Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201912 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE NATIONAL SENIOR SERTIFIKAAT CERTIFICATE GRAAD GRADE 12 ECONOMICS EKONOMIE PAPER V2 1 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS NOVEMBER MARCH 2016 2019 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Lees die vrae aandagtig deur. 5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 6. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/November 2019 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 'n Kenmerk van monopolistiese mededingers is dat hulle … A 'n homogene produk produseer. B op lang termyn ekonomiese winste behaal. C volle beheer oor die prys het. D maklik die mark kan betree en uittree. 1.1.2 'n Sosiale voordeel is die somtotaal van private voordeel en … A eksterne voordeel. B interne voordeel. C private koste. D marginale koste. 1.1.3 Die aanbodkromme van die oligopolistiese mededinger neig … A negatief. B horisontaal. C positief. D vertikaal. 1.1.4 In enige mark is die gemiddelde inkomste dieselfde as die … A prys. B marginale inkomste. C aanbod. D wins. 1.1.5 Gedurende stagflasie ervaar 'n land lae ekonomiese groei en … gelyktydig. A hoë indiensneming B hoë werkloosheid C lae inflasie D beperkte ontwikkeling 1.1.6 Die ooreenkoms om 12 van die gevaarlikste vervaardigde chemikalieë te verban, is deur die … hanteer. A Basel Konvensie B Stockholm Protokol C Johannesburg Beraad D Kyoto Protokol Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/November 2019 NSS 1.1.7 Watter van die volgende is 'n voorbeeld van 'n omgewings- Wêrelderfenisterrein? A Sterkfonteingrotte B Robbeneiland C Kaapse Fynbosstreek D Vredefortkoepel 1.1.8 Natuurlike hulpbronne word op so 'n wyse bestuur dat dit vir die huidige en toekomstige generasies beskikbaar is: A Bewaring B Besoedeling C Hernuwing D Beskerming (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Eksplisiete koste A volhoubare ontwikkeling op maniere wat die omgewing beskerm 1.2.2 Deregulering B laer as markewewig vasgestel om 1.2.3 Kartel goedere meer bekostigbaar te maak 1.2.4 Maksimum pryse C volgehoue daling in die algemene prysvlak oor 'n tydperk 1.2.5 Produksieprysindeks D werklike besteding van 'n besigheid op 1.2.6 Groen ekonomie die aankoop of huur van insette nodig vir die produksieproses 1.2.7 Deflasie E mense wat van hulle eie lande reis om 1.2.8 Uitgaande toeris ander lande te besoek F groep produsente wat soortgelyk aan 'n kollektiewe monopolie funksioneer G niemand kan as gevolg van niebetaling van verbruik uitgesluit word nie H gemeet waar ingevoerde goedere die land inkom en vervaardigde goedere die fabriek verlaat I verwydering van onnodige wette en regulasies om doeltreffendheid te verbeter (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/November 2019 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 'n Situasie waar totale inkomste aan totale koste gelyk is 1.3.2 'n Onvolmaakte markstruktuur wat oor lang termyn 'n normale wins maak 1.3.3 Die tydperk waar ten minste een produksiefaktor vas bly 1.3.4 Mense reis na en bly in plekke buite hul gewone omgewing vir nie meer as een aaneenlopende jaar nie 1.3.5 Tipe inflasie wat prysveranderinge van alle finale goedere en dienste meet, nie net dit in die geselekteerde mandjie nie 1.3.6 'n Lisensie wat aan besighede gegee word wat hulle toelaat om tot op 'n sekere vlak te besoedel (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/November 2019 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van vaste koste. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom is besighede onder die volmaakte markstruktuur prysnemers? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MARKMISLUKKING – NEGATIEWE EKSTERNALITEIT MSK (S1) Prys sosiaal optimale uitset A MPK (S) markewewig Hoeveelheid [Aangepas uit Google images.com] 2.2.1 Gee 'n voorbeeld van 'n negatiewe eksternaliteit. (1) 2.2.2 Benoem die gearseerde gebied (A) in die grafiek hierbo. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term sosiale koste. (2) 2.2.4 Verduidelik 'n gebrek aan inligting aan entrepreneurs as 'n oorsaak van markmislukking. (2) 2.2.5 Hoekom is die sosiaal optimale uitset meer voordelig vir die gemeenskap? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/November 2019 NSS 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MEDEDINGINGSKOMMISSIE VERBIED SAMESMELTING Die Mededingingskommissie het in Februarie 2018 die voorgestelde samesmelting van SA Airlink (Edms.) Bpk. en FlySafair (Edms.) Bpk. verbied. SA Airlink het 'n monopolie of amper-monopolie van die meeste roetes waar hulle vlieg. Aan die ander kant is FlySafair besig om te groei ten opsigte van bestaande roetes sowel as nuwe roetes wat hulle onderneem. [Aangepas uit Compcom.co.za] 2.3.1 Noem die Wet wat alle Suid-Afrikaners 'n gelyke geleentheid bied om regverdig aan ekonomiese aktiwiteite deel te neem. (1) 2.3.2 Watter instelling aanvaar of verwerp aanbevelings van die Mededingingskommissie? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die rol van die Mededingingsappèlhof. (2) 2.3.4 Hoe kan klein, medium- en mikro-ondernemings tot die doelwitte van die mededingingsbeleid bydra? (2) 2.3.5 Indien die samesmelting toegelaat sou word, hoe sou dit die betrokke maatskappye bevoordeel? (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek kortliks produktiewe ondoeltreffendheid en toedelings- ondoeltreffendheid ten opsigte van markmislukking. (2 x 4) (8) 2.5 Evalueer die impak van onvolmaakte mededinging op verbruikers. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/November 2019 NSS VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee TWEE redes vir groei in die toerismebedryf in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoekom is kerninflasie laer as hooflyninflasie? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Internasionale Toeriste-aankomste (% verandering) 2017 (Januarie–Desember) 2018 (Januarie–Desember) Wêreld Europa Asië en die Amerikas Afrika Midde- Stille Oseaan Ooste [Bron: Wêreldtoerisme-organisasie-bulletin] 3.2.1 Waarvandaan het die meeste inkomende toeriste gedurende 2017 gekom? (1) 3.2.2 Wat was die persentasie toename in toeriste vanaf die Midde-Ooste? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term saketoerisme. (2) 3.2.4 Hoekom is werkskepping in die toerismebedryf maklik? (2) 3.2.5 Wat behoort die owerheid te doen om toerisme te bevorder? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/November 2019 NSS 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. OMGEWINGSKWESSIES Oorbevolking Grondbesoedeling/Erosie Verlies aan biodiversiteit Besoedeling Ontbossing Verlies aan skoon drinkwater [Bron: Shoutslogans.com] 3.3.1 Watter land het die grootste bevolking ter wêreld? (1) 3.3.2 Identifiseer die omgewingsprobleem verwant aan die verwydering van bome en plantlewe. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term biodiversiteit. (2) 3.3.4 Op watter manier kan die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (CITES) die verlies aan biodiversiteit hanteer? (2) 3.3.5 Hoe kan omgewingsubsidies gebruik word om omgewingskade te verminder? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die voordele van toerisme vir die owerheid en infrastruktuur. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe kan lande bydra om oseaan(see-)besoedeling te verminder? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/November 2019 NSS VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE eienskappe van publieke goedere. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe beïnvloed inflasie beleggers positief? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Prys V A Prys Koste MK GK Inkomste A1 e 10 10 v=MI=GI e1 7 7 v1=MI1=GI1 A A1 V 0 100 140 Hoeveelheid (mln) 0 500 600 Hoeveelheid NYWERHEID INDIVIDUELE PRODUSENT 4.2.1 Waar sny die marginalekoste-kromme (MK) die gemiddelde kostekromme (GK)? (1) 4.2.2 Identifiseer die prys waar die individuele produsent 'n ekonomiese wins sal maak. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term marginale koste. (2) 4.2.4 Hoekom is die marginale inkomstekromme (MI) in die volmaakte mark dieselfde as die vraagkromme? (2) 4.2.5 Verduidelik hoe langtermynewewig in die mark bereik word. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/November 2019 NSS 4.3 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Vergeet die alledaagse SANPARKE Ongerepte natuur! 'n Onvergeetlike ondervinding! Suid-Afrika dis moontlik [Aangepas uit www.google.com] 4.3.1 Watter tipe toerisme word in die prent hierbo uitgebeeld? (1) 4.3.2 Watter organisasie is vir die bemarking van toerisme in Suid-Afrika verantwoordelik? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsels. (2) 4.3.4 Hoekom is dit nodig om besoeke aan die verskillende SANParke in Suid-Afrika te beheer? (2) 4.3.5 Hoe kan die bemarking van Wêrelderfenisterreine plaaslike gemeenskappe bevoordeel? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik, met die hulp van 'n grafiek, die impak van minimum pryse op die mark. (8) 4.5 Hoe suksesvol was Suid-Afrika tot dusver om onderrig/opleiding te gebruik om omgewingsvolhoubaarheid te verseker? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/November 2019 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om 'n sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te definieer of te omskryf.  Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.  Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie.  Vermy enige bespreking van die hoofdeel in die inleiding. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Ontleed/Onderskei/Interpreteer/ Maks. 10 Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor Slot Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek, met die hulp van grafieke, hoe ekonomiese wins en ekonomiese verlies in 'n monopoliemark bepaal word. (26 punte)  Hoekom weerspreek die werksprestasie van natuurlike monopolieë die langtermyn- ewewigsposisie van 'n monopolie? (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Ondersoek in detail die oorsake van kostedruk-inflasie. (26 punte)  Ontleed die negatiewe impak van geadministreerde pryse op die ekonomie. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all