Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE VRAESTEL 1
JUNIE 2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 366.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1.1South African economic and social indicators16 marks
- Question 1.2South African economic and social indicators8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier6 marks
- Question 2Business cycles and forecasting40 marks
- Question 3South African economic and social indicators41 marks
- Question 4The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B - storting
1.1.2 A - investering
1.1.3 D - vraag- en aanbodkant
1.1.4 C - ad valorem
1.1.5 C - ekonomiese groei
1.1.6 B - globalisering
1.1.7 A - indiensnemingskoers/werkverskaffingskoers
1.1.8 D - nywerheids- (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 E- Benadering van 'n land se sentrale bank om besteding in die
ekonomie te beïnvloed
1.2.2 I– Gedeelte van hul verbruikbare inkomste wat huishoudings
spandeer
1.2.3 A – Vergelyk uitvoerpryse met invoerpryse deur middel van
indekse
1.2.4 H – 'n Handelsbeleid om die vervaardiging van plaaslike produkte
vir die uitvoermark te bevorder
1.2.5 D – Koop en verkoop van owerheidsekuriteite om die
geldvoorraad te beïnvloed
1.2.6 G – Strategieë gebruik om produksie aan te moedig
1.2.7 C – Verwydering van handelsbeperkings
1.2.8 F – Meet hooflyninflasie (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Geld
1.3.2 Resessie
1.3.3 Beskerming
1.3.4 Gelyke Indiensneming
1.3.5 Fiskale
1.3.6 Verstedeliking (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE lidlande van die BRICS handelsprotokol.
• Brasilië
• Rusland
• Indië
• Sjina
• Suid-Afrika (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe kan indirekte subsidies die uitvoerprodusent bevoordeel?
Die uivoerprodusent kan voordeel trek deur die ontvangs van:
• terugbetaling van invoertariewe
• belastingrabatte (-afslag) / belastingkonsessies
• produksiekoste sal daal / winste sal toeneem
• verhoogde vermoë om mee te ding in buitelandse markte /
stygende uitvoere
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Identifiseer die tendenslyn in die sakesiklus.
K (1)
2.2.2 Watter letter stel 'n trog in die diagram voor?
D (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus.
Opeenvolgende periodes van uitbreiding en inkrimping in
ekonomiese aktiwiteite
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
2.2.4 Verduidelik ekonomiese aktiwiteit gedurende fase EF in die
sakesiklus.
• Ekonomie groei en verbeter vinnig
• Meer besighede ontstaan en meer werkers word in diens
geneem
• Verhoogde vraag na krediet sal rentekoerse verhoog
• Hoër vraag en hoër pryse vir kapitaalgoedere
• Winste en salarisse styg
• Hoër inflasie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.2.5 Hoe kan die lengte (BF) in die vooruitskatting van
sakesiklusse gebruik word?
• Omdat die lengte relatief konstant bly, kan jy voorsien dat die
volgende siklus ‘n soortgelyke lengte sal hê
• As 'n sakesiklus 'n lengte van 12 jaar het, kan daar veronderstel
word dat 12 jaar sal verbygaan tussen opeenvolgende pieke of
trôe, of dat dit vir 'n ekonomie 6 jaar sal neem om deur 'n
resessie te beweeg
• Langer siklusse toon krag wat daarop dui dat die volgende
siklus ook kragtig sal wees (of omgekeerd)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die basisjaar wat tans deur die SARB hierbo
gebruik word.
2010 (1)
2.3.2 Watter sektor dra die meeste tot die bruto binnelandse produk
van Suid-Afrika by?
Tersiêre sektor (1)
2.3.3 Beskryf die term bruto waarde toegevoeg (BWT) teen
konstante pryse kortliks.
BBP waar die uitwerking van inflasie op die nominale BBP in
berekening gebring is en die syfer verander deur die indeks te
defleer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.4 Hoe word die BBP teen markpryse na BNP teen markpryse
omgeskakel?
BNP teen markprys is BBP @ markpryse plus primêre inkome van
die res van die wêreld min primêre inkome aan die res van die
wêreld / BBP plus die netto primêre inkome (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
2.3.5 Bereken die Bruto Binnelandse Produk teen markpryse (A).
(Toon alle berekeninge)
Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse: 2 794 601
Plus: belasting (+) 30 600
Min: Subsidies (-) 5 900
BBP teen markpryse 2 819 301
OF 2 794 601 + 30 600 – 5 900 = 2 819 301 (4)
2.4 Verduidelik kortliks die maatreëls om 'n tekort op die betalingsbalans te
verminder.
• Leen geld by die IMF
• Invoervervanging sal invoere verminder as goedere nou self geproduseer
word
• Uitvoerbevordering sal lei tot 'n styging in totale aanbod en pryse sal
verlaag. Uitvoere word bevorder deur goedkoper pryse
• Hoër rentekoerse help om besteding op invoere te verlaag
• 'n Styging in invoertariewe en beheer, alhoewel SA voldoen aan die
beleide van die WHO om invoerbeheer te verminder (handelsliberalisering)
• Wisselkoersbeheer laat sentrale banke toe om buitelandse valuta te
beperk
• Verminder buitelandse reserwes by SARB om tekorte goed te maak as
daar 'n beheerde swewende wisselkoers aanvaar word
• Verandering in wisselkoers soos depresiasie/devaluasie van die
geldeenheid maak invoere duurder en uitvoere goedkoper na die buiteland
(verhoog uitvoere)
• Styging in belasting verminder verbruikbare inkome wat vraag na invoere
verminder
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite /
voorbeelde) (4 x 2) (8)
2.5 Waarom behoort Suid-Afrika 'n beleid van vryhandel te volg?
'n Beleid van vryhandel behoort gevolg te word omdat:
• dit spesialisasie toelaat wat die koste per eenheid van 'n produk verlaag
(ekonomieë van skaal)
• verkope plaaslik en oorsee verbeter wat lei tot verhoogde winste
• 'n verskeidenheid van goedere verseker word wat die keuse van verbruikers
vergroot en hul welvaart verhoog
• ekonomiese groei versnel wat groter spare en investering bevorder
• ontwikkelende lande toegelaat word om voordeel te trek uit buitelandse
kennis wat nie in die binneland beskikbaar is nie
• groter doeltreffendheid bevorder word asook 'n beter produk en tegnologiese
vordering
• mededinging bevorder word en die toekenning van hulpbronne verbeter
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE sosiale aanwysers.
• Demografie
• Voeding en gesondheid
• Onderwys
• Dienste
• Behuising en verstedeliking (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat kan die owerheid doen gedurende 'n periode van resessie
om die ekonomie te stimuleer?
Die owerheid kan:
• 'n uitbreidende fiskale beleid toepas
• belasting verminder / verlaag persoonlike inkomstebelasting
• owerheidsbesteding verhoog
• nuwe infrastruktuur verskaf
• KMMO’s en informele sektor aktiwiteite ondersteun
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Noem EEN voertuigvervaardiger wat produksie-aanlegte in
Suid-Afrika het.
• BMW
• Ford
• Volkswagen (1)
3.2.2 Identifiseer EEN voordeel van voertuigproduksie-aanlegte wat
in Suid-Afrika geleë is.
• Gediversifiseerde vervaardiging
• Ding mee in die wêreldekonomie
• Versnel groei en ontwikkeling
• Beleggingsgeleenthede
• Geniet produksie-voordele
• Lei tot handelsooreenkomste (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term vryhandelgebied.
'n Vryhandelgebied is waar beperkings soos tariewe en kwotas
verwyder is (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
3.2.4 Wat is die doelwit van die Suidelike Afrika
Ontwikkelingsgemeenskap?
Bevorder sosio-ekonomiese samewerking en integrasie sowel as
samewerking polities en veiligheid tussen Suidelike Afrika state
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.2.5 Hoe kan die owerheid armoede in Suid-Afrika deur middel van
die vervaardigingsektor aanpak?
Die staat kan armoede aanpak deur:
• nywerheidsontwikkeling aan te moedig dmv effektiewe
nywerheidsbeleide wat arbeidsintensiewe produksieprosesse
aanmoedig
• direkte en indirekte subsidies te betaal om die produksiekoste
te beperk wat die eindverbruiker sal bevoordeel (laer pryse)
• konsessies aan vervaardigers te betaal wat 'n bekostigbare
eindprodukte sal verseker
• aansporings te betaal wat meer diverse produksie sal verseker
en wat die verbruiker 'n groter keuse bied
• 'n positiewe beleggingsklimaat in hoofsaaklik arbeids-
intensiewe produksieprosesse te skep
• makro-ekonomiese beleide toe te pas wat verseker dat 'n groot
komponent van die finale produk binnelands geproduseer
moet word, wat meer werksgeleenthede bied en armoede
verlig
• ondersteuning van die oprigting van KMMO’s
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Volgens die grafiek, wanneer was werkloosheid op sy hoogste
vlak?
Tweede kwartaal 2017 (1)
3.3.2 Watter instelling het die werkloosheidsyfers saamgestel?
StatsSA (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term werkloosheid.
Werkloosheid verwys na daardie mense binne die ekonomies-
aktiewe bevolking wat bereid en in staat is om te werk maar wat
nie 'n werk kan kry nie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
3.3.4 Wat is die negatiewe impak van hoë werkloosheid op die
jeug?
• Dit beperk hul toekomstige groei en ontwikkeling
• Dit sal hulle ontmoedig om hul studies voort te sit of om werk te
soek
• Dit sal hul menswaardigheid en algemene gesondheid
beïnvloed
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.3.5 Hoe kan die owerheid werkloosheid in die ekonomie
verminder?
Die owerheid kan die vlak van werkloosheid verlaag deur:
• toepassing van vaardigheidsontwikkelingsprogramme wat
beter vergoeding verseker wat vraag en produksie stimuleer
• aansporing van sakegemeenskappe om jongmense te
absorbeer en hulle van relevante opleiding en vaardighede te
voorsien wat vereis word om die nuutste tegnologie te gebruik
wat in produksieprosesse gebruik word
• aansporings aan die jeug vir deelname aan die ekonomie deur
belastingafslag en rabatte
• verskaffing van werk deur die UOWP
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks demografie as sosiale aanwyser.
• Die owerheid en sakesektor moet kennis dra van die grootte van die land
se bevolking vir hul beplanning (bevolkingsgroei)
• Owerhede moet weet watter infrastruktuur projekte en sosiale
programme hul voorkeurbeleggings uitmaak
• Owerhede en besighede moet kennis dra van die beskikbaarheid van
arbeid en grootte van die bevolking in hul markte
• Lande se bevolkings word getel met sensus wat gereeld gedoen word
• Suid-Afrika se bevolking is 55 miljoen en sal by raming groei tot meer as
daardie getal teen 2021
• Lewensverwagting druk die aantal jare wat 'n nuut gebore baba sal leef
as die mortaliteitspatrone sal voortduur deur sy/haar lewe
• Dis belangrik vir owerhede om te weet wat die gemiddelde
lewensverwagting is omdat werkende mense 'n verskeidenheid sosiale
dienste benodig terwyl hulle terselfdertyd die belastingbasis van die land
vorm
• Die Menslike Ontwikkelingsindeks is 'n aanwyser van menslike
ontwikkeling waar die lewenstandaard, kwaliteit van gesondheidsorg en
algemene onderwys standaard oorweeg word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2)
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
3.5 Hoe kan die monetêre beleid gebruik word om die ekonomie van Suid-
Afrika te stimuleer?
Die monetêre beleid word gebruik om die ekonomie te stimuleer deur:
• daling in rentekoerse, wat kredietskepping beïnvloed deurdat krediet
goedkoper raak
• stabilisering van die wisselkoerse deur kapitaalinvloei aan te moedig om
die tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans te neutraliseer
• toepassing van opemarktransaksies waar kredietskepping aangemoedig
word deur SARB deur aankope van sekuriteite in die opemark en geld as
gevolg daarvan na die banksektor vloei
• toepassing van morele oorreding waar die SARB met banke konsulteer
en hulle aanmoedig om op 'n sekere wyse te reageer wat gunstig inwerk
op die ekonomiese toestande in daardie tydstip
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van indirekte belasting.
• Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW)
• Aksynsregte / sondebelasting
• Doeanebelasting
• Brandstofheffing
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
4.1.2 Watter belangrike rol speel klein, mikro- en medium
ondernemings (KMMO's) in die ekonomie?
• Dit vereis en verbeter die besigheid se bestuursvaardighede
• Help om die indiensnemingsbasis te verbreed
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Volgens die uittreksel, wat was die tekort in die
betalingsbalans in 2016?
R76 miljard (1)
4.2.2 In die uittreksel, identifiseer die term wat die verskil tussen
goedere-invoere en goedere-uitvoere bereken.
Handelsbalans (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term betalingsbalans.
'n Sistematiese rekord van alle transaksies tussen een land en
ander lande
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.2.4 Wat is die belangrikheid van die saldo op die lopende
rekening?
Dit gee 'n aanduiding of 'n land binne sy vermoë leef (dui ‘n surplus
of tekort aan) (2)
4.2.5 Hoe kan 'n oorskot op die betalingsbalans die Suid-Afrikaanse
ekonomie positief beïnvloed?
Die surplus van die betalingsbalans kan die ekonomie positief
beïnvloed deur:
• bereiking van die produksiepotensiaal van die land
• opbouing van reserwes van die land as gevolg van ‘n surplus
• groter infrastruktuur investering
• verhoogde waarde van die rand
• trek meer buitelandse direkte investering
• verlaagde belastinglas a.g.v. minder geld wat geleen is om
publieke skuld af te los
• stimulering van ekonomiese groei en skepping van werk
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Watter deel van die noord/suidverdeling word deur die klein
vissies in die spotprent verteenwoordig?
Die Suide (1)
4.3.2 Volgens die inligting hierbo, hoekom is buitelandse direkte
investering (BDI) so belangrik vir ontwikkeling in lande?
Dit is van die grootste belang om kennis te dra van 'n beter
nywerheidsontwikkeling in ontwikkelende lande (1)
4.3.3 Wat is die boodskap in die spotprent?
Die Noorde – deur die ingryping van die WHO – bied finansiële
hulp aan arm ontwikkelende lande, maar die suide bly skepties /
bang vir wat die werklike rede is van die Noorde
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3.4 Hoe beïnvloed massaproduksie deur ontwikkelde lande die
omgewing negatief?
Hulle is hoofsaaklik verantwoordelik vir die skade aan die
osoonlaag, besoedeling en storting van toksiese afval (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
4.3.5 Hoe word ontwikkelende lande deur 'n tekort aan BDI
benadeel?
Ontwikkelende lande word benadeel deur:
• stadige ekonomiese groei
• 'n gebrek aan groei of werksgeleenthede / hoë werkloosheid
• geen verbetering in die gehalte van mense nie
• 'n gebrek aan ekonomiese integrasie en ontwikkeling
• oneffektiewe gebruik van beskikbare hulpbronne
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
4.4 Onderskei tussen endogene- en eksogene benaderings tot sakesiklusse.
Endogene benadering Eksogene benadering
Faktore wat ekonomie beïnvloed van Faktore wat die ekonomie beïnvloed
binne die markstelsel van buite die markstelsel
Markte is inherent onstabiel Markte is inherent stabiel
Staatsinmenging is nodig Owerheid moet nie inmeng nie
Ook bekend as die Keynesiaanse Ook bekend as die Monetariste se
verduideliking verduideliking
Die prysmeganisme gee aanleiding tot Monetariste glo dat ‘n wanbalans
opswaaie en afswaaie veroorsaak word deur die verkeerde
gebruik van beleide bv. monetêre
beleid
Byvoorbeeld: verandering in patrone By voorbeeld: natuurrampe / oorlog /
van verbruiksbesteding, terrorisme (Maks 4)
investeringsbesteding (Maks 4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)
(8)
4.5 Hoe effektief is produktiwiteit as 'n ekonomiese aanwyser?
Produktiwiteit as ekonomiese aanwyser is effektief deurdat:
• die gebruik van 'n produktiwiteitindeks die relatiewe verhouding tussen
inset en uitset toon – hoe hoër die uitset in verhouding tot inset, hoe meer
produktief is die ekonomiese eenheid
• 'n meer produktiewe ekonomiese eenheid meer kompeterend is en 'n beter
kans staan om winsgewend en suksesvol te raak
• dwing produktiwiteit om tred te hou met 'n styging in arbeidskoste, of
anders sal dit lei daartoe dat 'n land minder mededingend raak omdat dit
lei tot duurder produksie
• dit verskillende ekonomieë in verskillende stadiums van ontwikkeling
illustreer waar 'n land moet fokus om meer mededingend te wees en
produktief
• fokus meer op hoër onderwys en opleiding 'n doeltreffende goedere-
en arbeidsmark ontwikkeling van die finansiële mark en
tegnologiese gereedheid in Suid-Afrika
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite /
voorbeelde) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 13 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
• Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat. (26 punte)
• Hoe suksesvol was die Suid-Afrikaanse owerheid sover in die bereiking van
sy makro-ekonomiese doelwitte? (10 punte) [40]
INLEIDING
Die owerheid verskaf goedere en dienste wat onder-voorsien word deur die mark, en
speel dus 'n vername rol in regulering van ekonomiese aktiwiteite en rig en vorm van
die ekonomie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2)
INHOUD: HOOFDEEL
Doelwitte:
• Ekonomiese groei
- Verwys na 'n styging in die produksie van goedere en dienste
- Gemeet in terme van reële BBP
- Vir ekonomiese groei om plaas te vind moet die ekonomiese groeikoers hoër
wees as die bevolkingsgroeikoers
- Groei en ontwikkeling in 'n land bevoordeel sy burgers omdat dit dikwels lei tot
'n hoër lewenstandaard
• Volle indiensneming
- Wanneer alle persone wat wil werk en op soek is na werk 'n werk kry
- Hoë vlakke van indiensneming is die belangrikste ekonomiese doelwitte van die
staat
- Die werkloosheidkoers het oor die afgelope paar jaar gestyg
- Informele sektor aktiwiteite moet aangemoedig word, want dis 'n gebied waar
indiensneming toeneem
• Wisselkoersstabiliteit
- Die ekonomie moet effektief bestuur word, en 'n effektiewe fiskale- en monetêre
beleid moet gebruik word om die wisselkoers relatief stabiel te hou
- Depresiasie en appresiasie van die geldeenheid skep onsekerhede vir
produsente en handelaars en moet beperk word
- SARB het die wisselkoers van 'n beheerde swewing na vryswewende
wisselkoers verander
• Prysstabiliteit
- 'n Stabiele prys veroorsaak beter resultate in terme van werkverskaffing en
ekonomiese groei
- Die owerheid se inflasie-teiken is 3 – 6% en SARB was sover suksesvol om
inflasie binne hierdie teiken te hou
- Rentekoerse gebaseer op die repokoers is die vernaamste instrument gebruik in
die stabiliseringsbeleid
- 'n Stabiele begrotingstekort het ook 'n stabiliseringseffek op die inflasiekoers
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 14 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
• Ekonomiese gelykheid
- Herverdeling van inkomste en welvaart is noodsaaklik om armoede te verminder
- Suid-Afrika gebruik 'n progressiewe inkomstebelastingstelsel – belasting op
winste, belasting op rykdom, kapitaalwinsbelasting en belasting op besteding,
word gebruik om gratis dienste te finansier
- Gratis sosiale dienste is basiese onderwys, primêre gesondheidsorg en
finansiering van basiese ekonomiese dienste
- Kontanttoelaes aan armes/kwesbares byvoorbeeld kindertoelaes en toelaes vir
gestremdheid
- Progressiewe belasting impliseer dat die hoër inkomste verdiener 'n hoër
belasting betaal Maks (26)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
INHOUD: ADDISIONELE DEEL
• Antwoorde van kandidate kan positief of negatief wees
• Volg die argument en kyk of die kandidaat genoeg bewyse kan lewer om
sy/haar antwoord te ondersteun
Die owerheid is suksesvol in die bereiking van hierdie doelwitte deur:
- verlaag werkloosheid deur die UOWP. Was dit nie vir hierdie program nie, sou die
werkloosheidskoers baie hoër wees
- in staat om die inflasiekoers binne die 3 – 6% teiken te hou
- ekonomiese gelykheid het verbeter (SEB deur regstellende aksie,
geslagsgelykheid)
- SA funksioneer in 'n vry swewende wisselkoersstelsel wat in lyn is met
internasionale verwysingspunte ('benchmark')
Die owerheid was nie suksesvol in die bereiking van sy doelwitte nie deur:
- 'n voortdurende daling in ekonomiese groei. In die laaste 5 jaar was die
gemiddelde reële bruto binnelandse produk groei onder 2%
- stygende werkloosheidkoerse – 'n toename tot 27.7 in 2017 wat die hoogste was
sedert 2009
- fluktuasies in die waarde van die rand – oor die afgelope 5 jaar het die rand baie
geskommel teenoor die grootste geldeenhede van handelsvennote
- SEB het slegs 'n paar individue bevoordeel a.g.v. korrupsie en wanvoorstelling
gebruik as front (Enige 5 x 2) (Maks 10)
SLOT
Terwyl die owerheid 'n sekere mate van sukses bereik het, is die bereiking van sekere
doelwitte belemmer deur faktore soos 'n gebrek aan rekenpligtigheid, korrupsie,
begrotings, nepotisme en gebrek aan vaardigheid en kundigheid
[40]
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) Maks (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 15 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
• Bespreek die volgende as Suid-Afrika se inisiatiewe in streeksontwikkeling
volledig:
- Spesiale Ekonomiese Sones (8)
- Korridors (8)
- Ruimtelike Ontwikkeling Inisiatiewe (10) (26 punte)
• Hoe effektief is Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleide in terme van
mededingendheid en goeie staatsbestuur? (10 punte) [40]
INLEIDING
Dis die bevordering van ekonomiese ontwikkeling in areas waar armoede,
werkloosheid en inkomste ongelykheid hoër is met die doel van opheffing
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Maks (2)
INHOUD: HOOFDEEL
SPESIALE EKONOMIESE SONES (SES'e)
• Dit is geografiese gebiede in 'n land wat opsy gesit is vir spesifiek geoormerkte
ekonomiese aktiwiteite
• Hierdie aktiwiteite word ondersteun deur spesiale reëlings wat wette en
ondersteuningstelsels mag insluit wat nywerheidsontwikkeling bevorder
• Hulle is gerig op die uitbreiding van die vervaardigingsektor
• Skep addisionele nywerheidspilpunte sodat die nasionale nywerheidsbasis streeks
gediversifiseer sal wees
• Hierdie gebiede mag aansporings geneig soos belastingverligting en
ondersteuningstelsels om nywerheidsontwikkeling te bevorder
• Daar word beplan om belasting tot 15% te verminder as aansporing om nuwe
nywerhede te trek
• Die doel met die skepping van SES'e is om:
- Nuwe besighede te trek
- Besighede te trek wat 'n nuwe produklyne ontwikkel
- Besighede te trek wat hul omset vergroot
• Die DHN het aangedui dat die bestaande NOS'e waar spesiale
belastingaansporings nie geld nie, stelselmatig SES'e sal word
• Dit skep 'n basis vir 'n breër verskeidenheid nywerheidsparke en verskaf
ekonomiese infrastruktuur om indiensneming te bevorder (Maks 8)
KORRIDORS
• Korridors in Suid-Afrika is ruimtelike gebiede wat spesifieke voordele bied aan
mynbou, vervaardiging en ander besighede
• Die voordele sluit onder andere die bestaande infrastruktuur en spesialisering van
produkte of dienste in
• Hierdie korridors is ontwikkelingsgebiede binne Suid-Afrika en is die ontwikkelings-
prioriteite van alle ontwikkelingsagentskappe
• Die DHN verskaf hulp deur die ondersteuning van die ontwikkelings-korridors
• Die Maputo korridor, wat in Gauteng begin en strek deur Mpumalanga na die
Maputo hawe, bied geleentheid vir die vervoerindustrie; die Phalaborwa sub-
korridor in die Limpopo Provinsie bied geleenthede vir mynbou en verwante
aktiwiteite (Maks 8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 16 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSINISIATIEWE (ROI's)
• Dis 'n gebied waar hoë vlakke van werkloosheid en armoede geïdentifiseer is deur
die owerheid in 'n gekoördineerde poging om die ekonomiese potensiaal van die
gebied te ontwikkel
• Die gebied wat as ROI gekies word moet onderontwikkeld wees maar die
potensiaal hê vir volhoubare groei
• Die ontwikkeling fokus op hoë vlak ondersteuning in gebiede waar sosio-
ekonomiese toestande gekonsentreerde owerheidsbystand benodig
• Hierdie inisiatiewe help om ekonomiese aktiwiteite gelyk oor die land te versprei
• Alle investering is gebaseer op publieke-private vennootskappe
• Dit is 'n owerheidstrategie van investering wat die departement van handel en
nywerheid (DHN) en vervoer (DvV) insluit
• Dit fokus op owerheidsbetrokkenheid op nasionale, provinsiale en plaaslike
owerheidsvlakke om te verseker dat investering voorkeur geniet en dat
maksimum sinergie tussen die verskillende soorte beleggings bestaan
• Hierdie projekte sal na verwagting nuwe werksgeleenthede skep in die toekoms
• Die sukses van hierdie projekte is afhanklik van 'n sterk geneigdheid tot
internasionale mededingendheid, streeks samewerking en 'n meer gediversifiseerde
eienaarskap basis (Maks 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 26)
(Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)
ADDISIONELE DEEL
Die staat kan verseker dat Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleide met
internasionale beste praktyk ooreenstem deur:
• effektiewe bestuur-strategieë vry van korrupsie daar te stel
• effektiewe integrasie tussen verskillende areas deur middel van oorspoelvoordele
na ander nywerhede
• bou van vennootskappe tussen sentrale owerheid, plaaslike owerhede, plaaslike
gemeenskappe en spesiale belange groepe en die privaatsektor
• verskaffing van voldoende hulpbronne in hulpbron-arm areas bv. Infrastruktuur
• die vestiging van mededingende besighede wat nie volgehoue finansiële hulp van
die owerheid verlang nie
• mense uit die streek te betrek by opleiding, onderwys, verbeterde produktiwiteit en
verskaffing van noodsaaklike goedere en dienste aan die streek
• te fokus op kwessies op voetsoolvlak, wat verseker dat ontwikkeling van onder af
begin
• te fokus op totale ontwikkeling wat alle aspekte van die menslike lewe insluit bv.
onderwys, gesondheid en voeding (Maks 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord)
(Punte moet toegeken word as ontwikkelingsbeleide nie ooreenstem met
internasionale maatstawwe nie)
SLOT
Ekonomiese desentralisering sal waarborg dat groter klem in die ontwikkeling van die
land asook komprehensiewe gebruik van hulpbronne wat effektief gebruik word vir die
verbetering van die welsyn van die land, geplaas word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde antwoord) (Maks 2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper