Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V2
FEBRUARIE/MAART 2017
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2/v1-cb2a96f2ffed9fd37ab2/card.webp)




View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 327.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die antwoord en maak
'n kruisie (X) oor die letter (A–C) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.9 A B C D
1.1.1 Oor die lang termyn sal 'n individuele besigheid in volmaakte
mededinging in ewewig wees as marginale …
A inkomste gelyk is aan totale koste.
B koste gelyk is aan gemiddelde veranderlike koste.
C koste gelyk is aan marginale inkomste.
1.1.2 'n Onvolmaakte mark waar inligting volledig is:
A Monopolie
B Monopolistiese mededinging
C Oligopolie
1.1.3 Die vraagkromme van 'n monopolistiese mededinger …
A het 'n positiewe helling.
B het 'n negatiewe helling.
C is horisontaal.
1.1.4 'n Voorbeeld van 'n vastekoste-item:
A Elektrisiteit
B Huur
C Telefoon
1.1.5 Hooflyn-inflasie word deur die SARB gebruik om oor die vlak
van … te besluit.
A indiensneming
B die rentekoers
C produksie
1.1.6 Buitelanders wat na Suid-Afrika reis, word as … toeriste beskou.
A binnelandse
B uitgaande
C inkomende
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.1.7 Die bywoning van 'n sportgeleentheid is 'n voorbeeld van …
toerisme.
A kulturele
B eko-
C sake-
1.1.8 Kerninflasie sluit items met … pryse uit.
A hoë
B stabiele
C wisselvallige (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Marginale koste A die minimum verdienste vereis om te
voorkom dat 'n entrepreneur die
1.2.2 Samespanning besigheid verlaat
1.2.3 Belasting B die owerheid stel regulasies vas wat
omgewingstandaarde afdwing
1.2.4 Normale wins
C die addisionele koste wanneer 'n
1.2.5 Inflasie ekstra eenheid vervaardig word
1.2.6 Bevel en beheer D die storting van afval op die
aardoppervlak
1.2.7 Geweegde indeks
E 'n ooreenkoms tussen besighede met
1.2.8 Grondbesoedeling die doel om mededinging tussen hulle
te beperk
F ekonomiese wins
G inmenging deur die owerheid om
eksterne koste te verhaal
H toon die relatiewe belangrikheid van 'n
item in 'n mandjie goedere en dienste
wat in die berekening van inflasie
gebruik word
I 'n styging in die algemene prysvlak in
'n sekere jaar
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Markstruktuur waar slegs twee besighede die mark oorheers
1.3.2 Produkte wat identies en gestandaardiseerd is
1.3.3 'n Monopolie wat as gevolg van hoë ontwikkelingskoste bestaan
1.3.4 'n Inflasiekoers van meer as 50%
1.3.5 Die proses om die omgewing op so 'n wyse te bestuur dat dit
ongeskonde bly
1.3.6 Die verskaffing van goedere en dienste soos paaie, telefoonlyne,
radio- en televisiedienste (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE soorte ondoeltreffendhede wat in die onvolmaakte
mark kan voorkom. (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat sou gebeur as besighede in 'n oligopolistiese mark in
pryse meeding? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MONOPOLIE
P
KMK
KGTK
60
30
25
MI GI/V
50 80 Q
2.2.1 Wat is die verkoopprys vir die monopolis? (1)
2.2.2 Illustreer die ewewigsposisie hierbo 'n kort termyn of 'n
lang termyn? (1)
2.2.3 Hoekom sal 'n monopolis altyd op lang termyn 'n ekonomiese wins
maak? (2)
2.2.4 Wat is die vereiste vir hierdie monopolie om as 'n kunsmatige
monopolie geklassifiseer te word? (2)
2.2.5 Bereken die totale wins wat hierdie monopolis maak. Toon ALLE
berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VRAAG ≠ AANBOD
MARKMISLUKKING
… HOEKOM HET JY JOU
… DIE MAATSKAPPY HET
LAASTE WERK GELOS?
HULLE HERVESTIG EN MY
NIE GESÊ WAARHEEN
NIE.
[Aangepas uit Internet Cartoons]
2.3.1 Watter oorsaak van markmislukking word hierbo geïllustreer? (2)
2.3.2 Beskryf kortliks die term markmislukking. (2)
2.3.3 Hoe kan arbeid as 'n produksiefaktor meer beweeglik raak? (2)
2.3.4 Hoe poog die Suid-Afrikaanse regering om die probleem van
inkome-ongelykheid op te los? (2 x 2) (4)
2.4 Vergelyk monopolistiese mededinging met volmaakte mededinging. (4 x 2) (8)
2.5 Verduidelik hoekom owerhede somtyds met 'n projek voortgaan, selfs al
oorskry die private koste die private voordele in 'n kostevoordeel-ontleding. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE oorsake van koste-druk-inflasie. (2 x 1) (2)
3.1.2 Watter uitwerking sal groenbelasting hê op die produksie-uitset van
'n besigheid wat 'n negatiewe eksternaliteit veroorsaak? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INTERNASIONALE TOERISTE-AANKOMSTE IN SUID-AFRIKA
MARKTE 2014 2015
Afrika (land) 1 713 543 1 617 570
Afrika (lug) 102 006 95 332
Amerikas 107 859 92 710
Asië en Australasië 103 903 81 498
Europa 405 894 402 223
Totale toeriste-aankomste 2 435 341 2 292 169
[Bron: www.southafrica.net]
3.2.1 Identifiseer TWEE markte in die tabel wat in 2015 die meeste tot
toerisme in Suid-Afrika bygedra het. (2 x 1) (2)
3.2.2 Stel moontlike redes voor wat tot 'n algemene afname in
internasionale toerisme in 2015 gelei het. (2 x 2) (4)
3.2.3 Bereken die persentasie afname in totale toeriste-aankomste in
Suid-Afrika tussen 2014 en 2015. Toon ALLE berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
AARDVERWARMING EN KLIMAATSVERANDERING
Die omgewingsprobleme van aardverwarming en klimaatverandering is
werklike bedreigings vir die oorlewing van plante en diere. Deur verskeie
konferensies het die Verenigde Nasies gepoog om hierdie kwessies te
hanteer.
So, hierdie klimaats- Jip, ons behoort hierdie ou
verandering-ding kan 'n Klimaatsverandering:
probleempie binnekort uit te
probleem w ees … definitief 'n probleem.
klaar ...
Luister, jammer om soos 'n Ons het dit w erklik
ondersoek en dis nie stories Is hierdie ding aan?
stukkende plaat te klink …
nie.
[Aangepas uit www.google.co.za]
3.3.1 Wat is die uitwerking van die vrystelling van kweekhuisgasse op
die omgewing? (2)
3.3.2 Watter boodskap word deur hierdie spotprent oorgedra? (2)
3.3.3 Noem die internasionale ooreenkoms wat gesluit is om aan
aardverwarming en klimaatsverandering aandag te gee. (2)
3.3.4 Hoe kan die wêreld die neiging tot aardverwarming stop? (2 x 2) (4)
3.4 Onderskei tussen produsenteprysindeks en verbruikersprysindeks. (2 x 4) (8)
3.5 Hoekom word Suid-Afrika as 'n groot lugbesoedelaar in die wêreld beskou? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE metodes van nieprys-mededinging. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan 'n daling in besparing die ekonomie negatief beïnvloed?
(1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MINIMUM LONE
Daar is verskillende kategorieë in Suid-Afrika waar minimum lone toegepas
word: siviele ingenieurswese, kontrak-skoonmaakdienste, huiswerkers,
plaaswerkers, bosbou, gasvryheid, leierskaptoelaes, privaat sekerheid, groot-
en kleinhandel, taxi's en die minimum loon van die bedingingsraad. In die
Verenigde Koninkryk is daar egter 'n nasionale minimum loon wat alle
sektore insluit.
V A
a b
3 500
Lone
2 500 e
A
V
100 200 300
Getal werkers
4.2.1 Identifiseer enige TWEE sektore in Suid-Afrika waar minimum lone
toegepas word in die uittreksel hierbo. (2 x 1) (2)
4.2.2 Beskryf die term minimum loon kortliks. (2)
4.2.3 Wat is die voordeel om 'n nasionale minimum loon te hê, eerder as
'n minimum loon per sektor? (2)
4.2.4 Verwys na die grafiek hierbo en verduidelik die implikasie van die
R3 500 minimum loon wat deur die regering ingestel is. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
4.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INFLASIE EN EKONOMIESE GROEI
Inflasie was nog nooit goed vir die ekonomie nie. Wanneer verwagte inflasie
egter heers, doen owerhede regoor die wêreld die nodige stappe om inflasie
tot 'n sekere mate te verminder. Inflasie en ekonomiese groei is parallelle lyne
wat nooit kan kruis nie. Inflasie verminder die waarde van geld en maak dit vir
die gewone mens moeilik om te oorleef. Inflasie en ekonomiese groei is
onversoenbaar omdat eersgenoemde alle sektore raak.
[Bron: www.fin24.com]
4.3.1 Wat, volgens die uittreksel, is die effek van inflasie op geld? (2)
4.3.2 Beskryf die term stagflasie kortliks. (2)
4.3.3 Watter uitwerking het 'n styging in rentekoerse op inflasie? (1 x 2) (2)
4.3.4 Wat is die negatiewe effekte van inflasie op ekonomiese groei?
(2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik die rolle wat deur enige TWEE sleutelinstellings wat mededinging
in Suid-Afrika monitor, gespeel word. (2 x 4) (8)
4.5 Tot watter mate is inflasieteikens voordelig vir die ekonomie? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
In 'n volmaakte mark beïnvloed die nywerheid in 'n sekere mate die optrede van 'n
individuele besigheid.
• Verduidelik, met behulp van grafieke, die volgende oor 'n individuele besigheid
onder toestande van volmaakte mededinging:
o Die effek op prys indien die individuele vervaardiger sy uitset (aanbod)
vermeerder of verminder
o Die afleiding van die aanbodkurwe vanaf kostekurwes vir die individuele
vervaardiger (26)
• Verduidelik, sonder die gebruik van 'n grafiek, hoekom die prys van 'n produk
onder volmaakte mededinging gelyk sal wees aan die laagste punt van die
langtermyn gemiddelde kostekromme. (10) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Toerisme speel 'n belangrike rol en kan die ekonomie negatief of positief beïnvloed.
• Ondersoek die uitwerking van toerisme op die volgende:
o Armoede
o Indiensneming
o Eksternaliteite (26)
• Hoe kan Suid-Afrika binnelandse toerisme bevorder? (10) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2/v1-cb2a96f2ffed9fd37ab2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper