Skip to content

Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201812 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE NATIONAL SENIOR SERTIFIKAAT CERTIFICATE GRAAD GRADE 12 ECONOMICS EKONOMIE PAPER V1 1 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS NOVEMBER MARCH 2016 2018 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/November 2018 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 'n Oop ekonomie word die beste as 'n ...-sektor-ekonomie beskryf. A een B twee C drie D vier 1.1.2 Investering is 'n voorbeeld van 'n ... in die ekonomiesekringloop- model. A lekkasie B inspuiting C onttrekking D verlies 1.1.3 Fiskale beleid is optrede deur die owerheid ten opsigte van belasting en ... om ekonomiese aktiwiteit te beïnvloed. A wisselkoersbeheer B geldvoorraad C besteding D kredietbeheer 1.1.4 Skaalbesparings word met ... verbind. A massaproduksie B beperkte uitset C stygings in langtermyn gemiddelde koste D groter vermorsing 1.1.5 Produksie deur die burgers van 'n land, plaaslik en oorsee, staan as die ... produk bekend. A bruto nasionale B bruto binnelandse C netto nasionale D netto binnelandse 1.1.6 'n Fisies omheinde gebied langs 'n hawe of lughawe, waar produksie vir uitvoere deur aansporings aangemoedig word, staan as die ... bekend. A ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe B nywerheidsontwikkelingsone C spesiale ekonomiese sone D buitelandse investeringstoelae Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/November 2018 NSS 1.1.7 Die vergelyking van 'n land se uitvoerpryse met invoerpryse deur middel van indekse, staan as die ... bekend. A wisselkoers B handelsvoorwaardes ('conditions of trade') C ruilvoet D inflasiekoers 1.1.8 Ekonomiese ontwikkeling word ten opsigte van die ... gemeet. A per capita bruto binnelandse produk B styging in die produktiewe kapasiteit C nominale bruto binnelandse produk D geldvoorraad (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Nasionalisering A aantal jare wat 'n persoon na geboorte sal leef 1.2.2 Mediumtermyn- bestedingsraamwerk B oorreding van banke deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) 1.2.3 Nasionale rekeninge- stelsel C aanwyser wat gebruik word om die prysverandering van plaaslik 1.2.4 Geldvloei geproduseerde goedere te meet sodra dit die fabrieksvloer verlaat 1.2.5 Beskerming D meet inkome-ongelykheid en rykdom 1.2.6 Gini-koëffisiënt E beweging van inkome en besteding 1.2.7 Lewensverwagting tussen deelnemers in die ekonomie 1.2.8 Produksieprysindeks F toon verwagte inkome en besteding vir 'n driejaar-tydperk G voorgeskryf deur die Verenigde Nasies om bruto binnelandse produksyfers saam te stel H handelsbeleid wat probeer om die binnelandse ekonomie te beskerm deur die invoer van goedere en dienste te beperk I oordrag van funksies en eienaarskap van entiteite van die privaat- na die publieke sektor (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/November 2018 NSS 1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 'n Sistematiese verslag van alle handels- en finansiële transaksies tussen een land en ander lande vir 'n sekere tydperk 1.3.2 Geld wat deur die owerheid aan 'n persoon/instansie betaal word sonder enige teenprestasie 1.3.3 Wanneer 'n produk op 'n oorsese mark verkoop word teen 'n prys wat laer as die produksiekoste in die land van oorsprong is 1.3.4 Styging in die produksiekapasiteit van 'n land 1.3.5 Die koers waarteen handelsbanke geld by die Suid-Afrikaanse Reserwebank leen 1.3.6 Die beleid wat daarna streef om pryse te stabiliseer deur inflasie te beveg (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/November 2018 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem die TWEE finansiële markte in die ekonomiesekringloop- model. (2 x 1) (2) 2.1.2 Watter uitwerking sal 'n daling in inkomstevlakke op internasionale handel hê? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WISSELKOERSE – DIE RAND IS AAN DIE MARK UITGELEWER V1 A V Prys van VS-dollar in rand R14 R13 V1 A V H1 H2 Hoeveelheid VS-dollar 2.2.1 Identifiseer die wisselkoersstelsel in die grafiek hierbo. (1) 2.2.2 Wat was die oorspronklike rand/dollar-wisselkoers voordat die vraag na VS-dollar gestyg het? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term wisselkoers. (2) 2.2.4 Hoe het die stygende vraag na VS-dollar die waarde van die rand beïnvloed? (2) 2.2.5 Wat kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank doen om die waarde van die rand teenoor die dollar te versterk? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/November 2018 NSS 2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NASIONALE INKOMSTE-TOTALE – SUID-AFRIKA OPSOMMING VAN BRUTO BINNELANDSE PRODUK R miljoen (TEEN HUIDIGE PRYSE) 2016 Vergoeding van werknemers 2 051 326 Netto bedryfsurplus 1 130 210 Vastekapitaalverbruik 613 605 Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste 3 795 141 Ander belastings op produksie 86 008 Ander subsidies op produksie 9 935 Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse 3 871 214 Belasting op produkte 484 059 Subsidies op produkte 16 415 Bruto binnelandse produk teen markpryse (A)? [Bron: SARB Kwartaalblad, Junie 2017] 2.3.1 Identifiseer die produksiefaktor in die tabel hierbo wat die grootste deel van die nasionale inkome ontvang. (1) 2.3.2 Watter metode is gebruik om die syfers hierbo te bereken? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term basiese pryse. (2) 2.3.4 Verduidelik kortliks hoe subsidies produksie kan beïnvloed. (2) 2.3.5 Bereken die bruto binnelandse produk teen markpryse (A). Toon ALLE berekeninge. (4) 2.4 Bespreek kortliks prysbeleid en parastatale as probleme van publieke sektor- voorsiening. (2 x 4) (8) 2.5 Bereken die verandering in totale inkome as daar 'n R20 miljard-inspuiting in die ekonomie is met 'n marginale spaargeneigdheid van 0,3. Toon hoe die vermenigvuldiger-effek die owerheid kan beïnvloed om meer werk te skep. Toon ALLE berekeninge. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/November 2018 NSS VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE herstelbeleide wat Suid-Afrika sedert 1994 gebruik het. (2 x 1) (2) 3.1.2 Watter uitwerking sal toenemende verstedeliking op die ekonomie hê? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NOORD-SUID-VERDELING Ek wens ek kon alles verwerk voordat ek dit uitvoer … NOORD SUID Dit strek nie tot voordeel van 'n land as die meeste landbouprodukte in hulle natuurlike vorm uitgevoer word nie. [Aangepas uit www.wikipedia, 2016] 3.2.1 Noem enige EEN landbouproduk wat na lande in die noorde uitgevoer word. (1) 3.2.2 Gee enige rede vir die swak ekonomiese toestande van lande in die Suide. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term Noord-Suid-verdeling. (2) 3.2.4 Verduidelik lewenstandaarde van lande in die Noordelike Halfrond. (2) 3.2.5 Watter positiewe impak sal globalisering op die Noord-Suid- verdeling hê? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/November 2018 NSS 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KLEINSAKE-ONTWIKKELING IN SUID-AFRIKA Klein-, medium- en mikro-ondernemings is die stukrag van groei in Suid-Afrika, en dra tussen 52% en 57% van die BBP by. Dit verskaf 60% van alle werksgeleenthede, in vergelyking met die korporatiewe en owerheid- sektore. Die owerheid verskaf opleiding, indiensnemingsubsidies en finansiering aan KMMO's. [Aangepas uit Stats SA Kwartaallikse Arbeidsmag-verslag, 2016] 3.3.1 Watter positiewe uitwerking kan kleinsake-ontwikkeling op markte hê? (1) 3.3.2 Waarom is dit belangrik dat die owerheid finansiële hulp aan KMMO's verskaf? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomies bedrywige bevolking. (2) 3.3.4 Verduidelik kortliks hoe die Departement van Handel en Nywerheid (DHN) kleinsake-ontwikkeling in Suid-Afrika ondersteun. (2) 3.3.5 Hoe kan die vestiging van meer KMMO's in Suid-Afrika bevorder word? (2 x 2) (4) 3.4 Hoe kan die Kritieke Infrastruktuurprogram (KIP) en die Buitelandse Investeringstoelae (BIT) nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika verbeter? (2 x 4) (8) 3.5 Evalueer die moontlike sukses van spesiale ekonomiese sones in Suid-Afrika. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/November 2018 NSS VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van produksie-aanwysers. (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom verkies ontwikkelde lande die idee van vryhandel? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. (mj) R200 R175 Belastinginkomste R150 R100 0 10 20 45 65 100 Belastingkoers % 4.2.1 Identifiseer die kromme in die grafiek hierbo. (1) 4.2.2 Teen watter belastingkoers sal die owerheid se inkomste maksimeer? (1) 4.2.3 Hoeveel inkomste sal die owerheid ontvang as die belastingkoers 100% is? (2) 4.2.4 Watter uitwerking sal 'n daling in die belastingkoers van 65% na 45% op belastinginkomste hê? (2) 4.2.5 Watter gevolge kan 'n 1%-styging in BTW op die verskillende rolspelers in die Suid-Afrikaanse ekonomie hê? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/November 2018 NSS 4.3 Bestudeer die staafgrafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRUTO BINNELANDSE PRODUK – 'N EKONOMIESE AANWYSER HOE HET SUID-AFRIKAANSE NYWERHEDE IN DIE EERSTE KWARTAAL VAN 2017 PRESTEER? Nywerheidsgroei in die eerste kwartaal van 2017 in vergelyking met die eerste kwartaal van 2016* Landbou Mynbou BBP Persoonlike dienste -0,7% Owerheid Finansies Konstruksie Vervoer Vervaardiging Elektrisiteit Handel *Seisoensaanpassing en geannualiseer [Aangepas uit Stats SA BBP, 2017] 4.3.1 Watter syfer dui daarop dat die BBP-groeikoers nie voldoende was nie? (1) 4.3.2 Identifiseer die sektor wat die minste tot die BBP hierbo bygedra het. (1) 4.3.3 Gee 'n rede hoekom handel so swak ten opsigte van die totale BBP presteer het. (2) 4.3.4 Hoekom word slegs reële BBP-syfers gebruik om ekonomiese produksie wat in verskillende jare voorgekom het, te vergelyk? (2) 4.3.5 Wat kan die Suid-Afrikaanse owerheid doen om 'n beter ekonomiese groeiprestasie te verseker? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks gesondheid as 'n sosiale aanwyser. (4 x 2) (8) 4.5 Hoe kan ontwikkelende lande die oorlewing van arbeidsintensiewe nywerhede in 'n globale ekonomie verseker? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/November 2018 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Maak seker dat antwoorde die struktuur wat hieronder aangedui word, volg sodat die maksimum aantal punte behaal kan word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2 • 'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer. • Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/ Maks. 26 Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die Maks. 10 gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat alreeds genoem is, te herhaal • Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk • 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek AL die kenmerke onderliggend aan die vooruitskatting van sakesiklusse, die ekonomiese aanwysers uitgesluit. (26 punte) • Waarom is prysstabiliteit belangrik om uiterste prysskommelings in sakesiklusse te voorkom? (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek die vraagkantbenadering in die bevordering van ekonomiese groei. (26 punte) • Evalueer die sukses van die uitgebreide openbarewerke-program om armoede en werkloosheid te verminder. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all