Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202312 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V2 NOVEMBER 2023 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/November 2023 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Die koste wat nie met die uitsette verander nie, word … koste genoem. A veranderlike B gemiddelde C vaste D basiese 1.1.2 Die verwydering van reëls en prosedures om gemaklike toegang van nuwe firmas in die mark toe te laat, word ... genoem. A deregulering B vrye mark C aanpassing D markoorheersing 1.1.3 Die voordeel verkry deur 'n derde party wat nie by die markprys ingesluit is nie, staan as … eksternaliteite bekend. A interne B positiewe C negatiewe D marginale 1.1.4 Werklike besteding van 'n besigheid op insette benodig vir produksie, word ... koste genoem. A implisiete B totale C gemiddelde D eksplisiete 1.1.5 Die koers waarteen die sentrale bank geld aan handelsbanke leen, word ...-koers genoem. A prima B bank C repo D inflasie 1.1.6 Godsdienstige geleenthede word onder ... toerisme geklassifiseer. A eko- B mediese C sake- D kulturele Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/November 2023 NSS 1.1.7 Die internasionale protokol en ooreenkoms wat fokus op die uitwissing van armoede as een van hulle doelwitte, staan as die ... bekend. A Rio+20-beraad B Millenniumontwikkelingsdoelwitte C Johannesburg-beraad D Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling 1.1.8 Die vermoë van die omgewing om sy gebruik vir ekonomiese aktiwiteite te oorleef, staan as ... bekend. A volhoubaarheid. B ontbossing. C deregulering. D erosie. (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Kort termyn A waar goedere onwettig gekoop en verkoop word 1.2.2 Duopolie B 'n baken of gebied wat deur die 1.2.3 Swartmark Verenigde Nasies gekies is wat 1.2.4 Merietegoedere kulturele, historiese of 'n ander vorm van betekenis het 1.2.5 Produsenteprysindeks C die verskeidenheid plant- en 1.2.6 Geweegde indeks dierelewe in 'n bepaalde habitat 1.2.7 Wêrelderfenisterrein D 'n proses waar bome uit die grond verwyder en nie vervang word nie 1.2.8 Ontbossing E die periode van produksie waar ten minste een van die produksiefaktore konstant bly F meet die prys van goedere soos dit die fabriek se vloer verlaat G 'n mark wat deur twee firmas gedomineer word H toon die relatiewe belangrikheid van 'n item in 'n mandjie goedere en dienste wat gebruik word om inflasie te bereken I hoogs wenslik vir die algemene welsyn van die samelewing (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/November 2023 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 'n Markstruktuur wat 'n unieke produk produseer met geen naby substitute nie 1.3.2 Wanneer die gemiddelde inkomste groter as die gemiddelde koste van 'n firma is 1.3.3 'n Prys vasgestel onder die markewewig om goedere vir verbruikers bekostigbaar te maak 1.3.4 'n Baie hoë styging in pryse wat 50% per maand oorskry 1.3.5 Tradisionele maniere van dinge doen wat uniek is tot 'n gegewe kultuur 1.3.6 'n Lisensie gegee aan besighede om tot 'n sekere limiet te besoedel (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/November 2023 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE vorme (strategieë) van nieprys-mededinging. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal die heffing van belasting op niemerietegoedere die verbruik daarvan beïnvloed? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VOLMAAKTE MARK MK Koste/Inkomste GK c GVK 25 GI=MI=V3 b 20 GI=MI=V2 a 15 GI=MI=V1 0 30 40 50 Hoeveelheid 2.2.1 Identifiseer die kromme (kurwe) wat die aanbodkromme in die grafiek hierbo verteenwoordig. (1) 2.2.2 Watter hoeveelheid moet die firma produseer om 'n normale wins te maak? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term marginale inkomste. (2) 2.2.4 Waarom sal die produsent onwillig wees om 30 eenhede of minder te produseer? (2) 2.2.5 Gebruik die grafiek hierbo om die totale inkomste te bereken wanneer die prys R25 is. Toon ALLE berekeninge, die formule ingesluit. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/November 2023 NSS 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LOONVERHOGING VIR HUISHULPE Die Departement van Indiensneming en Arbeid se Nasionale Minimum Loon (NML) Kommissie het 'n bo-inflasie-loonverhoging vir 2023 by die NML aanbeveel, wat die tarief vir huishulpe na R25,05 per uur kan laat toeneem. Met die verbruikersprysindeks (VPI) se gemiddeld rondom 7% in 2022 sal dit die verhoging op ongeveer 8% plaas. 'n Verhoging van R25,05 sal die maandelikse tarief tot oor R4 000 opstoot vir 'n werker wat 8 uur per dag, 20 dae per maand werk. Dit sal ongeveer R300 meer as in 2022 wees. [Aangepas uit Business Tech] 2.3.1 Identifiseer die persentasie toename in minimum loon in die uittreksel hierbo. (1) 2.3.2 Noem enige EEN faktor wat die gehalte van die arbeidsmag beïnvloed. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term markmislukking. (2) 2.3.4 Waarom sal die owerheid inmeng wanneer daar onvolmaakte mededinging in die mark is? (2) 2.3.5 Hoe sal minimum lone 'n negatiewe uitwerking op die werkgewers hê? (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik die rol van die Mededingingskommissie en Mededingingstribunaal as instellings wat mededinging in Suid-Afrika bevorder. (2 x 4) (8) 2.5 Hoe sal die voorsiening van subsidies aan produsente die ekonomie positief beïnvloed? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/November 2023 NSS VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van goedere wat uitgesluit word wanneer kerninflasie bereken word. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed lugbesoedeling die omgewing? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INFLASIE Engelse woorde vertaal: THE ECONOMY – DIE EKONOMIE RESERVE BANK – RESERWEBANK MONEY PRINTER – GELDDRUKKER Goedere en dienste Waarde van geld Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) is 'n lid van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) wat nou saamwerk met die Wêreldbank om globale finansiële stabiliteit en ekonomiese groei te bevorder. [Bron: businessday.com] 3.2.1 Identifiseer in die spotprent en inligting hierbo die instelling wat die rentekoers bepaal. (1) 3.2.2 Noem die monetêre beleidsinstrument wat met die verkoop van staatseffekte verband hou. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term geadministreerde prys-inflasie. (2) 3.2.4 Verduidelik die voordeel van 'n algemene prysverhoging vir debiteure in die ekonomie. (2) 3.2.5 Hoe sal 'n ooraanbod van geld die ekonomie beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/November 2023 NSS 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INTERNASIONALE MAATREËLS WAT AANDAG GEE AAN OMGEWINGSPROBLEME Die Kyoto Protokol oor klimaatsverandering verbind geïndustrialiseerde lande om kweekhuisgasvrystellings in ooreenstemming met ooreengekome individuele teikens te beperk en verminder. Die Protokol stel bindende teikens vir vrystellingsvermindering vir 37 geïndustrialiseerde lande. Die Stockholm Protokol en die Basel Konvensie is ander internasionale maatreëls wat aandag gee aan omgewingsprobleme. [Bron: www.google.com] 3.3.1 Identifiseer die internasionale ooreenkoms wat daarna streef om chemiese afval te beperk. (1) 3.3.2 Noem EEN ander internasionale maatreël oor klimaatsverandering. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term aardverwarming. (2) 3.3.4 Watter impak het gevaarlike afval op die omgewing? (2) 3.3.5 Waarom het internasionale maatreëls om die uitwerking van klimaatsverandering te verminder, misluk? (4) 3.4 Bespreek kortliks die gevolge van inflasie op belastingbetalers en nywerheidstabiliteit (nywerheidsvrede). (2 x 4) (8) 3.5 Evalueer die impak van klimaatsverandering op die ekonomie. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/November 2023 NSS VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE regstellende metodes wat gebruik word om rykdom te herverdeel. (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom misluk (vind dit moeilik) markte daarin om die omgewing te ondersteun? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KOSTE EN VOORDELE VIR DIE BOU VAN 'N DAM Koste Voordele Voordele Voordele Koste en voordele 25 000 20 000 Koste 15 000 Koste 10 000 5 000 0 PROJEKTE A B C EKONOMIESE KOSTE (Rm.) 10 000 15 000 25 000 EKONOMIESE VOORDELE (Rm.) 20 000 13 000 23 000 KOSTEVOORDEELVERHOUDING (KVV) 2:1 ? 0,9 : 1 [Aangepas uit www.google.co.za] 4.2.1 Identifiseer in die inligting hierbo 'n projek wat die meeste voordele het. (1) 4.2.2 Noem enige EEN moontlike sosiale voordeel van die bou van 'n brug. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term sosiale koste. (2) 4.2.4 Waarom moet die owerheid 'n kostevoordeel-ontleding (-analise) uitvoer voordat met 'n nuwe projek begin word? (2) 4.2.5 Bepaal watter projek is die voordeligste deur die kostevoordeel- verhouding vir Projek B te bereken. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/November 2023 NSS 4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'Kom ons bespreek hoe om ons omgewing te beskerm.' Subsidies Eiendomsregte Onderwys Belasting [Bron: www.google.co.za] 4.3.1 Identifiseer in die spotprent hierbo die maatreël wat gebruik word as 'n aansporing vir mense om privaat vir die omgewing te sorg. (1) 4.3.2 Noem die tipe belasting wat gehef word op goedere wat eksterne omgewingskoste genereer. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term beskerming. (2) 4.3.4 Verduidelik die rol wat onderwys in die beskerming van die omgewing speel. (2) 4.3.5 Hoe kan omgewingsubsidies gebruik word om omgewings- volhoubaarheid te verseker? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik met behulp van 'n goed benoemde grafiek winsmaksimering deur die krommes (kurwes) vir die totale inkomste (TI) en totale koste (TK) te gebruik. (8) 4.5 Evalueer die sukses van inflasieteikens om inflasie in die land te bekamp. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/November 2023 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf.  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Verduidelik/Assesseer/Debatteer 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/ Maks. 10 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling van feite wat reeds genoem is  Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Vergelyk en kontrasteer in detail die markstrukture van monopolistiese mededinging met 'n oligopolie. (26)  Hoe kan samespanning die ekonomie negatief beïnvloed? (10) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Ondersoek in detail die effek van toerisme. (26)  Hoe kan Suid-Afrika se toerismeprofiel gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te bevorder? (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all