Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V1
FEBRUARIE/MAART 2018
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 586.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC Supplementary Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1.1South African economic and social indicators16 marks
- Question 1.2South African economic and social indicators8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier12 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3South African economic and social indicators40 marks
- Question 4The role of the public sector40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs blou of swart ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Die owerheid is verantwoordelik vir ... sektorvoorsiening.
A privaat-
B buitelandse-
C openbare-
D finansiële-
1.1.2 Die totale vergoeding wat die eienaars van produksiefaktore
ontvang, word nasionale ... genoem.
A produksie
B besteding
C uitvoere
D inkome
1.1.3 Die wisselkoersstelsel wat deur Suid-Afrika gebruik word, staan as
die ... wisselkoersstelsel bekend.
A vaste
B beheerde swewende
C vryswewende
D goudstandaard-
1.1.4 Daar word na die ... verwys as 'n aanduiding van langtermyngroei
in die ekonomie.
A tendenslyn
B amplitude
C lengte
D trog
1.1.5 Die aantal jare wat 'n pasgebore baba waarskynlik sal leef, staan
as ... bekend.
A lewensverwagting
B bevolking
C voeding
D bevolkingsgroei
1.1.6 Globalisering maak lande ekonomies meer ...
A geïsoleerd.
B interafhanklik.
C gestruktureerd.
D onafhanklik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.1.7 Huishoudings in Suid-Afrika spandeer die meeste van hul inkomste
aan ...
A duursame goedere.
B semiduursame goedere.
C nieduursame goedere.
D dienste.
1.1.8 'n Aanwyser wat oor die algemeen gebruik word om die
produksiekoste te meet, staan as die ...-indeks bekend.
A verbruikersprys
B produksieprys
C koptelling
D prys (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Vermenigvuldiger A verwydering van onnodige wette,
regulasies en regeringsbeheer wat met
1.2.2 Kapitaalmark markte inmeng
1.2.3 Deregulering B koers waarteen die SARB geld aan
banke leen
1.2.4 Amplitude
C mense en hulle vaardighede wat vir
1.2.5 Ruilvoet produksie vereis word
1.2.6 Demografie D 'n klein aanvanklike styging in
besteding lei tot 'n proporsioneel groter
1.2.7 Inligting- en toename in totale nasionale inkome
kommunikasie-
tegnologie (IKT) E inligting oor die grootte en struktuur
van 'n bevolking
1.2.8 Mensekapitaal
F druk 'n land se uitvoerpryse ten opsigte
van hulle invoerpryse uit
G langtermyn finansiële instrumente,
byvoorbeeld verbande
H meet die afstand van ossillasie van 'n
veranderlike vanaf die tendenslyn na
die piek en trog
I 'n sleutelgroeisektor van die
Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. GEEN
afkortings of akronieme sal aanvaar word nie.
1.3.1 Die eienaars van die produksiefaktore in die ekonomie
1.3.2 'n Opsomming van die waarde van verskillende leidende
aanwysers in 'n enkele waarde
1.3.3 'n Opgawe van 'n land se handels- en finansiële transaksies met
die res van die wêreld
1.3.4 Goedere wat skadelik vir die samelewing is, byvoorbeeld sigarette
1.3.5 Die belangrikste bron van inkomste vir die staat
1.3.6 Moedig investering in vervaardiging, landbou en mynbou aan
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van lekkasies. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom behoort die openbare sektor aan die bestuur van die
ekonomie deel te neem? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRUTO WAARDE TOEGEVOEG VOLGENS DIE TIPE EKONOMIESE AKTIWITEIT
Teen huidige pryse (R miljoen) 2014 2015 2016
Primêre sektor 369 683 368 300 398 770
Sekondêre sektor 723 562 772 875 815 816
Tersiêre sektor 2 324 815 2 484 291 2 654 870
Bruto waarde toegevoeg teen basiese 3 418 060 3 625 466 3 869 456
pryse
Teen konstante 2010-pryse (R miljoen) 2014 2015 2016
Primêre sektor 303 563 307 875 291 143
Sekondêre sektor 556 028 555 915 556 935
Tersiêre sektor 1 888 785 1 919 390 1 945 596
Bruto waarde toegevoeg teen basiese 2 748 376 2 783 180 2 793 674
pryse
[Bron: SARB Quarterly Bulletin, Maart 2017]
2.2.1 Watter metode is in die berekening van die bruto binnelandse
produk (BBP) hierbo gebruik? (1)
2.2.2 Watter jaar word tans as die basisjaar deur die Suid-Afrikaanse
Reserwebank (SARB) gebruik? (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term bruto nasionale produk. (2)
2.2.4 Watter sektor se bydrae tot die BBP het sedert 2014 bestendig
verhoog? (2)
2.2.5 Wat het tussen 2015 en 2016 gebeur met die waarde deur die
primêre sektor toegevoeg? Motiveer jou antwoord. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
REËLE SAKESIKLUS
P1
105
Indeks van ekonomiese aktiwiteite
104
103 b
P2
102
101 d
B
100
99 c
a e
98
T2
97 T3
T1
Jaar
2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011
BBP
2.3.1 Identifiseer 'n trog in die sakesiklus hierbo. (1)
2.3.2 In watter jaar is die eerste sakesiklus in die grafiek hierbo volledig
voltooi? (1)
2.3.3 Bespreek kortliks die term reële (werklike) sakesiklus. (2)
2.3.4 Hoe kan die Suid-Afrikaanse owerheid staatsbesteding as fiskale
maatreël gebruik om die ekonomie te stimuleer? (2)
2.3.5 Hoe kon die Suid-Afrikaanse Reserwebank voorkom het dat die
sakesiklus skerp na T3 gedaal het? (2 x 2) (4)
2.4 Beskryf kortliks ekonomieë van skaal (skaalbesparings) en keuse as
argumente ten gunste van vryhandel. (2 x 4) (8)
2.5 Verduidelik, met behulp van 'n goed benoemde Laffer-kromme, die uitwerking
van 'n belastingkoerstoename op staatsinkome. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE basiese dienste wat 'n mens se
lewenstandaard beïnvloed. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan KMMO's ekonomiese groei ondersteun? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MENSLIKEONTWIKKELINGSAANWYSERS
Die indeks van die Verenigde Nasies wat op menslike ontwikkeling fokus,
plaas Suid-Afrika in die onderste helfte van die ranglys. Dit is 'n jaarverslag
deur die VN wat lande volgens hul lewenstandaarde ten opsigte van drie
aanwysers op 'n ranglys plaas: bruto inkome per capita, lewensverwagting en
onderwys.
In Suid-Afrika is lewensverwagting by geboorte 57,4 jaar, met 'n gemiddelde
verwagte skoling van 13,6 jaar. Bruto inkome per capita in die land is baie
laag en hoë vlakke van ongelykheid kom steeds voor.
[Aangepas uit VN Menslikeontwikkelingsindeksverslag, 2016]
3.2.1 Identifiseer in die uittreksel hierbo die internasionale instelling wat
statistiek oor menslike ontwikkeling voorberei. (1)
3.2.2 Noem EEN aanwyser in die uittreksel wat by die meting van
lewenstandaard gebruik word. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks hoekom verstedeliking 'n ekonomiese aanwyser is. (2)
3.2.4 Beskryf kortliks hoekom verstedeliking 'n sosiale aanwyser is. (2)
3.2.5 Hoe behoort groot onderwysongelykhede opgelos te word om die
lewenstandaard van Suid-Afrikaners te verbeter? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN – VISIE VIR 2030,
ONS TOEKOMS – LAAT DIT WERK
Suid-Afrika se vernaamste uitdaging is om armoede en ongelykheid uit die
weg te ruim. Om lewenstandaarde tot die minimum vlak in die plan
voorgestel, te verhoog, sal verbeterde onderrig behels. Die NOP fokus op die
kritiese vermoëns wat nodig is om die ekonomie en samelewing deur
verhoogde ekonomiese groei te verander.
[Aangepas uit NOP]
3.3.1 Watter uitdaging moet Suid-Afrika teen 2030 aanpak, volgens die
uittreksel hierbo? (1)
3.3.2 In die uittreksel hierbo, identifiseer EEN manier waarop Suid-Afrika
die uitdagings waarvoor dit te staan kom, kan minimaliseer. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese groei. (2)
3.3.4 Watter ekonomiese voordeel sal die implementering van die
Nasionale Ontwikkelingsplan op die ekonomie van Suid-Afrika hê? (2)
3.3.5 Hoe kan armoede en ongelykheid in Suid-Afrika hanteer word?
(2 x 2) (4)
3.4 Beskryf kortliks die repokoers en geldvoorraad as ekonomiese aanwysers.
(2 x 4) (8)
3.5 Hoekom is dit vir die owerheid belangrik om van tyd tot tyd die prestasie van
die ekonomie te evalueer? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Gee enige TWEE redes vir openbaresektor-mislukking. (2 x 1) (2)
4.1.2 Watter uitwerking sal die instelling van 'n groen ekonomie op die
nywerheidsontwikkelingsplan van Suid-Afrika hê? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MINI-BEGROTING 2016
'Belastingverhogings sal nie die armes benadeel nie …,' was die belofte van
die Minister van Finansies tydens sy mediumtermyn-
begrotingsbeleidverklaring. In Suid-Afrika is 10% van die bevolking
verantwoordelik vir 37% van alle persoonlike inkomstebelasting aan die staat.
Bykomende belastings word ook in die vorm van belasting op toegevoegde
waarde (BTW) en brandstofheffings gehef, terwyl suikerbelasting en
koolstofbelasting moontlikhede in die toekoms is. Ekonome het gemeen dat 'n
styging in BTW die kleinste negatiewe uitwerking op inkomegelykheid in
Suid-Afrika sou hê, terwyl 'n styging in persoonlike inkomstebelasting of
maatskappybelasting meer skadelik sou wees.
[Aangepas uit Finance Week, Oktober 2016]
4.2.1 Wie lewer die begrotingstoespraak in die Parlement? (1)
4.2.2 Identifiseer die soort begroting in die uittreksel hierbo. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term begroting. (2)
4.2.4 Wat is die hoofdoelwit van die heffing van suikerbelasting? (2)
4.2.5 Verduidelik hoekom 'n styging in BTW 'n negatiewe uitwerking op
die ekonomie sal hê. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONES (NOS)/
SPESIALE EKONOMIESE SONES (SES)/KORRIDORS IN SUID-AFRIKA
Suid-Afrika se Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe bestaan uit die volgende:
1. Maputo-ontwikkelingskorridor 6. Weskus-beleggingsinisiatief
2. Lubombo-korridor 7. Platinum-ROI
3. Richardsbaai-ROI 8. Phalaborwa-ROI
4. Wildekus-ROI 9. Coast 2 Coast-(Kus-tot-Kus)-korridor
5. Visrivier-ROI
Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleide is in die Nywerheidsontwikkelingsprogram
(NOP) vasgelê, met die Departement van Handel en Nywerheid (DHN) as die dryfkrag
met betrekking tot nywerheids- en ruimtelike ontwikkeling. Die NOP sluit ROI's,
korridors, NOS'e en SES'e in.
[Aangepas uit Finance Week, Oktober 2016]
4.3.1 In die inligting hierbo, identifiseer 'n staatsdepartement wat die
implementering van streeksontwikkelingsbeleidsrigtings dryf. (1)
4.3.2 Watter korridor word deur in die kaart hierbo verteenwoordig? (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term korridor. (2)
4.3.4 Wat is die doelwit van die regering met die aanneming van
streeksontwikkelingsbeleide? (2)
4.3.5 Hoe kan die instelling van spesiale ekonomiese sones (SES'e) die
ekonomie van Suid-Afrika bevoordeel? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
4.4 Verduidelik veranderinge in vraag en rentekoerse as maatreëls om die
onewewigtighede in die betalingsbalans reg te stel. (2 x 4) (8)
4.5 Hoe vergelyk Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleide met internasionale
maatstawwe ('benchmarks') ten opsigte van goeie staatsbeheer en
vennootskappe? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2
'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband
hou, te definieer.
Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/ Maks. 26
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
Maks. 10
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
alreeds genoem is, te herhaal
Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek invoervervanging as deel van Suid-Afrika se internasionale handelsbeleid
onder die volgende:
Metodes (13 punte)
Redes/Voordele (13 punte) (26 punte)
Beoordeel, met behulp van 'n grafiek, die uitwerking van 'n toename in
massaproduksie op internasionale handel. (10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die aanbodkantbenadering in die bevordering van groei en ontwikkeling
in Suid-Afrika en sluit die volgende in:
Doeltreffendheid (13 punte)
Koste om sake te doen (13 punte) (26 punte)
Hoe effektief was die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) om die
ongelykhede in Suid-Afrika se verlede op te los. (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper