Skip to content

Afrikaans HL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 5201219 pages

Grade 5 Afrikaans HL question paper from the ANA Exemplars 2012, 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 5 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 VOORBEELD
Downloaded from hlayiso.com RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA) 1. Algemene oorsig Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis en vaardighede wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As hulpmiddel vir die skoolgebaseerde assessering en om te verseker dat leerders die nodige selfvertroue ontwikkel om suksesvol deel te neem aan eksterne assessering, het opvoedkundige panele en vakspesialiste voorbeeldvraestelle ontwikkel wat onderwysers vir Taal- en Wiskunde-onderrig kan gebruik. Die voorbeeldvraestelle is ontwikkel, gebaseer op die kurrikulum wat oor die eerste drie kwartale van die skooljaar strek. Daar is ook 'n volledige Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets (ANA) vir elke graad. Die voorbeeldvraestelle, insluitend die modeltoets, is aanvullend tot die skoolgebaseerde assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang nie die skoolgebaseerde assessering nie. 2. Die struktuur van die voorbeeldvraestelvrae Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde vaardighede en/of kennis te assesseer. Spesifieke inhoudkennis of 'n vaardigheid kan byvoorbeeld geassesseer word deur 'n meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n stelling (wat van die leerder vereis om 'n kort antwoord of 'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat leerders vra om gegewe woorde/stellings met lyne te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om hulle antwoorde met tekeninge of sketse te toon, ens.). Onderwysers en leerders sal dus 'n aantal voorbeeldvraestelvrae kry wat verskillend gestruktureer is, maar wat dieselfde spesifieke inhoud en vaardigheid teiken. Blootstelling aan 'n groot verskeidenheid vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om op verskillende toetsitems te reageer. 3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke verbind. Die voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV), graad R tot 12, die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir die onderskeie grade en die Nasionale Protokol vir Assessering. Hierdie dokumente, saam met ander dokumente wat deur 'n skool voorsien kan word, sal 'n ryk bron van bronmateriaal vorm wat onderwysers in staat sal stel om lesse te beplan en om formele assessering uit te voer. 4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is, hoef die leerders nie op die hele stel in een sessie te reageer nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies wat deel vorm van die beplande les. Sorgvuldig geselekteerde individuele voorbeeldvrae of 'n hanteerbare groep vrae kan tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg gebruik word: 4.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word om aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die diagnostiese toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd in die klaskamer te verloor nie. 1
Downloaded from hlayiso.com 4.2 Gedurende die les as kort, informatiewe toetse om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis en vaardighede ontwikkel soos wat die les verloop en om seker te maak dat geen leerder agter raak nie. 4.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of die leerders voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas. Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van die les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê. 4.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv. hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK), oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. te beantwoord. Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe toets heelwat meer vrae insluit, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in die beantwoording van 'n volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets. 5. Memorandums of nasienriglyne 'n Tipiese voorbeeld van die verwagte response (nasienriglyne) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die nasienriglyne geensins rigied is nie. Dit gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van die leerders aanvaar. 6. Kurrikulumdekking Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die voorbeeldvraestelle vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n voorbeeld van belangrike kennis en vaardighede en dek die werk wat op die eerste drie kwartale van die skooljaar betrekking het. Die tempo waarteen die werk in sekere skoolkwartale behandel moet word, is vervat in die betrokke Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV). 7. Gevolgtrekking Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese grondslagvaardighede van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets is een instrument wat die Departement gebruik om vas te stel of leerderprestasie verbeter. Daar word van distrikte en skole verwag om onderwysers te ondersteun en om die nodige hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van onderrig en leer in skole te verbeter. Deur van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoetse as deel van die onderwyshulpmiddels gebruik te maak, sal onderwysers leerders help om vertroud te raak met verskillende style en tegnieke van assessering. Indien die voorbeeldvraestelle behoorlik aangewend word, sal dit help dat leerders die toepaslike kennis opdoen en vaardighede ontwikkel om effektief te leer en om beter te vaar in toekomstige Jaarlikse Nasionale Assesseringstoetse. 2
Downloaded from hlayiso.com Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae wat volg. Daar was ‘n kort, vet man met ‘n donker gelaatskleur en hare so wit soos sneeu. Sy regte naam was Pieter Jan Willemse. Sy pa en oupa was albei matrose en sy ma was van Maleise afkoms. Die Willemse-gesin het in ‘n viervertrekhuis in Klopsestraat in die Bo-Kaap gewoon. Terwyl Pieter se pa op see was, het sy ma die huis aan die kant gehou en toegesien dat hy skoon, gesond en gelukkig is. Sy het ook gesorg dat hy gereeld op skool is. Sy pa het vir hom ‘n kitaar gekoop toe hy nog jonk was. Die kitaar het tien snare gehad. Hy het kitaarlesse by sy pa gekry wanneer sy pa van die see teruggekom het. Die klein Maleiergemeenskap het oor naweke bymekaargekom. Daar is gedans, gesing en Pieter het op sy kitaar gespeel. Hy het ‘n wonderlike musikant geword. Almal het hom verwonderd aangegaap as hy begin speel en sing het. Hulle het begin hande klap en juig asof ‘n engel so pas vir hulle gespeel het. Die mense het hom Kitaar begin noem vandat hy twaalf jaar oud was. Pieter het een dag vir sy ma gesê: ``Ek gaan universiteit toe wanneer ek klaar met hoёrskool is. Ek wil ‘n graad in musiek hê.`` ‘n Tragedie het toegeslaan. Kitaar se pa is dood en hy moes gaan werk om sy ma te onderhou. Sy ma is ook kort daarna oorlede. Hy het besluit om ook ‘n matroos te word. Hy het sy geld gespaar en op sy kitaar geoefen soveel as wat hy kon. Vyf jaar later het hy huis toe gekom en graad twaalf by ‘n volwassene-onderwyssentrum voltooi. Daarna het hy universiteit toe gegaan om musiek te gaan studeer. Terwyl hy studeer het, het hy musieklesse gegee. Hy het jonk en oud leer lees en skryf. Mense het van oral gekom om by hierdie talentvolle man musieklesse te neem. Kitaar het sy graad in musiek gekry toe hy dertig jaar oud was. Hy het in klassieke musiek gespesialiseer, maar die kitaar het sy eerste liefde gebly. Hy het dikwels teen Seinheuwel uitgestap en op die groen gras gesit om sy kitaar te speel. Hy het op die ouderdom van twee en negentig jaar as ‘n gelukkige en tevrede man gesterf. 1.1 Kies die regte antwoord. Die beste titel vir die storie sal wees: Mnr. ... A Matroos B Maleier C Bo-Kaap D Kitaar (1) 3
Downloaded from hlayiso.com 1.2 Voltooi die sin deur die regte woord in te vul. Die storie handel oor Pieter wat baie lief was om_________________ te speel. (1) 1.3 Beantwoord die volgende vraag in jou eie woorde. Waaroor handel die storie? (1) 2.1 Kies die regte antwoord wat die karakter die beste in die fiksie beskryf. Pieter het nooit tou opgegooi om sy droom te bewaarheid nie. Pieter Jan Willemse was dus ‘n baie ________________________ man. Omkring die letter met die regte antwoord. A toegewyde B selfsugtige C gierige D gelukkige (1) 2.2 Onderstreep die regte antwoord tussen hakies. Die persoon wat Pieter touwys gemaak het met kitaarspel, was sy (ma, pa, oupa). (1) 2.3 Beantwoord die volgende vraag in jou eie woorde. Hoekom moes Pieter gaan werk om sy ma te onderhou? (2) 2.4 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Merk (√) in die regte blokkie. Pieter se droom het waar geword. n WAAR ONWAAR Motiveer jou antwoord. _______________________________________________________________________ (2) 4
Downloaded from hlayiso.com 3.1 Kies die regte antwoord deur gebruik te maak van die woorde in die blok. Pieter en sy familie het in ‘n klein ________ gewoon. huis boot woonstel karavaan (1) 3.2 Omkring die letter met die regte antwoord. Waar het Pieter uiteindelik sy musiekgraad verwerf? A In die Bo-Kaap B Op universiteit C Op die see D By ‘n volwassene-onderwyssentrum (1) 3.3 Voltooi die sin deur die ontbrekende woord in te vul. Pieter het net na sy pa se dood op die ___________ gaan werk. (1) 3.4 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Merk (√) in die regte blokkie. Pieter se musiek het baie vir die mense in sy woonbuurt beteken. WAAR ONWAAR Motiveer jou antwoord. ____________________________________________________________________ (2) 3.5 Verduidelik in jou eie woorde waar Pieter gewoon het. ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ (2) 4.1 Omkring die letter met die regte antwoord. “Die mense het hom Kitaar begin noem vandat hy twaalf jaar oud was.” Wat is so vreemd aan die naam, “Kitaar”? Die mense het hom so genoem omdat hy altyd ‘n kitaar _________ het. 5
Downloaded from hlayiso.com A reggemaak B gespeel C verkoop D gebreek (1) 4.2 Beantwoord die volgende vraag in jou eie woorde. Hoekom was dit vir Pieter onmoontlik om sy droom op ‘n jonger ouderdom te bewaarheid? _________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (2) 4.3 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Merk (√) in die regte blokkie. Nadat Pieter sy opleiding by die universiteit voltooi het, het hy nie weer kitaar gespeel nie. WAAR ONWAAR Motiveer jou antwoord. _______________________________________________________________________ _______________________________________________________________________ (2) 5.1 Kies die regte byvoeglike naamwoord wat Pieter se karakter die beste beskryf. Pieter is ‘n (skaam; voorbarige; toegewyde) persoon. (1) 5.2 Omkring die letter met die regte antwoord. Pieter was vasbeslote om ‘n graad in musiek te behaal en het later ‘n _______ musikant in sy gemeenskap geword. A sukkelende B onbekende 6
Downloaded from hlayiso.com C wonderlike D mislukte (1) 5.3 Onderstreep die byvoeglike naamwoord in die onderstaande sin: Die klein Maleiergemeenskap het oor naweke in die straat bymekaargekom. (1) 5.4 Vul ‘n woord uit die leesstuk in om die sin te voltooi. Pieter se pa het vir hom ‘n kitaar gekoop terwyl hy nog ‘n _________seun was. (1) 6. Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat volg: ‘n Boggelrug is ‘n soort walvis. Walvisse is enorme soogdiere wat in die see lewe, maar na die oppervlak kom om asem te haal. Hulle het groot knobbelrige koppe met twee spuitgate waardeur hulle lug blaas wanneer hulle na die oppervlakte kom. Hulle is swart of grys op die rug en wit op die maag met lang voorste vinne. Boggelrûe word tot 16 meter lank en kan 45 000 kilogram weeg. (Dit is omtrent soveel as wat 550 mense weeg!) KOS Boggelrûe is baleinwalvisse. Balein is ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond. Hy sif klein vissies uit die enorme mondevol water wat hy insluk. Boggelrugwalvisse kan tot 2 500 kg kos op ‘n dag eet. 7
Downloaded from hlayiso.com GEDRAG Boggelrûe doen allerhande dinge in die water. Partykeer skiet hulle regop uit die water en val weer terug. Dit word in Engels breaching genoem. Hulle lig ook hulle vinne of stert in die lug en klap daarmee op die water. Party mense dink hulle doen dit om met ander walvisse te kommunikeer. Nog iets wat die boggelrug en ander walvisse doen, is loerspring. Dit is as hulle hul koppe uit die water steek om rond te kyk. Boggelrûe is baie raserige walvisse. Hulle maak baie verskillende geluide en die bulle sing treurige liedere. Boggelrûe is ‘n bedreigde spesie. Hulle word bedreig deur onwettige walvisvangs (die jag en doodmaak van walvisse), besoedeling en verstrikking in nette. 6.1 Beantwoord die volgende vraag in jou eie woorde. Hoe vind ‘beaching’ plaas? ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ (2) 6.2 Onderstreep die regte antwoord tussen hakies. Die boggelrugwalvis is ‘n (klein, mooi, enorme) soogdier. (1) 6.3 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Merk (√) in die regte blokkie . Walvisse kan baie groot diere raak. WAAR ONWAAR Motiveer jou antwoord. ____________________________________________________________ (2) ____________________________________________________________ 6.4 Voltooi die sin deur die ontbrekende woord in te vul. Sommige kere skiet walvisse ______________________________ vanuit die water en ander kere val hulle weer terug. (1) 7.1 Oorsaak en Gevolg beteken dat as jy die een ding doen, dit iets anders sal laat gebeur. Voorbeeld: Oorsaak: As jy te veel lekkers eet. Gevolg: Jy sal ‘n maagpyn kry. Skryf in elke geval ‘n oorsaak neer van die gevolg wat gegee word. 8
Downloaded from hlayiso.com Oorsaak: ___________________________________________________ Gevolg: Boggelrûe is ‘n bedreigde spesie (2) 7.2 Oorsaak en Gevolg beteken dat as jy die een ding doen, dit iets anders sal laat gebeur. Voorbeeld: Oorsaak: As jy te veel lekkers eet. Gevolg: Jy sal ‘n maagpyn kry. Skryf in elke geval ‘n oorsaak neer van die gevolg wat gegee word. Onderstreep die korrekte sin wat ‘n oorsaak is. Boggelrûe is ‘n bedreigde spesie. Mense jag boggelrûe onwettig. (2) 8.1 Omsirkel die letter van die regte antwoord. Die beste titel vir die leesstuk is _________. A Wat ‘n walvis! B Walvisse C Balein (1) D Bedreigde spesie 8.2 Beskryf in jou eie woorde hoe loerspring plaasvind. __________________________________________________________________ (2) 8.3 Onderstreep die regte antwoord tussen hakies. Die leesstuk beskryf die (nadele; eienskappe; kleur) van boggelrugwalvisse. (1) 9
Downloaded from hlayiso.com 9.1 Die volgende sinne beskryf die metode om vis te bak. Dui die regte volgorde van die metode aan. Nommer die sinne van 1 tot 5 in die blokkies. Hoe om vis te bak Regte volgorde 1 Marineer die vis met sout, peper en speserye. 2 Maak die vis skoon en verwyder eers alle skubbe. 3 Doop die vis in meel en eiermengsel. 4 Plaas die vis in die pan met warm olie en draai dit om totdat dit ligbruin aan albei kante is. 5 Maak die olie goed warm voordat jy die vis gaan gaarmaak. (5) 9.2 Skryf die volgende sinne in die regte volgorde. Hoe om vis te bak. Marineer die vis met sout, peper en speserye. Maak die vis skoon en verwyder eers alle skubbe. Doop die vis in meel en eiermengsel. Plaas die vis in die pan met warm olie en draai dit om totdat dit ligbruin aan albei kante is. Maak die olie goed warm voordat jy die vis gaan gaarmaak. Antwoorde 1. _________________________________________________________________ 2. _________________________________________________________________ 3. _________________________________________________________________ 4. _________________________________________________________________ 5. _________________________________________________________________ (5) 10
Downloaded from hlayiso.com 9.3 Die volgorde is verkeerd. Omkring die letter met die regte volgorde. Hoe om vis te bak 1 Marineer die vis met sout, peper en speserye. 2 Maak die vis skoon en verwyder eers alle skubbe. 3 Doop die vis in meel en eiermengsel. 4 Plaas die vis in die pan met warm olie en draai dit om totdat dit ligbruin aan albei kante is. 5 Maak die olie goed warm voordat jy die vis gaan gaarmaak. A 2, 1, 4, 3, 5 B 1, 2, 3, 4, 5 C 4, 3, 2, 1, 5 D 2 ,1, 5, 3, 4 (1) 10.1 Skryf die volgende sin oor vanaf die teenwoordige tyd na die verlede tyd. ‘n Boggelrug is ‘n soort walvis. ___________________________________________________________________ (1) 10.2 Skryf die sin vanaf die verlede tyd na die teenwoordige tyd oor. Boggelrûe het allerhande dinge in die water gedoen. ____________________________________________________________________ (1) 10.3 Skryf die sin vanaf die teenwoordige tyd na die toekomstige tyd. Walvisse word deur onwettige walvisvangs bedreig. ____________________________________________________________________ (1) 11
Downloaded from hlayiso.com 10.4 Omkring die letter met die regte antwoord. Die verlede tyd van die volgende sin is: Balein is ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond. A Balein sal ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond wees. B Balein sou ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond wees. C Balein was ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond gewees. D Balein was ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond. (1) 11.1 Onderstreep die selfstandige naamwoord. Hy hou van enorme walvisse. (1) 11.2 Kies die korrekte selfstandige naamwoord tussen hakies. (1) Hulle het ‘n (skool, groep, trop) walvisse gesien. 11.3 Skryf neer die korrekte spelling van die selfstandige naamwoord wat onderstreep is. Die walvisse word in sommige akwariums aangehou. ____________________________________________________________________ (1) 12.1 Vul die nodige hoofletters en leestekens in die onderstaande sin in. dit word gesê dat walvisse dolfyne en robbe vriendelike diere is stem jy saam ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ (3) 12
Downloaded from hlayiso.com 12.2 Omkring die letter met die regte punktuasie vir die onderstaande sin. Ek is lief vir walvisse sê Jessica. A Ek is lief vir walvisse, sê Jessica. B “Ek is lief vir walvisse, sê Jessica.” C “Ek is lief vir walvisse”, sê Jessica. D “Ek is lief vir walvisse sê Jessica. (1) 12.3 Verkeerde leestekens is in die onderstaande sin gevoeg. Skryf die sin oor en vul die korrekte leestekens in. Tom ben, en jan het na sanlam Winkelsentrum gegaan. Hulle het vir hul mas parfuum (3) gaan koop. 13.1 Skryf ‘n sin vanaf die passiewe (lydende) na die aktiewe (bedrywende) vorm. Die walvis eet die kleiner visse. ______________________________________________________________ (1) 13.2 Skryf die volgende sin vanaf die aktiewe vorm oor na die passiewe vorm. Walvisse word deur besoedeling bedreig. ___________________________________________________________________ (1) 13.3 Omkring die letter met die regte antwoord. Die aktiewe vorm van die volgende sin is: Walvisse moet elke dag hul kleintjies versorg. A Hul kleintjies moet elke dag deur walvisse versorg word. B Hulle moet hul kleintjies elke dag versorg. C Walvisse word deur hul kleintjies elke dag versorg. D Hul kleintjies moet versorg word deur walvisse elke dag. (1) 13
Downloaded from hlayiso.com 14. Die volgende kaart is ‘n uitleg van mev. Smit se woonbuurt. Beantwoord die vrae wat volg. Staanplek Hospitaal Struben- Pick n Pay vir Kantoorgebou Poskantoor Fliek straat Taxi`s Langstraat Begraaf- Internetkafee Nando’s plaas Restaurant Ben se Pizza Ackermans Morkels Super Spar Bakkery Den Standard Bank Parkering Prinsstraat Boet se Blok A Speelgrond Ysskaatsbaan Kerk Kortstraat Wesstraat Bakkery Rugbyveld Skool- biblioteek Pre-primêr Kliniek Slaghuis Rooistraat 14
Downloaded from hlayiso.com 14.1 Vul die ontbrekende woorde in die volgende paragraaf. Die hospitaal is op die hoek van___________________________ en __________________. Die Internetkafee is ____________________ Kantoorgebou. Die kliniek is ____ die kerk. Die skoolbiblioteek is op die ____________________van Wesstraat en _____________________. (3) 14.2 Gebruik van die woorde in die blok om jou te help om die paragraaf te voltooi. begraafplaas Pizza Den agter Ackermans speelgrond verby Die naaste eetplek vanaf die staanplek vir taxi`s is _______________________ om klere te koop. Die kinders speel gedurende pouse op die _________________________. Die slaghuis is ______________ die kliniek. Mev. Willemse stap _____________________ die fliek om by die poskantoor uit te kom. Ackermans is tussen Pizza Den en die ______________________. (3) 14.3 Skryf die volgende paragraaf oor en verander die woorde in vetgedruk. Die naaste eetplek vanaf die staanplek vir taxi`s is Pizza Den. Mev. Willemse gaan na Ackermans om klere te koop. Die kinders speel gedurende pouse op die speelgrond. Die slaghuis is agter die kliniek. Mev. Willemse stap verby die fliek om by die poskantoor uit te kom. Ackermans is tussen Pizza Den en die speelgrond. _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ (3) 15
Downloaded from hlayiso.com 15.1 Skryf 5 sinne oor die onderstaande prent. _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ (10) 16
Downloaded from hlayiso.com 15.2 Gee ‘n byskrif vir elke prent. Prent 1 Prent 2 _________________________________________________________________ (4) 17
Downloaded from hlayiso.com 15.3 Maak sinne deur gebruik te maak van die gegewe woorde. het pret Goeie speel op die vriende wipplank by die park skoolvakansie ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ (10) 15.4 Voltooi die paragraaf deur by die gegewe inleiding te begin. Ek en my vriende het gedurende die skoolvakansie met ons gesinne na die speelpark gegaan. Ons het baie pret gehad. Ons het ook ... ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ (10) 18

Study this subject

More from Grade 5 Afrikaans HL

View all
Afrikaans HL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper | Hlayiso