Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202312 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V2 2023 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 23 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/2023 SS/NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Die bedrag waarmee totale koste toeneem wanneer een ekstra produk vervaardig word, staan as ... koste bekend. A vaste B totale C marginale D gemiddelde 1.1.2 Die proses waartydens 'n besigheid hom aan die publiek bekend maak, staan bekend as ... A advertensie. B differensiasie. C kopiereg. D patent. 1.1.3 Wanneer die onderneming nie teen die laagste moontlike koste produseer nie, word gesê dat dit … ondoeltreffend is. A toedelings- B produktief C mark- D Pareto- 1.1.4 In 'n volmaakte mark word normale wins bereik wanneer totale inkomste aan ... gelyk is. A totale veranderlike koste B marginale koste C gemiddelde inkomste D totale koste 1.1.5 Die pryse wat deur die owerheid vasgestel of beheer word, word … pryse genoem. A geïnfiltreerde B geadministreerde C gesirkuleerde D gerigte 1.1.6 Die aktiwiteit van mense wat deur Suid-Afrika reis wat lug-, pad-, water- en spoorvervoer gebruik om by 'n ander bestemming te kom, staan as ... toerisme bekend. A transito- B buitelandse C uitgaande D inkomende Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/2023 SS/NSS 1.1.7 Die vrylaat van skadelike stowwe in die atmosfeer word ... besoedeling genoem. A land- B geraas- C water- D lug- 1.1.8 Die Bevel en Beheer (BEB) wat fokus op die omgewingsimpak van die besoedeling wat vrygestel word, word ... standaard genoem. A hoeveelheid- B sosiale impak C kwaliteit- D ekonomiese (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Eksplisiete koste A het op die lewenskoste betrekking 1.2.2 Nieprys-mededinging B deur verbruikers aangegaan wanneer hulle goedere koop 1.2.3 Minimum pryse C 'n verskeidenheid plant- en dierspesies 1.2.4 Private koste in 'n bepaalde gebied 1.2.5 Verbruikersprysindeks D werklike uitgawes van 'n besigheid, soos lone en huur 1.2.6 Toerisme E vasgestel bo die markewewig om die 1.2.7 Biodiversiteit produsent te help om 'n wins te maak 1.2.8 Omgewingsbelasting F gehef op die uitset van goedere wat eksterne koste genereer G aan besighede toegestaan om omgewingskade te verminder H die aktiwiteit van mense wat reis na of bly in plekke anders as hulle gewone omgewing vir nie langer as een jaar nie I 'n bemarkingstrategie waardeur firmas poog om verkope te laat toeneem deur metodes soos verlengde winkelure (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/2023 SS/NSS 1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die periode van produksie waar alle produksiefaktore kan verander 1.3.2 'n Punt waar 'n firma se gemiddelde inkomste (prys) aan die gemiddelde veranderlike koste gelyk is 1.3.3 Die som van private voordeel en eksterne voordeel 1.3.4 'n Tipe inflasie waar 'n ekonomie hoë werkloosheidskoerse, hoë inflasiekoerse en lae ekonomiese groei ervaar 1.3.5 Suid-Afrikaanse burgers wat binne die grense van die land reis 1.3.6 Die permanente vernietiging van bome en woude (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/2023 SS/NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE tipes koste wat gebruik word om die totale koste van 'n firma te bereken. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe los die owerheid die uitdaging van 'n ooraanbod van niemerietegoedere op? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VLIEG IN SA HET NOU NET DUURDER GERAAK Comair is verskeie kere gedwing om vlugte op die grond te hou as gevolg van veiligheids- en sekuriteitsrisiko's. Dit het beperkte mededinging in die lugvaartruimte tot gevolg gehad. Met 'n aansienlike hoeveelheid mededinging wat amper onmiddellik uit Suid-Afrika se lugruimte gesny is, het vraag aanbod oorskry, is pryse deur ander lugrederye opgestoot en is 'n waarskuwing oor prysvasstelling deur die Mededingingskommissie uitgereik. [Aangepas uit Business Insider SA, 1 Junie 2022] 2.2.1 Identifiseer enige EEN term in die uittreksel wat met prysbepaling verband hou. (1) 2.2.2 Noem die markstruktuur waar prysvasstelling algemeen is. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term kartel. (2) 2.2.4 Verduidelik die rol van die Mededingingskommissie in die ekonomie. (2) 2.2.5 Hoe kan lae pryse die vervaardigers van goedere en dienste negatief beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/2023 SS/NSS 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. PRODUSENTESUBSIDIE PRYS A V A1 P2 c P a P1 b A A1 V 0 H H1 HOEVEELHEID HEIDANTITY 2.3.1 Identifiseer die oorspronklike markprys op die grafiek hierbo. (1) 2.3.2 Noem enige EEN produk waarop die owerheid 'n subsidie aan verbruikers kan aanbied. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term markmislukking. (2) 2.3.4 Verduidelik die effek van subsidies op produsente van goedere en dienste. (2) 2.3.5 Waarom is markte teësinnig (onwillig) om openbare goedere en dienste te produseer? (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik kortliks onbeweeglikheid van produksiefaktore en onvolmaakte mededinging as oorsake van markmislukking. (2 x 4) (8) 2.5 Hoe kan 'n uittrede van firmas in 'n volmaakte mark die ekonomie beïnvloed? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE maniere om inflasie te meet. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe dra toerisme positief tot die bruto binnelandse produk (BBP) by? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SOUTH AFRICANINFLASIE SUID-AFRIKAANSE INFLATION Indeks Koers Rate 105 7 100 6 95 5 90 4 85 3 80 Jan 18 Jul 18 Jan 19 Jul 19 Jan 20 Jul 20 Jan 21 Jul 21 Jan 22 Jul 22 Maand en jaar Inflasie-indeks Hooflyn-inflasie and year [Aangepas uit Stats SA] 3.2.1 Identifiseer die maand en jaar toe die inflasiekoers bo die inflasieteiken was. (1) 3.2.2 Gee EEN moontlike rede vir 'n verhoging in die inflasiekoers in 2022. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term kerninflasie. (2) 3.2.4 Verduidelik die rede waarom die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse verlaag wanneer die inflasiekoers onder 3% is. (2) 3.2.5 Hoe beïnvloed inflasie die verskillende deelnemers in die ekonomie sielkundig? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/2023 SS/NSS 3.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOERISTEBESIENSWAARDIGHEID-GEBIED [Aangepas uit www.istockphotos.com] 3.3.1 Identifiseer die tipe toerisme wat deur die prent hierbo uitgebeeld word. (1) 3.3.2 Noem enige EEN Wêrelderfenisterrein wat in Suid-Afrika voorkom. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsels (IKS). (2) 3.3.4 Verduidelik die voordeel van investering in toerisme-infrastruktuur. (2) 3.3.5 Hoe kan toerisme-aktiwiteite tot omgewingstres (uitdagings) lei? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks huishoudelike verbruik en owerheidsbesteding as oorsake van vraagtrek-inflasie. (2 x 4) (8) 3.5 Waarom is toerisme in ontwikkelende lande belangrik om armoede te verlig? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE groepe werkers wat uit minimum lone voordeel trek. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom verkies internasionale toeriste Suid-Afrika as toeristebestemming? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MARK A MARK B Hoeveelheid Prys TI Hoeveelheid Prys TI 0 R10 - 0 R12 - 1 R10 R10 1 R10 R10 2 R10 R20 2 R8 R16 3 R10 R30 3 R6 R18 4 R10 R40 4 R4 R16 5 R10 R50 5 R2 R10 4.2.1 Identifiseer die mark waarin die vraagkurwe 'n dalende helling toon. (1) 4.2.2 Wat is die aard van die produkte wat in 'n volmaakte mark verkoop word? (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term gemiddelde inkomste. (2) 4.2.4 Waarom vind individuele firmas dit maklik om 'n volmaakte mark te betree? (2) 4.2.5 Bereken die marginale inkomste vir mark B by hoeveelheid 2. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/2023 SS/NSS 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOERISME-AKTIWITEITE IN SUID-AFRIKA Toeriste-aankomste in Suid-Afrika was vanaf 1979 tot 2022 gemiddeld 542 648. Dit het in Januarie 2018 'n hoogtepunt van 1 598 893 bereik en in April 2020 'n rekordlaagtepunt van 29 341. Suid-Afrika bied beide plaaslike en internasionale toeriste 'n wye verskeidenheid opsies, soos pragtige natuurlike landskappe en wildreservate, 'n uiteenlopende kulturele erfenis en hoogaangeskrewe wyne. [Aangepas uit www.google.com] 4.3.1 Identifiseer 'n voorbeeld van ekotoerisme in die uittreksel hierbo. (1) 4.3.2 Gee EEN rede vir 'n afname in toerisme in April 2020. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term ontspanningstoerisme. (2) 4.3.4 Waarom is inheemse kennisstelsels (IKS) vir toeriste belangrik? (2) 4.3.5 Hoe los toerisme die probleem van werkloosheid in Suid-Afrika op? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik maksimum pryse as 'n gevolg van markmislukking met behulp van 'n korrek benoemde grafiek. (8) 4.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) die monetêre beleid gebruik om inflasie te bestry? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/2023 SS/NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te beskryf of te omskryf.  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.  Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/Vergelyk/Onderskei/Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Addisionele (Bykomende) gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer Maks. 10 krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Interpreteer/Hoe?/Stel voor 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele (Bykomende) ondersteunende inligting wat die bespreking/ ontleding versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Ondersoek in detail die kenmerke van 'n monopolie. (26 punte)  Hoe veroorsaak die bestaan van monopolieë 'n uitdaging aan die verskillende rolspelers in die ekonomie? (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail enige VYF omgewingsprobleme en die internasionale maatreëls wat geneem is om hierdie uitdagings te hanteer. (26 punte)  Hoe kan beskerming en bewaring help om te verseker dat die omgewing volhoubaar is? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all