Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitend ʼn 1-bladsy
formuleblad en 5 antwoordblaaie.
Skip to contentAll 2022 papers 



%20Afr_hlayiso.com_--06607207-1ab5-4871-8074-c5e700e5a450/v1-9312862de82c052ffc54/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--d566fd2a-d854-43c7-887f-043f219d6078/v1-8e1c9ebee8b9283d28ec/card.webp)
View all
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)

%20MG%20Afr_hlayiso.com_--d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1/v1-c626a1835b7bd66cd74a/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c/v1-7f4e7e802c7ad4ef5308/card.webp)
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP
Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 419.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.
3. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke
af.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge
7. ʼn Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.
8. Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE:
VRAAG 5.3.2
VRAAG 5.4
VRAAG 5.5
VRAAG 6.8
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.16 D.
1.1 Die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid is om …
A voorsiening te maak vir die gesondheid en veiligheid van persone by
die werk.
B voorsiening te maak vir die gesondheid en veiligheid van persone by
die huis.
C die slytasie op masjinerie te voorkom.
D te verhoed dat werkers masjinerie gebruik. (1)
1.2 Met verwysing na ʼn monostabiele multivibrator, kies die korrekte opsie:
A Dit is ʼn vrylopende ossillator
B Dit het EEN inset
C Die grootte van die toevoerspanning bepaal die lengte wat die uitset
hoog is
D Dit sal onbepaald hoog bly (1)
1.3 ʼn Astabiele multivibrator het die volgende kenmerke:
A Vrylopend met GEEN eksterne insette nie
B Vrylopend met TWEE insette
C TWEE stabiele toestande met TWEE insette
D GEEN stabiele toestande met EEN inset (1)
1.4 Wat sal met die waarde van ʼn ligafhanklike resistor (LAR) gebeur as die lig
wat daarop skyn toeneem?
A Dit sal dieselfde bly.
B Dit sal eers toeneem en dan afneem.
C Dit sal toeneem.
D Dit sal afneem. (1)
1.5 ʼn Schmitt-snellerkring werk op die beginsel van:
A Omkeer-seine
B Versterking van seine
C Histerese
D Voeg die seine bymekaar (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA (EC/SEPTEMBER 2022)
1.6 Pen 3 van ʼn 555-Geïntegreerde Stroombaan (GS) word genoem:
A +VCC
B Aard
C Uitset
D Invoer (1)
1.7 Die maksimum toevoerspanning vir ʼn 555-GS is:
A +15 V
B +12 V
C -12 V
D +5 V (1)
1.8 Met verwysing na die LUD-sewe-segment vertooneenheid, verwys die
gemeenskaplike katode na:
A Die anodes van al agt LUD’s is aan mekaar met ʼn gemeenskaplike
aardspoor verbind.
B Die katodes van al agt LUD’s is aan mekaar met ʼn gemeenskaplike
positiewe aardspoor verbind.
C Die anodes van al agt LUD’s is aan mekaar met ʼn gemeenskaplike
positiewe aardspoor verbind.
D Die katodes van al agt LUD’s is aan mekaar met ʼn gemeenskaplike
aardspoor verbind. (1)
1.9 Die funksie van ʼn enkodeerder is om:
A analoog-sein na ʼn digitale sein om te skakel.
B digitale sein na ʼn analoog-sein om te skakel.
C binêre kode in ʼn herkenbare desimale vorm om te skakel.
D desimale kode in ʼn herkenbare binêre vorm om te skakel. (1)
1.10 Daar word ook na aktiewe lae grendel wipkring as ʼn ... verwys.
A Meester/slaaf-grendel
B D-grendel
C ̅S̅-rgrendel
R
D RS-grendel (1)
1.11 Die ONWETTIGE werkingsmodus vir ʼn Aktiewe Hoё Grendel (RS-grendel)
wipkring vind plaas wanneer:
A Beide insette is hoog.
B Stel-inset hoog is en Herstel-inset is laag
C Herstel-inset hoog is en Stel-inset is laag
D Beide insette laag is (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA 5
1.12 Met verwysing na mikrobeheerders, sal ʼn LUD-vertooneenheid ʼn voorbeeld
van ʼn ... wees.
A uitset
B inset
C kontroleerder
D proses (1)
1.13 Met verwysing na mikrobeheerders beteken die term ETG (RAM):
A Lees Alle Geheue
B Ewekansige Toekenning Geheue
C Lees en Memoriseer Geheue
D Ewetoeganklike Geheue (1)
1.14 Met verwysing na mikrobeheerders, identifiseer watter EEN NIE deel van die
mikrobeheerder is NIE:
A Beheereenheid
B Seriepoort
C Geheue
D Rekenkundige Logika Eenheid (1)
1.15 Die term I2C staan vir:
A Inter-geïntegreerde stroombaan
B Geïntegreerde 2 stroombane
C Interne tussenkring
D Onderling verbind 2 stroombane (1)
[15]
VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
2.1 Definieer ernstige voorval met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid
en Veiligheid van 1993. (2)
2.2 Noem EEN oorsaak van onveilige handelinge in ʼn werkswinkel. (1)
2.3 Beskryf hoekom die volgende onveilige handelinge of onveilige toestande is.
2.3.1 Hardloop in die werkswinkel (2)
2.3.2 Oorlaai muurproppe met te veel toestelle (2)
2.4 Verduidelik hoe jy ʼn kwalitatiewe risiko-analise in jou werkswinkel by die skool
sal doen. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 3: SKAKELKRINGE
3.1 Met verwysing na FIGUUR 3.1 hieronder, beantwoord die volgende vrae.
+6V
R1 R2
8
4 3
555 R3
6
2
1 5 LUD
STEL HERSTEL
S1 S2 C1
GND1
FIGUUR 3.1: BISTABIELE MULTIVIBRATOR
3.1.1 Noem TWEE kenmerke van die bistabiele multivibratorkring in
FIGUUR 3.1 hierbo. (2)
3.1.2 Verduidelik wat in die stroombaan sou gebeur as R3 verwyder word. (1)
3.1.3 Verduidelik die belangrikheid (funksie) van R3 in die stroombaan wat in
FIGUUR 3.1, getoon word. (2)
3.1.4 Beskryf wat gebeur wanneer die STEL-skakelaar, S1 gedruk word. (3)
3.1.5 Verduidelik die funksie van R1 en R2 in die stroombaan. (2)
3.2 Teken ʼn volledig benoemde stroombaandiagram vir ʼn astabiele multivibrator op-
versterkerkring. (6)
3.3 Met verwysing na die astabiele multivibrator op-versterkerkring, verduidelik die
term terugvoer. (3)
3.4 Noem EEN toepassing van ʼn monostabiele multivibrator. (1)
3.5 Verduidelik die werksbeginsel van ʼn dag/nag skakelkring. (6)
3.6 Teken ʼn volledig benoemde diagram van ʼn tipiese histerese-kromme. (6)
3.7 Teken die uitsetgolfvorm van ʼn 555-tydskakelaar-GS wat as ʼn Schmittsneller
gebruik word. Toon ten minste TWEE volle siklusse. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA 7
3.8 FIGUUR 3.8 en TABEL 3.8 hieronder toon die weerstandwaardes,
uitsetspannings en wins van ʼn sommeerversterker. Verwys na FIGUUR 3.8 en
bestudeer TABEL 3.8 hieronder om die volgende vrae te beantwoord.
R1 RF
V1 = + 0,5 V
R2
V2 = + 1,2 V VUIT
R3
V3 = + 0,9 V
FIGUUR 3.8: SOMMEERVERSTERKER
WEERSTANDWAARDES UITSET WINS
R1 R2 R3 RF VUIT β (AV)
20 kΩ 20 kΩ 20 kΩ 20 kΩ B 1
20 kΩ 20 kΩ 20 kΩ 40 kΩ + 5,2 V D
5 kΩ 10 kΩ 20 kΩ 40 kΩ C 4,08
20 kΩ 20 kΩ 20 kΩ A + 10,4 V 4
TABEL 3.8
3.8.1 Noem die funksie van ʼn sommeerversterker. (2)
3.8.2 Bereken die uitsetspanning by B. (3)
3.8.3 Bereken die uitsetspanning by C. (3)
3.8.4 Bereken die waarde van die terugvoer by A. (3)
3.8.5 Bereken die totale wins by D. (3)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE
4.1 Noem VIER kenmerke van ʼn ideale operasionele-versterker. (4)
4.2 FIGUUR 4.2 hieronder toon die op-versterker as ʼn nie-omkeerversterker.
Beantwoord die vrae wat volg.
+V
VIN = 1,5 V VUIT
-V RF = 50 kΩ
RIN = 10 kΩ
0V
FIGUUR 4.2: NIE-OMKEER-VERSTERKER
Gegee:
VIN = 1,5 V
RF = 50 kΩ
RIN = 10 kΩ
4.2.1 Bereken die spanningswins in FIGUUR 4.2. (3)
4.2.2 Bereken die uitsetspanning. (3)
4.2.3 Beskryf die effekte van die vermindering van die terugvoerweerstand. (2)
4.3 Met verwysing na die 555-tydskakelaar-GS, beantwoord die vrae hieronder.
4.3.1 Verduidelik die funksie van pen 6 (drempel) op ʼn 555-GS. (3)
4.3.2 Noem die spanningsparameters waartussen ʼn 555-tydskakelaar kan
bedryf. (2)
4.3.3 Verduidelik die astabiele werkingsmodus van ʼn 555-tydskakelaar. (2)
4.3.4 Noem EEN metode om pen 1 te identifiseer. (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA 9
VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE
5.1 Noem TWEE metodes om inligting in digitale stelsels te vertoon. (2)
5.2 Verwys na transistor koppeling soos gebruik in LUD-sewesegment vertoon en
identifiseer die kringbaan in FIGUUR 5.2 hieronder. (2)
V+
FIGUUR 5.2
5.3 Verwys na FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A
B B
0 UITSET 0
B
1 UITSET 1
2 UITSET 2
3 UITSET 3
FIGUUR 5.3
5.3.1 Identifiseer die stroombaan in FIGUUR 5.3. (1)
5.3.2 Voltooi die waarheidstabel van FIGUUR 5.3 op ANTWOORDBLAD vir
VRAAG 5.3.2. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA (EC/SEPTEMBER 2022)
5.4 Teken op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4 die logiese stroombaan van
ʼn volopteller deur EN-hekke, eksklusiewe OF-hekke en ʼn OF-hek te gebruik. (8)
5.5 FIGUUR 5.5 hieronder toon ʼn geklokte RS-wipkring. Voltooi die uitset-
golfvorms op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.5.
S
Q
KLK
𝑄̅
R
S Q
KLK
R 𝑄̅
FIGUUR 5.5: GEKLOKTE RS-WIPKRING (4)
5.6 FIGUUR 5.6 hieronder verteenwoordig die logiese simbool van ʼn wipkring.
STEL
SET
D Q
CLK
KLK
CLR
HERSTEL Q
FIGUUR 5.6: WIPKRING
5.6.1 Identifiseer die wipkring in FIGUUR 5.6. (1)
5.6.2 Verduidelik hoe die stroombaan ontwerp is om enige onwettige
toestande in die werking van hierdie wipkring uit te skakel. (4)
5.6.3 Noem TWEE toepassings van hierdie tipe wipkring. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA 11
5.7 FIGUUR 5.7 hieronder toon ʼn drie-stadium asinchrone-rimpelteller.
Beantwoord die vrae wat volg.
1 A B C
SET SET SET
J Q J Q J Q
Inset
Input clock
klokpulse
pulses
K CLR Q K CLR Q K CLR Q
FIGUUR 5.7: ASINCHRONE-RIMPELTELLER
5.7.1 Verduidelik die werksbeginsel van die stroombaan in FIGUUR 5.7. (8)
5.7.2 Verduidelik waarom daar na hierdie teller in FIGUUR 5.7 as ʼn
asinchrone-teller verwys word. (2)
5.7.3 Noem die maksimum getal, in desimale getalle, waartoe hierdie teller
in FIGUUR 5.7 kan tel. (3)
5.7.4 Verduidelik waarom daar na hierdie teller in FIGUUR 5.7 as ʼn
rimpelteller verwys word. (2)
5.8 Verwys na FIGUUR 5.8 hieronder wat ʼn blokdiagram van ʼn serie-in: serie-uit
skuifregister is en beantwoord die vrae wat volg.
D SET
Q D SET
Q D SET
Q D SET
Q Serie
Data uit
CLR Q CLR Q CLR Q CLR Q
B
FIGUUR 5.8
5.8.1 Benoem A en B. (2)
5.8.2 Verduidelik die werksbeginsel van hierdie register. (5)
5.9 Verduidelik die verskil tussen kombinasie-logikakringe en sekwensiële logiese
stroombane met betrekking tot hul basiese bou-elemente. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA (EC/SEPTEMBER 2022)
5.10 Noem TWEE tipes skuifregisters, behalwe die serie-in: serie-uit
skuifregister, wat in digitale elektronika stroombane gebruik word. (2)
5.11 Verduidelik die term afgesnyde teller. (2)
[55]
VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS
6.1 Verwys na die blokdiagram in FIGUUR 6.1 hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
ETG
X
I/U
ROM
FIGUUR 6.1
6.1.1 Identifiseer die blokdiagram in FIGUUR 6.1. (1)
6.1.2 Identifiseer komponent X. (1)
6.1.3 Skryf die afkorting LSG (ROM) volledig uit. (1)
6.1.4 Verduidelik die funksie van ETG (RAM). (2)
6.2 Beantwoord die volgende vrae met verwysing na die hardeware van ʼn
mikrobeheerder.
6.2.1 Verduidelik die term diskrete logika. (2)
6.2.2 Verduidelik die term geïntegreerde logika. (2)
6.3 Beantwoord die volgende vrae met verwysing na die registers van ʼn SVE.
6.3.1 Noem EEN tipe spesiale-doel register. (1)
6.3.2 Beskryf die funksie van ʼn akkumulator. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA 13
6.4 Beantwoord die volgende vrae met verwysing na kommunikasie in ʼn
mikrobeheerder.
6.4.1 Verduidelik die funksie van die koppelbus. (3)
6.4.2 Noem die DRIE busse in ʼn mikrobeheerder. (3)
6.4.3 Noem TWEE voordele van sinchrone kommunikasie wanneer dit met
asinchroniese kommunikasie vergelyk word. (2)
6.4.4 Noem TWEE nadele van parallelle kommunikasie wanneer dit met
serie-kommunikasie vergelyk word. (2)
6.5 Beantwoord die volgende vrae met verwysing na RS-485 kommunikasie-
protokol.
6.5.1 Noem die logiese werkingswaardes wat deur -200 mV en 200 mV
voorgestel word. (2)
6.5.2 Noem DRIE toepassings van die RS-485. (3)
6.5.3 Verduidelik die verskille tussen simplekskommunikasie en half dupleks
kommunikasie. (4)
6.6 Beantwoord die volgende vrae met verwysing na die sagteware van
mikrobeheerders.
6.6.1 Verduidelik die verskil tussen ʼn algoritme en ʼn program. (4)
6.6.2 Verduidelik die term lussing (herhaling). (2)
6.7 Beantwoord die volgende vrae met verwysing na datavloeidiagramsimbole in
PICAXE.
6.7.1 Verduidelik die funksie van die simbool wat in FIGUUR 6.7.1 na verwys
word. (2)
FIGUUR 6.7.1
6.7.2 Verduidelik waar ʼn terminator-simbool in ʼn vloeidiagram gebruik sal
word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA (EC/SEPTEMBER 2022)
6.8 Bestudeer die PICAXE-kring in FIGUUR 6.8 hieronder en ontwerp ʼn vloei-
diagram vir die stroombaan. Voltooi jou antwoord op die ANTWOORDBLAD vir
VRAAG 6.8.
SCENARIO:
Wanneer die aan/af-skakelaar geaktiveer is, moet die program soos volg
uitgevoer word:
a S3 moet gedruk word om die UITVOER-LUD te aktiveer (die LUD sal vir
óf 5 óf 2 sekondes aanskakel). S3 is ʼn drukknop.
b S2 moet gebruik word om een van twee tydskakelaars te kies (een gestel
op 5 sekondes en die ander op 2 sekondes). S2 is ʼn swik-skakelaar.
c S1 moet die gebruiker toelaat om die program te herhaal of om dit te stop.
S1 is ʼn swik-skakelaar.
Aan/Af R1
PicAXE
6V
08M
S1
S2 Uitset
S3
S1: Herhaal die program (Ja = Aan/Nee = Off)
S2: Tydskakelaar (5 sekondes = Aan/2 sekondes = Af)
S3: Aktiveer die LUD (Skakel Aan = Aktiveer)
FIGUUR 6.8: PICAXE-KRINGBAAN (10)
[50]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA 15
FORMULEBLAD
SKAKELKRINGE
𝑉 𝑅
1. Wins A𝑉 = 𝑉𝑈𝐼𝑇 = − (𝑅 𝑓 ) omkeer operasionele-versterker
𝐼𝑁 𝑖𝑛
𝑉 𝑅
2. Wins A𝑉 = 𝑉𝑈𝐼𝑇 = 1 + (𝑅 𝑓 ) nie-omkeer operasionele-versterker
𝐼𝑁 𝑖𝑛
𝑅
3. 𝑉𝑈𝐼𝑇 = 𝑉𝐼𝑁 × (− 𝑅 𝑓 ) omkeer-versterker
𝑖𝑛
4. VUIT = −(V1 + V2 + V3 ) sommerende operasionele-versterker
1
5. 𝑓𝑟 = 2𝜋√𝐿𝐶
1
6. 𝑓 = 2𝜋√6𝑅𝐶
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA (EC/SEPTEMBER 2022)
ANTWOORDBLAD 5.3.2
SEPTEMBER 2022
SENTRUMNOMMER
EKSAMENNOMMER
VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIЁLE TOESTELLE
5.3.2
Insette Uitsette
A B 0 1 2 3
0 0 1 0 0 0
0 1 0 1 0
1 0 0 0 1
1 1 0 0 0
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA 17
ANTWOORDBLAD 5.4
SEPTEMBER 2022
SENTRUMNOMMER
EKSAMENNOMMER
VRAAG 5.4
C1
SOM
A
CO
B
FIGUUR 5.4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA (EC/SEPTEMBER 2022)
ANTWOORDBLAD 5.5
SEPTEMBER 2021
SENTRUMNOMMER
EKSAMENNOMMER
VRAAG 5.5
S
0 1 1 0
R
Q
FIGUUR 5.5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA 19
ANTWOORDBLAD 6.8
SEPTEMBER 2022
SENTRUMNOMMER
EKSAMENNOMMER
VRAAG 6.8
BEGIN
STOP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Memo
%20Afr_hlayiso.com_--06607207-1ab5-4871-8074-c5e700e5a450/v1-9312862de82c052ffc54/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--d566fd2a-d854-43c7-887f-043f219d6078/v1-8e1c9ebee8b9283d28ec/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1/v1-c626a1835b7bd66cd74a/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC June 2023 Memo (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c/v1-7f4e7e802c7ad4ef5308/card.webp)
Question paper