Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA
NOVEMBER 2022
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad en
'n 4 bladsy-antwoordblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20(English)%20June%202025%20Question%20Paper--5422e67a-03a4-4202-ba9b-1b9ec9872537/v1-bc4ab06b657031de8079/card.webp)



%20Eng--870e3d22-85e9-42bd-890f-3ef1fd3333cf/v1-34f597b30020a0074782/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--13c7b3df-a693-4e59-8ee2-bcf846a2c62d/v1-9fde53bdc4f3dd9b042b/card.webp)
%20MG%20Eng%20Final_hlayiso.com_--16cd7dd5-8efd-4fdf-8b27-180218ee8023/v1-c9e48f06d79a36ca327d/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--888a7d2c-c4ba-4b56-8206-a60b54df719b/v1-86ff9322fef79c2f3761/card.webp)
View all
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)

Electrical Technology Nov 2022 (Electronics) Afr_hlayiso.com_.pdf
Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 30
- File size
- 702.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 30
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE:
VRAAG 4.2.2 en 4.7.3
VRAAG 5.2.4 en 5.3.4
VRAAG 6.2.3 en 6.6.2
4. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op elke ANTWOORDBLAD
en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie.
5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.
6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
plekke af.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Berekeninge moet die volgende insluit:
9.1 Formules en manipulasies waar nodig
9.2 Korrekte vervanging van waardes
9.3 Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing.
10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 3 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskillende opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.
1.1 'n ... is 'n gebeurtenis waartydens 'n ernstige of onverwagte gevaarlike
toestand plaasvind wat onmiddellike aandag benodig.
A Ontruimingsprosedure
B Nie-kritieke insident
C Kritieke insident
D Onveilige toestand (1)
1.2 Die totale teenstand teen die vloei van wisselstroom in 'n RLC-kringbaan is
die ...
A induktiewe reaktansie.
B impedansie.
C kapasitiewe reaktansie.
D induktansie. (1)
1.3 Wanneer die frekwensie tot onder resonansie in 'n serie-RLC-resonansie-
kringbaan daal, sal die ...
A impedansie toeneem en die kringbaan induktief word.
B spanningsval oor die induktor en kapasitor toeneem.
C impedansie daal en die kringbaan kapasitief word.
D impedansie toeneem en die kringbaan kapasitief word. (1)
1.4 Die teenstand teen WS-stroomvloei wat deur 'n kapasitor veroorsaak word,
sal toeneem wanneer die ...
A kapasitansie daal.
B frekwensie toeneem.
C spanning daal.
D stroomvloei toeneem. (1)
1.5 Indien genoeg stroomvloei aan die emittor van die EVT voorsien word, sal die
werkpunt aanhou daal totdat die ... bereik word.
A afsnyspanning
B afknypspanning
C valleipuntspanning
D deurslagspanning (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 4 DBE/November 2022
NSS
1.6 'n Darlington-transistorversterker ontwikkel 'n baie lae uitset-impedansie
wanneer dit as gemeenskaplike ... gebruik word.
A basis
B emittor
C kollektor
D dreineer (1)
1.7 'n Op-versterkerkringbaan sonder enige terugkoppeling het ...-wins.
A geslotelus
B vorentoelus
C agtertoelus
D ooplus (1)
1.8 Die pen wat die spanning bepaal waarteen die 555 sal sneller, staan as die ...
bekend.
A uitset
B ontlaai
C drempel
D terugstel (1)
1.9 'n ... word gebruik om skakelaarwip in elektroniese kringbane te elimineer.
A Monostabiele multivibrator
B Oudioversterker
C Astabiele multivibrator
D Ossillator (1)
1.10 'n Kringbaan wat in 'n oudiomenger gebruik word om elke insetsein
individueel te versterk of te verswak, is die ...
A vergelyker.
B Schmitt-sneller.
C sommeerversterker.
D omkeer-op-versterker. (1)
1.11 'n Basiese op-versterker-vergelykerkringbaan gebruik ...
A terugkoppeling.
B positiewe terugkoppeling.
C negatiewe terugkoppeling.
D geen terugkoppeling nie. (1)
1.12 'n ... ontwikkel 'n uitset wat direk eweredig is aan die tempo van verandering
van die insetsein.
