C volmaak mededingende D oligopolie- 1.1.5 Die Minister van ... is verantwoordelik vir fiskale beleid om die ekonomie te stabiliseer. A Toerisme B Finansies C Handel D Omgewingsake 1.1.6 Die owerheid kan ... belasting op omgewingsbesoedelaars hef. A 'n invoer- B 'n persoonlike-inkomste- C 'n verbruikers- D groen Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/November 2018 NSS 1.1.7 Die toerismebedryf is ...-intensief. A kapitaal B geld C tegnologie D arbeids 1.1.8 Die uitreik van 'n lisensie aan besighede wat hulle toelaat om tot 'n sekere mate te besoedel, staan as ... bekend. A bemarkbare permitte B wetgewing C belasbare permitte D lisensiëring (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Pareto-doeltreffendheid A vind plaas waar gemiddelde inkomste aan gemiddelde koste 1.2.2 Eksplisiete koste gelyk is 1.2.3 Normale wins B 'n volgehoue daling in die algemene prysvlak oor 'n tydperk 1.2.4 Heterogeen C maatreëls wat verseker dat die 1.2.5 Deflasie maksimum vlak van 'n hulpbron gebruik word, bv. ton vis gevang 1.2.6 Bevel-en-beheerstelsels D die onbeheerde verwydering van 1.2.7 Ontbossing plantegroei op 'n onvolhoubare 1.2.8 Produksieprysindeks wyse E wanneer dit onmoontlik is om die welvaart van een persoon te vergroot sonder om die welvaart van 'n ander persoon te benadeel F werklike besteding van 'n besigheid, bv. lone en rente G word slegs volgens 'n mandjie goedere bereken H totale inkomste is groter as totale koste I produkte wat verskil, met ander woorde, wat nie soortgelyk is nie (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/November 2018 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die koste wat dieselfde bly selfs al verander die uitset 1.3.2 'n Markstruktuur waar die individuele besighede prysnemers is 1.3.3 Die addisionele inkomste verdien wanneer verkope met nog een eenheid styg 1.3.4 Lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasiekoerse kom gelyktydig voor 1.3.5 Die tipe toerisme waar toeriste na Suid-Afrika toe kom om museums en kunsgalerye te besoek 1.3.6 Hulpbronne wat vervang of herwin kan word (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/November 2018 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van natuurlike monopolieë. (2 x 1) (2) 2.1.2 Wat is die hoofdoel van markte in die ekonomie? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NUWE WYSIGINGS AAN WET OP MEDEDINGING Die owerheid het die Wet op Mededinging, 1998 (Wet 89 van 1998) ingestel om mededinging te bevorder en die doeltreffendheid van die Suid-Afrikaanse ekonomie te verbeter. Die Mededingingskommissie, Mededingingstribunaal en Mededingingsappèlhof speel 'n belangrike rol in die administrasie van die Wet. Maatskappye wat van samespanning verdink word, word ondersoek en indien hulle skuldig bevind word, word hulle swaar beboet. In die nuwe wysiging van artikel 73A van die Wet op Mededinging word voorsiening gemaak vir nuwe kriminele sanksies wat op individue toegepas gaan word. [Aangepas uit Businesstech.co.za, 2016] 2.2.1 Watter instelling beboet maatskappye wat aan samespanning skuldig is? (1) 2.2.2 Wat is die rol van die Mededingingsappèlhof? (1) 2.2.3 Noem enige EEN doelstelling van die mededingingsbeleid. (2) 2.2.4 Hoe bevoordeel mededinging op die mark die verbruiker? (2) 2.2.5 Bespreek kortliks die sukses van die mededingingsbeleid van Suid-Afrika. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/November 2018 NSS 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MONOPOLIE Koste/ MK Inkomste GK a 200 b e 150 100 d 50 c MI VV/GI 0 100 150 180 Hoeveelheid 2.3.1 Wat is die verkoopprys van die besigheid hierbo? (1) 2.3.2 Identifiseer die letter in die grafiek hierbo wat die verlies- minimeringspunt verteenwoordig. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term monopolie. (2) 2.3.4 Waarom is die ewewigsposisie hierbo tipies van die kort termyn? (2) 2.3.5 Bepaal die verlies vir hierdie besigheid. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.4 Met behulp van 'n goedbenoemde grafiek (koste- en inkomstekrommes), verduidelik die sluitingspunt vir die individuele firma in 'n volmaakte mark. (8) 2.5 Evalueer die impak (uitwerking) van samespanning op die ekonomie. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/November 2018 NSS VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van verbruikersinflasie. (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is die hoofdoel van bewaring ('preservation')? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE INFLASIE BEREIK SY LAAGSTE VLAK SEDERT 2015 Suid-Afrikaanse voedselpryse het in Julie 2017 teen 'n stadiger koers as in Junie 2017 gegroei. JA! Wanneer ek Die algemene pryspeil het in werk kry, sal ek Junie met 5,1% gestyg, terwyl dit iets kan koop. in Julie met 4,6% gestyg het. Dit het daartoe gelei dat die Reserwebank die repokoers met 50 basispunte verlaag het. Dit was 'n reuseverandering van 2012 toe die inflasiekoers 6,5% was. [Aangepas uit www.google.co.za] 3.2.1 Identifiseer, in die inligting hierbo, die inflasiekoers wat buite die inflasieteikengrens val. (1) 3.2.2 Gee EEN rede vir die daling in die inflasiekoers. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term repo(terugkoop)koers. (2) 3.2.4 Hoe sal 'n daling in die inflasiekoers lae-inkomsteverdieners bevoordeel? (2) 3.2.5 Hoe kan prysstabiliteit die ekonomie positief beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/November 2018 NSS 3.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. OMGEWINGSPROBLEME Ons het meer maatreëls nodig om ons oorlewing te verseker. Omgewing- GROOT subsidies sal help. Besighede [Bron: www.wikipedia, 2017] 3.3.1 Identifiseer die tipe besoedeling in die spotprent hierbo. (1) 3.3.2 Watter groot omgewingsprobleem kan die gevolg wees van die sake-aktiwiteite hierbo? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term omgewingsvolhoubaarheid. (2) 3.3.4 Watter impak (uitwerking) sal omgewingsprobleme op voedselsekerheid (volgehoue voedselproduksie) hê? (2) 3.3.5 Hoe kan omgewingsubsidies gebruik word om volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika te verseker? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks vraagtrek-inflasie en kostedruk-inflasie. (2 x 4) (Maksimum 4 punte elk) (8) 3.5 Waarom is die internasionale maatreëls (ooreenkomste) oneffektief om die effekte van klimaatsverandering te verminder? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/November 2018 NSS VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van gevaarlike afval wat die omgewing beïnvloed. (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom word merietegoedere gewoonlik deur die mark onderverskaf? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KITSKOSRESTAURANTE IN DIE MONOPOLISTIES MEDEDINGENDE MARK Suid-Afrika se kitskosmark is uiters mededingend omdat baie verkopers vir hulle deel van die verbruikersmark baklei. Die kitskosbedryf is vir ongeveer 40% van die totale verbruikerskosdiensverkope in Suid-Afrika verantwoordelik, bv. Fishaways wat vis verkoop en Steers wat hamburgers verkoop. Dit word as 'n hibriede markstruktuur beskou. [Aangepas uit City Press, Februarie 2017] 4.2.1 Gee EEN voorbeeld van 'n monopolistiese mededinger wat slegs in hoender spesialiseer. (1) 4.2.2 Identifiseer die term wat 'n kombinasie van volmaakte mededinging en monopolie beskryf. (1) 4.2.3 Hoekom speel handelsmerke ('branding') 'n belangrike rol in monopolistiese mededinging? (2) 4.2.4 Gee 'n rede waarom besighede in die monopolisties mededingende mark verkies om op 'n nieprys-grondslag mee te ding. (2) 4.2.5 Waarom sal die ekonomiese wins wat deur 'n monopolistiese mededinger gemaak word, op lang termyn verdwyn? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/November 2018 NSS 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. IS DIE ONWETTIGE JAG (STROOP) VAN RENOSTERS BESIG OM NOU TOT 'N EINDE TE KOM? Aangetekende getal renosters wat in Suid-Afrika gestroop is Getal renosters gestroop Jaar Onwettige jag is die rede vir die dood van die oorgrote meerderheid renosters. Bewustheid en beskerming ('conservation') is noodsaaklik om biodiversiteit te volhou en te voorkom dat die spesie uitsterf. Dit bevoordeel ook die mense wat naby die renosterhabitat woon. [Aangepas uit www.PoachStatsSA, 2017] 4.3.1 Wat is die hoofrede vir die stroping van renosters? (1) 4.3.2 In watter jaar het Suid-Afrika die ergste renosterstropery beleef? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term biodiversiteit. (2) 4.3.4 Gee EEN voorbeeld van hoe bewustheid van die natuurlike fauna en flora geskep kan word. (2) 4.3.5 Hoe sal beskerming ('conservation') die mense wat naby die renosterhabitat woon, bevoordeel? (2 x 2) (4) 4.4 Met behulp van grafieke, verduidelik kortliks hoe prys vir 'n individuele produsent in 'n volmaakte mark bepaal word. (8) 4.5 Hoe kan Suid-Afrikaanse huishoudings tot 'n laer inflasiekoers bydra? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/November 2018 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Maak seker dat antwoorde die struktuur wat hieronder aangedui word, volg sodat die maksimum aantal punte behaal kan word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2 • 'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer. • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek Maks. 26 krities/ Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi Maks. 10 die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat alreeds genoem is, te herhaal • Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk • 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek, met behulp van grafieke, die gevolge van markmislukking onder die volgende hoofde: − Produsentsubsidies (8 punte) − Maksimum pryse (8 punte) − Minimum lone (10 punte) (26 punte) • Met verwysing na die grafiek hieronder, ontleed hoe 'n negatiewe eksternaliteit tot die wantoedeling van hulpbronne kan lei. Prys MSK MPK 50 40 MSV 0 100 150 Hoeveelheid [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 13 DBE/November 2018 NSS VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek die effek van toerisme. (26 punte) • Evalueer die sukses van inheemse kennisstelsels (IKS) by die bevordering van toerisme in Suid-Afrika. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all