Skip to content

Afrikaans FAL Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 11202035 pages

Grade 11 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2020, 35 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

National Exemplar November Exam 2020

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EKSEMPLAAR) PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye.
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Moenie die hele vraestel eers deurlees nie. 2. Gebruik die INHOUDSOPGAWE om jou met jou keuses te help. 3. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Gedigte (70) Beantwoord vrae oor al VIER gedigte. AFDELING B: Kortverhale (70) Beantwoord vrae oor al VIER kortverhale. AFDELING C: Roman (70) AFDELING D: Drama (70) 4. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die EEN letterkundeteks wat julle in die klas behandel het, aan. 5. Beantwoord AL DIE VRAE uit die afdeling wat julle behandel het. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3 INHOUDSOPGAWE Hierdie bladsy sal jou in staat stel om die vrae te kies wat jy wil beantwoord sonder om deur die hele vraestel te lees. AFDELING A: GEDIGTE Beantwoord al VIER PUNTE BLADSY vrae oor die gedigte. NR. VRAAG 1 Sonvanger Kontekstuele vraag 18 4 EN VRAAG 2 sprak of sprook Kontekstuele vraag 17 6 EN VRAAG 3 Demokrasie (Pity) Limited Kontekstuele vraag 17 8 EN VRAAG 4 Brief insake Kontekstuele vraag 18 10 downsindroom OF AFDELING B: KORTVERHALE Beantwoord al VIER vrae oor die kortverhale. VRAAG 5 Belinda en die blou ster Kontekstuele vraag 18 12 EN VRAAG 6 Koning van die townships Kontekstuele vraag 17 14 EN VRAAG 7 ’n Bed vir Johnny Kontekstuele vraag 18 16 EN VRAAG 8 Die paradysbossie Kontekstuele vraag 17 18 OF AFDELING C: ROMAN Beantwoord ALBEI vrae oor die roman. VRAAG 9 en Die Kruppel Engel Kontekstuele vrae 70 20 VRAAG 10 OF AFDELING D: DRAMA Beantwoord ALBEI vrae oor die drama. VRAAG 11 en Die laaste karretjiegraf Kontekstuele vrae 70 28 VRAAG 12 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. LET WEL: Maak seker dat jy AL die vrae oor die afdeling wat jy gekies het, beantwoord het. AFDELING VRAAGNOMMERS VRAE BEANTWOORD MERK (√) A Gedigte 1 tot 4 4 OF B Kortverhale 5 tot 8 4 OF C Roman 9 en 10 2 OF D Drama 11 en 12 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING A: GEDIGTE VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG Beantwoord ALLE vrae oor die volgende gedigte. “SONVANGER” – Valiant Swart Lees die onderstaande gedig noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. SONVANGER – Valiant Swart 1 kyk of jy vir my die son kan vang 2 daar’s ’n kamer in die huis waar ons die son kan hang 3 dis donker by die venster in die middel van die dag 4 onthou jy hoe helder die kamer kon lag 5 kyk of jy vir my die son kan bring 6 daar’s ’n liedjie in die gange wat die son kan sing 7 dis stil in die hoeke hierdie koue seisoen 8 kan jy sien wat die wind en die reën aan my doen 9 sonvanger 10 ek vra jou mooi 11 laat hom weer vir my kom skyn 12 sonvanger 13 laat my verstaan 14 hoe ’n somer 15 sommerso in die niet kan verdwyn 16 en laat hom skyn 17 kyk of jy vir my die son kan kry 18 daar’s ’n huisie in my hart waar die son kan bly 19 kyk of jy vir my die son kan steel 20 daar’s ’n plekkie in die tuin waar die son kan speel 21 sonvanger 22 ek vra jou mooi 23 laat hom weer vir my kom skyn 24 sonvanger 25 laat my verstaan 26 hoe ’n somer 27 sommerso in die niet kan verdwyn 28 en laat hom skyn 29 bring ’n bietjie lig 30 vir die draaie op my pad 31 en ’n handjie vol strale 32 vir die donker in my hart 33 sonvanger ... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5 1.1 1.1.1 Haal ’n woord uit strofe 1 aan wat help om die stemming in hierdie gedig uit te druk. (1) 1.1.2 Waarom verkeer die ma in hierdie toestand? (1) 1.2 Noem DRIE plekke in die gedig waar die son moet skyn en lig maak. (3) 1.3 Haal TWEE personifikasies uit die gedig aan wat die karaktereienskappe van die seun beskryf. (2) 1.4 “vir die draaie op my pad” (reël 30) Wat kan die draaie op die ma se pad wees? (1) 1.5 Vir wie simboliseer die son in hierdie gedig? (1) 1.6 1.6.1 Wat sou die son volgens strofe 6 vir die ma kon doen? Skryf dit in jou EIE WOORDE. (1) 1.6.2 Dink jy die son sou dit wat die ma verwag het, kon doen? Motiveer jou antwoord. (1) 1.7 Watter woord in die refrein dui daarop dat die seun se dood onverwags was? (1) 1.8 Waarom word reël 1 soveel keer herhaal? (1) 1.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.9) neer. Die woord “steel” (reël 19) dui op ... A hoe moeilik dit is om die son te vang. B die vrou se desperaatheid vir vertroosting. C die karakter van die seun. D hoe gevaarlik dit is om die son te vang. (1) 1.10 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (1.10.1–1.10.3) en die antwoord neer. toestand van; vir ewig; vir ’n kort rukkie; woede in; onthou; verwerk Die gebroke rym in strofe 6 dui op die (1.10.1) ... die ma se hart. Die mooi herinneringe aan die seun sal die ma help om die seun se dood te (1.10.2) ... Die ma wil hê dat die herinneringe (1.10.3) ... moet duur. (3) 1.11 Watter tegniek word in strofe 7 gebruik om die ma se versoek aan die sonvanger te beklemtoon? (1) [18] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG “SPRAK OF SPROOK” – Izak de Vries Lees die onderstaande gedig noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. SPRAK OF SPROOK – Izak de Vries @DJ_Opperman 1 my meisie’s into MXit 2 my pel speel Skype 3 ek vriend 100e op Facebook 4 en tweet my twak op Twitter 5 daar is miljoene ... miljoene op GMail 6 mono logies vir elke pyn 2.1 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Die subtitel is ’n voorbeeld van (inversie/intertekstualiteit). (1) 2.2 Waarom gebruik die digter woorde soos “into”, “pel” en “ek vriend” in hierdie gedig? (1) 2.3 Noem ten minste TWEE voorbeelde van sosiale media in hierdie gedig. (2) 2.4 “my meisie’s into MXit” (reël 1) Watter inligting gee die woord “into” omtrent die spreker se meisie? (1) 2.5 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies om die sin mee te voltooi. Volgens die spreker het hy honderde vriende op Facebook en miljoene op GMail, maar die wrede waarheid hier is dat die mens (se alleenwees beklemtoon word/vasgevang is in sosiale media). (1) 2.6 Wat sê die woord “twak” (reël 4) van die spreker se tweets? (1) 2.7 2.7.1 Hoe pas “mono logies” (reël 6) by die manier van kommunikasie wanneer sosiale media gebruik word? (1) 2.7.2 Hoe dink jy kan hierdie kommunikasieprobleem opgelos word? (1) 2.8 Wat kan ’n mens maklik wegsteek wanneer jy op sosiale media kommunikeer? (1) 2.9 Hoe sluit die titel van die gedig, die idioom (iemand sprak geen sprook) en die inhoud van die gedig by mekaar aan? (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7 2.10 Kies die term uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.10.1–2.10.4) neer, byvoorbeeld 2.10.1 E. KOLOM A KOLOM B 2.10.1 Beklemtoon ’n groot hoeveelheid A alliterasie 2.10.2 “tweet my twak op Twitter” (reël 4) B koeplette 2.10.3 Tipografie van die gedig C ellips 2.10.4 Skep ’n vaste ritme in die gedig D elisie E kwatryne (4 x 1) (4) [17] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG “DEMOKRASIE (Pity) Limited” – Peter Snyders Lees die onderstaande gedig noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. DEMOKRASIE – Peter Snyders 1 Wies aware wat om jou aangaan 2 tjek yt die plek 3 waar djy jou kô kry. 4 Watch yt vir mense wat 5 Inligting vra, 6 jou iets wil verkoep – 7 laat hulle hulle distance hou. 8 Wies op jou guard 9 in supermarkte 10 en as djy ge-hijack of ge-rob word 11 bly kalm en oplettend – 12 moenie trug fight nie 13 djy sal net seerkry. 14 Moenie jou gun in jou cubby hole 15 of handsak bêre nie. 16 Sorg dat jou kardeure toe 17 is – ennie vensters oek. 18 Moenie pakkies of selfouns 19 innie mouter los nie. 20 Tjek jou driveway 21 as djy hys toe kom 22 en as djy jou garage oepslyt 23 kyk 24 of daar nie iemand in wegstiek nie. 25 Moenie op verlate, donker paaie ry nie 26 gebryk sover as moontlik highways 27 en wies versigtag 28 by robots en stopstrate. 29 En, as jou mouter ge-hijack word 30 en djy doen ’n paar gun-skote op, 31 moenie die polisie betrek nie 32 want 33 daar’s nie genoeg van hulle nie 34 hulle’s overworked 35 en underpaid 36 en 37 al trek hulle die skelms en criminals vas, 38 die nuwe demokrasie is soe lief vir hulle 39 djy staan ’n kans 40 om ’n saak tiën jou 41 gemaak te kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9 3.1 In watter dialek is hierdie gedig geskryf? (1) 3.2 Kyk na die titel. Verduidelik waarom die digter “Pity” in plaas van “Pty” gebruik. (1) 3.3 Watter negatiewe impak kan die waarskuwings in hierdie gedig op die straatverkopers se besighede hê? (1) 3.4 Wie is moontlik die instansie of persone hier wat die waarskuwings en advies aan die inwoners gee? (1) 3.5 Watter nalatighede aan die kant van die inwoners word deur die spreker geïdentifiseer? Gee DRIE feite. (3) 3.6 Waarvoor moet jy uitkyk wanneer jy by jou huis aankom? Stel dit in jou eie woorde. Gee TWEE feite. (2) 3.7 Gee die spreker in hierdie gedig jou die reg om die padreëls te oortree? Motiveer jou antwoord. (1) 3.8 Watter skrikwekkende dinge kan volgens hierdie gedig met jou gebeur wanneer jy gekaap word? Gee TWEE feite. (2) 3.9 “ die nuwe demokrasie is so lief vir hulle” (reël 38) Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Die spreker bedoel hiermee dat ... A ons polisiedienste baie swak is. B ons land meer wette nodig het. C die kriminele meer regte as die inwoners het. D die sake teen die kriminele swak is. (1) 3.10 Stem jy saam dat die opinie wat die spreker in die laaste strofe gee, altyd waar is in Suid-Afrika? Motiveer jou antwoord. (1) 3.11 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (3.11.1–3.11.3) en die antwoord neer. enjambement; alleenplasing; polisindeton; kontras; retoriese vraag Die digter gebruik (3.11.1) ... om die gedig te bind. Die woord “kyk” (reël 23) word deur middel van (3.11.2) ... beklemtoon. Die woorde “overworked” (reël 34) en “underpaid” (reël 35) vorm ’n (3.11.3) ... (3) [17] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG “BRIEF INSAKE DOWNSINDROOM” – Sarina Donges Lees die onderstaande gedig noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. BRIEF INSAKE DOWNSINDROOM – Sarina Donges 1 Meneer God 2 by my het ’n fabrieksfout 3 ingesluip. ek kan nie begryp 4 in hierdie tyd waar pos- 5 stukke en aflewerings 6 so onseker is, vertrou U 7 ’n ooievaar as klerk 8 om kosbaarhede te versend: 9 wat voer hy in die vlerk? 10 ek stuur die frats, summier, 11 want hy ontsier my huis. 12 besoekers staar, begaan verward 13 die freudiaanse glips 14 en ek verduur gelukwensings 15 op papier, terwyl hul oë sê: 16 dankie dat by reproduksie 17 by keisersnit of induksie 18 myne ’n volmaakte replika 19 van die oorspronklike is 20 en nie dié karikatuur. 21 dis menslik om te fouteer 22 maar ek het nie verwag 23 dat dit by ’n instansie 24 wat so opgehemel word, gebeur. 4.1 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies om die sin mee te voltooi. 4.1.1 Die emosie wat die spreker in hierdie gedig ervaar, kan as (bitterheid/ eensaamheid) beskryf word. (1) 4.1.2 Waarom blameer sy God vir haar emosionele toestand? (1) 4.2 Waarom word “Meneer God”(reël 1) in hoofletters geskryf? Gee TWEE feite. (2) 4.3 Die gedig verwys satiries na die posdienste in ons land. Hoe word dit beskryf? Stel dit in jou eie woorde. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11 4.4 Watter verwagting het hierdie ma gehad toe sy nog swanger was? (1) 4.5 4.5.1 Hoe het die geboorte van haar Downsindroomkind die spreker se verhouding met haar vriende beïnvloed? (1) 4.5.2 Watter TWEE OPEENVOLGENDE woorde in strofe 2 bewys dat sy genoeg rede gehad het om só oor haar vriende te voel? (1) 4.6 4.6.1 Waarom wou sy volgens strofe 2 die kind onmiddellik na God terugstuur? (1) 4.6.2 Watter woord in strofe 2 dui daarop dat sy nie lank gaan wag om die kind terug te stuur nie? (1) 4.7 4.7.1 Watter TWEE OPEENVOLGENDE woorde dui daarop dat die spreker se besoekers dit moeilik gevind het om hul gelukwensings persoonlik/mondelings aan haar oor te dra? (1) 4.7.2 Wat kon die spreker in hul oë lees? Stel dit in jou eie woorde. (1) 4.7.3 Watter TWEE APARTE woorde in strofe 2 dui daarop dat selfs die besoekers ook nie verwag het dat die spreker ’n Downsindroom-kind sou kry nie. (2) 4.8 Kies die term uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.8.1–4.8.4) neer, byvoorbeeld 4.8.2 E. KOLOM A KOLOM B 4.8.1 “wat voer hy in die vlerk?” (reël 9) A progressie 4.8.2 fabrieksfout→frats→karikatuur B kontras 4.8.3 volmaakte replika x karikatuur C vrye vers 4.8.4 ’n gedig met geen vaste rymskema en vorm nie D woordspelling E alliterasie (4 x 1) (4) [18] TOTAAL AFDELING A: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING B: KORTVERHALE VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Beantwoord ALLE vrae oor die kortverhale. BELINDA EN DIE BLOU STER – Harry Kalmer Lees die onderstaande uittreksel noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS A Sy het ’n ster bo-oor Fred se naam laat tatoeëer. Dit was weer seer toe die tatoeëerpen die ink onder haar vel inspuit. Sy moes weer vier-en-twintig uur lank Glad Wrap om haar arm draai en die nuwe tattoo elke paar uur was. Dit het weer die hele tyd gejeuk. Maar dit was die moeite werd. Sy was van Fred ontslae. 5 Haar pa het gesê hy hou meer van die ster as van die naam en haar ma het nie weer ’n fit gekry toe sy dit sien nie. Na die vakansie is sy sonder ’n pleister skool toe. Baie kinders het gesê die tattoo is cool. Sy het self ook so gedink. By die matriekafskeid het sy en Fred agter mekaar in ’n ry by die kostafel 10 gestaan. “Ek like jou tattoo,” het Fred gesê en na die ster gekyk. “Dankie,” het sy geglimlag. “Jou rok is ook fabulous.” “Dankie.” Dit het gelyk of Fred nog iets wil sê, maar Belinda het weggedraai en ’n 15 stuk Cajun-hoender op haar bord gesit terwyl haar date vra of hy vir haar guacamole kan skep. Toe sy en haar date terugstap tafel toe, het sy gevoel hoe Fred haar agternakyk. 5.1 5.1.1 Waarom het Belinda ’n ster bo-oor Fred se naam laat tatoeëer? (1) 5.1.2 Dink jy die ster sou help om van Fred te vergeet? Motiveer jou antwoord. (1) 5.2 5.2.1 Waarom het Belinda Fred se naam in die eerste plek op haar bo-arm laat tatoeëer? (1) 5.2.2 Waarom was Belinda se intensies met Fred se naam op haar bo-arm onsuksesvol? (1) 5.2.3 Wat kan jongmense uit Belinda se teleurstelling met Fred leer? (1) 5.2.4 Hoe het Belinda se pa haar probeer beter laat voel na haar liefdesteleurstelling met Fred? (1) 5.2.5 Hoe was dit vir Belinda moontlik om Fred op skool te vermy? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 13 5.3 5.3.1 Wat het Fred so populêr op hoërskool gemaak? Gee DRIE feite. (3) 5.3.2 Hoe het Fred egter onpopulêr by die hoërskool-onderwysers geword? Gee TWEE feite. (2) 5.4 Waarom het Belinda se ma haar verbied om vir Dylan te sien? (1) 5.5 Waarom voel jy was dit verkeerd van die onderwysers om Fred te soebat om nie die atletiek en rugby te los nie? (1) 5.6 Watter negatiewe gevolge het die verhouding tussen Belinda en Fred op die skool se skaakspan gehad? (1) 5.7 Belinda en Fred se vriendskap is belangrik in hierdie kortverhaal. Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (5.7.1–5.7.3) en die antwoord neer. graad 1; almal; bewerasie; niemand; graad 2; hartkloppings Belinda en Fred is al vanaf (5.7.1) ... saam op skool. Na die vakansie kon (5.7.2) ... Fred se naam op haar bo-arm sien (nie). By die matriekafskeid het Belinda besef sy is oor Fred toe sy nie meer (5.7.3) ... kry toe sy hom by die matriekafskeid sien nie. (3) [18] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 6: KONING VAN DIE TOWNSHIPS – Rudi Daniels Lees die onderstaande uittreksel noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B Miskien moes hy meer notisie geneem het van Seppie se afskeidswoorde: Solank ek liewe, sal Menee’ safe loop innie Elsies.” Verwyt begin aan hom knaag. Miskien kon hy hierdie toekomstige leier van ’n gewisse misdaadlewe gered het, want gegee sy omstandighede, was hy gedoem tot ’n bendelewe. Maar wie steur hom nou ook aan die bravade van ’n 5 hoërskoolleerling? Toe die skote in die nag in Elsiesrivier meer frekwent geword het, het hy hom maar min daaraan gesteur, want daar was tog ’n skietstilstand tussen die verskillende bendes deur die vredesforum bewerkstellig. Verskillende bendes speel eerder sokker teen mekaar en drink wyn en rook dagga 10 saam ná die wedstryd, altans, so het hy geredeneer. Oënskynlik het die inwoners van Elsiesrivier in vrede geleef, alhoewel almal daarvan bewus was dat dit maar ’n brose vrede was en dat die bendes nog steeds hul onwettige bedrywighede voortgesit het. Tog was die inwoners tevrede, want ten minste hoef hulle nie meer saans op die vloer 15 te geslaap het uit vrees vir dwaalkoeëls nie. Toe die skietery in die nag egter die afmetings van ’n volskaalse oorlog aangeneem het, het hy hom tot sy flatse-leerders in die klas gewend om die ware toedrag van sake uit te vind. Hy is meegedeel dat ’n nuwe bende, die “Young Ones”, besig was om oorlog te voer teen al die ander bendes. 20 6.1 “Miskien moes hy meer notisie geneem het van Seppie se afskeidswoorde:” (reël 1) 6.1.1 Wanneer het Seppie hierdie woorde teenoor meneer Brydon genoem? (1) 6.1.2 Hoekom kon Seppie met soveel sekerheid sê dat hy meneer Brydon se veiligheid sou waarborg? (1) 6.2 “ ... want gegee sy omstandighede was hy gedoem tot ’n bendelewe.” (reël 4 en 5) 6.2.1 Watter omstandighede by die huis het dit vir Seppie moeilik gemaak om skool te loop? Gee TWEE feite. (2) 6.2.2 Hoe het Seppie vir die huishouding gesorg toe hy nog op skool was? (1) 6.2.3 Voel jy simpatie vir Seppie oor sy keuse om by bendes betrokke te raak? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 15 6.3 Waarom sal jy met meneer Brydon saamstem dat Seppie definitief ’n leier sou wees?. Gee DRIE bewyse waar Seppie leierskap gewys het. (3) 6.4 6.4.1 Hoe het meneer Brydon by die skool gewys dat hy baie vir Seppie omgegee het? Gee TWEE feite. (2) 6.4.2 Watter belangrike rol kan skolesport, volgens meneer Brydon, in jong seuns se lewens speel? (1) 6.5 Hoe het die polisie dit uiteindelik reggekry om Seppie tronk toe te stuur? (1) 6.6 Seppie is die hoofkarakter in hierdie kortverhaal. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (6.6.1–6.6.4) en die letter (A–E) neer, byvoorbeeld 6.6.2 B. KOLOM A KOLOM B 6.6.1 Seppie se regte naam A Jacob September 6.6.2 Seppie se bende se naam B Ravensmead, Bishop Lavis. Belhar en Elsiesrivier 6.6.3 Die gebiede waaroor Seppie koning C Young Ones was 6.6.4 Verwysing na ’n Bybelnaam D Brother Mo’ E Ravensmead, Bishop Lavis en Belhar (4 x 1) (4) [17] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG 'N BED VIR JOHNNY – Jeanetta Basson Lees die onderstaande uittreksel noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C Die kartonne, die koleblik, die jas en Oompie se warm lyf maak hom behaaglik vaak. Hy skrik toe iemand hom aan die skouer skud. Dis Moerat. “Kô gou saam, man. Ons het ’n jop vi’ djou.” Oompie meng nie in nie. Hy loer net onderlangs na Johnny. 5 “Dis koud, man. Wa’ wil jy nou heen? Ek lê al.” “Kô help my net gou met iets, man. Dis net ’n klein joppie. Net hie’ ommie hoek byrie salon. Dis niks.” “Ek werkie mahala nie, dis koud.” “Kόm djy of nie? My draad is op met djou. Ek sal djou betáál, man.” Moerat is 10 ergerlik. “Wat is jou ding met die kind? Los hom yt, man.” Oompie sit regop. “Ek sien jou hoeka heeldag vandag da’ byrie salon rondhang. Wat soek jy da? Dis mossie jou se biesigeit nie.” “Sjarrap, djy, moenie djou bek hie’ kô instiekie! Wie praat met djou? Kô, Johnny, 15 ek raak nou fed-up. Djy hoefie bang te wiesie …” Johnny kruip uit die jas. Hy ís bang. Bang vir Moerat. “Ek sal gou maak, Oompie,” sê hy. Daars skud sy kop en trek sy kombers stywer om hom. 20 Moerat draf met Johnny agterna by die agterplaas uit. Oompie gooi sy kombers af en begin straat-af stap. “Ons kan ’n groot kraak slat venaand,” sê Moerat so in die hardloop. “Moerat, ek ken nie van … ek kán nie …” 7.1 Kies die korrekte antwoord tussen hakies om die sin mee te voltooi. Volgens die uittreksel bevind Johnny en oompie Daars-hulle in die agterplaas van ’n (supermark/hardewarewinkel). (1) 7.2 “Dis Moerat.” (reël 3) Hoekom was Johnny baie skrikkerig vir Moerat? Gee DRIE feite. (3) 7.3 “Ons het ’n jop vi’ djou.” (reël 4) 7.3.1 Waarom kan ’n mens aanvaar dat Johnny normaalweg sommer dadelik die takie vir Moerat sou gedoen het? (1) 7.3.2 Hoe het Johnny andersins bedags geld verdien? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 17 7.4 7.4.1 In watter innerlike konflik het Johnny homself bevind toe Moerat hom genader het? Beskryf AL TWEE kante. (2) 7.4.2 Wat sou jy anders in hierdie situasie gedoen het indien jy in Johnny se skoene was? (1) 7.5 Noem TWEE emosies wat Moerat in hierdie uittreksel uitbeeld. (2) 7.6 Hoe bewys Johnny in hierdie kortverhaal dat hy ook maar ’n oppertunis/ kansvatter is? Gee TWEE feite. (2) 7.7 Watter tema word deur Moerat se aksies in hierdie kortverhaal uitgebeeld? (1) 7.8 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE VOLGORDE neer: A Moerat stamp Johnny se kop deur die tralies. B Johnny slaap uiteindelik op sy eie bed. C Oompie Daars en Johnny berei hulle slaapplek voor. D Moerat probeer Johnny deur die tralies trek. (4) [18] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG DIE PARADYSBOSSIE – Marietjie Kotzé Lees die onderstaande uittreksel noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D Maar eers moet dit lente word. En eers moet Oupa verjaar. (Sal sy hom sê dis ’n verneukspul? Of sal sy wag dat ’n bliksemstraal haar tref?) “As dit maar net nie reën nie!” tob haar ma die Saterdagmôre terwyl sy koeksisters op ’n bord uitpak. “ Waar kry ek vir al die mense binnekant plek? En ons het juis die stoep so mooi getooi.” 5 Elfie staan by die kombuisvenster met haar neus teen die ruit gedruk. “Daar reën dit klaar,” kondig sy aan en steek haar hand uit om die eerste groot swaar druppels op te vang. “Maak toe, kind,” kreun haar ma. “Die koek val vandag plat!” Sy het meel op haar wang en haar oë lyk rooi, asof sy stilletjies gehuil het. 10 Op die stoep is Elfie se pa besig om die stoele so goed as moontlik uit die pad van die reën te stoot. Sy kop en skouers is klam gestuif. “Pa gaan lekker siek word van die nattigheid,” profeteer Elfie en draai roekeloos eenhand om die stoeppilaar. Die reën val op haar gesig, haar wange is nat, haar kop draai en draai. “Kom uit die reën!” raas haar pa. “Wil jy vandag jou dood soek?” 15 Sy sluip deur die huis, verby Oupa se kamerdeur, en loer suutjies in. Nurse kyk op. “Kom sit ’n bietjie by hom,” roep sy, “dan gaan help ek jou ma met iets.” “Nee, ek is besig,” sê Elfie en vlug. Haar hart skop soos ’n wilde ding. As die bliksemstraal nóú tref! 8.1 8.1.1 Watter seisoen het Elfie aan die begin van die kortverhaal in haar lewe ervaar? (1) 8.1.2 Waaraan word Elfie se lewe gedurende hierdie seisoen gekenmerk? Gee TWEE feite. (2) 8.2 Elfie het uitgesien na die lenteseisoen in haar lewe. Watter dinge glo sy sal dan ’n bewys wees daarvan? Gee DRIE feite. (3) 8.3 Wat het Elfie ontstel toe sy hoor wat die grootmense met Oupa se verjaarsdag beplan? (1) 8.4 Watter sondes, volgens Elfie, pleeg sy by die huis? Gee TWEE feite. (2) 8.5 Waarom voel Elfie ongemaklik by die etenstafel toe sy na die blomme kyk? (1) 8.6 Dink jy Elfie het reg opgetree toe sy die witkopseun ignoreer? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 19 8.7 8.7.1 Waaraan was Oupa elke jaar herinner wanneer die paradysbossie op sy verjaarsdag geblom het? (1) 8.7.2 Wat het Elfie omtrent haar eie lewe besef toe die paradysbossie wonderbaarlik op Oupa se vroegtydige verjaarsdagpartytjie blom? (1) 8.8 Elfie en haar familie speel ’n belangrike rol in hierdie kortverhaal. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (8.8.1–8.8.4) en die letter (A–E) neer, byvoorbeeld 8.8.2 E. KOLOM A KOLOM B 8.8.1 Hierdie karakter het geen waarde in die A Oupa paradysbossie gesien nie 8.8.2 Hierdie karakter en Elfie het goed oor die weg B Elfie gekom 8.8.3 Hierdie karakter was oorwerk en het ’n C Aletta vakansie nodig gehad 8.8.4 Hierdie karakter het volgens Ma altyd lastige D Jasper vrae gevra E Elfie se ouma (4 x 1) (4) [17] TOTAAL AFDELING B: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING C: ROMAN DIE KRUPPEL ENGEL – Zenobia Kock VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS E Die dag toe die skool begin, begroet sy Pa At in haar nuwe skoolklere. Hy’s stug en draai weg toe sy hom wil druk. Mevrou Coetzee – waarskynlik deur die prokureur gekontak – neem haar en haar ma skool toe om te gaan inskryf. Alleen by die skool, nadat haar ma-hulle gery het, sit daar ’n groot klip in 5 Tina se maag. Niks lyk bekend nie. Die onderwysers vra of sy haar handboeke in Engels wil hê, duidelik verlig as sy nee sê. “Jy moes gevra het vir die Engelse boeke!” sê Andries, wat vir die tweede jaar in graad 10 sit. “Dis makliker om in Engels te leer.” Dis inderdaad maklik in die Engelse vakperiode. Die Afrikaanse kinders kla 10 oor die lys irregular verbs en hulle tenses wat te veel is om in een week te leer, maar omdat Rising Star Engels as ’n huistaal aanbied, het sy dit al in die laerskool onder die knie. Aan die ander kant is skool-Afrikaans anders as huis-Afrikaans, kom sy agter. Die onderwysers gebruik groot woorde. Hulle sê Denvar wat nou nog 15 in graad 11 sit en lankal weg is by die plaasskool, is “arrogant”. Sy vind uit hulle bedoel “cheeky” daarmee. By Rising Star het die onderwysers ook so van hom gesê. En die wiskundeklas is ’n nagmerrie. Wat is ’n “vierkantswortel”? Wat is die verskil tussen ’n “vierkant” en ’n “reghoek”? 20 9.1 In watter woonbuurt het Tina haarself volgens die bogenoemde uittreksel bevind? (1) 9.2 “Hy’s stug en draai weg toe sy hom wil druk.” (reël 2) 9.2.1 Waarom was dit te wagte dat Pa At so sou reageer toe Tina hom wou druk? Gee DRIE feite. (3) 9.2.2 “... nuwe skoolklere” (reël 1) Watter ander betekenis het “nuwe skoolklere” in die konteks van die verhaal verkry? (1) 9.2.3 Hoe het Andries se vordering op die dorpskool daartoe bygedra dat Tina meer vasbeslote was om alreeds vanaf graad 8 by die dorpskool in te skryf? (1) 9.2.4 Hoe het die dorpskool die kinders wat nie goed in Afrikaans was nie probeer akkommodeer? Gee TWEE feite. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 21 9.3 Tina het op haar eie besluit om haar skoolloopbaan die volgende jaar by die dorpskool voort te sit. Dink jy sy het reg opgetree om dit teen haar ouers se wense te doen? Motiveer jou antwoord. (1) 9.4 “Dis inderdaad maklik in die Engelse vakperiode.” (reël 10) 9.4.1 Gee EEN bewys uit die uittreksel dat Tina haarself met die standaard van die Afrikaans in die Afrikaanse vakperiode onderskat het. (1) 9.4.2 Hoe het Tina haar probleem met die Afrikaanse Wiskundeterme in die Wiskundeklas oorkom? (1) 9.4.3 Watter karaktertrek van Tina word in (9.4.2) bewys? (1) 9.5 Tina-hulle is sommer hul eerste aand by die koshuis ontgroen. 9.5.1 Waarom was die was van haar eie laken veral vir Tina sό erg? (1) 9.5.2 Hoe was die kos by die koshuis vir Tina tog beter as by die huis? Gee TWEE feite. (2) 9.6 Juffrou Dale het ’n groot rol in Tina se lewe gespeel. Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (9.6.1–9.6.3) en die antwoord neer. spotprent; kortverhaal; kat; gedig; sakgeld verdien; koshuiskamer gekry Juffrou Dale het Tina se kunstalent raakgesien toe Tina ’n (9.6.1) ... geteken het. Sy was ook daarvoor verantwoordelik dat Tina haar eie (9.6.2) ... het. Meneer Plaatjies het vir Tina gevra om ’n (9.6.3) ... vir die skoolkoerant te skryf. (3) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS F Tina kom by die skool se snoepietrappe af toe sy weer vir Jakob sien. Sy het nog ʼn pakkie tjips vir vyftig sent gekoop. Die LO-meneer trek te velde teen die kleur- en geurmiddels wat mense glo hiperaktief maak, maar as jy honger en platsak is, is dit waarde vir geld. Jakob het ʼn pak klere aan wat lyk of dit te groot is vir hom: ʼn helderblou 5 pak met ʼn blou strepieshemp en ʼn plakkaatblou das. Dit het ʼn eienaardige visuele effek, amper asof hy glimmer. Sy donker verminkte gesig is nog net so skokkend soos vantevore, maar ten minste is sy gesig skoon, sonder enige korserige nattigheid. Hy hinkepink uit die hoof se kantoor met ʼn papier in sy hand wat hy met aandag bestudeer, asof hy ʼn lys afmerk. 10 Hy kyk op toe hy by haar verby sukkel op pad na ʼn vreemde kar op die parkeerterrein. Die kar is die presiese kleur van sy das. “Ti’a,” sê hy,”’ertel ‘ir ju’ou Dale ’an jou gedig.” “Wag, vir juffrou Dale van my gedig vertel? Hoekom – “ Maar sy weet hoekom. Hoe het Jakob geweet? 15 Hy klim in sy kar, maak ‘n netjiese driepuntdraai en ry met ‘n vaart uit die hek uit. 9.7 “Tina kom by die skool se snoepietrappe af toe sy weer vir Jakob sien.” (reël 1) 9.7.1 Hoekom sou jy sê dat Jakob nog altyd positiewe dinge aan Tina gesê het wanneer hy aan haar verskyn het? Gee DRIE bewyse. (3) 9.7.2 Noem TWEE geleenthede waarby Jakob se verskyning wel hartseer oor Tina gebring het. (2) 9.8 “Sy donker verminkte gesig is nog net so skokkend soos vantevore, ...” (reël 7 en 8). 9.8.1 Hoekom het Tina gevoel dat sy verantwoordelik was vir hierdie toestand van Jakob? Gee TWEE feite. (2) 9.8.2 Hoe het Jacob se dood byna Tina se lewe verwoes? Gee TWEE feite. (2) 9.8.3 Waarom kan Ant Merlin se bydrae tot Jakob se dood as onverantwoordelik beskou word? (1) 9.8.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer neer. Tina was uiteindelik van haar skuldgevoel oor Jakob se dood bevry toe ... A Jakob haar die waarheid vertel het. B haar ma haar die waarheid vertel het. C Ant Merlin haar die waarheid vertel het. D Pa At haar die waarheid vertel het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 23 9.9 9.9.1 Waarom sou dit vir Tina se skoolloopbaan voordeliger gewees het om by Stefaans te bly? (1) 9.9.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Tina het besluit om by die huis te bly toe sy weer daardie gevoel gekry het dat (sy by haar ma-hulle behoort/haar ma-hulle vrede met haar gemaak het). (1) 9.10 Die verhouding tussen Tina en Stefaans is belangrik in hierdie kortverhaal. Kies die inligting in KOLOM B om by die inligting in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (9.10.1–9.10.4) neer, byvoorbeeld 9.10.2 E. KOLOM A KOLOM B 9.10.1 Stefaans het deurentyd sy A Stefaans het ophou verantwoordelikheid nagekom drink 9.10.2 Tina het ’n goeie invloed op Stefaans B Stefaans het Tina gehad “toevallig” in die dorp raakgeloop 9.10.3 Stefaans het geleenthede gesoek om C Stefaans se proku- dinge vir Tina te doen reur het maandeliks geld vir Tina betaal 9.10.4 Stefaans bewys dat hy Tina as sy D Stefaans het Tina by dogter aanvaar het Ant Ketlin gaan op- laai E Stefaans het vir Tina as hulle blommemei- sie gekies (4 x 1) (4) [35] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G Tina aanvaar die kaartjies met gemengde gevoelens. Sy het al reeds uitgewerk dat sy snoepie-tjips en Woensdag-lekkers sal moet opgee as sy dertig rand in haar leeftyd wil afbetaal. Dis nie ’n grap om op vyf rand sakgeld ’n week uit te kom nie. Dis wel waar dat sy nie sakgeld op die plaas gekry het nie, maar daar het hulle ook nie ’n snoepie gehad nie. 5 Toe sy egter daardie aand skelm op die toilet sit en lees nά ligte-uit, besluit sy: Dit maak nie saak as juffrou Dale so skree nie. Die volgende Maandag is dit lekker in juffrou Dale se klas. Sy raas nie een keer met iemand nie. Sy deel vir almal ’n vyfrandmuntstuk uit. “Kyk of julle dit op ’n manier kan meer maak. Wettiglik. Jy mag nie bedel nie. Jy moet ’n 10 verslag skryf oor wat jy gedoen het. Dis nie ’n langtermynding nie, so ek wil oor twee weke die verslag en die geld hê.” “En as ons net die geld so terugbring?” vra Ruan met ’n omkrullip. “Dan bring jy dit terug ... As jy wins gemaak het, mag jy die wins hou.” “Ek gaan ’n tjoklit by die snoepie koop vir vyf rand,” kondig hy aan. 15 “Niemand kan my dwing om die geld terug te gee nie.” ’n Hele paar van die seuns begin entoesiaties variasies hiervan aankondig. Van die meisies begin giggel. Juffrou Dale deel die opdragpapiere uit sonder om haar daaraan te steur en die kinders begin dit lees soos hulle dit kry. Die klas raak weer stil. 20 10.1 “Tina aanvaar die kaartjies met gemengde gevoelens.” (reël 1) 10.1.1 Na watter kaartjies word hier verwys? (1) 10.1.2 Wat sou die “gemengde gevoelens” (reël 1) wees waarmee Tina hier geworstel het? Noem die gevoelens. (2) 10.1.3 Lindiwe en Loisie het verkies om nie saam met Tina na die biblioteek toe te gaan nie. Hoe verskil Tina van hierdie meisies in hierdie verhaal? (1) 10.2 10.2.1 Hoe het Juffrou Dale vir Tina uit ’n moeilike situasie in die biblioteek gehelp? Gee TWEE feite. (2) 10.2.2 Watter veranderde siening het Tina nou van juffrou Dale gehad? (1) 10.3 10.3.1 Tina het net vyf rand sakgeld per week op die plaas gekry. Wat lei jy af van hulle finansiële situasie? (1) 10.3.2 Hoe het juffrou Dale vir Tina gehelp sodat sy meer sakgeld kon verdien? (1) 10.3.3 Waarom is dit waar dat Stefaans ook grootliks bygedra het dat Tina se finansiële posisie verbeter het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 25 10.4 Hoe word Tina se passie vir lees uit die uittreksel bewys? Gee TWEE feite. (2) 10.5 Juffrou Dale het elke leerder in die klas ’n vyf rand gegee toe sy hulle ’n entrepreneurstaak gegee het. 10.5.1 Voel jy ook dat ’n vyf rand te min is om ’n besigheid te begin? Motiveer jou antwoord. (1) 10.5.2 Wat was eienaardig oor hoe Tina aan die idee gekom het om tjokbrokke te verkoop? (1) 10.6 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE VOLGORDE neer: A Tina sien vir Jakob as ’n padloper op die N1. B Jakob kry ’n epileptiese aanval bo-oor die kokende pappot. C Jakob steek Tina in haar hand met sy knipmes. D Jakob draf saam met Tina op Engelsplaas se plaaspad. (4) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
26 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS H “Tina?” “Hoe weet Juffrou?” “Hy het vir my gesê.” “Hoekom sê hy nie vir my nie?” Dis juffrou Dale se beurt om haar aan te gaap. “Het jy nie geweet nie?” Haar 5 stem is hoog van ontsteltenis. Sy is spierwit. “Ek … ek het so gedink … ek het dit geraai … eintlik het ek geweet, maar … niemand het dit vir my gesê nie.” Juffrou Dale klim uit haar motor, kom sit langs Tina waar sy op ’n klip gaan sit het. 10 Tina bewe so groot soos wat sy is. Sy het geen idee hoekom nie. “Jou p … Stefans … het gesê jy weet … omdat jy vir hom die geld kom vra het.” “Ek het hom kom vra oor die engel gesê het ek moet.” “Watter engel?” “Jakob. Die familie se engel.” 15 Juffrou Dale sê niks nie, maar dis duidelik dat sy nie weet hoe om te reageer nie. “Juffrou moet maar vir … “ – sy weet nog steeds nie hoe om Stefaans te noem nie – “ … vir hom vra oor die engel.” Sy wonder skielik of hy weet van die engel. Hy het dan nie een nie. Juffrou Dale 20 kyk onseker na haar. “Is jy orraait, jong?” Tina kyk grond toe. “Ja, Juffrou.” Sy begin stap in die rigting van die N1, effens kruppel, maar soos die enkel warm word, stap sy gemakliker. Naderhand begin sy weer draf. By die huis sê Tina niks nie. 10.7 “Hoe weet juffrou?” (reël 2) 10.7.1 Wat is dit wat juffrou Dale van Tina geweet het? (1) 10.7.2 Waarom was hierdie spesifieke dag vir Tina se biologiese pa so spesiaal? (1) 10.8 10.8.1 “Hoekom sê hy nie vir my nie?” (reël 4) Dink jy dis reg dat ouers geheime vir hul kinders wegsteek? Motiveer jou antwoord. (1) 10.8.2 “ ... eintlik het ek geweet, ... “ (reël 7) Hoe is hierdie voorgevoel by Tina al lankal aangewakker dat daar ’n verband tussen haar en Stefaans is? Gee TWEE feite. (2) 10.9 10.9.1 Hoe kon ’n mens aan Oumies se optrede teenoor Tina aanvaar dat sy ook geweet het dat Tina haar kleinkind is? Gee DRIE feite. (3) 10.9.2 Waarom is dit onwaar dat Oumies vir Tina toegelaat het om in enige vertrek in haar huis in te gaan? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 27 10.9.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer neer. Oumies het geweier om die pers kussing vir Tina te gee, want sy wil haar leer om nie ... A alles te wil weet nie. B alles te wil hê wat haar oë sien nie. C te bedel nie. D die huisreëls te oortree nie. (1) 10.10 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die sin mee te voltooi. Die storie wat in die dorp rondgegaan het, was dat (Oumies vir Pa At betaal het om met Ma Lettie te trou/Stefaans nie met Ma Lettie wou trou nie). (1) 10.11 “By die huis sê Tina niks nie.”(reël 25) Waarom het sy besluit om liewer nie oor haar gesprek met juffrou Dale te praat nie? (1) 10.12 Watter tema van hierdie roman kan uit die uittreksel afgelei word? (1) 10.13 Ma Lettie en Tina is belangrike karakters in hierdie roman. Kies die inligting in KOLOM B om by die inligting in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (10.13.1–10.13.4) neer, byvoorbeeld 10.13.2 E. KOLOM A KOLOM B 10.13.1 Ma Lettie het onverantwoor- A Ma Lettie het Tina leer delik opgetree naald- werk doen 10.13.2 Ma Lettie wou hê Tina moes B Ma Lettie het Tina leer eendag soos sy wees wasgoed was 10.13.3 Ma Lettie het soms onregver- C Ma Lettie het nog nie die dig opgetree verlede aanvaar nie 10.13.4 Ma Lettie het gehelp om die D Ma Lettie het op 16-jarige skuldgevoel by Tina weg te ouderdom swanger geword neem E Ma Lettie het vir Tina die waarheid oor Jakob se dood vertel (4 x 1) (4) [35] TOTAAL AFDELING C: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
28 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING D: DRAMA DIE LAASTE KARRETJIEGRAF – Riana Steyn en Athol Fugard VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS I KOOT: Ek maak jou vrek ... hoor jy my! Koot raak woedend en dreig om hardhandig te raak. Pienkies hou die byl dreigend omhoog. Sy gemoed en voornemens is nou net so gewelddadig soos sy pa s’n. PIENKIES: Stadig nou, Pa! Ek weet hoe om hierdie ding in te span. Jy’t my 5 mos geleer hoe om ’n ander een van kant te maak ... Koot steier meteens terug. Hy is angsbevange deur die situasie waarin hy en Pienkies hulle bevind. Hy draai sy rug op Pienkies en strompel weg na ’n groot klip waarop hy gaan sit. Pienkies, wat ook nou besef waarin hy en sy pa hulle begewe het, kyk na die byl in sy hand en smyt dit eenkant. Hy 10 kyk na sy pa, en wanneer hy sukkelend probeer praat, is dit met ’n heel ander gesindheid. PIENKIES: Ek wou dit nie doen nie, Pa. Ek weet hoe jy voel. My hart was stukkend toe ek die donkies moes laat gaan. As dit dan net ek was, Pa ... ek sou dit nooit oor my hart kon kry om hulle te 15 verkoop nie. En ek kon nooit ons kar so verniel nie ... 11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie gesprek vind in die (hede/verlede) plaas. (1) 11.2 Volgens die uittreksel is Koot baie woedend. 11.2.1 Wat het hom so kwaad gemaak? Gee TWEE feite. (2) 11.2.2 Waarom voel jy Ouma was reg toe sy aan Pienkies voorstel dat hulle waardevolste besittings opgeoffer moet word? Gee DRIE feite. (3) 11.2.3 PIENKIES: “Jy’t my mos geleer hoe om ’n ander een van kant te maak.” (reël 5 en 6) Na watter insident het Pienkies hier verwys? (1) 11.3 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies om die sin mee te voltooi. Die skuinsgedrukte gedeelte in die uittreksel word die (hoofteks/neweteks) genoem. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 29 11.4 “... en wanneer hy weer sukkelend probeer praat, is dit met ’n heel ander gesindheid.” (reël 11 en 12) Waarom dink jy het Pienkies hier so gou van houding verander? (1) 11.5 Waarom het Koot nie die dood van sy ma goed hanteer nie? Gee DRIE feite. (3) 11.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer neer. Ouma het nie simpatie met Koot gehad toe hy tronk toe moes gaan nie, want volgens haar ... A was Koot maar altyd ’n aggressiewe persoon. B het Koot dit op homself gebring. C wou Koot nie na haar luister nie. D sou die gesin beter af sonder Koot wees. (1) 11.7 Noem EEN manier hoe Pienkies geld gemaak het terwyl Koot in die tronk was. (1) 11.8 Waarom kon Koot nie meer skeerwerk doen na sy vrylating uit die tronk nie? (1) 11.9 Sarah het haar hart teenoor Koot uitgepraat. Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (11.9.1–11.9.3) en die antwoord neer. Flora; dronkbestuur; motorongeluk; oormatige spoed; busongeluk; Katryn Volgens Sarah moes Koot vir (11.9.1) ... in sy arms geneem het toe die bloed begin spuit het. Sarah sê dit, want dis wat sy met haar suster gedoen het toe haar suster in ’n (11.9.2) ... was. Die oorsaak van die ongeluk was (11.9.3) .... (3) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
30 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS J SARAH: Ek is ’n vrou, Koot. Ek weet hoe ’n vrou dink, hoe sy voel. Wát sy voel. Sy en haar kinders. Wat bly oor in die lewe vir hulle? Nόg meer geweld? Grόter verwaarlosing? Nét gebroke drome? Het jy al gedink wat met jou vrymeisie, Anna Louw, gaan gebeur as jy dalk weer begin drink? Tamatiestraat is nie ’n plek vir drome nie ... 5 Koot kyk vir ’n paar sekondes na Sarah voor hy begin praat. Hy is huiwerig, asof hy onseker oor homself voel en oor wat hy moet sê. KOOT: Nonna ... wat ... wat wil die nonna van Koot hê? (Pouse) Iets sê vir my dat die nonna op soek is na iets ... asof jy vir Koot iets wil vra ... maar ek weet nie wat daai iets is nie. Koot het dan niks in sy lewe 10 oor nie, nonna. Hy’t dan nie eens ’n pozzie daar in Tamatiestraat nie. Ek weet ek het ’n erge ding aangevang toe ek vir Katryn en Flora doodgemaak het. Maar ek het die Grote God vir Sy genade gevra. Elke nag het ek, as ek so daar binne in aanhouding gesit het, gebid, gevra vir Hom. Ja, Koot het met die Here Jesus self 15 gepraat. Ek het Hom belowe ek sal afleer om te drink ... en ek het Hom gevra vir sy vergifnis. 11.10 11.10.1 Wat dink jy kon met Anna Louw gebeur het as Koot weer gedrink was? (1) 11.10.2 Hoe het Sarah gehelp dat Koot nie met die dood van sy eerste vrou al tronk toe gegaan het nie? Gee TWEE feite. (2) 11.11 KOOT: ”Nonna, ... wat ... wat wil die nonna van Koot hê?” (reël 8) 11.11.1 Waarom het Sarah (BEHALWE vir kuier) die Gedulds hierdie keer besoek? Gee TWEE feite. (2) 11.11.2 Waarom kon Sarah ook haar hart teenoor Koot uitstort? (1) 11.11.3 Wat was die seerkry wat Sarah ook in haar eie lewe deurgemaak het? (1) 11.12 SARAH: “Tamatiestraat is nie ’n plek vir drome nie ...” (reël 5). 11.12.1 Wat het Sarah met hierdie woorde bedoel? (1) 11.12.2 Waarom het Sarah Tamatiestraat nie as “’n plek vir drome” beskou nie? (1) 11.12.3 Hoe was die verskuiwing na die stad tog voordelig vir die kinders se toekoms? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 31 11.12.4 Om watter redes kon: (a) Koot en (1) (b) Sarah nie voor 1994 stem nie? (1) 11.13 Dink jy Koot kon ’n beter pa vir sy kinders gewees het? Motiveer jou antwoord. (1) 11.14 Die Gedulds was ’n gekompliseerde familie. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (11.14.1–11.14.4) en die letter (A–E) neer, byvoorbeeld 11.14.2 B. KOLOM A KOLOM B 11.14.1 Ouma Mieta het die gesin aan A Koot se drinkery het tot sy die gang gehou moorddade gelei 11.14.2 Dit was Koot se grootste vyand B Karretjiemense het nie ’n vaste woonplek gehad nie 11.14.3 Kinders doen dit wat hulle by hul C Ouma se pensioengeld ouers sien 11.14.4 Die kinders kon nie skool D Toek-Toek het vir Donker bywoon nie doodgekap E Dit was Apartheid se skuld (4 x 1) (4) [35] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
32 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K Pouse. Koot is stomgeslaan. KOOT: Waar het julle vir Ouma loop bêre? PIENKIES: Daar op Twyfelpoort ... Pa sal haar daar op seur Kerneels se grond kry. Sy lê so ’n ent weg van die strooise ... Pienkies draai om en gaan terug na die karretjie waar hy besig was. 5 SARAH (spreek die gehoor toe): Toe ek Colesberg gedurende 2004 na afloop van my laaste veldbesoek verlaat het, was dit met ’n vae bewustheid dat ek die mense hier waarskynlik nie weer sal opsoek of selfs sal raakloop nie. Maar ek het my misreken met die uitdagende gevolge wat ’n reeks persoonlike ervaringe op my en sommige van my fundamentele oortuiginge sou 10 hê. Uiteindelik het dit my terugkeer na Colesberg tot gevolg gehad ... soek na Koot, wat intussen sy tronkstraf uitgedien het en vrygelaat is. Teenwoordige tyd – Sarah en Koot Sarah haal haar hoed af en kniel langs die graf. Koot verskyn. Hy is ’n moeë, oorwonne man wat nietemin probeer om homself te handhaaf. Met ’n verskeurde 15 waardigheid, haal hy sy wolmus af terwyl hy nader staan. Dan gewaar hy en Sarah mekaar. 12.1 12.1.1 Waaroor was Koot so stomgeslaan? (1) 12.1.2 Waarom was Koot hier meer geskok as Pienkies? Gee DRIE feite. (3) 12.2 “Pienkies draai om en gaan terug na die karretjie waar hy besig was.” (reël 5) Kies die korrekte antwoord tussen hakies om die sin mee te voltooi. 12.2.1 Die verhouding tussen pa en seun kan hier as baie (gespanne/ ontspanne) beskryf word. (1) 12.2.2 Gee TWEE redes vir hierdie toestand waarin hulle verhouding was. (2) 12.2.3 Wat sou jy gedoen het om die verhouding te verbeter indien jy in Pienkies se skoene was? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 33 12.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer neer. Sarah speel hier die rol van ... A die hoofkarakter. B ’n aankondiger. C die verteller. D ’n newekarakter (1) 12.4 Waarom het Sarah die Gedulds in 2004 besoek? (1) 12.5 12.5.1 Watter sosiale probleme het ’n vernietigende impak op die karretjiemense gehad? Gee TWEE feite. (2) 12.5.2 Hoe het die leefwyse van hierdie karretjiemense ’n negatiewe invloed op die kinders se toekoms gehad? (1) 12.6 Waarom het die karretjiemense nooit huise met permanente strukture soos bakstene gebou nie? (1) 12.7 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer: A Sarah praat haar hart uit teenoor Koot. B Koot slaan Flora met die kierie dood. C Koot word vir die eerste keer weens moord aangekla. D Ouma Mieta sterf. (4) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
34 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS L TOEK-TOEK: Maar dis dan joune, nonna. SARAH: Ek wil hê jy moet dit vat. Vertel hom watter goeie maat hy vir jou was ... Sê hom iets om hom te troos wanneer jy hom neerlê. Toek-Toek kruip onder die karretjie in en begin ’n gat grawe. Oorgang na die teenwoordige tyd. 5 Teenwoordige tyd – Sarah en Koot Sarah stap terug na Koot. SARAH: Ná afloop hiervan het dit vir my gevoel die dag word nóg kouer en meer wanhopig as wat ek gedink moontlik was. Die pyn binne my, Koot, was ondraaglik. Rokkies, Outjie en ek het teruggekruip in Ouma 10 se skuiling ... en dis toe dat die storm binne my van nêrens losbars. Ek het my trane probeer terughou, maar kon nie. Dit was Mieta se sagte, vertroostende aanraking, haar hand op my skouer, wat die opgehoopte stortvloed van trane binne my laat vloei het. Ek sal nooit vergeet hoe jou ma se kalm stilte ... Rokkies se gerusstellende klein geluide ... my 15 laat besef en weet het dat ek tussen mense is wat weet wat lyding en smart is ... (Pouse) Is dit moontlik dat, ná vyftien jaar, die verlies van ’n geliefde so pynlik is asof dit gister gebeur het? KOOT: Praat nonna nou van die dood? SARAH: Ja. 20 12.8 TOEK-TOEK: “Maar dis dan joune, nonna.” (reël 1) 12.8.1 Kies die korrekte antwoord tussen hakies om die sin mee te voltooi. Die kledingstuk wat Sarah hier aan Toek-Toek gegee het, is ’n (jas/langmouhemp). (1) 12.8.2 Wat dink jy kon moontlik die redes wees waarom Sarah hierdie kledingstuk aan Toek-Toek gegee het? Gee TWEE feite. (2) 12.9 SARAH: “ ... dis toe dat die storm binne my van nêrens losbars.” (reël 11) Kies die korrekte antwoord tussen hakies om die sin mee te voltooi. Die storm wat in Sarah losgebars het, was die hartseer oor (haar suster/Donker) se dood. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 35 12.10 12.10.1 Watter emosie wys ouma Mieta teenoor Sarah in hierdie uittreksel? (1) 12.10.2 Watter les leer ’n mens uit dit wat ouma Mieta hier vir Sarah gedoen het? (1) 12.11 Waarom is dit waar dat ouma Mieta die middelpunt van hierdie familie was? Gee DRIE feite. (3) 12.12 Die Gedulds se lewens is deur smart en dood gekenmerk. 12.12.1 Noem EEN geval toe hulle wel blydskap ervaar het terwyl Koot nog in die tronk was. (1) 12.12.2 Waarom het alkoholmisbruik moontlik so ’n groot deel van die karretjiemense se leefwyse geword? Gee TWEE feite. (2) 12.13 Kies die korrekte antwoord tussen hakies om die sin mee te voltooi. Die gebeure in hierdie drama is (chronologies/nie chronologies nie). (1) 12.14 Die jonger karakters speel ook ’n belangrike rol in hierdie drama. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (12.14.1–12.14.4) en die letter (A–E) neer, byvoorbeeld 12.14.2 E. KOLOM A KOLOM B 12.14.1 Hierdie karakter het sy hond doodgekap A Sarah 12.14.2 Hierdie karakter se pop word deur Outjie in B Toek-Toek stukke geslaan 12.14.3 Hierdie karakter moes Koot se plek inneem C Rokkies terwyl Koot in die tronk was 12.14.4 Hierdie karakter was Rokkies se D Pienkies tweelingbroer E Outjie (4 x 1) (4) [35] TOTAAL AFDELING D: 70 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans FAL

View all