A Passiewe RC-integreerder
B Vergelyker
C Passiewe RC-differensieerder
D Nie-omkeerversterker (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 5 DBE/November 2022
NSS
1.13 'n Kringbaan wat 'n gekose reeks frekwensies deurlaat en frekwensies hoër
en laer as daardie reeks blokkeer, staan as 'n ... bekend.
A hoë deurlaatfilter
B lae deurlaatfilter
C medium deurlaatfilter
D banddeurlaatfilter (1)
1.14 Wanneer 'n kringbaan 'n verlies aan seinkrag tussen sy inset en uitset
ondervind, staan dit as ... bekend.
A versterking
B geraas
C verswakking
D ossillasie (1)
1.15 Die bandwydte van 'n gemeenskaplike emittor-RC-versterker val tussen die ...
A hoë frekwensies.
B middelste frekwensies by die -3 dB-afrolpunte.
C kritieke frekwensies.
D insetkapasitansie van die transistor. (1)
[15]
VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
2.1 Noem TWEE menseregte in die werkplek wat verseker dat die werkgewer se
waardigheid nie aangetas word nie. (2)
2.2 Noem TWEE ontruimingstappe wat gedoen moet word wanneer 'n noodalarm
in 'n werkswinkel afgaan. (2)
2.3 Verduidelik waarom die misbruik van toerusting in 'n werkswinkel 'n
gesondheids- of veiligheidsgevaar kan veroorsaak. (2)
2.4 Verwys na viktimisering by die werkplek en noem TWEE handelinge deur die
werkgewer wat verbied word. (2)
2.5 Noem TWEE tipes risiko-analiseverslae wat deur die gesondheids- en
veiligheidsverteenwoordiger gedoen word. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 6 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 3: RLC-KRINGBANE
3.1 Verduidelik die term induktansie met verwysing na RLC-kringbane wat aan 'n
WS-toevoer gekoppel is. (2)
3.2 Teken die fasordiagramme vir FIGUUR 3.2.1 en 3.2.2 in die
ANTWOORDEBOEK.
3.2.1
VR
+V
1800 3600
0 t
I
-V
FIGUUR 3.2.1: SPANNINGS- EN STROOMGOLFVORME (2)
3.2.2
+V Vc
I
2700 3600
0
900 1800
-V
FIGUUR 3.2.2: SPANNINGS- EN STROOMGOLFVORME (2)
3.3 'n Serie-RLC-kringbaan met 'n weerstand van 25 Ω, 'n induktiewe reaktansie
van 94 Ω en 'n kapasitiewe reaktansie van 13 Ω is aan 'n 150 V/60 Hz-WS-
toevoer gekoppel. Beantwoord die vrae wat volg.
Gegee:
R = 25 Ω
XC = 13 Ω
XL = 94 Ω
VT = 150 V
f = 60 Hz
3.3.1 Bereken die impedansie van die kringbaan. (3)
3.3.2 Bereken die fasehoek van die kringbaan. (3)
3.3.3 Bereken die waarde van die induktor. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 7 DBE/November 2022
NSS
3.3.4 Verduidelik wat met 'n nalopende drywingsfaktor bedoel word. (1)
3.3.5 Verduidelik waarom die stroom- en spanningsgolfvorme in 'n
serie-RLC-resonansiekringbaan in fase is. (2)
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 en beantwoord die vrae wat volg.
Ic 7 A
IR = 11 A
VT = 110 V
θ
IX
IT
IL 9A
FIGUUR 3.4: PARALLEL-RLC-FASORDIAGRAM
Gegee:
IL = 9A
IC = 7A
IR = 11 A
VT = 110 V
3.4.1 Bereken die totale stroom. (3)
3.4.2 Bereken die drywingsfaktor. (3)
3.4.3 Bereken die totale drywing. (3)
3.4.4 Noem, met 'n rede, of die kringbaan 'n voorlopende of nalopende
drywingsfaktor het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 8 DBE/November 2022
NSS
3.5 Verwys na FIGUUR 3.5 en beantwoord die vrae wat volg.
Z I
f f
fr fr
A B
FIGUUR 3.5: IMPEDANSIE- EN STROOMRESPONS-KURWES
3.5.1 Noem die kringbaan wat die respons by A en B in FIGUUR 3.5
lewer. (2)
3.5.2 Bespreek die verskil tussen die impedansie en stroom by
resonansiefrekwensie. (2)
3.5.3 Beskryf wat met impedansie gebeur wanneer die frekwensie in
FIGUUR 3.5 A toeneem. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 9 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE
4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 en beantwoord die vrae wat volg.
+VDD
D1 Lig
D
RIN H
+VIN
B V UIT
RHB
0V
FIGUUR 4.1: MOSVET AS 'N SKAKELAAR
4.1.1 Identifiseer die tipe MOSVET wat in hierdie kringbaan gebruik word. (1)
4.1.2 Verduidelik hoe 'n toename in VHB die MOSVET in die kringbaan sal
beïnvloed. (3)
4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 en beantwoord die vrae wat volg.
ID
VHB
Q-
punt
ID
VHB
Inset
FIGUUR 4.2: KENKROMME
4.2.1 Identifiseer die kenkromme in FIGUUR 4.2. (1)
4.2.2 Teken die uitsetgolfvorm op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.2.2. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 10 DBE/November 2022
NSS
4.3 Verwys na FIGUUR 4.3 en beantwoord die vrae wat volg.
Basis 2
rb2
+
Emittor
Vx VBB
-
rb1
Basis 1
FIGUUR 4.3: OPERASIONELE VERTEENWOORDIGING VAN DIE EVT
4.3.1 Noem EEN toepassing van die EVT. (1)
4.3.2 Verduidelik wat gebeur wanneer die eksterne spanning (V BB) aan
die basis-terminale van die EVT gekoppel word. (2)
4.3.3 'n EVT-kenkromme toon drie hoofwerksgebiede, naamlik afsny,
negatiewe weerstand en versadiging.
Beskryf die werking van die EVT in die negatieweweerstand-gebied. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 11 DBE/November 2022
NSS
4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 en beantwoord die vrae wat volg.
+VBB
R1 R2
E B2
EVT
B1
C
R3
0V
FIGUUR 4.4
4.4.1 Identifiseer die kringdiagram in FIGUUR 4.4. (1)
4.4.2 Bespreek die werking van die kringbaan in FIGUUR 4.4. (4)
4.5 Verwys na FIGUUR 4.5 en beantwoord die vrae wat volg.
+9V N/T N/O
Relê-
spoel
Vryloop-
diode
GEM
C
1 kΩ
B
Inset
E
0V
FIGUUR 4.5: DARLINGTON-TRANSISTORKRINGBAAN
4.5.1 Noem die toepassing van die kringbaan in FIGUUR 4.5. (1)
4.5.2 Noem die funksie van die vryloop-diode in die kringdiagram. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 12 DBE/November 2022
NSS
4.5.3 Beskryf waarom die N/O-kontak sal toemaak wanneer 'n toevoer
aan die kringbaan gekoppel word. (3)
4.6 Verwys na FIGUUR 4.6 en beantwoord die vrae wat volg.
R F = 1, 4 kΩ
RIN = 1 kΩ + 15 V
A _
+ V UIT
0V - 15 V
FIGUUR 4.6: OMKEER- OPERASIONELE VERSTERKER
4.6.1 Noem die spanning by punt A. (1)
4.6.2 Bereken die wins van die op-versterker. (3)
4.6.3 Noem die faseverhouding tussen die inset- en uitsetsein wanneer 'n
WS-sein op die inset toegepas word. (1)
4.7 Verwys na FIGUUR 4.7 en beantwoord die vrae wat volg.
VUIT / V
D A
+VVERS +13
+10
RF
39 kΩ +5
C O
RIN VIN / V
3 kΩ +V -2 -1 +1 +2
_ -5
VIN
+ VUIT -10
0V -V -13 -VVERS
B E
A B
FIGUUR 4.7: OMKEER- OPERASIONELE VERSTERKER
4.7.1 Identifiseer die versadigingsgebiede in FIGUUR 4.7 B. (2)
4.7.2 Bereken die wins deur die spanningswaardes op FIGUUR 4.7 B te
gebruik. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 13 DBE/November 2022
NSS
4.7.3 Teken die uitsetgolfvorm op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.7.3
wanneer die op-versterker versadig is.
+V
1
Inset t
-1
-V
+VVERS
Uitset t
-VVERS
FIGUUR 4.7.3 (3)
4.7.4 Noem DRIE voordele van die verhoging van die waarde van RF. (3)
4.8 Verwys na FIGUUR 4.8 en beantwoord die vrae wat volg.
0V 1 8 +Vcc
SNELLER 2 7 ONTLAAI
555-GS
UITSET 3 6 DREMPEL
TERUGSTEL 4 5 BEHEER-
SPANNING
FIGUUR 4.8: 555-GS-PEN-UITLEG
4.8.1 Noem die funksie van pen 7. (1)
4.8.2 Beskryf hoe die 555-GS gesneller word met verwysing na pen 2. (4)
[45]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 14 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 5: SKAKELKRINGE
5.1 Noem die verskil tussen 'n monostabiele multivibrator en 'n astabiele
multivibrator met verwysing na die uitsettoestande. (2)
5.2 FIGUUR 5.2 toon 'n bistabiele multivibrator wat 'n 555-GS gebruik.
Beantwoord die vrae wat volg.
+6V
R2 R1
10 kΩ 10 kΩ
8
4
7 555 3
6
2 LUD
1 5
S1 S2
C2 R3
Stel Terugstel
10 nF 330 Ω
VCC Snellerinset wanneer
S1 gedruk word
0V
VCC Snellerinset wanneer
S2 gedruk word
0V
VCC
Uitset
0V
FIGUUR 5.2: BISTABIELE MULTIVIBRATOR
5.2.1 Noem EEN toepassing van 'n bistabiele multivibrator. (1)
5.2.2 Verduidelik waarom drempelpen 6 direk aan aard gekoppel is. (3)
5.2.3 Verduidelik wat met die insetspanning op pen 2 sal gebeur as
weerstand R2 van die toevoer ontkoppel word en as 'n oop
kringbaan gelaat word. (2)
5.2.4 Teken die uitsetgolfvorm op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.2.4. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 15 DBE/November 2022
NSS
5.3 FIGUUR 5.3 toon 'n 741 monostabiele multivibratorkringbaan in sy natuurlike
rustoestand. Beantwoord die vrae wat volg.
C1
1µF +9 V
VIN VIN
+9 V VB VUIT
VUIT C2
R2 -9 V
-9 V
-VVERW R3
VB
FIGUUR 5.3: 741-GS- MONOSTABIELE MULTIVIBRATOR
5.3.1 Noem die doel van C2 en R3. (2)
5.3.2 Bepaal die spanning by die nie-omkeer-inset (VB) wanneer
kapasitor C2 tot by die versadigingspanning van 9 V volgelaai is en
geen stroom deur R3 vloei nie. (1)
5.3.3 Verduidelik wat met die uitsetspanning gebeur die oomblik wanneer
'n positiewe insetpuls op die omkeerinset toegepas word. (3)
5.3.4 Teken die uitsetgolfvorm op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.3.4. (4)
5.4 Verwys na FIGUUR 5.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RF
VA
+9V +9V
VA VUIT
+VB VB
R1 - 9V
0 - 9V
C
-VB
R2
R2
VB = VUIT ×
R1 + R 2
FIGUUR 5.4: 741-GS- ASTABIELE MULTIVIBRATOR
5.4.1 Bepaal die polariteit van VB wanneer die uitset positief is. (1)
5.4.2 Verwys na VA en VB en noem wanneer die uitset van +9 V na –9 V
verander. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 16 DBE/November 2022
NSS
5.4.3 Beskryf hoe 'n toename in die waarde van RF die werking van die
kringbaan beïnvloed. (3)
5.5 Verwys na FIGUUR 5.5 en beantwoord die vrae wat volg.
+9V
Inset
Vin Uitset
VX
RF
-9V
+9 V
R1
Vuit
-9 V
FIGUUR 5.5: SCHMITT-SNELLER
5.5.1 Bereken die versadigingspannings van die Schmitt-sneller. (1)
5.5.2 Verduidelik die doel van RF en R1 in die kringbaan. (2)
5.5.3 Noem wanneer die uitset van hoog na laag verander. (2)
5.6 Verduidelik die werking van die kringbaan in FIGUUR 5.6.
+V
+V
VVERW R1
Inset + Vcc
0 VIN
t
741 VUIT
+ VVERS
Uitset - Vcc
Rverw
- VVERS
t
FIGUUR 5.6: OP-VERSTERKER-VERGELYKER (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 17 DBE/November 2022
NSS
5.7 Verwys na FIGUUR 5.7 en beantwoord die vrae wat volg.
RF 22 kΩ
R1 22 kΩ
R2 22 kΩ +12 V
V1 -
V2 R3 22 kΩ +
VUIT
-12 V
V3
FIGUUR 5.7: OP-VERSTERKER-KRINGBAAN
Gegee:
R1 = R2 = R3 = RF = 22 kΩ
Vs = +12 V/-12 V
V1 = 0,9 V
V2 = 1,2 V
V3 = 2,1 V
5.7.1 Identifiseer die op-versterker-kringbaan in FIGUUR 5.7. (1)
5.7.2 Bepaal die wins van die versterker. Motiveer jou antwoord. (2)
5.7.3 Bereken die uitsetspanning. (3)
5.7.4 Verduidelik die invloed van die vermeerdering van die
terugvoerweerstand se waarde. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 18 DBE/November 2022
NSS
5.8 Verwys na FIGUUR 5.8 en beantwoord die vrae wat volg.
CF
RIN +V
VIN -
VIN
VUIT
0
+
t
0 -V
VUIT
-V 0V
FIGUUR 5.8: OP-VERSTERKER-INTEGREERDER
5.8.1 Noem TWEE faktore wat enige tyd die uitsetspanning van die
kringbaan sal bepaal. (2)
5.8.2 Verduidelik waarom kapasitor CF teen 'n vaste lineêre tempo tot
–V laai wanneer 'n positiewe vierkantsgolf by die inset ingevoer
word. (4)
5.8.3 Verduidelik die uitwerking van 'n lang RC-tydkonstante op die uitset. (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 19 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 6: VERSTERKERS
6.1 Noem TWEE kategorieë van versterkers. (2)
6.2 Verwys na FIGUUR 6.2 en beantwoord die vrae wat volg.
+20 Vcc
Ic
(mA)
RC
IB= 140 µf RB 3,3 kΩ
6
IB= 120 µf VUIT
5
IB= 100 µf
4
IB= 80 µf
3 IB= 60 µf Q1
2 IB= 40 µf
IB= 20 µf
1
IB= 0 µf
(V)
4 8 12 16 20 VCE 0V
TRANSISTORVOORSPANNING
FIGUUR 6.2: KENKROMME VAN 'N TRANSISTORKRINGBAAN
6.2.1 Bepaal die maksimum spanning oor die kollektor-emittor-terminale
van die transistor. (1)
6.2.2 Bereken die maksimum kollektorstroom in FIGUUR 6.2. (3)
6.2.3 Teken die laslyn vir die versterker in FIGUUR 6.2 op
ANTWOORDBLAD 6.2.3. (2)
6.2.4 Dui die voorspanningspunt op die laslyn op ANTWOORDBLAD 6.2.3
aan wanneer die versterker in FIGUUR 6.2 as 'n Klas A-versterker
voorgespan is. (1)
6.2.5 Bepaal die waarde van die kollektorstroom by die Klas A-
voorspanningspunt. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 20 DBE/November 2022
NSS
6.3 Verwys na FIGUUR 6.3 en beantwoord die vrae wat volg.
+ VCC
R1 RC1 R3 RC2
C2
C3
C1
Q1 Q2
Uitset
Inset
CE1 CE2
R2 RE1 R4 RE2
0V
FIGUUR 6.3: TWEESTADIUM-RC-GEKOPPELDE VERSTERKER
6.3.1 Noem die funksie van R1 en R2. (2)
6.3.2 Verduidelik waarom die waardes van die koppelingskapasitors
doelbewus so groot as moontlik gekies word. (1)
6.3.3 Noem die doel van RE. (2)
6.3.4 Beskryf die funksie van die RC-koppeling. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 21 DBE/November 2022
NSS
6.4 Verwys na FIGUUR 6.4 en beantwoord die vrae wat volg.
+VCC
T1 T2
R1 R3
luidspreker
Q1 Q2
Inset
R2 R E1 C1 R4 C2 R E2 C3
0V
FIGUUR 6.4: TWEESTADIUM-TRANSFORMATORGEKOPPELDE VERSTERKER
6.4.1 Noem EEN toepassing van die transformatorgekoppelde versterker. (1)
6.4.2 Noem TWEE voordele van die kringbaan in FIGUUR 6.4. (2)
6.4.3 Noem TWEE toestelle, behalwe die luidspreker, wat aan die
terminale van transformator T2 gekoppel kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 22 DBE/November 2022
NSS
6.5 FIGUUR 6.5 hieronder verteenwoordig die radiofrekwensieversterker.
Beantwoord die vrae wat volg.
+VCC
T2
R1 C1 C2 Uitset
T1
Q1
Inset
R2 C3 RE CE
0V
FIGUUR 6.5: RADIOFREKWENSIEVERSTERKER
6.5.1 Noem EEN doel van CE. (1)
6.5.2 Beskryf die funksies van die radiofrekwensieversterker. (2)
6.5.3 Verduidelik waarom reëlbare voorafgestelde kapasitors C1 en C2
saam met transformator T2 gebruik word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 23 DBE/November 2022
NSS
6.6 Verwys na FIGUUR 6.6 en beantwoord die vrae wat volg.
1 2
S
GS- + C L
toevoer -
FIGUUR 6.6: TENKKRINGBAAN
6.6.1 Beskryf wat sal gebeur wanneer skakelaar S na posisie 2 verander
word. (2)
6.6.2 Teken die spanningsgolfvorm oor die kapasitor op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.6.2 nadat die skakelaar na
posisie 2 verander is. (3)
6.6.3 Noem hoe die frekwensie van hierdie tenkkring verhoog kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 24 DBE/November 2022
NSS
6.7 Bestudeer FIGUUR 6.7 en beantwoord die vrae wat volg.
+ VCC
R B1 RF
smoorspoel
C1
Cc
C2 Uitset
Q1
L2
RB 2 RE CE
C3
L1
0V
FIGUUR 6.7: HARTLEY-OSSILLATOR-KRINGDIAGRAM
6.7.1 Noem EEN toepassing van die Hartley-ossillator. (1)
6.7.2 Noem die funksie van C1 en C2. (2)
6.7.3 Beskryf hoe die ossillasietoestand behou kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika 25 DBE/November 2022
NSS
6.8 Verwys na FIGUUR 6.8 en beantwoord die vrae wat volg.
+VCC
RB RC
C5
VUIT
C1 C2 C3
Q1
R1 R2 R3 R4 C4
0V
FIGUUR 6.8: RC-FASEVERSKUIWINGSOSSILLATOR
6.8.1 Noem EEN funksie van transistor Q1. (1)
6.8.2 Beskryf hoe die frekwensie van die ossillator in FIGUUR 6.8 verstel
kan word indien die waarde van die weerstande dieselfde gehou
word. (2)
6.8.3 Vergelyk die terugkoppeling wat in transistorversterkers gebruik
word met ossillatorkringe. (2)
6.9 Noem die verskil tussen LC- en RC-ossillators met verwysing na frekwensie. (2)
[45]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2022
NSS
FORMULEBLAD
RLC-KRINGBANE HALFGELEIERTOESTELLE
P V I cos θ V R RF
Wins A V UIT F A V 1
XL 2 fL VIN RIN R IN
1 R
XC VUIT VIN F
2 fC RIN
fr
1
OF fr f2 f1 R
2 LC 2 VUIT VIN 1 F
f RIN
BW r OF BW f2 f1
Q SKAKELKRINGE
Serie R R R
VUIT V1 F V2 F ...VN F
VR I R R1 R2 RN
VL I XL VUIT VUIT
Wins A V
VC I XC VIN V1 V2 ...VN
VT VUIT = (V1 + V2 + ...VN )
IT OF IT IR IC IL
Z VERSTERKERS
V
Z R 2 X L X C IC C VCC VCE ICRC
2
RC
VT VR VL VC OF VT I Z VB VBE VRE
2 2
R VR VUIT
Cos θ OF Cos θ AV
Z VT VIN
XL X C VL VC 1 L I I
Q A I UIT OF β C
R R VT VT R C IIN IB
Parallel P
A P UIT AP A V A I
VT VR VL VC PIN OF
OF
VT
IR A = β1 x β 2 OF A V A V1 A V2 A V3
R
V
IC T PIN I2 ZIN PUIT I2 Z UIT
XC EN
Ossillasiefrekwensie
V
IL T fo
1 1
XL OF fo
2 π LC 2 π 6 RC
IT IR IL IC
2 2
WINS IN DESIBEL
VT I
Z A I 20log10 UIT
IT IIN
I
Cos θ R
V
IT
A V 20log10 UIT
VIN
R R I I P
Q L C A P 10log10 UIT
X L X C IT IT PIN
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2022
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE
4.2.2
ID
VHB
Q-punt
ID
VHB
Inset
Dra punt na
antwoordeboek oor
FIGUUR 4.2.2
MOD (3)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2022
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
4.7.3
+V
1
Inset t
-1
-V
+VVERS
Uitset t
Dra punt na
antwoordeboek oor
-VVERS
FIGUUR 4.7.3
MOD (3)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2022
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 5: SKAKELKRINGE
5.2.4
VCC
Snellerinset wanneer S1
gedruk is
0V
VCC
Snellerinset wanneer S2
gedruk is
0V
VCC
Uitset
0V
Dra punt na
antwoordeboek oor
FIGUUR 5.2.4
MOD (3)
5.3.4
VIN
+9 V
VUIT
-9 V
VB
Dra punt na
antwoordeboek oor
FIGUUR 5.3.4 MOD (4)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2022
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 6: VERSTERKERS
6.2.3
Ic
(mA)
7
6 IB= 140 µf
5 IB= 120 µf
IB= 100 µf
4
IB= 80 µf
3
IB= 60 µf
2 IB= 40 µf
1 IB= 20 µf
IB=0µ
f (V)
4 8 12 16 20 VCE
Dra punt na
antwoordeboek oor
FIGUUR 6.2.3 oor
MOD (2)
6.6.2 +V
t
Dra punt na
antwoordeboek oor
-V
FIGUUR 6.6.2 MOD (3)
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20(English)%20June%202025%20Question%20Paper--5422e67a-03a4-4202-ba9b-1b9ec9872537/v1-bc4ab06b657031de8079/card.webp)
Question paper
Electrical Technology (Power Systems) (English) June 2025 Question Paper.pdf

Question paper
ELEC TECH GR12 QP SEPT2024_Electronics_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ELEC TECH GR12 QP SEPT2024_Power Systems_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ELEC TECH GR12 QP SEPT2024_Digital_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Electrical Technology Nov 2024 (Digital) Afr.pdf
%20Eng--870e3d22-85e9-42bd-890f-3ef1fd3333cf/v1-34f597b30020a0074782/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Nov 2024 (Electronics) Eng.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20Eng_hlayiso.com_--13c7b3df-a693-4e59-8ee2-bcf846a2c62d/v1-9fde53bdc4f3dd9b042b/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Nov 2022 (Electronics) Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Electrical Technology Nov 2022 (Elektronics) MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Electrical Technology Nov 2022 (Power Systems) Eng_hlayiso.com_.pdf
%20MG%20Eng%20Final_hlayiso.com_--16cd7dd5-8efd-4fdf-8b27-180218ee8023/v1-c9e48f06d79a36ca327d/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Nov 2022 (Power Systems) MG Eng Final_hlayiso.com_.pdf
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--888a7d2c-c4ba-4b56-8206-a60b54df719b/v1-86ff9322fef79c2f3761/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Nov 2022 (Digital) MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Electrical Technology Nov 2022 (Digital) Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Electrical Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24.pdf
Annual teaching plan
Gr 12 Elec Tech Pow Sys ATP 2023-24.pdf
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers.pdf
Memorandum
ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024_Electronics_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024_Power Systems_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum