Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
NATIONAL
SENIOR SERTIFIKAAT
CERTIFICATE
GRAAD
GRADE 12
ECONOMICS
EKONOMIE
PAPER
V1 1
MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS
NOVEMBER
MARCH 2016
2019
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--618dbdee-e64c-45f5-9118-413e4c86db2a/v1-318cfb2f768f35806c6c/card.webp)



View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 559.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2019
Questions in this paper
- Question 1.1Business cycles and forecasting16 marks
- Question 1.2Business cycles and forecasting8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier12 marks
- Question 2The role of the public sector32 marks
- Question 3South African economic and social indicators40 marks
- Question 4The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Lees die vrae aandagtig deur.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 'n Tydperk waar daar 'n algemene toename in ekonomiese
aktiwiteite is, staan as 'n … bekend.
A afswaai
B opswaai
C depressie
D resessie
1.1.1 Nasionale inkome sal styg as …
A G + I + X > S + T + M.
B G + I + X < S + T + M.
C G + I + X = S + T + M.
D S + T + M > G + I + X.
1.1.3 Aanwysers wat gelyktydig met en in dieselfde rigting as die
ekonomie verander, staan as … aanwysers bekend.
A leidende
B sloerende
C saamgestelde
D samevallende
1.1.4 Waar een land goedere of dienste goedkoper as 'n ander land
binne 'n gegewe tyd kan produseer, word dit … genoem.
A vergelykende voordeel
B absolute voordeel
C ruilvoet
D vryhandel
1.1.5 Die Lafferkromme toon die verband tussen …
A belastinginkomste en belastingkoers.
B inkome en besteding.
C nominale en reële syfers.
D belastinginkomste en lone.
1.1.6 Produksie, as 'n ekonomiese aanwyser, is aan … verwant.
A buitelandse handel
B inflasie
C geldvoorraad
D reële BBP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2019
NSS
1.1.7 Die Departement van Handel en Nywerheid se inisiatief wat op
die verbetering van mededingendheid in produksie fokus, word
die … genoem.
A Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk
B Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie
C Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
D Kleinsake-ondersteuningsprogram
1.1.8 Die vraagkantbeleid hou met … verband.
A 'n verlaging in koste
B verbetering van die doeltreffendheid van insette
C die invloed op inflasie en werkloosheid
D die verbetering van die doeltreffendheid van markte (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Lekkasies A beraam syfers of neigings in die
toekoms uit feite wat bekend is
1.2.2 Eksogene benadering
B 'n land se uitvoerpryse word met sy
1.2.3 Menslike-ontwikkelings- invoerpryse vergelyk
indeks
C die verwydering van wette, regulasies
1.2.4 Ekstrapolasie en reëls deur die owerheid
1.2.5 Portefeuljebelegging D faktore wat onafhanklik van mekaar
sakesiklusse beïnvloed en buite die
1.2.6 Ruilvoet ekonomie ontstaan
1.2.7 Bruto binnelandse produk E 'n handelsbeleid waar die staat die
invoer van sekere goedere en dienste
1.2.8 Deregulasie
ontmoedig om plaaslike nywerhede
te beskerm
F uitvloei van geld uit die ekonomie
G totale waarde van finale goedere en
dienste wat binne die grense van 'n
land vir 'n spesifieke tydperk
geproduseer is
H koop van finansiële bates soos
aandele in maatskappye op die
effektebeurs van 'n ander land
I die welstand van mense bepaal deur
gesondheid, onderwys en inkome
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2019
NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal nie aanvaar word nie.
1.3.1 Die aanvanklike verandering in besteding lei tot 'n proporsioneel
groter styging in die nasionale inkome
1.3.2 Die punt waar die ekonomiese inkrimping op sy laagste is
1.3.3 'n Oordrag van funksies en eienaarskap van die openbare sektor
na die privaat sektor
1.3.4 'n Styging in die prys van 'n geldeenheid in terme van 'n ander
geldeenheid as gevolg van markkragte
1.3.5 Die beweging van invoere en uitvoere tussen lande sonder enige
beperkings
1.3.6 Die sosiale aanwyser wat met die grootte van die land se bevolking
verband hou (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE tipes sakesiklusse wat in 'n markekonomie aangetref
word. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom sal 'n styging in invoertariewe die Suid-Afrikaanse
ekonomie bevoordeel? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ai! Dit lyk asof ek die
mediumtermyn-
bestedingsraamwerk sal
moet wysig.
ESKOM-
BEGROTING 2019
BEGROTING
[Aangepas uit Google images.com]
2.2.1 Noem enige EEN staatsbeheerde onderneming in die land. (1)
2.2.2 Wat is die huidige BTW-koers in Suid-Afrika? (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term Mediumtermyn-begrotingbeleids-
verklaring. (2)
2.2.4 Verduidelik kortliks die verband tussen die hoofbegroting en die
MTBR. (2)
2.2.5 Wat kan die owerheid doen om die huidige finansiële uitdagings
van staatsbeheerde ondernemings op te los? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2019
NSS
2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FINALE VERBRUIKSBESTEDING DEUR HUISHOUDINGS
teen konstante 2010-pryse
2012 2015 2018
Duursame goedere 175 675 183 493 192 049
Halfduursame goedere 153 492 172 570 187 892
Nieduursame goedere 673 670 693 594 711 569
Dienste 765 528 804 000 845 886
TOTAAL 1 768 365 1 853 657 1 937 396
[Bron: Quarterly Bulletin, SA Reserwebank, Maart 2019]
2.3.1 Identifiseer die jaar wat tans deur die Reserwebank as 'n basisjaar
gebruik word. (1)
2.3.2 Gee enige EEN voorbeeld van nieduursame goedere. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term teen konstante pryse. (2)
2.3.4 Hoekom is daar 'n toename in huishoudelike besteding terwyl
werkloosheid voortdurend styg? (2)
2.3.5 Hoe sal 'n styging in die terugkoop(repo-)koers die ekonomie
beïnvloed? (2 x 2) (4)
2.4 Gebruik die grafiek hieronder om die impak van 'n toename in uitvoere na
China op die waarde van die rand te verduidelik.
Prys van joean
uitgedruk in rand V A
A1
R2,00
R1,40
A V
A1
0 100 150
Hoeveelheid Chinese joean
(4 x 2) (8)
2.5 Met verwysing na die Phillips-kromme, ontleed die verband tussen inflasie en
werkloosheid. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE tipes ekonomiese aanwysers wat met
prysveranderinge verband hou. (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat kan plaaslike owerhede doen om protesoptogte oor
dienslewering te voorkom? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SKOON ENERGIE IN AFRIKA STAAN VOOR 'N KORTSLUITING
Daar is 'n groot vraag maar 'n tekort aan opgeleide werkers.
In Sub-Sahara-Afrika, waar meer as 600 miljoen mense steeds nie toegang
tot elektrisiteit het nie, word nienetwerkelektrisiteit as een van die vinnigste
maniere beskou om energie te verskaf waar dit benodig word, veral aan
afgeleë en landelike gebiede.
Daar is egter slegs 'n paar opgeleide werkers wat skoon energiestelsels kan
beplan, installeer en in stand hou. In Sub-Sahara-Afrika is daar slegs
16 000 mense wat buite Suid-Afrika met hernubare energie werk. Dit gee
rekenskap van 0,1% van die wêreldwye hernubare-energie-arbeidsmag wat
globalisering beïnvloed.
[Aangepas uit Sunday Times, 3 Februarie 2019]
3.2.1 Watter ekonomiese aanwyser word in die uittreksel hierbo belig? (1)
3.2.2 Noem die sosiale aanwyser wat 'toegang tot elektrisiteit' insluit. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term globalisering. (2)
3.2.4 Watter impak sal 'n tekort aan opgeleide werkers op wêreldhandel
hê? (2)
3.2.5 Hoe kan onderwys, as 'n sosiale aanwyser, ongelykhede
verminder wat wêreldwyd ondervind word? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2019
NSS
3.3 Bestudeer die dialoog hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ek stem saam. Ja, dit is dalk so, maar die
Sedert demokrasie Nasionale Ontwikkelingsplan
(1994), het beleide, (NDP) hou baie belofte in!
soos GEAR, HOP
en AsgiSA, ons
teleurgestel.
Ek voel dat
owerheidsbeleide
nie veel vir
ekonomiese
ontwikkeling
gedoen het nie …
[Aangepas uit Google images.com]
3.3.1 Identifiseer die eerste owerheidsbeleid wat in 1994
geïmplementeer is om die wanbalans van die verlede te oorbrug. (1)
3.3.2 Gee EEN doelwit van die Nasionale Ontwikkelingsplan. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling. (2)
3.3.4 Hoekom het AsgiSA misluk? (2)
3.3.5 Hoe sal Suid-Afrika binne 'n dinamiese globale omgewing voordeel
trek as die NOP slaag? (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik die rol van internasionale instellings in die standaardisering van
'n land se aanwysers. (4 x 2) (8)
3.5 Hoe kan ongelyke lewenstandaarde wat met die Noord-Suid-verdeling
verband hou, hanteer word? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE tipes markte wat deel van die finansiële stelsel vorm.
(2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom is dit belangrik om bewegende gemiddeldes in die
vooruitskatting van sakesiklusse te gebruik? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WÊRELDMAGTE WAARSKU SUID-AFRIKA
Die presidensie het 'n ongehoorde memo oor korrupsie ontvang waarin die
vyf wêreldmagte die leiers van die land gewaarsku het dat die dryfkrag agter
beleggings kan misluk indien Suid-Afrika nie begin om op te tree teen diegene
wat staatskaping, korrupsie en ander ernstige misdade pleeg nie.
Die owerhede van die Verenigde Koninkryk en Switserland het verklaar
dat politieke verbintenis tot eerlike en etiese sakepraktyke algemeen
moet voorkom. Die VK en Switserland, saam met drie ander lande, het 'n
75%-belang in buitelandse direkte investering in Suid-Afrika wat definitief die
betalingsbalans negatief kan beïnvloed.
[Aangepas uit Sunday Times, 3 Februarie 2019]
4.2.1 Identifiseer die land in die uittreksel wat deel van die G8-lande
vorm. (1)
4.2.2 Wat is die impak van korrupsie op volle indiensneming as 'n
makro-ekonomiese doelwit? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term betalingsbalans. (2)
4.2.4 Hoekom sou openbare-sektor-mislukking tot ekonomiese
onstabiliteit lei? (2)
4.2.5 Hoe kan buitelandse direkte investering die groeikoers in Suid-
Afrika beïnvloed? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2019
NSS
4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Jô, miskien is dit nie die beste BRICS
tyd om ons eie handelsprotokol behoort
daar te stel nie!!! suksesvol
te wees!!!
[Aangepas uit Google Images, 2019]
TERREUR ARMOEDE RESESSIE
4.3.1 Noem enige EEN land wat 'n lid van BRICS is. (1)
4.3.2 Wat is die doel van BRICS? (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term resessie. (2)
4.3.4 Hoekom sal 'n resessie 'n groter uitwerking op opkomende
markekonomieë as op ontwikkelde ekonomieë hê? (2)
4.3.5 Hoe kan lande voordeel trek uit internasionale handels-
ooreenkomste? (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik kortliks die rol van huishoudings en die sakesektor in die
ekonomiese kringloopmodel. (2 x 4) (8)
4.5 Hoe kan die monetêre beleid tot ekonomiese groei bydra? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2019
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord Maks. 2
'n Goeie begin is om 'n sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te
definieer of te omskryf
Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie
Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie
Vermy enige bespreking van die hoofdeel in die inleiding
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe Maks. 10
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: Maks. 2
'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Ondersoek Suid-Afrika se uitvoerbevorderingshandelsbeleid. (26 punte)
Evalueer die sukses van beskerming as 'n handelsbeleid om nywerhede teen
buitelandse mededingers te beskerm. (10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in detail die Suid-Afrikaanse pogings (inisiatiewe) in streeksontwikkeling.
(26 punte)
Hoe suksesvol was die owerheid om nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika te
bevorder? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--618dbdee-e64c-45f5-9118-413e4c86db2a/v1-318cfb2f768f35806c6c/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 North West Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper