Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201812 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V2 2018 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/2018 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/2018 SSE AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 Die aanbodkromme vir die individuele onderneming onder volmaakte toestande se helling is … A negatief. B positief. C horisontaal. D vertikaal. 1.1.2 'n Industrie met slegs twee produsente wat die mark beheer, staan as 'n … bekend. A duopolie B monopolie C oligopolie D tripolie 1.1.3 Openbare goedere word deur … verskaf en befonds. A markte B fabrieke C owerhede D maatskappye 1.1.4 Die staat kan … instel om die beweeglikheid van arbeid te verhoog. A belastings B armoede C inflasie D opleidingprogramme 1.1.5 Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is verantwoordelik vir die implementering van … beleid. A fiskale B binnelandse C monetêre D buitelandse handels- Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/2018 SSE 1.1.6 Mense wat na Suid-Afrika vanaf ander lande reis, staan as … toeriste bekend. A inkomende B instromende C interne D uitgaande 1.1.7 Aardverwarming word veroorsaak deur die vrystelling van … in die atmosfeer. A suurstof B koolstofdioksied C warm lug D koue lug 1.1.8 Die instelling wat die verbruikersprysindeks maandeliks publiseer, is … A die Departement van Finansies. B die Departement van Toerisme. C die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. D Statistiek Suid-Afrika. (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Patent A sluit produkte met wisselvallige pryse uit 1.2.2 Lang termyn B toestand waar 'n land lae ekonomiese 1.2.3 Handelsmerk groei, hoë werkloosheid en hoë inflasie 1.2.4 Mededingingstribunaal tegelykertyd beleef 1.2.5 Kerninflasie C die eksklusiewe reg om 'n produk te vervaardig 1.2.6 Stagflasie D oorloopeffek van 'n ekonomiese 1.2.7 Eksternaliteit aktiwiteit op derde partye 1.2.8 Kyoto Protokol E metode om kliënte-lojaliteit te bou deur een produk bo 'n ander te verkies F gee magtiging of verbied groot samesmeltings en oornames G internasionale ooreenkoms wat die produksie van kweekhuisgasse beperk H sluit produkte met wisselvallige pryse in I produksietydperk waar alle produksiefaktore veranderlik raak (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/2018 SSE 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Som van al die individuele besighede wat 'n soortgelyke produk produseer 1.3.2 Die loonkoers wat deur die owerheid vasgestel word, waaronder geen werkgewer sy/haar werkers mag betaal nie 1.3.3 Die gekombineerde koste van goedere of dienste aan produsente en verbruikers en die samelewing as 'n geheel 1.3.4 'n Buitengewone prysstyging van meer as 50% per maand 1.3.5 Die tipe toerisme wat die bywoning van konferensies, handelskoue en uitstallings in ander lande behels 1.3.6 'n Verskeidenheid plant- en dierspesies wat in 'n sekere omgewing aangetref word (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/2018 SSE AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe word verbruikers deur prysleierskap geraak? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BANKKARTEL SLAAN SUID-AFRIKAANSE RAND HARD Drie Suid-Afrikaanse banke is by 'wydverspreide' samespanning betrek wat met die prysknoeiery ('price fixing') van die rand verband hou. Daar word beweer dat valutahandelaars Amerikaanse dollar in ruil vir die rand teen vaste pryse gekoop en verkoop het. Dit is gedoen deur vals verkope te maak om die vraag te verhoog, of samespanning deur ooreen te kom om vir bepaalde tydperke nie handel te dryf nie. Hierdie handelspraktyke het daartoe gelei dat die rand depresieer het. Gevolglik het dit Suid-Afrika se invoer- en uitvoerhandel direk geraak. [Aangepas uit Businesstech.co.za, 2016] 2.2.1 Identifiseer EEN manier in die uittreksel waarop banke saamgespan het met betrekking tot die verhandeling van die dollar vir die rand teen vasgestelde pryse. (1) 2.2.2 Na watter soort markstruktuur verwys die uittreksel? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term kartel. (2) 2.2.4 Verduidelik die siening van die mededingingsbeleid rakende kartelvorming. (2) 2.2.5 Hoe sal kartelle in die banksektor Suid-Afrika se buitelandse handel beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/2018 SSE 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GEVOLG VAN MARKMISLUKKING: MAKSIMUM PRYSE Prys V A 120 E 70 A V 0 50 100 150 Hoeveelheid 2.3.1 Wat is die ewewigsprys in die grafiek hierbo? (1) 2.3.2 Identifiseer die hoeveelheid goedere hierbo wat verskaf sal word as 'n maksimum prys van R70 ingestel word. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term markmislukking. (2) 2.3.4 Waarom sal 'n owerheid maksimum pryse van sekere goedere instel? (2) 2.3.5 Gebruik die grafiek om die impak van maksimum pryse op die mark te verduidelik. (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek kortliks meriete- en nie-meriete-goedere as 'n oorsaak van markmislukking. (2 x 4) (8) 2.5 Teken 'n volledig benoemde grafiek om die langtermynewewig van die monopolie te illustreer. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/2018 SSE VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE tipes besoedeling. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan 'n verlaging in belastings met vraagtrekinflasie verbind word? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. UITWERKING VAN INFLASIE OP DIE EKONOMIE Vir mense wie se inkome nie met die inflasiekoers tred hou nie, is die impak van inflasie besonder groot. Inflasie kan dit vir mense met 'n lae inkomste moeilik maak om vir basiese huishoudelike uitgawes, soos behuising en voedsel, te betaal. Wanneer pryse van hierdie goedere styg, neem die koopkrag van die verbruiker af. In Suid-Afrika word pryse as stabiel beskou wanneer die verandering binne die inflasieteikengrense plaasvind. [Aangepas uit www.google.co.za] 3.2.1 Identifiseer EEN item wat mense met 'n lae inkomste moontlik kan sukkel om te bekostig wanneer inflasie hoog is. (1) 3.2.2 Watter frase in die uittreksel impliseer 'n daling in die hoeveelheid goedere deur die verbruiker gekoop? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term inflasie. (2) 3.2.4 Hoe veroorsaak die optrede van vakbonde inflasie? (2) 3.2.5 Hoe kan die owerheid belasting gebruik om inflasie te beveg? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/2018 SSE 3.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Julle mense is vuil en baie onverantwoordelik! Kyk net wat julle alles vernietig het! Julle het die plant- en dierelewe vernietig. Julle stel net in winste belang! Gevaarlike afval Julle is presies Chemiese dieselfde! afval OMGEWINGSPROBLEME [Bron: www.wikipedia, 2017] 3.3.1 Identifiseer EEN omgewingsprobleem in die spotprent hierbo. (1) 3.3.2 Identifiseer die frase in die spotprent wat met biodiversiteitsverlies verband hou. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term besoedeling. (2) 3.3.4 Verduidelik 'n maatreël wat deur die internasionale gemeenskap aangeneem is om biodiversiteitsverlies te hanteer. (2) 3.3.5 Hoekom word gevaarlike en chemiese afval as skadelik vir die omgewing beskou? (2 x 2) (4) 3.4 Onderskei tussen die verbruikersprysindeks (VPI) en die produksieprysindeks (PPI). (2 x 4) (8) 3.5 Hoe kan die owerheid Suid-Afrika as 'n toeristebestemming bemark? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/2018 SSE VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom is daar 'n hoë mate van interafhanklikheid tussen sakeondernemings in 'n oligopoliemark? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MONOPOLISTIESE MEDEDINGING Kitskoswinkels Haarkappers Regsfirmas Monopolistiese mededingers gebruik verskillende nieprysmededingingsmetodes, soos advertensies, verpakking en dienste, om klante te lok. Ekonomiese wins word op kort termyn gemaak en normale wins word op lang termyn gerealiseer. [Aangepas uit News 24, September 2017] 4.2.1 Gee EEN voorbeeld van monopolistiese mededinging in die inligting hierbo. (1) 4.2.2 Identifiseer EEN metode in die inligting hierbo wat in nieprysmededinging gebruik word. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term monopolistiese mededinging. (2) 4.2.4 Hoe verskil 'n monopolistiese mededinger van 'n volmaakte mededinger ten opsigte van markinligting? (2) 4.2.5 Hoekom verdien monopolistiese mededingers slegs 'n normale wins op lang termyn? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/2018 SSE 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WERKSGELEENTHEDE GROEI STEEDS IN DIE TOERISMEBEDRYF Ek wil vir julle die geskiedenis van hierdie bergreeks vertel. Ek doen al vir baie jare hierdie werk. 'n Groot aantal mense in Suid-Afrika werk in die toerismesektor. Alhoewel werkverskaffingsvlakke in Suid-Afrika besig was om te daal omdat 'n werkloosheidkoers van 27,7% in 2017 ervaar is, was toerisme een van die paar sektore waar daar 'n styging in werksgeleenthede was. Die totale bydrae van vervoer en toerisme tot werkverskaffing in 2016 in die land was 1,5 miljoen werksgeleenthede. [Bron: www.google.co.za] 4.3.1 Identifiseer die aantal werksgeleenthede wat in 2016 in die toerismebedryf geskep is. (1) 4.3.2 Wat was die algemene werkloosheidkoers in 2017? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term toerisme. (2) 4.3.4 Gee EEN rede waarom Suid-Afrika 'n groei in toerisme ervaar. (2) 4.3.5 Hoekom is die toerismesektor suksesvol met die skep van werksgeleenthede in Suid-Afrika? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks die redes vir 'n koste-voordeel-analise (KVA). (4 x 2) (8) 4.5 Gee die president van die Reserwebank raad oor hoe die monetêre beleid gebruik kan word om inflasie te bekamp. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/2018 SSE AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2 • 'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer. • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/ Maks. 26 Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die Maks. 10 gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat alreeds genoem is, te herhaal • Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk • 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek volledig, sonder die gebruik van grafieke, die markstruktuur van 'n volmaakte mark. (26 punte) • Met behulp van 'n grafiek, verduidelik ekonomiese verlies van die volmaakte mededinger. (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek volledig die maatreëls wat deur die owerheid gebruik word om volhoubare ontwikkeling te verseker. (26 punte) • Evalueer hoe suksesvol die owerheid is om die omgewing in Suid-Afrika te beskerm en te bewaar. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all