Skip to content

Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 12201717 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com 1 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V1 FEBRUARIE/MAART 2017 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 17 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A – trog  1.1.2 C – handelsliberalisering  1.1.3 A – vraag-en-aanbod  1.1.4 A – vryhandelsgebiede  1.1.5 B – monetêre  1.1.6 A – ongeskoolde  1.1.7 C – sentralisasie  1.1.8 C – Ontwikkelingsgemeenskap van Suidelike Afrika ('Southern African Development Community') (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 F – klein aanvanklike verandering in besteding skep 'n proporsioneel groter styging in nasionale inkome  1.2.2 H – koördineer handel en bevorder plaaslik vervaardigde produkte wêreldwyd  1.2.3 A – ekonomiese skommelinge wat deur oorsake buite die markstelsel beïnvloed word  1.2.4 B – verander nie tot nadat die sakesiklus verander het nie  1.2.5 I – hoë-inkomsteverdieners  1.2.6 C – weerspieël die demografiese en geslagsamestelling van 'n land  1.2.7 E – verhouding tussen insette en uitsette  1.2.8 D – sit die owerheid se breë benadering tot industrialisasie uiteen  (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Betalingsbalans  1.3.2 Laffer-kromme  1.3.3 Buitelandse wisselkoers / Forex  1.3.4 Korridor  1.3.5 Ekonomiese aanwyser  1.3.6 Lekkasie  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE monetêre beleidsinstrumente. • Repokoers / rentekoerse  • Opemarktransaksies  • Minimum kontantreserwe vereiste  • Morele oorreding  • Wisselkoersbeleid  (2 x 1) (2) 2.1.2 Identifiseer EEN voordeel van invoervervanging vir binnelandse huishoudings. • Meer werksgeleenthede / 'n styging in inkomste  • 'n Beter keuse van goedere en dienste / Groter verskeidenheid van produkte  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer EEN inspuiting in die diagram hierbo. Staatsbesteding / Regering aankope  (1) 2.2.2 Noem die tipe ekonomie wat deur die bostaande diagram uitgebeeld word. Geslote ekonomie / driesektor-ekonomie  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese kringloop. Die ekonomiesekringloop-vloeimodel van die ekonomie is 'n vereenvoudigde voorstelling hoe die ekonomie werk en die verwantskap tussen inkome, produksie en besteding in die ekonomie as 'n geheel  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.4 Wat is die belangrikste doelwit van sosiale oordragte? Herverspreiding van inkomste/armoede-verligting/regstelling van onewewigtighede uit die verlede / bevorder regverdigheid / verklein die gaping tussen ryk en arm  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne 2.2.5 Verduidelik kortliks die belangrikheid van die faktormark in die ekonomiese kringloop. • Die huishoudings besit the produksiefaktore, verkoop dit op die insetmark en ontvang 'n inkomste (loon, huur, rente en wins) om te gerbruik in die aankoop van goedere en dienste  • Besighede koop produksiefaktore aan vanaf die huishoudings op die faktormark en gebruik dit in die produksie van goedere en dienste  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die uitdaging waarvoor Suid-Afrika te staan kom om sukses te bereik op internasionale markte. 'Mededinging in 'n onregverdige wêreldekonomie'  (1) 2.3.2 Noem EEN handelsmerk in die uittreksel wat vanaf Korea ingevoer word. Samsung/Hyundai  (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term beskerming. Beskerming verwys na owerheidsbeleide en regulasies wat ontwerp is om plaaslike produsente van goedere en dienste te bevoordeel in hul mededinging by ingevoerde goedere, en help hul dus met hul oorlewing  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.4 Watter maatreëls kan die owerheid tref om te verseker dat plaaslike nywerhede beskerm sal word? Die owerheid kan: • invoerkwotas instel  • hoër tariewe op ingevoerde goedere hef • sekere goedere wat voorheen ingevoer was, verbied of beperk  • binnelandse nywerhede subsidieer  • 'n plaaslike inhoudsvereiste afdwing om indiensneming te beskerm  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne 2.3.5 Hoe kan plaaslike ondersteuning, na jou mening, lewe blaas in die Suid-Afrikaanse ekonomie? Deur uitvoere - • van surplusproduksie  • verdien die land meer buitelandse valuta / betalingsbalansewewig  • word werksgeleenthede geskep  • is daar 'n styging in verbruik van plaaslik vervaardigde produkte  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) 2.4 Onderskei tussen die amplitude en tendenslyn as kenmerke onderliggend aan vooruitskatting. Tendenslyn • Die tendens is die algemene rigting van die ekonomie  • Die tendenslyn wat stelselmatig styg, het 'n positiewe helling oor die langtermyn. Hierdie stygende lyn toon 'n groeiende ekonomie aan  • Die tendenslyn verteenwoordig die gemiddelde posisie van 'n sakesiklus Amplitude • Amplitude verwys na die afwyking van die tendenslyn na die trog en van die tendenslyn na die piek van die sakesiklus  • Dit toon die erns van elke fase van die sakesiklus, hoe korter die amplitude, hoe ligter is die resessie  • Hoe groter die amplitude, hoe meer buitensporig die veranderinge wat voorkom  • As die piek ver van die tendenslyn lê is die ondeerliggende oorsake van 'n uitbreiding baie sterk / as die piek baie naby aan die tendenslyn lê, is die onderliggende oorsake swak  (Enige 2 x 4) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote noem van feite / voorbeelde) (8) 2.5 Hoe kan die vestiging van meer arbeidsintensiewe nywerhede Suid- Afrika bevoordeel? Vestiging van meer arbeidsintensiewe nywerhede sal Suid-Afrika bevoordeel deur: • meer werksgeleenthede te verskaf  • meer hulpbronne te verwerk  • bv. mynbou, landbou en vervaardigingsaanlegte  • 'n groter verskeidenheid vaardighede en kennis aan die werkers oor te dra  • vakmanne, tegnici en ingenieurs te gebruik wat sal lei tot beter ekonomiese groei  • die lewenstandaard van inwoners te verbeter (ekonomiese ontwikkeling) • meer inkomste vir die staat te genereer deur inkomstebelasting  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote noem van feite/voorbeelde) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE aspekte wat gebruik kan word om lande in die Noord-Suid-verdeling te onderskei. • Ongelyke lewenstandaard  • Globalisering ongelykhede (uitdagings van globalisering)  • Omgewing  Enige (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is die verwantskap tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling? Ekonomiese groei behoort meer werksgeleenthede te verseker asook 'n beter inkomste vir meeste huishoudings, wat sal lei tot die verbetering van die lewenstandaarde van die mense  (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer EEN groei- en ontwikkelingsplan vir Suid-Afrika in die uittreksel hierbo. Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) / Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP)  (1) 3.2.2 Wat is die vernaamste doelwit van die HOP? Die verbetering in die lewens van die meeste Suid-Afrikaners / 'n beter lewe vir almal  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 3.2.3 Watter boodskap word in die inligting hierbo in 'n ekonomiese konteks uitgebeeld? Mense leef in armoede met 'n verwagting dat dinge gaan verander  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.4 Watter rol het die HOP in die verbetering sedert 1994 in die lewens van mense gespeel? Die HOP het: • die basiese behoeftes van mense bevredig • infrastruktuur-ontwikkeling verbeter • die fondasie vir volhoubare ekonomiese groei en werkskepping gelê • menslike hulpbronne ontwikkel • die veiligheid en sekuriteit van Suid-Afrikaanse landsburgers en die owerheid verseker • die owerheid getransformeer om ontwikkeling en mens- gesentreerde aard van die demokratiese staat weer te gee (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne 3.2.5 Hoe kan die NOP, na jou mening, 'n beter lewe vir almal skep? • Die NOP kan die ekonomiese aktiwiteite van die land ten volle herskep  • Dit kan bydra tot: 'n veranderde ingesteldheid van alle Suid- Afrikaners sodat elkeen beoordeel sal word volgens sy/haar vermoë en potensiaal/verminder armoede en ongelykheid in die gemeenskap  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Hoekom is dit belangrik, volgens die Minister van Handel en Nywerheid, vir ekonomieë in Afrika om te diversifiseer? Om in staat te wees om buitelandse direkte investering te lok  (1) 3.3.2 Watter nuwe benadering behoort lande te volg om besigheid te doen? Die benadering moet verbruik gebaseerd wees  (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die begrip gemeenskapsmark. Lande wat deel vorm van 'n gemeenskapsmark bevorder die vrye beweging van arbeid, kapitaal en geld tussen die grense van lidlande/mense kan werk en bly waar hulle wil in 'n gemeenskapsmark  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.4 Gee EEN rede hoekom ontwikkelende lande as deel van hulle beleidsrigtings op invoervervanging diversifiseer. • Die nywerheidsbasis van hul ekonomieë moet versterk en uitgebrei word  • Dit sal hulle minder afhanklik van ander lande maak en hul beheer oor hul eie ekonomieë gee / sny die risiko van wêreldwye fluktuasie in pryse en vraagprobleme uit  • Onervare vervaardigers kan nie met ander meeding nie, wat beskermingsmaatreëls regverdig  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.5 Hoe kan Suid-Afrika voordeel trek deur te fokus op toegevoegde waarde produksie? Suid-Afrika kan bevoordeel word deur: • oprigting van uitvoergedrewe nywerhede  • skepping van meer werksgeleenthede  • verbetering van vryhandel deur nuwe handelsvennote te vind • bv. BRICS  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne 3.4 Bespreek mededingendheid en belegging in mense kapitaal as gepaste Suid-Afrikaanse strategieë vir beste praktyk in nywerheidsontwikkeling. Mededinging • Maatskappye is meer gefokus, innoverend en doeltreffend as sterk mededinging aanwesig is  • Dit verbeter die kwaliteit van die vervaardigde produkte in sy geheel  • Nes tegnologiese vooruitgang, kan hoë kwaliteit produkte makliker uitgevoer word en meeding op 'n internasionale vlak  (Maks 4) Mensekapitaal • Die ontwikkeling van mensekapitaal deur vaardigheidsontwikkeling is van kritieke belang, omdat geskoolde werknemers meer produktief is as ongeskooldes  • Deur investering in mensekapitaal, is 'n land verseker van langtermyn ekonomiese groei  (Aanvaar indien in tabelvorm) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 4) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote noem van feite/voorbeelde) (8) 3.5 Hoe kan die ontwikkeling van klein besighede die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel? Klein besighede kan die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel deur: • leiding te gee om werk te skep vir struktureel-werklose mense wat mag lei tot 'n meer inklusiewe ekonomie  • bevordering van entrepreneursontwikkeling tussen vroue en jongmense in landelike gebiede waar werkloosheid baie hoog is  • Hulp te verskaf in die diversifisering van die ekonomie deur die verbetering van 'n verskeidenheid vaardighede aan te moedig  • Vergroot mededinging wat prysgewys die verbruiker die meeste sal bevoordeel (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote noem van feite/voorbeelde) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE vorme van invoervervanging. • Vrywillige  • Gedwonge  (2 x 1) (2) 4.1.2 Watter impak sal die verhoging in die BTW-koers hê op die lewenstandaard van armes? Dit sal hul verbruiksbesteding verlaag omdat hulle nou minder kan koop as voor die styging  (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Watter instelling verskaf die statistiek hierbo? Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB)  (1) 4.2.2 Watter item hou rekord van transaksies wat aan donasies en geskenke aan ander lande verwant is? Lopende oordragte  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die kapitaaloordragrekening as deel van die betalingsbalans. Dit is die netto bedrag wat transaksies en toelaes insluit verwant aan die besit van vaste bates, skuldkwytskelding en die waarde van huishoudings en persoonlike effekte en finansiële eise en laste van migrante  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.4 Gee EEN rede vir die daling in gouduitvoere. • Minder afhanklik van goud as waarde stabiliserende kommoditeit  • Wêreldwye resessie het gelot 'n lae goudprys  • Goudskagte wat sluit het gelei tot die afskaling van goudproduksie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.5 Bereken die handelsbalans vir 2015. Toon alle berekeninge. Handelsbalans = Goedere-uitvoere + Netto gouduitvoere – Goedere-invoere = R973 778  + R67 662  - R1 075 850  = - R34 410  (1 punt vir die korrekte antwoord sonder enige berekeninge) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer EEN groot uitdaging in die spotprent hierbo. Ongelykheid/armoede  (1) 4.3.2 Gee EEN negatiewe gevolg van armoede in die spotprent hierbo. Hongersnood/ondervoeding/misdaad  (1) 4.3.3 Waarna verwys die Mandela Erfenis? Die Mandela Erfenis het gepoog om die vernaamste probleem van armoede, maatskaplike en ekonomiese ongelykheid op te los en 'n deursigtige en demokratiese owerheid te skep waar wedersydse respek vir die mensdom bestaan  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.4 Stel EEN manier voor hoe Suid-Afrika van ongelykheid bevry kan word. • Regverdige verdeling van nasionale inkome  • Skepping van werksgeleenthede  • Skep 'n beleggers-vriendelike wetgewing wat BDI sal trek  • Verskaf onderwys en opleiding  • Moedig entrepreneurskap aan  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.5 Hoe kan menslike hulpbronne geteiken word om die probleme in die spotprent hierbo meer doeltreffend op te los? • Meer klem moet gelê word op onderwys, wat die grootste deel van die begrotingsbesteding ontvang, om almal betrokke by die onderwys te bevoordeel  • Die vernaamste vennote in die privaatsektor moet verantwoordelikheid neem om geskoolde werkers op verskillende vlakke te akkommodeer, en te fokus op vervaardiging wat arbeidsintensiewe produksiemetodes gebruik  (As die uitdagings genoem in die spotprent aangespreek word, moet die kandidaat se antwoord aanvaar word) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne 4.4 Bespreek kortliks spesiale ekonomiese sones as deel van Suid-Afrika se nywerheidsontwikkelingsplan. Spesiale Ekonomiese Sones (SES'e) • Geografies afgebakende gebied waar spesifieke ekonomiese aktiwiteite geïdentifiseer is om te ontwikkel  • Hierdie gebiede mag aansporings geniet soos belastingverligting en ondersteuningstelsels om nywerheidsontwikkeling te bevorder  • Dit skep 'n basis vir 'n wyer verskeidenheid nywerheidsparke  • Dit verskaf ook ekonomiese infrastruktuur om die doeltreffende groepering van waarde toevoeging en groter werkverskaffende vervaardigers moontlik te maak  Die doelwitte van SES'e • Bevorder vinnige ontwikkeling deur op te tree as 'n magneet vir investering in sleutel-groei gebiede  • Bemagtig die ontwikkeling van nuwe nywerheidstreke deur die skepping van nuwe nywerheids-kernpunte in onderontwikkelde streke en die versterking van bestaandes  • SES'e word gebruik vir die doeleindes soos uitvoerbevordering, sakeontwikkeling, stedelike vernuwing, landelike ontwikkeling en binnelandse of streeksproduksie  (Enige 4 x 2) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote noem van feite/voorbeelde) (8) 4.5 Hoe kan Suid-Afrika voordeel trek uit handel in wêreldmarkte? Suid-Afrika kan bevoordeel word uit handel in wêreldmarkte deur: • intensiewe deelname aan vryhandel wat doeltreffendheid sal verbeter deur uitskakeling van ekstra koste en vermorsing  • najaging van laer pryse wat die plaaslike verbruiker sal bevoordeel in die bevrediging van 'n groter verskeidenheid behoeftes  • toegang tot meer goedere en dienste geproduseer in ander lande wat die verskeidenheid waaruit hulle kan kies, vergroot  • bystand aan plaaslike produsente om produksie te verhoog en meer binnelandse produksiefaktore te gebruik, wat werkloosheid sal beperk en 'n positiewe uitwerking sal hê op die lewenstandaard van baie Suid- Afrikaners  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote noem van feite/voorbeelde) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10 Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE Die staat speel 'n betekenisvolle rol in 'n gemengde ekonomiese stelsel en is dus een van die grootste sektore in die ekonomie. • Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat. (26) • Hoe suksesvol is die implementering van Suid-Afrika se fiskale beleid? (10) [40] INLEIDING Ekonomiese groei word vereis vir ekonomiese ontwikkeling en kan alleen plaasvind as beleidsbeplanning in die land daardie beleide aanvaar wat volhoubaarheid van die ekonomie waarborg  (Maks 2) HOOFDEEL Prysstabiliteit  • Impliseer dat pryse in die ekonomie nie veel oor tyd verander nie  • Prysstabiliteit is die teenoorgestelde van inflasie  • As pryse relatief stabiel en inflasie laag is, kan markte optimaal funksioneer en die owerheid ekonomiese groei en ontwikkeling meer doeltreffend bevorder  • Die SARB streef daarna om die inflasiekoers binne die inflasieteiken van 3 tot 6% te hou  (Maks 6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 13 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne Wisselkoersstabiliteit  • As meer geld die land invloei as wat geld die land verlaat, kan ons 'n surplus op die betalingsbalans ervaar  • Die staat bevorder binnelandse produksie van surplusse om uitvoere te verhoog en deur die veranderinge in wisselkoerse te monitor  • Fluktuasies, soos depresiasie en apprresiasie van 'n geldeenhbeid, kan onsekerhede vir beleggers, produsente en kleinhandelaars skep  • Suid-Afrika gebruik 'n swewende wisselkoersstelsel, wat die wisselkoers toelaat om sy eie waarde te bepaal, gebaseer op vraag en aanbod  • Die Suid-Afrikaanse geldeenheid het aansienlik oor die laaste twee dekades gefluktueer  • Oor die laaste dekade het dit geappresieer om 'n piek van R6,36 vir 'n dollar te bereik teen die einde van 2005  • Daarna het dit skerp gedepresieer met 33% tot R8,44 per VS-dollar in 2010 en 2012  • Internasionale reserwes verhoog van 12,9% 'n dekade terug tot 28,67% in 2011  • Die SARB gebruik 'n vryswewende wisselkoersstelsel  • Onstabiliteit van wisselkoerse soos gedurende die laaste deel van die 2000s is 'n groot probleem vir besighede  • Die internasionale verwysingspunt is egter of die markkragte die koerse bepaal  Suid-Afrika stem ooreen met hierdie verwysingspunt  (Maks 6) Volle indiensneming  • Volle indiensneming beteken dat alle mense wat wil werk en werk soek, in staat is om werk te vind of werk vir hulself te skep / waar alle hulpbronne doeltreffend aangewend word  • Werkverskaffing in die formele nie-landbousektore van die ekonomie het teen 'n lae koers toegeneem  • Dit het egter in 2009 en 2010 na negatief verander as gevolg van die effek van die wêreldwye resessie  • Die gemiddelde groei van minder as een persent in die tien jaar was teleurstellend laag  • Die gevolg is dat die werkloosheidskoers van 15% in 1994 na 25,2% in 2012 toeneem  • Openbaresektor-werkverskaffing het gedurende en na die wêreldwye resessie toegeneem wat die totale uitwerking op werkverskaffing verminder het  • Die owerheid ondersteun opvoeding, arbeidsintensiewe besighede en die informele sektor  • Lae werkloosheidsvlakke stem ooreen met maatskaplike aanwysers soos 'n lae misdaadvlak en hoër gesondheidsvlak  (Maks 6) Ekonomiese gelykheid  • Dit is die redelike verdeling van inkomste onder die bevolking  • Herverdeling van inkomste en rykdom bereik die redelike verdeling van rykdom  • Maatreëls wat die regering gebruik om dit te bereik is: - Gebruik die progressiewe inkomstebelastingstelsel, hoër inkomstegroepe betaal hoër belastingkoerse  - regering gebruik belasting om sosiale/maatskaplike goedere en dienste te finansier, soos behuising, onderwys en primêre gesondheidsorg  - Regering betaal kontanttoelaes, soos ouderdomstoelaes, ongeskiktheidstoelaes, kinderonderhoudstoelaes, ens.  - Regering implementeer beleid, soos BBSEB, om dit te bereik.  (Maks 6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 14 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne Ekonomiese groei  • Dit verwys na 'n styging in die produktiewe kapasiteit van die ekonomie van die land vir 'n spesifieke tydperk bv. 'n jaar / 'n toename in die produksie van goedere en dienste in die ekonomie  • Dit word gewoonlik gemeet in terme van groei in die nasionale produksie gewaardeer teen markpryse wat verwys na die Bruto Binnelandse Produk (BBP)  • Suid-Afrika is 'n ontwikkelende land in terme van die Wêreldbank se klassifikasie 'n hoër-middel inkomsteland  • Die gemiddelde ekonomiese groeikoers was 3.8% per jaar in die tien jaar tussen 2001 en 2012  • Die owerheid pas strukturele hervorming toe as riglyn in die fiskale beleidsdissipline van die land  • Strukturele hervorming impliseer dat die begroting moet reflekteer op transformasie doelwitte van die owerheid bv. op onderwys, gesondheid en welsyn  • Onder die GEAR-beleid, wat uitfaseer is in 2010, het die begrotingstekort verminder tot minder as 30% van die BBP in al die jare voor 2009  • Dit was die aanvaarbare internasionale verwysingspunt ('benchmark') vir beste praktyk  • Die owerheid word internasionaal erken vir sy fiskale dissipline en dis aanvaarbaar in die internasionale gemeenskap se oë  • Die staat poog om te verseker dat daar 'n volgehoue verbetering in die produktiewe kapasiteit van die ekonomie is deur kwaliteit opvoeding en vaardigheidsopleiding te bied  • Ekonomiese groei maak dit moontlik om die lewenstandaard van mense te verbeter en armoede te verminder  (Maks 6) (Aanvaar huidige statistiek) (Ken 'n maks van 8 punte vir opskrifte/onderopskrifte/voorbeelde toe.) ADDISIONELE DEEL Die owerheid het die volgende in plek om inkomste te bekom: - Progressiewe persoonlike inkomstebelasting waar die hoër-inkomste-verdieners teen 'n hoër koers belas word  - Welvaartsbelasting waar eiendomme soos huise, kantore en fabrieksgeboue in stedelike gebiede jaarliks belas word  - Ander herverspreiding wat die armes en lae-inkomste-verdieners bevoordeel  Bestedingsuitgawes: - Kontantvoordele verskaf in die vorm van ouderdomspensioen, toelaes aan gestremdes, kinderondersteuningstoelaes  - Betaling in natura wat die verskaffing van gesondheidsorg, onderwys en skooletes insluit  - Eiendomsubsidies wat die begunstigdes help om eienaarskap van vaste eiendom in woongebiede te bekom  - Owerheid voldoen in terme van besteding en belasting op 'n wyse wat dit moontlik maak om sy makro-ekonomiese doelwitte te bereik  - Owerheid investeer in meer infrastruktuur om die ekonomie te ontwikkel bv. Medupi kragstasie vir 'n groter aanbod van elektrisiteit, die De Hoop dam  - Die verskaffing van behuising vir die armes en voorheen benadeelde swart meerderheid  - Verskaffing van maaltye aan skole vir skoolkinders  (Maks 10) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 15 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne SLOT Makro-ekonomiese doelwitte is wenslik vir die owerheid om na te streef omdat dit dien as rigsnoer vir die aanspreek van sosio-ekonomiese omstandighede in die land  (Maks 2) (26) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES Ekonomiese en sosiale aanwysers word wêreldwyd gebruik om lande se ekonomiese prestasies te vergelyk en te beskryf. • Ondersoek die volgende sosiale aanwysers: o Demografie o Opvoeding (26) o Voeding en gesondheid • Wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die lewering van maatskaplike dienste aan sy landsburgers te verbeter? (10) [40] INLEIDING Sosiale aanwysers is maatreëls wat ekonome gebruik om die prestasie van 'n land te evalueer in terme van die maatskaplike welstand van sy landsburgers  (Maks 2) HOOFDEEL Demografie • Dit handel oor die kenmerke van die bevolking, soos grootte, ras, geslag, inkome, geografiese verspreiding, taal, onderwys, beroepe, geloof  • Bepaalbare kwessies verwant aan menslike welstand oor tyd  • Bevolkingsgroei  die bevolkingsgetal was 52,98 miljoen in 2013  Groei is besig om te verlangsaam  • Meting van bevolkingsgroei is belangrik vir lewering van sosiale dienste en vir bepaling van die grootte van die belastingbasis (die totale aantal mense wat belasting betaal)  • Lewensverwagting  Suid-Afrika se lewensverwagting-koers het gedaal van 62,8 tot 49.7 jaar in 2015  • Afhanklikheidskoers  die hoë ouderdomsgroep afhanklikheidskoers in Suid-Afrika dui die vlak van afhanklikheid aan vir dié wat werk  • Menslike Ontwikkelingsindeks  dis 'n sosio-ekonomiese aanwyser van menslike ontwikkeling. Drie basiese aspekte word oorweeg: die lewenstandaard, kwaliteitt van gesondheidsorg en algemene onderwysstandaard  - Dit kombineer maatreëls van lewensverwagting, skoolgereedheid, geletterdheid en inkomste om 'n breër oorsig van 'n land se ontwikkeling te gee in vergelyking met wat inkome alleen doen (Max 10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 16 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne Onderwys • Die lewenstandaard is verwant aan die vlak van onderwys  • Onderwys is 'n sleutel sosiale aanwyser: o Publieke besteding  die persentasie van die nasionale begroting wat direk toegewys word aan onderwys  o Sekondêre toelatingsyfers  dit toon die persentasie van enige ouderdomsgroep wat hoërskole bywoon  o Primêre voltooiing  die persentasie van enige ouderdomsgroep wat primêre onderrig voltooi het is 'n aanduiding van die doeltreffendheid van die onderwysstelsel  o Jeuggeletterdheidskoers  die persentasie van 15-24 jariges wat geletterd is  (Maks. 10) Voeding en gesondheid • Die lewenstandaard van die bevolking is verwant aan die voeding en gesondheid van die volk - Voeding Ondervoede kinders  ondervoeding word uitgedruk op twee maniere – gewig per ouderdom en lengte per ouderdom (dwerge)  ondervoeding in al sy vorme behels 'n onaanvaarbare las op die nasionale gesondheidstelsel en die kulturele, maatskaplike en ekonomiese stof van die volk  - Die verhouding van kinders wat ondergewig is, is die belangrikste aanwyser van wanvoeding  - Oorgewigkinders  daar is 'n verband tussen vetsug by kinders en ander siektes  - Gesondheid Kindermortaliteit  Die aantal kinders wat sterf voor 1-jarige ouderdom is 'n manier om die gesondheid van die bevolking te meet  kindermortaliteit is aansienlik hoër in arm huishoudings  Onder-vyf-mortaliteit  die aantal kinders wat sterf voor die ouderdom van 5  Gesondheidsbesteding • Die totale besteding aan gesondheid deur die staat en privaatsektor, as persentasie van die BBP  • Gesondheidsorg het buitengewoon positiewe eksternaliteite  • Toegang tot veilige drinkwater:  die persentasie van 'n bevolking wat redelike toegang het tot veilige drinkwater  • Toegang tot sanitasiegeriewe:  die persentasie van 'n bevolking wat ten minste genoegsame sanitasie fasiliteite het wat menslike, diere en insek-kontak voorkom  (Maks. 10) (Ken 'n maks van 8 punte vir opskrifte/onderopskrifte/voorbeelde toe.) ADDISIONELE DEEL Die Suid-Afrikaanse regering kan • gratis gesondheidsdienste van kwaliteit by provinsiale hospitale en klinieke verskaf, omdat almal nie in staat is om daarvoor te betaal nie  • die paaie infrastruktuur wat lei tot ekonomiese spilpunte wat meer vervoer kan dra, beter ontwikkel en instandhou  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 17 DBE/Feb.–Mar. 2017 NSS – Nasienriglyne • skool voedingskemas uitbrei na die meeste primêre skole in die land waar groot werkloosheid heers in die gemeenskappe  • die verskaffing van skoon water aan gemeenskappe waar droogtes heers  • gratis behuisingsdienste vermeerder asook toelaes aan behoeftiges  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks. 10) SLOT Sosiale aanwysers is die beste maatstaf om die ontwikkeling en vooruitgang van gemeenskappe te kontroleer as gevolg van owerheidsaansporings om die lewens van die gemeenskap as geheel te verbeter / SA owerheid verhoog jaarliks sy begrotingsbesteding op gesondheid en opvoeding om lewens van inwoners te verbeter  (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all