Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2016
GRAAD 11
REKENINGKUNDE
TYD: 180 minute
PUNTE: 300
14 bladsye
b.o.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

%20June%202016%20%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--89316d18-f700-4910-a490-4c101ea30e1f/v1-c17291df76f64883c2e2/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9df1ea61-69fc-44d0-ae99-55747a39390f/v1-09f9261e5be48d30bb90/card.webp)


View all


Gr11 Acc (Afrikaans) June 2016 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Accounting · Grade 11 · Gauteng June · 2016 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Gauteng June
- Pages
- 14
- File size
- 871.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 2
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
REKENINGKUNDE
TYD: 180 minute
PUNTE: 300
INSTRUKSIES
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Wys bewerkings om deelpunte te verdien.
3. Lees die instruksies van elke vraag aandagtig deur en volg dit noukeurig.
4. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
5. Beantwoord alle antwoorde in blou ink.
6. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel, as ʼn riglyn wanneer die vrae beantwoord
word. Probeer om NIE van die aanbevole tyd af te wyk nie.
VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD IN MINUTE
1 Bankversoening 60 36 minute
2 Krediteureversoening 25 15 minute
3 Bateverkope 50 30 minute
4 Vennootskappe 40 24 minute
5 Finansiële state 75 45 minute
Ontleding en vertolking van
6 50 30 minute
finansiële state
TOTAAL 300 180 minute
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 3
VRAAG 1
BANKVERSOENING EN INTERNE KONTROLE (60 punte; 36 minute)
1.1 Wat is die doel van bankversoening? (2)
1.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.
1.2.1 Die interne ouditeur sal die bankversoeningstaat ondersoek aan die
einde van elke maand. (1)
1.2.2 Bankkoste sal gedebiteer word met diensgelde en rente op oortrokke
rekening. (1)
1.2.3 ʼn Tjek wat ouer as ses maande is sal nie deur die bank gewissel word
nie. (1)
1.2.4 ʼn Vooruitgedateerde tjek wat in September 2015 uitgereik is, maar wat
gedateer is vir Februarie 2016, sal eers in Februarie in die Kontant
betalingsjoernaal aangeteken word. (1)
1.3 BANKVERSOENING
Jy word voorsien van inligting uit die rekeningkundige rekords van Sabe
Handelaars vir Maart 2016. Die eienaar van die onderneming is M. Sabe.
GEVRA:
1.3.1 Stel die Kontantontvangstejoernaal en die Kontantbetalingsjoernaal vir
Maart 2016 op. Bereken slegs die totaal vir die Bankkolomme. (36)
1.3.2 Stel die Bankrekening in die Algemene Grootboek vir Maart 2016 op. (8)
1.3.3 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Maart 2016 op. (10)
INLIGTING:
Bankversoeningstaat on 29 Februarie 2016
Debietsaldo volgens bankstaat 22 400
Krediteer uitstaande deposito 10 200
Debiteer uitstaande tjeks:
Nr. 88 3 400
Nr. 160 1 420
Nr. 163 6 400
Nr. 165 (gedateer April 2016) 3 710
Saldo volgens bankrekening ?
Sabe Handelaars se lopende rekening is by Mawali Bank
Subtotale van die Bankkolom in die Kontantjoernale op 31 Maart 2016
Kontantontvangstejoernaal 31 400
Kontantbetalingsjoernaal 54 800
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 4
ʼn Vergelyking van die bankversoeningstaat met die bankstaat op 29 Februarie 2016, het
die volgende aan die lig gebring:
Die deposito van R10 200 verskyn op die bankstaat.
Tjek nr. 163 vir R6 400 is vir betaling aangebied.
Tjek nr. 88 is uitgereik op 15 September 2015 aan die Health Welfare Organization as ʼn
donasie. Die organisasie het ontbind en die tjek moet gekanselleer word.
Tjek nr. 160 uitgereik aan RSA Verspreiders vir skryfbehoeftes verskyn op die bankstaat as
R4 120. Die bedrag op die bankstaat is korrek.
ʼn Vergelyking van die Salarisjoernaal met die bankstaat toon die volgende as uitstaande:
Werknemers Bruto salaris Netto salaris Tjek uitgereik
B. Boom R12 400 R9 800 178
C. Mood R14 200 R11 600 180
ʼn Vergelyking van die Kontantjoernale met die bankstaat toon die volgende verskille:
Die volgende verskyn in die kontantjoernale, maar nie in die bankstaat nie.
Deposito, R8 100
Tjek nr. 176, R8 900 (gedateer 15 April 2014)
Die Kontant betalingsjoernaal weerspieël ʼn totaal van R30 700 uitgereik ten opsigte van
salaristjeks.
Tjek nr. 173 uitgereik aan Neotel vir die maandelikse telefoonrekening verskyn in die
Kontantbetalingsjoernaal as R3 280. Die bedrag op die bankstaat is korrek.
Tjek nr. 170 vir R840 is uitgereik aan BM Garage vir brandstof en het in die pos verlore
geraak. Die tjek moet gekanselleer en vervang word met tjek nr. 181. Die tjek is nog
uitstaande.
ʼn Aftrekorder vir die maandelikse terugbetaling van die lening by Mawali Bank vir R2 000
verskyn op die bankstaat maar nie in die joernaal nie.
Die deposito van R35 000 is direk in die onderneming se lopende rekening inbetaal deur
die eienaar op 15 Maart 2016, as sy kapitaalbydrae.
ʼn Onbetaalde tjek vir R420, ontvang van ʼn debiteur, M Lid, ter vereffening van sy rekening
van R450, verskyn op die bankstaat.
ʼn Deposito van R8 300 vir die huur is direk in die lopende rekening van die onderneming in
betaal deur F. Fun.
Mawali Bank het die volgende teen Sabe Handelaars se bankrekening gedebiteer.
Rente op debietsaldo, R93
Bankkoste, R380
Die bankstaat reflekteer ʼn gunstige saldo van R17 367 op 31 Maart 2016.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 5
VRAAG 2
KREDITEUREVERSOENING EN INTERNE BEHEER (25 punte; 15 minute)
2.1 Hoekom moet die saldo van die Krediteurekontrolerekening in die Grootboek
dieselfde wees as die totaal van die Krediteurelys in die Krediteuregrootboek? (2)
DIE KREDITEUREKONTROLEREKENING EN DIE KREDITEURELYS
Die rekenmeester van My Worth Stores het ʼn paar foute gemaak en sekere transaksies
uitgelaat in die voorbereiding van die Krediteurekontrolerekening en die Krediteurelys op
30 Junie 2016. Jy is die interne ouditeur vir die winkel.
GEVRA:
2.2 Bereken die korrekte saldo van die Krediteurekontrolerekening in die Algemene
Grootboek. Indien geen inskrywing van toepassing is nie, skryf GEEN
INSKRYWING. (12)
2.3 Stel die korrekte Krediteurelys van saldo’s op 30 Junie 2016. (11)
INLIGTING:
Vooraansuiweringsgetalle op 30 Junie 2016
Krediteurekontrolerekening se Saldo R153 800
Krediteurelys van totale uit die Krediteure grootboek R168 900
Stand Handelaars R29 200
Walk Groothandelaars R95 600
Run Winkels R44 100
FOUTE EN WEGLATINGS
A. ʼn Betaling van R42 000 aan Run Winkels is korrek aangeteken in die
Kontantbetalingsjoernaal, maar die boekhouer het versuim om die paaiement in die
krediteure rekening aan te teken.
B. Die totaal van die Krediteurejoernaal is verkeerd opgetel as R51 150 in plaas van
R61 250.
C. Kredietaankope van handelsvoorraad ter waarde van R13 000, van Stand Handelaars is
verkeerdelik gedebiteer na sy persoonlike rekening.
D. ʼn Kredietsaldo van R440 op Run Winkels se rekening in die Debiteuregrootboek moet
oorgedra word na sy rekening in die Krediteuregrootboek.
E. ʼn Tjek vir R2 000 wat uitgereik is aan Stand Handelaars ter vereffening van ons skuld van
R2 200 is korrek in die Kontantbetalingsjoernaal aangeteken, maar verkeerdelik
oorgeboek na die rekening van Walk Groothandelaars. Stel die fout reg.
F. Die totaal van die Krediteure-afslagjoernaal was onderskat met R11 000.
G. Kredietaankope van voorraad ter waarde van R36 600 van Walk Groothandelaars
is verkeerdelik aangeteken en oorgeboek van die Krediteure Joernaal as
R63 600.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 6
VRAAG 3
BATEVERKOPE EN INTERNE BEHEER (50 punte; 30 minute)
Jy word verskaf met inligting uit die rekeningkundige rekords van Bonanza Handelaars. Die
finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2016.
GEVRA:
3.1 Verwys na die inligting (A tot D).
3.1.1 Bereken die Waardevermindering op Toerusting op 31 Augustus 2016. (2)
3.1.2 Bereken die TOTALE waardevermindering op Toerusting op 29 Februarie (6)
2016.
3.2 Stel die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek op.
Saldeer / Sluit die rekeninge af op 29 Februarie 2016.
3.2.1 Toerustingrekening (5)
3.2.2 Opgeloopte Waardevermindering op Toerusting (8)
3.2.3 Bateverkope (8)
3.3 Verwys na die inligting (D).
Voltooi die ontbrekende bedrae aangedui deur * in die Vastebate-nota vir die
jaar geëindig op 29 Februarie 2016 in jou ANTWOORDEBOEK. (15)
3.4 Die eienaar het ontdek dat die werklike afstande gereis die geskeduleerde punte
van aflewering met 40% oorskry. Noem DRIE beheermaatreëls wat hulle kan
implementeer om hierdie probleem op te los. (3x2) (6)
INLIGTING:
A. Uitbreidings is gemaak aan die Geboue gedurende die jaar.
B. ʼn Addisionele voertuig is op 31 Augustus 2015 aangekoop vir R200 000.
C. Ou toerusting met ʼn kosprys van R80 000 en ʼn boekwaarde van R20 000 (28 Februarie
2015) is op 1 September 2015 ingeruil op nuwe toerusting ter waarde van R140 000.
Na die inruiltransaksie het Bonanza Handelaars nog R121 000 geskuld op die
toerusting.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 7
D. VASTEBATES-NOTA
GROND &
VOERTUIE TOERUSTING
GEBOUE
Drawaarde aan die begin 450 000 * 240 000
Kosprys 450 000 800 000 510 000
Opgehoopte
(260 000) *
waardevermindering
Bewegings
Toevoegings teen kosprys * * *
* 0 *
Waardevermindering 0 * *
Drawaarde aan die einde 500 000 * *
Kosprys 500 000 1 000 000 *
Opgehoopte 0
waardevermindering (388 000) *
Waardevermindering
Voertuie teen 20% per jaar op die boekwaarde.
Toerusting teen 15% per jaar op die kosprys.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 8
VRAAG 4
VENNOOTSKAPPE (40 Punte; 24 Minute)
4.1 Lees elkeen van die volgende stellings en kies die regte term/sinsdeel uit die
onderstaande tabel wat die stelling die beste beskryf. (5)
finansiëringkoste paring Sekondêre verdeling betroubaarheid
vennoteverdienste lopende saak beperkte aanspreeklikheid wesenlikheid
primêre verdeling
4.1.1 Finansiële state word voorberei op die aanname dat die onderneming se
bedrywighede sal voortgesit word in die afsienbare toekoms.
4.1.2 Die inkomstestaat word voorberei vir ʼn spesifieke periode.
4.1.3 Rente op lening word betaal op geleende fondse.
4.1.4 In ʼn vennootskap, is die netto wins bewillig vir salarisse, rente op kapitaal,
bonus en die oorblywende deel van die wins.
4.1.5 Finansiële state moet beskikbaar wees so na as moontlik aan die datum
van die tydperk waarvoor hulle voorberei is.
4.2 Die volgende inligting is uit die finansiële rekords van Extreme Handelaars, ʼn
vennootskap tussen A Gifford en N Ndlovu, geneem.
GEVRA:
Gebruik die gegewe inligting om die volgende notas van die finansiële state te
doen.
4.2.1 Kapitaal (6)
4.2.2 Privaatrekening (29)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 9
INLIGTING:
A Die volgende saldo’s en totale verskyn in die Na-aansuiweringsproefbalans van
Extreme Handelaars op 29 Februarie 2016.
Kapitaal: Gifford 700 000
Kapitaal: Ndlovu 900 000
Privaatrekening: Gifford (1 Maart 2015) 140 000
Privaatrekening: Ndlovu (1 Maart 2015) 90 000(dt)
Onttrekkings: Gifford 177 800
Onttrekkings: Ndlovu 215 600
Netto wins soos in die Wins-en-Verliesrekening 1 285 500
B Vennoot Gifford het sy kapitaal verminder met R180 000 op 31 Augustus 2015.
Die transaksie is behoorlik geboekstaaf. Geen inskrywing is gemaak vir die
vermeerdering van vennoot Ndlovu se kapitaal met R250 000 op 1 Januarie
2016 nie.
C Handelsvoorraad ter waarde van R10 000 is deur vennoot Ndlovu onttrek, maar
is verkeerdelik gedebiteer na die rekening van Gifford.
D Die vennootskapsooreenkoms stipuleer die volgende:
Beide vennote is geregtig op 9% rente per jaar op hulle kapitaal.
Vennoot Gifford het ʼn totaal van R546 000 ontrek as sy salaris. Die bedrag
sluit sy salaris vir Maart 2016 in. Vennoot Ndlovu verdien ʼn salaris van
R350 000 per jaar.
ʼn Bonus van R30 000 is toegestaan aan vennoot Ndlovu gedurende die
jaar.
E Gifford se deel van die oorblywende wins is R147 390. Winste word verdeel in
die verhouding van 3:2 tussen Gifford and Ndlovu.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 10
VRAAG 5
FINANSIËLE STATE (75 Punte; 45 Minute)
Die inligting verskaf hou verband met Flashgordon Handelaars vir die jaar geëindig
29 Februarie 2016.
GEVRA:
5.1 Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016. (50)
5.2 Die volgende notas tot die finansiële state:
5.2.1 Handels- en ander debiteure (8)
5.2.2 Handels- en ander krediteure (17)
INLIGTING:
FLASHGORDON HANDELAARS
VOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS SOOS OP 29 FEBRUARIE 2016
Fol DT KT
BALANSSTAAT-AFDELING REKENINGE
Kapitaal B1 790 000
Onttrekkings B2 238 375
Voertuie B3 410 000
Toerusting B4 280 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie B5 270 000
Opgeloopte waardevermindering op toerusting B6 95 000
Vaste Deposito: Nedbank B7 400 000
Handelsvoorraad B8 246 800
Debiteurekontrole B9 34 560
Voorsiening vir oninbare skulde B10 2 500
Bank B11 620 890
Lening: Nedbank B12 620 000
Krediteurekontrole B13 32 000
Krediteure vir salarisse B14 18 375
WVF B15 2 000
Pensioenfonds B16 15 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 11
NOMINALE REKENINGE-AFDELING
Verkope N1 1 280 000
Koste van verkope N2 642 000
Debiteure-afslag N3 6 500
Oninbare skulde verhaal N4 700
Water en elektrisiteit N5 8 900
Versekering N6 8 800
Oninbare skulde N7 4 300
Donasies N8 2 400
Korting ontvang N9 1 600
Korting toegestaan N10 1 800
Skryfbehoeftes N11 17 300
Huurinkomste N12 79 650
Bankkoste N13 8 410
Telefoon N14 10 900
Rente op oortrokke rekening N15 4 800
Rente op vaste deposito N16 28 000
Salarisse en Lone N17 288 090
3 234 825 3 234 825
ADDISIONELE INLIGTING EN AANSUIWERINGS
A Voor die fisiese voorraadopname gedoen is het Flashgordon voorraad met ʼn
kosprys van R1 600 aan een van die laerskole geskenk. Geen inskrywing is
gemaak om dit te boekstaaf nie.
B ʼn Fisiese voorraadopname is gedoen op 29 Februarie 2016 die volgende was
voorhande:
Handelsvoorraad R236 000
Skryfbehoeftes R3 900
C Waardevermindering vir die jaar beloop, R124 850.
D Die huurinkomste is verhoog met R550 per maand vanaf 1 Januarie 2016. Die
huur vir Maart 2016 is reeds ontvang.
E Kommissie-inkomste verskuldig aan die onderneming, R15 000.
F Die telefoonrekening vir Februarie 2016 is ontvang maar is nog nie betaal nie,
R1 300.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 12
G Die water-en-elektrisiteitsrekening vir Februarie 2016 is ontvang van die
stadsraad, R1 200. Die rekening is nog nie betaal nie.
H Die versekering sluit ʼn premie van R1 320 in wat betaal is vir die periode 1
Oktober 2015 tot 30 September 2016.
I Skryf oninbare skulde ter waarde van R560 af.
J Voorsiening vir oninbare skulde moet aangesuiwer word na R1 800.
K Mr Jay, ʼn debiteur wie se rekening afgeskryf is het R7 200 in die lopende
rekening van die onderneming in betaal.
L Diensgelde vir die maand beloop R290.
M ʼn Afgetrede werknemer is per ongeluk ingesluit in die Salarisjoernaal vir
Februarie 2016. Die besonderhede van sy betaalstrokie is soos volg:
AFTREKKINGS BYDRAE
LBS 4 500
Pensioenfonds 1 875 10 % van die bruto salaris
WVF 250 rand-vir-rand
Netto salaris 18 375
NOTA: Alle bydraes word gedebiteer na die salaris-en-lonerekening.
N Die bankversoeningstaat op 29 Februarie 2016 weerspieël vooruitgedateerde
tjeks vir die volgende finansiële jaar ter waarde van R7 280.
O ʼn Tjek uitgereik aan ʼn krediteur vir R1 800 vir die skikking van ons rekening van
R2 000 is geweier en teruggestuur deur die bank.
P Die leningstaat bevat die volgende inligting op 29 Februarie 2016:
Saldo op 1 Maart 2015 680 000
Rente gekapitaliseer ?
Terugbetalings, insluitende die rente vir die jaar 117 600
Saldo op 29 Februarie 2016 620 000
Die onderneming gaan ʼn terugbetaling van R60 000 op die kapitale bedrag maak
in die volgende finansiële jaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 13
VRAAG 6
ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (50 Punte; 30 Minute)
6.1 Voltooi elk van die volgende stellings deur die ontbrekende woord(e) te verskaf.
Moenie die stellings herskryf nie. Skryf slegs die ontbrekende woord(e). (10)
6.1.1 Bruto wins op … word bereken om die winsomslag te bevestig.
6.1.2 ʼn Daling in die persentasie tussen bruto wins op omset en bedryfswins
op omset word grotendeels veroorsaak deur … .
6.1.3 Solvensie is gelyk aan … .
6.1.4 ʼn Vaste deposito wat verval op die laaste dag van die finansiële jaar sal
ʼn verbetering in die… verhouding tot gevolg hê.
6.1.5 Die deurlopende voorraadstelsel vereis ʼn fisiese voorraadopname om
… te bepaal.
Jy word voorsien van inligting wat verband hou met Seepunt Handelaars vir die jaar
geëindig op 29 Februarie 2016. Die vennote is M Flynn en T Blake.
1) Finansiële aanwysers wat bereken is vir die laaste twee jaar.
2016 2015
% Winsopslag 75% 75%
% Bruto wins op verkope 45% 45%
% Bedryfsuitgawes op verkope 47,2% 30%
% Bedryfswins op verkope 18% 22%
% Netto wins op verkope 15% 17,5%
Solvensieverhouding 2:1 1:1
Skuld/eienaarsbelang-verhouding 1,3:1 0,9:1
Bedryfskapitaalverhouding 2,1:1 2,1:1
Vuurproefverhouding 1,2:1 1,2:1
Voorraadomsetsnelheid 7 keer 5 keer
% Opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang ? 37,5%
% Opbrengs verdien deur Blake 25,5% 30%
% Opbrengs verdien deur Flynn 20,53 24,9%
% Netto wins onttrek deur die vennote ? 45%
Debiteure-invorderingsperiode 55 dae 65 dae
Krediteure-betalingsperiode 50 dae 40 dae
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE GRAAD 11 14
2) Inligting uit die Finansiële State
2015 2016
Kapitaal 3 560 000 2 960 000
Blake 1 800 000 1 200 000
Flynn 1 760 000 1 760 000
Privaatrekening 790 000 660 000
Blake 420 000 360 000
Flynn 370 000 300 000
Totale vennotebelang 4 350 000 3 620 000
Blake Flynn Totaal
Verdienste per vennoot 2016
Vennotesalaris 390 000 290 000 680 000
Rente op kapitaal 115 000 85 000 200 000
Verdeling van oorblywende winste 55 000 55 000 110 000
560 000 430 000 990 000
Onttrekkings 210 000 175 000 385 000
6.2 Behoort die vennote tevrede te wees met die voorraadomsetsnelheid?
Verduidelik deur vermelding te maak van finansiële aanwysers vir beide jare om
jou antwoord te staaf. (3)
6.3 Lewer kommentaar oor die Debiteure-invorderingsperiode en die Krediteure-
betalingsperiode. (3)
6.4 In jou opinie het die onderneming hulle uitgawes effektief beheer in 2016? Haal
syfers van beide jare aan om jou antwoord te ondersteun. (4)
6.5 Verduidelik die redes vir die verskil tussen die persentasie bedryfsuitgawes op
verkope en die persentasie netto wins op verkope. (2)
6.6 Bereken die persentasie opbrengs op die gemiddelde eienaarsbelang van 2016. (5)
6.7 Die persentasie opbrengs verdien deur Flynn op sy gemiddelde eienaarsbelang is
20,53%. Verskaf ʼn berekening om te bewys dat die berekening korrek is. (5)
6.8 Lewer kommentaar op die persentasie opbrengs verdien deur Flynn. Haal ʼn
finansiële aanwyser vir beide jare aan om jou antwoord te staaf. (4)
6.9 Lewer kommentaar op die skuld/eienaarsbelangverhouding. Haal ʼn finansiële
aanwyser van beide jare aan om jou antwoord te staaf. (3)
6.10 Watter persentasie van die netto inkomste het die vennote onttrek van die
onderneming in 2016? (3)
6.11 Lewer kommentaar op die winsgewendheid van die onderneming. Haal DRIE
finansiële aanwysers en syfers aan om jou antwoord te staaf. (8)
TOTAAL: 300
EINDE
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
ACCOUNTING ANS BOOK GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf

Question paper
ACCOUNTING P1 GR11 QP NOV2025 Afrikaans_watermark.pdf
Question paper
ACCOUNTING P1 GR11 QP NOV 2024 AFR D_watermark.pdf
Question paper
NW-11-ACCOUNTING-P1-QP-AFR-NOV-2024.pdf
Question paper
ACCOUNTING P1 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans Final_watermark.pdf
Question paper
ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023_Afrikaans D_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20June%202016%20%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--89316d18-f700-4910-a490-4c101ea30e1f/v1-c17291df76f64883c2e2/card.webp)
Memorandum
Gr11 Acc (Afrikaans) June 2016 Possible Answer_hlayiso.com_.pdf
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9df1ea61-69fc-44d0-ae99-55747a39390f/v1-09f9261e5be48d30bb90/card.webp)
Memorandum
Gr11 Acc (Afrikaans) June 2018 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Gr11 Acc June 2016 Possible Answer_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Accounting
Explore more published documents in this catalogue.

Addendum
ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans_watermark.pdf

Memorandum
ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf

Memorandum
ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR_watermark.pdf
Question paper and memo
LP-Accounting-Grade-11-June-2025-P2-and-Memo.pdf
Question paper and memo
LP-Accounting-Grade-11-March-2025-QP-and-Memo.pdf
Question paper and memo