Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
REKENINGKUNDE
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
*IACCNA*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en ʼn 15-bladsye antwoordeboek.
Skip to contentAll 2016 papers 

%20June%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--fbbd5ffb-5728-4b05-b1dd-24b25c5eb58d/v1-67f8647a13ef4a65e9ae/card.webp)



View all





Accounting Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)
Grade 11 Accounting question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2016
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae in die antwoordeboek wat voorsien word.
2. Waar van toepassing, moet bewerkings getoon word om deelpunte te verdien.
3. Nieprogammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
4. Jy mag ʼn donker potlood of swart/blou ink gebruik om die vrae te beantwoord.
5. Waar van toepassing, maak alle berekeninge korrek tot een desimale punt.
6. ʼn Uiteensetting van die vrae word voorsien. Probeer om by die voorgestelde tyd
vir elke vraag te hou. Ten einde goeie tydsbeplanning te beoefen, probeer om
NIE hiervan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 60 punte; 36 minute
Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Koste berekeninge - Vervaardiging Begrippe, koste berekeninge en grootboekrekeninge
Eenheidskoste en gelykbreek ontleding
VRAAG 2: 40 punte; 24 minute
Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Krediteurerekonsiliasie
Rekonsiliasies, Interne Beheer en
BTW – begrippe en berekeninge
BTW
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en etiek
VRAAG 3: 70 punte; 42 minute
Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Vaste bates en Finansiële state Begrippe, Inkomstestaat, Balansstaat en notas
Bestuur van hulpbronne
Waardevermindering, berekeninge, bestuur van vaste bates
VRAAG 4: 40 punte; 24 minute
Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Vennootskappe - Finansiële rekeningkunde
Grootboekrekeninge en Begrippe, Privaatrekening, Finansiële Aanwysers en
Interpretasie Interpretasie
VRAAG 5: 35 punte; 21 minute
Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuur van hulpbronne
Begrotings Voltooi en ontleed die Geprojekteerde Inkomstestaat
Interne beheer prosesse
VRAAG 6: 55 punte; 33 minute
Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Ledegeldrekening van ʼn sportklub
Klubs, Voorraadstelsels en
Bestuur van hulpbronne
Probleemoplossing
Deurlopende en periodieke voorraadstelsels
Probleemoplossing
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENINGKUNDE 3
VRAAG 1: KOSTE BEREKENINGE - VERVAARDIGING (60 punte; 36 minute)
1.1 Kies ʼn gepaste voorbeeld uit kolom B om te pas by die term in kolom A. Skryf
slegs die letter (A tot E) teenoor die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK
(bv.: 1.1.1 E).
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Verkoops- en verspreidingskoste A Hout gebruik om banke te maak
1.1.2 Direkte grondstofkoste B Advertensiekoste
1.1.3 Fabrieksbokoste C Kantoor skryfbehoeftes uitgawe
1.1.4 Administrasiekoste D Fabriekshuur uitgawe
1.1.5 Direkte arbeidskoste E Produksielone (5)
1.2 BEECUM BOUERS
Beecum Bouers vervaardig skoolbanke. Die inligting voorsien, handel oor die
finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2016.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die volgende:
Direkte grondstofkoste (6)
Direkte arbeidskoste (7)
1.2.2 Voltooi die tabel vir fabrieksbokoste. (10)
1.2.3 Boek oor na die Goedere-in-bewerkingrekening in die algemene
grootboek. (8)
1.2.4 Bereken die bruto wins verdien vir die finansiële jaar geëindig
29 Februarie 2016. (8)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo’s:
29 FEBRUARIE 2016 1 MAART 2015
(R) (R)
Grondstowwe 34 530 23 500
Goedere-in-bewerking 26 600 27 270
Klaar produkte 42 600 37 275
240 banke 210 banke
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2016)
B. Transaksies gedurende die jaar:
(R)
Kontant- en kredietaankope van grondstowwe 488 400
Vervoerkoste van grondstowwe 14 230
Beskadigde grondstowwe teruggestuur aan verskaffers 8 600
Kontantaankope van indirekte grondstowwe 23 750
Produksielone ?
