Skip to content

Economics Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202313 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V1 NOVEMBER 2023 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/November 2023 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 'n Doelbewuste aksie deur die owerheid om die waarde van 'n geldeenheid te verhoog, staan as … bekend. A revaluasie B appresiasie C devaluasie D depresiasie 1.1.2 Sakesiklusse wat van 7 tot 11 jaar duur, veroorsaak deur veranderinge in netto investering, staan as …-siklusse bekend. A Kuznets B Kondratieff C Jugler D Kitchin 1.1.3 Die verwantskap tussen die belastingkoers en die belasting- inkomste vir die owerheid word deur die ...-kromme (-kurwe) geïllustreer. A Phillips B Laffer C Lorenz D Indifferensie 1.1.4 As die waarde van die marginale verbruiksgeneigdheid (MVG) 0,6 is, sal die waarde van die marginale spaargeneigdheid (MSG) ... wees. A 0,4 B 0,75 C 1,67 D 2,5 1.1.5 'n Beperking op die hoeveelheid goedere en dienste wat van ander lande aangekoop kan word, staan as invoer-… bekend. A tarief B aansporing C heffing D kwota Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/November 2023 NSS 1.1.6 'n Groei- en ontwikkelingstrategie wat ten doel gehad het om werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer, het as ... bekend gestaan. A Heropbou- en Ontwikkelingsbeleid B Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika C Groei, Indiensneming en Herverdelingsprogram D Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie 1.1.7 Die owerheid se breë benadering tot industrialisasie word in die ... uiteengesit. A Nywerheidsbeleid-aksieplan B Strategiese Geïntegreerde Projekte C Vaardigheidsondersteuningsprogram D Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk 1.1.8 Die toename in die bevolking van stede en dorpe deur die beweging van mense uit landelike gebiede staan as ... bekend. A immigrasie B migrasie C verstedeliking D emigrasie (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/November 2023 NSS 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Outonome verbruik A 'n ekonomiese aanwyser wat met die lewenskoste verband hou 1.2.2 Monetaristiese benadering B wanneer 'n organisasie of 'n land vrygestel word van sy verpligting om 1.2.3 Aanspreeklikheid 'n lening terug te betaal 1.2.4 Skuldvergewing C samewerking tussen lande om gemeenskaplike monetêre en fiskale 1.2.5 Ekonomiese unie beleide aan te neem 1.2.6 Kapitaalvorming D fokus op die gebruik van wetenskap en tegnologie om industrialisasie te 1.2.7 Nasionale Navorsing- en bevorder Ontwikkelingstrategie E handhaaf die siening dat markte 1.2.8 Verbruikersprysindeks inherent onstabiel is F die vereiste om 'n verduideliking van jou eie besluite en optrede te gee G handhaaf die siening dat markte inherent stabiel is H gedeelte van huishoudings se besteding wat onafhanklik van die vlak van inkomste is I die proses van toevoeging van nuwe bates, soos masjinerie en toerusting, tot die bestaande voorraad (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/November 2023 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die onttrekking van geld vanuit die ekonomiese kringloop 1.3.2 'n Samevatting van die verskeie aanwysers van dieselfde soort in 'n enkele waarde 1.3.3 Die wisselkoers word deur markkragte met inmenging deur die sentrale bank vasgestel 1.3.4 Die toename in die ekonomie se kapasiteit om meer goedere en dienste te produseer 1.3.5 Die verwerking van natuurlike hulpbronne tot voltooide produkte 1.3.6 Die laagste rentekoers wat deur handelsbanke van hulle beste kliënte gehef word (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/November 2023 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE produksiefaktore. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is die inflasiekoers gedurende die voorspoedfase van 'n sakesiklus hoog? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE HANDELSBALANS 2 000 000 1 800 000 R miljoen 1 600 000 1 400 000 1 200 000 1 000 000 800 000 600 000 400 000 200 000 0 2018 2019 2020 2021 Uitvoere Invoere handelsbalans Handelsbalans Jaar [Aangepas uit SARB Kwartaallikse Bulletin, Desember 2022] 2.2.1 Identifiseer die jaar waarin Suid-Afrika die hoogste waarde van uitvoere aangeteken het. (1) 2.2.2 Noem die rekening in die betalingsbalans (BB) wat portefeulje- investerings aanteken. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term handelsbalans. (2) 2.2.4 Verduidelik die impak van elektrisiteitstekorte op uitvoervolumes in Suid-Afrika. (2) 2.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) betalings- balanstekorte verminder? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/November 2023 NSS 2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NASIONALE REKENINGE VIR SUID-AFRIKA Teen huidige pryse Item 2021 (R biljoen) Vergoeding van werknemers 2 861 Netto bedryfsurplus 1 795 Verbruik van vaste kapitaal 797 Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste 5 453 Belasting op produksie 132 Subsidies op produksie 12 Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse (A) Belasting op produkte 634 Subsidies op produkte 14 Bruto binnelandse produk teen markpryse 6 193 [Aangepas uit SARB Kwartaallikse Bulletin, Desember 2022] 2.3.1 Identifiseer in die tabel hierbo die metode wat gebruik word om die bruto binnelandse produk (BBP) te bereken. (1) 2.3.2 Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term subsidie op produksie. (2) 2.3.4 Waarom is dit vir 'n land belangrik om nasionale rekeningtotale voor te berei? (2) 2.3.5 Bereken die bruto waarde toegevoeg (BWT) teen basiese pryse (A) in die tabel hierbo. Toon ALLE berekeninge. (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik kortliks spesialisasie en massaproduksie as uitwerkings (effekte) van internasionale handel. (8) 2.5 Hoe kan sakesiklusse die gebruik van fiskale beleid in die ekonomie beïnvloed? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/November 2023 NSS VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van basiese dienste wat deur die owerheid verskaf word. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan die Geïntegreerde Vervaardigingstrategie (GVS) industrialisasie in Suid-Afrika bevorder? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE GROEI- EN ONTWIKKELINGSBELEIDE Ons moet aandag gee aan die uitdagings wat Swart Ekonomiese Bemagtiging in die gesig staar. WAT VAN 'N BIETJIE HULP? WET OP GELYKE INDIENSNEMING [Aangepas uit Dailyfriend.co.za] 3.2.1 Identifiseer 'n regstellende beleid wat daarna streef om onbillike diskriminasie in Suid-Afrikaanse werkplekke te verwyder. (1) 3.2.2 Noem EEN maatreël wat gebruik word om die doeltreffendheid van markte te verbeter. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling. (2) 3.2.4 Hoe kan die owerheid belasting gebruik om besigheids- doeltreffendheid te bevorder? (2) 3.2.5 Verduidelik die uitdagings in die implementering van Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB). (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/November 2023 NSS 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BUITELANDSE DIREKTE INVESTERING (BDI) IN SUID-AFRIKA In vergelyking met ander Afrikalande is die potensiële aantreklikheid van Suid-Afrika hoog. Buitelandse investering het oor die jare toegeneem en is verantwoordelik vir werkskepping asook rykdomskeppende ekonomiese groei. Die meeste van die invloei van buitelandse direkte investering is gerig op die finansiële, mynbou-, vervaardiging-, vervoer- en kleinhandelsektore. Beijing Motorbedryf, BMW, Nissan en Mainstream Renewable Energy was die grootste beleggers die afgelope paar jaar. [Bron: www.tradeclub.standardbank] 3.3.1 Identifiseer EEN voordeel van buitelandse direkte investering vir die ekonomie. (1) 3.3.2 Noem die finansiële aansporing deur die owerheid verskaf om nuwe buitelandse investerings na Suid-Afrika te lok. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkeling. (2) 3.3.4 Waarom is die vervaardigingsektor belangrik vir die ekonomie? (2) 3.3.5 Verduidelik die faktore wat die sukses van nywerheids- ontwikkelingsones (NOS) in Suid-Afrika negatief mag beïnvloed. (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die ruilvoet en die wisselkoers as ekonomiese aanwysers wat met buitelandse handel verband hou. (2 x 4) (8) 3.5 Ontleed die impak van lae ekonomiese groei op die Suid-Afrikaanse ekonomie. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/November 2023 NSS VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE eienskappe van lande in die Suide. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan 'n toename in die bevolking se inkomstevlakke die vraag na invoere beïnvloed? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Effek van vraagkant- en aanbodkantbeleide (nuwe ekonomiese paradigma) Algemene prysvlak TA TA1 e1 P1 e e2 P TV1 TV 0 H H1 H2 Reële uitset 4.2.1 Identifiseer die oorspronklike ewewigspunt in die grafiek hierbo. (1) 4.2.2 Noem EEN instrument van die monetêre beleid. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term sakesiklusse. (2) 4.2.4 Hoe kan mededinging totale aanbod stimuleer? (2) 4.2.5 Verduidelik die effek van vraagkant- en aanbodkantbeleide op die algemene prysvlak en reële uitset, met verwysing na die grafiek hierbo. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/November 2023 NSS 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BEVOLKINGSDEMOGRAFIE VIR SUID-AFRIKA IN 2022 2020 Bevolking: 59 308 690 2022 Bevolking: 59 893 885 Manlik Vroulik Ouderdomsgroep Bevolkingspersentasie [Bron: www.populationpyramid.net/south-africa/2022] 4.3.1 Identifiseer die bevolkingspersentasie van vroue in die ouderdomsgroep 30 tot 34 jaar. (1) 4.3.2 Gee 'n ekonomiese term wat na die bevolkingsouderdomsgroep 15 tot 65 jaar verwys. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term lewensverwagting. (2) 4.3.4 Verduidelik die impak van wanvoeding op die kindersterftesyfer. (2) 4.3.5 Waarom is bevolkingsgrootte belangrik vir besighede en/of die owerheid? (4) 4.4 Bespreek ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe (ROI's) as Suid-Afrika se strewes (pogings) in streeksontwikkeling. (4 x 2) (8) 4.5 Ontleed die verhouding tussen die finansiële sektor en ander deelnemers in die ekonomiesekringloop-model. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 13 DBE/November 2023 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf.  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Verduidelik/Assesseer/Debatteer 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/ Maks. 10 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling van feite wat reeds genoem is  Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail die vernaamste doelwitte van die openbare sektor in die ekonomie. (26)  Evalueer die impak van privatisering van staatsbeheerde ondernemings (parastatale) op die Suid-Afrikaanse ekonomie. (10) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail uitvoerbevordering as Suid-Afrika se internasionale handelsbeleid. (26)  Hoe kan Suid-Afrika bevoordeel word deur deel te wees van die verskeie handelsprotokolle soos die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)? (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all