Salarisse en lone 213 800
Huuruitgawe 278 400
Versekering 46 800
Water en elektrisiteit 134 900
Diverse fabrieksuitgawes 38 699
C. Produksielone:
Aantal werkers 5
Gewone tyd (ure per werker) 1 840 ure
Oortyd (ure per werker) 77 ure
Tarief vir gewone tyd R45,60
Tarief vir oortyd 1,5 keer normale tarief
Afrekkings en bydraes:
WERKER WERKGEWER
Pensioenfonds 7% van basies 9% van basies
Werkloosheidsversekeringsfonds
1% van basies 1% van basies
(WVF)
D. Verbruiksgoedere in die fabriek gebruik, R22 450.
E. Indirekte arbeid, insluitend alle voordele, beloop R81 000.
F. Die huuruitgawe moet in die verhouding 5 : 2 : 1 verdeel word tussen die
fabriek, verkoopsdepartement en die kantoor.
G. 75% van die water en elektrisiteit moet aan die fabriek toegedeel word.
H. 2
van die versekering uitgawe is vir die fabriek.
3
I. Gedurende die jaar is 8 000 banke vervaardig teen ʼn koste van R177,50
per eenheid. Banke word verkoop teen ʼn vaste verkoopprys van R250 elk.
1.3/…
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENINGKUNDE 5
1.3 ZONDO VERVAARDIGERS
Zondo vervaardig plastiekskryfbehoeftes-sakkies vir matrikulante. Die gegewe
inligting is van hul rekords vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie.
GEVRA:
1.3.1 Bereken die bedrae aangedui deur (a) en (b) in die inligting. (4)
1.3.2 Verifieer die aantal eenhede vir die gelykbreekpunt vir die finansiële jaar
geëindig 30 Junie 2016 deur ʼn berekening te wys. (4)
1.3.3 Lewer kommentaar oor die gelykbreekpunt en die vlak van produksie
vir beide jare. Haal relevante syfers aan in jou kommentaar. (4)
1.3.4 Gee ʼn geldige rede vir die verandering in direkte grondstofkoste per
eenheid. (2)
1.3.5 Gee EEN voorstel wat die besigheid kan gebruik om produktiwiteit en
winsgewendheid te verbeter. Haal syfers aan. (2)
INLIGTING:
30 JUNIE 2016 2015
TOTALE EENHEIDS- EENHEIDS-
KOSTE KOSTE KOSTE
Vaste koste ? 25,00 23,50
Fabrieksbokoste 224 640 18,00 17,00
Administrasiekoste (a) 7,00 6,50
Veranderlike koste ? ? 59,50
Direkte arbeidskoste 349 440 28,00 25,60
Direkte grondstofkoste 374 400 (b) 25,00
Verkoops- en verspreidingskoste 106 080 8,50 8,90
Aantal eenhede vervaardig en verkoop 12 480 11 800
Verkoopprys per eenheid R92,50 R83,00
Aantal eenhede vir gelykbreekpunt 12 000 11 800
60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 2: REKONSILIASIES, INTERNE BEHEER EN BTW (40 punte; 24 minute)
2.1 KREDITEUREREKONSILIASIE
Dolphin Winkels het ʼn rekeningstaat ontvang van ʼn krediteur, Titan Verskaffers.
GEVRA:
2.1.1 Rekonsilieer die rekening van Titan Verskaffers in die Krediteure-
grootboek van Dolphin Winkels, met die staat wat ontvang is. Toon
negatiewe bedrae in hakies. (16)
2.1.2 Faktuur 780 op 12 Julie 2016, was vir goedere deur die eienaar
aangekoop vir sy privaatgebruik. Watter advies kan jy hom gee oor
hierdie transaksie? Haal ʼn gepaste AARP-beginsel aan in jou antwoord. (3)
2.1.3 Die interne ouditeur wil die interne beheer oor voorraad en krediteure
verbeter. Gee TWEE beheermaatreëls wat hy kan oorweeg. (4)
INLIGTING:
A. Krediteuregrootboek van Dolphin Winkels
Titan Verskaffers (K6)
DATUM BESONDERHEDE FOL DEBIET KREDIET SALDO
Julie 1 Rekening gelewer/Saldo a/b 37 420
5 Faktuur Nr. 154 KJ 7 830 45 250
8 Debietnota Nr. 43 KAJ 520 45 770
12 Faktuur Nr. 780 KJ 2 500 48 270
16 Tjek Nr. 887 KBJ 12 500 35 770
Korting ontvang KBJ 625 35 145
27 Faktuur Nr. 991 KJ 3 560 38 705
B Rekeningstaat ontvang van Titan Verskaffers
TITAN VERSKAFFERS
Nr: 1123
Aan : Dolphin Winkels
Peddie 25 Julie 2016
DATUM BESONDERHEDE BEDRAG SALDO
Julie 1 Saldo 37 420
5 Faktuur Nr. 154 8 730 46 150
8 Kredietnota Nr. 90 (520) 45 630
16 Kwitansie Nr. 6651 (12 500) 33 130
24 Kredietnota 112 (375) 32 755
25 Rente op agterstallige rekening 248 33 003
B&FW
Staat sluit alle transaksies tot 25 Julie 2016 in.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENINGKUNDE 7
C. Addisionele inligting:
(i) Faktuur Nr. 154 is verkeerd ingeskryf op die staat.
(ii) Die goedere teruggestuur op die 8ste is verkeerd in die
krediteuregrootboek rekening oorgeboek.
(iii) Faktuur Nr. 780 in die krediteuregrootboek was vir goedere
aangekoop van ʼn ander verskaffer, Titanic Winkels.
(iv) Titan Verskaffers het nie ʼn korting toegestaan met die betaling op die
16de nie, aangesien die betaling te laat was om vir die korting te
kwalifiseer.
(v) Kredietnota Nr. 112 op die staat was ʼn fout op die staat. Goedere is
nie deur die onderneming teruggestuur nie
(vi) Rente op die agterstallige rekening moet nog in berekening gebring
word.
2.2 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)
2.2.1 Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is.
(a) Alle formele besighede moet vir BTW geregistreer wees.
(b) Geregistreerde besighede moet hul BTW-opgawes elke maand
indien.
(c) Salarisse en lone is van BTW vrygestel. (3)
2.2.2 Kies die korrekte antwoord uit die moontlikhede tussen hakies.
(a) BTW betaal aan verskaffers met die aankoop van voorraad,
word (BTW-inset / BTW-uitset) genoem.
(b) BTW is betaalbaar aan (SAID / SARB). (2)
2.2.3 Bereken die ontbrekende bedrae in die gegewe tabel. Die
standaardkoers vir BTW is 14%.
BEDRAG, BTW BEDRAG, BTW
BTW BEDRAG
UITGESLUIT INGESLUIT
14 500 (a) (b)
(c) (d) 40 584 (8)
2.2.4 Ernest Polle koop gereeld voorraad van Pinetown Groothandelaars. Die
winkelbestuurder van Pinetown Groothandelaars het vir Ernest ʼn
spesiale prys van R56 800, ( BTW ingesluit) aangebied, in plaas van die
gewone prys van R76 200 vir handelsvoorraad, op voorwaarde dat
Ernest kontant betaal en nie aandring op enige dokumentasie nie.
Watter advies het jy vir Ernest oor hierdie transaksie? Verduidelik. (4)
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 3: VASTE BATES EN FINANSIЁLE STATE (70 punte; 42 minute)
Die volgende inligting is geneem uit die rekords van Monday Handelaars, met vennote
Mona en Daysee. Die finansiële jaar het geëindig op 29 Februarie 2016.
GEVRA:
3.1 Voltooi die volgende rekeninge in die algemene grootboek:
3.1.1 Opgehoopte waardevermindering op toerusting (12)
3.1.2 Bateverkope rekening op 31 Oktober 2015. (10)
3.2 Voltooi die nota tot die Balansstaat vir Handels en ander ontvangbare bedrae. (8)
3.3 Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016. (40)
INLIGTING:
A. Saldo’s en totale op 29 Februarie 2016 (tensy anders aangedui):
R
Geboue 963 000
Toerusting (kosprys) 367 000
Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Maart 2015) 172 500
Lening: Kewl Bank 709 400
Vaste deposito: Oryt Bank (8,5% p.j.) 120 000
Handelsvoorraad 224 330
Debiteurekontrole 48 220
Voorsiening vir oninbare skuld (1 Maart 2015) 1 420
Verkope 852 000
Koste van verkope (winsgrens is 50% op kosprys) ?
Huurinkomste 42 500
Kommissie-inkomste 19 440
Diverse bedryfsinkomste 7 760
Rente op beleggings 7 650
Salarisse en lone 141 360
Verbruiksgoedere 9 370
Oninbare skuld 3 980
Versekering 14 740
Herstelwerk en onderhoud 13 930
Diverse bedryfsuitgawes 10 660
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENINGKUNDE 9
B. Die vaste bates bestaan uit Geboue en Toerusting.
Op 31 Oktober 2015, is ou toerusting ingeruil vir nuwe toerusting. Die transaksie
is nie aangeteken nie. Besonderhede van die transaksie is as volg:
Kosprys van die nuwe toerusting aangekoop R165 000
Kosprys van die ou toerusting ingeruil R93 500
Opgehoopte waardevermindering op hierdie toerusting op 1 Maart 2015 R62 000
Inruilwaarde ontvang R29 600
Toerusting word verminder teen 20% p.j. volgens die verminderde saldo-metode.
C. Addisionele aansuiwerings nie in berekening gebring nie:
(i) Uitstaande debiteure van R3 220 moet afgeskryf word en die voorsiening
vir oninbare skuld moet aangepas word tot 4% van debiteure.
(ii) Die huur vir Februarie is nog nie ontvang nie. Neem in ag dat die huurder
ʼn R1 500 verlaging in huur gedurende November 2015 toegestaan is
omdat herstelwerk aan die geboue gedoen is.
(iii) ʼn Brandversekeringspolis is uitgeneem op 1 Julie 2015. Die jaarlikse
premie van R7 020 is ten volle betaal.
(iv) Die leningstaat vir Februarie 2016 toon ʼn uitstaande saldo van R742 000.
Rente op lening is gekapitaliseer. ʼn Vaste paaiement, rente ingesluit, word
betaal op die 27ste van elke maand.
(v) Rente op vaste deposito moet in berekening gebring word. Die belegging
is gemaak gedurende Junie 2012. Rente word nie gekapitaliseer nie.
(vi) Die jaarlikse voorraadopname toon dat voorraad ter waarde van R2 460
vermis word.
Ongebruikte verbruiksgoedere beloop R880.
(vii) Herstelwerk aan die geboue vir R5 320 is verkeerdelik oorgeboek na die
Geboue rekening.
70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 4: VENNOOTSKAPPE – GROOTBOEKREKENINGE EN INTERPRETASIE
(40 punte; 24 minute)
Fountain Handelaars is ʼn vennootskap wat deur vennote Lyanda en Keenan besit
word. Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2016.
GEVRA:
4.1 Voltooi die Privaatrekening: Keenan op 31 Augustus 2016. (9)
4.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 31 Augustus 2016.
4.2.1 Vuurproefverhouding (4)
4.2.2 Skuld/ekwiteitsverhouding (3)
4.2.3 Persentasie opbrengs verdien deur die vennote (7)
4.3 Die vennote is bekommerd oor die likiditeitsposisie van die besigheid.
Verduidelik waarom hulle so voel. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers)
aan om jou verduideliking te steun. (6)
4.4 Lewer kommentaar oor die persentasie opbrengs deur vennoot Lyanda verdien.
Behoort sy tevrede met hierdie persentasie te wees? Verduidelik en haal
relevante finansiële aanwysers en/of syfers aan. (5)
4.5 Vennoot Keenan voel die besigheid behoort die lening te verhoog. Vennoot
Lyanda wil nie meer skuld maak nie. Verduidelik kortliks wie jy sal ondersteun.
Voorsien TWEE finansiële aanwysers (met syfers) om jou antwoord te motiveer. (6)
INLIGTING:
A. Saldo’s geneem uit die finansiële rekords:
31 AUGUSTUS 2016 31 AUGUSTUS 2015
Vaste deposito 100 000 125 000
Bedryfsbates, voorraad ingesluit 165 600 176 200
Voorraad 62 200 54 000
Vennote se ekwiteit 1 700 000 1 270 300
Kapitaal: Lyanda 875 000 500 000
Kapitaal: Keenan 675 000 750 000
Privaatrekening: Lyanda 45 150 (Kt) 12 400 (Dt)
Privaatrekening: Keenan 104 850 (Kt) 32 700 (Kt)
Verbandlening (12% p.j.) 425 000 762 180
Bedryfslaste 66 240 58 700
B. Inligting uit die Privaatrekeninge-nota op 31 Augustus 2016:
VENNOOT LYANDA VENNOOT KEENAN
Jaarlikse salaristoelae 265 200 225 216
Rente op kapitaal 78 750 60 750
Bonus - 13 784
Onttrekkings vir die jaar 322 400 ?
Vennote se deel van oorblywende wins 36 000 ?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENINGKUNDE 11
C. Die totale primêre verdeling beloop R643 700.
D. Die vennote verdeel die oorblywende wins/verlies in die verhouding 2 : 1
onderskeidelik tussen Lyanda en Keenan.
E. Finansiële aanwysers op 31 Augustus:
2016 2015
Bedryfsverhouding 2,5 : 1 3:1
Vuurproefverhouding ? 2:1
Voorraadomsetsnelheid 11,2 keer 9,4 keer
Gemiddelde debiteure invorderingstermyn 38 dae 33 dae
Skuld/ekwiteitsverhouding ? 0,6 : 1
Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend 33,5% 30,3%
Opbrengs verdien deur vennote ? 40,5%
Opbrengs verdien deur vennoot Lyanda 54% 56%
Opbrengs verdien deur vennoot Keenan 90% 84%
Rentekoers op lenings 12% 12%
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 5: BEGROTINGS (35 punte; 21 minute)
Die verkorte Geprojekteerde Inkomstestaat van Thando Handelaars vir die drie
maande geëindig Desember 2016 word hieronder gegee.
GEVRA:
5.1 Lys TWEE items in die Geprojekteerde Inkomstestaat hieronder, wat nie in ʼn
Kontantbegroting sal verskyn nie. (2)
5.2 Voltooi die Debiteure Invorderingskedule om die totale bedrag wat na verwagting
gedurende November 2016 van debiteure ontvang sal word, aan te toon. (7)
5.3 Bereken:
5.3.1 Verwagte verkope in Desember 2016 (3)
5.3.2 Die persentasie brutowins op verkope vir Oktober 2016 (3)
5.3.3 Die persentasie verhoging in huurinkomste (4)
5.3.4 Die persentasie kommissie om na verwagting elke maand te ontvang (2)
5.3.5 Die bedrag vir versekering vir elke maand (3)
5.3.6 Die leningsbedrag wat op 1 Desember 2016 terugbetaal sal word (5)
5.4 Verwys na Inligting G (begrote en werklike syfers vir November 2016):
Lewer kommentaar oor die afwyking vir elke gegewe item. Voorsien EEN punt
van advies wat die besigheid kan gebruik in elkeen van die gevalle. (6)
INLIGTING:
A. Verkorte Geprojekteerde Inkomstestaat van Thando Handelaars vir die drie
maande geëindig 31 Desember 2016.
OKTOBER 2016 NOVEMBER 2016 DESEMBER 2016
Verkope 98 000 102 900 ?
Koste van verkope 78 400 82 320 ?
Bruto wins 19 600 20 580 ?
Ander bedryfsinkomste 12 220 12 465 ?
Huurinkomste 6 500 6 500 7 280
Korting ontvang 820 820 820
Kommissie-inkomste 4 900 5 145 ?
Bruto bedryfsinkomste 31 820 33 045 38 970
Bedryfsuitgawes
Salarisse en lone 8 400 8 400 ?
Versekering ? ? ?
Waardevermindering ? ? ?
Advertensies 5 200 5 200 5 200
Oninbare skuld 1 800 1 960 ?
Telefoon 3 300 3 300 3 300
Diverse uitgawes 1 250 1 260 1 270
Bedryfswins
Rente op lening 2 500 2 500 2 000
Netto wins (verlies)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENINGKUNDE 13
B. Alle verkope is op krediet. Na verwagting sal verkope met 20% in Desember
styg.
C. Debiteure word 30 dae krediet toegestaan. Ontvangstes is gewoonlik as volg:
45% van debiteure betaal hul rekeninge in die maand van verkope
53% van debiteure betaal hul rekeninge in die maand wat volg op verkope
2% van debiteure word gewoonlik afgeskryf as oninbare skuld
D. Kommissie-inkomste is gewoonlik ʼn vaste persentasie van verkope.
E. Die versekeringspremie word elke kwartaal betaal. Die laaste betaling van
R2 400 is op 30 September 2016 gemaak.
F. Rente op lening teen 10% p.j. word aan die einde van elke maand betaal.
G. Die boekhouer het die werklike en begrote syfers vir die volgende items vir
November 2016 voorsien:
NOVEMBER 2016
BEGROTE BEDRAE WERKLIKE BEDRAE
Verkope 102 900 82 320
Advertensies 5 200 1 500
Telefoon 3 300 5 450
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 6: NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIES, VOORRAADSTELSELS en
PROBLEEMOPLOSSING (55 punte; 33 minute)
6.1 KLUBS – LEDEGELDREKENING
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Fore! Gholf Klub vir die
finansiële jaar geëindig 31 Desember 2015.
GEVRA:
6.1.1 Voorsien die ontbrekende besonderhede aangedui deur (a) tot (d) in die
Ledegeldrekening wat gegee word. (4)
6.1.2 Vul die ontbrekende bedrae in wat aangedui word deur (e) en (f) in die
Ledegeldrekening. (4)
6.1.3 Bereken:
Die fooie wat afgeskryf is op 31 Desember 2015 (3)
Die aantal lede wat agterstallig was met hul ledegeld vir 2015 (3)
Die bedrag wat vir Ledegeld-inkomste oorgedra moet word na die
Inkomste en Uitgawerekening (8)
6.1.4 Die voorsitter voel dat lidmaatskap nie effektief beheer word nie.
Voorsien bewyse uit die inligting wat die voorsitter se bekommernis
staaf. (Gee TWEE punte.) (4)
Voorsien TWEE voorstelle om hierdie probleem op te los. (2)
INLIGTING:
A. Inligting i.v.m. ledegeld:
(i) Die jaarlikse ledegeld is R2 400 per lid. Dit is verhoog met R300 p.j. op
1 Junie 2015. Lede wat voor 1 Junie 2015 betaal, betaal die ou fooi.
(ii) Op 1 Januarie 2015, was 280 lede by die klub geregistreer.
(iii) Die kasboek toon dat ou lede wat hul ledegeld betaal het, dit voor 1 June
2015 gedoen het.
(iv) 12 nuwe lede het by die klub op 1 Februarie 2015 aangesluit en 8 nuwe
lede het op 1 Oktober 2015 aangesluit. Nuwe lede betaal slegs vir die
oorblywende aantal maande in die eerste jaar van registrasie.
(v) 9 ou lede het gedurende Januarie 2015 bedank. Twee van hierdie lede
het hul volle ledegeld reeds betaal. Die komitee het besluit om hul volle
ledegeld terug te betaal.
(vi) Die uitstaande ledegeld vir 2014 moet afgeskryf word en hierdie lede moet
van die klub se rekords afgehaal word.
(vi) Die komitee het ʼn toekenning van R2 700 aan die sekretaresse
goedgekeur. Sy het besluit dat dit teen haar ledegeld moet afgaan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENINGKUNDE 15
B. Die half-voltooide Ledegeldrekening:
ALGEMENE GROOTBOEK VAN FORE! GHOLF KLUB
LEDEGELDREKENING
2015 2015
Jan
1 (a) 31 200 Jan 1 (b) 9 600
Des 31 Vooruitontvange inkomste (e) Des 31 Bank: 2014 16 800
(c) (f) 2015 ?
Inkomste en Uitgawe ? 2016 13 500
Opgelope inkomste 35 100
(d) 2 700
Ledegeld afgeskryf ?
6.2 VOORRAADSTELSELS
Bezzie se Sentrum verkoop materiaal en naaldwerk bybehore. Die besigheid
gebruik die periodieke voorraadstelsel om voorraad aan te teken. Die finansiële
jaar eindig op 31 Oktober 2016.
GEVRA:
6.2.1 Verduidelik EEN verskil tussen die deurlopende voorraadstelsel en die
periodieke voorraadstelsel. (2)
6.2.2 Ontleed transaksies (ii) en (iii) volgens die rekeningkundige
vergelyking. Voltooi die tabel wat voorsien word. Dui toenames (+)
en afnames (-) aan vir bates, eienaarsbelang en laste. (8)
6.2.3 Bereken die koste van verkope vir die finansiële jaar geëindig
31 Oktober 2016. (8)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo 1 November 2015, R134 600.
B. Transaksies gedurende die huidige finansiële jaar: R
(i) Kontant- en kredietaankope van handelsvoorraad 622 400
(ii) Afleweringskoste vir handelsvoorraad per tjek betaal 92 200
(iii) Beskadigde goedere teruggestuur aan krediteure 45 300
(iv) Goedere geskenk aan plaaslike skool (fondsinsameling) 5 500
(v) Goedere geneem deur eienaar vir persoonlike gebruik 3 750
(vi) Koste van goedere teruggestuur deur debiteure, opgeneem in
7 250
voorraad
C. Voorraadopname op 31 Oktober 2016 toon daar is R98 350 se voorraad
op hande.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENINGKUNDE (EC/NOVEMBER 2016)
6.3 BESTUUR VAN VOORRAAD – PROBLEEMOPLOSSING
Fundani Elektronika is ʼn kleinhandelaar wat motorbykomstighede verkoop. Die
besigheid het takke in Queens, Cofimvaba en Tsolo.
Fundani, die eienaar, was bekommerd oor die verkope van ʼn spesifieke soort
motorradio en het die syfers vir hierdie produk van elke tak aangevra.
Die gegewe inligting is vir die drie maande geëindig 31 Julie 2016.
GEVRA:
Identifiseer ʼn verskillende probleem vir elke tak, en haal relevante syfers aan vir
elkeen. Voorsien ook ʼn moontlike oplossing vir die geïdentifiseerde probleme. (9)
INLIGTING:
Inligting aangaande die spesifieke soort motorradio:
QUEENS COFIMVABA TSOLO
Saldo van voorraad op 1 Mei 2016 230 160 85
Aantal eenhede verkoop vir die periode 180 40 85
Saldo van voorraad op 31 Julie 2016 35 120 Nul
Verkoopprys per radio R1 120 R1 120 R1 120
Inkomste uit verkope gedeponeer R201 600 R44 800 R81 760
Advertering van radio’s R1 400 R6 720 R6 120
Maandelikse salaris van verkoopsman R7 000 R7 500 R7 500
55
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP (Eng)

Addendum
Accounting Grade 11 Eastern Cape November 2016 Addendum
%20June%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--fbbd5ffb-5728-4b05-b1dd-24b25c5eb58d/v1-67f8647a13ef4a65e9ae/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 Gauteng November 2016 Question Paper

Question paper
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Eng)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum