Via Afrika
Graad 11 Onderwysersgids
Besigheidstudies
Ek motiveer my leerders deur vir hulle al die
maniere te wys waarop jy hierdie vak later in die
lewe kan gebruik.
Graad 11 Studiegids
— Ziyanda Dlakana, Onderwyser C. Chaplin, E.L. Llewellyn, P. Bean, M. Kleyn, A. Marx,
T.D. Kotze, T.R. Maliehe
Via Afrika verstaan en waardeer jou bydrae as onderwyser en wil jou graag ondersteun. Jy het die belangrikste taak in die
Via Afrika Besigheidstudies
onderwys, en ons besef dat jou verantwoordelikhede veel meer as bloot die onderrig van leerinhoude behels. Ons het ons
bes gedoen om jou tyd te bespaar en jou lewe te vergemaklik. Ons is trots dat ons jou kan help om hierdie vak suksesvol
aan te bied. Hier volg ’n paar kenmerke van hierdie nuwe reeks:
1. Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. Kyk op bladsy 4 hoe
ons aan die vereistes van CAPS voldoen.
2. ‘n Moontlike teaching plan is ingesluit. Kyk op bladsy 5 hoeveel tyd dit jou kan bespaar.
3. Elke onderwerp begin met ‘n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Kyk op bladsy 16 hoe dit
jou met jou beplanning sal help.
4. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Bladsy 10 wys jou
hoe dit gedoen word.
5. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei
en te ondersteun. Kyk op bladsy 18 vir ‘n voorbeeld.
6. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. Kyk op bladsy 21
vir ‘n voorbeeld.
7. ‘n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Sien die binnekant van die
voorblad.
8. Addisionele voorbeeldvrae, toetse of assesseringstake, wat jy kan kopieer, sal jou help om jou leerders effektief te
assesseer. Sien ’n voorbeeld op bladsy 68.
Die bypassende Leerderboek bevat die volledige inhoud wat jou leerders moet bemeester. Dit is in toeganklike taal
geskryf wat dit vir leerders maklik maak om te leer. Die opwindende ontwerp en uitleg van die Leerderboek sal leerders se
belangstelling aanwakker, hulle inspireer om te leer en die onderrigtaak vir jou aangenaam maak.
Ons wil graag hoor hoe dit met jou onderrig gaan. Stuur jou terugvoer per epos aan ons by besigheidstudies@viaafrika.com
of besoek ons onderwysersforum by www.viaafrika.com.
Language: Afrikaans
ISBN: 978-1-415-43611-0
9 78 1 4 1 5 436 1 1 0 www.viaafrika.com
Skip to contentStudy guide 











View all





Gr11 Besigheidstudies SG LR
Grade 11 Business Studies study guide, 237 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: Via Afrika
Business Studies · Grade 11. Study guide, 237 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Study guide
- Publisher
- Via Afrika
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 237
- File size
- 3.9 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 237
Document textSearch extracted text and jump to a page.
C. Chaplin
Studiegids
Besigheidstudies
Graad 11
ISBN: 978-1-41546-298-0
Inhoud
Inleiding tot Besigheidstudies 5
Kwartaal 1
Inleiding 6
Onderwerp 1 Invloede op die sakeomgewings 7
Vrae en antwoorder 14
Onderwerp 2 Uitdagings van die sakeomgewings 18
Vrae en antwoorder 27
Onderwerp 3 Aanpassing by uitdagings van die sakeomgewings 30
Vrae en antwoorder 37
Onderwerp 4 Hedendaags sosoio-ekonomiese kwessies 40
Vrae en antwoorder 46
Onderwerp 5 Sakesektore 49
Vrae en antwoorder 54
Onderwerp 6 Voordeel van ‘n maatskappy bo ander vorme van
eienaarskap 56
Vrae en antwoorder 57
Onderwerp 7 Avenues of acquiring a business 72
Vrae en antwoorder 79
2
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Kwartaal 2
Inleiding 82
Onderwerp 1 Kreatiewe denke en probleemoplossing 83
Vrae en antwoorder 89
Onderwerp 2 Stres- en krisisbestuur 92
Vrae en antwoorder 98
Onderwerp 3 Omskepping van ‘n besigheidsplan in ‘n aksieplan 99
Vrae en antwoorder 104
Onderwerp 4 Die stigting van ‘n sakeonderneming 106
Vrae en antwoorder 110
Onderwerp 5 Professionalisme en etiek 111
Vrae en antwoorder 114
Onderwerp 6 Aanbieding van besigheidsinligiting 116
Vrae en antwoorder 123
Junie eksamen en memo 124
3
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Kwartaal 3
Inleiding 142
Onderwerp 1 Entrepreneurseienskappe en suksesfaktore 143
Vrae en antwoorder 1148
Onderwerp 2 Burgerskaprolle en verantwoordelikhede 149
Vrae en antwoorder 155
Onderwerp 3 Bemarkingsfunksies 156
Vrae en antwoorder 180
Onderwerp 4 Produksiefunksie 182
Vrae en antwoorder 190
Kwartaal 4
Inleiding 192
Onderwerp 1 Spandinamika en konflikbestuur 193
Vrae en antwoorder 202
Onderwerp 2 Kennismaking met menslike hulpbronne 204
Vrae en antwoorder 214
November eksamen en memo 216
4
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Hoekom Besigheidstudies?
Besigheidstudies is nie slegs belangrik wanneer jy iets soos besigheidsbestuur, finansies,
administrasie of bemarking wil gaan studeer nie. Dit sal jou ook in baie fasette van jou lewe
help en met watter beroep jy ook al wil inslaan.
Besigheidstudies sal jou help om:
die uitwerking van veranderende en uitdagende omgewings op besigheidspraktyke te
ontleed, bv. toenemende brandstofpryse en die invloed wat dit op besighede wêreldwyd
het; en om dan strategieë te bedink om hierdie uitdagings te bowe te kan kom.
’n navorsingsinstrument te ontwerp en gebruik om behoeftes en begeertes te assesseer.
kreatiewe denke aan te moedig om entrepreneursgeleenthede te skep, bv. om ’n
roomysstalletjie op Margate se hoofstrand gedurende hoogseisoen oop te maak.
data vir besluitneming te verwerk en te analiseer.
’n sakeplan te ontwikkel.
die regsimplikasies van kontrakte te verstaan.
die implementering van die Wet op Gelyke Indiensneming en arbeidswette te verstaan.
’n reeks bestuursvaardighede in al agt bestuursfunksies te kan toon en toepas:
aankope, produksie, finansieel, bemarking, openbare betrekkinge, mesnlike
hulpbronbestuur, inligtingsbestuur en algemene bestuur.
Dit is inderdaad ’n opwindende vak – gerig op jou toekoms! Behalwe die punte wat hierbo
genoem word, sal Besigheidstudies jou ook help om vooruit te beplan en ’n goeie werksetiek te
handhaaf. Dit beteken dat jy redelik hard sal moet werk, maar nie sonder beloning nie. Die
Studiegids is ontwerp jou jou te help om jou doelwitte vir Besigheidstudies te bereik. Dit is
puntsgewys opgesom sodat jy dit makliker kan memoriseer. ’n Effektiewe manier om die
Studiegids te gebruik, is om dit saam met die volgende SVL2H-studiemetode te gebruik:
S Studeer Gebruik hierdie Studiegids om jou werk te leer. Leer klein deeltjies op ’n
slag, en gaan dan aan na die volgende deel. Gebruik kopkaarte en ander
visuele hulpmiddels om dit makliker te maak om jou werk te onthou.
V Vrae Na elke onderwerp is daar vrae wat jy kan gebruik om jou kennis te toets.
Maak seker dat jy al hierdie vrae kan beantwoord.
L Lees Natuurlik sal daar vrae wees wat jy nie dadelik kan beantwoord nie.
Gaan terug na hierdie gedeeltes toe en lees dit weer deeglik deur.
H Herroep Gaan na om te kyk of jy die antwoorde op vrae kan herroep wat jy nie
voorheen kon herroep nie.
H Hersien Dit is belangrik om hersiening te doen. Kyk weer na jou opsommings. Jy
kan dit vroeg in die oggend voor jou toets of eksamen doen.
Ek hoop jy sal hierdie Studiegids geniet en dat dit jou sal help om jou werk te leer ken.
Mik vir sukses!
Die Skrywer
5
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Kwartaal 1 Inleiding
Onderwerp 1 Invloede op die sakeomgewings
In Onderwerp 1 maak die leerders kennis met die invloed wat die
sakeonderneming op die sakeomgewings het.
Onderwerp 2 Uitdagings van die sakeomgewings
Onderwerp 2 bied ’n oorsig van die uitdagings wat uit die verskillende
omgewings ontstaan. Die uitdagings hou verband met die verskillende
elemente van die mikro-, mark- en makro-omgewings.
Onderwerp 3 Aanpassing by uitdagings van die sakeomgewings
Onderwerp 3 handel oor maniere waarop ’n sakeonderneming by uitdagings
in die interne en eksterne omgewings kan aanpas. Die maniere waarop ’n
sakeonderneming by bedreigings en geleenthede uit die omgewing kan
aanpas, hang af van die onderneming se beheer of invloed (Onderwerp 1) en
die erns en ingewikkeldheid van die uitdagings (Onderwerp 2).
Onderwerp 4 Hedendaagse sosio-ekonomiese kwessies
Onderwerp 4 handel oor die impak van hedendaagse sosio-ekonomiese kwessies op
die besigheid en produktiwiteit. Die onderwerp ondersoek ook die ontwikkelings van
nywerheidsverhoudings wat met bestaande besigheidspraktyke verband hou. Dit sluit in
nywerheidsoptredes soos stakings, uitsluitings en sloerstakings, asook die geskiedenis, rol en
funksies van vakbonde.
Onderwerp 5 Sakesektore
In Onderwerp 5 maak die leerders kennis met die verskillende sektore van die
ekonomie: primêr, sekondêr en tersiêr, asook met die wisselwerkings tussen
hierdie sektore.
Onderwerp 6 Voordeel van ’n maatskappy bo ander vorme van
eienaarskap
In Onderwerp 6 word die voordele van die vorming van ’n maatskappy bo
ander vorme van eienaarskap ondersoek. In Graad 10 het die leerder kennis
gemaak met die reeks wetlik erkende vorme van besigheidseienaarskap.
In hierdie onderwerp word hierdie verskillende vorme van eienaarskap in
meer besonderhede bespreek, en word hulle direk met mekaar vergelyk
ooreenkomstig hul eienaarskap, struktuur en regsvereistes.
Onderwerp 7 Maniere om ’n besigheid te verkry
In Onderwerp 7 maak die leerder kennis met verskillende metodes vir die
verkryging van ’n sakeonderneming. Die twee basiese opsies, naamlik om ’n nuwe
onderneming te begin of ’n bestaande onderneming te koop, word uitgebrei deur
dié van ’n franchise-lisensie, uitkontraktering en die verhuring van bates. Die
voordele en nadele van die verskillende opsies word verduidelik.
6
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 1. Invloede op die besigheidsomgewings
Oorsig
Die mikro-, mark- en makro-omgewing beïnvloed mekaar. Enigiets wat in die omgewing kan
verander, word 'n veranderlike genoem.
Die onderneming het die meeste beheer oor die mikro-omgewing, minder beheer oor die
markomgewing en selfs nog minder beheer oor die makro-omgewing.
Dit is voordelig vir die onderneming om by die makro-omgewing betrokke te wees.
Die veranderlikes Die besigheidsomgewing
kom in al drie
omgewings voor
nments
Maniere waarop die besigheid by die
makro-omgewing betrokke kan
wees
Interne (mikro-) omgewing
missie
doelwitte
bestuurstruktuur
Markomgewing
hulpbronne
klante
kultuur
verskaffers
mededingers
reguleerders
tussengangers
+ Eksterne omgewing
Makro-omgewing
Sosio-
ekonomies
Wetlik
Tegnologies
Politiek
Institusioneel
(regering)
Ekonomies
Internasionaal
Physical
7
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1 Beheerfaktore in die besigheidsomgewings
Die besigheidsomgewing bestaan uit al daardie veranderlikes wat die oorlewing van 'n organisasie
kan beïnvloed.
Hierdie veranderlikes word verdeel in:
Die mikro-omgewing
Die markomgewing
Die makro-omgewing
makro
mark
mikro
interne
omgewing
eksterne
omgewing
Die interne omgewing bestaan uit die mikro-omgewing van die besighede wat die eintlike
besigheid self is.
Die eksterne omgewing bestaan uit die mark- en makro-omgewings van die besigheid. Die
markomgewing is sy bedryfsomgewing en die makro-omgewing is die algemene omgewing
wat die besigheid omsluit.
8
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.2 Faktore in die omgewings wat die organisasie beïnvloed
Interne (mikro-) omgewing Eksterne omgewing
Visie, missie en
doelwitte
Besigheidstruktuur
Produksiefaktore
Besigheidsfunksies
Bestuurstyl
Werknemers
Besigheidsetiek
Eienaars
Besigheidsbeleide
Markomgewing Makro-omgewing
Verskaffers Sosio-ekonomies
Wetlik
Mededingers Tegnologies
Polities
Tussengangers Institusioneel (regering)
Ekonomies
Klante
Internasionaal
Fisies
Gemeenskap
9
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Kenmerke van die besigheidsomgewing
Die besigheidsomgewing bestaan uit baie dele.
Al die dele is interafhanklik en onderling met mekaar verbind.
Die besigheidsomgewing is onseker en onstabiel en kan van tyd tot tyd wissel.
Die besigheidsomgewing is dinamies en onstabiel. Besighede moet gereed wees om sowel
proaktief as reaktief te wees, hulle moet by veranderinge aanpas.
Veranderinge in die besigheidsomgewing kan verskillende besighede op verskillende
maniere beïnvloed; 'n verandering kan positief wees vir een besigheid en negatief vir 'n
ander besigheid.
Veranderinge in die besigheidsomgewing kan sowel langtermym- as korttermyngevolge vir 'n
besigheid hê.
Die eksterne besigheidsomgewing kan so 'n enorme impak op 'n besigheid hê dat dit moet
aanpas ten einde te oorleef, byvoorbeeld die huidige wêreldwye resessie.
Die besigheidsomgewing is kompleks en dit is moeilik vir entrepreneurs om risikofaktore te
bepaal.
10
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Die beheer van die besigheid oor die besigheidsomgewing
3.1 Die mikro-omgewing
Beheer oor die mikro-omgewing word bereik deur interne beheerstelsels te gebruik. Daarmee word
beoog om:
die bestuur in staat te stel om seker te maak dat die doelwitte van die besigheid bereik word
seker te maak dat betroubare finansiële state opgestel word
na te gaan dat die besigheid voldoen aan al die toepaslike wette en regulasies.
Beheerbare veranderlikes is:
Die visie, missie en doelwitte van die maatskappy
Die maatskappy se besigheidstruktuur
Die organisering en gebruik van produksiefaktore
Die organisering van die ag besigheidsfunksies
Die bestuurstyl
Die bestuur van werknemers
Keuse van besigheidsetiek
Tipe eienaarskap
Implementering van besigheidsbeleide
Aspekte van interne beheer:
Beheer die filosofie en waardes van die besigheid
Skep doeltreffende inligting- en kommunikasiestelsels
Moniteer prestasie
Assesseer risiko’s
Beheer die aktiwiteite van die besigheid
11
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
filosofie en waardes risiko-assessering
inligting en Interne beheer
kommunikasie
beheer aktiwiteite
moniteer
prestasie
3.2 Die markomgewing
Die besigheid moet bewus wees van die geleenthede en bedreigings in die markomgewing omdat
dit die besigheid se sukses of mislukking sal beïnvloed.
Geleenthede sluit in:
Verstaan die klante en hul behoeftes
Maak gebruik van handelsafslag
Vind goedkoper dienste of verskaffers
Maak gebruik van marknavorsing om verkope te verhoog
Skep 'n positiewe openbare beeld
Bedreigings sluit in:
Gebrek aan klantlojaliteit
Toename in die koste van grondstowwe
Onrus onder werkers
Prysoorloë
Mislukking om druk op regering uit te oefen
12
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Die besigheid het beperkte beheer oor die markomgewing. Die markomgewing kan in vier hoofareas
ingedeel word:
Klante
Verskaffers en tussengangers
Mededingers
Burgerlike samelewing
Geleenthede en bedreigings in die markomgewing
Geleenthede Bedreigings
Klante
Skep klantlojaliteit Gebrek aan klantlojaliteit
Verskaffers
Moontlikheid van handelsafslag Toename in koste van grondstowwe
Tussengangers
Alternatiewe of goedkoper dienste Onrus onder werkers
Mededingers
Marknavorsing en hoër verkope Prysoorlog
Burgerlike samelewing
Positiewe openbare beeld Negatiewe openbare beeld
3.3 Die makro-omgewing
Die besigheid het geen beheer oor die makro-omgewing nie, maar kan beheer hoe dit reageer op
uitdagings in die makro-omgewing.
Voorbeelde van areas van die makro-omgewing sluit die volgende in:
Fisiese omgewing
Ekonomiese omgewing
Sosio-ekonomiese omgewing
Wetlike omgewing
Tegnologiese omgewing
Politiese omgewing
Institusionele (regerings-) omgewing
Internasionale omgewing
13
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4. Maniere waarop die besigheid voordelig by die makro-omgewing
betrokke kan wees
Deur positief en aktief by die makro-omgewing betrokke te wees, kan besighede die ekonomiese en
maatskaplike toestande in Suid-Afrika verbeter.
Maniere waarop die besigheid by die makro-omgewing betrokke kan wees:
Kollektiewe bedinging of stemmingmakery om werkstoestande te verbeter of
regeringsregulasies te verander
Privaat-openbare vennootskappe, soos waaksaamheid teen misdaad of maatskaplike
opheffing
Dienste in privaat besit vir die gemeenskap of land, soos skole of watervoorsiening
Werkskepping
Inisiatiewe met betrekking tot maatskaplike verantwoordelikheid
Regeringstenders om vir groot staatskontrakte te bie
Uitbreiding na ander Afrika-lande om uitvoermarkte en meer werk te skep
Verbeter tegnologie om ekonomiese groei te stroomlyn
Vrae aan einde van onderwerp
Veelkeuse
Kies die korrekte antwoord uit die moontlikhede:
1. Die bemarkingsfunksie van Gizmo Speelgoed (Edms.) Bpk. sal deel van die ............. omgewing
wees.
A. mikro-
B. mark-
C. makro-
D. interne (2)
2. 'n Verandering in die immigrasiebeleid van die land sal plaasvind in die . omgewing.
A. mikro-
B. mark-
C. makro-
D. besigheids- (2)
3. Watter van die volgende is NIE 'n kenmerk van 'n entrepreneur nie?
14
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
A. Behoefte aan prestasie
B. Fokus van beheer
C. Neiging om risiko’s te loop
D Vermoë om probleme op te los (2)
Waar of Onwaar
Antwoord net waar of onwaar.
4. Die markomgewing is altyd onder die beheer van die besigheid. (2)
5. Om seker te maak alle werknemers is opgelei om hul werk behoorlik te doen, is deel van die
mikro-omgewing. (2)
6. Veranderlikes soos wysigings aan arbeidswette beïnvloed nie die besigheid nie omdat dit buite
die besigheid se beheer is. (2)
Kort vrae
7. Verduidelik die betekenis van die mikrobesigheidsomgewing. (6)
8. Lys 5 veranderlikes (uitdagings) van die mikrobesigheidsomgewing.(10)
9. Beskryf die markbesigheidsomgewing en noem 4 veranderlikes (uitdagings).
(10)
10. Lys vier dele van die makro-omgewing. (8)
Opstelvraag
11. Verantwoordelike besighede raak aktief betrokke by hul makro-omgewing. Bespreek hierdie
stelling en stel maniere voor waarop besighede positief by die ekonomiese struktuur van die land
betrokke kan wees.
(40)
Antwoorde op vrae aan einde van onderwerp
1. B (2)
2. C. (2)
3. C. (2)
Waar of Onwaar
4. O (2)
5. W (2)
6. O (2)
Kort vrae
15
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
7. Bestaan uit die besigheid self √√en word deur die bestuur beheer. √√ Die besigheid kan die
veranderlikes in hierdie omgewing beheer. √√ (6)
8. (enige 5 x 2 = 10)
Visie, missie en doelwitte √√
Besigheidstruktuur √√
Produksiefaktore √√
Besigheidsfunksies √√
Bestuurstyl √√
Werknemers√√
Besigheidsetiek √√
Eienaars√√
Besigheidsbeleide √√ (10)
9.
Bestaan uit verskaffers, klante en mededingers √√ (2)
Gebrek aan klantlojaliteit √√
Toename in die koste van grondstowwe √√
Onrus onder werkers √√
Prysoorloë √√
Mislukking om druk op regering uit te oefen √√ ( enige 4 x 2 = 8)(10)
10.
Fisiese omgewing √√
Ekonomiese omgewing√√
sosio-ekonomiese omgewing√√
Wetlike omgewing√√
Tegnologiese omgewing√√
Politieke omgewing√√
Institusionele (regerings-) omgewing√√
Internasionale omgewing√√ ( enige 4 x 2 = 8) (8)
Opstelvraag
11.
Die besigheid het geen beheer oor die makro-omgewing nie,√√ maar kan beheer hoe dit reageer op
uitdagings in die makro-omgewing. √√
Voorbeelde van areas van die makro-omgewing sluit die volgende in:
Fisiese omgewing√√
Ekonomiese omgewing√√
Sosio-ekonomiese omgewing√√
Wetlike omgewing√√
Tegnologiese omgewing√√
Politieke omgewing√√
Institusionele (regerings-) omgewing√√
Internasionale omgewing√√ (20)
Deur positief en aktief by die makro-omgewing betrokke te wees, √√kan besighede die ekonomiese
en maatskaplike toestande in Suid-Afrika verbeter. √√
Maniere waarop die besigheid by die makro-omgewing betrokke kan wees:
Kollektiewe bedinging of stemmingmakery om werkstoestande te verbeter of
regeringsregulasies te verander
16
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Private-openbare vennootskappe, soos waaksaamheid teen misdaad of maatskaplike
opheffing
Dienste in privaat besit vir die gemeenskap of land, soos skole of watervoorsiening
Werkskepping
Inisiatiewe ten opsigte van maatskaplike verantwoordelikheid
Regeringstenders om vir groot staatskontrakte te bie
Uitbreiding na ander Afrika-lande om uitvoermarkte en meer werk te skep. √√
Verbeter tegnologie om ekonomiese groei te stroomlyn. √√ (20)
(50)
17
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 2 Uitdagings van die besigheidsomgewings
Oorsig
Hierdie onderwerp ondersoek die uitdagings wat in die mikro-, mark- en makrobesigheidsomgewings
voorkom. Besighede moet bewus wees van die uitdagings waarvoor hulle in die verskillende
omgewings te staan gaan kom ten einde in staat te wees om met tyd te handel en voorsiening vir
probleme te maak.
Enigiets wat in een van die besigheidsomgewings kan verander, word 'n veranderlike genoem. Die
veranderlikes in die interne en eksterne omgewings is interafhanklik omdat 'n verandering in een
veranderlike ander veranderlikes kan beïnvloed.
Die onderwerp handel oor:
uitdagings van die mikro-omgewing, soos 'n gebrek aan visie, swak bestuur, stakings en
sloerstakings
• uitdagings van die markomgewing, soos mededinging, verskaffingsprobleme en veranderinge in
verbruikersgedrag
• uitdagings van die makro-omgewing, soos wetgewing, globalisering en sosio-ekonomiese
kwessies.
Uitdagings van die
besigheidsomgewing
Mikro-omgewing
Markomgewing Makro-omgewing
Werknemers
Klante Die internasionale omgewing
Die doelwitte
(visie en missie en Verskaffers Die wetlike en politieke
besigheidsoogmerke) Tussengangers omgewing
Die vorm van eienaarskap Mededingers Die fisiese omgewing
Die organisasiestruktuur Verbruikersdruk Die ekonomiese omgewing
Die bestuursfilosofie en -styl Substituutprodukte Die regeringsomgewing
Die tegnologiese omgewing
Die politieke omgewing
Die maatskaplike omgewing
Die institusionele omgewing
18
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1 Uitdagings van die mikro-omgewing
'n Uitdaging in die mikro-omgewing verwys na veranderlikes in 'n besigheid, soos arbeid en
grondstowwe, finansies en bates, wat bestuurders/eienaars doeltreffend moet bestuur.
Werknemers
Werkers moet behoorlik opgelei en gemotiveerd wees en die nodige vaardighede hê om
goedere en dienste van 'n hoë gehalte te lewer. Besigheidseienaars moet verseker dat hul
werkers voldoende vaardigheidsopleiding en opvoeding met betrekking tot hul spesifieke tipe
werk kry.
Die Wet op Diensbillikheid verseker dat gelyke werksgeleenthede 'n wetlike vereiste is wanneer
besighede nuwe werknemers soek.
Die doelwitte (visie en missie en besigheidsoogmerke)
Visie verwys na hoe jy die toekoms of langtermtyndoelwitte van die besigheid sien. Bestuurders
en werkers wat 'n gebrek aan visie en missie het, is nie bewus van, of verstaan nie, die doelwitte
van die besigheid en bydraes tot die gemeenskappe wat hulle dien nie.
Die vorm van eienaarskap
Die eienaars moet 'n gepaste vorm van eienaarskap kies ten einde hul besigheid doeltreffend te
bedryf.
Die organisasiestruktuur
Die organisasiestruktuur bepaal hoe 'n besigheid bestuur word.
Die bestuursfilosofie en -styl
Die bestuursfilosofie en -styl bepaal hoe doeltreffend 'n besigheid bedryf sal word. Dit sluit die
kernwaardes, oortuigings en sosiale gebruike van die besigheid in.
Drie komponente wat tot die toekomsvisie van die besigheid bydra
Die kerndoel – Die redes hoekom die besigheid begin is en bedryf word
Die kernwaardes – Die rigsnoere wat belangrik vir die besigheid is, soos om produkte van die hoogste
gehalte moontlik te maak
Die missie – Dit is 'n verklaring oor die besigheid se doelwitte en waardes
19
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Stakings, sloerstakings en vakbonde
'n Staking vind plaas wanneer die werkers weier om te werk as gevolg van meningsverskille met
die bestuur of eienaars van 'n besigheid. 'n Sloerstaking vind plaas wanneer die werkers stadig
werk en weier om enigiets ekstra te doen of oortyd te werk.
Vakbonde is arbeidsorganisasies. Deesdae behoort die meeste werkers aan vakbonde, en
wanneer hulle ontevrede met hul lone en werkstoestande is of enige ander griewe het,
organiseer hulle stakings wat 'n negatiewe uitwerking op produktiwiteit en die gladde
funksionering van 'n besigheid het.
Kollektiewe bedinging
Kollektiewe bedinging kom voor wanneer groepe of hul verteenwoordigers met die werkgewers
wil onderhandel en hulle wil beïnvloed oor kwessies in die werkplek. Kollektiewe bedinging kan
help om verhoudings tussen bestuurders en werkers te stabiliseer, en om 'n nuttige forum vir die
bespreking van groter kwessies met betrekking tot die vooruitgang van die besigheid te bied.
WETGEWING OM WERKGEWER-WERKNEMER-VERHOUDING IN SUID-AFRIKA TE
BEHEER
Die volgende is die belangrikste wette wat werkgewer-werknemer-verhoudings reguleer.
Die Wet op Arbeidsverhoudinge
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
Die Wet op Diensbillkheid
Die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid
Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling
20
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Uitdagings van die markomgewing
Die markomgewing is deel van die eksterne of makro-omgewing.
2.1 Klante
Klante het koopkrag en kan kies waarmee of waar hulle hul behoeftes wil bevredig. 'n Besigheid
moet beoog om klanttevredenheid te skep en om langtermyn-klantlojaliteit te behou. Dit kan gedoen
word deur marknavorsing te doen om die behoeftes van die teikenmark te bepaal, asook die
korrekte produk en die korrekte prys. Die teikenmark is daardie sektor van die klante waarop
spesifieke goedere of dienste gerig word.
2.2. Verskaffers
Verskaffers is individue of besighede wat insette soos grondstowwe, kapitaal, arbeid of dienste (bv.
vervoer) aan 'n besigheid verskaf. Hierdie insette kan ook produksiefaktore genoem word.
Verskaffers moet betroubaar wees. Uitdagings behels dat die beskikbaarheid en kontinuïteit van
voorrade verseker word, asook die korrekte gehalte en prys daarvan.
2.3 Tussengangers
Tussengangers word ook middelmanne genoem en sluit in groothandelaars, kleinhandelaars,
agente, versekeraars, adverteerders, ens. Tussengangers tree op in die tersiêre sektor van die
ekonomie. Gewoonlik gee hulle produkte en dienste aan of herverkoop dit. Groothandelaars soos
Makro en Trade Centre is groot herverkopers. Agente gee ook goedere en dienste aan, byvoorbeeld
amptelike herverkopers van motoronderdele. Versekeringsmakelaars verkoop versekering namens
versekeringsmaatskappye soos Old Mutual.
Die volgende uitdagings kan voorkom:
E-handel, wat klante in staat stel om direk op die internet te koop.
Groot kleinhandelgroepe kan kleiner winkels onderprys.
Groot kleinhandelaars bied eienaamprodukte teen goedkoper pryse aan.
Wette om verbruikers te beskerm, help die verbruikers om hul skuld te bestuur.
Dienste wat deur tussengangers verskaf word, kan die koste van 'n produk verhoog.
2.4 Mededingers
Mededingers is besighede wat soortgelyke of substituutprodukte verkoop. Dit is vir besighede 'n
uitdaging om te probeer om hul produkte anders of begeerliker te maak. Mededinging maak 'n
21
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
belangrike deel van die vryemarkstelsel uit. Die eienaar van 'n klein besigheid moet soveel moontlik
van mededingers in dieselfde soort besigheid weet. Hulle moet die sterk punte, swak punte en
voordele van die mededingers bepaal en daardie kennis gebruik om hul eie besigheid te verbeter.
Uitdagings hou verband met:
Bedryfswedywering
Nuwe toetreders tot die mark
Goedkoper of beter substitute
Die bedingingsmag van verskaffers
Die bedingingsmag van klante en kliënte
Die beskikbaarheid van substituutprodukte
Die moontlikheid om 'n produk te kopieer of te dupliseer
2.5 Verbruikersdruk
Verbruikersdruk verwys na die georganiseerde optrede van verbruikersgroepe en die regering om
verbruikersregte te beskerm. Die Wet op Vebruikersbeskerming beoog om verbruikers te beskerm
teen onetiese praktyke en produkte wat hul veiligheid of gesondheid kan bedreig.
Besighede word uitgedaag om:
eties en verantwoordelik op te tree
maatskaplik verantwoordelik te wees
bewus te wees van omgewingskwessies
klante billik te behandel.
2.6 Reguleerders en vakbonde
Reguleerders is regeringsliggame wat oor spesifieke aspekte van besigheid soos gesondheid en
veiligheid toesig hou. 'n Goeie verhouding met vakbonde verseker 'n goeie verhouding met
besighede se arbeidsmag.
2.7 Strategiese vennote
Wanneer twee of meer besighede saamwerk in 'n gesamentlike onderneming, is hulle strategiese
vennote. Dit help 'n besigheid om kundigheid waaroor hulle dalk nie beskik nie, van 'n ander
besigheid te verkry.
22
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Uitdagings van die makro-omgewing
Daar is baie faktore in die makro-omgewing wat die groei van die besigheid kan beïnvloed. Hierdie
faktore kan nie beheer word nie en is moeilik om te voorspel en te vermy. Voorbeelde sluit in:
Die ekonomiese resessie
Regeringsregulasies en -wette
Klimaatsverandering
Die impak van MIV/vigs
Politieke veranderinge
Veranderinge in verbruikers se smaak
23
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3.1 Faktore in die makro-omgewing
1. Internasionaal/Globaal
8. Maatskaplik 2. Wetlik
Die makro-omgewing
7. Politiek 3. Fisies
6. Tegnologies 4. Ekonomies
5. Institusioneel/Regering
Die internasionale omgewing
Internasionale handel is 'n uitdaging wat betref die groot aantal en verskeidenheid produkte
wat nou wêreldwyd vir baie lande beskikbaar is. Multinasionale maatskappye beïnvloed die
makro-omgewing dwarsdeur die wêreld.
24
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Goedkoper ingevoerde goedere is 'n groot uitdaging vir plaaslike verskaffers en
vervaardigers. Plaaslike besighede wat nie met invoergoedere kan meeding nie, sal dalk
moet sluit. Werkers sal dan hul werk verloor.
Dumping – goedere wat teen uiters lae pryse uitgevoer word deur lande wat graag 'n mark
wil vestig.
Alle lande vind baat by internasionale handel wat groter mededinging, groter keuse en groter
spesialisering meebring.
'n Nadeel vir 'n land wat internasionale handel wil beperk, is dat ander lande dieselfde sal
doen, wat die risiko van 'n handelsoorlog en 'n onvermydelike ekonomiese resessie sal
inhou.
Tariewe – wat aan die regering betaal word. Dit word ook invoerbelasting genoem, wat die prys van
ingevoerde goedere verhoog, en dit minder mededingend vir plaaslike vervaardigers maak
Subsidies – word deur die regering gegee aan plaaslike vervaardigers wat hul goedere goedkoper
en dus mededingender as dié van invoerders maak.
Die wetlike en politieke omgewing
1. Suid-Afrika het 'n nuwe grondwet.
2. Die wette van die land verseker dat burgers en besighede beskerm word en dien as morele
en etiese riglyne waar ander nie bestaan nie.
3. Soms is die wette beperkend vir besigheidseienaars. Voorbeeld: Die nuwe Nasionale
Kredietwet, Wet no. 34 van 2005, het op 1 Junie 2007 in werking getree om die kredietbedryf
te reguleer en verantwoordelike kredietverlening af te dwing.
4. Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) is 'n ekonomiese beleid wat gerig Is op ongelykheid
in die werkplek en op die uitbreiding van die ekonomiese basis van die land.
Die fisiese omgewing
5. Die fisiese omgewing beteken die natuurlike hulpbronne wat beskikbaar is, sowel plaaslik as
internasionaal. Natuurlike hulpbronne is nie altyd onbeperk beskikbaar nie en maatreëls
moet getref word om dit te beskerm en te bewaar.
6. Skaars hulpbronne of grondstowwe lei tot hoër koste en hoër pryse. Voorbeelde: water,
energie, mynbou, vissery, landbou, kos.
Kwessies wat met die fisiese omgewing te doen het, soos besoedeling en uitputting van skaars
hulpbronne, kan baie duur wees, nie net vir besighede nie, maar ook vir die baie mense en diere op
die planeet. Faktore soos aardverwarming en die uitputting van die osoonlaag het baie regerings
gedwing om wette aan te neem om die vrystelling van nadelige stowwe te beheer.
25
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Besighede kan produkte HERGEBRUIK, byvoorbeeld glasbottels, gebruikte produkte HERWIN,
byvoorbeeld rubberprodukte, of verkwisting VERMINDER deur te verseker dat al die grondstowwe
op een of ander manier gebruik word.
Die ekonomiese omgewing
Suid-Afrika het 'n gemengde markekonomie, wat beteken dat dit sowel besighede in
private besit as staatsbesit het.
Die ekonomiese siklus behels die vloei van geld en produkte (insluitend dienste) in
teenoorgestelde rigtings. Mense moet hul behoeftes en begeertes bevredig. Hulle doen dit
deur besighede in privaat besit of semistaatsinstellings (deels in staatbesit) vir goedere en
dienste te betaal.
Sommige van die belangrikste ekonomiese faktore in Suid-Afrika is inflasie, globalisering,
werkloosheid en rentekoerse.
Die regeringsomgewing
Suid-Afrika het 'n gemengde markekonomie waarin die regering verseker dat die volk van
noodsaaklike goedere en dienste voorsien word, soos gesondheid, onderwys, veiligheid en
vervoer.
Regeringsinstellings moet betroubaar en konsekwent in hul standaarde en dienslewering
wees.
Die staat implementeer ook programme soos GEAR (Strategie vir Groei, Werkverskaffing en
Herverdeling), die HOP (Heropbou- en Ontwikkelingsprogram) en die NOP
(Nywerheidsontwikkelingsprogram) om ekonomiese groei te probeer skep.
Die tegnologiese omgewing
Besigheidseienaars moet bewus wees van watter tegnologiese vooruitgang in hul bedrywe
plaasvind.
Nuwe tegnologie kan jou produksiemetodes verouderd maak.
Besighede moet seker maak dat hulle die kapitaal het om ou toerusting te vervang.
Besighede moet opleiding- en vaardigheidsprogramme gebruik of skep om werkers op die
hoogte van nuwe ontwikkelings te bring.
Die internet is 'n voorbeeld van tegnologiese verandering.
Die politieke omgewing
Suid-Afrika het baie veranderinge sedert 1994 ondergaan.
Baie meer mense het toegang tot onderwys, finansiering en selfverbetering as ooit tevore.
26
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Werk is nie tot spesifieke geslagte of groepe beperk nie.
Die groot aantal ongeskoolde mense in die arbeidsmark is 'n probleem.
Sommige beleide wat 'n uitdaging rig aan besigheidseienaars, soos regstellende aksie,
Swart Ekonomiese Bemagtiging en die belastingimplikasies vir sommige produkte.
Die maatskaplike omgewing
Suid-Afrika moet groot maatskaplike uitdagings die hoof bied. Sommige daarvan is:
MIV/vigs is 'n siekte wat die produktiwiteit van nie net die werknemer nie, maar ook die
besigheidseienaar beïnvloed.
Te veel ongeletterde mense in sommige provinsies belemmer produksie en dienslewering.
Verskeidenheid in leefstyle, maatskaplike waardes, godsdienste, tradisies, kulture en
gewoontes van verbruikers kan tot uitdagings lei.
Ongeskoolde werkers wat opleiding nodig het.
Die institusionele omgewing
Banke, munisipaliteite, vakbonde en staatsdepartemente verteenwoordig almal 'n uitdaging
vir besighede. Mikrolenings is 'n vorm van krediet beskikbaar vir mense en klein besighede
wat normaalweg nie vir krediet by die groter finansiële instellings sou gekwalifiseer het nie.
Vrae aan einde van onderwerp
Veelkeuse
1. Die mikro-omgewing van 'n besigheid bestaan uit:
A. Die maatskappy se missie en oogmerke; die organisasie en hulpbronne.
B. Die maatskappy se missie; die oogmerke en hulpbronne.
C. Die hulpbronne van die besigheid insluitend die klante en organisasie daarvan.
D. Die maatskappy se mark; die hulpbronne en missie daarvan. (2)
2. Multinasionale maatskapppye:
A. Beïnvloed die wêreldwye ekonomie.
B. Is 'n probleem in die ontwikkelde wêreld.
C. Beperk die gevolge van dumping.
D. Is deel van die interne omgewing van 'n besigheid. (2)
3. Invoerbelastings:
A. Verlaag die prys van ingevoerde goedere, wat dit beskikbaarder vir klante maak.
B. Moedig internasionale handel aan.
C. Nie van toepassing in Suid-Afrika nie.
D. Verhoog die prys van ingevoerde goedere, wat die verbruikersvraag daarvoor verlaag. (2)
Waar of Onwaar
4. Suid-Afrika het 'n gemengde markekonomie. (2)
5. 'n Substituutproduk is 'n produk wat gebruik kan word in die plek van 'n ander soortgelyke een.
(2)
6. Herverkopers maak 'n deel uit van die makro-omgewing. (2)
Kort vrae
27
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
7. Daar is baie uitdagings wat 'n besigheidseienaar teenkom. Bespreek 2 uitdagings in die
mikrobesigheidsomgewing en 2 uitdagings in die markomgewing. (8)
8. Lys 4 wette wat besighede beïnvloed. (8)
9. Wat verstaan jy onder die term “teikenmark”? (6)
10. Beskryf twee uitdagings uit elk van die drie omgewings [mikro-, mark- en makro-] wat ondervind
word deur 'n onafhanklike bakkery wat bedryf word as 'n alleenhandelaar sonder enige bande met 'n
supermarkketting. (18)
Opstelvraag
11. Die makro-omgewing bevat uitdagings wat buite die onmiddellike beheer van die besigheid is.
11.1 Verduidelik watter faktore deel uitmaak van die makro-omgewing. (20)
11.2 Bespreek hoekom hierdie faktore buite die beheer van die besigheid is en wat, indien enigiets,
die besigheid kan doen om dit te probeer beïnvloed. (20) (40)
Antwoorde op vrae aan einde van onderwerp
Veelkeuse
1. A. (2)
2. A. (2)
3. D. (2)
Waar of Onwaar
4. Waar. (2)
5. Waar. (2)
6. Onwaar. (2)
Kort vrae
7. Mikro-: Werknemers √√Die doelwitte√√ (visie en missie en besigheidsoogmerke) Die vorm van
eienaarskap √√Die organisasiestruktuur √√ Die bestuursfilosofie en -styl√√ (2 x 2 =4)
Makro-: Die internasionale omgewing√√ Die wetlike en politieke omgewing√√ Die fisiese
omgewing√√Die ekonomiese omgewing√√ Die regeringsomgewing√√ Die tegnologiese
omgewing√√Die politieke omgewing√√ Die maatskaplike omgewing√√ Die institusionele
omgewing√√ (2 x 2 =4)(8)
8.
Die Wet op Arbeidsverhoudinge√√
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes√√
Die Wet op Diensbillkheid√√
Die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid √√
Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling √√ (4 x 2 = 8)(8)
9. Die teikenmark is daardie sektor van verbruikers √√waarop 'n spesifieke artikel of diens gerig is
√√. Dit maak deel van die markomgewing uit. √√ (6)
10. Mikro-: Werknemers √√Die doelwitte√√ (visie en missie en besigheidsoogmerke) Die vorm van
28
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
eienaarskap √√Die organisasiestruktuur √√ Die bestuursfilosofie en -styl√√ (6) + verduideliking
Mark: Klante, √√verskaffers, √√ tussengangers, √√mededingers, √√verbruikersdruk,
√√substituutprodukte. √√ (6) + verduideliking
Makro-: Die internasionale omgewing√√ Die wetlike en politieke omgewing√√ Die fisiese
omgewing√√Die ekonomiese omgewing√√ Die regeringsomgewing√√ Die tegnologiese
omgewing√√Die politieke omgewing√√ Die maatskaplike omgewing√√ Die institusionele
omgewing√√ (6) + verduideliking (18)
Opstelvraag
11.
Daar is baie faktore in die makro-omgewing wat die groei van die besigheid kan beïnvloed. Hierdie
faktore kan nie beheer word nie en is moeilik om te voorspel of vermy. Voorbeelde sluit in:
Die ekonomiese resessie
Regeringsregulasies en -wette
Klimaatsverandering
Die impak van MIV/vigs
Politieke veranderinge
Veranderinge in verbruikers se smaak
Die belangrikste areas van die makro-omgewing wat die besigheid beïnvloed, is:
Die internasionale omgewing√√ Die wetlike en politieke omgewing√√ Die fisiese omgewing√√Die
ekonomiese omgewing√√ Die regeringsomgewing√√ Die tegnologiese omgewing√√Die politieke
omgewing√√ Die maatskaplike omgewing√√ Die institusionele omgewing√√
(+ verduideliking) (36)
Plus 4 vir insig en interpretasie(40)
29
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 3 Aanpassing by uitdagings van die
besigheidsomgewings
Oorsig
Om uitdagings in die besigheidsomgewing die hoof te bied, moet 'n onderneming probeer om
proaktief te wees en uitdagings te voorspel voordat dit 'n werklikheid word. Dit stel die besigheid in
staat om maniere te vind om daaraan aandag te skenk voordat dit in werklikheid probleme word. 'n
Probleem kan buite 'n besigheid se beheer wees, byvoorbeeld oorstromings of 'n brand, en in so 'n
geval moet die besigheid 'n manier bedink om aan te pas.
makro
Verkry en bestuur inligting mark
Strategiese beplanning en optrede
Samesmeltings, verkrygings en alliansies mikro
Organisasie-sontwerp
Direkte invloed interne
Maatskaplike verantwoordelikheid
omgewing
Stemmingmakery
Netwerking
Magsverhoudings
eksterne
omgewing
1 Maniere om uitdagings te identifiseer, te voorspel en daarby aan te
pas
1.1 Inligtingsbestuur
'n Besigheid moet inligting oor sy omgewing insamel ten einde enige veranderinge wat mag
plaasvind, te verstaan. Dit kan soos volg gedoen word:
Verkenning van omgewing
Dit is die proses van meting, projektering en evaluering van verandering in die omgewing.
Bestuurders kan finansiële ontledings in koerante en tydskrifte lees om te sien hoe klante en
mededingers reageer. Verkenning moet deurlopend plaasvind. Data moet op 'n geordende manier
ingesamel en saamgestel word, op 'n daaglikse basis en oor 'n groot verskeidenheid
omgewingsfaktore. Dit stel die besigheid in staat om vinnig op te tree en voordeel te trek uit
geleenthede voordat mededingers dit doen, en om op omgewingsbedreigings te reageer voordat
groot skade aangerig word. Verkenning bepaal die faktore wat 'n bedreiging vir die besigheid mag
wees. Die besigheid moet dalk sy strategie verander om moontlike bedreigings die hoof te bied.
30
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Oorbrugging van grense
Oorbrugging van grense behels die insameling van inligting en die aanbieding daarvan aan die
bestuur van die besigheid, asook die vrystelling van inligting wat die maatskappy se beeld vir klante
sal verander. Byvoorbeeld, 'n maatskappy kan mense huur wat so oud soos hul teikenmarkklante is
ten einde eerstehandse inligting in te samel oor wat hul klante wil hê.
1.2 Bestuursinligtingstelsels (BIS)
'n Doeltreffende bestuursinligtingstelsel sal die besigheid help om inligting in te samel Topvlak
en te orden wat nuttig vir alle bestuurders is. 'n BIS voorsien verslae vir bestuurders
bestuurders
wat op drie vlakke werk.
1. Topvlakbestuurders wat strategiese en langtermynbesluite neem.
Middelvlak-
2. Middelvlakbestuurders wat besluite neem wat takties en op die medium
bestuurders
tot kort termyn gerig is.
3. Laervlakbestuurders wat korttermyn-inligting oor die daaglikse bedryf
van die besigheid nodig het.
laervlakbestuurders
1.3 Interne besigheidsoudits
Interne besigheidsoudits behels ondersoeke na, en evaluerings van, die verskillende
besigheidsfunksies, soos algemene bestuur, produksie en administrasie. 'n Interne besigheidsoudit
sal die sterk punte en swak punte in die mikro-omgewing van die besigheid dentifiseer. 'n
Besigheid moet in staat wees om sy interne sterk punte en swak punte aan te pas by die
geleenthede en bedreigings wat in die omgewing voorkom. 'n SWOT- nalise is ontleding van die
sterk punte en swak punte, geleenthede en bedreigings van 'n besigheid.
SWOT-ANALISE
Nuttig Nadelig
vir die bereiking van vir die bereiking van
die doelwit die doelwit
Interne oorsprong
Sterk punte Swak punte
(kenmerke van die
organisasie)
Eksterne oorsprong
Geleenthede Bedreigings
(kenmerke van die
omgewing)
31
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Strategiese beplanning en bestuur
Die bestuur moet in staat wees om strategieë te ontwikkel waarmee omgewingsverandering die hoof
gebied kan word.
Die bestuur van verandering kan reaktief wees, waar die bestuur reageer op veranderinge in die
omgewing nadat dit plaasgevind het, of dit kan proaktief wees, waar die bestuur verandering
implementeer voordat verandering in die omgewing plaasgevind het.
Die toepassing van strategiese denke om die prestasie van die besigheid te verbeter en op
verandering te reageer, word strategiese bestuur genoem. Dit behels die volgende:
spesifisering van die doelwitte van die besigheid
ontwikkeling van planne om die doelwitte te bereik
toewysing van hulpbronne om hierdie planne te implementeer.
2.1 Strategiese beplanning
Ten einde die uitdagings van die eksterne omgewing die hoof te bied, moet strategiese
beplanning, gevolg deur taktiese beplanning, geïmplementeer word.
Die doel van strategiese beplanning is om die nodige stappe te doen om
omgewingsgeleenthede en -bedreigings doeltreffend te hanteer in soverre hulle verband hou
met die sterk punte en swak punte van die besigheid.
Strategiese beplanning behels dikwels dat voorberei moet word vir onverwagte en vinnige
veranderinge in die eksterne omgewing wat dalk 'n groot impak op die besigheid kan hê. Dit
word ook gebeurlikheidsbeplanning genoem. Dit voorkom paniek en maak ordelike
reaksies op gebeurtenisse in die eksterne omgewing wat die besigheid nie kan beheer nie
moontlik.
Taktiese beplanning volg op strategiese beplanning en behels besluite oor wat om te doen,
wie dit gaan doen, en hoe om dit te doen.
2.2 Strategiese bestuur
Die verskillende vlakke van bestuur word gewoonlik in 'n hiërargie opgestel, van die hoogste tot die
laagste vlakke.
Die topbestuursvlak neem strategiese besluite wat gerig is op die
eksterne probleme van die besigheid (soos die keuse van produkte
en markte).
Die middelbestuursvlak neem taktiese besluite wat gerig is op die strategiese
uitvoering van die strategiese besluite wat deur die topbestuur
besluite
geneem is.
Die laerbestuursvlak neem bedryfsbesluite wat daarop
gerig is om die besigheid so winsgewend moontlik te bedryf. taktiese besluite
bedryfsbesluite
32
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Voorbeelde van reaksies op en aanpassings by uitdagings in die omgewing:
Innovasie
Konsentrasie
Markontwikkeling
Rasionalisasie
Ontdoening
Likwidasie
2.3 Samesmeltings, verkrygings en alliansies
'n Samesmelting vind plaas wanneer twee of meer besighede kombineer om 'n nuwe
besigheid te vorm.
'n Verkryging (oorname) vind plaas wanneer een besigheid 'n ander besigheid koop, soms
teen sy sin (dan word dit 'n vyandige oorname genoem).
'n Alliansie (vennootskap) vind plaas wanneer 'n besigheid 'n onderneming saam met 'n
ander besigheid begin. Hulle het dalk produkte of dienste wat mekaar aanvul of kan dalk van
mekaar se vaardighede gebruik maak.
33
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Organisasie-ontwerp en buigsaamheid
Die bestuurstruktuur van 'n besigheid behoort die omgewingstoestande wat die besigheid ondervind,
te weerspieël. Byvoorbeeld, 'n besigheid wat sake doen in 'n omgewing met relatief lae vlakke van
onsekerheid, kan dalk kies om 'n meganiese organisasie-ontwerp te gebruik.
Kenmerke van 'n meganiese organisasie-ontwerp:
baie reëls en regulasies om doeltreffendheid en beheer te ondersteun
formele kommunikasie
burokratiese hiërargie in groter horisontale strukture
gesentraliseerde gesag.
'n Besigheid wat 'n hoë mate van onsekerheid die hoof moet bied, kan dalk 'n organiese organisasie-
ontwerp kies. Hierdie ontwerp is minder onbuigsaam, ontwikkel met verloop van tyd en is meer
mensgerig.
Kenmerke van 'n organiese organisasie-ontwerp:
minder reëls
informele kommunikasie
samewerking in spanne met platter vertikale strukture
gedesentraliseerde gesag.
34
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4 Direkte invloed op die omgewing
Besighede is in staat om elemente in hul markomgewing direk te beïnvloed op baie verskillende
maniere.
Gebruik langtermynkontrakte met verskaffers wat vasgestelde pryse het en die besigheid
beskerm teen stygende pryse as gevolg van inflasie.
Gebruik vertikale integrasie om sy eie verskaffer te word en skakel sy afhanklikheid van 'n
verskaffer uit. Byvoorbeeld, 'n vrugte-inmaakfabriek kan dalk besluit om sy eie blikkies te
begin vervaardig.
Prysmanipulasie om sy mededingers te beïnvloed. As Makro die prys van hul platskerm-TV-
stelle verlaag, kan alle ander verkopers van TV-stelle dalk geforseer word om dieselfde te
doen.
Beïnvloed sy klantbasis deur nuwe gebruike vir sy produk te skep, klante by sy mededingers
af te rokkel, nuwe klante te vind en klante te oortuig dat hulle die nuwe produk nodig het.
35
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5 Maatskaplike verantwoordelikheid
Maatskaplike verantwoordelikheid verwys na die verpligtings wat 'n besigheid het om die belange
van al sy belanghebbendes te beskerm en te verbeter. Dit sluit in:
verskaffers, werknemers, klante, krediteure, mededingers, handelsverenigings
die natuurlike omgewing – deur geraasbesoedeling, herwinning, afvalbeheer
algemene maatskaplike welsyn – die plaaslike en nasionale gemeenskap.
Maatskaplike verantwoordelikheid is baie belangrik vir die ontwikkeling van ons samelewing omdat
armoede en ongelykheid ernstige kwessies is.
Deur maatskaplike verantwoordelikheid kan 'n besigheid sy besigheidsomgewings beïnvloed en
uitdagings met betrekking tot sosio-ekonomiese kwessies in sy sosiale omgewing aanpak.
Deur werkloosheid te bekamp, help die besigheidsektor om armoede en misdaad te verminder.
Onsuksesvolle projekte met betrekking tot maatskaplike verantwoordelikheid is baie ontmoedigend
vir die benadeelde gemeenskap, maar dit kan ook baie skade aanrig aan die korporatiewe beeld van
die besigheid.
36
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
6 Netwerking, stemmingmakery en magsverhoudings
6.1 Netwerking
Die doel van netwerking is om soveel mense moontlik te bereik, en om elke konneksie te laat tel.
Netwerking is 'n middel wat deur elke besigheid gebruik word wat sy verkope wil verhoog. Dit is
visueel doeltreffend en nie duur nie. Besighede stel dikwels mense wat baie bekend is as gevolg van
hul prestasies in sport of kultuursake in hierdie poste aan.
6.2 Stemmingmakery
Stemmingmakery vind plaas wanneer 'n besigheid probeer om situasies te beïnvloed ten einde te
voldoen aan die bepaalde behoeftes en bedrywighede van die besigheid deur met ander besighede,
organisasies, drukgroepe of regeringstrukture te praat.
Die volgende is voorbeelde daarvan:
verskansing teen inflasie
bedingingsessies tussen die bestuur en vakbonde
beïnvloeding van toesighoudende liggame (inspekteurs).
6.3 Magsverhoudings
Magsverhoudings kom voor in alle verhoudings in die hele samelewing. Wanneer twee besighede
oor 'n transaksie onderhandel, kan die een dalk in 'n sterker posisie as die ander wees.
Voorbeelde van magsverhoudings in besigheid:
Strategiese alliansie-ooreenkomste
Oortuiging van groot beleggers
Maatskappyverteenwoordigers se invloed
Vrae aan einde van onderwerp
Vraag 2: Veelkeuse
Omgewingsverkenning is die proses van:
A. skepping van verandering in die omgewing
B. meting, projektering en evaluering van verandering in die omgewing
C. verkenning van vernietiging van omgewing
D. aflewering en verspreiding van produkte.
Vraag 3: Waar/Onwaar
A. Stemmingmakery vind plaas wanneer 'n besigheid probeer om uitkomste tot sy eie voordeel te
beïnvloed.
B. Taktiese besluite wat deur middelvlakbestuurders geneem word, is onafhanklik van strategiese
besluite wat op topvlak geneem word.
C. 'n Bestuursinligtingstelsel is 'n nuttige middel vir die bestuur.
D. Bedingingsessies tussen die bestuur en vakbonde is 'n voorbeeld van stemmingmakery.
37
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Kort vrae
4. Verduidelik hoe 'n besigheid by netwerking kan baat vind. (6)
5. Waarvoor staan die afkorting SWOT? (8)
6. Verduidelik hoe 'n fabriek wat kaas maak, baat kan vind by 'n samesmelting, 'n oorname en 'n
alliansie. (12)
7. Gee twee kenmerke van 'n organiese organisasie-ontwerp. (2)
8. Gee twee kenmerke van 'n meganiese organisasie-ontwerp. (2)
9. Bespreek die verskille tussen strategiese en taktiese beplanning (8)
10. Wat is die verskil tussen 'n samesmelting en 'n alliansie? (4)
Langer vraag
11.Amanzi is 'n groot besigheid met baie takke en dit koop papierpulp van ander besighede en die
publiek. Die besigheid sorteer die pulp en dan word dit óf herwin vir papierproduksie óf uitgevoer na
Japan. Bespreek drie maniere waarop hierdie besigheid daarby kan baat vind om by sy makro-
omgewing betrokke te raak. (15)
Antwoorde op vrae aan einde van onderwerp
1. A
2. B
3.
A. W
B. O
C. W
D. O
4. Bereik baie mense √√ laat konneksies tel √√ is nie duur nie √√en is doeltreffend.√√ (3 x 2 = 6)
5. Sterk punte, √√, swak punte, √√geleenthede√√ en bedreigings. √√ (4 x 2 = 8)
6. 'n Samesmelting vind plaas wanneer twee maatskappye by mekaar aansluit, dit kan 'n vertikale
integrasie wees om 'n skakel in die ketting te beheer. √√√√ 'n Oorname is 'n gedwonge uitkoop, dit
kan van 'n mededinger wees. √√√√ 'n Alliansie is 'n geval waar twee maatskappye vrywillig
saamwerk, dit kan wees om mekaar se vaardighede te benut. √√√√ (4 x 3 = 12)
7. Minder reëls √ Informele kommunikasie √ Samewerking in spanne met platter vertikale strukture
√ Gedesentraliseerde gesag. √ (2 x 1 = 2)
8. Baie reëls en regulasies om doeltreffendheid en beheer te ondersteun √ Formele kommunikasie √
Burokratiese hiërargie in groter horisontale strukture √ Gesentraliseerde gesag. √ (2 x 1 = 2)
9. Strategiese beplanning behels dat voorberei moet word vir onverwagte en vinnige veranderinge in
die eksterne omgewing wat dalk 'n groot impak op die besigheid kan hê. √√ Dit word ook
gebeurlikheidsbeplanning genoem. √√ Dit voorkom paniek en maak ordelike reaksies op
gebeurtenisse in die eksterne omgewing wat die besigheid nie kan beheer nie moontlik. √√
Taktiese beplanning volg op strategiese beplanning √√ en behels besluite oor wat om te doen, √√
wie dit gaan, √√ en hoe om dit te doen. √√ (4 x 2 = 8)
10. 'n Samesmelting vind plaas wanneer twee of meer besighede kombineer om 'n nuwe besigheid
te vorm. √√
38
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
'n Alliansie (vennootskap) vind plaas wanneer 'n besigheid 'n onderneming saam met 'n ander
besigheid begin. √√ (2 x 2 = 4)
11. Direkte invloed Besighede is in staat om elemente in hul markomgewing direk te beïnvloed op
baie verskillende maniere. √√
Gebruik langtermynkontrakte met verskaffers wat vasgestelde pryse het en die besigheid
beskerm teen stygende pryse as gevolg van inflasie.
Gebruik vertikale integrasie om sy eie verskaffer te word en skakel sy afhanklikheid van 'n
verskaffer uit. Byvoorbeeld, 'n vrugte-inmaakfabriek kan dalk besluit om sy eie blikkies te
begin vervaardig.
Prysmanipulasie om sy mededingers te beïnvloed. As Makro die prys van hul platskerm-TV-
stelle verlaag, kan alle ander verkopers van TV-stelle dalk geforseer word om dieselfde te
doen.
Beïnvloed sy klantbasis deur nuwe gebruike vir sy produk te skep, klante by sy mededingers
af te rokkel, nuwe klante te vind en klante te oortuig dat hulle die nuwe produk nodig het.
(enige 3√√√)
Maatskaplike verantwoordelikheid verwys na die verpligtings wat 'n besigheid het om die belange
van al sy belanghebbendes te beskerm en te verbeter. √ √ Dit sluit in:
verskaffers, werknemers, klante, krediteure, mededingers, handelsverenigings
die natuurlike omgewing – deur geraasbesoedeling, herwinning, afvalbeheer
algemene maatskaplike welsyn – die plaaslike en nasionale gemeenskap.
( enige 3 √√√)
Netwerking, stemmingmakery en magsverhoudings √√ Die doel van netwerking is om soveel mense
moontlik te bereik, en om elke konneksie te laat tel. √Stemmingmakery vind plaas wanneer 'n
besigheid probeer om situasies te beïnvloed ten einde te voldoen aan die bepaalde behoeftes en
bedrywighede van die besigheid deur met ander besighede, organisasies, drukgroepe of
regeringstrukture te praat. √ Magsverhoudings kom voor in alle verhoudings in die hele samelewing.
Wanneer twee besighede oor 'n transaksie onderhandel, kan die een dalk in 'n sterker posisie as die
ander wees. √ (15)
39
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 4 Hedendaagse sosio-ekonomiese kwessies
Oorsig
Hierdie onderwerp handel oor die impak van hedendaagse sosio-ekonomiese kwessies op
besigheidsbedrywighede en produktiwiteit,
en bespreek moontlike oplossings en bydraes om sosio-ekonomiese kwessies aan te pak.
Hedendaagse kwessies
Maatskaplike kwessies Ekonomiese kwessies Gebruik natuurlike
hulpbronne
Hoë geboortesyfer Inkomste-ongelykheid
Armoede Inflasie Gebrek aan hulpbronne
MIV/vigs Stakings en sloerstakings Misbruik van hulpbronne
Werkloosheid Uitputting van
Gebrek aan opleiding en hulpbronne
vaardighede Dumping
Misdaad Beurtkrag
Etiese wangedrag
1 Impak van hedendaagse sosio-ekonomiese kwessies op
besigheidsbedrywighede en produktiwiteit
Sosio-ekonomiese kwessies soos armoede, MIV/vigs, werkloosheid en misdaad beïnvloed miljoene
mense in Suid-Afrika. Op sy beurt beïnvloed dit ook die ekonomie, besighede en produksievlakke.
1.1 Inkomste
In Suid-Afrika stel die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBD), Wet no. 75 van 1997,
minimumlone na gelang van die bedrywe vas. Daar is groot inkomste-ongelykhede in Suid-Afrika,
wat lei tot 'n groot gaping tussen die rykes en die armes.
40
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.2 Inflasie
Verbruikersinflasie is die koers waarteen die algemene prysvlak van goedere en dienste
styg.
Dit word gemeet deur die Verbruikersprysindeks (VPI). Byvoorbeeld, die verbruikersinflasie
vir Augustus 2011 was 5,3%.
As werkers hoër lone eis om stygende pryse die hoof te bied, dan is besigheidseienaars
verplig om hul inkomsteverlies te verhaal deur die pryse van hul proodukte te verhoog.
Dit, tesame met die stygende brandstofprys, het 'n negatiewe siklus tot gevolg, wat tot 'n
daling in die koopkrag van die verbruiker lei.
41
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Maatskaplike kwessies
2.1 Hoë geboortesyfer
'n Hoë geboortesyfer sal 'n hoë bevolkingsgroei veroorsaak. Dit beteken dat daar meer mense gaan
wees wat werk soek, en sodoende sal die werkloosheidsyfer nog hoër styg.
2.2 Armoede
Gebrek aan toegang tot gesondheidsorg, skuiling en onderwys maak 'n belangrike deel van
armoede uit. Meer as 40% van Suid-Afrikaners is arm, maar sedert 1994 het miljoene mense
toegang tot drinkwater gekry, en duisende goedkoop huise is in aanbou. Daar is nou gratis
onderwys en gratis mediese sorg vir swanger vroue en kinders onder ses jaar. Om uit die
armoedestrik te kom, moet aan die volgende basiese behoeftes voldoen word:
Voldoende kos
Onderwys
Skoon water en sanitasie
Basiese gesondheidsorg
Voldoende behuising
Armoede het 'n baie negatiewe uitwerking op 'n volk omdat dit kan lei tot: misdaad, siektes, ellende
en hopeloosheid.
2.3 MIV/vigs
MIV/vigs het 'n enorme impak op die samelewing as gevolg van lae produktiwiteit, hoër koste,
heropleiding van nuwe werknemers, ens. Dit het 'n negatiewe uitwerking op die ekonomie in die
geheel.
Daar is wette en regulasies met betrekking tot werkers wat met MIV/vigs geïnfekteer is in die
werkplek. MIV-positiewe werkers het dieselfde regte as ander werkers en is geregtig op dieselfde
opleiding, ontwikkeling en bevorderingsgeleenthede as enigiemand anders.
2.4 Werkloosheid
Werkloosheid beteken daardie mense wat ekonomies aktief is en wat gewillig en in staat is om te
werk, maar nie werk kan kry nie. Suid-Afrika het 'n baie hoë werkloosheidsvlak; die
werkloosheidsyfer vir Suid-Afrika in 2010 was 23%. Dit is as gevolg van:
Sikliese werkloosheid – Ekonomiese siklusse soos 'n resessie dwing besighede om van hul
werkers uit diens te stel.
Seisoenswerkloosheid – Soms kan 'n werk net in 'n bepaalde seisoen gedoen word en
daarna is die werk nie meer beskikbaar nie. Voorbeelde is gewasse wat geoes word en
druiwe plukkery.
Strukturele werkloosheid – Soms is dit nodig om die werkplek te herstruktureer as gevolg
van nuwe tegnologie. Ou poste raak oorbodig en die werkers moet óf heropgelei word óf
word uit diens gestel .
42
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Wrywingswerkloosheid – Daar is altyd verandering van werk as gevolg van nuwe
betrekkings wat op 'n ander plek beskikbaar raak, wat wrywingswerkloosheid veroorsaak.
2.5 Gebrek aan opleiding en vaardighede
Een van die gevolge van apartheid was dat baie mense nie goeie onderwys of vaardigheidsopleiding
gekry het nie. Dit beteken dat die middeljaregroep van ons bevolking 'n gebrek aan opleiding en
vaardighede het.
2.6 Misdaad
Misdaad is dikwels 'n direkte gevolg van sosio-ekonomiese kwessies soos werkloosheid,
armoede, MIV/vigs, dwelm- en alkoholmisbruik.
Die onvermoë van die regering en die regstelsel om misdaad te bekamp, het 'n negatiewe
invloed op die mense van Suid-Afrika gehad.
Buitelanders is huiwerig om te belê in 'n land met hoë misdaadsyfers.
Misdaad skrik toeriste af en lei daartoe dat geskoolde werkers emigreer en hulle in veiliger
lande gaan vestig.
2.7 Witboordjiemisdaad
Rowery is die ongemagtigde kopiëring van video’s, DVD's, rolprente, rekenaarspeletjies en musiek.
As gevolg van rowery verloor besighede geld deur verkope wat verlore gaan; die personeel kan hul
werk verloor as die wins laag is omdat verkope daal, en uitvoerende kunstenaars, musici,
vermaaklikheidskunstenaars, skrywers, ens. word nie vir hul dienste of intellektuele eiendom
vergoed nie.
Intellektuele eiendom kan beskerm word deur:
Kopiereg, wat die wet is wat 'n persoon se intellektuele eiendom beskerm sodat ander
mense dit nie as hul eie kan gebruik nie.
Patent, wat 'n geregistreerde eksklusiewe reg van 'n uitvinder is om 'n uitvinding te
vervaardig, gebruik of verkoop.
Handelsmerk, wat enige, simbool, frase, ontwerp, klank, reuk, kleur, produksamestelling of
kombinasies daarvan is. Dit sluit 'n handelsmerknaam, 'n slagspreuk of 'n logo in.
2.8 Ekonomiese misdaad
Dit kan in die vorm wees van korrupsie, belastingontduiking, kredietkaartbedrog,
smokkelhandel, wanbestuur van fondse en openbare bedrog.
Ekonomiese misdaad het die potensiaal om die finansies en die beeld van 'n besigheid te
vernietig.
Ekonomiese misdaad kan deur besighede voorkom of beheer word deur interne
beheermaatreëls en -prosedures in te stel.
43
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Akkurate rekords en oorspronklike dokumentasie van alle transaksies, asook die nodige
magtiging (handtekeninge) van die bestuur wanneer betalings gedoen word.
2.9 Etiese wangedrag
Etiese wangedrag is die tipe gedrag wat, volgens die organisasie se Etiese Kode, nie aanvaarbaar is
nie. Die volgende beskrywings is voorbeelde van etiese wangedrag wat in die besigheid kan
plaasvind:
Seksuele teistering
Korrupsie
Wanbestuur van fondse
Korrupsie en wanbestuur van fondse is vorme van ekonomiese misdaad en kan in sekere mate
voorkom word deur interne beheermaatreëls in te stel.
44
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Natuurlike hulpbronne
3.1 Onbeskikbaarheid van natuurlike hulpbronne
Natuurlike hulpbronne is hulpbronne wat uit die Aarde ontgin word in die primêre sektor van
die ekonomie om in besigheidsbedrywighede gebruik te word.
Suid-Afrika word as 'n dor land beskou. Dit beteken dat ons minder as die gemiddelde
reënval kry en oeste kan misluk.
Landbouproduktiwiteit in Suid-Afrika is baie laag omdat nie al die landbougrond doeltreffend
gebruik word nie as gevolg van 'n tekort aan vaardighede, geld en toerusting.
3.2 Ondoeltreffendheid in die gebruik van hulpbronne
Baie besighede in die sekondêre en tersiêre sektore het hulpbronne, maar weet nie hoe om
dit te gebruik nie.
Werkers moet opgelei word sodat hulle die vaardigheid ontwikkel om met die hulpbronne te
werk. 'n Voorbeeld is dat nie alle werknemers wat met 'n rekenaar in die werkplek moet
werk, rekenaargeletterd is nie.
3.3 Dumping
Dumping beteken dat goedere Suid-Afrika uit ander lande binnekom teen 'n prys wat
goedkoper is as die normale waarde van die goedere.
Dumping vernietig die vermoë van plaaslike besighede om in 'n baie mededingende wêreld
sukses te behaal.
As buitelandse maatskappye toegelaat word om hul goed in Suid-Afrika te dump, sal die
plaaslike klein maatskappye wins verloor.
Dumping kom algemeen in die landbou voor. In die landbousektor kry boere in sommige
lande subsidies van hul regering.
3.4 Uitputting van natuurlike hulpbronne
As ons natuurlike hulpbronne uitgeput is, sal besighede nie kan produseer wat nodig is nie.
Oormatige verbruik lei tot die uitputting van hulpbronne. 'n Voorbeeld is die beskikbaarheid
van steenkool wat gebruik word om elektrisiteit op te wek en brandstof te vervaardig.
3.4 Beurtkrag
Dit lei tot verdonkering en kragonderbrekings. Beurtkrag affekteer besigheid negatief omdat baie
produksie-ure verlore gaan as gevolg van die tekort aan elektrisiteit.
45
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4 Stakings en sloerstakings
Stakings affekteer die produktiwiteit van 'n besigheid.
Terwyl 'n staking aan die gang is, vind geen produksie plaas nie of dit kan in 'n baie stadige
tempo plaasvind as gevolg van die beperkte beskikbaarheid van arbeid.
Stakings en uitsluiting is 'n belangrike bedingingsmiddel in arbeidsgeskille en kollektiewe
bedinging.
4.1 Die Wet op Arbeidsverhoudinge
Die oogmerk van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), Wet no. 66 van 1995, is om
ekonomiese ontwikkeling, maatskaplike geregtigheid en demokrasie in die werkplek te
bevorder.
Die WAV erken vakbonde en werkers se regte.
Die WAV reguleer al die partye in die arbeidsverhouding en voorsien riglyne vir die
beslegting van geskille.
Die KVBA help partye om hul geskille te besleg deur bemiddeling en versoening.
Die Arbeidshof is 'n afsonderlike hof wat alle arbeidsgeskille moet besleg.
4.2 Die funksies van vakbonde
'n Vakbond is 'n arbeidsorganisasie wat werkers verteenwoordig.
• Tref ooreenkomste deur middel van kollektiewe bedinging wat betaling, veiligheid en
werkstoestande betref.
• Adviseer werkgewers oor hul beleide en praktyke met betrekking tot menslike hulpbronne.
• Formuleer en verteenwoordig werkers se regte en beïnvloed die opstel van wette en beleide
wat lede bevoordeel.
• Bevorder groter deelname van werkers aan bestuursbesluite wat hulle raak.
• Organiseer stakings en ander nywerheidsaksie om die eise van werkers te versterk.
• Verteenwoordig werkers in geskille met en griewe teenoor hul werkgewers.
• Verseker die welsyn en opvoeding van lede oor kwessies soos MIV/vigs, finansiële beplanning
en maatskaplike voordele.
5 Ander sosio-ekonomiese kwessies sluit in:
Dobbelary
Moorde
Verkeersterftes
Misbruik van dwelms en alkohol
Vrae aan einde van onderwerp
Veelkeuse
1.Intellektuele eiendom kan beskerm word deur:
A. Kopiereg, handelsmerk en patent
B. Kopiereg, handelsmerk en gebruik
C. Patentregistrasie
D. Dit kan nooit beskerm word nie as gevolg van rowery.
46
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2. Sikliese werkloosheid kom voor omdat:
A. Ekonomiese siklusse soos 'n resessie kan besighede dwing om van hul werkers uit diens te stel.
B. Sekere werk kan net in 'n bepaalde seisoen gedoen word en daarna is die werk nie meer
beskikbaar nie.
C. Soms is dit nodig om die werkplek te herstruktureer as gevolg van nuwe tegnologie.
D. Daar is altyd verandering van werk as gevolg van nuwe betrekkings wat beskikbaar raak.
Kort vrae
3. Noem die positiewe redes vir kollektiewe bedinging. (6)
4. Wat is die gevolge van armoede as 'n sosio-ekonomiese kwessie? (6)
5. Omskryf die makrobesigheidsomgewing. (4)
6. Wat word bedoel met die term "inflasie" en hoe word dit gemeet? (4)
7. Gee EEN woord of term vir die volgende definisies:
7.1 Kwessies soos 'n hoë geboortesyfer, armoede, MIV/vigs, werkloosheid, en 'n gebrek aan
opleiding en vaardighede. (2)
7.2 'n Tipe misdaad wat deur 'n persoon met 'n hoë status gepleeg word deur die besigheid se
fondse te gebruik. (2)
8. Verduidelik die volgende konsepte in jou eie woorde:
a) ekonomiese misdaad (2) b) etiese wangedrag (2) c) dumping (2) d) rowery (2) e) vakbond (2)
(8)
Langer vrae
9. Lys en verduidelik kortliks vyf funksies van 'n vakbond. (10)
10. Bespreek misdaad krities as 'n gevolg van siekte, armoede en werkloosheid. (12)
Antwoorde op vrae aan einde van onderwerp
1. A
2. A
3. Voorkom stakings, √√ stel werkers in staat om as 'n eenheid saam te span, √√ tref eenvormige
ooreenkomste oor 'n hele nywerheidsektor. √√ (6)
4. Gebrek aan onderwys, √√ swak gesondheid, √√misdaad, √√ werkloosheid √√ (3 x 2 = 6)
5. Die eksterne omgewing √√ waaroor die besigheid min beheer het. √√ (4)
6. Inflasie is 'n algemene en volgehoue styging in pryse √√ en dit word deur die
verbruikersprysindeks gemeet. √√ (4)
7.1 Sosio-ekonomiese problem (2)
7.2 Witboordjiemisdaad (2)
8.
a. Dit kan in die vorm van korrupsie, belastingontduiking, kredietkaartbedrog, smokkelhandel in
goedere, wanbestuur van fondse en openbare bedrog wees. (2)
b. Eteise wangedrag is die tipe gedrag wat, volgens die organisasie se Etiese Kode, nie
aanvaarbaar is nie, soos seksuele teistering, rassediskriminasie. (2)
c. Dumping beteken dat goedere uit een land 'n ander land binnekom teen 'n goedkoper prys.
(2)
d. Rowery is die ongemagtigde kopiëring van video’s, DVD's, rolprente, rekenaarspeletjies en
musiek. (2)
e. 'n Vakbond is 'n arbeidsorganisasie wat werkers verteenwoordig. (2)
9.
Tref ooreenkomste deur middel van kollektiewe bedinging wat betaling, veiligheid en
werkstoestande betref.
47
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Adviseer werkgewers oor hul beleide en praktyke met betrekking tot menslike hulpbronne.
Formuleer en verteenwoordig werkers se regte en beïnvloed die opstel van wette en beleide wat
lede bevoordeel.
Bevorder groter deelname van werkers aan bestuursbesluite wat hulle raak.
Organiseer stakings en ander nywerheidsaksie om die eise van werkers te versterk.
Verteenwoordig werkers in geskille met en griewe teen hul werkgewers.
Verseker die welsyn en opvoeding van lede oor kwessies soos MIV/vigs, finansiële beplanning en
maatskaplike voordele.
(5 x 2 = 10)
10.
Misdaad is dikwels 'n direkte gevolg van sosio-ekonomiese kwessies. Voorbeelde is werkloosheid,
armoede, MIV/vigs, dwelm- en alkoholmisbruik.
Die onvermoë van die regering en die regstelsel om misdaad te bekamp, het 'n negatiewe invloed op
die mense van Suid-Afrika gehad.
Buitelanders is huiwerig om te belê in 'n land met hoë misdaadsyfers.
Misdaad skrik toeriste af.
Dit lei daartoe dat geskoolde werkers emigreer en hulle in veiliger lande gaan vestig. (6 x 2 = 12)
48
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 5 Besigheidsektore
Oorsig
In Graad 10 het jy geleer dat die ekonomie in drie sektore verdeel is, die primêre, sekondêre en
tersiêre sektore. Hierdie onderwerp identifiseer en ondersoek die komplekse skakels en uitdagings
tussen ondernemings in die primêre, sekondêre en tersiêre sektore.
Ondernemings in die primêre sektor
Vertikale integrasie
ontginning van grondstowwe en
bewerking
Besighede in verskillende sektore van die
ekonomie word gekombineer
Ondernemings in die sekondêre sektor
omskepping van insette in uitsette - Horisontale integrasie
verwerking en vervaardiging
Besighede in dieselfde sektor van die
ekonomie word gekombineer of verkry
Ondernemings in die tersiêre sektor
verseker goedere en dienste bereik
die verbruiker
1 Die primêre sektor
Bedrywe in die primêre sektor is dié wat direk betrokke is by die ontginning of verwerking van
natuurlike hulpbronne uit die aarde of die see. Dit sluit in:
Mynbou
Vissery
Bosbou
Veeteelt (boerdery met diere)
Landbou
Die goedere of grondstowwe wat in die primêre sektor ontgin, bewerk of geoes word, word
beskikbaar gestel aan die sekondêre sektor vir verwerking of omskepping.
49
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Natuurlike hulpbronne wat vervang of weer gekweek kan word, is hernubaar, byvoorbeeld gewasse,
denneplantasies en veeboerdery. Natuurlike hulpbronne wat nie vervang kan word nadat dit gebruik
is nie, is niehernubaar, byvoorbeeld steenkool, olie en veen.
50
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Die sekondêre sektor
Bedrywe in die sekondêre sektor is dié wat betrokke is by vervaardiging, verwerking of konstruksie
met behulp van grondstowwe wat deur die primêre sektor verkry is. Dit omskep produkte in 'n
bruikbaarder vorm, met behulp van insette uit die primêre sektor wat dan tot uitsette verwerk word –
halfafgewerkte en afgewerkte goedere. Dit sluit in vervaardigde produkte soos kos, klere en motors,
die bou van huise, paaie en damme, asook die produksie van dienste soos elektrisiteit uit steenkool.
Dumping vind plaas wanneer 'n land sy ongewenste, oortollige of verouderde produkte na 'n ander
land uitvoer. Dikwels word dit te koop aangebied teen 'n prys wat laer is as die plaaslike produkte,
wat 'n bedreiging is vir plaaslike produsente wat dalk hul besigheid sal moet sluit.
51
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Die tersiêre sektor
Ondernemings in die tersiêre sektor fasiliteer die vloei van goedere en dienste vanaf die primêre en
sekondêre ondernemings, en verseker dat die produkte of dienste die verbruiker bereik. Hierdie
ondernemings sluit die volgende in:
Groothandel
Kleinhandel
Motorhandel
Spyseniering
Akkommodasie
Vervoer
Kommunikasie
Finansies
Versekering
Eiendom
Persoonlike dienste (bv. dokters)
Gemeenskapsdienste
Regeringsdienste
Skoonmaakdienste
Ons kan die tersiêre sektor in die volgende sektore onderverdeel:
Groothandel en kleinhandel
Spyseniering en akkommodasie
Vervoer, berging en kommunikasie
Finansiële en besigheidsdienste
Gemeenskaps- en maatskaplike dienste
Algemene regeringsdienste
52
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4 Die besigheidskolom
Produkte of dienste beweeg deur die verskillende sektore in 'n reeks stadiums voordat dit die
eindverbruiker bereik. Dikwels is baie verskillende bedrywe betrokke by die vervaardiging van een
produk.
'n Elementêre besigheidskolom
Kweking van katoen (primêr)
Vervaardiging van katoenlap (sekondêr)
T-hemp-fabriek (sekondêr)
T-hemp-kleinhandelaar (tersiêr)
Eindverbruiker
53
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5 Skakels en uitdagings
Ons weet dat alle besighede te staan kom voor uitdagings in hul omgewings.
Besighede kan hul skakels in die verskillende sektore gebruik om strategieë in reaksie op uitdagings
uit te dink.
Skakel met verskaffers om 'n inset of 'n mededingender prys te verkry.
Kry beter verskaffers ten einde die gehalte van die produk te verbeter.
Eksterne differensiasie vind plaas wanneer een stap in die produksie oorgedra word na 'n
afsonderlike besigheid. Byvoorbeeld, 'n vervaardiger kan dalk 'n ander besigheid vra om die
logo’s op die T-hemde te druk. Dit is 'n voorbeeld van uitkontraktering.
Vertikale integrasie verkort die besigheidskolom. Dit vind plaas wanneer twee of meer
opeenvolgende prosesse in dieselfde besigheid gekombineer word. Byvoorbeeld, 'n vrugte-
inmaakfabriek koop 'n vrugteplaas.
Voorwaartse integrasie vind plaas as die vrugteplaas die inmaakfabriek koop.
Terugwaartse integrasie vind plaas as die inmaakfabriek die vrugteplaas koop.
Horisontale integrasie vind plaas wanneer twee soortgelyke ondernemings kombineer, of die
een die ander koop, ten einde hulpbronne saam te voeg of mededinging te verminder,
byvoorbeeld Shoprite en Checkers.
'n Voorbeeld van vertikale integrasie
Suiwelplaas Melkery Kaasfabriek Verkooppunt
Vrae aan einde van onderwerp
Kort vrae
1. Gee 'n voorbeeld van voorwaartse integrasie. (2)
2. Gee 'n voorbeeld van terugwaartse integrasie. (2)
3. Lys vier onderverdelings van die tersiêre sektor. (8)
4. Lys twee bedrywe in die primêre sektor. (4)
5. Gee 'n voorbeeld van hoe die natuurlike hulpbron yster dalk in die sekondêre sektor gebruik kan
word. (2)
6. Stel 'n basiese besigheidskolom op vir 'n leerhandsak wat by 'n modewinkel verkoop word.
(10)
7. Gevallestudie
Solly en Rajah besit 'n vrugte-inmaakfabriek wat “Fresher Fruit” genoem word. Hulle kry hul vrugte
by twee boere wat ingestem het om aan hulle vrugte te verskaf. Hulle hoop om hul ingemaakte
vrugte aan Pick n Pay en Checkers te verkoop. Hulle het Speedy Vans gevra om te kwoteer vir die
verspreiding van hul produkte aan al die provinsies. Solly en Rajah bank by FNB en het hul
besigheid by Old Mutual verseker. Hul advertensiemateriaal is deur Speedy Print (Edms.) Bpk.
geskep.
Vul die volgende tabel in om te toon hoe al die sektore en omgewings onderling met Fresher Fruit
verbind is. (18)
Sektore Primêre Sektor Sekondêre Sektor Tersiêre Sektor
Omgewings
Mikro-
54
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Mark-
Makro-
Antwoorde op vrae aan einde van onderwerp
1. 'n Fabriek koop 'n verkooppunt vir sy goedere. (2)
2. 'n Produsent van bevrore groente koop 'n plaas om voorraad te verseker. (2)
3.
Groothandel en kleinhandel
Spyseniering en akkommodasie
Vervoer, berging en kommunikasie
Finansiële en besigheidsdienste
Gemeenskaps- en maatskaplike dienste
Algemene regeringsdienste (4 x 2 = 8)
4. Mynbou, veeteelt, vissery, landbou, bosbou (enige 2 x 2= 4)
5. Vervaardig staal om in blikkies, motors, ens. te gebruik (2)
6. Veetelery (primêr)
Leerlooiery - verwerking van leer (sekondêr)
Handsakfabriek (sekondêr)
Leergoederewinkel (tersiêr)
Eindverbruiker (10)
7.
Sektore Primêre Sektor Sekondêre Sektor Tersiêre Sektor
Omgewings
Mikro- Doeltreffendheid van Fresher Fruit- Kontantvloei om
boere werknemers rekeninge te betaal
Produksieprosesse
Mark- Boere Beskikbaarheid van Pick n Pay
vrugte Checkers
Speedy Vans
Old Mutual
Speedy Print
Makro- Weer of gewassiektes Arbeidswette Wette oor rentekoerse
(9 x 2 = 18)
55
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 6 Voordele van 'n maatskappy bo ander vorme van
eienaarskap
Oorsig
Hierdie onderwerp handel oor:
die voordele en uitdagings van die stigting van 'n maatskappy teenoor ander vorme van
eienaarskap
die stigting van maatskappye.
Maatskappye met
winsoogmerk
Alleenhandelaar/-eienaar
Maatskappye in staatsbesit
Openbare maaatskappye
Verskillende vorme
Privaat maatskappye van eienaarskap
Maatskappye met
persoonlike Vennootskap
aanspreeklkheid Geïnk.
Maatskappye sonder winsoogmerk
(MSW)
Beslote Korporasie
Koöperasie
1 Kenmerke van die verskillende vorme van eienaarskap
1.1 Alleeneienaar
Dit is 'n besigheid wat deur een persoon besit word.
'n Alleeneienaar is iemand 'n wat 'n besigheid besit wat geen ander eienaars het nie. Hy/sy voorsien
al die kapitaal of leen dit by iemand anders. Gewoonlik bestuur hy/sy dit alleen en/of met die hulp
van werknemers Die alleeneienaar dra al die verantwoordelikheid en kry al die wins.
56
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
KENMERKE VAN 'N ALLEENEIENAAR
Net 1 persoon besit die besigheid.
As die eienaar doodgaan of aftree, bestaan hierdie besigheid nie meer nie. Daar is 'n gebrek
aan kontinuïteit.
Die eienaar is verantwoordelik vir al die skuld van die besigheid, indien dit bankrot raak. Dit
beteken dat hy/sy onbeperkte aanspreeklikheid het.
'n Alleeneienaar is gewoonlik 'n persoon wat sakevernuf het.
Alleeneienaars het 'n noue verhouding met hul klante.
Die besigheid en die eienaar is nie afsonderlik van mekaar nie – hierdie besigheid is nie 'n
regsentiteit (regspersoonlikheid) nie.
Dit is 'n maklike en ongekompliseerde manier om 'n besigheid te stig.
VORMING VAN 'N ALLEENEIENAAR
Daar is geen wetlike vereistes wanneer 'n alleeneienaar gevorm word nie. Die persoon moet egter
seker maak dat hy/sy voldoen aan enige vereistes wat die plaaslike owerheid stel – 'n lisensie mag
nodig wees.
Voordele
Maklik om te stig
Geen spesiale formaliteite nie
Geen koste betrokke nie
Nadele
Onbeperkte aanspreeklikheid
Geen kontinuïteit as die eienaar doodgaan
Beperkte hulpbronne
Moeilik om uit te brei
1.2. Vennootskappe
'n Vennootskap is die vorm waar tussen 2 en 20 eienaars hul vaardighede, ondervinding, arbeid,
goedere, kennis en kapitaal bydra om wins te maak en te deel. Die optrede van elke vennoot
beïnvloed die besigheid in die geheel en al die vennote is verantwoordelik vir die vennootskap en
mekaar.
KENMERKE VAN 'N VENNOOTSKAP
'n Vennootskap bestaan uit tussen 2 en 20 vennote (eienaars).
As een van die vennote bedank of doodgaan, bestaan die vennootskap nie meer nie.
57
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Al die vennote is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik. Dit beteken dat elke vennoot as
indvidue en as vennootskap aanspreeklik is vir enige skuld van die besigheid. Dit beteken
ook dat hulle onbeperkte aanspreeklikheid het.
'n Vennoot is 'n agent van die besigheid en tree namens die ander vennote op wanneer sake
gedoen word.
Dit kan mondeling of skriftelik gestig word.
'n Vennootskap kan vir 'n eenmalige gebeurtenis of vir 'n langer tydperk gestig word.
Dit is nie 'n regspersoonlikheid nie. Die vennote en die vennootskap is nie afsonderlik van
mekaar nie.
STIGTING VAN 'N VENNOOTSKAP
Vennootskappe word mondeling of skriftelik gestig. Die skriftelike kontrak word deur 'n prokureur
opgestel en word die Vennootskapsooreenkoms genoem.
DIE VENNOOTSKAPSOOREENKOMS SLUIT DIE VOLGENDE IN:
Die naam van die vennootskap
Die name van die vennote
Die pligte van elke vennoot
Die oogmerk en aard van die vennootskap
Die bydrae van elke vennoot
Hoe die winste gedeel sal word of hoe die verliese verdeel sal word
Hoe geskille (meningsverskille) besleg gaan word
Salarisse wat aan vennote betaal word
Hoe verlof toegeken word
Enige versekering
Enige onttrekkings toegelaat
Hoe rente betaal gaan word
Voordele
Groter finansiële vermoë
Vryheid en buigsaamheid wat besluitneming betref
Kombineer spesiale vaardighede
Nadele
Kan maklik ontbind word en onstabiel wees
Onbeperkte aanspreeklikheid
Kan moeilik wees om groot bedrae geld te bekom
58
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.3 Beslote korporasies
'n Beslote korporasie is 'n eenvoudige, goedkoop manier om 'n regspersoonlikheid te vorm.
KENMERKE VAN 'N BESLOTE KORPORASIE
Die lede van 'n beslote korporasie kan van 1 tot 10 wees.
Die naam moet op BK eindig.
Dit is afsonderlik van sy lede (eienaars). Dit beteken dat hierdie besigheid 'n regsentiteit is.
'n Beslote korporasie het onbeperkte kontinuïteit. 'n Verandering in lede beïnvloed nie die
kontinuïteit van die besigheid nie.
Die lede is nie aanspreeklik vir die skuld van die besigheid nie. Hulle het beperkte
aanspreeklikheid.
'n Dokument wat die Stigtingsverklaring genoem word, word opgestel om 'n BK te vorm.
Eienaarskap word uitgedruk as 'n persentasie (%) belang in die besigheid. Die totale %
belang van al die lede van die BK moet gelyk wees aan 100%. Byvoorbeeld, as 4 lede 'n
gelyke % belang in die beslote korporasie het, dan sal elkeen 'n 25 % eienaarskap hê.
VORMING VAN 'N BESLOTE KORPORASIE
'n Stigtingsverklaring word gebruik om 'n beslote korporasie te vorm. Hierdie dokument is 'n
skriftelike ooreenkoms. Dit moet by die Registrateur van Beslote Korporasies geregistreer word.
INHOUD VAN DIE STIGTINGSVERKLARING
Die naam van die besigheid
Die oogmerke van die besigheid
Die adres van die geregistreerde kantoor
Die naam, identiteitsnommer en adres van elke lid
Die bydrae van elke lid
Die grootte van belang, uitgedruk as 'n persentasie, van elke lid
Besonderhede van die rekenpligtige amptenaar en sy/haar toestemming om as
rekenpligtige amptenaar op te tree
Voordele
Regsentiteit
Vereis nie geouditeerde finansiële state nie
Alle lede mag deelneem aan die bestuur
Beperkte aanspreeklikheid
Maklik om te registreer en te begin
Nadele
Net 10 lede toegelaat
Lede is gebonde aan mekaar se optrede
Moet 'n rekenpligtige amptenaar hê
Belas asof dit 'n maatskappy is
59
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Voordele en uitdagings van die stigting van 'n maatskappy teenoor
ander vorme van eienaarskap
2.1 Voordele
Meer eienaars beteken dat daar 'n moontlikheid van meer kapitaal is.
Meer kapitaal beteken dat daar 'n groter moontlikheid van uitbreiding en groei is.
Aandeelhouers wys 'n direksie aan wat doeltreffender bestuur bied.
'n Afsonderlike regsentiteit.
Kontinuïteit van voortbestaan.
Wins op maatskappybelasting word teen 'n vasgestelde koers betaal.
2.2 Uitdagings
Duur en gekompliseerde stigtingsprosedures.
Baie wetlike vereistes waaraan voldoen moet word.
As die direkteure nie bekwaam is nie, kan die aandeelhouers se beleggings in gevaar wees.
60
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Stigting van maatskappye
3.1 Registrasie
Die Akte van Oprigting moet opgestel word.
Dit moet saam met die Kennisgewing van Inkorporasie by die Kommissie vir Maatskappye en
Intellektuele Eiendom ingedien word.
Die ses stappe by die stigting van 'n maatskappy
Die maatskappynaam word gereserveer en die gelde word betaal aan die Registrateur van
Kommissie vir Intellektuele Eiendom.
Die sertifikaat om die besigheid te begin, word voorgelê tesame met die
stigtingsdokumentasie.
Die maatskappy open 'n bankrekening.
Die maatskappy registreer vir inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde (BTW)
en werknemersweerhoubelasting by die kantoor van die plaaslike Ontvanger van Inkomste.
Die maatskappy registreer vir werkloosheidsversekering (WVF) by die Departement of
Arbeid.
Die maatskappy registreer by die kommissaris vir die Wet op Vergoeding vir
Beroepsbeserings en -Siektes (WVBS).
3.2 Die maatskappy-oktrooi – die Akte van Oprigting en Statute
Die AKTE VAN OPRIGTING omskryf die omvang van 'n maatskappy en sluit die volgende in:
Maatskappy se naam
Adres van die geregistreerde kantoor
Verklaring oor die beperkte aanspreeklikheid van die aandeelhouers
Die aandelekapitaalbedrag
Die doel van die maatskappy
Die STATUTE dui die interne bestuursregulasies aan en sluit die volgende in:
Name van die direkteure en hul rolle
Die manier waarop wins versprei sal word
Die interne reëls vir die bedryf van die maatskappy
Vergaderings
Stemreg van aandeelhouers
61
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
6.3.3 Die Prospektus
'n Prospektus is 'n skriftelike uitnodiging, wat aan die publiek uitgereik word om aandele/sekuriteite
in ruil vir geld aan te bied.
'n Prospektus moet die publiek oortuig dat hulle aandele in die maatskappy moet koop. Dit noem:
die doel van die aanbod
die aandelekapitaal
die aandele wat uitgereik word
eiendom wat besit word
voorlopige uitgawes
bedrae verskuldig aan die promotors
besonderhede van aandele
die minimum inskrywing*
naam van die maatskappy – oprigting en begin van die maatskappy
Lede van die publiek kry 60 dae om op die uitnodiging te reageer.
* Die minimum inskrywing
Voordat 'n openbare maatskappy kan begin, moet die maatskappy bewys dat genoeg aandele
uitgereik is om die koste van die bekendstelling van die maatskapppy en enige ander
aanvangskoste wat aangegaan is, te dek. Dit word die minimum inskrywing genoem en die aandele
moet binne 60 dae nadat die prospektus uitgereik is, verkoop word, anders mag die openbare
maatskappy nie begin sake doen nie.
3.4 Onderskrywing
Om te verseker dat aan die minimimum inskrywing voldoen word, kan 'n bank of ander finansiële
instelling waarborg dat hulle enige aandele wat nog nie verkoop is nie, sal koop om die minimum
kapitaalvereistes aan te vul.
Dit verseker dat –
die minimum inskrywing verkoop sal word
die besigheid as 'n openbare maatskappy kan begin sake doen.
62
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4 'n Privaat maatskappy
4.1 Kenmerke van 'n privaat maatskappy
'n Minimum getal van 1 en 'n maksimum getal van 50 mense mag 'n privaat maatskappy
begin.
Die naam van die maatskappy moet op (Edms.) Bpk. (eiendoms beperk) eindig.
Privaat maatskappye is gewoonlik mediumgrootte besighede.
Die maatskappy kan net uitbrei deur aandele aan tot 50 aandeelhouers te verkoop.
Aandeelhouers het beperkte aanspreeklikheid - as die maatskappy bankrot raak, is die
aandeelhouers (eienaars) verantwoordelik vir die skuld van die besigheid in hul persoonlike
hoedanigheid. Hulle is net aanspreeklik vir die bedrag wat hulle in aandele in die besigheid
belê het.
'n Privaat maatskappy het onbeperkte kontinuïteit.
Dit is 'n regsentiteit. Hierdie vorm van eienaarskap kan in sy eie naam dagvaar of gedagvaar
word.
Dit word bestuur deur 'n direksie wat deur die aandeelhouers gekies word.
Aandeelhouers kan nie hul aandele op die JSE verkoop nie - die publiek word nie uitgenooi
om aandele op te neem nie.
Aandele is nie vrylik oordraagbaar nie. Al die eienaars moet instem oor wie uitgenooi gaan
word om 'n aandeelhouer van 'n privaat maatskappy te word.
4.2 Stappe by die stigting van 'n privaat
maatskappy
AKTE VAN OPRIGTING
('n Dokument wat na die Registrateur van Maatskappye gestuur
word)
STATUTE
('n Dokument wat na die Registrateur van Maatskappye gestuur
word)
Die Registrateur reik uit
SERTIFIKAAT VAN OPRIGTING
63
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5 'n Openbare maatskappy
5.1 Kenmerke van 'n openbare maatskappy
Die minimum getal aandeelhouers is 7 en die maksimum hang af van die getal aandele
uitgereik.
Die naam moet op die woord Beperk of Bpk. eindig.
'n Prospektus word uitgereik om die publiek uit te nooi om aandele in die maatskappy te
koop.
Aandele is vrylik oordraagbaar.
Die maatskappy moet voldoen aan die regulasies in die Maatskappywet.
Moet 'n sertifikaat om besigheid te begin van die Registrateur van Maatskappye ontvang
voordat die besigheid kan begin sake doen.
Bates en laste is die uitsluitende verantwoordelikheid van die maatskappy.
Die rekeningkundige rekords van die maatskappy moet geoudit word.
'n Algemene Jaarvergadering van aandeelhouers moet belê word. Aandeelhouers kan by
volmag stem – gee 'n ander aandeelhouer die magtiging om namens jou te stem.
Die finansiële state (Balansstaat en Inkomstestaat) moet jaarliks gepubliseer word.
Enige wysigings aan die grondwet (Akte van Oprigting en Statute) kan net deur 'n spesiale
resolusie by 'n spesiale vergadering van aandeelhouers aangebring word.
Die stemreg en dividende (verdeling van wins) sal afhang van die getal en soorte aandele
wat elke aandeelhouer het.
'n Openbare maatskappy is 'n regsentiteit en betaal belasting.
Dit het onbeperkte kontinuïteit en hou aan voortbestaan selfs as die aandeelhouers
verander.
Die aandeelhouers het beperkte aanspreeklikheid. Hulle is nie persoonlik aanspreeklik vir die
skuld van die maatskappy as dit bankrot raak nie. Hulle sal net die bedrag wat hulle in die
aandele belê het, verloor.
64
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5.2 Stappe by die stigting van 'n openbare maatskappy
AKTE VAN OPRIGTING
(wat na die Registrateur van Maatskappye gestuur word)
STATUTE
(wat na die Registrateur van Maatskappye gestuur word)
Registrateur reik uit
SERTIFIKAAT VAN OPRIGTING
UITREIKING VAN 'N PROSPEKTUS
(uitnodiging aan die publiek om aandele te koop)
SERTIFIKAAT OM BESIGHEID TE BEGIN
(uitgereik sodra al die bogenoemde geregistreer is en aan
voldoen is)
Wanneer oor die vorm van eienaarskap besluit moet word, moet 'n besigheidseienaar 'n besluit
neem op grond van sy/haar behoeftes en situasies. Daar is egter sekere faktore wat oorweeg moet
word wanneer hierdie besluit geneem word.
65
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
6 Faktore wat oorweeg moet word wanneer besluit word watter vorm
van besigheid om te kies
Kapitaal – hoeveel en hoe sal dit verkry word?
Bestuur – wie sal die besigheid bedryf/bestuur?
Aanpasbaarheid – sal die besigheid in staat wees om by veranderende situasies aan te
pas?
Winsdeling – wie sal die winste ontvang of die verliese deel, en hoe?
Beheer – is daar stemreg en wie neem die besluite?
Getal eienaars – hoeveel mense is eienaars?
Inkomstebelasting – watter belastingkoerse geld?
Kontinuïteit – kan die besigheid aangaan om voort te bestaan as eienaars aansluit of
weggaan?
Aanspreeklikheid – is die eienaars persoonlik aanspreeklik in geval van bankrotskap?
66
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
7 Belastingimplikasies
Al die besighede in die formele sektor moet belasting betaal.
Belasting is een van die faktore wat oorweeg moet word wanneer oor die vorm van
eienaarskap besluit word.
Belasting word gewoonlik betaal as 'n persentasie of koers van winste wat deur elke
besigheid gemaak word.
Die belastingkoers kan wissel vir elke tipe eienaarskap. Sommige tipes eienaarskap
betaal meer of minder belasting as ander.
'n Maatskappy word belas op sy winste, en dan word die aandeelhouers (eienaars) ook
belas op die dividende wat hulle ontvang.
8 BTW (Belasting op Toegevoegde Waarde)
BTW-koers is 14%.
BTW word ingesamel in elke stadium van die produksie- en verspreidingsproses van
goedere en dienste.
Besighede met 'n jaarlikse omset en mense in eie diens wat meer as R150 000 per jaar
verdien, moet as verkopers registreer.
Vrae aan einde van onderwerp
Kort vrae
1. Wat is 'n maatskappy? Omskryf en noem die 2 tipes. (6)
2. Watter kenmerke het privaat en openbare maatskappye gemeen? (8)
3. Wat is 'n BK? (4)
4. Hoe word 'n vennootskap gestig? (6)
5. Tabuleer die verskille tussen 'n privaat en 'n openbare maatskappy. (12)
VERSKILLE TUSSEN 'N PRIVAAT EN 'N OPENBARE MAATSKAPPY
Kenmerk: PRIVAAT MPY. OPENBARE MPY.
Getal aandeelhouers
Naam eindig op
Uitreiking van aandele
Oordraagbaarheid van aandele
d
Hoofrede vir hierdie tipe maatskappy
67
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Wanneer hulle mag begin sake doen
6. Tabuleer die verskille tussen 'n alleeneienaar, 'n vennootskap en 'n beslote korporasie
VERSKILLE TUSSEN 'N ALLEENHANDELAAR, VENNOOTSKAP EN 'N BESLOTE KORPORASIE
ALLEENEIENAAR VENNOOTSKAP BESLOTE KORPORASIE
Naam
Getal eienaars
Aanspreeklikheid
Kontinuïteit
Stigting
Winsdeling
Oordrag van eienaarskap
Langer vrae
7. Watter faktore (nege) moet oorweeg word wanneer oor 'n vorm van eienaarskap besluit word? (18)
8. Verduidelik 'n alleeneienaar en die kenmerke daarvan. (12)
9. Bespreek die volgende:
9.1 'n prospektus (6)
9.2 minimum inskrywing (6)
9.3 onderskrywing. (6) [18]
10. Wat vennootskappe betref, noem die volgende:
10.1 'n definisie (4)
10.2 kenmerke. (6) (10)
11. Lys 5 aspekte wat in 'n vennootskapsooreenkoms ingesluit word. (10)
12. Noem 5 kenmerke van 'n BK. (10)
13. Wat word die dokument genoem wat opgestel word om 'n BK te stig en wat behels dit? (12)
14. Onderskei tussen 'n Akte van Oprigting en die Statute. (14)
Antwoorde op vrae aan einde van onderwerp
1. 'n Maatskapy is 'n regsentiteit wat besigheid bedryf. √√ Dit kan 'n privaat maatskappy √√ of 'n
openbare maatskappy √√ wees. (6)
2.
Aandeelhouers kies 'n direksie√√
'n Afsonderlike regsentiteit √√
Kontinuïteit van voortbestaan √√
Belasting op 'n maatskappy se wins word teen 'n vasgestelde koers betaal √√ (8)
3. 'n Beslote korporasie is 'n regsentiteit. √√√√ (4)
4. Vennootskappe word mondeling of skriftelik gestig √√ tussen 2-20 mense.√√Die skriftelike kontrak
word deur 'n prokureur opgestel en word die Vennootskapsooreenkoms genoem.√√ (6)
5. (12)
68
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Kenmerk: PRIVAAT MPY. OPENBARE MPY.
Getal aandeelhouers 1-50√√ 7 en meer√√
Naam eindig op (Edms.) Bpk.√√ Bpk.√√
Uitreiking van aandele Privaat√√ Aan die publiek√√
Oordraagbaarheid van aandele Getal net op uitnodiging √√ Op die JSE√√
Wanneer hulle mag begin sake doen Sertifikaat van Oprigting √√ Sertifikaat om besigheid te begin √√
(Dokument)
Hoofrede vir hierdie tipe maatskappy Klein of familiebesigheid √√ Het groot kapitaalbedrag nodig √√
6.
VERSKILLE TUSSEN 'N ALLEENEIENAAR, 'N VENNOOTSKAP EN 'N BESLOTE KORPORASIE
ALLEENEIENAAR VENNOOTSKAP BESLOTE KORPORASIE
Naam geen spesiale einde √√ geen spesiale einde √√ eindig op BK√√
Getal eienaars 1√√ 2-20√√ 1-10√√
Aanspreeklikheid onbeperk√√ onbeperk√√ beperk√√
Kontinuïteit geen√√ nee√√ ja√√
Stigting geen vereistes√√ vennootskapartikels √√ CK1 en registrasie √√
Winsdeling nee√√ soos ooreengekom√√ volgens aandeelhouding √√
Oordrag van eienaarskap nee√√ nee√√ verkoop lidmaatskap met
instemming van ander lede√√
Langer vrae
7. Kapitaal – hoeveel en hoe sal dit verkry word? √√
Bestuur – wie sal die besigheid bedryf/bestuur? √√
Winsdeling – wie sal die winste ontvang of die verliese deel, en hoe? √√
Beheer – is daar stemreg en wie neem die besluite? √√
Getal eienaars – hoeveel mense is eienaars? √√
Inkomstebelasting – watter belastingkoerse geld? √√
Kontinuïteit – kan die besigheid aanhou voortbestaan as eienaars aansluit of weggaan? √√
Aanspreeklikheid – is die eienaars persoonlik aanspreeklik in geval van bankrotskap? √√
(9 x 2 = 18)
8.
69
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Net 1 persoon besit die besigheid.
As die eienaar doodgaan of aftree, bestaan hierdie besigheid nie meer nie. Daar is 'n gebrek aan
kontinuïteit. √√
Die eienaar is verantwoordelik vir al die skuld van die besigheid, indien dit bankrot raak. Dit beteken
dat hy/sy onbeperkte aanspreeklikheid het. √√
'n Alleeneienaar is gewoonlik 'n persoon wat sakevernuf het. √√
Alleeneienaars het 'n noue verhouding met hul klante. √√
Die besigheid en die eienaar is nie afsonderlik van mekaar nie – hierdie besigheid is nie 'n
regsentiteit (regspersoonlikheid) nie. √√
Dit is 'n maklike en ongekompliseerde manier om 'n besigheid te stig. (enige 6 x 2 = 12) √√
9.
9.1 'n Prospektus is 'n skriftelike uitnodiging, √√ wat aan die publiek uitgereik word √√ om
aandele/sekuriteite in ruil vir geld aan te bied √√. √√ (6)
9.2 'n Openbare maatskappy moet bewys dat genoeg aandele uitgereik is om die koste van die
bekendstelling van die maatskapppy en enige ander aanvangskoste wat aangegaan is, te dek. √√
Dit word die minimum inskrywing genoem en die aandele moet binne 60 dae nadat die prospektus
uitgereik is, verkoop word, √√ anders mag die openbare maatskappy nie begin sake doen nie. √√ (6)
9.3 Om te verseker dat aan die minimimum inskrywing voldoen word √√, kan 'n bank of ander
finansiële instelling waarborg dat hulle die aandele sal koop √√indien die publiek nie genoeg koop
nie. √√ (6)
10.
10.1'n Vennootskap is die vorm waar tussen 2 en 20 eienaars hul vaardighede, ondervinding,
arbeid, goedere, kennis en kapitaal bydra om wins te maak en te deel. √√ Die optrede van elke
vennoot beïnvloed die besigheid in die geheel en al die vennote is verantwoordelik vir die
vennootskap en mekaar. √√ (4)
10.2
'n Vennootskap bestaan uit tussen 2 en 20 vennote (eienaars). √√
As een van die vennote bedank of doodgaan, bestaan die vennootskap nie meer nie. √√
Al die vennote is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik. Dit beteken dat elke vennoot as indvidue
en as vennootskap aanspreeklik is vir enige skuld van die besigheid. Dit beteken ook dat hulle
onbeperkte aanspreeklikheid het. √√
'n Vennoot is 'n agent van die besigheid en tree namens die ander vennote op wanneer sake
gedoen word. √√
Dit kan mondeling of skriftelik gestig word. √√
'n Vennootskap kan vir 'n eenmalige gebeurtenis of vir 'n langer tydperk gestig word. √√
Dit is nie 'n regspersoonlikheid nie. Die vennote en die vennootskap is nie afsonderlik van mekaar
nie. √√ (enige 3 x2 = 6) (10)
11
Die naam van die vennootskap √√
Die name van die vennote √√
Die pligte van elke vennoot √√
Die oogmerk en aard van die vennootskap √√
Die bydrae van elke vennoot √√
Hoe die winste gedeel sal word of hoe die verliese verdeel sal word √√
Hoe geskille (meningsverskille) besleg gaan word √√
Salarisse wat aan vennote betaal word √√
Hoe verlof toegeken word √√
Enige versekering √√
Enige onttrekkings toegelaat √√
70
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Hoe rente betaal gaan word √√ (enige 5 x 2 = 10)
12.
Die lede van 'n beslote korporasie kan van 1 tot 10 wees. √√
Die naam moet op BK eindig. √√
Dit is afsonderlik van sy lede (eienaars). Dit beteken dat hierdie besigheid 'n regsentiteit is. √√
'n Beslote korporasie het onbeperkte kontinuïteit. 'n Verandering in lede beïnvloed nie die
kontinuïteit van die besigheid nie. √√
Die lede is nie aanspreeklik vir die skuld van die besigheid nie. Hulle het beperkte aanspreeklikheid.
√√
'n Dokument wat die Stigtingsverklaring genoem word, word opgestel om 'n BK te stig. √√
Eienaarskap word uitgedruk as 'n persentasie (%) belang in die besigheid. Die totale % belang van
al die lede van die BK moet gelyk wees aan 100%.√√ (5 x 2 = 10)
13. 'n Stigtingsverklaring word gebruik om 'n beslote korporasie te stig. √√ (2)
INHOUD:
Die naam van die besigheid √√
Die oogmerke van die besigheid √√
Die adres van die geregistreerde kantoor √√
Die naam, identiteitsnommer en adres van elke lid √√
Die bydrae van elke lid √√
Die grootte van belang, uitgedruk as 'n persentasie, van elke lid √√
Besonderhede van die rekenpligtige amptenaar en sy/haar toestemming om as rekenpligtige
amptenaar op te tree √√ (enige 5 x 2 = 10)(10)
14. Die AKTE VAN OPRIGTING omskryf die omvang van 'n maatskappy en sluit die volgende in: √√
Maatskappy se naam √
Adres van die geregistreerde kantoor √
Verklaring oor die beperkte aanspreeklikheid van die aandeelhouers √
Die aandelekapitaalbedrag √
Die doel van die maatskappy √ (7)
Die STATUTE dui die interne bestuursregulasies aan en sluit die volgende in: √√
Name van die direkteure en hul rolle √
Die manier waarop wins versprei sal word √
Die interne reëls vir die bedryf van die maatskappy √
Vergaderings √
Stemreg van aandeelhouers √ (7)(14)
Aanpasbaarheid – sal die besigheid in staat wees om by veranderende situasies aan te pas? √√
71
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 7 Roetes om 'n besigheid te verkry
Oorsig
In hierdie onderwerp word die volgende aspekte van die verkryging van 'n besigheid bespreek:
Vestiging van 'n nuwe besigheid
Koop van 'n bestaande besigheid
Verkryging van 'n franchise
Uitkontraktering
Huur en bruikhuur van besigheid se bates
Koop 'n bestaande besigheid Begin 'n nuwe besigheid
Voordele en nadele Die beste tyd om 'n besigheid te begin
Kontraktuele verpligtings Keuse van tipe besigheid
Kontraktuele verpligtings
Koop 'n franchise
Huur
Tipes franchises
Voordele en nadele van koop van 'n franchise Voordele en nadele van huur
Kontraktuele verpligtings Kontraktuele verpligtings
Uitkontraktering
Voordele en nadele
72
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1 Stigting van 'n nuwe besigheid
Die beste tyd om 'n nuwe besigheid te begin, is wanneer:
'n mark brei uitbrei en die bestaande besighede nie in die klante se vraag kan voorsien nie
bestaande mededingers 'n ondoeltreffende diens lewer of produkte van 'n swak gehalte
verkoop
jy 'n nuwe produk of diens het wat geen ander besigheid verskaf nie.
1.1 Kwessies wat oorweeg moet word wanneer 'n nuwe besigheid
begin word:
Sal die produk of diens klante van mededingers weglok?
Het die voornemende eienaar genoeg belangstelling in en kennis van die besigheid en die
produk?
Kan die eienaar genoeg befondsing kry om die nuwe besigheid te begin?
Sal die nuwe eienaar in staat wees om al die besigheidsfunksies te ontwikkel en daaraan
aandag te gee?
Voordele en nadele om 'n nuwe besigheid te stig
Voordele Nadele
• Goedkoper omdat daar geen klandisiewaarde • Niks om die nuwe besigheid teen te meet om te
is waarvoor betaal moet word nie. bepaal of dit suksesvol sal wees nie.
• Neem nie die probleme van 'n bestaande • Mededinging en die vraag na die produk of
besigheid oor nie. diens word nie getoets nie.
• Dit staan jou vry om nuwe toerusting, tegnieke, • Geen gevestigde stelsels en prosedures nie.
prosedures en personeel te gebruik. • 'n Ekstra besigheid onderverdeel die mark selfs
• 'n Groter impak op die karakter van die meer.
besigheid. • Aanvangskoste kan die kontantvloei dalk
• As kapitaal beperk is, kan met 'n kleiner beperk.
besigheid begin word..
1.2 Kontraktuele verpligtings
'n Alleeneienaar het geen kontraktuele verpligtings nie.
As twee of meer persone 'n vennootskap vorm, word 'n formele ooreenkoms
(vennootskapsooreenkoms) aanbeveel.
Gewone wetlike vereistes met betrekking tot die bedryf van 'n besigheid is ook van
toepassing, byvoorbeeld registrasie vir belastingdoeleindes.
. Die nuwe besigheid sal kontrakte moet aangaan met werknemers, verskaffers, banke, die
verhuurder van die eiendom, en met klante as die besigheid op krediet verkoop.
73
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Koop 'n bestaande besigheid
Om 'n nuwe besigheid te begin, is 'n hoërisiko-waagstuk. 'n Ander opsie is om 'n bestaande
besigheid wat reeds 'n wins maak, te koop.
2.1 Kwessies wat oorweeg moet word:
Hoe vergelyk die koste om 'n bestaande besigheid te koop met die koste van die opbou van
iets soortgelyks uit niks?
Hoekom word die besigheid verkoop?
Wie is die huidige verskaffers aan die besigheid? Sal hulle bereid wees om voort te gaan
om aan 'n nuwe eienaar te verskaf?
Is daar geouditeerde finansiële state en belastingaanslae vir minstens die afgelope drie jaar
beskikbaar?
Bestaan al die bates en voorraad werklik en is dit billik gewaardeer?
Voordele en nadele om 'n bestaande besigheid te koop
Voordele Nadele
Makliker om finansies te bekom as die besigheid Risiko van oorskatting van omset of wins deur
'n goeie geskiedenis het. die verkoper.
Onmiddellike kontantvloei omdat daar reeds Die sukses van 'n besigheid het dikwels te doen
gevestigde klante is. met die reputasie van die vorige eienaar of 'n
Verspreiding, verskaffingskakels en personeel is sleutelpersoneellid (soos 'n chef).
reeds gevestig. Die verkoper dalk kan probeer om die omset wat
Die mark word nie verder onderverdeel deur 'n die nuwe eienaar kan verwag om op die
ekstra besigheid nie. belegging te maak, te oordryf.
Bestaande bates vorm deel van die besigheid en
hoef nie gekoop te word nie.
2.2 Kontraktuele verpligtings en wetlikhede
Die nuwe eienaar moet dalk bestaande kontrakte met werknemers en verskaffers oorneem, en moet
dalk 'n paar nuwe ooreenkomste aangaan.
Die nuwe eienaar kan dalk aandring op 'n handelsbeperkingsklousule in die koopakte om die
verkoper te verhoed om 'n soortgelyke besigheid in dieselfde geografiese area te begin.
Wanneer die besigheid wat verkry is, 'n regsentiteit is (byvoorbeeld 'n BK of privaat maatskappy), sal
die meeste wetlikhede net voortduur.
Activity 21
74
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Verkryging van 'n franchise
3.1 Kwessies wat oorweeg moet word:
'n Franchise is die reg wat 'n besigheid het om die naam, handelsmerk, idees, prosesse en
klandisiewaarde van 'n bestaande besigheid in 'n spesifieke geografiese area te gebruik ten einde sy
goedere of dienste te verkoop.
Die franchise-gewer is die persoon wat die goedere of dienste geskep het en dan die reg om dit te
produseer aan 'n ander persoon verkoop.
Die franchise-houer is die persoon of organisasie wat die franchise koop.
Deur 'n franchise te koop, is die entrepreneur in staat om 'n besigheid te bedryf wat 'n gevestigde
naam, produkte en reputasie het.
Die franchise-houer (die persoon wat die franchise koop) het toegang tot tegniese en
bestuursondersteuning van die franchise-gewer (die persoon wat die franchise besit).
'n Franchise-ooreenkoms word opgestel wanneer 'n franchise verkoop word en dit is 'n wetlik
bindende dokument.
Deur 'n besigheid met 'n bekende naam en stel prosedures en aktiwiteite te verkoop, is die
franchise-gewer in staat om die gehalte van die goedere of dienste wat gelewer word, te beheer.
Die Franchise-vereniging van Suid-Afrika (FASA) is gestig om franchise-eienaars te ondersteun
en te adviseer.
Die franchise-opsie kan verkry word deur:
'n nuwe besigheid uit niks te begin en 'n franchise-reg vir die nuwe besigheid te koop
'n bestaande besigheid sonder 'n franchise te koop en 'n franchise-reg vir die bestaande
besigheid te verkry
'n bestaande besigheid wat reeds as 'n franchise bedryf word, te koop.
Daar is drie hooftipes franchises:
'n produk-franchise, waar die franchise-houer as 'n kleinhandelaar optree om spesifieke
produkte te verkoop, byvoorbeeld Specsavers
'n stelsel-franchise, waar die franchise-gewer die franchise-houer toelaat om op 'n unieke
manier sake te doen, byvoorbeeld Master Maths
'n vervaardigingsooreenkoms-franchise, waar die franchise-gewer 'n noodsaaklike
bestanddeel of kundigheid verskaf, byvoorbeeld Seattle-koffiewinkels.
Voordele en nadele om 'n franchise te verkry
Voordele Nadele
• Suksesvolle ander franchises kan bestudeer . • Die koste kan dalk hoër wees as wat verwag
word voordat 'n verbintenis aangegaan word. is. Die besigheid moet voortdurend
• 'n Erkende handelsnaam en handelsmerk. patenthouersaandeel betaal en die besigheid
• Sal baat vind by enige advertering of moet dalk instem om produkte van die franchise-
promosieveldtog deur die franchise-gewer. gewer te koop.
• Franchise-gewer bied vir die besigheid steun in • Daar kan dalk beperkings in die franchise-
die vorm van opleiding, hoe om die besigheid te ooreenkoms wees oor hoe jy die besigheid kan
begin, hoe om die besigheid te bedryf en advies. bedryf.
• Die franchise-houer verkry eksklusiewe regte in • Die franchise-gewer kan dalk ophou sake doen.
'n sekere geografiese area. • Ander franchise-houers kan die handelsmerk 'n
• Banke is meer geneig om geld te leen vir die slegte reputasie gee.
75
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
koop van 'n franchise met 'n goeie reputasie. • Dit kan dalk moeilik wees om die besigheid met
• Die besigheid kan kommunikeer en idees deel die franchise te verkoop.
met ander franchise-houers in die netwerk, en • 'n Persentasie van verkope word gewoonlik
ondersteuning van hulle kry. met die franchise-gewer gedeel.
• Verhoudings met verskaffers is reeds gevestig.
3.2 Kontraktuele verpligtings en wetlikhede
Die franchise-gewer en franchise-houer sal 'n formele ooreenkoms aangaan, wat die rolle, regte en
verantwoordelikhede van albei partye uiteensit. Die ooreenkoms sal ook die volgende betalings
spesifiseer: die aanvangsgelde; maandelikse bestuursgelde; patenthouersvergoeding volgens
omset; gelde vir masjinerie en toerusting; en gelde vir advertering.
'n Franchise-ooreenkoms moet die volgende insluit:
BEPALINGS EN VOORWAARDES – 'n Opsomming van wat elke party moet doen.
DIE FRANCHISE-HOUER SE BETALINGS – Die aanvangsgelde, patenthouersvergoeding,
hernuwingsgelde, ens.
WAT DIE FRANCHISE-HOUER AANBIED – Die verskaffing van opleiding, toerusting,
winkelplanne, voorraad, toebehore, bedryfskapitaal, advertering en enigiets anders waaroor
ooreengekom is.
76
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4 Uitkontraktering
Uitkontraktering is die toekenning van 'n kontrak vir enige taak, funksie, werk of proses wat deur
werknemers in 'n besigheid uitgevoer kan word, aan 'n derde party.
Funksies wat uitgekontrakteer kan word, sluit in die betaalstaat, werwing van menslike hulpbronne,
skoonmaakdienste, e-handel, bemarking, sekuriteit en boekhoudienste. Die huur van 'n tydelike
werknemer terwyl die sekretaresse met kraamverlof is, is nie uitkontraktering nie
'n Subkontrak is 'n geval waar 'n ondergeskikte kontrak vir die verskaffing van materiale en arbeid
aan iemand anders as die hoofkontrakteur toegeken word. Byvoorbeeld, 'n boukontrakteur kan baie
van die take wat met die bou van 'n huis te doen het, uitkontrakteer aan 'n subkontrakteur, soos
elektriese bedrading of loodgieterswerk.
4.1 Kwessies wat oorweeg moet word:
Hoekom moet die funksie uitgekontrakteer word?
Kan die funksie regtig uitgekontrakteer word?
Is die kundigheid wat vereis word, geredelik beskikbaar en hoeveel sal dit kos?
Hoeveel tyd en moeite sal nodig wees om die uitkontraktering te bestuur en te moniteer?
Hoeveel aanspreeklikheid gaan gepaard met die uitgekontrakteerde funksie?
Is daar enige versteekte koste soos koste van uitdiensstelling of opleiding?
Voordele en nadele van uitkontraktering
Voordele Nadele
• Stel die besigheid in staat om op sy .• Verlies van bestuursbeheer.
kernfunksies te fokus. • Versteekte koste.
• Bespaar koste en verbeter doeltreffendheid. • Bedreiging van sekuriteit en vertroulikheid.
• Kan bokoste verminder. • Gehalteprobleme.
• Kry beheer oor 'n funksie terug. • Verbind met die finansiële welstand van 'n
• Bied personeelbuigsaamheid gedurende ander maatskappy.
spitstye. • Swak interne en eksterne publisiteit.
• Voorsien kontinuïteit en verminder risiko’s.
• Ontwikkel interne personeel deur interne
personeel saam met die uitgekontrakteerde
deskundiges aan 'n projek te laat werk om nuwe
vaardighede aan te leer.
77
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5 Huur van besigheidsbates
'n Huurkontrak is 'n ooreenkoms waarvolgens grond of roerende bates vir 'n gespesifiseerde tyd
deur die eienaar aan 'n huurder verhuur word. Dit kan bates insluit soos toerusting, geboue, huise,
woonstelle, masjinerie, voertuie, ens.
Aanvangskapitaal is nodig, of 'n besigheid uit niks begin word, of 'n bestaande besigheid gekoop
word, of selfs wanneer 'n franchise gekoop word. Die entrepreneur het dalk nie genoeg kapitaal om
onmiddellik al die toerusting of ander bates wat die besigheid nodig het, te koop nie.
Die verhuurder is die persoon of organisasie wat instem om die bates aan 'n ander persoon of
organisasie te verhuur.
Die huurder is die persoon of organisasie wat hierdie bates huur.
5.1 Kwessies wat oorweeg moet word:
Huur stel 'n entrepreneur in staat om 'n besigheid te begin sonder 'n groot kapitaalbesteding.
Huur kan omskryf word as 'n wetlike ooreenkoms wat vir die besigheid (huurder) die reg gee
om 'n bate wat deur iemand anders (verhuurder) besit word, te gebruik vir 'n bepaalde
tydperk in ruil vir gereelde betalings.
Dit is moontlik om die meeste van die roerende bates wat 'n besigheid nodig het, te
bruikhuur, insluitend voertuie, kantoormeubels, winkeltoebehore, rekenaars en
vervaardigingstoerusting.
Daar is twee hooftipes huurkontrakte vir roerende bates:
Ware huurkontrakte – Die huurder verkry geen regte op die eiendom nie, bo en behalwe die
gebruik daarvan. Die verhuurder bly die eienaar van die verhuurde eiendom en die huurder se
huurbetalings lei nie tot sy/haar eienaarskap van die eiendom nie.
Finansiële huurkontrakte - laat die huurder toe om die bate aan die einde van die huurtermyn te
koop.
Voordele en nadele van huur
Voordele Nadele
• Die besigheid verkry die gebruik van die bate • Die totale huurbetalings kan dalk meer wees as
sonder aanvangskoste. die oorspronklike koopprys van die gehuurde
• Die besigheid kan die jongste tegnologie verkry items.
sonder dat groot bedrae kapitaal belê moet • Die huurder word deur die huurkontrak gebind
word. selfs al het die besigheid dalk nie meer die items
• Die besigheid loop nie die risiko dat duur nodig nie.
toerusting verouderd raak nie. Die gehuurde • Wanneer die eienaar die besigheid wil verkoop,
items word aan die einde van die huurtermyn sal die huurkontrak deur die koper van die
aan die verhuurder teruggegee. besigheid oorgeneem moet word.
• Vir die huurder is die huurbetalings
belastingaftrekbaar.
• Huur verbeter die kontantvloei van die
besigheid.
• Huur word as 'n uitgawe vir die huurder beskou
en word dus nie as skuld geag nie.
78
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5.2 Kontraktuele verpligtings en wetlikhede
Alle huurooreenkomste word met streng wetlike verrigtinge aangegaan en is formele kontrakte
tussen die verhuurder en die huurder.
Wanneer 'n huurkontrak opgestel word, moet die volgende aspekte bepaal word:
Die huurperiode – die tydperk waarvoor jy van voorneme is om die perseel of items te
gebruik en of daar 'n hernuwingsopsie is.
Die koste van die huurtydperk – dit sluit in die basiese huur, bedryfskoste, en
onderhoudskoste en sekuriteitsdienste.
Die klousule met betrekking tot jaarlikse eskalasie – dit beteken dat die huur elke jaar met 'n
sekere persentasie gaan styg.
Vrae aan einde van onderwerp
Veelkeuse
1. Die volgende is nie 'n voordeel van uitkontraktering nie:
A. Stel die besigheid in staat om op sy kernfunksies te fokus.
B. Bespaar koste en verbeter doeltreffendheid.
C. Kan bokoste verminder.
D. Dit is verbind met die finansiële welstand van 'n ander maatskappy.
2. ‘n Franchise-houer is:
A. 'n Persoon of besigheid wat die reg om die goedere of dienste van 'n ander persoon te produseer,
koop
B. 'n Persoon wat die reg om hul goedere of dienste te produseer, aan 'n ander persoon of besigheid
verkoop
C 'n Wetlike kontrak tussen twee franchise-houers
D 'n Besigheid wat begin word
Kort vrae
3. Bespreek die toekenning van franchise-lisensies soos volg:
3.1 Gee 'n definisie. (6)
3.2 Verduidelik wat in 'n franchise-kontrak ingesluit moet word. (8)
3.3 Noem 5 voordele. (10)
3.4 Noem 2 nadele. (4)
3.5 Die betekenis van FASA. (2) (30)
4. Verduidelik wat met “uitkontraktering” bedoel word. (6)
5. Wat is 'n huurkontrak? (4)
6. Noem 3 aspekte wat in 'n huurkontrak ingesluit moet word. (6)
7. Noem enige 5 voordele om 'n bestaande besigheid te koop. (10)
8. Gee drie redes hoekom dit 'n nadeel vir 'n besigheid kan wees om roerende bates te huur. (6)
79
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Langer vraag
9. Joe Mbolo wil 'n koffiewinkel begin en smaaklike koffie en versnaperinge verkoop. Stel 'n kort
verslag op waarin aan Joe verduidelik word wat met die term “uitkontraktering” bedoel word. Noem
vir hom drie aspekte van die bedryf van sy koffiewinkel wat hy kan oorweeg om uit te
kontrakteer.(26)
Antwoorde op vrae aan einde van onderwerp
1. D
2. B
3.
3.1 'n Franchise is die reg wat 'n besigheid het om die naam, handelsmerk, idees, prosesse en
klandisiewaarde van 'n bestaande besigheid in 'n spesifieke geografiese area te gebruik ten einde sy
goedere of dienste te verkoop. √√√√√√ (6)
3.2
BEPALINGS EN VOORWAARDES – 'n Opsomming van wat elke party moet doen. √√
DIE FRANCHISE-HOUER SE BETALINGS – Die aanvangsgelde, patenthouersvergoeding,
hernuwingsgelde, ens. √√
WAT DIE FRANCHISE-HOUER AANBIED – Die verskaffing van opleiding, toerusting, winkelplanne,
voorraad, toebehore, bedryfskapitaal, advertering en enigiets anders waaroor ooreengekom is.√√√√
(8)
3.3
• Franchise-gewer bied vir die besigheid steun in die vorm van opleiding, hoe om die besigheid te
begin, hoe om die besigheid te bedryf en advies. √√
• Die franchise-houer verkry eksklusiewe regte in 'n sekere geografiese area. √√
• Banke is meer geneig om geld te leen vir die koop van 'n franchise met 'n goeie reputasie. √√
• Die besigheid kan kommunikeer en idees deel met ander franchise-houers in die netwerk, en
ondersteuning van hulle kry. √√
• Verhoudings met verskaffers is reeds gevestig. √√ (5 x 2 =10)
3.4
Die koste kan dalk hoër wees as wat verwag is. Die besigheid moet voortdurend
patenthouersaandeel betaal en die besigheid moet dalk instem om produkte van die
franchise-gewer te koop. √√
Daar kan dalk beperkings in die franchise-ooreenkoms wees oor hoe jy die besigheid kan
bedryf. √√
Die franchise-gewer kan dalk ophou sake doen. √√
Ander franchise-houers kan die handelsmerk 'n slegte reputasie gee. √√
Dit kan dalk moeilik wees om die besigheid met die franchise te verkoop. √√
'n Persentasie van verkope word gewoonlik met die franchise-gewer gedeel. √√
(enige 2 x 2 =4)
3.5 Die Franchise-vereniging van Suid-Afrika √√ (2) (30)
4. Uitkontraktering beteken die toekenning van 'n kontrak aan √√ 'n derde party √√ vir 'n taak,
80
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
funksie, werk of proses wat deur werknemers in 'n besigheid uitgevoer kan word. √√ (6)
5. 'n Huurkontrak is 'n ooreenkoms √√ waarvolgens grond of roerende bates vir 'n gespesifiseerde
tyd deur die eienaar aan 'n huurder verhuur word. Dit kan bates insluit soos toerusting, geboue,
huise, woonstelle, masjinerie, voertuie, ens. √√ (4)
6. Die huurperiode √√ Die koste van die huurtydperk √√ Die klousule met betrekking tot jaarlikse
eskalasie √√ (6)
7. Makliker om finansies te bekom as die besigheid 'n goeie geskiedenis het. √√
Onmiddellike kontantvloei omdat daar reeds gevestigde klante is. √√
Verspreiding, verskaffingskakels en personeel is reeds gevestig. √√
Die mark word nie verder onderverdeel deur 'n ekstra besigheid nie. √√ (5 x 2 = 10)
8. Die totale huurbetalings kan dalk meer wees as die oorspronklike koopprys van die gehuurde
items. √√
Die huurder word deur die huurkontrak gebind selfs al het die besigheid dalk nie meer die items
nodig nie. √√
Wanneer die eienaar die besigheid wil verkoop, sal die huurkontrak deur die koper van die besigheid
oorgeneem moet word. √√ (3 x 2 = 6)
9. Uitkontraktering beteken die toekenning van 'n kontrak aan 'n derde party vir 'n taak, funksie, werk
of proses wat deur werknemers in 'n besigheid uitgevoer kan word. √√ √√ √√
Joe kan verskeie van sy funksies uitkontrakteer, soos die betaalstaat, werwing van menslike
hulpbronne, skoonmaakdienste, e-handel, bemarking, sekuriteit en boekhoudienste. √√ √√ √√
Daar is verskeie redes hoekom dit vir Joe voordelig sou wees:
• Stel die besigheid in staat om op sy kernfunksies te fokus. √√
• Bespaar koste en verbeter doeltreffendheid. √√
• Kan bokoste verminder. √√
• Bied personeelbuigsaamheid gedurende spitstye. √√
• Ontwikkel interne personeel deur interne personeel saam met die uitgekontrakteerde deskundiges
aan 'n projek te laat werk om nuwe vaardighede aan te leer. √√
Joe kan dan konsentreer op sy kernbesigheid om smaaklike kos te voorsien √√ sonder om vir ekstra
personeellede te betaal om hierdie ander dienste te verskaf en toesig oor personeel te hou.
Uitkontraktering sou goedkoper wees. √√√√ (26)
81
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Kwartaal 2 Inleiding
Onderwerp 1 Kreatiewe denke en probleemoplossing
Onderwerp 1 handel oor kreatiewe denke en probleemoplossing. In hierdie
onderwerp sal jy sal leer hoe om verskeie problem op te los deer kreatiewe
denke en probleemoplossing.
Onderwerp 2 Stres- en krisisbestuur
Onderwerp 2 handel oor stres, krisis en verandering in die werkplek.
Stres, krisis en verandering moet in die algemene bestuurstrukture van
’n onderneming in aanmerking geneem word. Waar nodig, moet spesiale
eenhede of afdelings ontplooi word om die bestuur en die werkers te
ondersteun.
Onderwerp 3 Omskepping van ’n besigheidsplan in ’n aksieplan
Onderwerp 3 handel oor die transformasie van ’n besigheidsplan na
’n aksieplan. Hierdie onderwerp is deel van projekbestuur en verskeie
hulpmiddele word in die onderwep verduidelik.
Onderwerp 4 Begin ’n sakeonderneming
Onderwerp 4 handel oor hoe om ’n besigheid te begin. Jy kort ’n aksieplan
wat jou sal help om genoeg kapitaal intesamel om jou eie besigheid te begin.
Hierdie onderwerp verduidelik die verskillende opsies wat jy het om genoeg
kapitaal generering vit jou eie besigheid een dag.
Onderwerp 5 Professionalisme en etiek
Onderwerp 5 handel oor die verskille tussen professionalisme en etiek,
asook oor die teorieë en beginsels daarvan. Daar word aangedui hoe
professionalisme en etiek verband hou met die besigheidsomgewing en
hoe dit in doeltreff ende besigheidspraktyk toegepas kan word. Die leerders
evalueer en onderskei tussen goeie en swak besluite.
Onderwerp 6 Aanbieding van besigheidsinligting
Onderwerp 6 behels die hersiening van Graad 10-werk met betrekking tot
die aanbieding van besigheidsinligting in gesproke en geskrewe formaat,
die gebruik van visuele hulpmiddele om ’n aanbieding te ondersteun, en
die ontwerp en uitleg van aanbiedings. Die onderwerp handel ook oor die
aanbieding van besigheidsinligting in ’n geskrewe formaat, soos formele
verslae. Die onderwerp word afgesluit met ’n afdeling oor die vraag-enantwoord-
aspek van ’n aanbieding en hoe om dit op ’n nie-aggressiewe en
professionele manier te hanteer.
82
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 1 Kreatiewe denke en
probleemoplossing
Hierdie onderwerp behandel die toepassing van skeppende denke om probleme op te los.
probleemoplos
singsvaardighe
komplekse skeppende de
probleemoplossin denke en
gstegnieke probleemop
roetine- versus
lossing
Werk met ander om skeppende denke
probleem op te los
konvensionele v nie- skeppende oplossings
konvensionele oplossings
1 Oplossing van sakeprobleme en verbetering van sakepraktyk
Alle sakeondernemings het probleem wat opgelos moet word.
83
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Gebruik skeppende denke om sakeprobleme te hanteer en
sakepraktyk te verbeter
Skeppende denke is die proses wat gebruik word om met nuwe idees vorendag te kom.
Skeppende denke en probleemoplossing is albei nodige vaardighede in die werkplek omdat bestuurders
en werknemers die steeds veranderende omgewing waarin hulle funksioneer moet verstaan.
Bestuurders moet geskikte besluite neem om die sake-uitdagings waarvoor hulle te staan kom die hoof te
kan bied ooreenkomstig tegnologiese veranderinge. Ten einde ʼn mededingingsvoordeel te geniet moet
sakeondernemings skeppende denkers in diens neem.
Skeppende denke word gebruik om:
nuwe produkte en bemarkingstrategieë te ontwikkel
die gehalte van goedere en dienste asook klantetevredenheid te verbeter
veronderstellings aan te vat en persepsies te verander
alternatiewe oplossings op te lewer
konflik in die werkplek op te los en spanwerk aan te moedig.
2.1 Probleemoplossingsvaardighede in ʼn sakekonteks
Beplan
Implementeer
Doen
Kontroleer
2.1.1 Die voordele van die gebruik van skeppende denke:
korter en meer produktiewe vergaderings
beter en vinniger probleemoplossing en besluitneming
meer doeltreffende en effektiewe beplanning en bestuur
skepping van meer innoverende idees wat tot beter prestasie lei
2.1.2 Normstelling
ʼn Probleem kan slegs opgelos word nadat dit geïdentifiseer is. Prestasie of produktiwiteit kan teen
vasgestelde norme en standaarde normeer word. Indien die norm nie bereik word nie is dit moontlik dat
daar ʼn probleem in die organisasie is.
84
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2.1.3 Probleemoplossingstappe
1. Identifiseer die probleem en lys moontlike oplossing vir die probleem.
2. Versamel data en inligting oor die probleem.
3. Ontleed al die feite en inligting ten einde die probleem te verstaan.
4. Vind soveel oplossings as moontlik vir die probleem.
5. Evalueer en kies alternatiewe oplossings.
6. Ontwikkel en implementeer ʼn plan van aksie om die probleem op te los.
7 Moniteer en volg op om die eindresultaat te kontroleer en te verseker dat die probleem opgelos is.
2.2 Roetine- versus skeppende denke
Roetinedenke beteken om dieselfde ding te doen en verskillende resultate te verwag.
Skeppende denke beteken om laterale denke te gebruik om probleme op te los deur redenering
en om nuwe oplossings te vind.
2.3 Sielkundige struikelblokke vir kreatiwiteit en generering van idees
Sielkundige struikelblokke tot kreatiwiteit en generering van idees is hindernisse wat die erkenning van ʼn
probleem voorkom of om ʼn oplossing vir daardie probleem te vind.
Interne
struikelblokke is Waarnemingstruikel
blokke is Intellektuele
struikelblokke wat
hindernisse wat struikelblokke lei tot
deur emosies,
voorkom dat jy die swak strategieë of
vrees, oordele en
probleem duidelik planne om die
nadenke beheer
kan sien of ‘n probleem op te los.
word
moontlike oplossing Uitdrukkingstruikelblokk
kan vind e beteken dat die
vermoë om
idees te kommunikeer ‘n
probleem is
Interne blokke
Kulturele
Perceptual blocksstruikelblokke impliseer dat
mense nie teen hulle tradisionele
Intellectual and
oortuigingswil gaan nie
expressive blocks Omgewingstruikelblokke
Cultural blocks sluit die maatskaplike en
fisiese omgewing waarin
ons leef en werk in. Daar
behoort eerlikheid, vertroue
en
ondersteuning in die
maatskaplike omgewing te
wees
Meer ingewikkelde probleemoplossingstegnieke
ʼn Dinkskrum – ʼn groep bespreek en los probleme saam op
ʼn Kragveldontleding – die voor- en nadele van verandering word bespreek en geëvalueer
85
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Die Delphi-tegniek – idees en opinies word verkry deur geskrewe of Internet-kommunikasie te
gebruik (soortgelyk aan ʼn dinkskrum maar nie van aangesig tot aangesig nie)
2.4 ʼn Dinkskrum
Om ʼn dinkskrum te hou, is ʼn manier om idees deur ʼn groepproses te genereer. Die stappe in ʼn dinkskrum
STAP 1 Beskryf die dinkskrumproses vir die groep.
STAP 2 Noem die basiese reëls wat gevolg moet word:
Wees onbevooroordeeld – moenie enigiemand kritiseer nie.
Laat jouself gaan – wag voordat jy ʼn idee bespreek.
Genereer soveel idees as moontlik.
Bou voort op die idees van andere.
Skryf al die idees neer soos hulle ontstaan.
STAP 3 BIED DIE PROBLEEM VIR DIE GROEP AAN
STAP 4 STEL ‘N OPTEKENAAR AAN
STAP 5 STEL DIE PROBLEEM IN DUIDELIKE TERME EN BEGIN
STAP 6 SINTETISEER SOORTGELYKE IDEES
STAP 7 GROEPEER DIE GELYSTE IDEES IN DRIE GROEPE (Onmoontlik; Onwaarskynlik; Moontlik)
STAP 8 PRIORITISEER DIE BESTE IDEES
2.5 Kragveldontledings
Kragveldontledings kan gebruik word wanneer veranderinge in produksie van goedere en dienste beoog
word.
Hierdie metode neem al die negatiewe kragte voor die tyd in aanmerking sodat stappe gedoen kan word
om hulle tot ʼn minimum te beperk. Jy kan al die positiewe kragte lys en hulle versterk.
86
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Stap 1. Lys en bespreek die verskeie kragte wat ten gunste van die voorgestelde veranderinge is. Dit is
die dryfkragte.
Stap 2. Lys en bespreek die verskeie kragte wat nie ten gunste van die voorgestelde verandering is nie.
Dit is die remkragte.
Stap 3. Weeg die voor- en nadele, of die dryfkragte en die remkragte teen mekaar op.
Kragveldontleding
Dryfkragte Remkragte
(hindernisse in die pad van verandering) (hindernisse in die pad
van verandering)
2.6 Die Delphi-tegniek
Die Delphi-probleemoplossingstegniek kan gebruik word om die breinkrag van deelnemers op
verskillende plekke op dieselfde tyd te gebruik. Inligting kan deur middel van gewone pos, faks
of e-pos uitgeruil word.
Hierdie tegniek gebruik anonieme onderhoude of behels ʼn reeks vertroulike vraelyste om ʼn
probleem op te los. Die volgende stappe word gevolg:
Stap 1: Identifiseer die probleem
Stap 2: Vra die groeplede om moontlike oplossings vir ʼn probleem neer te skryf. Doen dit in die
vorm van ʼn vraelys.
Stap 3: Kombineer die resultate en gee vir elke lid ʼn afskrif van die resultate
Stap 4: Deskundiges kom met nuwe idees vorendag.
Stap 5: Kombineer die nuwe inligting en gee dit weer vir die deskundiges.
Stap 4 & 5 kan herhaal word totdat al die lede in die groep saamstem.
87
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Die voordele van die Delphi-tegniek
Argumente en geskille word tot ʼn minimum beperk.
Dit moedig insette van mense aan wat hulle beste werk doen sonder dat hulle
interaksie nodig het.
Dit minimaliseer die invloed van deelnemers as gevolg van rang of status.
Vrye meningsuiting word bevorder, sonder die vrees om afgekraak te word.
Die fisiese teenwoordigheid van deelnemers is nie nodig nie.
Die nadele van die Delphi-tegniek.
1. Dit kan tydrowend wees.
2. Slegte idees kan aanvaar word as gevolg van ʼn gebrek aan groepbespreking.
3. Daar is geen geleentheid vir deelnemers om uit te wei of om iets tot iemand
anders se idee by te voeg nie.
2.7 Werk saam om probleme op te los en idees te genereer
Sinergie vind plaas wanneer individue saamwerk om resultate te bereik wat hulle nie afsonderlik kan
bereik nie.
2.7.1Skeppende denke-vaardighede en konvensionele versus niekonvensionele
oplossings
Probleme kan opgelos word deur konvensionele oplossings of niekonvensionele oplossings te gebruik.
Konvensionele oplossings is die manier waarop probleme gewoonlik opgelos word.
Niekonvensionele oplossings vereis van jou om probleme op unieke maniere op te los deur
skeppende denke-vaardighede te gebruik.
2.7.2 Inheemse benadering en oplossings
Probleme kan opgelos word deur tradisionele of inheemse kennis te gebruik. Dit is die kennis wat
uniek is aan die mense wat in ʼn spesifieke land gebore is of aan ʼn spesifieke kultuur behoort.
Hierdie oplossings verskil dikwels van wat as die hoofstroom in die Westerse samelewing beskou
word.
88
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Skeppende oplossings vir sakeprobleme
Alle sakeondernemings kom voor onsekerheid in die mikro- (sake) omgewing en veral in
die mark- en makro- (eksterne) omgewing te staan.
Sakeondernemings kan die PESTLE-ontledingsfaktore gebruik om hulle te help om ʼn kreatiewe
oplossing te vind vir probleme wat in die makro-omgewing bestaan.
PESTLE-ontledingsfaktore is makro-ekonomiese faktore wat ʼn sakeonderneming raak.
P – Politieke faktore Wat gebeur polities? Byvoorbeeld, belastingbeleide, veranderinge van regering.
E – Ekonomiese faktore Wat gebeur in die ekonomie? Byvoorbeeld, ekonomiese groei of ekonomiese
verval, werkloosheid, inflasie.
S – Sosiale faktore Wat gebeur sosiaal? Byvoorbeeld, kulturele, gesondheids- en bevolkingsgroei.
T – Tegnologiese faktore Hoe beïnvloed tegnologie sakeondernemings? Watter nuwe tegnologieë
bestaan?
L – Regsfaktore (legal) Byvoorbeeld, wette oor invoer en uitvoer, arbeidswette.
E – Omgewingsfaktore (environment) Wat gebeur in die omgewing? Byvoorbeeld, aardverwarming en
besoedeling.
Einde van onderwerp Vrae
1. Wat is die Delphi-tegniek? (4)
2.Gee drie voordele van die gebruik van die Delphi-tegniek en twee nadele van die gebruik van hierdie
tegniek. (10)
3. Lys die stappe wat by die Delphi-tegniek betrokke is en verduidelik elkeen kortliks. (14)
4. Omskryf ʼn dinkskrum en skryf die agt stappe in hierdie proses neer. (10)
5. Gee twee redes waarom skeppende denke in besigheid belangrik is. (4)
6. Lys die faktore vir PESTLE. (6)
7. Hoe kan jy idees genereer? Verduidelik ʼn paar van die metodes om dit te doen. (16)
8. Beskryf die verskil tussen skeppende en roetinedenke. (4)
89
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Einde van onderwerp Antwoorde
1. Dit is ʼn probleemoplossingstegniek wat van anonieme onderhoude gebruik maak of wat ʼn reeks
vertroulike vraelyste behels om ʼn probleem op te los. (2)
2. Voordele van die Delphi-tegniek
Argumente en geskille word tot ʼn minimum beperk.
Dit moedig insette van mense aan wat hulle beste werk doen sonder dat hulle interaksie
nodig het.
Dit minimaliseer die invloed van deelnemers as gevolg van rang of status.
Vrye meningsuiting word bevorder, sonder die vrees om afgekraak te word.
Die fisiese teenwoordigheid van deelnemers is nie nodig nie.
Nadele van die Delphi-tegniek
4. Dit kan tydrowend wees.
5. Slegte idees kan aanvaar word as gevolg van ʼn gebrek aan groepbespreking.
6. Daar is geen geleentheid vir deelnemers om uit te wei of om iets tot iemand anders se
idee by te voeg nie. (10)
3. Stap 1: Identifiseer die probleem.
Stap 2: Vra groeplede om moontlike oplossings vir ʼn probleem te skryf. Doen dit in die vorm van ʼn
vraelys.
Stap 3: Kombineer die resultate en geen vir elke lid ʼn afskrif van die resultate.
Stap 4: Deskundiges kom met nuwe idees vorendag.
Stap 5: Kombineer die nuwe inligting en gee dit wees vir die deskundiges.
Stap 4 & 5 kan herhaal word totdat al die lede in die groep saamstem. (14)
4. ʼn Dinkskrum is ʼn manier om idees deur ʼn groepproses te genereer. (2)
Stappe in ʼn dinkskrum (8 x 1) (10)
Beskryf die dinkskrumproses vir die groep.
Noem die basiese reëls wat gevolg moet word:
Wees onbevooroordeeld – moenie enigiemand kritiseer nie.
Laat jouself gaan – wag voordat jy ʼn idee bespreek.
Genereer soveel idees as moontlik.
Bou voort op die idees van andere.
Skryf al die idees neer soos hulle ontstaan
BIED DIE PROBLEEM VIR DIE GROEP AAN
STEL ‘N OPTEKENAAR AAN
STEL DIE PROBLEEM IN DUIDELIKE TERME EN BEGIN
90
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
SINTETISEER SOORTGELYKE IDEES
GROEPEER DIE GELYSTE IDEES IN DRIE GROEPE (Onmoontlik; Onwaarskynlik; Moontlik)
PRIORITISEER DIE BESTE IDEES
5. Omdat bestuurders en werknemers die steeds veranderende sakeomgewing waarin hulle funksioneer,
moet verstaan. √√
Om in ooreenstemming te wees met tegnologiese veranderinge√√ en om ʼn mededingende voordeel te
geniet√√ (2 x 2 = 4)
6. Politieke faktore
Ekonomiese faktore
Sosiale faktore
Tegnologiese faktore
Regsfaktore
Omgewingsfaktore (6)
7. Delphi-tegniek, Dinkskrum, Kragveldontleding, Inheemse oplossings plus beskrywings (4 x 4 = 16)
8. Roetinedenke beteken om dieselfde ding te doen en verskillende resultate te verwag. √√Skeppende
denke beteken om laterale denke te gebruik om probleme deur middel van redenering op te los en nuwe
oplossings te vind. √√ (4)
91
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 2 Stres- en krisisbestuur
Oorsig
Hierdie onderwerp behandel stres, die uitwerking daarvan in die werkplek en hoe om stres te
hanteer.
Stresbestuur Krisis- en
veranderingsbestu
Wat is stres? ur
Teorieë van
veranderingsbestu
Hoe om
ur
verandering te
bestuur en daarby
aan te pas
1 Begrippe wat met stres, krisis- en veranderingsbestuur verband hou
Stres kan fisiologiese veranderinge in die liggaam veroorsaak:
Versnelde hartklop
Spiere raak styf, gereed om te werk
Versnelde asemhaling
Skerper geheue en sintuie
Stres kan veroorsaak word deur HOE werk gedoen word, en WAAR werk gedoen word.
Kategorieë van stres:
Hoe die werk gedoen word Waar die werk gedoen word
Werkinhoud • Gebrek aan Loopbaanontwikkeling, • Werksekerheid
verskeidenheid status en betaling • Gebrek aan
• Onaangename take bevorderingsgeleenthede
• Gevaarlike take • Onderbevordering en
• Vervelige en oorbevordering
betekenislose take • Werk van lae sosiale
waarde
• Stukloonstelsels
•
Onduidelike/onregverdige
prestasie-
evalueringstelsel
92
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
• Om te geskoold of nie
voldoende geskoold vir
die werk te wees nie
Werklas en -plek • Om te veel of te min Rol in die organisasie • Onduidelike rol in die
om te doen hê organogram
• Onder tydsdruk te • Teenstrydige rolle in
werk dieselfde werk
• Verantwoordelikheid vir
mense
• Om altyd ander mense
se probleem te hanteer
Werksure • Streng werkskedules Interpersoonlike • Swak en onverskillige
• Lang ure om alleen te verhoudings toesighouding
werk • Swak verhoudings met
• Onvoorspelbare medewerkers
werksure • Treitering (om iemand
• Swak ontwerpte te dwing om iets teen
skofstelsels sy/haar wil te doen),
teistering en geweld
• Geïsoleerde of solitêre
(werk alleen) werk
• Geen proses om
probleme of klagtes te
hanteer nie
Deelname en beheer •Gebrek aan deelname Organisatoriese kultuur • Swak kommunikasie
in besluitneming • Swak leierskap
• Gebrek aan beheer • Gebrek aan
(byvoorbeeld, oor duidelikheid oor
werkmetodes, sakedoelwitte
werktempo en
werksure)
Huis versus werk • Eise van werk en huis
wat inmeng
• Geen ondersteuning by
die werk vir probleme by
die huis nie
• Geen ondersteuning by
die huis vir probleme by
die week nie
1.1 Strategieë om stres te bestuur
1.2.1 Persoonlike strategieë
Erken die tekens van stres en sy oorsake.
• Skep ʼn gebalanseerde en georganiseerde lewenstyl.
• Oefen gereeld en bly fiks.
• Eet ʼn gebalanseerde dieet.
• Kry genoeg slaap en ontspanning.
• Vervang negatiewe selfkritiek met positiewe gedagtes.
• Hou op om bekommerd te wees oor dinge wat buite jou beheer is.
93
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.2.2 Werkgebaseerde strategieë
Deel die werklas.
Kies en lei werkers behoorlik op.
Raadpleeg werkers oor werkpraktyke.
Bied skiktyd aan.
Verbeter werkersondersteuning.
Moedig samewerking en spanwerk aan.
Tref reëlings vir stresbeheeropleiding.
Verbeter toerusting en werksomstandighede.
Verbeter die bestuurders se begrip, kennis en vaardighede om werkstres te hanteer.
Implementeer werk- en bestuurstelsels.
Ontwikkel ʼn vriendelike en meer ondersteunende kultuur.
1.2.3 Maniere waarop stres sake beïnvloed
Afwesigheid
Swak oordeel
Griewe en klagtes
Konflik en interpersoonlike probleme
Klantediensprobleme
Weerstand teen verandering
1. 2 Krisis- en veranderingsbestuur
Voorbeelde van krisisse wat kan plaasvind:
Kort spertye
Diefstal
Siekte
Kragonderbrekings
Vandalisme
Stadiums in ʼn krisis
Stadium 1 Voor die krisis. Min waarskuwing voor die tyd.
Stadium 2 Waarskuwing. Duidelike aanduidings dat iets kan gebeur wat die sakeonderneming
skade kan berokken.
Stadium 3 Krisispunt. Die krisis begin om ʼn nadelige uitwerking op die sakeonderneming te
toon.
Stadium 4 Herstel. Die sakeonderneming is in staat om op die herstel van normale
sakebedrywighede te fokus.
Stadium 5 Postkrisis. Assessering van skade wat deur die gebeurtenis veroorsaak is, begin om
te herstel wat beskadig is en oorweging van ʼn gebeurlikheidsplan om ʼn soortgelyk krisis in die
toekoms te verhoed of dit te hanteer.
94
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.3 Veranderingsbestuur
Veranderingsbestuur behels die volgende:
Om ʼn krisis te identifiseer.
Om ʼn reaksie te beplan.
Om op ʼn skielike gebeurtenis te reageer wat ʼn aansienlike bedreiging vir die
sakeonderneming kan wees.
Om skade te beperk.
Om ʼn individue of span te kies om die krisis te hanteer.
Om die krisis op te los.
1.4. Teorieë van veranderingsbestuur
Sakeprosesregeniëring (SPR)
Sakeprosesse moet verbeter word ten einde verandering doeltreffend te hanteer selfs al is
individue gemotiveer en bereid om hard te werk en verandering te hanteer.
ʼn Klein verandering in prosesse kan ʼn dramatiese invloed op kontantvloei, dienslewering en
kliënttevredenheid hê.
Totale gehaltebestuur (TGB)
Die bestuur en werknemers van ʼn sakeonderneming werk saam om prosesse, produkte,
dienste en die kultuur waarin hulle werk, te verbeter.
As al die sakeprosesse die eerste keer reg gedoen word, sal defekte en verkwisting tot ʼn
minimum beperk word.
Die Kaizen-model
Die Kaizen-model is op die volgende vyf elemente gebaseer:
Gehaltegroepe vergader om gehaltevlakke in hulle afdelings te bespreek.
Sterk moreel onder werknemers is baie belangrik. Bestuurders moet voortdurend op die
hoogte wees van die moreel van hulle werknemers.
Spanwerk is noodsaaklik.
Persoonlike dissipline van elke werknemer verseker dat ʼn span sterk bly.
Voorstelle vir verbetering van alle werknemers.
John Kotter se Veranderingsmodel
Agt stappe wat gedoen moet word ten einde veranderingsbestuur suksesvol te bestuur:
Vestig ʼn gevoel van dringendheid onder werknemers om verandering te hanteer.
Bestuur en werknemers moet saamwerk.
Skep ʼn duidelike visie vir die sakeonderneming.
Kommunikeer en verduidelik die visie aan al die werknemers.
Maak dit vir alle werknemers moontlik om op die visie te reageer.
Beplan en skep korttermyndoelwitte en -suksesse.
Kombineer alle veranderings en bring selfs meer verandering te weeg.
Maak nuwe benaderings deel van die sakeonderneming se standaardprosedures.
95
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Hoe om verandering te hanteer en daarby aan te pas
2.1 Redes vir weerstand teen verandering
Sekuriteitsverlies
Vrees vir ekonomiese verlies
Verlies van mag en beheer
Teësinnig om ou gewoontes te verander
Bewustheid van swakhede in die voorgestelde verandering
Portuurdruk
Tydsberekening en omvang van verandering
Misverstand
2.2 Die sewe stadiums om by verandering aan te pas
1. Immobiliteit, nie in staat om iets te doen nie
2. Ontken dat daar ʼn probleem is
3. Gebrek aan selfvertroue of depressie
4. Aanvaar die realiteit en die behoefte aan verandering
5. Toets jouself en maak veranderinge
6. Soek sin en redes vir die verandering wat plaasgevind het
7. Internaliseer die veranderinge wat gemaak is
2.3 Verandering in die werkplek
Veranderinge in die werkplek vind op ʼn voortdurende grondslag plaas en gee aanleiding tot
stres en die behoefte aan veranderingsbestuur.
2.3.1 Werkloosheid
Werkloosheid is ʼn groot sosiale probleem wat vererger het sedert die globale finansiële
krisis van 2008
Suid-Afrika het ʼn geraamde werkloosheidskoers van 24.9%.
Suid-Afrika se arbeidswetgewing vereis dat werkgewers en werknemers tot die
Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) moet bydra.
Werkers ontvang finansiële bystand gedurende tye van werkloosheid van die WVF.
2.3.2 Uitdiensstelling
Sakeondernemings word soms genoodsaak om hulle kapasiteit af te skaal of te verminder.
Hulle kan gevolglik werknemers vra om vrywillig uit diens gestel te word. Dit sluit ʼn vrywillige
skeidingspakket in.
Die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet 66 van 1995) bepaal dat ʼn sakeonderneming ʼn minimum
uitdiensstellingsbetaling aan ʼn werknemer moet maak gebaseer op die aantal jare wat hy/sy vir
die onderneming gewerk het. Mense wat uit diens gestel word en wat nie ʼn ander werk in die
formele sektor kan vind nie, kan aanpas deur hulle eie besigheid te begin.
2.3.3 Afdanking
ʼn Werknemer kan om die volgende redes afgedank word:
Onbekwaamheid
Wangedrag
Bedryfsredes
96
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Indien werknemers voel dat hulle onregverdig afgedank is, kan hulle by die Kommissie vir
Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) om ʼn billike verhoor aansoek doen.
2.3.4 Regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging (SEB)
Die regering het wette afgekondig rakende regstellende aksie en swart ekonomiese
bemagtigingsbeleide ten einde die lewens van voorheen benadeelde Suid-Afrikaners te
verander.
Die Diensbillikheidswet van 1998 is daarop gemik om weg te doen met onregverdige
diskriminasie, diensgelykheid te verseker en om ʼn diverse werkplek te bereik wat meer
verteenwoordigend van Suid-Afrika se bevolking is.
Die Wet op SEB (Wet 53 van 2003) is daarop gemik om ʼn meer gelyke verdeling van welvaart
in ʼn vryemarkomgewing te bevorder deur die ekonomiese bemagtiging van voorheen
benadeelde individue aktief te ondersteun en te begunstig. Sakeondernemings wat aan die
SEB-vereistes voldoen kry voorkeur wanneer dit kom by die uitreiking van tenders deur die
regering, verkrygingskontrakte en lisensies (bv. casinolisensies en selfoonlisensies).
Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV)
Die WAV verbied onbillike diskriminasie teen ʼn werknemer op grond van ras, geslag, etniese of
sosiale afkoms, geslagsoriëntering, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, politieke
oortuigings, kultuur, taal, huwelikstatus of gesinsverantwoordelikheid, ongeag of dit direk of
indirek is.
2.3.5 Globalisering
Globalisering beteken die beweging tussen lande van mense, goedere, kapitaal en
idees.
Globalisering vind plaas weens toenemende ekonomiese integrasie, verbetering in
tegnologie en ʼn vermindering van handelsversperrings.
Groter markte kan groter winste beteken en toenemende ekonomiese groei maar
sakeondernemings moet meer bewus wees van wat rondom die wêreld hulle gebeur.
Baie Suid-Afrikaanse sakeondernemings verkoop hulle produkte oral in die wêreld maar
Suid-Afrikaanse besigheid moet ook met invoere uit ander lande meeding.
Mededinging deur lande soos China is ʼn bedreiging vir plaaslike sakeondernemings.
97
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Einde van onderwerp Vrae
1. Omskryf uitdiensstelling. (2)
2. Watter veranderinge het regstellende aksie te weeg gebring? (4)
3. Noem drie kategorieë van verandering (6)
4. Lys vyf elemente van die Kaizen-model. (10)
5. Verduidelik drie wette wat verandering en regstellende aksie in die werkplek skep. (12)
6. Hoe verskil probleem en krisisse? Gee ʼn voorbeeld. (6)
7. Omskryf regstellende aksie. (2)
8. Verduidelik drie redes vir afdanking. (6)
Einde van onderwerp Antwoorde
1. Uitdiensstellling vind plaas wanneer sakeondernemings hulle kapasiteit moet afskaal of
verminder.√√ (2)
2. Gelykheid in die werkplek, √√ wette om swart ekonomiese bemagtiging aan te moedig √√ (of
lys enige van hierdie wette) (4)
3. Sakeprosesregeniëring, √√ Totale Gehaltebestuur, √√ Kaizen-model, John Kotter se model.
√√ (3 x 2 = 6)
4. Gehaltegroepe vergader om vlakke van gehalte in hulle afdelings te bespreek. √√
Sterk moreel onder werknemers is belangrik. √√
Bestuurders moet voortdurend op die hoogte van hulle werkers se moreel wees. √√
Spanwerk is noodsaaklik. √√
Persoonlike dissipline van elke werknemer verseker dat ʼn span sterk bly. √√
Voorstelle vir verbetering van alle werknemers. √√ (5 x 2 = 10)
5. Die Diensbillikheidswet van 1998, √√ Die SEB Wet 53 van 2003, √√ Die Wet op
Arbeidsverhoudinge (WAV) √√ (3 x 2 = 6)
6. ʼn Probleem is ʼn moeilikheid wat dalk nie onmiddellike ingryping benodig nie. √√ ʼn Krisis vind
plaas wanneer die probleem onmiddellik hanteer moet word. √√ Byvoorbeeld ʼn verlangsaming
in sakeondernemings is ʼn probleem maar indien besigheid geheel en al tot stilstand kom dan
word dit ʼn krisis. √√ (6)
7. Regstellende aksie is ʼn proses wat deur wette geïmplementeer word om aan ongelykhede in
die werkplek in die verlede aandag te gee. √√ (2)
8. Onbekwaamheid, √√ Wangedrag, √√ Bedryfsredes. √√ (3 x 2 = 6)
98
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 3 Transformasie van ʼn
sakeplan in ʼn aksieplan
Oorsig
Onderwerp 3 identifiseer metodes om ʼn sakeplan in ʼn aksieplan te omskep.
Inhoud van ʼn
sakeplan
Beplanningsinstrumen Transformasie van ʼn sakeplan
te
Gantt-kaarte of - betrokke stappe
Werkuiteensettingstruk
ture (WUS)
Tydlyne Gebruik van samewerkende
Projekbeplanning spanwerk
Knelgangontleding
PERT-ontleding
1 Transformasie van ʼn sakeplan in ʼn aksieplan
1.1 Die stappe om ʼn sakeplan in ʼn aksie plan te omskep
1. Omskryf die omvang van die projek.
• Wat is die doel daarvan?
• Wat is die eerste en laaste aktiwiteite?
2. Ontwikkel ʼn uiteensettingstruktuur.
3. Sit die projek in kleiner aktiwiteite uiteen.
4. Bepaal tydsraamwerke, en werk uit hoe lank elke aktiwiteit sal neem.
5. Stel mikpunte.
6. Besluit oor aanspreeklikhede, wie gaan verantwoordelik wees vir die besluite wat geneem is.
7. Bereken die finansiële, menslike en tegniese hulpbronne wat jy gaan benodig.
8. Stip die aktiwiteitskedule op ʼn Gantt-kaart uit.
9. Implementeer die projekplan.
99
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
10. Kommunikeer en gaan vordering na.
1.1.1 ʼn Werkuiteensettingstruktuur word gebruik om:
• ʼn projek in beheerbare gedeeltes te verdeel
• ʼn skedule vir ʼn Gantz- of knelgangontledingskaart te ontwikkel
• verantwoordelikhede aan personeel toe te wys.
1.2 Inhoud van ʼn sakeplan
ʼn Sakeplan moet die volgende bevat:
voorblad – sluit sakebesonderhede en kontaknommers van die eienaar(s) in
inhoudsopgawe
ʼn uitvoerende opsomming
beskrywing van die sakeonderneming, insluitend die vorm van eienaarskap en
beskrywing van die produk of diens
ʼn produksie- of bedryfsplan
ʼn bestuursplan
ʼn markontleding en bemarkingsplan
ʼn finansiële plan
regsvereistes
SWOT-ontleding
stawende dokumente, byvoorbeeld kopieë van kontrakte, planne en diagramme.
1.3 Projekbestuur en beplanning
Projekbestuurvaardighede is nodig om die sakeplan in ʼn aksieplan te omskep.
Dit sluit in die gebruik van kennis, vaardighede en instrumente om aktiwiteite te beplan en te
implementeer sodat die doelwitte van ʼn spesifieke projek bereik kan word. ʼn Goeie
projekbestuurder sal:
die hulpbronne identifiseer wat benodig word, soos die mense, begroting en tyd
tyd toelaat vir beraadslaging, goedkeurings en om finansiële hulp soos banklenings te
kry
ʼn werkskedule voorberei wat die hoofaktiwiteite vir elke plan identifiseer
terugwerk om tydsraamwerke voor te berei
elke hoofaktiwiteit ontleed deur dit in kleiner aktiwiteite op te breek
besluit wie elke aktiwiteit moet laat gebeur en teen wanneer
ʼn begroting vir elke deel van die aksieplan toewys
ʼn geprojekteerde inkomstestaat van die sakeplan skep om finansiële inligting te verskaf
kontrolemetodes ontwikkel om probleme uit te lig
risiko’s identifiseer en vir onvoorsiene gebeure vooruit beplan
die plan gereeld nagaan.
1.4 Aksieplan
ʼn Aksieplan word benodig om die sakeplan te implementeer en te wys hoe aktiwiteite
georganiseer gaan word om die doelwitte van die sakeplan te bereik.
Voorbereiding van ʼn aksieplan:
Die aksieplan is op ʼn aantal vrae gebaseer:
100
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Wat moet gebeur?
Wie is verantwoordelik?
Wanneer sal die aktiwiteit begin?
Wanneer sal die aktiwiteit eindig?
Het die aktiwiteit plaasgevind of wat het verkeerd geloop? (aanteken en nagaan)
Voordele van ʼn aksieplan
ʼn Aksieplan maak dit maak dit moontlik dat projekte binne ʼn spesifieke tydperk voltooi kan word.
Dit help die persoon wat vir die bereiking van sekere doelwitte verantwoordelik is om meer
georganiseerd te wees.
Dit is ʼn beheermaatreël waarteen standaarde en prestasie gemeet kan word.
Dit prioritiseer aktiwiteite volgens hulle belangrikheid.
101
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Beplanningsinstrumente
2.1 Tydlyne
ʼn Tydlyn is ʼn lyn waarop tyd en aktiwiteite aangedui word. Dit is ʼn eenvoudige instrument wat al
die aktiwiteite lys wat gedoen moet word asook die datumvolgorde waarin hulle voltooi moet
word.
2.2 Taakontleding
Taakontleding evalueer verskillende take.
Afhanklike take is take wat nie kan begin voordat ander take nie voltooi is nie.
Parallelle take is take wat op dieselfde tyd as ander take gedoen kan word.
2.3 Gantt-kaarte en werkuiteensettingstrukture (WUS)
Gantt-kaarte is staafgrafieke of grafieke wat die duur van elke taak toon teenoor die progressie
van tyd. Dit is instrumente wat dikwels deur projekbestuurders in hulle beplanning gebruik word
om verskillende take in ʼn projek te koördineer en na te gaan.
Voordele van Gantt-kaarte
Hulle is maklik om voor te berei.
Hulle is maklik om te lees en te verstaan.
Gebeure word in chronologiese volgorde gewys.
Die tyd wat vir ʼn aktiwiteit benodig word, word visueel aangedui.
Bestuurders en spanlede kan sien watter aktiwiteit op dieselfde tyd plaasvind
(gelyktydig).
Spanlede kan sien wie vir elke aktiwiteit verantwoordelik is.
Hulle toon die vordering van die aktiwiteit.
Onderling verbonde take kan met een oogopslag gesien word.
Meer inligting kan ingesluit word deur kleurkodering en sleutelsimbole te gebruik.
Indien aanpassings gemaak moet word, is dit maklik om die uitwerking op die ander
aktiwiteite te sien.
102
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2.4 Knelgangontleding (KGO)
Dit is veral nuttig vir groot projekte aangesien dit die maksimum tyd bereken wat nodig is om
elke taak te voltooi en dit identifiseer ook take wat uitgestel kan word.
2.5 PERT-ontleding
PERT staan vir "programme evaluation and review technique" wat aan die einde van die
vyftigerjare ontwikkel is. ʼn PERT-netwerk is ʼn diagram wat soos ʼn vloeikaart lyk. Dit wys die
volgorde van die aktiwiteite wat nodig is om ʼn projek te voltooi asook die tyd of koste van elke
aktiwiteit. Wanneer ʼn PERT-netwerk gebruik word, moet ʼn projekbestuurder dink aan wat
gedoen moet word, bepaal watter gebeure van mekaar afhanklik is, en dan enige potensiële
konflikpunte identifiseer. Ten einde ʼn PERT-netwerk op te stel, moet jy drie terme ken:
gebeurtenisse, aktiwiteite en knelgang.
• Gebeurtenisse is eindpunte wat aandui dat belangrike aktiwiteite voltooi is.
• Aktiwiteite is die aksies wat plaasvind.
• Die knelgang is die langste of mees tydrowende volgorde van gebeure en aktiwiteite wat nodig
is om die projek te voltooi in die kortste hoeveelheid tyd.
103
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4 Samewerkende spanwerk
Wanneer daar met ander as ʼn span saamgewerk word om aksieplanne te skep, moet die
spanne die volgende vrae vra:
• Wat is die hoofdoelwitte en missieverklaring van ons projek?
• Hoeveel tyd het ons om saam te werk?
• Watter inligting, hulpbronne en mag het ons nodig om ons projek se doelwitte en missie te
implementeer?
• Wat is die moontlike hindernisse om ons projek se doelwitte te bereik?
• Is daar alternatiewe handelswyses?
Nadat die belangrikste doelwitte geïdentifiseer is, kan die spanne in klein groepe opbreek.
Einde van onderwerp Vrae
1. Omskryf ʼn werkuiteensettingstruktuur (WUS). (6)
2. Omskryf ʼn Gantt-kaart (6)
3. Omskryf die knelgangmetode (KGM). (6)
4. Omskryf die programevaluerings- en oorsigtegniek (PERT). (6)
5. Verduidelik die rol van aksieplanne in ʼn sakeplan (10)
6. Lys vyf take van ʼn goeie bestuurder (10)
104
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Einde van onderwerp Antwoorde
1. ʼn Werkuiteensettingstruktuur verdeel die werk in beheerbare stukke √√ wys
verantwoordelikhede aan personeel toe√√ en laat toe dat ʼn aksieplan soos GATT
geïmplementeer kan word. √√ (6)
2. Gantt-kaarte is staafgrafieke of grafieke √√wat die duur van elke taak wees teenoor die
progressie van tyd. √√ Dit is instrumente wat dikwels deur projekbestuurders in hulle beplanning
gebruik word om die verskillende take in ʼn projek te koördineer en na te gaan. √√ (6)
3. KGO bereken die maksimum tyd wat dit nee mom elke taak te voltooi, √√ en identifiseer take
wat uitgestel kan word. √√ Dit is nuttig vir groot projekte. √√ (6)
4. ʼn PERT-netwerk is ʼn diagram wat soos ʼn vloeidiagram lyk. √√ Dit wys die volgorde van die
aktiwiteite wat gedoen moet word om ʼn projek te voltooi√√ en die tyd of koste van elke aktiwiteit.
√√ (6)
5. ʼn Aksieplan word benodig om die sakeplan te implementeer√√ en wys hoe aktiwiteite
georganiseer gaan word √√ om die doelwitte van die sakeplan te bereik √√ (6)
6. Identifiseer die hulpbronne wat benodig word, soos die mense, begroting en tyd. √√
Laat tyd toe vir beraadslagings, goedkeurings en om finansiële hulp soos banklenings te kry. √√
Berei ʼn skedule voor wat die hoofaktiwiteite van elke plan identifiseer. √√
Werk terug om tydraamwerke voor te berei. √√
Ontleed elke hoofaktiwiteit deur dit in kleiner aktiwiteite op te breek. √√
Besluit wie elke aktiwiteit laat gebeur en teen wanneer. √√
Wys ʼn begroting vir elke deel van die aksieplan toe. √√
Skep ʼn geprojekteerde inkomstestaat van die sakeplan om finansiële inligting te verskaf. √√
Ontwikkel kontrolemetodes om probleem uit te lig. √√
Identifiseer risiko’s en beplan vir onvoorsiene gebeurtenisse. √√
Gaan die plan gereeld na. √√ (5 x 2 = 10)
105
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 4 Begin ʼn sakeonderneming
Oorsig
Onderwerp 11 bespreek maniere om ʼn sakeonderneming te begin en kyk na die kwessie van
befondsing.
Aksieplanne Begin van ʼn Verkryging van befondsing
sakeonderneming eie of geleen
strategieë vir
vorms van geleende
bemarking, bestuur,
kapitaal
produksie en
finansiering
1 Gebruik van ʼn aksieplan
Baie sakeondernemings misluk binne die eerste vyf jaar as gevolg van ʼn gebrek aan behoorlike
beplanning.
Aksieplanne moet geskep word. ʼn Aksieplan is ʼn plan met identifiseerbare doelwitte en
mikpunte om ʼn spesifieke uitkomste te bereik.
1.1.1 Omgewingsondersoek
Soek inligting oor tendense in die mark en die eksterne omgewing:
Inligting oor die lewensvatbaarheid van die produk of dien insluitend mededingers,
grootte van die mark, verskaffers, werknemers en finansiële instellings.
Die eksterne omgewing insluitend die politieke, ekonomiese, sosiale en tegnologiese
omgewings.
1.1.2 Stel sakedoelwitte met die SMARTER-doelwitbenadering
S - spesifiek – ʼn doelwit moet gedefinieer kan word.
M - meetbaar – die doelwit moet kwantifiseerbaar wees.
A - bereikbaar (achievable) – die sakeonderneming moet die vermoë hê om die doelwit te
bereik.
R- realisties - dit moet moontlik wees om dit te doen.
T - tydsbeperk – die doelwit moet binne ʼn bepaalde tydsraamwerk bereik word.
E- eties – die doelwit moet op ʼn etiese manier bereik word.
R - aantekenbaar (recordable) – die doelwit moet aangeteken word sodat dit nagegaan kan
word.
106
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Verander ʼn sakeplan in ʼn aksieplan
2.1 Bestuurstrategie
Hoe gaan die sakeonderneming georganiseer word?
Hoe gaan die sakeonderneming bestuur en bedryf word?
Watter sake-ondervinding en kwalifikasies het die entrepreneur nodig of het hy reeds?
Watter voorbedryfsaktiwiteite moet plaasvind voordat die sakeonderneming bedryf kan
word?
Watter voorbedryfskoste kan verwag word?
Watter vaste bates het die sakeonderneming nodig?
Watter administratiewe koste sal aangegaan moet word?
2.2 Bemarkingstrategie
Wat is die produk?
Hoe vergelyk dit ten opsigte van gehalte en prys met mededingers se produkte?
Waar is die sakeonderneming geleë?
Binne die markgebied, aan wie gaan die sakeonderneming sy produkte verkoop?
Is dit moontlik om te beraam hoeveel van die produk tans verkoop word?
Watter aandeel van hierdie mark kan deur die sakeonderneming verkry word?
Wat is die verkoopsprys van die produk?
Hoeveel van die produk kan verkoop word?
Watter promosiemaatreëls gaan getref word om die produk te verkoop?
Watter bemarkingstrategie is nodig om te verseker dat verkoopsvoorspellings bereik
word?
Hoeveel geld het jy nodig om die produk te bevorder en te versprei?
2.3 Finansiële strategie
Wat is die totale kapitaalvereiste?
Word ʼn lening benodig?
Watter sekuriteit (aanvullende sekuriteit) kan vir die bank gegee word?
Wat wys die geprojekteerde inkomstestaat, kontantvloeistaat en balansstaat?
Wat is die lening se terugbetalingskedule?
Wat is die gelykbreekpunt waar die vlak van inkomste van verkope gelyk is aan die
totale bedryfskoste van die sakeonderneming?
Wat is die opbrengs op belegging van die geld wat verdien word deur in die
sakeonderneming te belê?
2.4 Produksiestrategie
Wat is die produksieproses?
Watter geboue en masjinerie word benodig en wat kos hulle?
Wat is die nuttige lewensduur van die geboue en masjinerie?
Hoe vind instandhouding plaas en watter onderdele is redelik beskikbaar?
Wanneer en waar kan masjinerie verkry word?
Hoeveel kapasiteit sal gebruik word?
Hoe gaan die fabriek opgestel word?
Hoe sal grondstowwe verkry word? Hoeveel gaan dit kos?
Hoeveel arbeid word benodig? Watter vaardighede word vereis?
107
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Wat gaan die arbeidskoste wees?
Hoe gaan werkers gemotiveer word?
Wat is die uitgawes om die fabriek te bedryf?
Wat is die produksiekoste per eenheid?
3 Verkryging van befondsing
3.1 Ekwiteitskapitaal (eie fondse)
Eienaars van ʼn sakeonderneming kan hulle eie fondse verskaf wat van hulle spaargeld
kan wees of winste wat hulle sakeonderneming genereer.
Die tipe eienaarskap wat die sakeonderneming kies sal die bron van befondsing bepaal.
Byvoorbeeld, alleenhandelaars, vennote of beslote korporasies verskaf hulle eie
kapitaal. Aandeelhouers voorsien fondse aan maatskappye.
Die voordeel van die gebruik van eie fondse is dat geen rente op daardie geld
betaalbaar is nie.
3.2 Geleende kapitaal (fondse)
Geleende kapitaal is geld wat die besigheid van individue of finansiële instellings soos
banke leen. Banke sal slegs geld vir ʼn besigheid leen as hulle oortuig is dat dit goed
bestuur sal word en waarskynlik ʼn wins sal maak.
Die nadeel van geleende geld is dat die skuld met rente terugbetaal moet word.
3.3 Vergelyking van die kenmerke van eie kapitaal versus geleende kapitaal
Eie kapitaal Geleende kapitaal
Dit is van ʼn permanente aard. Dit kan kort termyn, medium termyn of
Dit word selde onttrek. lang termyn wees.
Dit ontvang vergoeding in die vorm van Dit kan gereeld onttrek word.
dividend en groei in waarde. Rente word op geleende kapitaal
Bestuurders (eienaars) het beheer betaal.
daaroor. Geleende kapitaal het min of geen
Wanneer die sakeonderneming gesluit beheer oor die bestuur van die
word, word eie kapitaal laaste aan die sakeonderneming nie
eienaars(s) betaal. Geleende kapitaal beskik oor ʼn
voorkeureis, met ander woorde dit
moet eerste terugbetaal word voor die
eienaar se eie kapitaal.
108
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4. Bronne van befondsing
4.1 Ekwiteitskapitaal
Ekwiteitsfinansiering is geld wat self deur die eienaar van die klein sakeonderneming verkry is
of van ander beleggers (soos familie en vriende).
Voordeel: die eienaar is vry om sy of haar eie besluite te neem.
Nadeel: indien die eienaarskap gedeel word, verminder dit eienaarskapsbelang en -beheer,
aangesien die beleggers ʼn sê in sakebesluite kry.
4.2 Lenings
Lenings is geld wat by finansiële instellings geleen word.
Dit moet oor ʼn spesifieke tydperk terugbetaal word.
Korttermynlenings is gewoonlik vir een jaar of minder.
Langtermynlenings vir meer as ʼn jaar uitgeneem.
Die rentekoers op lenings kan vaste rente of saamgestelde rente wees.
Verbandlenings wat ook verbande genoem word, is lenings wat gebruik word om die
koop van vaste bates soos eiendom te finansier. Hulle het ʼn spesifieke betaaltydperk en
rentekoers.
Banke bied ook korttermynlenings in die vorm van ʼn bankoortrekking aan.
4.3 Skuld
Afbetalingsverkoopooreenkomste – word gebruik wanneer ʼn sakeonderneming duur items
koop en nie genoeg kontant het om dit te doen nie. Die verskaffer laat die sakeonderneming toe
om ʼn deposito te betaal. Die uitstaande saldo plus rente word oor ʼn ooreengekome tydperk in
paaiemente afbetaal. Indien die sakeonderneming nie betaal nie, kan die verskaffer die items
terugneem. Die sakeonderneming word die eienaar van die items wanneer die laaste paaiement
betaal is.
Bruikhuur – ʼn ooreenkoms waar die sakeonderneming (die huurder) ʼn item soos ʼn
fotokopieermasjien hulle in plaas om dit te koop. Die sakeonderneming betaal ʼn maandelikse
paaiement (aan die verhuurder) vir die gebruik van die item. Die item word gewoonlik aan die
einde van die tydperk aan die verhuurder teruggegee.
Skuldbriewe – ʼn maatskappy leen geld van die publiek. Die houers van skuldbriewe ontvang ʼn
vaste rente op hulle geld vir ʼn vaste tydperk. Die maatskappy moet die som geld wat geleen is
aan die einde van die ooreengekome tydperk terugbetaal.
Handelskrediet – verskaffers kan aan ʼn sakeonderneming handelskrediet gee. Die
sakeonderneming kan goedere en dienste koop en later daarvoor betaal.
4.4 Ander bronne van befondsing/kapitaal
Vriende en familie kan die eienaar van ʼn sakeonderneming met fonds behulpsaam
wees. Die terugbetalingsooreenkoms kan buigsaam wees met baie lae rentekoerse of
geen rente nie.
109
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Waagkapitaalmaatskappye/ondernemingskapitaliste kan befondsing vir ʼn nuwe
sakeonderneming aanbied. ʼn Risikokapitale het gewoonlik ʼn sê in die sakebesluite. Dit
is ʼn hoërisikobelegging vir die risikokapitalis met potensieel hoë opbrengste. Die
hoeveelheid opbrengs wat hulle verwag hang af van die risiko.
Regeringstoelaes – Die Departement van Handel en Nywerheid in Suid-Afrika gee
kontantaansporings aan nuwe en bestaande sakeondernemings in Suid-Afrika wat
daarvoor in aanmerking kom.
Einde van onderwerp Vrae
1. Omskryf ʼn aksieplan. (5)
2. Noem vier strategieë wat by ʼn aksieplan ingesluit moet word. (8)
3. Wat word in die bemarkingstrategie van ʼn aksieplan ingesluit? (22)
4. Lys vier tipes geleende kapitaal. (8)
5. Noem vier tipes skuld wat gebruik kan word om finansiering te verskaf. (8)
6. Watter regeringsbystand is vir nuwe sakeondernemings beskikbaar? (2)
Einde van onderwerp Antwoorde
1. ʼn Aksieplan is ʼn plan√ met identifiseerbare doelwitte en teikens (mikpunte)√√ om ʼn
spesifieke uitkomste te bereik.√√ (5)
2. Bemarking, bestuur, √√ produksie√√ en finansieel √√ (8)
3. Wat is die produk? √√ Hoe vergelyk dit ten opsigte van gehalte en prys met mededingers se
produkte? √√Waar is die sakeonderneming geleë? √√ Aan wie gaan die sakeonderneming sy
produkte binne die markgebied verkoop? √√ Is dit moontlik om te beraam hoeveel van die
produk tans verkoop word? √√Watter aandeel van hierdie mark kan deur die sakeonderneming
verkry word? √√ Wat is die verkoopsprys van die produk? √√Hoeveel van die produk kan
verkoop word? √√Watter promosiemaatreëls sal getref word om die produk te verkoop? √√
Watter bemarkingstrategie word benodig om te verseker dat verkoopsvoorspellings bereik
word? √√Hoeveel geld het jy nodig om die produk te bevorder en te versprei? √√ (22)
4. banklenings, √√bankoortrekking, √√skuldbriewe, √√verbande√√ (8)
5. Kredietkaart, √√ bankoortrekkingsfasiliteit, √√ bruikhuurooreenkomste, √ √handelskrediet, √ √
afbetalingsooreenkomste √ √ (4 x 2 = 8)
6. Die Departement van Handel en Nywerheid in Suid-Afrika gee kontantaansporings aan nuwe
en bestaande sakeondernemings in Suid-Afrika wat daarvoor in aanmerking kom. √√ (2)
110
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 5 Professionalisme en etiek
Oorsig
Onderwerp 12 behandel die teorieë en beginsels van professionalisme en etiek en
ondersoek hoe hulle met die sakeomgewing verband hou.
Professionalisme Etiek
betekenis van professionalisme betekenis van etiek
beginsels van goeie en slegte beginsels
besluitneming etiese sakeondernemings
1 Toepassing van beginsels en vaardighede
Die beweging in die rigting van meer verantwoordelike sakepraktyke word sake-etiek,
korporatiewe etiek of korporatiewe sosiale en omgewingsverantwoordelikheid genoem.
Professionalisme in die werkplek beteken die manier waarop sakebestuurders en werknemers
hulle gedra. Dit sluit in etiese gedrag, voorkoms, kommunikasie, houding, verantwoordelikheid,
kennis, vaardigheid, integriteit, respek, etiket en lojaliteit.
Professionalisme behels om jou werk ernstig op te neem, om jou kollegas en klante te
waardeer en te respekteer en om ʼn ambassadeur vir jou maatskappy te wees.
Etiek beteken ʼn morele kode gebaseer op ʼn stel waardes. ‘n Etiese Kode beskryf die
gepaste gedrag wat van werknemers in die werkplek verwag word.
1.1 Etiese teorieë
Etiese teorieë kan gegroepeer word in dié wat gedrag beheer en dié wat karakter beheer.
Etiese teorieë wat gedrag beheer
Utilitêre teorie – gebaseer op gevolge
Deontologiese teorie – gebaseer op plig
111
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Etiese teorieë wat karakter beheer
Teorie gebaseer op deugsaamheid
Sorgteorie
1.2 Beginsels van etiek en hoe hulle met die sakeomgewing verband hou
Wees betroubaar
Kom verpligtinge na
Gemeenskapsbetrokkenheid
Rekeningkundige kontrole
1.3 Beginsels van professionalisme en hoe hulle met die sakeomgewing verband
hou
Fokus – Die fokus moet op die werk voorhande wees eerder as op die lewens van die
mense wat by daardie werk betrokke is.
Verhoudings – Professionalisme stel grense daar vir gepaste verhoudings in die
werkplek.
Respek – Mense wat professionalisme beoefen, beoefen ook respek.
Bedelorde – Om professioneel te wees, moet die bedelorde vir die korrekte hantering
van probleme gevolg word.
Aanbieding – Aanbieding van ʼn professionele beeld vir klante verhoog die klantebasis.
Kennis en vaardigheid – Dit is belangrik om die gepaste kwalifikasies en vaardighede
vir die toepaslike werk of beroep te hê.
1.4 Onderskeid tussen goeie en swak besluite
Hoe sal hierdie besluit die grootste aantal mense affekteer?
Wat sal die gevolge van die besluit wees?
Hoe sal die publiek oor die besluit voel?
Gee die besluit weer wat in die Etiese Kode van die sakeonderneming voorgestaan
word?
Is die besluit wat geneem is binne die grense van die wet?
1.5 Beginsels en vaardighede van professionele, verantwoordelike, etiese en
doeltreffende sakepraktyk
1.5.1 Morele absolutisme versus morele relativisme
Morel absolutisme beteken ʼn stel morele waarhede wat op alle mense in alle situasies op
enige plek in die wêreld van toepassing is.
Morele relativisme beteken dat verskillende morele waarhede op verskillende mense van
toepassing is.
112
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Volgens morele absolutisme is kinderarbeid altyd verkeerd. Morele relativisme kyk na die
individuele situasie waar die kind dalk die enigste broodwinner in die gesin is omdat albei ouers
oorlede is. In Derdewêreldlande het hierdie kinders geen ander middel van inkomste nie en
daarom moet hierdie weeskinders werk ten einde kos te kan koop. Kinderarbeid is onwettig in
Suid-Afrika.
doen niks wat klante of die omgewing
nadelig kan beïnvloed nie
doen sake met respek
maak jou sakeonderneming deursigtig
Beginsels van hou jou finansies skoon
goeie sake-etiek en
sorg dat jou sakeonderneming wettig is
professionalisme
moenie mense misly nie
wees regverdig
neem geen besluite wat teenstrydig is met
jou persoonlike waardes nie
113
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Etiese sakeondernemings
Etiese kwessies het betrekking op die interne belanghebbers van die werkplek, die werkgewers
en die werknemers.
Diefstal, korrupsie, bedrog, nepotisme, onbillike ontslag, teistering, rasisme, wanbestuur
van fondse, diskriminasie en afdanking van ʼn werknemer vir onthulling of klik.
Etiese kwessies wat met eksterne belanghebbers in die korporatiewe wêreld verband hou
Reklame, persoonlike verkoop, verskaffers, kontrakte en prysbepaling.
ʼn Sakeonderneming kan nie as eties beskou word indien hy onetiese praktyke deur sy
verskaffers ignoreer. Die volgende sakepraktyke word as oneties beskou:
Gebruik van kinderarbeid en dwangarbeid.
Produksie in hongerwerkfabrieke waar mense 12 tot 13 uur per dag werk, 7 dae per
week teen ʼn loon onder die minimum loonvlak is ʼn skending van die basiese regte van
werkers.
Om gesondheids-, veiligheids- en omgewingstandaarde te ignoreer.
Einde van onderwerp Vrae
1. Skryf ʼn paragraaf wat beskryf wat etiek is en gee voorbeelde. (8)
2 Gee twee voorbeelde van etiese sakepraktyke. (2)
3 Beskryf wat bedoel word met perspektief op etiek. (3)
4 Noem vyf beginsels van goeie sake-etiek en professionalisme wat jy dink van
toepassing kan wees op ʼn sakeonderneming wat behuising ontwikkel. (10)
5 Omskryf professionalisme. (2)
6 Wat is die hoofdoel van die meeste sakeondernemings, en hoe skep dit probleem
vir sake-etiek? (4)
7 Waarom word sake-etiek al hoe meer belangrik vir besighede vandag? (4)
114
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Einde van onderwerp Antwoorde
1. Etiek beteken ʼn morele kode gebaseer op gestelde waardes. √√ ʼn Etiese Kode beskryf
die gepaste gedrag wat van werknemers in die werkplek verwag word. √√ ʼn Voorbeeld
hiervan sou wees om eerlik te wees en nie die maatskappy se skryfbehoeftes te stel nie. √√
Onetiese gedrag sou wees om oneerlik in ʼn saketransaksie te wees. √√ (8)
2. Om ʼn billike prys te vra, om ʼn gedeelte van winste vir liefdadigheid te gee, om
werknemers te help wat persoonlike probleme het – enige soortgelyke antwoord – √√ (2)
3. Verskillende mense het verskillende waardestelsels en dus verskillende opinies oor wat
etiese gedrag uitmaak of nie. (3)
4. Etiek: om ʼn billike prys te vra, om werkers billike lone te betaal, om seker te maak dat
materiale van ʼn goeie gehalte gebruik word, om seker te maak dat daar aan al die
veiligheidsregulasies voldoen word, om goeie werk te doen. Professionalisme: om die projek
op die regte tyd te voltooi, beleefd te wees, die kontrak soos ooreengekom te voltooi. √√ √√
√√ √√ √√ (10)
5. Professionalisme behels om jou werk ernstig op te neem, om jou kollegas en klante te
waardeer en te respekteer en om ʼn ambassadeur vir jou maatskappy te wees. √√ (2)
6. Om ʼn wins te maak. √√Dit veroorsaak ʼn probleem omdat dit maklik is om te bedrieg om
meer geld te maak of om ʼn kortpad te vat om meer geld te maak. √√ (4)
7. Omdat die publiek daarvan bewus is dat baie besighede enorme winste maak en dat
baie van hulle oneties optree. √√Mense kan kies om ʼn maatskappy te boikot as hulle glo dat
hierdie maatskappy oneties optree. √√ (4)
115
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 6 Aanbieding van sake-
inligting
Oorsig
Onderwerp 6 behandel die akkurate en presiese mondelinge en niemondelinge aanbieding van ʼn
verskeidenheid van sakeverwante inligting (insluitend grafieke) en hoe om op ʼn professionele manier op
vrae en terugvoering te reageer.
Aanbieding van sake-inligting Niemondelinge inligting
ontwikkeling van ʼn aanbieding verslae
Mondelinge inligting sakeplanne
sake-inligting en ontleding
Aanbieding en bevestiging stappe in die skryf van ‘n verslag
maniere om te reageer hoe om ‘n strooibiljet te ontwerp
ontwerp en uitleg
1 Aanbieding en ondersteuning (stawing) van sake-inligting
Aanbieding is hoe jy inligting aanbied en stawing is hoe jy die inligting wat jy aanbied,
ondersteun.
Aanbiedings word óf mondelings voor óf niemondelings voor ʼn groep mense gedoen.
1.1 Mondelinge formaat
Wanneer jy sake-inligting in mondelinge formaat aanbied, gebruik jy woorde.
1.2 Niemondelinge formaat
Wanneer jy sake-inligting in niemondelinge formaat aanbied, gebruik jy prentjies, grafieke en
tabelle.
1.3 Ontwikkeling van ʼn sake-aanbieding
Vrae om te vra voordat die aanbieding gemaak word:
Wat is die doel van die inligting?
Watter inligting is belangrik en wat moet in die aanbieding gedek word?
116
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Wie is die gehoor?
Hoe lank moet die aanbieding duur?
Watter hulpbronne word vir die aanbieding benodig? Daar is ʼn verskil tussen
mondelinge en niemondelinge aanbiedings.
Wat is die moontlike vrae wat die gehoor kan vra?
Wat is die dinge wat tydens die aanbieding verkeerd kan gaan?
1.4 Stappe in die skepping van ʼn aanbieding
1. Versamel en organiseer inligting – Gee ʼn struktuur vir jou aanbieding met vier basiese
dele: ʼn inleiding, liggaam, opsomming en slot:
Inleiding – Aanbieders gee soms ʼn baie kort opsomming van die punte wat in die res
van die aanbieding gedek sal word.
Liggaam – Gebruik onderafdelings in ʼn lang aanbieding, waar elke onderafdeling een
kwessie of een punt behandel.
Opsomming – Die aanbieder moet na die opsommingsgedeelte tyd toelaat vir vrae en
antwoorde.
Slot – Som enige punte wat tydens die vraag- en antwoordsessie geopper is, op. Enige
uitdeelmateriaal wat nier gedurende die aanbieding benodig is nie, kan nou uitgedeel
word.
117
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Visuele hulpmiddels
Die belangrikste vorms van visuele ondersteuning wat by ʼn aanbieding gebruik word is:
Verskeie soorte kaarte en grafieke
Illustrasies (tekeninge) en foto’s
Vloeidiagramme en ander diagramme
Kaarte en planne.
2.1 Riglyne vir die doeltreffende gebruik van visuele hulpmiddels
Evalueer die gehoor. Dink aan die luisteraar of leser, die inhoud, ens.
Wees beheers. Moenie te veel kleur of versierings gebruik nie.
Wees akkuraat en eties.
Maak seker dat jy bronne noem wanneer jy iemand anders se feite gebruik.
Stel ʼn visuele hulpmiddel op ʼn sinvolle manier bekend.
Moenie aanvaar dat die luisteraar of leser outomaties tot dieselfde gevolgtrekkings as jy
van ʼn stel data sal kom nie.
2.2 Plakkate en uitdeelstukke
Plakkate en uitdeelstukke word gebruik om sake-inligting oor te dra. Plakkate help om ʼn
gebeurtenis soos ʼn musiekuitvoering of ʼn buitelugtentoonstelling te adverteer. Uitdeelstukke
bied bondige inligting oor ʼn produk, soos ʼn tuindiens of spesiale aanbod by die supermark.
118
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Skriftelike inligting
3.1 Sakeverslae
Sakeverslae kan wissel van informele halfbladsyverslae tot formele finansiële
voorspellings van meer as 100 bladsye.
Geskrewe verslae kan mondelings vir ʼn individu of vir ʼn groep aangebied word, of
elektronies op ʼn rekenaarskerm.
Verslae kan elektronies as drabare digitale formaat (pdf) dokumente gelewer en
aangebied word, wat sagtewareprogramme soos PowerPoint gebruik.
Geskrewe inligting is onpersoonlik omdat mense nie mekaar kan sien of hoor nie en dus
nie onmiddellik terugvoering gee nie.
Die meeste vorms van sakekommunikasie sluit in e-pos, aankondigings, memo’s, fakse,
briewe, nuusbriewe, verslae, voorstelle, handleidings, aanbiedings, en oorsigte.
3.1.1 Voordele van skriftelike vorms van kommunikasie
Kan opgestel en gelees word wanner die skedules van skrywers en lesers dit toelaat.
Boodskappe, briewe en verslae kan in konsepformaat opgestel word en nagegaan word
voordat dit gestuur word.
Verskaf ʼn permanente rekord.
Om iets uit te skryf maak dit vir die aanbieder moontlik om ʼn goed georganiseerde,
deurdagte boodskap te ontwikkel.
3.1.2 Nadele van skriftelike vorms van kommunikasie
Vereis sorgvuldige voorbereiding.
Woorde wat op paper geskryf is, of in elektroniese vorm, word ʼn openbare rekord.
Dit is moeiliker om voor te berei en vereis goeie skryfvaardighede.
3.2 Verskillende soorte verslae
3.2.1 Inligtingsverslae
Verslae wat data aanbied sonder ontleding of aanbevelings en hulle primêre funksie is om
inligting te verskaf.
3.2.2 Analitiese verslae
Analitiese verslae is verslae wat data en gevolgtrekkings voorsien, en analities is omdat die
aanbieder ook aanbevelings verskaf.
3.3 Voorbereiding van ʼn verslag
Die hoofbronne van sulke sake-inligting is:
Die nuus – verslae in koerante en sakegeoriënteerde publikasies
Marknavorsing – verslae wat intern gegenereer word of by professionele
marknavorsingsondernemings gekoop word
Krediet- en finansiële inligting – byvoorbeeld oor die kredietwaardigheid van klante,
verskaffers en mededingers; of die aandeleprys op die JSE
Maatskappy- en uitvoerende profiele – gepubliseer in jaarverslae van openbare
maatskappye wat op die JSE genoteer is
Industriële, land- en ekonomiese ontledings – help die sakeonderneming om
uitdagings, traktasies en geleenthede te identifiseer.
119
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3.4 Die formaat van ʼn verslag
Briefformaat – Voorberei of kantoorskryfmateriaal met ʼn briefhoof, ʼn briefverslag bevat
ʼn datum, adres binne-in, ʼn begroeting en komplimentêre afsluiting.
Memoformaat – Vir kort informele verslae wat binne die organisasies bly, is die
memoformaat geskik.
Manuskripformaat – Skrywers sal hierdie formaat vir langer en meer formele verslae
gebruik.
Gedrukte vorms – Word vir herhalende dataversameling en -aanbieding gebruik, soos
maandelikse verkoopsverslae, personeelprestasiebeoordelings, handelsvoorraad en
personeel- en finansiële verslae.
Elektroniese formaat – Rekenaars maak dit vir skrywers moontlik om verslae in
elektroniese formaat en nie harde kopie nie te skryf en die versprei.
3.4.1 Komponente van formele verslae
Die volgende komponente is gewoonlik in formele verslae teenwoordig:
Titelbladsy
Inhoudsopgawe
Lys van figure
Uitvoerende opsomming
Liggaam
Slot
Aanbevelings
Aanhangsel
Verwysings
120
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4 Sake-inligting en ontleding
4.1 Stappe in verslagskrywery
Stap 1 Ontleed die probleem. Berei ʼn skriftelike probleemstaat voor om die taak te
verduidelik.
Stap 2 Antisipeer die gehoor en kwessies. Hou in gedagte dat aangesien dit ʼn
skriftelike verslag is, kan dit aan mense in die organisasie versprei word vir wie dit nooit
bedoel was nie.
Stap 3 Berei ’n werkplan voor. Begin vroeg en laat genoeg tyd toe vir ʼn dinkskrum en
voorlopige navorsing.
Stap 4 Doen die navorsing ten einde data te versamel. Moenie net op die Internet stat
maak nie.
Stap 5 Organiseer, ontleed, interpreteer, en illustreer die data. Hou die doel van die
visuele hulpmiddels in gedagte.
Stap 6 Kry die eerste konsep van die verslag bymekaar. Druk die eerste konsep en lees
dit eers 24 uur later weer.
Stap 7 Hersien, proeflees en evalueer. Vra ʼn paar kollegas om die verslag te lees.
4.2 Hoe om ʼn strooibiljet saam te stel
Strooibiljette en brosjures is gewilde maniere om dienste en produkte te adverteer.
4.2.1 Riglyne vir die samestelling van ʼn strooibiljet
Skryf ʼn titel wat die gewone leser se aandag sal trek.
Gebruik grafieke om aandag te trek.
Fokus op die voordele van die produk of diens.
Verwys na gelukkige klante.
Gebruik tekskassies as die spasie dit toelaat.
Moenie te ingewikkeld raak nie.
Laat iemand die inhoud proeflees.
Gebruik helderkleurige papier en swart teks indien die begroting nie vir kleurdruk
voorsiening maak nie.
Bied ʼn afslag aan op die diens of produk.
121
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5 Reageer op vrae op ʼn nie-aggressiewe en professionele manier
1 Luister
Die aanbieder moet na al die dele van die vraag luister. Om die vrae neer te skryf sal jou help
om al die dele te onthou waarop jy moet reageer.
2 Verstaan
Indien die vraag nie duidelik is nie, moet die aanbieder die persoon wat die vraag gevra het vra
om die vraag te verduidelik. Dit help dikwels deur die vraag aan die persoon te herhaal.
3 Maak aantekeninge en beantwoord al die vrae
Indien ʼn lid van die gehoor twee of drie vrae vra, maak aantekeninge van die vrae terwyl die
persoon praat. Maak dan seker dat jy al die vrae beantwoord.
4 Kommunikeer en bly betrokke
Wees positief en geesdriftig wanneer jy reageer. Hou antwoorde kort en gefokus. Die aanbieder
moet nie toelaat dat ʼn wedersydse bespreking ontwikkel met die persoon wat die vraag vra nie.
Om dit te verhoed, herhaal die vraag vir die hele gehoor voordat jy probeer om dit te
beantwoord.
5 Vra om verskoning vir foute
Indien ʼn lid van die gehoor korrek daarop wys dat jy ʼn fout gemaak het, erken jou fout en vra
om verskoning.
6 Reageer
Maak oogkontak met die hele gehoor terwyl jy ʼn vraag beantwoord. Maak egter agterna seker
by die persoon wat die vraag gevra het of die antwoord voldoende was.
7 Nooi opvolgvrae
Indien daar te min tyd is, kan jy die gehoor nooi om die kwessie verder te bespreek via e-pos of
selfs oor die telefoon.
5.1 Wat om gedurende vraag- en antwoordsessies te vermy
Vermy ʼn standaardreaksie wat gereed is om die meeste vrae te beantwoord.
Moenie ʼn tweede aanbieding maak wanneer jy ʼn vraag beantwoord nie.
Moenie argumenteer en probeer bewys dat jy reg is of die beste weet nie.
Moenie aggressief of verdedigend raak nie.
Neem tyd om te dink voordat jy ʼn moeilike vraag beantwoord.
Wees bereid om te erken dat jy nie die antwoord op ʼn vraag het nie.
Moenie stry met iemand wat nie met jou saamstem nie.
122
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Einde van onderwerp Vrae
1. Lys drie bronne van sake-inligting. (6)
2. Wat is die verskil tussen mondelinge en niemondelinge formate van aanbieding van sake-
inligting? (4)
3. Hoekom is die ontwerp en uitleg van ʼn sake-aanbieding so belangrik? (2)
4. ʼn Sektordiagram is ʼn voorbeeld van watter tipe sake-aanbiedingsformaat? (2)
5. Wat is die verskil tussen inligtings- en analitiese verslae? (4)
6. In ʼn sakeverslag, wat is ʼn aanbeveling? (2)
7. Wat is die verskil tussen ʼn uitdeelstuk en ʼn plakkaat? (2)
8. Bespreek kortliks die voordele en nadele van skriftelike vorms van kommunikasie. (14)
Einde van onderwerp Antwoorde
1. Die nuus √√Marknavorsing√√ Krediet- en finansiële in ligting √√ Maatskappy- en uitvoerende
profiele Nywerheid, √√ land- en ekonomiese ontledings √√ (6)
2. Mondelinge formaat gebruik woorde, √√ niemondelinge formaat gebruik skriftelike inligting
soos verslae en grafieke. √√ (4)
3. Omdat die visuele aanbieding affekteer en die indruk wat dit maak. √√ (2)
4. Niemondelinge skriftelike inligting. (2)
5. Inligtingsverslae bied data aan sonder ontleding of aanbevelings en hulle primêre funksie is
om inligting te verskaf. √√ Analitiese verslae is verslae wat data en gevolgtrekkings verskaf en
is analities omdat die aanbieder ook aanbevelings maak. √√ (4)
6. ʼn Opinie gebaseer op gevolgtrekkings wat van bestaande feite en data gemaak is. √√ (2)
7. Plakkate help om ʼn gebeurtenis te adverteer soos ʼn musiekuitvoering of
buitelugtentoonstelling. Uitdeelstukke bied bondige inligting aan oor ʼn produk of diens, soos ʼn
tuindiens of spesiale aanbod by ʼn supermark. √√ (2)
8. Voordele van skriftelike vorms van kommunikasie: Kan opgestel en gelees word wanneer
die skedules van die skrywers en lesers dit toelaat. √√ Boodskappe, briewe en verslae kan in
konsepvorm opgestel word en hersien word voordat dit uitgestuur word. √√Verskaf ʼn
permanente rekord. √√ Om iets uit te skryf maak dit vir die aanbieder moontlik om ʼn
georganiseerde, goed deurdagte boodskap te ontwikkel. √√
Nadele van skriftelike vorms van kommunikasie: Vereis sorgvuldige voorbereiding. √√
Woorde wat op papier vasgelê is, of in ʼn elektroniese vorm, word ʼn openbare rekord. √√ Hulle is
moeiliker om voor te berei en vereis goeie skryfvaardighede. √√ (14)
123
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
BESIGHEIDSTUDIE GRAAD 11
HALFJAAREKSAMEN
TYD: 3 UUR PUNTE: 300
Instruksies en inligting
Lees die volgende instruksies sorgvuldig voordat jy die vrae beantwoord:
Hierdie vraestel bestaan u DRIE afdelings, naamlik AFDELING A, AFDELING B en AFDELING
C.
AFDELING A: Verpligtend vir alle leerders
AFDELING B: Beantwoord, in paragraafstyl, enige DRIE van die vyf vrae wat handel oor
al die werk wat tot dusver vanjaar behandel is.
AFDELING C: Beantwoord, in paragraafstyl, enige TWEE van die vier vrae wat handel
oor al die werk wat tot dusver vanjaar behandel is. Neem die tydaanwysing in ag
wanneer jy die vrae beantwoord.
Jy kan die tabel hieronder gebruik as riglyn vir die puntetoedeling en tydaanwysing vir elke
vraag.
Lees die instruksies vir elke vraag sorgvuldig en beantwoord slegs dit wat vereis word.
Nommer jou antwoorde korrek, ooreenkomstig die numeringstelsel wat in die vraestel gebruik
word.
Antwoord in volsinne, behalwe waar ander instruksies gegee word.
Die puntetoedeling en aard van elke vraag is ’n aanduiding van die lengte wat jou antwoord
moet wees.
Begin die antwoord op elke nuwe vraag op ’n nuwe bladsy in jou antwoordboek.
Afdeling A 40
Afdeling B 180 (3 x 60)
Afdeling C 80 (2 x 40)
124
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
AFDELING A: BEANTWOORD ALLE ONDERAFDELINGS VAN DIE VRAAG
1.1.1 Dit word geklassifiseer as deel van die primêre sektor
A Bosbou
B Finansiering
C Vervaardiging
D Vervoer
1.1.2 ’n Diagram wat spertye chronologies (in datumvolgorde) aandui
A Tydlyn
B Gantt-grafiek
C Aksieplan
D Besigheidsplan
1.1.3 Aktiwiteite oor nasionale grense heen is deel van die … omgewing.
A Ekonomiese
B Maatskaplike
C Institusionele
D Internasionale
1.1.4 Watter een van die volgende is NIE ’n kenmerk van geleende kapitaal nie?
A Dit is van tydelike aard.
B Dit word dikwels onttrek.
C Dit ontvang vergoeding in die vorm van dividende en ’n styging in waarde.
D Dit bied ’n voorkeureis in die geval van insolvensie.
1.1.5 Kontantvloei in ’n besigheid word nie gerugsteun deur … nie.
A huurooreenkomste
B handelskrediet
C eie kapitaal
D huurkoopkontrakte
1.1.6 ’n Werknemer mag nie ontslaan word weens … nie.
A MIV/Vigs-status
B Ongeskiktheid
C Wangedrag
D Operasionele redes
1.1.7 Wat is nie van toepassing nie? Gantt-grafieke …
A is staaftabelle of grafieke wat die tydsduur van elke taak teenoor tydsverloop vertoon
B word gebruik om makro-ekonomiese veranderlikes te kontroleer
C is instrumente wat projekbestuurders in hul beplanning gebruik
D word gebruik om die verskillende take in ’n projek te koördineer en na te speur.
125
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.1.8 ’n Plan wat daarop gemik is om ’n toekomsvisie vir ’n besigheid te vestig
A Tydlyn
B Gantt-grafiek
C Aksieplan
D Besigheidsplan
1.1.9 Wanneer die eienaar sy of haar eie geld in ’n besigheid belê, staan dit bekend as …
A skuldfinansiering
B batefinansiering
C ekwiteitsfinansiering
D faktorisering
1.1.10 Watter een van die volgende is nie ’n vereiste van die King 111-bestuurskode van 2009
nie?
A Finansieel verantwoordelik
B Maatskaplik verantwoordelik
C Omgewingsverantwoordelik
D Ekonomies verantwoordelik (10 x 2 = 20)
1.2. Antwoord slegs Waar of Onwaar op elke vraag.
1.2.1 Dinkskrums word gebruik om idees te genereer deur middel van ’n groepsproses.
1.2.2 ’n Besigheid kan interne beheer uitoefen oor sy mikro-omgewing.
1.2.3 Verskaffers vorm deel van die besigheid se markomgewing en kan dus altyd beheer word.
1.2.4 Dit is vir ’n besigheid altyd beter om seker te maak dat hy ’n negatiewe openbare beeld het.
1.2.5 Aanbiedings word altyd woordeliks gedoen. (5 x 2 = 10)
126
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.3 Voeg die bypassende frases bymekaar. Skryf slegs die korrekte letter in Kolom B teenoor elke syfer
in Kolom A. (5 x 2 = 10)
Kolom A Kolom B
1. Die Wet wat te make het met A Uitvoer
maatskaplike geregtigheid, arbeidsvrede en B Werkonderbrekingstruktuur
reverdigheid in die werkplek. C Dumping (Storting)
2. Wanneer ’n besigheid eksterne D Wet op Basiese Diensvoorwaardes
verskaffers gebruik om sekere funksies of E Wet op Arbeidsverhoudinge
take te bestuur of in stand te hou. F Huur
3. Hierdie grafiek toon hoe die kritieke G Gantt-grafiek
werkelemente, genoem take, van ’n projek H Uitkontraktering (Uitbesteding)
met mekaar en met die projek as geheel
verband hou.
4. Wanneer ’n vervaardiger in een land
goedere uitvoer na ’n ander land teen ’n
prys wat aansienlik laer is as dié wat hy in
die binnelandse mark vra.
5. Wanneer ’n besigheid betaal vir die
gebruik van toerusting, maar nie die eienaar
daarvan word nie.
127
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
AFDELING B: BEANTWOORD ENIGE DRIE VRAE
VRAAG 2
2.1 Noem VIER verskille tussen ’n private en ’n openbare maatskappy. (4 x 2 = 8)
2.2 Lees die gevallestudie en beantwoord die daaropvolgende vrae.
Billikheid en afdanking
In die vroeë 1990’s het Telkom te staan gekom voor die
uitdaging om sy werknemerstal te verminder van 70 000 tot
sowat 29 000 mense. Hy moes daarteen waak om nie
sleutelpersoneel te verloor nie, omdat dit operasionele
chaos kon veroorsaak.
Telkom se tweede uitdaging was om ’n strategiese werwingsplan in werking te stel
waarin op swartmense gefokus is.
Meer as 30 000 personeellede – die meeste van hulle geskoolde werkers – het
Telkom se diens verlaat. Vanaf 1998 tot 2004 was 80% van sy nuwe aanstellings
swartmense.
Volgens die maatskappy se billikheidsbeleid moes hy voorrang gee aan vroue, en
teen einde 2004 was 26,7% van sy totale arbeidsmag vroue. Telkom moes ook
seker maak dat billikheid en swart verteenwoordiging regdeur die maatskappy ’n
werklikheid geword het – vanaf die direksie en topbestuur, tot by
middelvlakbestuur en operasionale vlak.
2.2.1 Identifiseer TWEE vorms van bemagtiging uit die gevallestudie. (2x2=4)
2.2.2 Noem TWEE uitdagings wat Telkom die hoof moes bied. (2x2=4)
2.2.3 Wat was die gevolge van die strategie wat Telkom in werking gestel het om aan die
vereistes van die Wet te voldoen? (1x2=2)
2.3 Bestuurders word deesdae in die gesig gestaar deur kwessies soos maatskaplike
verantwoordelikheid, maatskaplike bewustheid van etiek, en menseregte.
2.3.1 Wat verstaan jy onder maatskaplike verantwoordelikheid? (2)
2.3.2 Noem enige TWEE programme waarvolgens besighede maatskaplik verantwoordelik
kan wees teenoor die gemeenskap waarin hulle funksioneer. (2x2=4)
2.4 Verduidelik kortliks die interaksie tussen die DRIE handelsektore. (3x3=9)
2.5 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
128
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
STARBRIGHT KOFFIE
Koffie met ’n smakie van Italië
Franchise-geleenthede landwyd in stedelike gebiede beskikbaar.
Ons bied:
Ten volle toegeruste restaurante
Bystand met aansoeke om finansiering
Omvattende opleiding
U belegging:
Kapitale bydrae van R500 000
FOONNOMMER: 011
5367523
2.5.1 Bespreek die soort besigheid onder die volgende hoofde:
Definisie van die soort besigheid (5)
Naam van die twee belanghebbende partye (2x2=4)
Die ooreenkoms (4)
2.5.2 Onderskei tussen Verhuring en Uitkontraktering. (2x2=4)
2.6 Identifiseer die vorm van eienaarskap in elk van die volgende gevalle:
2.6.1 Naam eindig met (Edms) Bpk
2.6.2 Aantal lede is tussen 1–10
2.6.3 Soos in die geval van ’n Alleeneienaar, is die aanspreeklikheid onbeperk.
2.6.4 Die hoofstigtingsdokumente is die Memorandum, Akte van Oprigting en Prospektus.
2.6.5 Net soos in die geval van ’n Vennootskap, het dit geen kontinuïteit nie. (5x2=10)
(60)
129
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
VRAAG 3
GEVALLESTUDIE – KARINA SE BAKKERY
Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae:
Karina bak brood as ’n stokperdjie. Sy wil dit graag ontwikkel tot ’n klein besigheid. Daar is ’n
gepaste, klein perseel te koop vir R350 000. Sy sal sowat R20 000 moet spandeer om die perseel
op te knap en in ’n bakkery te omskep.
Sy kan ’n tweedehandse stoof, industriële menger en ander noodsaaklike toerusting bekom vir
’n verdere R80 000. Meel, olie en ander bestanddele sal maandeliks sowat R3 000 kos. Sy het
beraam dat elektrisiteit sowat R750 sal bedra, terwyl die dienstegelde sowat R12 000 per jaar
sal wees. Sy het besluit om ’n advertensie in die plaaslike koerant te laat publiseer asook om oor
die radio te adverteer teen ’n koste van R600 per week. Sy het R100 000 gespaar, wat sy in haar
besigheid kan belê.
3.1 Hoeveel geld sal Karina benodig om haar besigheid te begin en in die eerste maand te
bedryf? (14)
3.2 Hoeveel kapitaal kan sy self tot die besigheid bydra? (2)
3.3 Hoe sou sy die res van die nodige kapitaal kon bekom? (10)
3.4 Karina wil nie die eienaarskap van haar besigheid deel of baie geld spandeer aan die
vestiging daarvan nie. Uit watter twee vorme van eienaarskap kan sy kies? (4)
3.5 Gebruik ’n tabel om die vyf verskille tussen hierdie twee vorms van eienaarskap te
vergelyk. (10)
3.6 Onder watter sektor van die ekonomie sal Karina se besigheid resorteer? (2)
3.7 Verduidelik, deur die gebruik van ’n eenvoudige besigheidskolom, hoe die drie sektore
van die ekonomie met mekaar verband hou, met inagneming van Karina se produkte.(18)
(60)
VRAAG 4
4.1 Bespreek enige VYF bronne van stres in die werkplek. (5×3 = 15)
4.2 Bespreek enige VYF stappe wat bestuurders kan doen om werknemers se stres te verlig en
te bestuur. (5 × 3 = 15)
4.3 Verduidelik hoe ’n besigheidsplan in ’n aksieplan omskep kan word. (10)
4.4 Bespreek enige VYF beginsels waaraan ’n etiese werkgewer moet voldoen. (5×2 = 10)
4.5 Noem vyf dinge wat verhinder moet word in ’n vraag-en-antwoord-sessie. (10)
(60)
130
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
VRAAG 5
Die markomgewing bied sowel geleenthede as uitdagings aan ’n besigheid
5.1 Noem ses gebiede in die markomgewing wat uitdagings stel. (12)
5.2 Verduidelik die term “strategiese bondgenote”. (4)
5.3 Bespreek vyf maniere waarop mededingers ’n uitdaging kan wees vir ’n besigheid. (10)
5.4 Noem drie Wette waarvan ’n besigheid moet kennis dra wanneer hy werknemers aanstel.
(6)
5.5 Noem drie komponente wat bydra tot die toekomsvisie van ’n besigheid. (6)
5.6 Noem agt veranderlikes in die makro-omgewing. (16)
5.7 Verduidelik drie uitdagings wat deur tussengangers teweeggebring kan word. (6)
(60)
VRAAG 6
Lees die scenario hieronder en voer die daaropvolgende instruksies uit.
Suid-Afrika is die gasheer vir talle internasionale sportkompetisies. Jy het ’n besigheidsgeleentheid
geïdentifiseer om ’n leemte in die mark te vul deur die verskaffing van die landsvlae van die
deelnemende lande. Jy wil graag ’n klein vervaardigingsbesigheid begin om sulke vlae en ander
aandenkings te produseer. Jy moet besluit wat is die beste vorm van eienaarskap vir die beoogde
besigheid. Jy oorweeg drie opsies: ’n alleeneienaarskap, ’n vennootskap en ’n private maaskappy.
6.1 Bespreek die TWEE hoofkenmerke van elk van hierdie drie vorms van eienaarskap.
(6 × 2 = 12)
6.2 Bespreek DRIE voordele van elk van hierdie drie vorms van eienaarskap. (9 × 2 = 18)
6.3 Bespreek DRIE nadele van elk van hierdie drie vorms van eienaarskap. (9 × 2 = 18)
6.4 Bespreek die keuse wat jy tussen hierdie drie opsies sal maak, en verskaf die vyf hoofredes
vir hierdie keuse teenoor die ander twee. (6 × 2 = 12)
(60)
131
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
AFDELING C (OPSTELTIPE VRAE) BEANTWOORD ENIGE TWEE VRAE.
VRAAG 7
Lees die onderstaande scenario en voer die daaropvolgende opdragte uit.
Al die besighede word geraak deur die sosio-ekonomiese probleme in die gemeenskap.
Nuusberigte in die plaaslike koerante maak ons bewus van die haglike situasie van mense in die
gemeenskap wat in armoede leef, die groot aantal wat geraak word deur MIV en Vigs, asook die
hoë voorkoms van misdaad.
7.1 Bespreek besighede se oplossings om te help om die volgende sosio-ekonomiese
vraagstukke in die gemeenskap te verlig:
(a) Armoede (3 × 2 = 6)
(b) MIV en Vigs (3 × 2 = 6)
(c) Misdaad (2 × 2 = 4)
7.2 Wat word bedoel met die term “sosiale verantwoordelikheidsprojekte”? (4 x 2 = 8)
7.3 Bespreek kortliks vier maniere waarop ’n onderneming sy mikro-omgewing kan moniteer.
(16)
(40)
VRAAG 8
Die uitoefening van beheer oor die sakeomgewing is vir alle besighede ’n uitdaging.
Verduidelik wat bedoel word met die mikro-omgewing en bespreek in watter mate dit beheer en
beïnvloed kan word. (40)
132
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
VRAAG 9
Sipho Mbwane is ’n opgeleide elektrisiën wat ’n elektriese kontrakteursbesigheid besit.
Hy wil sy besigheid uitbrei, maar besef dat hy nie alleen voldoende kapitaal beskikbaar
kan kry om dit te doen nie. Hy nooi drie van sy vriende om hulle by die besigheid aan te
sluit.
Hy nader jou om raad met die oog op die vestiging van die besigheid genaamd “Mbwane
en Vriende, Elektrisiëns”. Hulle verlang ’n soort eienaarskap wat maklik en sonder enige
regsformaliteite gevestig kan word, en wat nie geskei is van die onderskeie eienaars se
persoon nie.
Adviseer Sipho oor die vorm van eienaarskap wat hul besigheid die beste pas en berei ’n
gedetailleerde aanbieding voor waarin alle aspekte van hierdie soort eienaarskap behandel
word. (40)
VRAAG 10
Lees die onderstaande scenario en voer die daaropvolgende opdragte uit.
Jy het onlangs ’n seminaar bygewoon oor die rol van besighede in die skepping van ’n
bewustheid van die noodsaak vir omgewingsvolhoubaarheid. Die aanbieding van die spreker
was goed, maar jy was teleurgesteld omdat die gehalte van die visuele hulpmiddels swak was
en die hulpmiddels nie doeltreffend gebruik is nie. Jy het besluit om ’n kort opleidingsessie vir
jou departement aan te bied oor die manier waarop visuele hulpmiddels voorberei en gebruik
moet word, asook oor die vaardighede wat nodig is vir die suksesvolle skryf van
besigheidsverslae.
10.1.1 Bespreek DRIE aspekte wat oorweeg moet word tydens die voorbereiding van visuele
hulpmiddels vir ’n besigheidsvoorlegging. (3 × 2 = 6)
10.1.2 Verduidelik hoe om visuele hulpmiddels te gebruik vir ’n geslaagde
besigheidsvoorlegging. (13 × 2 = 26)
10.1.3 Bespreek enige VIER voordele van geskrewe kommunikasievorms. (4 × 2 = 8)
(40)
Total: 300
133
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 11
HALFJAAREKSAMEN
NASIENMEMORANDUM
VRAAG 1
1.1.1 A
1.1.2 A
1.1.3 D
1.1.4 C
1.1.5 C
1.1.6 A
1.1.7 B
1.1.8 D
1.1.9 C
1.1.10 D
1.2.1 W
1.2.2 W
1.2.3 O
1.2.4 O
1.2.5 O
1.3.1 E
1.3.2 H
1.3.3 G
1.3.4 C
134
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.3.5 F
(30)
VRAAG 2
2.1
Private maatskappy Openbare maatskappy
Naam eindig met (Edms) Bpk√√ Naam eindig met Bpk√√
1-50 aandeelhouers√√ 7 of meer aandeelhouers√√
Aandele nie vryelik oordraagbaar nie√√ Aandele vryelik oordraagbaar√√
Benodig slegs ’n sertifikaat van inlywing√√ Benodig ’n sertifikaat om te kan begin sake
Geskik vir ’n kleiner of familiebesigheid√√ doen√√
Geskik vir ’n groot onderneming√√
(4 x 2 = 8)
2.2.1 Swart bemagtiging√√ en vroue wat voorheen benadeel is√√ (2 x 2 = 4)
2.2.2 Uitdiensstelling√√ en die voorkoming van operasionele chaos√√ en die ontwerp van ’n
strategiese werwingsplan√√ (2 x 2 = 4)
2.2.3 80% van die jaarlikse nuwe aanstellings was swart.√√ (2)
2.3.1 Betrokkenheid in gemeenskapsopheffingsprogramme√√ (2)
2.3.2 Enige toepaslike antwoord, soos die skenking van geld, beskikbaarmaking van
vaardighede, en aktiewe deelname aan geldinsameling√√√√ (2x2=4)
2.4 Die primêre, sekondêre en tersiêre sektore hou met mekaar verband deurdat die sekondêre
sektor primêre produkte verder prosesseer of gebruik in die vervaardiging van produkte. Die
tersiêre sektor behels die skepping van die verbinding met eindgebruikers by wyse van onder
meer verkope en verspreiding, asook die verskaffing van dienste wat benodig word deur die
ander twee sektore. (9)
2.5.1 Franchise, ingevolge waarvan die reg gekoop word om ’n bepaalde besigheid in ’n
bepaalde gebied te bedryf, (5) die partye is die franchise-houer en franchise-gewer (4) en die
ooreenkoms wat deur hulle onderteken word, is die franchise-ooreenkoms.
(4)
2.5.2 Huur vind plaas wanneer goedere soos masjinerie vir ’n sekere tydperk gehuur word vir
gebruik in die besigheid, maar in elke geval die eiendom van ’n derde party bly√√ en
uitkontraktering geskied wanneer spesifieke take in ’n besigheid deur buitestanders verrig word,
en nie deur werknemers nie.√√ (2x2=4)
2.6.1 Private maatskappy√√
2.6.2 Beslote korporasie√√
135
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2.6.3 Vennootskap√√
2.6.4 Openbare maatskappy√√
2.6.5 Alleenhandelaar√√ (5 x2 =10)
(60)
VRAAG 3
3.1 Insluitend die koste van die koop van die perseel en masjinerie = R457 150
R350 000 + R20 000 + R80 000 + R3 000 + R750 + R1 000 (12 000/12) + R2 400 (R600 x 4) =
R457 150 (14)
3.2 R100 000 (2)
3.3 Aandele,√√ lenings van vriende en familie, √√ banklening, √√ skuldbrief, √√ ’n verband oor
die eiendom√√ (5 x 2 =10)
3.4 Alleenhandel√√ of Beslote Korporasie√√ (2 x 2 = 4)
3.5
Alleenhandelaar Beslote Korporasie
Slegs een eienaar√√ 1-10 lede√√
Nie ’n regsentiteit nie√√ Regsentiteit√√
Geen kontinuïteit indien eienaar sterf nie√√ Kontinuïteit√√
Eienaar persoonlik aanspreeklik vir skulde√√ Eienaars nie aanspreeklik vir besigheidskuld
Geen formaliteite vir vestiging van besigheid√√ nie, behalwe in sekere gevalle√√
Moet registreer√√
(5 x 2 = 10)
3.6 Sekondêre sektor√√ (2)
3.7 Boer - meulenaar - meelprodusent – Karina se bakkery - verspreider - groothandelaar -
kleinhandelaar - verbruiker
plus verduideliking (9 x 2 = 18)
VRAAG 4
4.1 Werkinhoud, werkure, werktoestande, werklading, deelname en beheer (plus verduideliking)
(5 x 3 = 15)
4.2 Verdeel die werk. Selekteer werknemers versigtig en lei hulle behoorlik op. Raadpleeg
werknemers oor werkpraktyke. Bied fleksiewerktyd aan as opsie. Verhoog ondersteuning aan
werknemers. Moedig samewerking en spanwerk aan. Reël opleiding in stresbestuur. Verbeter
136
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
toerusting en werktoestande. Verbeter bestuurders se begrip en kennis van, asook vaardighede
in, die hantering van werkstres. Stel werk- en bestuurstelsels in werking. Ontwikkel ’n kultuur
van vriendelikheid en groter ondersteuning. (5 x 3 = 15)
4.3
1. Definieer die reikwydte (omvang) van die projek.
• Wat is die doel daarvan?
• Wat is die eerste en die laaste aktiwiteite?
2. Ontwikkel ’n struktuur vir die verdeling van die werk.
3. Verdeel die projek in kleiner aktiwiteite.
4. Stel tydraamwerke, en bereken die tydsduur van elke aktiwiteit.
5. Stel mylpaalteikens.
6. Besluit oor verantwoordelikhede en wie die verantwoordelikheid sal dra vir die besluite wat
geneem word.
7. Bereken die finansiële, menslike en tegniese hulpbronne wat jy sal nodig hê.
8. Stip die aktiwiteitskedule op ’n Gantt-grafiek.
9. Stel die projekplan in werking.
10. Kommunikeer en oorweeg die vordering. (5 x 2 = 10)
4.4 Moet niks doen wat kliënte of die omgewing sal benadeel nie. √√ Doen sake op ’n
respekvolle manier.√√ Maak jou besigheid deursigtig. √√ Hou jou finansies op ’n gesonde
grondslag. √√ Hou jou sake wettig.√√ Moenie mense mislei nie. √√ Wees regverdig. √√ Moenie
besluite neem wat strydig is met jou persoonlike waardes nie.√√ (5 x 2 = 10)
4.5 Vermy dit om ’n standaardantwoord gereed te hê vir die beantwoording van die meeste
vrae.√√ Moenie ’n tweede aanbieding doen met die beantwoording van ’n vraag nie.√√ Moenie
argumenteer en probeer bewys dat jy reg het of die beste weet nie.√√ Moenie aggressief of
defensie raak nie.√√ Neem tyd voordat jy ’n moeilike vraag beantwoord.√√ Wees bereid om te
erken indien jy nie die antwoord op ’n vraag weet nie.√√ Moenie argumenteer met iemand wat
nie met jou saamstem nie. √√ (10)
(60)
VRAAG 5
5.1 Kliënte√√ verskaffers√√ tussengangers√√ mededingers√√ verbruikersdruk√√ reguleerders√√
en vakbonde√√ (6 x 2=12)
5.2 Wanneer twee of meer besighede in ’n gesamentlike projek saamwerk, is hulle strategiese
bondgenote.√√ Dit help ’n besigheid om van ’n ander besigheid die kundigheid te verkry waaroor hy nie
beskik nie.√√ (2 x 2= 4)
137
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5.3 Bedryfswedywering√√ Nuwe toetreders tot die mark√√ Goedkoper of beter plaasvervangers√√
Die bedingingsmag van verskaffers√√ Die bedingingsmag van klante en kliënte√√ Die
beskikbaarheid van vervangingsprodukte√√ Die moontlikheid om ’n produk te kopieer of te
dupliseer√√ (5 x 2=10)
5.4 Die Wet op Arbeidsverhoudinge√√ Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes√√ Die Wet op
Gelyke Indiensneming√√ Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid√√ Die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling√√ (3 x 2 = 6)
5.5 Kerndoel,√√ kernvisie√√ en missie√√ (6)
5.6 Internasionaal, √√ wetlik, √√ fisies, √√ ekonomies, √√ regering,√√ tegnologies,√√ polities,√√
maatskaplik√√ (8 x 2 = 16)
5.7 E-handel, wat verbruikers in staat stel om regstreeks deur internet te koop√√ Groot
kleinhandelgroepe kan kleiner handelaars se pryse klop√√ Groot kleinhandelaars bied produkte met
hul eie handelsname aan teen laer pryse√√ Wetgewing aangaande verbruikersbeskerming help
verbruikers om hul skuld te bestuur√√ Dienste wat deur tussengangers verskaf word, kan die
koste van ’n produk verhoog√√ (3 x 2 =6)
(60)
VRAAG 6
6.1
Alleenhandelaar Vennootskap Private Maatskappy
Nie ’n regsentiteit nie√√ Nie ’n regsentiteit nie√√ Regsentiteit√√
1 eienaar√√ 2-20 vennote√√ 1-50 aandeelhouers√√
Geen kontinuïteit indien eienaar Ontbind indien ’n vennoot uittree Kontinuïteit√√
sterf nie√√ of sterf√√
(6 x 2 = 12)
6.2
Alleenhandelaar Vennootskap Private Maatskappy
Geen stigtingsformaliteite nie√√ Geen stigtingsformaliteite nie√√ Aandeelhouers nie aanspreeklik
Eienaar neem al die besluite√√ Deling van vaardighede en vir besigheidskuld nie√√
Geen winsdeling nie√√ kennis√√ Meer kapitaal beskikbaar√√
Kan maklik ontbind word√√ Kan waardevolle werknemers
behou deur aandele aan hulle te
gee√√
(9 x 2 = 18)
138
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
6.3
Alleenhandelaar Vennootskap Private Maatskappy
Eienaar regsaanspreeklik vir Vennote gesamentlik en Kan nie aandele in die
skuld√√ afsonderlik aanspreeklik vir openbaar verhandel nie√√
Geen kontinuït nie√√ skuld√√ Bestuursdeling√√
Moeilik om kapitaal te Geen kontinuïteit nie√√ Winste moet gedeel word√√
genereer√√ Kan moeilik wees om kapitaal
te genereer√√
(9 x 2 = 18)
6.4 Keuse = 2, redes = 5 x 2 = 12
VRAAG 7
(a) Gebrek aan toegang tot gesondheidsorg, skuiling en onderwys is grootliks sinoniem met
armoede. Die volgende, basiese behoeftes moet bevredig word om aan die knelling van
armoede te ontkom: genoeg kos, skoon water, sanitasie, basiese gesondheidsorg en
toereikende huisvesting. (3 × 2 = 6)
(b) MIV/Vigs het ’n reuse-impak op die samelewing, onder meer weens lae produktiwiteit,
verhoogde kostes, en die heropleiding van nuwe werknemers. Dit het ’n negatiewe uitwerking
op die ekonomie in die geheel. Daar bestaan wette en regulasies ter beskerming van
werknemers wat in die werkplek MIV/Vigs opdoen. Werknemers wat MIV-positief is, het
dieselfde regte as ander werknemers en is geregtig op dieselfde opleiding, ontwikkeling en
bevorderingsgeleenthede as enigiemand anders. (3 × 2 = 6)
(c) Misdaad is dikwels die regstreekse gevolg van sosio-ekonomiese vraagstukke soos
werkloosheid, armoede, MIV/Vigs, en drank- en dwelmmisbruik. Die onvermoë van die regering
en die regstelsel om misdaad aan bande te lê, het ’n negatiewe uitwerking op die mense van
Suid-Afrika gehad. Buitelanders is huiwerig om te belê in ’n land met sulke hoë misdaadvlakke.
Misdaad is ’n afskrikmiddel vir toeriste en bring mee dat geskoolde burgers die land verlaat op
soek na ’n veiliger heenkome. (2 × 2 = 4)
7.2 Maatskaplike verantwoordelikheid is baie belangrik vir die ontwikkeling van ons
gemeenskap omdat armoede en ongelykheid ernstige vraagstukke is. ’n Besigheid kan deur
maatskaplike verantwoordelikheid sy sakeomgewing beïnvloed en uitdagings van sosiaal-
ekonomiese aard in sy maatskaplike omgewing aanpak. Deur die voorkoming van werkloosheid
help die sakesektor om armoede en misdaad te bestry. Onsuksesvolle maatskaplike
verantwoordelikheidsprojekte is erg ontmoedigend vir die benadeelde gemeenskap, en kan ook
die korporatiewe beeld van ’n besigheid groot skade berokken. (4 x 2 = 8)
7.3 Omgewingskandering, grensskandering, bestuursinligtingstelsels, interne oudits
(plus verduideliking 4 x 4 = 16)
139
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
VRAAG 8
Die mikro-omgewing het te make met die interne bedryf van die besigheid. (2)
Beheer van die mikro-omgewing is bewerkstellig deur die gebruik van interne beheerstelsels. Hulle is
daarop gemik om:
bestuur in staat te stel om te verseker dat die doelwitte van die besigheid bereik word
te verseker dat betroubare, finansiële state voorberei word
te verseker dat die besigheid alle toepaslike wette en regulasies nakom. (8)
Beheerbare veranderlikes is:
die missie en doelwitte van die besigheid
die besigheid se bedryfstruktuur
die organisering en gebruik van produksiefaktore
die organisering van die agt besigheidsfunksies
die bestuurstyl
bestuur van werknemers
keuse van sake-etiek
soort eienaarskap
inwerkingstelling van besigheidsbeleidmaatreëls. (10)
Aspekte van interne beheer:
Beheer oor die filosofie en waardes van die besigheid
Skepping van doeltreffende inligting- en kommunikasiestelsels
Monitering van werkprestasie
Risiko-analise
Beheer oor die aktiwiteite van die besigheid (10)[40]
VRAAG 9
Sipho en sy vriende moet ’n vennootskap stig (4)
Kenmerke (6 x 2)(12)
Voordele en nadele (12 x 6) (24)
(40)
VRAAG 10
10.1.1 Wat is die doel van die inligting?
Watter inligting is belangrik en wat moet gedek word in die aanbieding?
140
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Wie is die gehoor?
Hoe lank moet die aanbieding wees?
Watter hulpbronne is nodig vir die aanbieding? Daar is ’n verskil tussen verbale en nie-verbale
aanbiedings.
Wat is die moontlike vrae wat die gehoor kan stel?
Wat kan moontlik verkeerd loop tydens die aanbieding? (3 x 2 = 6)
10.1.2 Evalueer die gehoor.
Dink aan die toehoorder of leser, en die inhoud.
Wees beheerst. Moenie te veel kleur of versiersels gebruik nie.
Wees akkuraat en eties.
Maak seker dat jy jou bronne bekend maak wanneer jy andere se feite gebruik.
Lei ’n visuele hulpmiddel betekenisvol in.
Moenie aanvaar dat die luisteraar of leser noodwendig dieselfde gevolgtrekkings uit ’n
stel gegewens gaan maak as jy nie. (13 x 2 = 26)
10.1.3 Bevorder rustigheid en skep ruimte vir lees wanneer die skedules van skrywers en lesers
dit toelaat.
Boodskappe, briewe en verslae kan in konsepformaat gestel en hersien word voordat dit
uitgestuur word.
Verskaf ’n blywende rekord.
Die uitskryf daarvan maak dit vir die aanbieder moontlik om ’n georganiseerde,
weloorwoë boodskap te ontwikkel. (4 × 2 = 8)
(40)
TOTAAL 300 punte
141
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Term 3 Introduction
Onderwerp 1 Entrepreneurs-eienskappe en suksesfaktore
Onderwerp 1 behandel oor die verskillende eienskappe van ’n entrepreneur
en die nodige suksesfatore om ’n beseigheid te bestuur. Hierdie onderwerp
behandel hoe verskillende entrepreneurseienskappe ’n sakeondernemings
kan bevorder en hoe om ’n sukeses van jou eie sakeonderneming te maak.
Onderwerp 2 Burgerskaprolle en verantwoordelikhede
Onderwerp 2 behandel die rol van burgers en hoe hulle, deur middel
van sakebedrywigheid, ’n bydrae tot die maatskaplike en ekonomiese
ontwikkeling van hul gemeenskap kan lewer. Hierdie onderwerp behels
voorbeelde van hoe individue iets aan hul gemeenskap teruggegee het,
asook die rol wat die burgerlike samelewing, nie-regeringsorganisasies,
gemeenskapsgebaseerde organisasies en individuele besigheidspraktisyns in
die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappe kan speel.
Onderwerp 3 Bemarkingsfunksie
Onderwerp 3 behandel die verskillende aspekte van die bemarkingsfunksie.
Bemarkingsaktiwiteite asook die vier bemarkingsbeleide word in
besonderhede bespreek. Die onderwerp dek ook bemarking in die formele
en informele sektore, asook die gebruik van tegnologie vir bemarking, veral
elektroniese bemarking. Daar word na invoer en uitvoer gekyk, en verduidelik
hoe buitelandse bemarking en die produksiefunksie verband hou.
Onderwerp 4 Produksiefunksie
Onderwerp 4 behandel die verskillende aspekte van die produksiefunksie
asook die berekening van verskillende produksiekostes. Die leerders maak
kennis met die verskillende produksiestelsels, massa, lot en stukwerk.
Die onderwerp dek verskillende aspekte van produksiebeplanning en
produksiebeheer. Veiligheidsbestuur en –wetgewing, asook gehaltebeheer, kry
ook aandag in hierdie onderwerp.
142
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 1 Ondernemerskenmerke en
suksesfaktore
Oorsig
In onderwerp 1 word ondernemerskenmerke bespreek en ondersoek gedoen na die mate
waarin ’n sakeonderneming hulle moet aanneem.
Sleutelsuksesfaktore in besigheid Terreine vir die
volhoubaarheid Ondernemerskap
verbetering van die
winsgewendheid
kosteberekening kenmerke van ’n ondernemer sakeonderneming
prysvasstelling identifisering van sakegeleenthede
kliëntebasis kombinering van die
produksiefaktore
1 Identifisering en beoordeling van ’n besigheid
Hoe weet jy of ’n besigheid ondernemend is? Ondernemende besighede is nie altyd klein of
aanvangsondernemings nie, hoewel dit dikwels die geval is. Die Virgin-groep, byvoorbeeld, is ’n
ondernemende besigheid. Sir Richard Branson, wat die Virgin-groep gestig het en bestuur, is
die Verenigde Koninkryk se vyfde rykste burger. Mark Shuttleworth het sy onderneming in sy
moeder se motorhuis begin.
1.1 Ondernemerskenmerke
Ondernemers is mense wat hul eie besigheid begin en bestuur of organiseer, en wat
sakegeleenthede vir die vervaardiging van nuwe produkte of die lewering van nuwe dienste kan
identifiseer, of sakegeleenthede vir die verandering van bestaande produkte of dienste kan
identifiseer.
Ondernemers openbaar dikwels die volgende kenmerke:
Kreatiwiteit – identifisering van geleenthede en uitdaging van gewone denke.
Neem van risiko’s – neem berekende risiko’s.
Deursettingsvermoë – dit neem minstens vyf jaar alvorens ’n sakeonderneming gevestig is en
genoeg inkomste genereer om homself en die ondernemer te onderhou.
Behoefte aan prestasie – ’n ondernemer streef na uitnemendheid en sukses in mededingende
situasies.
Verantwoordelikheid – ondernemers genereer idees vir die oplossing van probleme en
aanvaar persoonlik verantwoordelikheid vir die bereiking van doelwitte.
Organisatoriese en bestuursvaardighede – ondernemers gebruik leierskapsvaardighede om
andere te oorreed om hulle te help om hul visie te verwesenlik.
143
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Selfversekerd en ambisieus – sukses bou ’n mens se selfvertroue en selfbeeld.
Hardwerkend en energiek – ondernemers wy hul tyd, vaardighede, kundigheid en hulpbronne
aan die stigting van hul onderneming en die voortsetting daarvan, ondanks moeilike
omstandighede.
Visionêr – ondernemers is bedag op veranderinge in die mark en sakeomgewing, beskou
bedreigings as geleenthede, en gebruik hul kennis om munt te slaan uit sulke uitdagings.
Behoefte aan onafhanklikheid – ondernemers het ’n behoefte om onafhanklik van andere te
wees.
Goeie menseverhoudings of interpersoonlike vaardighede – ondernemers beskik oor die
vaardighede van goeie kommunikasie, motivering en leierskap.
1.2 Ondernemerskenmerke wat in besighede aangetref word
Besighede moet ondernemerskenmerke aanneem indien hulle mededingend en suksesvol wil
wees.
Die volgende faktore moet in gedagte gehou word:
Ondernemers is die risikonemers wat gemotiveer is om hul doelwitte te bereik en wins te
maak.
Bestuurders van besighede is hoëvlakwerknemers wat betaal word om besighede te
organiseer en te bestuur. Hulle is nie noodwendig diegene wat nuwe idees skep nie.
’n Intrapreneur word gedefinieer as die ‘binne-ondernemer’ wat binne ’n klein of groot
onderneming werk en ondernemersvaardighede aanwend tot voordeel van die
besigheid.
144
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Sleutelfaktore in besigheid
Sukses kan gedefinieer word as die bereiking van ’n doelwit of ’n stel doelwitte.
Suksesfaktore is die onmisbare maatstawwe waaraan ’n besigheid die bereiking van sy
doelwitte meet.
Dit is belangrik om oorweging te gee aan die soort besigheid of produk, die strategieë
van die besigheid, die ekonomiese klimaat en die besigheidsomgewing.
Suksesfaktore behoort van tyd tot tyd gemeet en aangepas te word om veranderinge in
ag te neem.
Besighede kan volhoubaarheid, winsgewendheid en hul kliëntebasis gebruik vir die
meting van hul prestasie.
2.1 Volhoubaarheid
Volhoubaarheid in besigheid behels die bestuur van wins, mense en die planeet.
Ondernemings wat volhoubaar is, is meer suksesvol as andere, lok en behou werknemers, en is
minder blootgestel aan finansiële en reputasie-risiko’s.
Vir die bestuur van ’n volhoubare besigheid, moet ’n ondernemer:
die vaardighede hê om te verseker dat die besigheid suksesvol sal wees en in die
toekoms sal bly sake doen
in staat wees om strategieë in werking te stel om die besigheid se uitdagings en
bedreigings die hoof te bied sodat dit lank sal voortbestaan
verseker dat daar genoeg geld beskikbaar is vir die toekoms.
Praktyke wat die volhoubaarheid van besighede bevorder, sluit in:
die betrekking van belanghebbendes by gesamentlike besluitneming, asook die
bereidwilligheid om te leer van kliënte, werknemers en die gemeenskap
die beskikbaarheid van omgewingsbestuurstelsels ter minimalisering van die uitwerking
van die onderneming se handelsbedrywighede en ter voorkoming van skade aan die
omgewing
die ontleding van die omgewings- en maatskaplike impak van die produkte en dienste
wat die besigheid gebruik en lewer, asook die beperking en herwinning van afval sover
moontlik
deursigtigheid, wat die rapportering en openbaarmaking insluit van inligting wat vir
interne en eksterne belanghebbendes tersake is, soos die besigheid se werklike
finansiële posisie.
2.2 Winsgewendheid
Die ondernemer moet verseker dat die besigheid in staat is om die maksimum wins te maak, en
dat die wins jaarlikse toeneem. Wanneer die winsgewendheid gemeet word, is dit belangrik om
sowel kosteberekening as prysvasstelling in ag te neem.
2.2.1 Kosteberekening
Kosteberekering behels die akkurate berekening van presies hoeveel dit kos om die produk te
produseer.
Dit sluit oorhoofse kostes in.
145
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Oorhoofse kostes behels die koste van arbeid, die instandhouding en vervanging van
toerusting, skoonmaakdienste en administrasie, vervoer en aflewering, huur, water en
elektrisiteit, asook die koste van foutiewe of beskadigde produkte.
Dit sluit ook die berekening in van die winsdrempel, wat die punt is waar die totale produkkoste
gelyk is aan die opbrengs uit produkverkope. Verkope ná hierdie punt lewer winste.
2.2.2 Prysvasstelling
Prysvasstelling beteken om te weet teen watter prys ’n produk of diens verkoop moet word
sodat dit ’n wins sal lewer. Dit is belangrik dat die prys in ooreenstemming sal wees met dié van
mededingers en dit wat verbruikers bereid is om te betaal.
2.3 Kliëntebasis
’n Ondernemer moet die besigheid se teikenmark identifiseer en verseker dat die produk of
diens wat verskaf word, kliënte of klante se behoeftes of begeertes vervul.
Die ondernemer moet voortdurend nuwe produkte en dienste ontwikkel om by kliënte nuwe
behoeftes en begeertes te skep, of om te voldoen aan kliënte se veranderde behoeftes en
begeertes.
Die ondernemer behoort rekord te hou van diegene wat die besigheid se produkte en dienste
koop. Dit staan bekend as die kliëntebasis.
Die besigheidseienaar behoort kliënte se kontakbesonderhede op rekord te hou of te weet hoe
om kliënte op te spoor sodat kontak met hulle bewerkstellig kan word deur media soos e-posse,
SMS’e, gewone pos, en sosiale netwerke. Vir teenswoordige en toekomstige sukses moet die
ondernemer in staat wees om die kliëntebasis se handhaaf en te vergroot deur die verskaffing
van hoëgehalte goedere en dienste teen die regte prys.
146
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Gebiede vir die verbetering van ’n besigheid
Gebiede wat oorweeg kan word vir die verbetering van ’n besigheid sluit die volgende in:
Die monitering van tendensies, aangesien daar voortdurend veranderinge in die makro-
omgewing plaasvind, soos veranderinge in rentekoerse wat ’n uitwerking kan hê op die
besigheid as geheel. Die voortdurende stel van VINDINGRYKER doelwitte sal die
besigheid rig en help om sy prestasies en sukses te meet.
Die rekordhouding van die finansiële tendensies binne die besigheid, byvoorbeeld die
kontantvloei.
Die handhawing van mededingendheid en doeltreffende bemarking. Dit besigheid moet
in pas bly met nuwe tendensies en die gebruik van tegnologie in sy bemarking, soos die
gebruikmaking van sosiale netwerke.
Die inagneming van veranderende produksie- of operasionele metodes.
Voorraadbeheer, aflewerings en gehaltebeheer behoort gemoniteer te word ter
versekering van die lewering van goedere en dienste van hoë gehalte.
Ondernemers behoort te kommunikeer met werknemers, saam met hulle teikens te stel,
en hulle vir hul prestasies te beloon.
Implementeer Totale Gehaltebestuur (TGB).
Motiveer werknemers om deel te wees van ’n bestuurstelsel wat toegewy is aan ’n hoë
werkstandaard. Bestuur hulpbronne versigtig, skakel vermorsing uit, en oorkom
tekortkominge.
Leer uit beste praktyke. Elke bedryf het beproefde en bewese werkwyses.
Besighede behoort hulle te meet aan soortgelyke besighede in hul bedryf.
147
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Vrae ter afsluiting van die onderwerp
1. Definieer winsgewendheid. (2)
2 Hoekom is volhoubaarheid ’n sleutelsuksesfaktor vir ’n besigheid? (2)
3 Wat is ’n kliëntebasis? (2)
4 Verduidelik hoekom ’n kliëntebasis vir ’n besigheid van belang is. (4)
5 Wat is ’n sleutelsuksesfaktor? (2)
6 Hoekom is dit belangrik om gebiede te identifiseer vir die verbetering van ’n besigheid?(2)
7 Noem vyf ondernemerseienskappe. (10)
Antwoorde op vrae ter afsluiting van die onderwerp
1. Die vermoë van die besigheid om wins te maak wat jaarliks toeneem.√√ (2)
2. Volhoubaarheid behels die bestuur van winste, mense en die planeet. √√ (2)
3. ’n Kliëntebasis is die groep mense wat spesifieke produkte of dienste van ’n besigheid koop.
√√ (2)
4. Hierdie kliënte is lojaal aan die onderneming,√√ sal meer produkte van hom koop,√√ en sal
die besigheid ook aanbeveel by hul familielede en vriende. √√ Hul name kan vir
bemarkingsdoeleindes in ’n databasis opgeneem word.√√ (2 x 2 = 4)
5. Die bereiking van ’n doelwit of stel doelwitte. √√ (2)
6. Omdat daar voordurend veranderinge in die makro-omgewing voorkom wat ’n uitwerking op
die besigheid sal hê. √√ (2)
7. Kreatiwiteit√√ die neem van risiko’s√√ volharding √√ behoefte aan prestasie√√
verantwoordelikheid√√ organisatoriese en bestuursvaardighede√√ selfversekerd en
ambisieus√√ hardwerkend en energiek√√ visionêr√√ behoefte aan onafhanklikheid, en goeie
menseverhoudings of interpersoonlike vaardighede√√ (5 x 2 = 10)
148
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 2 Burgerskapsrol en
verantwoordelikhede
Oorsig
Onderwerp 2 behels ’n bespreking van die burgerskapsrolle en verantwoordelikhede wat
verantwoordelike sakepraktisyns binne ’n sakeomgewing moet vervul en nakom.
Burgerskapsrolle
Korporatiewe maatskaplike
verantwoordelikheid maatskaplike
verantwoordelikheid
omgewingsvolhoubaarheid
verkrygingsbeleide Teruggee aan die gemeenskap
ekonomiese vooruitgang
produkrentmeesterskap
produktoeganklikheid
maatskaplike verantwoordelikheid die rolle van NRO’s, NWO's
die dualistiese ekonomie en GGO's in die gemeenskap
die sakegemeenskap
1 Burgerskapsrolle
Burgerskapsrolle en verantwoordelikheid teenoor belanghebbendes sluit faktore in soos:
Maatskaplike verantwoordelikheid
Omgewingsvolhoubaarheid
Ekonomiese vooruitgang
Produkrentmeesterskap
Verkryging
Produktoeganklikheid
Dualistiese ekonomie, apartheidserfenis, armoede en MIV/Vigs.
Hierdie faktore het ’n uitwerking op hoe besighede optree en hoe hulle in wisselwerking tree met
die gemeenskap wat hulle bedien.
1.1 Maatskaplike verantwoordelikheid
Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) het te make met ’n besigheid se sin
vir maatskaplike en ekologiese verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap en die omgewing
waarin hy funksioneer. Verskeie faktore in Suid-Afrika dra by tot die noodsaak vir maatskaplike
149
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
verantwoordelikheid. Sommige van hierdie faktore spruit uit die eertydse apartheidsera waarin
die meerderheid van die bevolking verdruk is, die vinnige bevolkingsaanwas, gebrek aan
onderwys en vaardighede, verstedeliking, armoede, werkloosheid, en ekonomiese resessie.
Besighede behoort betrokke te wees by maatskaplike projekte vir die opheffing van die
gemeenskappe waarin hulle funksioneer. Voorbeelde hiervan is programme vir die vermindering
van die uitwerking van sosio-ekonomiese kwessies soos MIV/Vigs, armoede, werkloosheid, en
gebrekkige onderwys en opleiding. Ander moontlikhede sluit in betrokkenheid by weeshuise,
wêreldvoedingsprogramme, en die borg van sportgeleenthede.
1.2 Omgewingsvolhoubaarheid
Industriële ondernemings kan ’n skadelike uitwerking op die omgewing hê. Die regering het
wetgewing deurgevoer oor die hoeveelheid besoedelende stowwe wat as toelaatbaar beskou
word, asook wette wat die storting van chemikalieë in waterbronne verbied. Besighede moet
hulle aan hierdie wette onderwerp en beleide in werking stel om die omgewing vir toekomstige
generasies te bewaar. Talle besighede ondersteun groen kwessies ter instandhouding van die
omgewing.
1.3 Ekonomiese vooruitgang
Besigheidseienaars het ’n verantwoordelikheid om te verseker dat hul ondernemings ’n wins
maak. Indien ’n onderneming bankrot speel, sal die werknemers werkloos wees, verskaffers ’n
tussenganger verloor, en verbruikers toegang tot ’n produk of diens verbeur.
1.4 Produkrentmeesterskap
Besighede moet rentmeesterskap aan die dag lê deur die bestanddele van ’n produk op
produketikette aan te dui. Dit waarsku verbruikers oor die moontlike newegevolge van
die produk. ’n Voorbeeld is voedselprodukte wat neute bevat, aangesien sommige
mense hoogs allergies is vir neute.
Die uitwerking van nuwe farmaseutiese produkte moet ondersoek word alvorens die
produkte in die handel beskikbaar gemaak word. Dit is om te verseker dat hulle veilig is
om te gebruik en geen gevaarlike of langtermyngevolge inhou nie.
1.5 Verkryging
Verkryging hou verband met aankoopbesluite. Besighede word aangemoedig om klein en
medium sakeondernemings te ondersteun, en veral diesulkes wat Swart Ekonomiese
Bemagtiging (SEB) steun en hulle aan SEB-beleidsmaatreëls onderwerp.
1.6 Produktoeganklikheid
Besighede moet hul produkte toegankliker en goedkoper maak vir laerinkomtegroepe.
Voorbeelde sluit in voedselprodusente wat goedkoper produkreekse aanbied wat gemik is op
die laerinkomstegroepe. Selfoondiensverskaffers verskaf mobiele afsetpunte in
laerinkomstegroepe se woongebiede met voorafbetaalde koepons as ’n goedkoper opsie.
1.7 Dualistiese ekonomie, apartheidserfenis, armoede en MIV/Vigs
Suid-Afrika het ’n dualistiese ekonomie deurdat sommige dele van die land as Eerste
Wêreld met ontwikkelde ekonomieë funksioneer (stede), terwyl ander dele steeds as
Derde Wêreld met ontwikkelende ekonomieë funksioneer (dorpsgebiede).
Talle mense leef in armoede en is vasgevang in ’n siklus waaraan hulle nie maklik kan
ontkom nie. MIV/Vigs het ’n negatiewe uitwerking op die mense en die ekonomie van die
land.
150
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Dit is vir die regering moeilik om alleen die impak van hierdie sosio-ekonomiese
vraagstukke te hanteer.
Van besighede word verwag om met die regering saam te werk om hierdie vraagstukke
die hoof te bied.
151
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Die rol van burgers in hul gemeenskappe
Burgers kan bydra tot die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van hul gemeenskappe.
Besighede moet hul werknemers aanmoedig om betrokke te raak by inisiatiewe ter
opheffing van plaaslike gemeenskappe. Programme wat gemik is op die verligting van
sosio-ekonomiese kwessies, soos MIV/Vigs, armoede, misdaad, werkloosheid, asook
gebrekkige onderwys en opleiding, moet van stapel gestuur word.
Besighede behoort ook hul kliënte aan te moedig om hul projekte ter nakoming van hul
maatskaplike verantwoordelikheid te ondersteun, of minstens hul kliënte daarvan bewus
maak. Voorbeelde van sulke projekte is die skenking van kos, komberse of geld, of die
aanbieding van kompetisies waarin die opbrengs ten bate van ’n gemeenskapsprojek
aangewend word of vir ’n voedingsprojek by plaaslike skole.
2.1 Die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappe
Burgers kan bydra tot die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van hul gemeenskappe
deur betrokke te wees by inisiatiewe ter opheffing van gemeenskappe deur nie-
regeringsorganisasies (NRO’s), nie-winsgewende organisasies (NWO’s) of
gemeenskapsgebaseerde organisasies (GGO’s).
2.2 Hoe individue aan hul gemeenskappe teruggegee het
Individue en besighede kan deur hul ondernemersaktiwiteite ’n positiewe invloed op hul
gemeenskappe uitoefen.
152
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Die konsep van ’n sakegemeenskap en manier waarop die individu
’n rol in so ’n gemeenskap kan speel
Die sakegemeenskap behels almal in die gebied waarin die besigheid sake doen.
Indien die besigheid help om die gemeenskap op te hef, verkry meer mense in die
gemeenskap die middele om produkte of dienste van die besigheid te koop.
Die besigheid en lede van die gemeenskap sal meer suksesvol wees indien hulle
saamwerk om maatskaplike en ekonomiese probleme te verlig.
Individue wat oor die middele (finansieel, kundigheid of tyd) beskik, kan betrokke raak by
opheffingsprogramme in die gemeenskap.
Raadgewers is nodig om MIV/Vigs-lyers en hul naasbestaandes van raad te dien om
hulle te help om emosioneel die mas op te kom.
Opvoedkundiges kan by besighede betrokke raak deur werknemers of onletterdes in die
gemeenskap te leer lees en skryf.
Kerke kan betrokke raak by programme vir die verspreiding van voedsel wat deur
sakeondernemings geskenk is.
153
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4 Die rol van NRO’s, GGO’s en NWO’s
Besighede en die burgerlike gemeenskap, met inbegrip van NRO’s, GGO’s en NWO’s en
individuele sakepraktisyns, kan saamwerk om sommige van die sosio-ekonomiese vraagstukke
in Suid-Afrika aan te durf.
NRO’s is nie-regeringsorganisasies sonder winsbejag. Hulle word geskep as regspersone en
voorbeelde sluit in Kinderwelsyn, die Dierebeskermingsvereniging, en plaaslike sportklubs.
NWO’s is organisasies sonder winsbejag. Winste word nie onder die lede verdeel nie, maar
gebruik vir die bevordering van die organisasies se oogmerke. Voorbeelde sluit in vakbonde,
organisasies vir die openbare kunste en vir liefdadigheid.
NWO’s is:
Organisasies wat as Artikel 21-maatskappye geregistreer is ingevolge die
Maatskappyewet, 61 van 1973
Trusts wat by die Meester van die Hooggeregshof geregistreer is ingevolge die Wet op
die Beheer van Trustgoed, 57 van 1988
Enige ander vrywillige vereniging sonder winsbejag.
Geld, tyd, eiendom, samewerking en vaardigheid kan aan hierdie organisasies beskikbaar
gemaak word om hulle met gemeenskapsprojekte te help.
154
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Vrae ter afsluiting van die onderwerp
1. Lys vier faktore wat ter sake is in die bugerskaprol. (8)
2 Verduidelik hoedat besighede ook burgers van ’n land is. (6)
3 Definieer maatskaplike ontwikkeling. (2)
4 Hoekom is NRO’s en GGO’s nodig? (4)
5 Op watter maniere hou korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en sake-etiek met
mekaar verband? (4)
6 Wat word bedoel met die term verkryging en kan besighede dit gebruik in die uitoefening van
hul burgerskapsrol? (4)
7 Hoe kan die burgerlike gemeenskap ’n rol speel in ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling?
(4)
Antwoorde op vrae ter afsluiting van die onderwerp
1. Maatskaplike verantwoordelikheid√√ omgewingsvolhoubaarheid√√ ekonomiese
vooruitgang√√ produkrentmeesterskap√√ verkryging√√ produktoeganklikheid√√ dualistiese
ekonomie√√ apartheidserfenis√√ armoede√√ en MIV/Vigs√√ (4 x 2 = 8)
2. Deur die uitoefening van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid√√ en deur
betrokke te raak by projekte vir maatskaplike opheffing,√√ asook die skepping van volhoubare
besighede.√√ (6)
3. Ontwikkeling van, byvoorbeeld, groter gelykheid in die samelewing en die vermindering van
armoede.√√ (2)
4. Omdat hulle maatskaplike welsynsprojekte aanpak√√ wat nodig is, maar nie op winsbejag
ingestel is nie.√√ (4)
5. Omdat etiese besighede omgee vir die gemeenskap en seker maak dat hulle ’n rol speel in
projekte vir maatskaplike opheffing.√√√√ (4)
6. Verkryging of aanskaffing behels die aankoop van items wat besighede nodig het in die
produksieproses√√ terwyl die besigheid seker maak dat hy beleidmaatreëls aangaande Swart
Ekonomiese Bemagtiging nakom.√√ (4)
7. Deur te kies om produkte te koop van ondernemings wat hul besigheid eties bedryf√√ en
deur betrokke te raak by programme vir maatskaplike opheffing.√√ (4)
155
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 3 Die bemarkingsfunksie
Oorsig
Onderwerp 3 handel oor die aktiwiteite van die bemarkingsfunksie
Koop en Marknavorsing Finansiering
verkoop
Standardisering Die Versekering
en gradering bemarkingsfunksie
Berging Vervoer
1 Aspekte van bemarking
Die bemarkingsfunksie oorbrug die gapings tussen die produsent of vervaardiger en die
verbruiker.
Take wat deel is van die bemarkingsfunksie sluit in:
Take wat te make het met die produk
Take wat te make het met die prys
Take wat te make het met die plek van verspreiding
Take wat te make het met promosie.
Die onderneming moet al die bogenoemde take koördineer en saamvoeg om hul impak en
doeltreffendheid tot die maksimum te verhoog.
156
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Die bemarkingsmengsel – die 4 P's van bemarking
Die
bemarkingsmengsel
verkoop teen die op die regte plek deur gebruik van die
regte prys regte promosie
Die regte produk
Voorvereistes vir die skepping van die regte bemarkingsmengsel:
Die produk moet voldoen aan verbruikers se behoeftes en begeertes.
Die prys moet reg wees.
Die goedere en dienste moet op die regte plek op die regte tyd beskikbaar wees.
Die teikengroep moet deur promosie bewus gemaak word van die beskikbaarheid van
die produk.
1.2 Marknavorsing
Die onderneming kan verbruikers deur marknavorsing identifiseer en inligting inwin oor:
Die grootte van die mark
Verbruikers se inkomste
Verbruikers se bereidwilligheid om geld te bestee
Verbruikers se ouderdom en kultuur
Die plekke waar potensiële en bestaande verbruikers hulle bevind.
1.3 Standaardisering en gradering
Standaardisering behels die produksie van identiese goedere wat voldoen aan
spesifieke standaarde.
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) se stempel van goedkeuring verseker
dat produkte voldoen aan ’n spesifieke standaard of gehalte.
Gradering behels die klassifisering van produkte ooreenkomstig kenmerke soos
grootte of gewig. Dit verwys gewoonlik na landbouprodukte, soos eiers en aartappels.
Diamante word gegradeer ooreenkomstig grootte, suiwerheid en kleur.
1.4 Berging
Berging behels die veilige bewaring van goedere totdat verbruikers hulle benodig.
Goedere word geberg om te verhinder dat hulle bederf, en om ’n ewewig tussen vraag
en aanbod te verseker. Vrugte wat in die winter gekweek word, soos appels en pere,
kan heeljaar beskikbaar wees danksy koelbewaring.
157
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.5 Vervoer
Vervoer is ’n belangrike bemarkingsfunksie aangesien verspreiding nie moontlik sou wees
daarsonder nie. Daar is vyf verskillende maniere van vervoer, naamlik spoor, water, pad,
pypleiding en lug.
Faktore wat die wyse van vervoer beïnvloed, sluit die volgende in:
Koste – Die metode van vervoer moet bekostigbaar wees.
Soort produk – Swaar of lywige produkte sal waarskynlik per spoor, pad of water vervoer
word, terwyl duur, ligte of breekbare produkte bes moontlik per lug vervoer sal word.
Vervoertyd – Lugvervoer geskied baie vinnig en watervervoer aansienlik stadiger.
Produkte wat dringend benodig word, vereis ’n vinnige vervoermetode.
1.6 Finansiering
Finansiering kan verskaf word deur die vervaardiger, die groothandelaar, die kleinhandelaar of
’n finansiële instelling. Verskillende vorms van kredietfinansiering sluit in:
Krediet ingevolge ’n ope rekening – Die koper ontvang die goedere en word ’n sekere
tydperk gegun om die skuldbedrag te vereffen, byvoorbeeld 30, 60, 90 of 120 dae.
Huurkoop – Die koper betaal ’n deposito en daarna die balans oor ’n vasgestelde
tydperk. Rente word gehef op die uitstaande balans, byvoorbeeld wanneer meubels
gekoop word.
Huur – Die verbruiker word toegelaat om die goedere te gebruik, maar word nie die
eienaar daarvan nie. .
Bankkrediet – Die koper kan die transaksie betaal deur gebruik van ’n kredietkaart of by
wyse van ’n lening van ’n kommersiëke bank. Hierdier soort krediet kan in enige stadium
gebruik word vir die koop van goedere tot ’n sekere perk. Rente word gehef op die
leningsbedrag.
1.7 Versekering
Versekering behels ’n kontrak tussen twee partye, die versekeraar en die versekerde. In ruil
vir die betaling van ’n premie deur die versekerde, onderneem die versekeraar om die verliese
te dek wat die versekerde weens ’n bepaalde gebeurtenis mag ly.
Boere, vervaardigers, groothandelaars, kleinhandelaars en verbruikers kan deur een of meer
van die volgende risiko’s in die gesig gestaar word:
158
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Menslike risiko’s, soos diefstal, slegte skuld, inbrake en skade weens nalatigheid en
stakings
Fisiese skade, wat die gevolg kan wees van natuurlike oorsake soos stormskade,
aardbewings, brande, weerlig, oorstromings, droogtes en insekplae
Ekonomiese risiko’s, soos veranderings in die vraag na of aanbod van sekere produkte,
prysskommelings, veranderinge in modeneigings, tegnologiese ontwikkelings en sterker
mededinging.
’n Sakeonderneming kan homself verseker teen menslike en fisiese risiko’s, maar nie teen
ekonomiese risiko’s nie.
1.8 Koop en verkoop
Die hoofdoelwit van bemarking is die verkoop van goedere en dienste aan daardie individue en
huishoudings wat hulle sal gebruik. Bemarking is die beïnvloeding van kopers om te koop op
sterkte van doeltreffende verkopingspromosies. Besighede soos groot- en kleinhandelaars koop
hul goedere van produsente of vervaardigers om dit weer te verkoop. Sulke besighede staan
bekend as tussengangers en is die skakel tussen vervaardigers en die eindverbruiker. Die
koper neem besit van die goedere danksy die bemarkingsaktiwiteit van verkoping. Vorms van
verkoping sluit in:
Persoonlike verkoping – regstreekse verkoping tussen die vervaardiger en die koper
Agentskapsverkoping – iemand wat goedere teen kommissie vir andere verkoop
Makelary – ’n verkoopsagent wat ’n bepaalde produk as ’n makelaar verkoop.
Ander vorms van verkoping – verkoopoutomate, posbestellings, deur-tot-deur-verkope,
selfsdiensverkope, en aanlyn-verkope.
159
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Produkbeleid
Produkbeleid sluit in die keuse, ontwerp en verpakking van produkte, en die gebruik van
handelsmerke en –name. Die produk moet sowel die klant of kliënt se praktiese behoeftes
vervul, soos om ’n sambreel vir die reën te koop, as sy of haar emosionele behoeftes, soos om
die handelsnaam te verskaf wat getuig van status.
2.1 Soorte goedere en dienste
Goedere
Geriefsgoedere ’n Relatief goedkoop item wat min inkopie-inspanning verg. Die koop van
hierdie goedere vereis baie min oorweging.
Voorbeelde: brood, melk en suiker
Spesialiteitsgoedere Die koop van hierdie goedere verg meer oorweging en vergelyking as in
die geval van geriefgoedere. Die produk is gewoonlik duurder en die verbruiker sal die prys,
gehalte en handelsnaam van die produk oorweeg.
Voorbeelde: juweliersware, klerasie of meubels
Nywerheidsgoedere Dit behels enige produkte of goedere wat gebruik word in die
vervaardiging van ander goedere. Dit kan ’n wye reeks grondstowwe of half-verwerkte goedere
insluit, asook kapitaalgoedere, soos die toerusting en masjinerie wat gebruik word vir die
vervaardiging van ’n eindproduk.
Voorbeelde: masjinerie, vragmotors
Dienste
Persoonlike dienste Dit behels persoonlike hulp aan ’n kliënt. Die dienste is ontasbaar en
verganklik, gemik op die eindverbruiker, en word dikwels deur professionele mense verskaf.
Voorbeelde: dokter, loodgieter, haarkapper
Aanvullende of kommersiële dienste
Dit sluit al die dienste in ingevolge waarvan goedere of dienste van die produsente geneem en
aan verbruikers gelewer word, en word dikwels deur tussengangers gelewer.
Voorbeelde: vervoer, bankdienste, telekommunikasie
2.2 Produkontwikkeling
Vinnige tegnologiese ontwikkeling bring mee dat produkte gou verouderd word.
Produkontwikkeling behels pogings om nuwe produkte te ontwerp, te skep en te bemark, asook
om bestaande produkte te verander.
2.3 Lewensloop van produkte
Ná die bekendstelling of vrystelling van ’n nuwe produk in die handel, trek dit al meer
verbruikers namate die vraag daarna toeneem. Uiteindelik stabiliseer die mark en word die
produk volgroeid. Met verloop van tyd kan die produk oorskadu word deur die ontwikkeling en
bekendstelling van beter produkte deur mededingers. Die vraag na die produk kan dan daal,
wat kan meebring dat dit uiteindelik aan die mark onttrek word. Die tydsduur van elke stadium
verskil van produk tot produk. ’n Produk se lewensduur kan in vier fases verdeel word:
2.3.1 Vestigings- of bekendstellingsfase
Die besigheid wil ’n bewustheid van en mark vir die produk skep. Verkope sal laag wees, omdat
die besigheid ’n vraag na die produk moet skep aangesien verbruikers onbewus daarvan is of
dit nie goed genoeg ken nie.
160
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2.3.2 Groeifase
Die besigheid wil ’n handelsmerkvoorkeur bewerkstellig en sy markaandeel verhoog. Verkope
neem toe namate meer verbruikers bewus word van die produk, en die besigheid word meer
winsgewend.
2.3.3 Volgroeide fase
Die fase van volgroeidheid is die winsgewendste. In hierdie stadium is die besigheid se
hoofdoelwit om sy markaandeel te beskerm en sy winste sover moontlik te verhoog.
2.3.4 Dalingsfase
Verkope daal namate die mark ’n versadigingspunt bereik. In hierdie stadium kan die besigheid
die volgende doen:
• nuwe produkkenmerke byvoeg en nuwe gebruiksmoontlikhede vir die produk ontgin
• die produksiekoste verlaag sodat die produk teen ’n laer verkoopprys aangebied kan word
• die vervaardiging van die produk staak.
161
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2.4 Produkontwerp
Die voortdurende ontwikkeling van nuwe produkte is belangrik om te verseker dat die produkte
van nuwe idees beskikbaar is ter vervanging van goedere wat minder gewild of verouderd raak.
Stap 1
Die eerste stap in produkontwerp behels die identifisering van verbruikersbehoeftes en die
vasstelling van die mate waarin bestaande goedere en dienste in die mark daardie behoeftes
vervul.
Stap 2
Seleksie en keuring van produkidees. Sodra verskillende idees gegenereer is, moet elke idee
beoordeel en die beste idee gekies word. Die beste idee is nie noodwendig die goedkoopste
nie.
Stap 3
Ontwerp en toets van die produkidee. Sodra die beste idee vir die nuwe produk gekies is,
moet die ontwerp geskets en in meer besonderhede uitgewerk word. Die ontwerper sal ’n
basiese, driedimensionele rekenaarontwerp voorlê met genoeg besonderhede vir die
beoordeling van die lewensvatbaarheid van die produk. Dit is die stadium waarin besluit word
oor die voortsetting of beëindiging van die proses.
Stap 4
Ontleding van die winsgewendheid van die produkkonsep. Hierdie stap sal bepaal of die
geld wat in die produkontwikkeling belê word, winste sal oplewer, al dan nie.
Stap 5
Ontwerp en toetsing van die fisiese produk. Indien navorsing bevestig dat die produk winste
sal oplewer, word die produkkonsep omskep in ’n werklike produk en word die produk vir die
eerste keer vervaardig.
Stap 6
Die toetsbemarking vir die reaksie van verbruikers sodat bepaal kan word hoe hulle oor die
produk voel. Indien verbruikers ingenome is daarmee, sal dit lei tot ’n besigheidsbesluit om met
die produksie daarvan voort te gaan.
3.5 Verpakking
Verpakking verwys na die houer of verpakkingsmateriaal waarin ’n produk of aantal produkte
aangebied word. Verpakking het meesal die volgende funksies:
Beskerm die produk fisies
Bevorder die bemarking van die produk
Verhinder dat die produk bederf raak
Voorkom ’n gepeutery of diefstal
Vergemaklik gebruik of berging
Vergemaklik produkidentifikasie.
3.5.1 Vereistes vir goeie verpakking
Dit moet opvallend wees en onmiddellik verbruikers
se aandag trek
Dit moet pas by die produk.
Die ontwerp moet pas by die teikenmark, soos
die aanbieding van geriefsgoedere in goedkoop
verpakking, byvoorbeeld melk in ’n plastiekbottel.
Dit moet van mededingende produkte
onderskeibaar wees.
162
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Dit moet die beeld bevorder wat die besigheid probeer skep.
Dit moet gepas wees vir uitstaldoeleindes en voldoen aan die vereistes van
kleinhandelaars.
Dit moet omgewingsverantwoordbaar wees.
Dit moet die inhoud beskerm.
Dit moet maklik wees om te versprei, te hanteer, te vervoer en te gebruik.
3.5.2 Vorms van verpakking
Spesialiteitsverpakking
Die soort verpakking is ontwerp vir ’n spesifieke produk en aangepas by die kenmerke daarvan,
byvoorbeeld die doelontwerpte houers vir sonbrille of farmaseutiese produkte.
Dubbeldoelverpakking
Die verpakking is ontwerp vir hergebruik nadat die inhoud daarvan verbruik is, byvoorbeeld
margarienbakkies waarin oorskietkos in ’n koelkas of vrieskas gebêre kan word.
Kombinasieverpakking
Twee of meer soortgelyke produkte, of verwante produkte, word saam verpak. Dit is nuttig in die
geval van spesiale aanbiedinge of met die bekendstelling van nuwe produkte. Voorbeelde is die
gesamentlike verpakking van ’n skeermes en naskeermiddel, asook ’n haarborsel, haarknippe
en haarrekke.
Kaleidoskopiese verpakking
Dit staan ook bekend as voordurend veranderende verpakking. Die hoofoogmerk met hierdie
verpakking is om ’n verbruikersvraag na die verpakking te bewerstellig, sodat die produk hom
daarna as ’t ware vanself verkoop. Voorbeelde hiervan is die aanbring op koeldrankblikkies van
die landsvlae van deelnemers aan ’n internasionale sporttoernooi, of van die jongste Disney-
strokiesprentkarakters op ontbytgraankoshouers.
Verpakking vir onmiddellike gebruik, oftewel eenheidsverpakking
Die verpakking word weggegooi nadat die produk verbruik is, byvoorbeeld ’n lekkerpakkie of ’n
koeldrankblik.
Verpakking vir herverkoping / veeldoelige verpakking
Grootmaatverpakking maak dit vir kleinhandelaars makliker om produkte te hanteer, te berg en
te vervoer. Die kleinhandelaar verkoop dit dan in kleiner hoeveelhede, byvoorbeeld ’n houer met
48 sjokoladestafies.
Omgewingsvriendelike verpakking
Hierdie verpakking is bioafbreekbaar, maklik herwinbaar en kan maklik hergebruik word.
Plastieksakke en -houers is nie omgewingsvriendelik nie, maar papierverpakking is wel.
Verpakking moet ’n produk van mededingende produkte onderskei.
3.5.3 Handelsmerk
’n Handelsmerk is ’n naam, term, simbool of ontwerp wat
gebruik word ter identifisering van ’n produk. ’n
Handelsnaam is daardie deel van die handelsmerk wat
uitgespreek kan word – woorde, letters of syfers. ’n
Handelsmerkteken is die element wat nie uit woorde
bestaan nie, en behels gewoonlik ’n simbool of ontwerp.
Wanneer ’n nuwe produk in die handel bekend gestel
word, sal verbruikers dit nie gebruik alvorens hulle meer
oor die produkte te wete gekom het nie. Bemarkers kan
gratis produkmonsters uitdeel om kliënte aan te moedig
om die nuwe produk te gebruik. Daar is drie fases in handelsmerkaanvaarding.
163
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Fase 1 Handelsmerkerkenning
Wanner verbruikers in staat is om die produk te identifiseer, het die bemarker die eerste tree na
handelsmerkaanvaarding gevorder.
Fase 2 Handelsmerkaanvaarding
Wanneer ’n verbruiker vra na ’n spesifieke handelsmerk, word dit beskou as
handelsmerkaanvaarding. Indien die handelsmerk egter nie beskikbaar is nie, sal die verbruiker
’n ander handelsmerk koop.
Fase 3 Handelsmerkaandrang
Wanneer verbruikers nie bereid is om ’n ander handelsmerk te koop as dié wat hulle verlang
nie, word dit beskou as handelsmerkaandrag. Alle besighede se einddoel is dat daar onder die
verbruikers van hul produkte ’n handelsmerkaandrang moet ontstaan, aangesien verbruikers in
daardie stadium geen alternatiewe handelsmerke sal aanvaar nie. Dit besorg aan die besigheid
’n mededingsvoordeel bo ander besighede.
3.5.4 Handelsmerke
’n Handelsmerk kan bestaan uit woorde, syfers, sketse, tekens, simbole, kleure, of kombinasies
daarvan. Dit identifiseer die goedere of dienste van die handelsmerkeienaar. Dit verleen ook
beskerming aan die handelsmerkeienaar deurdat dit aan hom of haar die eksklusiewe
gebruiksreg verleen vir die identifisering van die produkte of dienste, of vir die magtiging aan
andere om dit teen betaling te gebruik. ’n Handelsmerk kan ’n handelsnaam, slagspreuk, logo of
spesifieke ontwerp, of ’n kombinasie daarvan insluit, byvoorbeeld:
Handelsnaam: Coca Cola, Spur of Nike
Slagspreuk: ‘Let your fingers do the walking.’
Logo: MacDonald’s of Nike
Spesifieke ontwerp: Coca Cola-bottel
Kleur: Edgar se rooi vierkant, Coca Cola se rooi blikkies
Vervaardiger se handelsmerk
Die vervaardiger bemark al sy produkte onder een handelsnaam, byvoorbeeld Nestlé se Nestlé-
sjokolades, Nestlé-warmsjokolade, Nestlé-koffie
Individuele handelsnaam
Die vervaardiger gee elk van sy produkte ’n individule handelsnaam, byvoorbeeld Volkswagen
Golf, Jetta, Polo en Passat.
Generiese handelsmerk
Dit behels produkte wat nie die maatskappynaam of ander identifiserende terme as
handelsnaam het nie, byvoorbeeld Vaseline. Hierteenoor is Elastoplast ’n handelsnaam vir
Johnson & Johnson’s se reeks kleefverbande en -pleisters, asook verwante produkte.
Kleinhandelaar se handelsmerk
Die kleinhandelaar bemark, onder sy eie naam, die vervaardiger se produk, byvoorbeeld
Woolworths, Pick n Pay.
3.5.5 Belangrikheid van handelsmerke
Die handelsmerk verteenwoordig die vertrekpunt vir die advertering van die besigheid en sy
produkte. Dit is ’n belangrike bate vir die besigheid.
Die besigheid kan sy produkreeks uitbrei omdat dit maklik is om produkte onder die vaandel van
’n bekende en gewilde handelsmerk te bemark.
’n Handelsmerk kan ’n kooptransaksie bespoedig en verkope verhoog.
’n Handelsmerk skep lojaliteit onder verbruikers en maak dit vir die verbruiker moeilik om
plaasvervangers te kies.
164
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
’n Handelsmerk skep ’n beeld van ’n produk wat verbruikers se vertroue inboesem.
3.5.6 Registrasie van handelsmerke
Handelsmerke kan slegs beskerm word indien hulle geregistreer is ingevolge die vereistes van
die Wet op Handelsmerke. Dit word gedoen om seker te maak dat slegs ’n bepaalde besigheid
die handelsmerk gebruik. Die regte van die eienaars van handelsmerke word vir ’n sekere
tydperk beskerm. Daarna kan die registrasie van die handelsmerk hernieu word. Die Kommissie
vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) administreer die Register van Handelsmerke,
wat die rekord is van al die handelsmerke ten aansien waarvan aansoek gedoen is om
registrasie en wat inderdaad in Suid-Afrika geregistreer is.
165
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4 Distribusiebeleid
Distribusie of verspreiding behels die roete wat ’n produk volg vanaf die produksietydstip totdat
dit aan die eindverbruiker verkoop word. Die roete staan bekend as die distribusiekanaal.
4.1 Distribusiekanale
’n Produsent of vervaardiger kan besluit om die produk regstreeks aan die eindverbruiker te
versprei, of om tussengangers te gebruik om met die distribusiefunksie te help.
4.1.1 Tussengangers
Tussengangers kan sommige van of al die volgende insluit:
Groothandelaars koop produkte in grootmaat (groot hoeveelhede) van die vervaardiger en
berg hulle in pakhuise. Vervolgens verkoop hulle hierdie produkte in kleiner hoeveelhede,
gewoonlik aan kleinhandelaars. Voorbeelde is Makro en Cash & Carry.
Agente tree op as verteenwoordigers van vervaardigers en groothandelaars en neem die
eienaarskap van die produkte nie. Hulle verdien kommissie op verkope. Voorbeelde is
Tupperware, Honey-juweliersware en Justine-skoonheidsprodukte.
Makelaars is verkooptussengangers wat ook nie eienaarskap van die produkte neem nie. Hulle
hoofdoel is om te onderhandel in markte waarin daar slegs enkele kopers of verkopers is. Hulle
spesialiseer gewoonlik in ’n bepaalde produk, gebied, provinsie of land. Voorbeelde is
versekeringsmakelaars, wolmakelaars en aandelemakelaars.
Kleinhandelaars vorm die laaste skakel in die distribusieproses aangesien hulle goedere in
taamlike groot hoeveelhede van vervaardigers of groothandelaars koop, en hulle dan in kleiner
hoeveelhede aan verbruikers verkoop. Voorbeelde is Pick n Pay, Edgards en CNA.
4.1.2 Direkte verkoping
Direkte verkoping vind plaas wanneer die prdusent produkte direk aan verbruikers bemark en
verkoop, en geen tussengangers betrek word nie. Hierdie produsente verkies om volle beheer
oor die verspreiding van hul produkte te behou. Redes waarom ’n produsent kan verkies om ’n
direkte verkooproete sonder tussengangers te volg, sluit in:
Die vervaardiger verkies om self met die verbruiker te onderhandel omdat dit vir die
vervaardiger nodig is om die produk te demonstreer, of naverkoopdienste te verskaf.
Tussengangers mag ongeneë wees om die vervaardiger se goedere te versprei.
Geen aanvullende dienste, soos vervoer, versekering, berging, hersortering van
produkte of finansiering, word deur tussengangers aangebied nie.
Tussengangers kan nie die produk vinnig genoeg aan die verbruiker lewer nie,
aangesien die produk bederfbaar mag wees.
Kleinhandelaars en verbruikers verkies dat die vervaardiger direk aan hulle lewer omdat
die produkte dan goedkoper sal wees.
Die vervaardiger wil nie hê tussengangers moet in die winste deel nie.
4.1.3 Indirekte verkoping
Indirekte verkoping vind plaas wanneer die vervaardiger tussengangers gebruik, soos
groothandelaars, agente, makelaars en kleinhandelaars. Onder die redes waarom ’n
vervaardiger mag verkies om tussengangers te gebruik vir die verkoping van produkte, is die
volgende:
Die vervaardiger het moontlik nie genoeg geld om te betaal vir die distribusie van die
produkte nie.
Die vervaardiger het geen kennis van produkverspreiding nie.
166
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Die vervaardiger kan die kapitaal gebruik wat gespaar word deur nie as verspreider op
te tree nie.
Talle vervaardigers het nie genoeg verwante produkte om die inspanning en koste
verbonde aan die verspreiding van hul produkte deur hulleself te regverdig nie.
’n Geografies-verspreide teikenmark maak van verspreiding ’n duur proses. Om die
verspreidingskoste laag te hou, kan dit beter wees om tussengangers te gebruik wat ook
ander produkte versprei.
Talle vervaardigers kan nie die nodige aanvullende dienste verskaf nie.
167
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5 Promosie- of kommunikasiebeleid
Die bemarkingsbestuurder se werk is om die teikenmark in te lig dat die produk beskikbaar is.
Die regte produk moet beskikbaar gemaak word op die regte plek en teen die regte prys.
Wanneer verbruikers ingelig word oor die produk, staan dit bekend as
bemarkingskommunikasie of afsetbevordering. Bemarkingskommunikasie het vier
komponente:
5.1 Afsetbevordering
Afsetbevordering is enige inisiatief wat deur ’n instelling onderneem word om verhoogde
verkope te bewerkstellig. Dit behels bemarkingsaktiwiteite soos:
Koop-Een-Kry-Een-Gratis – Clicks, byvoorbeeld, bied aan verbruikers die geleentheid om een
produk te koop en terselfdertyd een gratis te ontvang.
Nuwe tegnologiese media – Dit sluit in webtuistes en selfone ter ondersteuning van
afsetbevordering. Nestlé, byvoorbeeld, druk individuele kodes op die verpakking van KIT-KAT
en verbruikers stuur die kodes deur na ’n dinamiese webwerf om te sien of hulle ’n prys gewen
het. Verbruikers kan ook die kodes met hul selfone deurstuur.
Gratis geskenke – Sommige vervaardigers van skoonheidsmiddele verskaf gratis geskenke
aan verbruikers wat hul produkte koop.
Afslagpryse – Mango-lugdiens stuur die jongste laekoste-aanbiedings per e-pos aan
verbruikers sodra nuwe vlugte of aanvullende bestemmings bekend gemaak word.
Gesamentlike promosies – Kitskosrestaurante bied dikwels verkopingspromosies aan waar
speelgoed wat met ’n bepaalde fliek verband hou, saam met die promosie-etes aan verbruikers
verskaf word.
Gratis monsters – Dis sluit die geleentheid in om monsters van eet- en drinkgoed in
supermarkte te proe.
Afslagbewyse en koepons – Dit word dikwels in koerante gepubliseer.
Kompetisies en prystrekkings – Dit word in koerante en tydskrifte, oor die radio, op televisie
en die internet aangebied.
Saakverwante produkte en produkte ter bevordering van billike handel, wat bestem is om geld
te in vir liefdadigheidsinstellings en mindergegoede boere en produsente, word al hoe meer
gewild. ’n Voorbeeld is Woolworths se MySchool-kaart, ingevolge waarvan ’n persentasie van
die opbrengs uit verkope vir opvoedkundige doeleindes geskenk word.
Finansieringstransaksies – Sommige motorhandelaars bied finansiering op geselekteerde
motors aan teen 0% rente aan oor ’n termyn van drie jaar.
Baie van die voorbeelde hierbo is toegespits op die verbruiker, maar hulle kan tegelyk gerig
wees op groothandelaars en verspreiders.
5.2 Advertering
Verbruikers kom daagliks advertensies teë wanneer hulle televisie kyk, koerante of tydskrifte
lees, radio luister, of webtuistes besoek. Advertering oorreed mense om sekere produkte te
koop en bring ook die geadverteerde produkte onder verbruikers se aandag.
5.2.1 Metodes van advertering
Gedrukte media – Koerante, tydskrifte, strooibiljette, brosjures, telefoongidse.
Buitemuurse advertering – Baniere, plakkate, reklameborde, vullisblikke,
driedimensionele advertensies
Mobiele advertering – Advertensies op taxi’s, busse, afleweringsvoertuie, en
handelsvoertuie
168
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Advertering in die uitsaaiwese – Televisie en radio
Advertering by tentoonstellings – Aanbiedings by skoue en uitstallings
Advertering deur borgskappe – Die ondersteuning van maatskaplike en
omgewingsprojekte, die uitdeel van gratis T-hemde en pette met besigheidslogo’s
Aanlynadvertering – Gebruik van internet-webtuistes, e-pos.
5.2.2 Beginsels van advertering
Daar is verskeie beginsels wat besighede moet oorweeg wanneer hulle adverteer:
Die bemarker moet beskik oor al die feite aangaande die produk en sy unieke
eienskappe, alvorens ’n advertensieveldtog beplan word. Die verseker dat die kenmerke
van die produk waarheidsgetrou geadverteer word.
Waar ’n produk deel is van ’n bestaande handelsmerk, moet die verbintenis gebruik
word om kliënte te help om die besigheid of die handelsmerk te herken. Virgin,
byvoorbeeld, moet die groepsverwantskap van Virgin Lugdiens, Virgin Gimnasiums,
Virgin Krediet en Virgin Selfoonnetwerk adverteer.
Die besigheid behoort die AIDA-beginsel te volg wanneer ’n advertensie geskep word.
Die advertensie moet ’n ontwerp of logo bevat wat die aandag sal trek, of ’n aansteeklike
deuntjie, sodat verbruikers dit sal onthou.
Besighede moet die korrekte medium kies vir hul advertering. Velprodukte vir tieners,
byvoorbeeld, behoort geadverteer te word in tydskrifte wat op die tienermark gerig is.
Die mees kostedoeltreffende advertensiemetode moet gebruik word. Adverteringskostes
moet binne die begroting gehou word. Besighede moet verseker dat geadverteerde
goedere van goeie gehalte is, en dat die korrekte inligting in die advertensie verskaf
word. Dit sal die reputasie van die besigheid skaad indien goedere van ’n swak gehalte
geadverteer word, of indien onjuiste inligting in advertensies verskaf word.
Mededingers moet nooit in ’n advertensie gekritiseer word nie. Dit is oneties en onwettig.
5.2.3 Vereistes vir ’n goeie advertensie ooreenkomstig die AIDA-beginsel
Die oogmerk van advertering is om die teikengroep in te lig, oor te haal, en te herinner om ’n
spesifieke handeling uit te voer. Alle advertensies moet die aandag trek en dit lank genoeg hou
om ’n begeerte aan die produk te stimuleer, en moet uiteindelik die potensiële verbruiker sover
bring om ’n seker aksie uit te voer. AIDA staan vir Aandag, Belangstelling, Begeerte, Aksie
(oftewel Attention, Interest, Desire, Action).
Aandag
Belangstelling
Aksie
Begeerte
169
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Die stappe in die skepping van ’n goeie advertensie is die volgende:
STAP 1 MARKNAVORSING
Identifiseer die teikenmark waarop die advertensie toegespits moet wees, met ander woorde die
potensiële kopers van die produk. Doen navorsing oor mededingers en hul produkte.
STAP 2 DOELWITTE
Definieer doelwitte wat duidelik, eksak en meetbaar is, byvoorbeeld, verkope en/of die
verhoging van produk- en handelsmerkbewustheid.
STAP 3 BEGROTING
Bepaal hoeveel geld vir die advertensieveldtog beskikbaar is.
STAP 4 KEUSE VAN MEDIA
Spesifiseer die medium (tydskrifte, radio, televisie, koerante, internet). Oorweeg die volgende:
• Wat is die tariewe wat gehef word?
• Hoeveel plek, en luister- of kyktyd is beskikbaar?
• Sal die gekose advertensiemedium die teikenmark bereik?
• Sal die aard en inhoud van die boodskap gepas wees?
STAP 5 DIE ADVERTENSIE OOREENKOMSTIG DIE AIDA-BEGINSEL
Die inhoud van die advertensie moet die volgende insluit:
• ’n opskrif wat die aandag trek
• verduidelikende inligting.
Die ontwerp van die advertensie moet die volgende insluit:
• ’n uitleg wat die aandag trek
• ’n kunswerk wat gepas is vir die gekose medium.
STAP 6 BEGIN VAN DIE MEDIAVELDTOG
Die verbruiker sien die veldtog.
STAP 7 VERSKAFFING VAN DIE GOEDERE AAN AFSETPUNTE
Die verbruiker koop die produk.
STAP 8 BEOORDELING VAN DIE VELDTOG
Ondersoek die sukses van die veldtog. Die volgende metodes kan gebruik word om die uitslag
daarvan te bepaal:
• Vra die verbruikers – Dit kan gedoen word deur besigheidspersoneel by afsetpunte te plaas
om navrae te doen.
• Ingeboude terugvoerinstrumente – Dit sluit koepons in wat deur verbruikers voltooi en aan die
adverteerder teruggestuur kan word.
• Aantal kliënte – Stel vas hoeveel kliënte die afsetpunt besoek het nadat die advertensieveldtog
’n aanvang geneem het.
• Verkoopsyfers – Verkoopsyfers kan vergelyk word met die syfers voordat die
advertensieveldtog begin is.
170
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5.2.4 Etiek van advertering
Die volgende advertensiepraktyke word as oneties beskou:
Misleidende advertering, soos wanneer ’n besigheid onwaar stellings maak of tersake
inligting weerhou in ’n poging om mense sover te kry om die produk of diens te koop.
Wanneer ’n aanbod van ‘koop-een-kry-een-gratis’ aan verbruikers gedoen word, is dit
oneties om die koste van die gratis item te verhaal deur die produkprys te verdubbel.
Negatiewe advertering kom voor wanneer ’n besigheid die tekortkominge van ’n
mededinger se produkte uitwys of leuens versprei oor ’n mededinger se produk.
Die toepassing van druk op verbruikers om luukse-goedere te koop kan skynbehoeftes
wek en verbruikers se finansiële posisie benadeel.
Advertering mag nie enige vorm van diskriminasie of die aantasting van
menswaardigheid behels nie.
171
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
6 Publisiteit
Publisiteit is ’n vorm van kommunikasie wat ’n besigheid gratis ontvang, maar die besigheid het
geen beheer oor die inhoud van die boodskap nie.
Die waarde van die publisiteit sluit die volgende in:
Dit het groter geloofwaardigheid deurdat dit deur ’n derde party gerapporteer word.
Dit is gratis, en daar is geen verwante kostes vir media, spasie of tyd nie.
’n Onderneming kan, indien nodig, vinnig daarop reageer deur die uitreiking van ’n
verklaring aan die nuusmedia.
Dit feit dat dit aangebied word as nuus, verhoog die waarskynlikheid dat verbruikers
daaraan aandag sal gee.
172
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
7 Persoonlike verkope
Persoonlike verkope is betaalde persoonlike kommunikasie wat daarop gemik is om kliënte in te
lig en te oorreed om bepaalde produkte of dienste te koop.
Suksesvolle verkope hang af van die volgende beginsels:
Wees opreg en luister na die kliënte om kennis te neem van hul behoeftes en begeertes.
Wees passievol oor die produk en openbaar vertroue daarin.
Werk voortdurend aan die verbetering van jou verkoops- en kommunikasievaardighede.
Stel vrae en luister aandagtig voordat jy weer praat.
Alle mense verskil en daarom moet kliënte almal verskillend benader word.
173
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
8 Prysbeleid
8.1 Belangrikheid van prysvasstelling
Prysvasstelling is een van die belangrikste aspekte van die bemarkingsmengsel. Die prys van
die produk kan die sukses of mislukking daarvan meebring en moet daarom korrek bepaal word
sodat dit ’n wins sal genereer.
Die prys van ’n item word bepaal deur die hoeveelheid verkope aan kliënte en die hoeveelheid
wins wat op elke verkoopte produk gemaak word.
8.1.2 Prysvasstellingstegnieke
’n Besigheid kan, om verskeie redes, verskillende prysvasstellingstegnieke gebruik,
byvoorbeeld:
Toetrede tot ’n nuwe mark
Verhoging van ’n markaandeel
Poging om winste te verhoog
Versekering dat koste verhaal en ’n vasgestelde wins behaal word.
8.1.3 Prysvasstelling
Die volgende stappe word gedoen wanneer bemarkers pryse vasstel:
Vassteling van die kosprys
Produksiekoste bepaal die laagste prys wat ’n besigheid vir ’n produk kan vra. Die
verkoopprys moet hoër wees as die kosprys sodat ’n wins gemaak kan word.
Vasstelling van die markprys
Die markprys is die prys wat verbruikers bereid is om vir die produk te betaal.
Vasstelling van die teikenprys
Bepaal die verkoopprys met inagneming van die pryse van mededingers.
Vasstelling van die finale prys (verkoopprys)
Die finale prys is die prys waarteen die produk aan kopers beskikbaar gemaak word.
8.1.4 Faktore wat prysvasstelling beïnvloed
Daar is talle faktore wat die prys van ’n produk of diens kan beïnvloed.
Monopolie
Dit is ’n mark waarin ’n enkele onderneming of groep ondernemings die hele mark, of byna die
hele mark, vir ’n bepaalde produk of diens besit. ’n Monopolie word gekenmerk deur die
afwesigheid van mededinging, wat dikwels lei tot hoë pryse en swakker produkte of dienste.
Eskom is ’n voorbeeld van ’n monopolie.
Oligopolie
Dit is ’n mark wat beheer word deur ’n klein groepie besighede. In ’n oligopolie is daar minstens
twee besighede wat die mark beheer en elkeen kan besluit oor sy eie pryse. Voorbeelde is
Telkom en Neotel, en die SABC en M-Net.
Monopolistiese mededinging
Dit is ’n mark waarin een verkoper die mark oorheers of lei, selfs al is daar ander verkopers wat
dieselfde of soortgelyke produkte of diente verkoop. Verbruikers is dikwels lojaal teenoor een
vervaardiger se handelsmerk. Dit is kenmerkend van die kitskosbedryf, waarin alle dienste
basies dieselfde is, maar verskillend bemark word. Die persepsie bestaan dus dat sommige
kitskoseetplekke beter moet wees as andere. Nog ’n voorbeeld is jeans soos Levi.
174
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Volmaakte mededinging
In ’n mark van volmaakte mededinging is daar talle kopers, en verkopers se pryse word bepaal
deur vraag en aanbod. Voorbeelde is die tweehandse motorhandel, en die verkoop van groente,
brood en melk.
Aard van aanvraag en verbruikersgedrag
Voordat ’n prys vir die produk bepaal word, moet die bemarker die verhouding tussen die prys
en die vraag na die produk vasstel. Die bemarker moet die pryselastisiteit van vraag bepaal. Dit
dui aan hoe sensitief die vraag is vir veranderinge in die prys. Die vraag na
lewensnoodsaaklikhede, soos brood en melk, is onelasties. ’n Prysverandering sal nie
verkoopvolumes beïnvloed nie, omdat die koper geen ander keuse het nie as om die goedere
vir oorlewing te koop nie. Die vraag na luukse-goedere, soos juweliersware, is elasties, wat
beteken dat kopers nie die produk sal koop indien die prys te hoog is nie.
Beskikbaarheid van vervangingsprodukte
Die beskikbaarheid van goedkoper vervangingsprodukte kan meebring dat verbruikers eerder
daardie vervangingsprodukte koop. Indien die prys van botter, byvoorbeeld, drasties verhoog
word, kan verbruikers besluit om eerder margarien te koop omdat dit goedkoper is.
Rigprys van produkte
Wanneer die regering besluit om produkpryse vas te stel, kan besighede nie die prys verander
en meer of minder vra as die gereguleerde prys nie. Die kleinhandelswinsmarge op petrol in
Suid-Afrika, byvoorbeeld, word deur die regering vasgestel.
Normale handelspraktyke, soos die toestaan van kortings
Dit is in sommige nywerhede normale handelspraktyk vir besighede om kortings toe te staan.
Kontantkortings
Die besigheid verleen byvoorbeeld ’n korting van 10% in die geval van kontantverkope.
Seisoenale kortings
Verbruikers wat goedere of dienste buitenstyds koop ontvang ’n korting. ’n Klerehandelaar,
byvoorbeeld, kan wintervoorraad aan die begin van die somerseisoen teen afslagpryse verkoop.
Grootmaatkortings
Verbruikers wat produkte in groot hoeveelhede koop, ontvang dikwels kortings, wat beteken dat
hulle die produkte teen ’n laer prys per eenheid bekom.
Handelskorting
Dit is ’n korting wat gewoonlik aan tussengangers in dieselfde bedryf toegestaan word. ’n
Vervaardiger kan byvoorbeeld ’n handelskorting toestaan aan ’n spesifieke groothandelaar
wanneer laasgenoemde by die vervaardiger koop.
Houding van verspreiders
Vervaardigers wat die dienste van verspreiders, soos groothandelaars of kleinhandelaars,
gebruik om hul produkte te bemark, moet bedag wees op die verspreider se reaksie wanneer
die prys vasgestel word. Die verspreider kan afgeskrik word indien die prys te hoog is of te laag
daal.
Produksie- en verspreidingskoste
Die verkoopprys moet sodanig wees dat dit die produksie- en die verspreidingskoste van die
produk, soos vervoer, berging en versekering, dek.
8.1.5 Prysaanpassings
Redes vir prysaanpassings sluit in:
Die koste van produksie of verspreiding kon verhoog het weens ’n verhoging in die prys
van brandstof, elektrisiteit of werkerslone.
’n Nuwe produk of diens van ’n mededinger kom op die mark, of ’n vervangingsproduk of
-diens word beskikbaar gestel.
175
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
9 Bemarking in die formele en informele sektor
Die informele sektor skep moontlikhede vir die vestiging van klein ondernemings en
werkskepping. Talle besighede begin in die informele sektor en ontwikkel tot groot besighede
wat in die formele sektor sake doen.
9.1 Beskrywing van die formele sektor
Hierdie besighede word geregistreer by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Hulle moet
inkomstebelasting betaal op hul winste en, ingevolge die lopende betaalstelsel (LBS), die
belasting oorbetaal wat hulle van werknemers verhaal het.
9.2 Bemarking in die formele sektor
Doeltreffende bemarking is deurslaggewend vir die sukses van besighede in die formele
sektor.
Dit moet in ooreenstemming wees met die tersake reëls en wetgewing wat deur die
regering uitgevaardig is. Die Wet op Verbruikersbeskerming, 68 van 2008, byvoorbeeld,
beskerm verbruikers teen onbillike of misleidende advertering en bemarkingspraktyke,
en die Wet op Mededinging, 89 van 1998, reguleer mededinging tussen besighede.
Besighede in die formele sektor moet kennis neem van regulasies aangaande
bemarking en advertering, soos neergelê deur onafhanklike instellings soos die Suid-
Afrikaanse Gesagsowerheid vir Advertensiestandaarde.
9.3 Beskrywing van die informele sektor
Die informele sektor sluit alle besighede in wat nie aan inkomstebelasting onderworpe is
nie, nie deur die regering gemoniteer word nie, en ook nie in enige berekeninge van die
bruto binnelandse produk (BBP) ingesluit word nie.
Voorbeelde sluit in straatventers, smouse, sjebeens, taxibestuurders, tuisnywerhede en
spazawinkels.
Die informele sektor behels klein besighede wat lae kapitaalinvestering vereis.
Dit is maklik en goedkoop om sulke besighede te begin omdat geen rekordhouding
nodig is en geen belasting aan die regering betaal word nie.
Eienaars het gewoonlik nie formele opleiding nodig in die bestuur van ’n besigheid nie,
hoewel ’n mate van opleiding voordelig kan wees.
Voordele
Die eienaars van informele besighede doen waardevolle sakekennis op deur hul
bestuurservaring.
Dit bied ’n mense wat voorheen werkloos was die geleentheid om ’n inkomste te verdien
en selfversorgend te word. Namate die besigheid groei, kan ander mense ook in diens
geneem word. Dit kan misdadigheid verminder.
Die vestigingskoste is laag en goedkoop strukture word gewoonlik gebruik omdat
diesulkes dikwels net ’n klein tafeltjie en ’n sambreel benodig. Dit beteken dat die
kapitale behoeftes min is.
Dit bring die vryemarkstelsel na plekke waar besigheid vry van staatsinmenging geskied.
176
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Nadele
Soms is die fisiese markte wat vir die informele handelaar vir die verkoop van goedere of
dienste beskikbaar is, swak ontwikkel.
Die gebrek aan sakepersele en toereikende infrastruktuur, soos bergingsgeriewe,
vervoer, water en elektrisiteit.
Beperkte toeganklikheid tot finansiering deur finansiële instellings.
Persoonlike inkomstebelasting word nie betaal nie, met die gevolg dat die staat
belastinginkomste verbeur.
Die informele sektor kan onwettige bedrywighede insluit, wat die gemeenskap skaad.
Die gehalte van produkte en dienste is nie altyd goed nie.
Dit is vir verbruikers moeilik om hul geld terug te eis indien die produk foutief is of indien
hulle ontevrede is met die gehalte daarvan.
Daar is heelwat mededinging tussen informele handelaars wat dieselfde of soortgelyke
goedere in dieselfde omgewing verkoop.
177
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
10 Gebruik van tegnologie vir bemarking
10.1 Elektroniese bemarking
Elektroniese bemarking of e-bemarking behels die gebruik van die elektroniese media vir die
bemarking van produkte of dienste deur gebruikmaking van die internet. Die beskikbaarheid van
die Wêreldwye Web (WWW) en kredietkaarte maak van verbruikers potensiële internet-kopers
(e-kopers).
10.1.1 Aanlyn- elektroniese bemarking
Internet. Besighede gebruik die internet, Wêreldwye Web, en ’n reeks elektroniese
produkte soos rekenaars en mobiele fone (sel-, smart- en i-fone) om aanlyn te
adverteer. Talle besighede het hul eie webtuistes om met die publiek te kommunikeer,
terwyl andere by wyse van e-pos adverteer.
Sosiale mediabemarking of sosiale media optimalisering (SMO), deur gebruikmaking
van sosiale netwerke soos Facebook en Twitter, is ’n goedkoop metode vir
bemarkingsveldtogte.
Videobemarking deur die gebruik van video-insetsels op, byvoorbeeld, YouTube.
Blog-bemarking deur die gebruik van web-blogs. Besighede plaas daagliks of weekliks
blogs waartoe die publiek toegang kan kry.
10.1.2 Nie-gekoppelde elektroniese bemarking
Digitale reklameborde vertoon boodskappe wat buitemuurs op openbare plekke vertoon
word, soos langs snelweë of teen geboumure. Dit kan digitaal wees, wat beteken dat die
beelde deur rekenaars gegeneer word op groot LCD/LED-vertoonskerms. Dit is
aanpasbaar en die boodskap kan maklik verander word.
Advertering binne afsetpunte staan ook bekend as winkelbesoeker-bemarking. Digitale
media soos videoskerms, digitale kennisgewings, en rakpraters word in winkels gebruik
om produkte en dienste te adverteer.
10.2 Buitelandse bemarking
Buitelandse bemarking is bemarking aan mense of besighede buite die binnelandse mark.
Geen land is selfonderhoudend en het al die grondstowwe en produkte wat hy benodig nie.
Lande wat meer goedere produseer as wat hulle gebruik, sal daardie goedere na ander lande
uitvoer.
10.2.1 Invoer
Invoer beteken dat Suid-Afrikaanse individue of besighede goedere en dienste van individue of
besighede in ander lande aankoop.
10.2.2 Uitvoer
Uitvoer geskied wanneer Suid-Afrikaanse individue of besighede goedere en dienste aan
individue of besighede in ander lande verkoop. Die staat verskaf geldelike bystand aan
besighede wat wil uitvoer en doen dit in die vorm van uitvoersubsidies soos belastingkortings, of
terugbetalings op die invoerheffings op grondstowwe of halfverwerkte goedere wat vir die
vervaardiging van eindprodukte benodig word. Uitvoersubsidies verlaag besighede se kostes,
wat meebring dat produkte uiteindelik in die buiteland teen laer pryse bemark kan word.
10.2.3 Stroomlyning van buitelandse bemarking en die produksiefunksie
178
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Die bemarkings- en produksiefunksie moet in ooreenstemming gebring word om te verseker dat
die regte hoeveelhede van die produk, van die regte gehalte, op die regte tyd geproduseer word
en op die regte tyd vir die oorsese mark beskikbaar is.
Stelsels
Bemarking skep ’n vraag na produkte en sodra die mark gevestig is, besluit die besigheid oor
die hoeveelheid en gehalte van die produkte wat vervaardig word, asook oor die
produksieproses wat gebruik moet word. ’n Produksiestelsel soos massaproduksie kan slegs
gebruik word indien daar ’n stabiele of volgehoue vraag na ’n produk is.
Beplanning
Die besigheid moet bepaal of die uitvoer na buitelandse markte winsgewend sal wees, voordat
hy besluit om produksie te verhoog en sy produksiebeplanning aan te pas.
Veiligheid
Sommige lande het baie streng gesondheids- en veiligheidsregulasies en sal nie by fabrieke
koop waar werknemers in onveilige of swak werkomstandighede verkeer nie. Fabrieke moet
ook bewys lewer dat hul bedrywighede nie die omgewing besoedel of skaad nie.
Gehalte
Besighede wat uitvoer, sal moontlik hul produkte moet aanpas om te voldoen aan buitelandse
veiligheids- en sekuriteitstandaarde, asook ander invoerbeperkings. Produkaanpassings mag
nodig wees om te voldoen aan die invoerland se etiketterings- of verpakkingsvereistes.
Kosteberekening
Die toetrede tot buitelandse markte kan lei tot die vervaardiging van meer produkte, en die
besigheid kan voordeel trek uit skaalbesparing, wat die kostevoordeel is wat ’n besigheid deur
uitbreiding verkry. Die eenheidskoste neem gewoonlik af, wat beteken dat produkte verkoop kan
word teen ’n laer prys, of dat groter winste gemaak kan word.
179
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Vrae ter afsluiting van die onderwerp
1. Wat word bedoel met die term ‘bemarking’. (8)
2 Beskryf die vyf kenmerke van bemarkingsbeleid. Gee voorbeelde in jou antwoord. (5)
3 Definieer ’n handelsmerk. (6)
4 Definieer verspreidingskanale. (6)
5. Bespreek vyf voorbeelde van afsetbevorderingstegnieke wat op verbruikers gemik is. (25)
6. Beoordeel vyf advertensie-oogmerke. Gee gepaste voorbeelde. (25)
7. Hoekom is prysvasstelling belangrik? (10)
8. Glen Tee het onlangs vingerpoppe by hul teepakkies ingesluit. Hierdie soort verpakking is ’n
voorbeeld van:
A spesialiteitsverpakking
B dubbelgebruikverpakking
C kombinasieverpakking
D kaleidoskopiese verpakking (2)
9. Noem TWEE onetiese adverteringspraktyke wat ’n besigheid in die adverterings van sy
produkte moet vermy. (8)
10. Beskryf kortlike DRIE vereistes vir goeie verpakking. (6)
Antwoorde op vrae ter afsluiting van die onderwerp
1. Die bemarkingsfunksie oorbrug die gaping tussen die produsent of vervaardiger en die
verbruiker. √√ Bemarking behels die regte produk√√ teen die regte prys√√ gepaard met die
regte promosie daarvan. √√ (8)
2. Bemarkingsbeleid moet omvattende navorsing insluit√√ om te verseker dat die vier p's van
prys,√√ plek,√√ produk,√√ en promosie√√ korrek benader word. (6)
3. ’n Handelsmerk bestaan uit woorde, syfers, sketse, tekens, simbole, kleure, of kombinasies
daarvan.√√ Dit identifiseer die goedere of dienste van die eienaar van die handelsmerk√√ en
verleen beskerming aan sodanige eienaar deur die verlening van die eksklusiewe reg om die
handelsmerk te gebruik ter identifisering van die goedere of dienste,√√ of die magtiging van
andere om dit, in ruil vir betaling, ook te gebruik.√√ ’n Handelsmerk kan ’n handelsnaam, ’n
slagspreuk, ’n logo, of ’n spesifieke vorm insluit, of ’n kombinasie daarvan wees.√√ ( 3 x 2 = 6)
4. ’n Distribusie- of verspreidingskanaal is die roete wat ’n produk volg vanaf die produksie
daarvan totdat dit aan die eindverbruiker verkoop word.√√√√√√ (6)
5.Koop-Een-Kry-Een-Gratis-aanbiedinge, soos van Clicks,√√√√ nuwe tegnologiese media,
soos kodes op KIT-KAT verpakking,√√√√ gratis produkte, soos verskaf deur vervaardigers van
skoonheidsprodukte,√√√√ afslagpryse, soos van Mango,√√√√ gesamentlike promosies, soos
met etes in kitskosrestaurant, √√√√ gratis monsters, soos eet- en drinkgoed,√√√√
afslagbewyse en koepos, soos gepubliseer in koerante, √√√√ kompetisies en
180
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
prystrekkings,√√√√ geldskenkings, soos met Woolworths se MySchool-kaart,√√√√
finansieringsaanbiedings, soos 0% rente oor ’n sekere afbetalingstermyn√√√√ (40)
6. Die oogmerke van advertering is om inligting oor te dra, √√ die teikengroep oor te haal tot ’n
spesifieke optrede√√ en hulle daaraan te herinner√√. Alle advertensies moet die aandag
trek,√√ die aandag behou√√ vir so lank dit nodig mag wees om ’n behoefte aan die produk te
stimuleer, √√ en uiteindelik die potensiële kliënt sover te kry om ’n sekere handeling uit te
voer.√√ (tesame met voorbeelde) (25)
7. Prysvasstelling is belangrik omdat die prys die sukses√√ of mislukking van ’n produk kan
bewerkstellig√√ en derhalwe akkuraat bepaal moet word sodat die produk ’n wins kan
oplewer.√√ Die prys van ’n artikel word vasgestel op grond van die hoeveelheid wat aan
verbruikers verkoop word√√ en die hoeveelheid wins wat op elke verkoopte artikel gemaak
word.√√ (10)
8. D √√ (2)
9. Advertering moenie verbruikers met valse aansprake onder ’n wanindruk bring √√ of
elemente bevat wat skade kan berokken nie√√. Advertering moenie daarop gemik wees om
die produkte van mededingers af te kraak√√ of afbrekende uitsprake oor ’n mededinger bevat
nie.√√ ( 2 x 4 = 8)
10. Dit moet opvallend wees en die onmiddellike aandag trek van die verbruiker. √√ Dit moet
pas by die produk.√√ Dit moet toepaslik wees vir die teikenmark, byvoorbeeld die verskaffing
van geriefsgoedere in goedkoop verpakking, soos melk in ’n plastiekbottel.√√ Dit moet
onderskei kan word van die produkte van mededingers.√√ Dit moet die beeld bevorder wat die
besigheid probeer skep.√√ Dit moet geskik wees vir uitstallingsdoeleindes en voldoen aan die
vereistes van kleinhandelaars.√√ Dit moet omgewingsvriendelik wees.√√ Dit moet die inhoud
bewaar.√√ Dit moet maklik wees om te versprei, te hanteer, te vervoer en te gebruik.√√
( 3 x 2 = 6)
181
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 4 Die produksiefunksie
Oorsig
Hierdie onderwerp handel oor die volgende aspekte van die produksiefunksie: stelsels soos
produksiebeplanning, veiligheidsbestuur, gehaltebeheer en produksiekoste.
Veiligheid
Produksiebeplanning fabrieksveiligheid
produksiestelsels masjinerie
Die produksiefunksie Wet op Beroeps-
beheer
gesondheid en -veiligheid
roetebepaling
veiligheidsbeleid vir
skedulering werkplekke
toewysing en verrigting
inspeksie
regstellende optrede
Gehaltebeheer
gehaltebestuurstelsels
(SABS)
gehaltebeheerinstellings
beleide
Produksiekoste
totale produksiekoste
produksiekoste per
eenheid
verkoopprys
berekening van wins
ontleding van
gelykbreekpunt
1 Stelsels
’n Produksiestelsel is die metode waarvolgens goedere geproduseer word. Daar is drie
hoofproduksiestelsels: massa-, opdrag- en bondelproduksie
1.1 Massaproduksiestelsel
Die stelsel van massaproduksie lewer hoë volumes van dieselfde produk in ’n voortdurende
vloei, soos in die geval van motorvoertuie.
1.2. Opdragproduksiestelsel
Die opdragproduksiestelsel is ’n stelsel wat besighede gebruik wanneer hulle ’n
eenmalige opdrag vir ’n spesifieke kliënt uitvoer, soos ’n kunstenaarswerk.
182
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.3 Bondelproduksiestelsel
Die bondelproduksiestelsel behels die produksie van ’n bondel van een soort produk,
voordat oorgegaan word na die produksie van ’n bondel van ’n ander soort produk.
Voorbeelde is die produksie van verskillende soorte brood in ’n bakkery.
183
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2. Produksiebeplanning en -beheer
Produksie kan verdeel word in twee aspekte, naamlik beplanning en beheer.
Produksiebeplanning
Beplanning
Roetebepaling
Skedulering
Toewysing
Produksiebeheer
Verrigting
Opvolging
Inspeksie
Regstellende optrede
Beplanning behels die bepaling van die produksiestelsel – opdrag-, bondel- of massaproduksie
– wat die besigheid ten beste sal pas. Ná oorweging van al die stappe in die produksiestelsel
wat gekies is, moet die besigheid seker maak dat hy oor die hulpbronne beskik wat nodig is. Dit
behels ook die berekening van die koste verbonde aan die produksie van die aantal goedere
wat nodig is om binne ’n toepaslike tyd ’n wins te maak, met inbegrip van die berekening van
die hoeveelheid materiaal, die toerusting en die arbeid wat benodig sal word om die
produksieproses suksesvol te bedryf.
Roetebepaling behels die beplanning van die roete wat die goedere deur die produksieproses
sal volg.
Skedulering is van deurslaggewende belang vir doeltreffende produksie en behels die
toesiening dat elke taak in die produksieproses betyds afgehandel word.
Toewysing geskied wannner dit tyd is om die werk aan die operateurs by elke werkstasie in die
produksiestelsel toe te wys.
Produksiebeheer behels die kontrolering van alle aspekte van die produksieproses, vandat die
grondstowwe of insette in die produksiestelsel kom totdat hulle die proses verlaat as produkte of
uitsette.
Die produksiebeheerproses begin met verrigting. Dit is die gee van produksieopdragte aan
elke werkstasie sodat die produksie kan begin.
Opvolging behels toesighouding oor die produksieproses om te verseker dat alle aspekte
daarvan glad verloop.
Toesighouding oor die produksieproses stel produksiekontroleurs in staat om:
184
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
produksieprosesse te verbeter
die prosesse op dreef te hou
probleme met toewysing te identifiseer
werkvloei te verbeter om doeltreffendheid te verhoog.
Gehalteinspekteurs inspekteer die produkte wat die fabriek geproduseer het om te verseker
dat hulle aan die besigheid se gehaltestandaarde voldoen.
Voorbeelde van regstellende optrede sluit in:
die aanpassing van die roetinering in die produksiestelsel om die doeltreffendheid
daarvan te verhoog
die opleiding van operateurs ter verhoging van hul vaardighede
die opsporing en uitskakeling van probleme met masjinerie
die opsporing van grondstowwe of insette van beter gehalte
die hersiening van die produksieskedule om te pas by die omgewing.
185
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3. Veiligheidsbestuur
Algemene riglyne vir fabrieksveiligheid sluit in:
1. Fabriekswerkers behoort nie dele van die fabriek te betree waar hulle nie werk nie,
aangesien hulle slegs bewus mag wees van die gevare by hul eie werkstasies en nie by
andere nie.
2. Fabriekswerkers moet onderrig word oor die land se veiligheidswetgewing en die
besigheid se veiligheidsmaatreëls.
3. Fabriekswerkers behoort nooit met masjinerie te werk waarvoor hulle nie opgelei is
nie.
4. Fabriekswerkers moet weet watter masjinerie gevaarlik is (byvoorbeeld, wat
bewegende dele bevat soos vervoerbande, lemme, sae en drukperse, of wat teen hoë
temperature werk of oop vlamme veroorsaak).
5. Fabriekswerkers moet, waar nodig, beskermende klere dra, soos staalpuntstewels,
sweishandskoene, brille, helms, opsigtelike baadjies of oorpluisies.
6. Besighede moet hierdie toerusting verskaf indien dit in die veiligheidsmaatreëls vir die
werkplek gespesifiseer word.
3.1 Masjinerie en die Wet op Beroepsgesondheid en-veiligheid
Suid-Afrika se regsreëls aangaande gesondheid en veiligheid in die werkplek is vervat in
die Wet op Beroepsgesondheid en –veiligheid, 85 van 1993. Volgens die Departement van
Arbeid beoog die Wet ‘om voorsiening te maak vir die gesondheid en veiligheid van
persone by die werk, en vir die gesondheid en veiligheid van persone wat gemoeid is met
die aktiwiteite van persone by die werk, en om ’n adviesraad te skep vir beroepsgesondheid
en –veiligheid’.
Algemene pligte van werkgewers teenoor hul werknemers
Elke werkgewer moet ’n werkomgewing beskikbaar maak en in stand hou wat veilig
is en nie die gesondheid van werknemers in die gedrang bring nie.
Dit sluit in die voorsiening en instandhouding van arbeidstelsels, bedryfstoerusting
en masjinerie wat veilig is en nie die gesondheid van werknemers in die gedrang
bring nie, asook die neem van stappe ter uitskakeling of vermindering van enige
gevaar of potensiële gevaar vir die veiligheid of gesondheid van werknemers.
Die versekering dat daar geen gesondheids- of veiligheidsrisiko’s bestaan met
betrekking tot die produksie, prosessering, gebruik, hantering, berging of vervoer
van artikels of stowwe nie.
Die werkgewer moet die voorsorgsmaatreëls identifiseer wat getref moet word ter
versekering van die gesondheid en veiligheid van werknemers.
Die verskaffing van inligting, instruksies, opleiding en toesighouding ter versekering
van die gesondheid en veiligheid van werknemers by die werkplek.
186
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Werkgewers mag nie enige werknemer toelaat om enige werk te verrig tensy die
toepaslike voorsorgmaatreëls getref is nie.
Die versekering dat voldoen word aan al die vereistes van die Wet deur elke
werknemer en elke persoon wat die werkperseel onder toesig van die werkgewer
betree waar bedryftoerusting en masjinerie in gebruik is.
Die versekering dat werk verrig word en bedryfstoerusting gebruik word onder toesig
van ’n persoon wat opgelei is om die gepaardgaande gevare in te sien, en wat die
gesag het om die toepassing te verseker van die voorsorgsmaatreëls wat deur die
werkgewer getref is.
Die voorligting aan werknemers oor die omvang van hul gesag.
187
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4. Gehaltebeheer
Die SABS is verantwoordelik vir die handhawing van Suid-Afrika se nasionale standaarde vir
produksie. Hierdie standaarde is genommer ooreenkomstig die nywerheid waarop hulle van
toepassing is. Byvoorbeeld, die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaard vir houtprodukte is SANS
10005. Daar is 6 500 van hierdie standaarde.
’n Besigheid kan aansoek doen vir ’n sertifisering bekend as ISO 9000. Die
sertifiseringstandaard ISO 9001 verskaf die besonderhede oor die sertifiseringsvereistes vir die
volgende:
die besigheid se oorhoofse gehaltebestuurstelsel
bestuursverantwoordelikheid in die gehaltebeheerproses
die bestuur van hulpbronne, soos personeel
produksieprosesse en produkte
die meting en ontleding van gehalte
volgehoue verbetering binne die onderneming
Gehaltebeheerstelsels is stelsels wat deur besighede gebruik word om voldoening aan
gehaltestandaarde te verseker.
Filosofieë soos totale gehaltebestuur het die fokus op gehalte in die sakewêreld verskuif.
Totale gehaltebestuur is ’n gehalteteorie ingevolge waarvan gehalte die oogmerk is van alle
werknemers en besigheidsfunksies in ’n onderneming, en dat gehaltebeleidsmaatreëls nie
onveranderlik is nie, maar voortdurend saam met die onderneming verander.
188
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5. Produksiekostes
Daar is twee soorte produksiekoste:
die totale produksiekoste
die eenheidskoste van produksie
5.1. Totale produksiekoste
Totale produksiekoste = Vaste koste (VK) + Veranderlike kostes (VeK)
Vaste kostes is die kostes van die besigheid wat nie verander na gelang van die hoeveelheid
items of eenhede wat geproduseer word nie. Hierdie kostes sluit in:
huur van die besigheidsperseel
personeelsalarisse
telefoon-, water- en elektrisiteitsrekeninge
versekering
Veranderlike kostes is kostes wat verander ooreenkomstig die hoeveelheid items of eenhede
wat die besigheid produseer.
Byvoorbeeld, die koste van materiaal sal styg namate produksie toeneem.
5.2 Eenheidskoste van produksie
Die eenheidskoste van produksie is die bedrag wat dit ’n besigheid kos om een eenheid van
sy produk te vervaardig.
Eenheidskoste van produksie = Vaste kostes (VK) + Veranderlike kostes (VeK) ÷ Aantal
eenhede geproduseer
Veronderstel jou totale kostes (vas plus veranderlik) is R2 000 in ’n maand, en jy kan 200 paar
skoene in daardie maand produseer. Jou eenheidskoste van produksie sal dan die volgende
wees:
R2 000 / 200
= R10
Dit kos jou dus R10 om een paar skoene te produseer.
189
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
5.3 Verkoopprys en berekening van wins
Wins = Totale opbrens – Totale uitgawes
Indien die verkoopopbrengs uit die verkoop van 200 paar skoene teen R300 per paar R60 000
bedra en jy weet jou uitgawes (VK + VeK) is R2 000, dan is:
Wins = Totale opbrengs – Totale uitgawes
= R60 000 – R2 000
= R58 000
5.4 Ontleding van winsdrempel
Winsdrempelontleding is die ontleding van hoeveel eenhede verkoop moet word, en teen
watter prys, om die punt te bereik waar jou wins gelyk is aan jou produksiekoste, of jou totale
opbrengs gelyk is aan jou totale kostes.
Dit staan bekend as die winsdrempel, en dui aan hoeveel eenhede verkoop moet word, en
teen watter prys, om gelykop uit te kom.
Die bereiking van die winsdrempel beteken dat jy jou produksiekoste dek, maar nie ’n wins
maak nie. Met ander woorde, die besigheid kos jou nie geld nie, maar lewer ook nie winste nie.
Indien jy jou produkte teen ’n prys onder die winsdrempel verkoop, sal jy die besigheid teen ’n
verlies bedryf, en as jy dit teen ’n prys hoër as die winsdrempel verkoop, sal die besigheid wins
maak.
Vrae ter afsluiting van die onderwerp
1. Wat is die drie hoofproduksiestelsels? (3)
2. Definieer die winsdrempel. (6)
3. Teken ’n grafiek ter illustrasie van die winsdrempel, en skryf kort aantekeninge ter toeligting
van die belangrike punte op jou grafiek. (15)
4. Hoekom is dit belangrik om ’n beleid vir veiligheid in die werkplek te hê? (2)
5. Wat bepaal die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid oor werkgewers se
verantwoordelikheid ten opsigte van veiligheid in die werkplek? (2)
6. Wat is die formule vir die berekening van die eenheidskoste van produksie? (4)
7. Hoekom is ’n gehaltebeleid belangrik vir ’n besigheid se produksiefunksie? (5)
8. Beskryf die funksie van die SABS. (6)
9. Noem vier stappe in produksiebeplanning. (8)
10. Verduidelik drie voorbeelde van regstellende optrede. (6)
190
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Vrae ter afsluiting van die onderwerp
1. Massa, √ bondel√ en opdrag√ (3)
2. Die punt waar jou wins gelyk is aan jou produksiekoste of jou totale opbrengs gelyk is aan
jou totale koste. (6)
3. Om die gesondheid en veiligheid van werknemers te verseker. √√ (2)
4. ’n Winsdrempelontledingsdiagram toon die totale opbrengs van ’n besigheid asook die totale
kostes, namate aanvullende eenhede geproduseer word. Die winsdrempeluitset kan
waargeneem word, waar winste gelyk is aan kostes. Onderkant daardie punt word ’n verlies
gely, en bokant daardie punt word wins gemaak. (15 punte vir ’n behoorlike verduideliking en
10 vir ’n diagram met duidelike byskrifte = 25)
5. Werkgewers is verantwoordelik om toe te sien dat die korrekte gesondheids- en
veiligheidsprosedures toegepas word. √√ (2)
6. Eenheidskoste van produksie = Vaste kostes (VK) + Veranderlike kostes (VeK) ÷ die aantal
eenhede geproduseer √√ (2)
7. Om te verseker dat die regte gehalte van produksiemateriale gebruik word asook om te
verseker dat produkte van die regte gehalte vervaardig word.√√√√√ (5)
8. Die SABS is verantwoordelik vir die handhawing van nasionale produksiestandaarde in
Suid-Afrika.√√ Hierdie nasionale standaarde word genommer ooreenkomstig die
nywerheidsgebiede waarop hulle van toepassing is.√√ Byvoorbeeld, die Suid-Afrikaanse
Nasionale Standaard vir houtprodukte is SANS 10005. Daar is 6 500 van hierdie standaarde.√
(5)
9. Beplanning√√ Roetinering√√ Skedulering√√ Toewysing√√ (8)
10. Verandering van die roetinering van die produksiestelsel om die doeltreffendheid daarvan
te verhoog√√ die opleiding van operateurs om hul vaardighede te verbeter√√ die naspeuring
en regstelling van masjinerieprobleme√√ die opsporing van grondstowwe of insette van beter
gehalte√√ die hersiening van die produksieskedule sodat dit pas by die produksieomgewing√√
(6)
191
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Kwartaal 4 Inleiding
Onderwerp 1 Spandinamika en konflikbestuur
Onderwerp 1 behandel spandinamika en konfl ikbestuur. Die verskillende
stadiums van spanontwikkeling word bespreek, naamlik vorming,
bestorming, normering en prestering. Verskillende teorieë met betrekking
tot spandinamika word ondersoek, soos die Belbin-rolteorie, insigte
gebaseer op die Jungiaanse teorie, die MTR-I-benadering, die Margerison-
McCann-profi ele en groepkonsensus. Die onderwerp dek ook konfl ikbestuur.
Konfl ikbestuursteorieë en die toepassing daarvan op individue,
werkplekforums, stakings en vakbonde word bespreek, asook vaardighede om
konfl ik op te los.
Onderwerp 2 Kennismaking met menslike hulpbronne
Onderwerp 2 gaan jy kennis maak met menslike hulpbronne. Dit verduidelik
die prosesse wat gevolg moet word om menslike hulpbronne te werf, seleksie
en om nuwe werknemers aan te stel. Die prosedures gaan gepaard met
verskillende gedeeltes van die wetgewing, wat ook in hierdie onderwerp
behandel word. Hierdie onderwerp sal ook vir jou verduidelik hoe en hoekom
persoonlike belasting van werknemers se vergoeding afgetrek moet word
volgens die wetgewing.
192
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 1 Spandinamiek en
Konflikbestuur
Oorsig
Onderwerp 1 beskryf verskeie teorieë oor spandinamika en bespreek die gebruik daarvan om
spesifieke besigheidsgebaseerde gevallestudies te ontleed.
Spandinamiekteorieë
Stadiums van spanontwikkeling
Belbin se rolleteorie (aksiegegerigte
rol, mensgerigte rol, serebrale rol) Konflikbestuur
Insigte gebaseer op Jungiaanse teorie Konflikbestuursteorieë
BSR-A-benadering Konflikbestuursvaardighede
Margerison-McCann-profiele Die funksie van werkplekforums
Groepskonsensus
1. Stadiums van spanontwikkeling – teorie
Wanneer ’n span gebou word, is dit noodsaaklik dat besigheidsbestuurders alle aspekte in ag
neem wat betrekking het op die span se ontwikkeling.
Dr Bruce Tuckman het sy Vorming-Struweling-Normering-Prestering-model in 1965 ontwikkel
(Forming, Storming, Norming, Performing).
Vorming
Prestering
Struweling
Normering
193
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Vorming (vertroudraking met mekaar)
• In die vormingstadium het die spanlede nie duidelikheid oor die doel, oogmerke en
mikpunt van die span en die rol wat hulle moet vervul nie.
• Spanlede beproef die leier se verdraagsaamheid.
• Die spanlede baklei vir die rolle wat hulle wil vervul.
• Duidelikheid word verskaf oor die doel, maar daar bly nog baie onsekerhede.
• Daar mag magstryde voorkom vir die posisie van spanleier.
Struweling
• Spanlede ken mekaar en hul ware karakters begin nou na vore kom.
• Hulle begin nou hul gedagtes, idees en menings uitspreek.
• Konflikte en meningsverskille sal ontstaan.
• Die spanning sal hoog loop en spanlede sal hul mag en gesag prober afdwing.
• Sommige spanne is in staat om die struwelingsfase baie gou te oorkom, maar andere
sal dit dalk nooit regkry en dus nooit suksesvol wees nie.
• Die geslaagde hantering van die struwelingstadium sal afhang van die spanleierskap en
van die spanlede se volwassenheid en ondervinding.
Normering
• Verhoudings stabiliseer in hierdie stadium.
• Spanlede verstaan hul rolle en verantwoordelikhede.
• Beweging na groepskonsensus.
• Verbind tot dieselfde doelstelling en val in by sekere besluite, selfs wanneer hulle
persoonlik daarmee verskil.
• Individue se motivering het verskuif van persoonlike prestasie na spanprestasie.
Prestering
• Spanlede bereik ooreenstemming en konsensus.
• Rolle en verantwoordelikhede is duidelik en word aanvaar.
• Die span neem groot besluite.
• Prosesse, werkwyse en wedersydse agting ontwikkel.
• Konflik mag voorkom, maar daar is sterk toegewydheid en eendragtigheid.
• Spanlede dra kennis van die span se strategieë en doelwitte, en vind hul rigting sonder
inmenging deur die leier.
• Prosesse en strukture is vasgestel.
• Die leier delegeer en hou toesig.
• Konflik mag voorkom, maar dit word vining besleg.
194
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Spandinamiekteorieë
Daar is baie verskillende teorieë om spandinamiek te verklaar. Hierdie verskillende benaderings
dra almal iets by wanneer ons die interaksies tussen die lede van ’n span probeer verstaan.
2.1 Belbin se rolleteorie
Belbin se rolleteorie is in die 1970s deur dr Meredith Belbin ontwerp. ’n Stel spanspeletjies is
ontleed om bydraende faktore tot geslaagde spanwerk te identifiseer. Belbin het besef dat
geslaagde spanne saamgestel word uit individue wat nege noodsaaklike rolle vervul.
• Die aanleg (fabriek). Hierdie spanlede kom met nuwe en verskillende idees vorendag.
Hulle is die vernuwers en vrye denkers. Aanlegte sien die groot samehang raak, maar mag
die detail vermy.
• Die hulpbron-ondersoeker. Hulpbron-ondersoekers het talle kontakte en het uitstekende
netwerkvaardighede. Hulle is die organiseerders en pak altyd ’n spanprojek met baie
energie en entoesiasme aan. Hulpbron-ondersoekers bekom ook idees van ander mense
en besighede.
• Die koördineerder. Koördineerders is gewoonlik die spanleiers of voorsitters van ’n span.
Hulle is goed georganiseer en doelgerig. Hulle kan ander mense se bekwaamhede
identifiseer en daaraan erkenning gee, en hulle kan werk en verantwoordelikhede suksesvol
delegeer.
• Die vormer. Vormers is hoogs gemotiveerd en gedrewe om te wen. Hulle kan goed op
spesifieke take fokus en sal dikwels andere help om te presteer. Vormers sal gesag uitdaag
en moeilike vrae stel. Hulle kan aggressief raak en dit kan tot konflik lei.
• Die monitor-evalueerder. Monitor-evalueerders is billik en onbevooroordeeld. Hulle neem
waar wat in die spandinamiek gebeur. Hulle sien dikwels probleme duidelik en hulle neem
goeie besluite wat op ontleding en ’n breë benadering berus. Monitor-evalueerders is nie
goeie motiveerders nie, en kan krities en onentoesiasties wees.
• Die spanwerker. Spanwerkers is goeie onderhandelaars en hulle hou ’n span bymekaar.
Hulle luister goed en help spanlede om mekaar beter te verstaan. Spanwerkers kry
belangrike take gedaan, maar hulle is dikwels ongemaklik om besluite op hul eentjie te
neem.
• Die implementeerder. Implementeerders voer idees tot optrede. Hulle is gedissiplineerd en
doen wat nodig is binne die spertyd. Implementeerders is toegewy aan die span en aan hul
mikpunte, en sal werk doen wat ander spanlede vermy. Implementeerders sal hulle teen
verandering verset en verkies die gemak van vasgestelde stelsels en prosedures.
• Die voltooier/afhandelaar. Hierdie spanlede is perfeksioniste en is besonder trots op hul
werk. Hulle is akkuraat en professioneel, maar kan op onnodige detail fokus en só konflik
veroorsaak. Hulle vind dit moeilik om take te delegeer, want hulle glo dat niemand wat dit so
goed soos hulle kan doen nie.
• Die spesialis. Spesialiste ontwikkel hul vaardighede en kennis in ’n bepaalde vakgebied.
Hulle sal entoesiasties raak oor hul kennis en gretig wees om inligting deur te gee. Hulle is
baie betroubaar en toegespits op hul kundigheidsgebied. Hulle werk ook hard en doen
navorsing om probleme op te los. Spesialiste mag dalk min belangstelling toon in sake buite
hul eng vakgebied.
195
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2.2 Jungiaanse Teorie
Volgens Jung is daar vier pare teenoorstaande waardes en funksies. Elke individu verkies een
van die waardes of funksies in elke paar:
Ekstrovert/Introvert
Ekstroverte neig om ’n uitwaarts gerigte energie te hê en kom goed met ander mense oor die
weg. Introverte het ’n inwaarts gerigte energie en neig om minder met ander mense te
kommunikeer.
Sensories/Intuïtief
Sensoriese mense sal waarde heg aan inligting wat hulle vanuit die eksterne omgewing
ontvang, en hulle reageer goed op persoonlike ondervinding. Intuïtiewe mense voel dinge aan
en maak staat op hul interne interpretasie van die inligting.
Denke/gevoel
Denkende mense neem besluite op sterkte van logika en rede. Hulle weeg die feite op en neem
dan besluite. Gevoelsmense maak op hul intuïsie staat en grond hul besluite op emosies.
Oordeel/Waarneming
Oordeelsmense neig om vasgestelde idees en planne te hê en hulle tree volgens hul planne en
doelwitte op. Daarteenoor is waarnemers meer aanpasbaar en buigsaam. Hulle sal meer
geredelik alternatiewe oorweeg en aanpassings maak, waar nodig.
2.3 BSR-A-benadering (Bestuurspanrolle-aanwyser)
Innoveerders Beeldhouers Kurators
Kruisvaarders
BSR-A
Dirigente
Verkenners
Afrigters Wetenskaplikes
196
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Volgens hierdie teorie doen mense nie altyd wat die beste in ’n bepaalde situasie is nie. Hulle is
dikwels onbewus van die uitwerking van hul optrede en onbewus van hoe hul persoonlike
voorkeure hul beskouing van wat belangrik is, beïnvloed. Die BSR-A identifiseer die volgende
unieke spanrolle:
• Kampvegter – die kampvegter sal fokus op die hoofdoelwit wat betekenis en waarde het.
Hierdie persoon kyk verder as die onmiddellike omstandighede en is ywerig en toegewyd.
• Afrigter – die afrigter skep ’n positiewe atmosfeer, vermy konflik en inspireer ander om by te
dra.
• Dirigent – die dirigent bring struktuur tot stand. Organisasie en beplanning is sleutelaspekte
wat die dirigent tot die span toevoeg. Die dirigent verskaf duidelikheid oor take en spanrolle.
• Kruisvaarder – die kruisvaarder het sterk waardes en oortuigings. Kan prioritiseer en
leiding oor etiese kwessies aan die span bied.
• Kurator – kurators fokus op die onmiddellike prioriteit en dink na oor take. Hulle
bevraagteken en versamel idees om hul oplossings te vind of duidelikheid te verkry.
• Verkenner – verkenners eksperimenteer graag met vernuwende en skeppende idees om
verskeidenheid te bewerkstellig. Bevraagteken die status quo en is positief teenoor
verandering.
• Innoveerder – innoveerders sorg vir ongewone, oorspronklike en kreatiewe vernuwing.
Hulle kan óf as vae dromers óf as gefokusde visioenêrs bestempel word.
• Wetenskaplike – wetenskaplikes vorm intellektuele begrip met behulp van logiese teorieë
of denkdiagramme. Hulle vind dit soms moeilik om hul intellektuele begrip aan ander oor te
dra.
• Beeldhouer – die beeldhouer is iemand wat tot aksie oorgaan en gretig is om take
afgehandel te kry. Hulle verskaf praktiese oplossings en spits hulle toe op die taak wat
voorhande is.
2.4 Margerison-McCann-profiele
Die Margerison-McCann-spanbestuursprofiele bied ’n opsomming van agt sleutelvermoëns wat
vir geslaagde groepprestasie vereis word.
Die agt spanrolle volgens die Margerison-McCann-teorie
• Verkenner-Promotor: Die Verkenner-Promotor is die oorreder in die span en verkoop idees
aan die res. Hou van verskeidenheid en opwindende en stimulerende werk. Raak gou
verveeld, kan ander beïnvloed en het ’n innemende persoonlikheid.
• Assessor-Ontwikkelaar: Assessor-Ontwikkelaars breek idees af tot hanteerbare brokke.
Hulle is objektief, ontwikkel idees, geniet projekwerk en eksperimenteer graag.
• Aandrywer-Organiseerder: Die Aandrywer-Organiseerder hou daarvan om idees te
organiseer en te implementeer. Hulle neem vinnig besluite, is op resultate ingestel en vestig
stelsels.
• Afsluiter-Produsent: Hulle is prakties, produksie-geöriënteerd, en hou van tydroosters en
planne. Hulle produseer goedere en dienste met trots en slaan effektiwiteit en
doeltreffendheid hoog aan.
• Kontroleur-Inspekteur: Kontroleur-Inspekteurs is goed met kontrole, detail-geöriënteerd en
het nie 'n groot behoefte aan kontak met mense nie. Hulle inspekteer standaarde en
prosedures.
197
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
• Handhawer-Volhouer: Handhawer-Volhouers is konserwatief, lojaal en ondersteunend.
Hulle slaan persoonlike waardes hoog aan. Hulle het ’n sterk sin vir reg en verkeerd. Hulle
werk gemotiveerd om ’n doel te bereik.
• Verslaggewer-Raadgewer: Hulle help en ondersteun ander en is verdraagsaam. Hulle
samel inligting in en hou nie daarvan om aangejaag te word nie. Hulle is kundig en
buigsaam.
• Skepper-Vernuwer: Skepper-Vernuwers gebruik hul verbeelding, is toekomsgerig en geniet
moeilike probleme. Hulle is kreatief en doen graag navorsing.
2.5 Groepkonsensus
Groepkonsensus behels dat niemand voel dat hulle tydens groepbesluitneming misverstaan
word nie. Spanlede voel dat hul menings billik aangehoor word. Insette en idees van groeplede
word saamgevoeg in ’n finale besluit wat deur die groep aanvaar word. Spanlede moet soms
deur hul verskille werk om ’n bevredigende ooreenkoms te bereik.
A
Om groepkonsensus te laat werk, moet daar aan sekere vereistes voldoen word:
• Die groep moet ’n gemeenskaplike doelwit hê.
• Daar moet ’n verbintenis wees om ooreenstemming te bereik.
• Genoeg tyd moet toegelaat word om konsensus te bereik.
• Daar moet ’n duidelike proses wees wat die hele groep verstaan.
• Daar moet goeie fasilitering wees, en aktiewe deelname deur die groep.
198
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Konflikbestuur
Konflik is ’n ernstige meningsverskil tussen mense omdat hul geloofoortuigings, waardes, sedes
of menings verskil. Konflik is deel van die werkomgewing. Konflik moet nie geïgnoreer word nie,
maar besleg word. As ’n meningsverskil of dispuut ontstaan, is daar altyd twee of meer partye
daarby betrokke.
3.1 Oorsake van konflik in die besigheid
Konflik kan deur interne of eksterne faktore veroorsaak word. Interne konflik hou verband met
die persoonlikhede en emosies van individue.
Interne faktore binne die besigheid kan insluit:
o persoonlikheidsbotsings
o ego-probleme en lae selfbeeld
o onderliggende stres en spanning
o verskille in waardes en oortuigings
o misverstande tydens kommunikasie
o 'n werklike of gewaande vertrouensbreuk
o onopgeloste kwessies.
Eksterne faktore wat nie met die persoonlikhede van die betrokke individue verband hou nie:
o swak bestuur
o onbillike behandeling by die werk
o onduidelike werkrolle
o toename in die werklading
o onvoldoende opleiding
o swak kommunikasie
o swak werkomgewing
o gebrek aan gelyke geleenthede
o afknouery en teistering
o verandering.
3.2 Omskrywing van konflikbestuur
Konflikbestuur beteken nie dat alle konflikte besleg word nie, maar dat hulle bestuur word.
Konflik in organisasies kan positief wees. Werknemers kry die geleentheid om gehoor te word;
kwessies wat geïgnoreer is, word geopper; en swakhede in bestaande stelsels en prosedures
word geïdentifiseer. As konflik behoorlik bestuur en konstruktief besleg word, kan dit lei tot ’n
meer gemotiveerde arbeidsmag, verbeterde kommunikasie en verbeterde produktiwiteit.
3.3 Konflikbestuursteorieë
Tradisionele teorie – beskou konflik as iets destruktiefs, en die partye wat by die konflik
betrokke is as moeilikheidmakers. Die tradisionele teorie sien konflik as ’n magstryd met ’n
duidelike ‘wenner’ en ‘verloorder’. In Suid-Afrika word die magsbasis van konflik deur
kollektiewe bedinging bestuur, en individuele werkers word deur ’n vakbond verteenwoordig.
199
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Moderne teorie – beskou konflik as iets onvermydeliks wat nodig is in menseverhoudings.
Konflik is nodig om nuwe idees te genereer en om groepe, spanne en organisasies te bou.
Hierdie teorie sien konflik as behoeftegedrewe en glo dat, indien die behoeftes van alle partye in
ag geneem word, hulle ’n wen-wen oplossing kan bereik. In die Suid-Afrikaanse
besigheidsomgewing volg ons die moderne teorie en bestuur ons konflik deur onderhandeling,
bemiddeling en versoening. Dit geld sowel individue as groepe.
3.4 Konflikbestuursvaardighede
Dit is belangrik dat bestuurders konflikbestuursvaardighede ontwikkel om dispute by die
werkplek te hanteer. Dispute kan tussen die werkgewer en ’n werknemer ontstaan, of tussen die
werkgewer en werkplekforums. Die volgende vaardighede is nodig om konflik te bestuur:
• Wees ’n luisteraar, sodat al die betrokke partye hul standpunte kan stel.
• Wees objektief, om ’n billike oordeel oor die situasie te kan vorm.
• Beoefen die vermoë om kalm te bly, sodat emosies beheer kan word.
3.4.1 Onderhandeling
Onderhandeling is daarop gemik om ’n kompromie te bereik om die dispuut te besleg op ’n
wyse wat alle partye sover moontlik bevoordeel. Kommunikasievaardighede is nodig om gepas
te onderhandel.
3.4.2 Versoening (konsiliasie)
Versoening is ’n informele metode om ’n dispuut te besleg. Die konsiliator gee aan albei partye
die geleentheid om hul menings en bekommernisse uit te spreek. Die konsiliator bly objektief en
spreek nie ’n oordeel uit nie. Die doel is om die teenoorstaande partye te help om 'n
ooreenkoms te bereik.
3.4.3 Bemiddeling (mediasie)
Soos met versoening, vind die beslegting van dispute deur bemiddeling in ’n informele
omgewing plaas. Die bemiddelaar luister na altwee die betrokke partye. Die partye kan deur die
bemiddelaar ondervra word ter verkryging van groter duidelikheid oor die redes vir die dispuut.
Die bemiddelaar kan ook afsonderlik met elke party in gesprek tree en voorstelle maak vir die
beslegting van die dispuut.
3.4.4 Arbitrasie
Arbitrasie vind in ’n meer formele
omgewing plaas, soos ’n dissiplinêre
verhoor by die werkplek of in ’n
geregshof. Die getuienis van die
betrokke partye kan opgeteken word.
Getuies kan geroep word en die partye
kan onder kruisverhoor geneem word.
Arbitrasie is gewoonlik onderhewig aan
die reëls vir siviele gedinge. Arbitrasie
kan óf bindend óf nie-bindend wees,
na gelang van die ooreenkoms tussen
die betrokke partye. Indien arbitrasie
nie-bindend is, mag die partye in ’n
geregshof teen die bevinding appelleer.
200
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3.5 Die funksies van werkplekforums
Die Wet op Arbeidsverhoudinge het werkplekforums as ’n kragtige instrument vir kollektiewe
bedinging geskep, veral in klein besighede. ’n Werkplekforum verseker dat werkers seggenskap
verkry in besluitneming wat hul werkomstandighede raak. Dit skep ruimte vir regstreekse
kommunikasie met die bestuur.
Om ’n werkplekforum te stig, moet daar meer as 100 werknemers in die werkgewer se diens
wees. ’n Vakbond kan by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA)
aansoek doen om ’n werkplekforum te stig. Die funksies van ’n werkplekforum is:
• om die belange van al die werknemers by die werkplek te bevorder
• om deur samewerking doeltreffendheid by die werkplek te bevorder
• om deur ’n werkgewer geraadpleeg te word en konsensus oor werkomstandighede te
bereik
• om deel te neem aan besluitneming wat met werkomstandighede verband hou.
Die verskille tussen ’n vakbond en ’n werkplekforum is:
• ’n Vakbond is ’n regsentiteit, terwyl ’n werkplekforum dit nie is nie.
• Net ’n verteenwoordigende vakbond mag ’n werkplekforum stig.
• ’n Vakbond onderhandel oor lone en loonverwante kwessies, terwyl ’n werkplekforum
nie met lone gemoeid is nie.
• ’n Werkplekforum kan nie oorgaan tot arbeidsoptrede soos stakings nie, terwyl ’n
vakbond dit wel kan doen.
• Werkers wat nie lede van vakbonde is nie, mag aan ’n werkplekforum behoort.
201
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Vrae ter afsluiting van die onderwerp
1. Verduidelik kortliks die stadiums vir die vorming van spanne. (16)
2. a) Identifiseer twee teorieë wat op spanrolle gegrond is. (2)
b) Verduidelik wat spanrolle is en waarom hulle belangrik is. (3)
3. Onderskei tussen werkplekforums en vakbonde. (10)
4. Lys die nege spanrolle in Belbin se teorie. (18)
5. Beskryf vier interne kwessies wat konflik veroorsaak. (8)
6. Beskryf vier eksterne kwessies wat konflik veroorsaak. (8)
7. Wat is die hooffunksie van die Wet op Arbeidsverhoudings? (2)
8. Onderskei tussen bemiddeling en arbitrasie. (8)
Antwoorde op vrae ter afsluiting van onderwerp
1. Hierdie teorie het vier stadiums.
1.1. Die vormingstadium behels dat spanlede mekaar leer ken. Tydens die vormingstadium
het die spanlede nie duidelikheid oor die doel, oogmerke en mikpunt van die span, en oor die
rolle wat hulle moet vervul nie. Spanlede beproef die verdraagsaamheid van die spanleier.
Spanlede baklei vir die rolle wat hulle wil vervul. Duidelikheid word oor die doel verskaf, maar
daar is nog baie onsekerhede. Magstryde kan ontstaan vir die posisie van die spanleier.
(enige twee feite = 4)
1.2. Struwelingstadium. Spanlede ken mekaar en hul ware karakters begin na vore kom. Hulle
begin nou hul gedagters, idees en menings uitspreek. Konflikte en meningsverskille sal
ontstaan. Die spanning sal hoog loop en spanlede kan dalk hul mag of gesag probeer afdwing.
Party spanne is in staat om die struwelingstadium baie gou op te los, maar ander sal dit dalk
nooit regkry nie en sal dus nooit suksesvol wees nie. Die geslaagde hantering van die
struwelingstadium sal afhang van die spanleierskap en van die spanlede se volwassenheid en
ondervinding. (enige twee feite = 4)
1.3. Die normeringstadium. Verhoudings stabiliseer in hierdie stadium. Spanlede verstaan hul
rolle en verantwoordelikhede. Beweging na groepskonsensus. Verbind tot dieselfde
doelstelling en val in by sekere besluite, selfs al verskil hulle persoonlik daarmee. Individue se
motivering het verskuif van persoonlike prestasie na spanprestasie. (enige twee feite = 4)
1.4. Die presteringstadium. Spanlede bereik ooreenstemming en konsensus. Rolle en
verantwoordelikhede is duidelik en word aanvaar. Die span neem groot besluite. Prosesse,
werkwyse en wedersydse agting ontwikkel. Konflik mag voorkom, maar daar is sterk
toegewydheid en eendragtigheid. Spanlede dra kennis van die span se strategieë en doelwitte
en vind hul rigting sonder inmenging deur die leier. Prosesse en strukture is vasgestel. Die
leier delegeer en hou toesig. Konflik mag voorkom, maar dit word vining besleg.
(enige twee feite = 4)
2. Belbin se rolleteorie; insigte gebaseer op Jungiaanse teorie; die BSR-A-benadering;
Margerison-McCann-profiele; groepskonsensus √√ (2)
Dis belangrik om spanrolle te verstaan, want dit help ons om die interaksies tussen die lede
202
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
van ’n span te verstaan, wat dit meer waarskynlik maak dat ’n spanprojek geslaagde resultate
sal oplewer. √√ (2) (4)
3. ’n Vakbond is ’n regsentiteit, terwyl ’n werkplekforum dit nie is nie. √√ Net ’n
verteenwoordigende vakbond mag ’n werkplekforum stig. √√ ’n Vakbond onderhandel oor lone
en loonverwante kwessies, terwyl ’n werkplekforum nie met lone gemoeid is nie. √√ ’n
Werkplekforum kan nie oorgaan tot arbeidsoptrede (soos stakings) nie, terwyl ’n vakbond dit
wel kan doen. √√ Werkers wat nie lede van vakbonde is nie, mag ook aan ’n werkplekforum
behoort. √√ (5 x 2 = 10)
4. Die aanleg (fabriek) √√; die hulpbron-ondersoeker √√; die koördineerder √√; die vormer √√;
die monitor-evalueerder √√; die spanwerker √√; die implementeerder √√; die
voltooier/afhandelaar √√; die spesialis √√. (9 x 2 = 18)
5. Persoonlikheidsbotsings √√; ego-probleme en lae selfbeeld √√; onderliggende stres en
spanning √√; verskille in waardes en oortuigings √√; misverstande tydens kommunikasie √√; ’n
werklike of gewaande vertrouensbreuk √√; onopgeloste kwessies √√ (4 x 2 = 8)
6. Swak bestuur √√; onbillike behandeling by die werk √√; onduidelike werkrolle √√; toename in
die werklading √√; onvoldoende opleiding √√; swak kommunikasie √√; swak werkomgewing √√;
gebrek aan gelyke geleenthede √√; afknouery en teistering √√; verandering √√. (4 x 2 = 8)
7. Om ’n kragtige instrument vir kollektiewe bedinging te skep. √√ (2)
8. Die beslegting van dispute deur bemiddeling vind in ’n informele omgewing plaas. Die
bemiddelaar luister na altwee die betrokke partye. Die partye kan deur die bemiddelaar
ondervra word om groter duidelikheid oor die redes vir die dispuut te bekom. Die bemiddelaar
kan ook afsonderlik met elke party in gesprek tree en voorstelle maak om die dispuut te
probeer besleg. Die proses is nie bindend nie. (4)(2 x 2)
Arbitrasie vind in ’n meer formele omgewing plaas, soos ’n dissiplinêre verhoor by die werkplek
of in ’n geregshof. Die getuienis van die betrokke partye kan opgeteken word. Getuies kan
geroep word en die partye kan onder kruisverhoor geneem word.
Arbitrasie is gewoonlik onderhewig aan die reëls vir siviele gedinge. Arbitrasie kan óf bindend
óf nie-bindend wees, na gelang van die ooreenkoms tussen die betrokke partye. Indien
arbitrasie nie-bindend is, mag die partye na’n geregshof appelleer om oor die uitslag te beslis.
(4)(2x 2)(8)
203
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Onderwerp 2 Inleiding tot menslike
hulpbronne
Oorsig
In Onderwerp 2 word die rol van die departement menslike hulpbronne in ’n besigheid
ondersoek, tesame met die stappe en regsvereistes wat tersake is by die werwing van
personeel.
Wette waaraan voldoen moet word
Personeelseleksie MH-aktiwiteite
Menslike Hulpbronne:
werwing, seleksie en werwing en seleksie, Wet op Arbeidsverhoudinge
onderhoudvoering kontrakte, opneming, Wet op Basiese Diensvoorwaardes
salarisse en ander voordele Wet op Gelyke Indiensneming
Wet op Vergoeding vir
Regsvereistes Beroepsbeserings en -siektes
Regsaspekte van dienskontrakte
Prosedures van opneming en
plasing
Onderhoudvoering, seleksie en
opneming
Salarisvasstelling
Wernemersvoordele: pensioen,
medies
1 Menslike hulpbronaktiwiteite
Die menslike hulpbronfunksie is verantwoordelik vir aktiwiteite soos werwing en seleksie,
werknemers se dienskontrakte, die opneming (induksie) van werknemers, en die besoldiging
van werknemers.
Menslike hulpbronne is ook bekend as menslike kapitaal.
204
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.1 Werwing en seleksie
Werwing en seleksie is twee belangrike aktiwiteite wat uitgevoer word as deel van die menslike
hulpbronfunksie. Voordat hierdie twee aktiwiteite uitgevoer kan word, is dit belangrik dat
menslikehulpbronbeplanning gedoen word ter identifisering van arbeidstekortkomings in die
besigheid en ter bepaling of daar ’n behoefte bestaan vir die aanstelling van nuwe werknemers.
1.1.1 Menslikehulpbronbeplanning
Die doel van menselikehulpbronbeplanning is om vas te stel hoeveel werknemers die besigheid
nodig het om in die toekoms doeltreffend te funksioneer.
’n Taakontleding verskaf inligting oor die vaardighede wat werknemers nodig het.
’n Posbeskrywing behels die postitel, ’n opsomming van wat die pos behels (verskillende
take), asook ’n beskrywing van die vereistes van die pos.
Posvereistes is die pligte en verantwoordelikhede wat aan die posisie gekoppel is, asook die
gesagsvlak van die posisie in die onderneming se hiërargie.
’n Posspesifikasie is ’n beskrywing van die vereistes waaraan ’n werknemer moet voldoen om
geskik te wees vir die pos. Dit sluit in die nodige kwalifikasies, vaardighede, vermoëns en
ervaring wat die werknemer moet hê om die pos suksesvol te kan beklee.
1.2 Seleksie
Die aktiwiteit van seleksie behels die oorweging van al die aansoekers vir die spesifieke
betrekking en die kies van die beste kandidaat vir die aanstelling daarin. Dit sal die aansoeker
wees wat die beste aan die posspesifikasie voldoen. Die oogmerk van die seleksie-aktiwiteit is
om die regte persoon vir die pos aan te stel. Die prosedures wat met seleksie gevolg moet
word, sal later in hierdie onderwerp bespreek word.
205
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2 Prosedures wat verband hou met menslike hulpbronaktiwiteite
Die opsporing van die regte werknemer vir die pos staan bekend as werwing.
Die menslikehulpbronfunksie moet die regte werknemers, met die regte kwalifikasies,
vaardighede, vermoëns en ervaring (indien nodig) opspoor om die geïdentifiseerde betrekkings
in die onderneming te vul.
2.1 Prosedures wat verband hou met werwing
2.1.1 Werwingsbeleid
Dit beskryf die werwingsprosedures wat die onderneming sal volg, met inbegrip van die
toepaslike reëls en riglyne. Hierdie prosedures moet ooreenstem met die toepaslike
wetsvoorskrifte ter versekering van billike arbeidspraktyke, vry van diskriminasie, asook die
toepassing van regstellende aksie, gelyke indiensneming, Swart Ekonomiese Bemagtiging
(SEB) en Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), waar nodig.
2.1.2 Werwingsplek
Die werwing van nuwe posbekleërs van binne die onderneming self staan bekend as interne
werwing, en vind plaas wanneer poste gevul kan word deur bevordering of verplasing.
Die werwing van nuwe werknemers van buite die onderneming staan bekend as eksterne
werwing.
2.1.3 Werwingsmetodes
Die departement van menslike hulpbronne kan een, of ’n kombinasie, van die volgende
metodes gebruik:
● advertering in die media (koerante, radio, internet-webtuistes, of sosiale
netwerktuistes)
● sakenuusbriewe, kennisgewingsborde, bulletins, mondelinge aankondigings
● personeelagentskappe of konsultante
● aanbevelings of verwysings van dienende personeel
● opvoedkundige instellings, die bekendmaking van werkgeleenthede onder studente
● die nadering van toepaslik gekwalifiseerde, vaardige en bekwame mense om vir ’n pos
aansoek te doen
● instap-aansoekers, wat die onderneming besoek om vir ’n betrekking aansoek te
doen, ongeag of daar ’n pos geadverteer is, al dan nie.
2.2 Prosedures wat verband hou met seleksie en onderhoudvoering
Die volgende prosedures word gewoonlik gevolg wanneer die mees geskikte kandidaat vir ’n
pos geselekteer word.
2.2.1 Ontvangs van dokumentasie
Aansoekers word versoek om ’n aansoekvorm of aansoekbrief in te dien, tesame met ’n
curriculum vitae (CV), gesertifiseerde persoonlike dokumentasie, en bewys van kwalifikasies.
Daar is gewoonlik ’n sperdatum vir die indiening van aansoeke.
’n Lys van al die aansoekers word saamgestel ná verstryking van die sperdatum.
206
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
2.2.2 Keuring
Die menslike hulpbronbestuurder sal die aansoeke en CV’s toets aan die vereistes vir die
betrekking. Die aansoekers wat nie voldoen aan die minimum vereistes soos uiteengesit in die
advertensie nie, word uitgeskakel. Hulle word (gewoonlik) ingelig dat hul aansoek onsuksesvol
was. Die oorblywende kandidate, wat voldoen aan die minimum vereistes, vorder tot by die
tweede stap.
2.2.3 Beoordeling van CV en samestelling van kortlys
Die CV’s van die aansoekers wat voldoen aan die minimum vereistes vir die vakante pos, word
nou beoordeel. Ná die beoordeling sal die bestuurder menslike hulpbronne die aansoekers in
rangorde van die mees geskikte tot die mins geskikte plaas. Die name van die kandidate wat
die hoogste posisie in die rangorde beklee, word op ’n kortlys geplaas en die ander word
uitgeskakel.
2.2.4 Kontrolering van inligting verskaf in CV
Die inligting in elke CV behoort gekontroleer te word om seker te maak dat dit waar is. Dit sluit
die kontrolering van kwalifikasies en werkervaring in. Die bestuurder menslike hulpbronne sal
ook die referente kontak wat in die CV aangedui word ter bevestiging van die CV en om meer
oor die aansoeker te wete te kom.
2.2.5 Voer van die onderhoud
’n Onderhoud is ’n formele ontmoeting tussen die aansoeker (die persoon met wie die
onderhoud gevoer word) en die werkgewer (die onderhoudvoerder).
Die doel van die onderhoud is om meer inligting oor die aansoeker in te win deur die stel van
vrae, en om die aansoeker verder te evalueer.
2.2.6 Assesserings
Hierdie toetse kan onderverdeel word tussen persoonlikheidstoetse en aanleg- of
bekwaamheidstoetse. Die doel van persoonlikheidstoetse is om die kandidaat se persoonlike
karaktertrekke te bepaal.
Die doel van aanlegtoetse is om die kandidaat se intellektuele vermoë en vaardighede te
bepaal.
Mediese ondersoeke kan ook deel vorm van die assesserings.
2.2.7 Aanstellingsbrief
Sodra die mees geskikte kandidaat gekies is, word ’n skriftelike aanbod vir ’n betrekking aan die
suksesvolle kandidaat gedoen. Sodra die gekose kandidaat die aanbod skriftelik aanvaar het,
moet die dienskontak onderteken word.
2.2.8 Besoldiging (salaris en ander diensvoordele)
Besoldiging (of vergoeding) is die geld wat aan ’n werknemer betaal word vir dienste gelewer. ’n
Vergoedingspakket behels ’n salaris tesame met bykomende diensvoordele. Salarisse word
gewoonlik betaal aan gekwalifiseerde of geskoolde werkers, terwyl ongeskoolde werkers
dikwels lone as betaling ontvang.
207
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Salaris is ’n vaste betaling, een keer per maand, aan ’n werknemer vir dienste gelewer.
Loon is gewoonlik ’n weeklikse betaling aan ’n werknemer vir dienste gelewer. Dit kan egter
ook daagliks of maandeliks betaal word. ’n Werknemer se loon kan ’n vaste betaling wees, of dit
kan bereken word ooreenkomstig die aantal ure wat die werknemer gewerk het, of
ooreenkomstig die hoeveelheid werk wat gedoen is.
Werknemersvoordele, wat ook soms byvoordele genoem word, word aan werknemers
toegestaan aanvullend tot hul basiese salaris of loon. Dit kan die volgende insluit:
gesondheids- en lewensversekering
mediese fonds
pensioenfonds
motortoelaag
bonus
winsdeling
betaling van hervestigingsuitgawes aan werknemer
finansiële en regsdienste
kindersorgprogramme
huissubsidie.
Die volgende, verpligte byvoordele word wetlik voorgeskryf:
werkloosheidsversekering
vaardigheidsontwikkeling
vergoeding vir werkverwante beserings en siektes.
208
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3 Wetgewing
Die departement menslike hulpbronne moet seker maak dat die onderneming al die wette
aangaande die werkplek nakom.
3.1 Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 66 van 1995
Die Wet op Arbeidsverhoudinge reguleer arbeidsverhoudinge in Suid-Afrika. Dit is gegrond op
die Suid-Afrikaanse Grondwet en:
● maak voorsiening vir ’n regsraamwerk wat kollektiewe bedinging bevorder en
vergemaklik
● verskaf riglyne vir die hantering van arbeidsdispute en moedig die skepping van
werkplekforums aan
● verskaf die prosedures wat gevolg moet word in nywerheidsaksies, soos stakings,
uitsluitings, wagopstelling en sloerstakings.
Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), die Arbeidshof en die
Arbeidsappèlhof is tot stand gebring om aangeleenthede wat uit die Wet onstaan, te hanteer.
3.2 Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 75 van 1997
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is van toepassing op alle werknemers en werkgewers,
uitgesonderd lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die Nasionale Intelligensie-
agenskap, en die Suid-Afrikaanse Geheimediens.
Die Wet is daarop gemik om die werktoestande van werknemers te verbeter. Aangeleenthede
soos minimum vergoeding, maksimum werkure, minimum verlof, aftrekkings van salarisse of
lone, en die minimum kennisgewingstyd vir die beëindiging van dienskontrakte is van die
belangrike kwessies wat deur die Wet gedek word. Volgens wet moet ’n afskrif van die Wet in
die werkplek beskikbaar wees op ’n plek waar die vir almal sigbaar sal wees. Sommige van die
belangrike aspekte van die Wet is die volgende:
Werkure – maksimum van 45 uur per week. Dit kan ’n maksimum van 9 uur per dag behels
in die geval van ’n werkweek van 5 dae, of 8 uur per dag in die geval van ’n werkweek van 6
dae. Kinderarbeid en dwangarbeid is onwettig.
Oortyd – ’n maksimum van 3 uur per dag of 10 uur per week. Oortydbetaling moet 1½ keer
die normale salaris of loon wees, of ’n ooreenstemmende tyd betaalde verlof. Indien ’n
werknemer diens verrig op ’n openbare vakansiedag wat op ’n werkdag val, is die
oortydbetaling dubbeld die normale salaris.
Verlof – 21 dae betaalde verlof per jaar, en die werkgewer moet instem tot die tydperk
waarop die verlof geneem word. Siekteverlof is 30 dae betaalde verlof oor ’n siklus van 3
jaar. Kraamverlof is 4 opeenvolgende maande en familieverantwoordelikheidverlof vir siekte
en dood in die familie is 3 dae per jaar.
Diensbeëindiging of kennisgewingstydperk – ֹwerknemers moet ’n maand kennis gee
van diensbeëindiging waar die dienstyd ’n jaar of langer was. Indien die werknemer korter
as ’n jaar in diens was, is die kennisgewingstyd 2 weke, en slegs 1 week indien die
werknemer korter as ’n maand gewerk het.
209
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3.3 Wet op Gelyke Indiensneming, 55 van 1998
Die Wet op Gelyke Indiensneming verseker gelykheid aan almal in die werkplek. Die Wet
verhinder onbillike diskriminasie in die werkplek. Dit sluit in onbillike diskriminasie teen
werknemers of werkaansoekers op grond van ras, gender, swangerskap, huwelikstatus,
gesinsverantwoordelikheid, etniese of maatskaplike herkoms, velkleur, seksuele oriëntasie,
ouderdom, gestremdheid, godsdienstige oortuigings, geloof, kultuur, taal, politieke oortuiging, of
MIV-status.
Die Wet verplig ook aangewese werkgewers om stappe vir regstellende aksie te doen ter
bevoordeling van individue uit spesifieke aangewese groepe wat histories benadeel is (naamlik
swartmense, Indiërs, bruinmense, en gestremdes).
3.4 Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 61 van 1997
Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes verskaf die wetsvoorskrifte vir die
vergoeding van werknemers wat ongeskik raak of van die gesinne van werknemers wat sterf
weens beserings of siektes wat opgedoen is in die werkplek.
Werkgewers word verplig om vergoeding aan hul werknemers te betaal.
Werkgewers word egter beskerm teen eise indien werknemers by die werk beseer word.
Werknemers wat by die werk beseer word, kan vergoeding vir tydelike of permanente
ongeskiktheid eis, en afhanklikes kan vergoeding eis indien ’n werknemer sterf weens ’n
besering wat by die werk opgedoen is.
3.5 Inwerkingstelling van wetgewing
3.5.1 Regsaspekte van dienskontrakte
’n Dienskontrak is ’n regsgeldige dokument wat deur sowel die werkgewer as die werknemer
onderteken moet word. Die werkgewer en die werknemer moet hulle neerlê by die voorskrifte
van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. Die werkgewer mag nie die werknemer minder
vergoeding aanbied as wat die genoemde Wet voorskryf nie.
Ooreenkomstig die Wet moet die werknemer ’n dienskontrak ontvang binne twee maande nadat
hy of sy die tersake betrekking aanvaar het. Hierdie kontrak kan in ’n latere stadium herbeding
word, indien die partye dit so verlang. ’n Dienskontrak moet die volgende insluit:
die naam en adres van die werkgewer
die naam, identiteits- en kontakbesonderhede van die werknemer
die pligte verbonde aan die pos
die diensvoorwaardes
die salaris wat aangebied word
die gedragskode
enige ander tersake inligting, soos verlofbesonderhede.
’n Dienskontak kan beëindig word op grond van die volgende redes:
bedanking: Indien werknemers besluit om uit hul pos te bedank, moet hulle ’n
geskrewe kennisgewing van hul voorgenome bedanking indien. Hulle moet voor hul
bedanking seker maak dat hulle aan die kennisgewingstyd voldoen.
aftrede: Vroue kan op 60-jarige ouderdom en mans op 65-jarige ouderdom in Suid-
Afrika aftree. Soms verkies mense om langer te werk. Die Wet op Arbeidsverhoudinge
bepaal dat daar nie teen iemand op grond van ouderdom gediskrimineer mag word
nie.
210
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
botalligheid: Indien ’n besigheid nie langer genoeg werk het vir sy werknemers nie, of
herstruktureer, kan hy besluit om sekere werknemers botallig te verklaar. Indien ’n
besigheid werknemers uit diens stel, moet hy aan hulle ’n skeidingspakket betaal,
gegrond op die aantal jare wat hulle in diens van die werkgewer was. Die posisie mag
nie onmiddellik weer gevul word nie. Werkers wat botallig verklaar is, is geregtig op
werkloosheidstoelaes uit die Werkloosheidsversekeringsfonds.
afdanking: Daar is wetsvoorskrifte oor die prosedures vir die afdanking van
werknemers. Werkers moet mondeling en skriftelik gewaarsku en ’n kans gegun word
om hul prestasie te verbeter voordat hulle ontslaan word. Werknemers kan ontslaan
word op grond van diefstal, wangedrag, en ’n onvermoë (onbekwaamheid) om die werk
te doen waarvoor hulle aangestel is.
211
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4 Prosedures vir opneming (induksie) en plasing
Nadat die gekose kandidaat die aanstellingsbrief en dienskontrak onderteken het, word hy of sy
geplaas in die posisie waarin hy of sy aangestel is.
Die gekose kandidaat moet kennis ontvang van die plek, datum en tyd waarop die aanstelling in
werking tree. Die werkgewer moet die werknemer voorsien van al die nodige hulpbronne,
byvoorbeeld ’n kantoor, toerusting, meubels en skryfmateriaal. Dit is belangrik dat die nuwe
werknemer ook in hierdie tyd die proses van opneming sal deurgaan. Die opnemingsprogram
kan die volgende prosedures insluit:
verwelkoming van die nuwe werknemer en bekendstelling aan mede-werknemers,
toesighouers en bestuurders
verduideliking van die organisatoriese struktuur in die besigheid, en hoe die pos daarby
inskakel
beskrywing van die organisatoriese kultuur en gedragskode in die werkplek, asook
ander besigheidsbeleide
bekendstelling van die nuwe werknemer aan die besigheid, asook die nuwe werkplek
aanstelling van ’n ervare kollega om saam met die nuwe werknemer te werk en te help
deur die beantwoording van vrae oor die werk. Dit is belangrik dat die bestuurder
menslike hulpbronne die sukses van die opneming sal kontroleer en terugvoering sal
verkry oor die nuwe werknemer se vordering.
4.1 Onderhoudvoering, seleksie en opneming
Die departement van menslike hulpbronne moet verseker dat daar geen diskriminasie plaasvind
nie tydens die prosesse van onderhoudvoering, seleksie en opneming, soos voorgeskryf deur
die Wet op Gelyke Indiensneming en die Wet op Arbeidsverhoudinge.
Vakbonde en werkplekforums kan deel vorm van hierdie proses om deursigtigheid en billikheid
te verseker. Dit is ook belangrik dat ’n gestandaardiseerde stel kriteria gebruik word om alle
kandidate te assesseer en te evalueer.
Werkgewers moet tydens die seleksieproses seker maak dat hulle regstellende aksie in
gedagte hou, asook die teikens vir gelyke indiensneming soos uiteengesit in die Wet op Gelyke
Indiensneming. Dit beteken dat die mees geskikte kandidaat nie noodwendig die een sal wees
wat bo-aan die rangorde in die seleksieproses geplaas word nie.
4.2 Salarisvasstelling, stukloon- en tydverwante stelsels
Vergoeding (of besoldiging) kan bepaal word ooreenkomstig die stukloonstelsel (ook bekend as
die stukwerkstelsel) of die tydverwante stelsel.
Ingevolge ’n stukloonstelsel word werknemers betaal vir die aantal items (stukke) gelewer en
nie vir die aantal ure wat gewerk is nie, ongeag hoe lank dit geneem het om die item te lewer.
Dit word in talle fabrieke gebruik en is veral gewild in die tekstiel- en tegnologiese bedrywe.
Die meeste besighede gebruik die tydverwante stelsel. Besoldiging word bepaal op grondslag
van die aantal ure wat gewerk is. Die maksimum aantal werkure word voorgeskryf deur die Wet
op Basiese Diensvoorwaardes. Werknemers moet ook die minimum tarief wat deur die Wet
voorgeskryf word, in gedagte hou.
In die private sektor word vergoedingspakkette dikwels beding. Die besigheid bied ’n
vergoedingspakket aan en, indien die voornemende werknemer nie tevrede is nie, onderhandel
hulle daaroor totdat hulle ’n ooreenkoms bereik.
212
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4.2.1 Persoonlike belasting
Inkomstebelasting is geld wat aan die staat betaal word uit ’n salaris of loon. Inkomstebelasting
word betaal op die volle vergoedingspakket. Indien ’n werknemer meer as ’n bepaalde bedrag
verdien, moet die werknemer volgens wet belasting van die werknemer se vergoeding verhaal.
Die hoeveelheid belasting wat ’n werknemer betaal, hang af van die bedrag wat verdien is, die
ouderdom van die werknemer (naamlik of die werknemer jonger of ouer as 65 jaar is) en of die
werknemer ’n lid is van ’n pensioenfonds of spaar ingevolge ’n annuïteitsfonds. Die belasting
wat afgetrek word, moet aan die SAID betaal word binne sewe dae ná die einde van die week of
maand waarin dit verhaal is.
Daar is twee hooftipes belasting wat van werknemers se vergoeding afgetrek word:
Standaard Inkomstebelasting op Werknemers (SIBW) is ’n vorm van
werknemersbelasting wat in die boekjaar 2011/2012 gehef is slegs op ’n netto
vergoeding van tussen R27 000 en R60 000 vir die belastingperiode van 12
maande. Hierdie bedrae kan jaarliks verander.
Wanneer ’n werknemer meer as R60 000 per jaar verdien, word
werknemersbelasting ingevolge die Lopende Betaalstelsel (LBS) afgetrek. LBS
is ’n progressiewe belastingstelsel, wat daarop neerkom dat hoe meer ’n
werknemer verdien, des te meer belasting is betaalbaar.
4.2.2 Basiese diensvoorwaardes
Wanneer salarisse en lone vasgestel word, moet die Wet op Basiese Diensvoorwaardes in ag
geneem word in terme van die bepalings oor minimum salarisse, loon- en oortydkoerse.
Werkgewers moet rekord hou van elke werknemer, met inbegrip van die ure gewerk en die
vergoeding betaal. Die werkgewer moet aan elke werknemer ’n salarisadvies of betaalstrokie
gee wat die basiese salaris of loon (voor aftrekkings) vertoon, asook die aftrekkings en die netto
salaris of loon (ná aftrekkings).
4.2.3 Pensioenfonds en mediese fonds
’n Pensioenfonds is ’n skema wat aan lede ’n inkomste voorsien wanneer hulle aftree.
Lidmaatskap van ’n besigheid se pensioenfonds is gewoonlik net beskikbaar vir heeltydse
werkers. Maandelikse bydraes word bereken as ’n vaste persentasie van die werknemers se
bruto salaris. ’n Mediese fonds of skema is ’n fondspoel waaruit lede kan put vir hul mediese
uitgawes.
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal dat werkgewers nie enige geld van die
werknemer se salaris mag aftrek sonder laasgenoemde se instemming nie.
4.2.4 Werkloosheidsversekering
Die regering het die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) geskep om versekering te bied
aan mense wat werkloos is. Dit behels ’n verpligte bydrae tot die fonds deur sowel werknemers
as werkgewers. Werknemers wat werkloos raak, kan dan geld uit hierdie fonds onttrek terwyl
hulle ’n nuwe betrekking probeer kry.
Die bydrae wat werkgewers mag aftrek van ’n werknemer se salaris is 1% van die werknemer
se totale verdienste, terwyl die werkgewer ’n ooreenstemmende 1% bydra vir elke werknemer
wat in sy diens is.
4.2.5 Vaardigheidsontwikkeling
Besighede is verplig om die ekwivalent van 1% van ’n werknemer se bruto salaris aan die
Vaardigheidsontwikkelingsfonds oor te betaal. Besighede moet by die SAID registreer vir die
vaardigheidsontwikkelingsheffing. Die oogmerk van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 97
van 1998, is om die werkplek te benut as ’n plek waar geleer word, om opvoedingsvlakke deur
213
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
goeie opleidingsprogramme te verhoog, en om werkgeleenthede te verbeter. Indien die
besigheid werknemers geregistreerde opleidingskursusse laat ondergaan, kan hy gedeeltes van
die kostes van die Vaardigheidsontwikkelingsfonds terugeis.
4.2.6 Salarisstrokie-inligting:
werkgewer se naam en adres
• werknemer se naam en pos
• betalingsperiode
• werknemer se salaris
• SIBW-, LBS- en WVF-aftrekkings, asook die bedrag en doel van enige ander aftrekkings
• werklike bedrag wat aan die werknemer betaal is.
Activity
Vrae ter afsluiting van die onderwerp
1. Sou jy verwag om ’n opsomming van die werkgeskiedenis van ’n voornemende werknemer
aan te tref in ’n:
a) CV
b) advertensie vir ’n betrekking
c) posbeskrywing.
2 Watter van die volgende is NIE ingesluit in die seleksieproses nie?
a) maak van ’n kortlys
b) onderhoudvoering
c) opneming.
3. Wat is die naam van die sessies wat nuwe werknemers ondergaan by diensaanvaarding?
a) opneming (induksie)
b) personeelbeoordeling
c) uitdiensstelling. (6)
4. Watter inligting moet verskaf word op ’n salarisstrokie? (6)
5.Die bestuurder van menslike hulpbronne het jou raad gevra oor die aanstelling van ’n nuwe
vroue-werknemer, wat swanger is. Skryf kort aantekeninge ter verduideliking van die
regsvereistes waarvan sy bewus moet wees. (8)
6. Wat is die hoofoogmerk van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes? (8)
7. Verduidelik kortliks watter inligting ingesluit moet word in ’n skriftelike dienskontrak, wat deur
’n werkgewer en werknemer onderteken moet word. (12)
8. Verduidelik vier verantwoordelikhede van die departement menslike hulpbronne. (8)
9. Bespreek kortliks die voorskrifte in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. (30)
214
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Antwoorde op vrae ter afsluiting van die onderwerp
1 a√√
2 c√√
3 a√√ (2 x 2 = 6)
4. basiese salaris of loon (voor aftrekkings), √√aftrekkings√√ en netto salaris of loon (ná
aftrekkings). √√ (6)
5. Sy kan nie gedwing word om haar werk te bedank indien sy aangestel sou word nie√√
Kraamverlof is 4 opeenvolgende maande√√ ingevolge die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes√√ Sy moet ook werk in omstandighede wat nie nadelig is vir haar
gesondheid nie√√ ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes√√ (8)
6. vergoeding van werknemers wat ongeskik raak of van hul gesinne indien ’n werknemer sterf
aan beserings of siekte wat by die werk opgedoen is√√√√ voorskrifte aangaande veiligheid en
werktoestande√√√√ (8)
7. ’n Dienskontrak is ’n bindende regsooreenkoms√√ tussen die werkgewer en werknemer√√
en moet die volgende insluit: die diensvoorwaardes√√ die salaris wat aangebied word√√ die
gedragskode√√ enige ander relevante inligting√√ (8)
8. Werwing,√√ seleksie,√√ voldoening aan regsvoorskrifte,√√ opleiding√√ (8)
9. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is van toepassing op alle werknemers en
werkgewers, uitgesonderd lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die Nasionale
Intelligensie-agenskap, en die Suid-Afrikaanse Geheime Diens. √√√√
Die Wet is daarop gemik om die werktoestande van werknemers te verbeter. Aangeleenthede
soos minimum vergoeding, maksimum werkure, minimum verlof, aftrekkings van salarisse of
lone, en die minimum kennisgewingstyd vir die beëindiging van dienskontrakte is van die
belangrike kwessies wat deur die Wet gedek word. √√ √√ Volgens wet moet ’n afskrif van die
Wet in die werkplek beskikbaar weer op ’n plek waar die vir almal sigbaar sal wees. Sommige
van die belangrike aspekte van die Wet is die volgende: √√√√
Werkure – maksimum van 45 uur per week. Dit kan ’n maksimum van 9 uur per dag behels in
die geval van ’n werkweek van 5 dae, of 8 uur per dag in die geval van ’n werkweek van 6 dae.
Kinderarbeid en dwangarbeid is onwettig. √√√√
Oortyd – ’n maksimum van 3 uur per dag of 10 uur per week. Oortydbetaling moet 1½ die
normale salaris of loon wees, of ’n ooreenstemmende tyd betaalde verlof. Indien ’n werknemer
diens verrig op ’n openbare vakansiedag wat op ’n werkdag val, is die oortydbetaling dubbeld
die normale salaris. √√√√
Verlof – 21 dae betaalde verlof per jaar, en die werkgewer moet instem tot die tydperk waarop
die verlof geneem word. Siekteverlof is 30 dae betaalde verlof oor ’n siklus van 3 jaar.
Kraamverlof is 4 opeenvolgende maande en familieverantwoordelikheidverlof vir siekte en
dood in die familie is 3 dae per jaar. √√√√
Diensbeëindiging of kennisgewingstydperk – ֹwerknemers moet ’n maak kennis gee van
diensbeëindiging waar die dienstyd ’n jaar of langer was. Indien die werknemer korter as ’n
jaar in diens was, is die kennisgewingstyd 2 weke, en slegs 1 week indien die werknemer
korter as ’n maand gewerk het.√√√√ (30)
215
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
BESIGHEIDSTUDIE GRAAD 11
JAAREINDEKSAMEN
TYD: 3 UUR PUNTE: 300
Instruksies en Inligting
Lees die volgende instruksies versigtig voordat jy die vrae beantwoord.
Hierdie eksamenvraestel bestaan u DRIE afdelings, naamlik AFDELING A, AFDELING B en
AFDELING C.
AFDELING A: Verpligtend vir alle leerders
AFDELING B: Beantwoord in paragraafstyl enige DRIE van die vyf vrae wat handel oor al die
werk wat vanjaar behandel is.
AFDELING C: Beantwoord in paragraafstyl enige TWEE van die vier vrae wat handel oor al die
werk wat vanjaar behandel is.
Neem die tydaanwysing in ag wanneer jy die vrae beantwoord. Jy kan die tabel hieronder
gebruik as riglyn vir die puntetoedeling en tydaanwysing vir elke vraag.
Lees die instruksies vir elke vraag sorgvuldig en beantwoord slegs dit wat vereis word.
Nommer jou antwoorde korrek ooreenkomstig die numeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
Antwoord in volsinne, behalwe waar ander instruksies gegee word.
Die puntetoedeling en aard van elke vraag is ’n aanduiding van die lengte wat jou antwoord
moet wees.
Begin die antwoord op elke nuwe vraag op ’n nuwe bladsy in jou antwoordboek.
Afdeling A 40
Afdeling B 180 (3 x 60)
Afdeling C 80 (2 x 40)
216
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
AFDELING A: VERPLIGTEND
Vraag 1 Beantwoord alle onderafdelings
1.1 Meerkeuse. Verskaf slegs die korrekte antwoord, A, B, C of D, op jou antwoordstel.
1.1.1 Die bemarkingsfunksie van Greens Cars (Edms) Bpk is deel van die … omgewing.
A. mikro
B mark
C besigheid
D makro
1.1.2 Verskaffers vorm deel van die … omgewing.
A mikro
B mark
C besigheid
D makro
1.1.3. Watter een van die volgende is nie ’n kenmerk van ’n ondernemer (entrepreneur) nie?
A leierskapstyl
B drang na prestasie
C fokus van beheer
D probleemoplossingsvermoë
1.1.4. Wat een van die volgende sou jy beskou as ’n onetiese besigheidspraktyk?
A Prysvasstelling tussen selfoonverskaffers
B Mededingers wat ’n ooreenkoms sluit oor staatstenders
C Banke wat vaste diensfooie hef
D Die vasstelling van dieselfde pryse vir goedere in stedelike en landelike gebiede
1.1.5. Watter een van die volgende moet aangedui word op ’n salarisadvies?
A LBS-aftrekkings
217
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
B Bankdiensfooie
C Selfoonbesonderhede
D Naam van naasbestaande
1.1.6 Watter een van die volgende verbied onbillike diskriminasie teen werknemers in die
werkplek?
A Die Wet op Gelyke Indiensneming
B BBSEB (Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging)
C Wet op Basiese Diensvoorwaardes
D Wet op Vaardigheidsontwikkeling
1.1.7. ’n SWOT-diagram sluit in:
A Sterk punte, swak punte, geleenthede en bedreigings vir ’n besigheid
B Steun, swak punte, geleenthede en bedreigings vir ’n besigheid
C Sterk punte, swak punte, opposisie en bedreigings vir ’n besigheid
D Sterk punte, swak punte, geleenthede en beproewings vir ’n besigheid
1.1.8. Groothandelaars wat die internet gebruik om goedere van ’n produsent van organiese
voedsel te koop, sal deel wees van die voedselprodusent se … omgewing.
A tegnologiese
B mark
C makro
D mikro
1.1.9. Watter een van die volgende is nie ’n faktor wat oorweeg moet word wanneer besluit
word oor die beste vorm van eienaarskap van ’n besigheid nie?
A Regspersoonlikheid
B Belastingpligtigheid
C Mate van beheer
D Geografiese ligging
1.1.10 Watter een van die volgende is ’n voordeel in die geval van persoonlike verkope?
A demonstrasies is moontlik
218
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
B minder kennis van die produk is nodig
C verkoopsboodskap kan altyd dieselfde wees
D Druk kan op die kliënt uitgeoefen word (10 x 2 = 20)
1.2 Verskaf ’n woord/term wat elk van die volgende beskryf:
1.2.1 Die naam van organisasies wat die belange van individuele of ’n groep werknemers
beskerm en bevorder.
1.2.2 Die besigheidsomgewing wat handel met probleme rakende produksiemetodes.
1.2.3 ’n Groep individue of organisasies wat vrywillig inligting uitruil.
1.2.4 ’n Vorm van eienaarskap waarin 2-20 mense ooreenkom om saam te werk, sonder om ’n
regsentiteit te vorm.
1.2.5 Aksies in die werkplek wat verband hou met dit wat aanvaarbaar is vir die mense wat met
die organisasie saamwerk. (5x2=10)
1.3 Kies ’n term uit KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A-
E) langs die vraagnommer op jou antwoordstel neer.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Die beskikbaarmaking van goedere in ander lande A. Valutabeheermaatreëls
teen lae pryse
1.3.2 Belastings of doaneregte gehef op ingevoerde B. Storting (dumping)
goedere
1.3.3 Finansiële bystand tot die koste van plaaslik C. Multinasionaal
geproduseerde goedere sodat hulle teen laer pryse in die
buiteland verkoop kan word D. Subsidies
1.3.4 Beperkings deur ’n land op die beskikbaarheid van
buitelandse valuta aan invoerders E. Tariewe
1.3.5 ’n Maatskappy wat wêreldwyd sake doen
(5x2=10)(40)
219
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
AFDELING B: BEANTWOORD ENIGE DRIE VAN DIE VYF VRAE
VRAAG 2. Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.
Koste/Inkomste
Verlies
Wins
Gelykbreekuitse Hoeveelheid
t
2.1 Definieer die volgende:
2.1.1 gelykbreekdrempel (2)
2.1.2 totale kostes (2)
2.1.3 inkomste (2)
2.2. Waarvoor word gelykbreekgrafieke gebruik? (6)
2.3 Gee 2 voorbeelde van elke van die volgende:
2.3.1 vaste kostes (4)
2.3.2 veranderlike kostes (4)
2.4 Noem en beskryf vyf strategieë wat die vennote in ’n advertensieagentskap intern kan
toepas wanneer bedreigings of geleenthede in die eksterne omgewing voorkom. Gebruik
voorbeelde uit die advertensiebedryf in jou verduideliking. (20)
2.5 Bespreek die drie komponente wat bydra tot die toekomsvisie van ’n besigheid. (12)
2.6 Wat word bedoel met die term "dumping (storting)" en hoekom skep dit ’n probleem vir besighede in
Suid-Afrika? (4)
2.7 Hoekom is dit belangrik vir besighede om bewus te wees van hededaagse tegnologie? (4)(60)
VRAAG 3
Nestlé is ’n internasionale maatskappy met ’n wye verskeidenheid van produkte wat deur die
publiek gekoop kan word. Hy toets deurentyd nuwe produkte om by sy bestaande reeks te
voeg en staak die produksie van produkte wat nie goed verkoop nie.
3.1 Definieer die produkbeleid. (4)
220
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3.2 Bespreek die produkmengsel in besonderhede en gee voorbeelde. (12)
3.3 Wat is die hoofeienskappe wat oorweeg moet word in die besluitneming oor ’n produk?
(6)
3.4 Teken ’n grafiek en verduidelik die betekenis van die term “lewensiklus van ’n produk”.
(20)
3.5 Gee ’n basiese beskrywing van wat markaktiwiteite behels. (10)
3.6 Bespreek die verskil tussen besigheidsetiek en persoonlike etiek, en gee voorbeelde van
elk. (8)
(60)
VRAAG 4
Fashion House (Edms) Bpk maak al vir meer as 30 jaar klere en roem hom daarop dat hy klere
vervaardig wat nuwe modeneigings inlei, eerder as om hulle na te volg. Die maatskappy het ’n groot
fabriek in die sakekern van Kaapstad. Tog het hy in die jongste verlede voor ’n toenemende aantal
probleme te staan gekom.
Die maatskappy verkoop klere aan winkels regoor Suid-Afrika, maar is in die laaste jare in die gesig
gestaar deur toenemende mededinging, veral van Chinese besighede wat in staat is om klere
goedkoper te vervaardig aangesien hulle hul werkers laer lone betaal.
Afdelingsbestuurders het ook hul kommer uitgespreek:
Die rekeningebestuurder het, nadat hy die maatskappyrekeninge ondersoek het, verslag gedoen dat
die maatskappy die moontlikheid van likwidasie in die gesig staar.
Die bemarkingsbestuurder meen dat sy begroting verhoog moet word sodat hy Fashion House se
bemarkingsmengsel kan verbeter.
Die operasionele bestuurder oordeel dat te veel spasie in die fabriek vermors word weens die groot
hoeveelhede grondstowwe wat in voorraad word. Sy wys ook daarop dat die moraal van die personeel
laag is aangesien hulle gerugte van werknemers uit verskillende departemente gehoor het en beangs
is oor die toekoms van die besigheid.
Fashion House het die moontlikheid ondersoek om ’n eksklusiewe handelsmerkreeks van hoëgehalte
klere te vervaardig om sy winste te verhoog, maar sommige bestuurders het hul besorgdheid
uitgespreek dat hul werknemers nie die vaardighede het om sulke klere te maak nie.
Die bestuurders van Fashion House is byeengeroep om die situasie te beoordeel, die toekoms van die
besigheid te bespreek en voorstelle te doen vir die oplossing van die maatskappy se probleme.
4.1 Verduidelik kortliks die probleem van dumping (storting) as ’n makro-ekonomiese uitdaging.
(4)
4.2 Definieer wat bedoel word met likwiditeit en dui aan in watter sektor van die ekonomie dit
val. (2)
221
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
4.3 Wat sal die uitwerking van die lidwiditeitsprobleem wees op die bemarkingsbestuurder se
versoek om die verhoging van sy begroting? (4)
4.4 Skryf ’n kort verslag waarin die bestuurder menslike hulpbronne aanbevelings doen vir die
verhoging van die vaardigheidsvlakke van werknemers, asook van hul moraal. (30)
4.5 Wat is ’n marksegment en waarop is dit gegrond? (10)
4.6 Noem drie verskillende klasse goedere. (6)
4.7 Wat is die betekenis van die term “bemarkingsmengsel”? (4)
(60)
VRAAG 5
Vir oorlewing in die 21ste eeu moet besighede moderne beplanningstegnieke soos Delphi gebruik,
asook hul werknemers betrek by die vind van doeltreffende oplossings vir probleme en die vestiging
van ’n etiese en verantwoordelike sakepraktyk.
5.1 Wat is die Delphi-tegniek? (4)
5.2 Noem 3 voordele verbonde aan die gebruik van die Delphi-tegniek, asook 2 nadele daarvan.
(10)
5.3 Noem die stappe wat gebruik word in die Delphi-tegniek en verduidelik elkeen kortliks.(14)
5.4 Wat beteken integriteit vir jou? (6)
5.5 Definieer “dinkskrum” en noem die 8 stappe in die proses. (10)
5.6 Verduidelik die term “etiek”. (6)
5.7 Hoe kan jy etiese gedrag in jou besigheid verseker? (10)
(60)
222
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Vraag 6
VAKATURE VIR ’N DINAMIESE VERKOOPSBESTUURDER
Vereistes:
• ’n Driejaardiploma in Bemarkingsbestuur
• Minimum van 4 jaar ondervinding
• Rekenaargeletterdheid in MS Office en MS Excel
Persoonlike vaardighede/kenmerke:
• Spanwerker
• Goeie kommunikasievaardighede
• Goeie motiverings- en dispuutoplossingsvaardighede
• Doelwitgeoriënteer en betroubaar
Vergoeding:
• Basiese salaris plus byvoordele
Aansoeke, insluitend ’n omvattende CV, moet per e-pos gestuur word aan:
Die Bestuurder Menslike Hulpbronne by goodsales@mzt.co.za
Kontakbesonderhede: 081 497 2345 of 021 371 3457
Jy is die Bestuurder Menslike Hulpbronne van die maatskappy wat die vakature hierbo
geadverteer het. Dit is jou taak om die mees geskikte kandidaat vir die betrekking aan te stel.
Skryf ’n opstel waarin jy die indiensnemingsproses wat jy sou volg om die mees geskikte
kandidaat te vind, verduidelik.
Gebruik die volgende hoofde en subhoofde in jou opstel:
(a) Die seleksieproses:
• Onderhoud met die oog op voorlopige seleksie (4 × 2 = 8)
• Seleksietoetse (3 × 2 = 6)
• Mediese ondersoek (2 × 2 = 4)
• Verifikasie van referente (2 × 2 = 4)
• Finale onderhoud en finale keuse (7 × 2 = 14)
• Finale aanbod en aanstelling (4 × 2 = 8)
(b) Plasing en inlywing:
• Plasing (2 × 2 = 4)
• Oriëntasie (3 × 2 = 6)
• Opneming (3 × 2 = 6)
(60)
223
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
AFDELING C (OPSTELTIPE VRAE) BEANTWOORD ENIGE TWEE VRAE.
VRAAG 7
Die afdeling vir kinderklere van ’n klerefabriek vaar sleg. Tyd word vermors deur argumente
oor wat die beste strategieë is om te volg, en almal wil die leiersposisie beklee. Die
werknemers van die afdeling is onproduktief en uiters negatief. Die bestuurder sukkel om die
span as ’n eenheid te laat saamwerk en funksioneer.
Adviseer die bestuur oor hoe om die spandinamiek konstruktief te bestuur en brei uit
oor die fases van spanontwikkeling. (40)
VRAAG 8
Gina White van Bloemfontein is die trotse eienaar van
Gina se Skoenwinkel. Sy het die besigheid drie jaar
gelede alleen begin met een klein skoenwinkel en
bestuur nou ’n groep van tien winkels. Sy is vandag ’n
suksesvolle sakevrou.
Bespreek die belangrikste eienskappe van ’n hoogs suksesvolle ondernemer (entrepreneur).
(40)
224
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
VRAAG 9
Lees die volgende scenario en voer die daaropvolgende instruksies uit.
’n Smaak van Suid-Afrika
Dit is ’n reuse-uitdaging om ’n gastehuis te begin wat oorsese besoekers sal lok. Dit is wat
Nombeka Khumalo wou doen toe sy ’n gastehuis naby Tswane begin het. Sy het deur
navorsing bevind dat toeriste graag die ware kookkuns van ons land wil ervaar. Sy het haar
ervaring as kok en ondernemer gebruik en die Nombeka Skool vir Tradisionele Kookkuns deel
van haar gastehuis gemaak. Hier bied sy ’n verskeidenheid van kookkursusse aan, wat die
tradisionele resepte van die Tswana-, Ndebele-, Zoeloe- en Vendastamme insluit. Sy het tans
15 heeltydse werknemers in dien om die gastehuis te bestuur en bystand te verleen in die
kookkunsskool, en twee vennote het hulle by haar aangesluit.
9.1 Definieer die makro-besigheidsomgewing. (4)
9.2 Teken ’n diagram om die terreine van die makro-omgewing te illustreer. (8)
9.3 Noem 2 instellings wat vir kleinsake-eienaars beskikbaar is vir die verlening van finansiële
ondersteuning aan ondernemers. Noem ook 2 hooffunksies van hierdie instellings. (8)
9.4 Noem en verduidelik 2 belangrike rolle van kleinsake in die ekonomie. (8)
9.5 Definieer nie-herwinbare hulpbronne. (6)
9.6 Verduidelik kortliks die primêre, sekondêre en tersiêre nywerheidsektore. (6)
(40)
VRAAG 10
Starbucks Corporation is ’n baie winsgewende organisasie wat in 2004 meer as $600 miljoen verdien
het. Dit is ’n wêreldwye koffie-handelsmerk, wat gegrondves is op ’n reputasie vir puik produkte en
dienste en wat byna 9 000 kafees in byna 40 lande het. Starbucks besit ook die Seattle Coffee
Company, wat in Suid-Afrika gesetel is en franchise-geleenthede bied.
Joe Modise oorweeg dit om ’n franchise vir Seattle-koffie te bekom omdat hy meen dit sal goed vaar
in die omgewing waar hy woon. Indien hy dit sou doen, sal hy sommige van die toerusting wat nodig
is om die besigheid te begin, moet huur aangesien hy nie genoeg kapitaal het om dit te koop nie. Hy
sal dit ook oorweeg om sekere take, soos skoonmaakdienste, uit te kontrakteer.
Adviseer Joe oor die verskillende aspekte verbonde aan die koop van ’n franchise. Jou verslag
moet die volgende insluit:
10.1.1 ’n Definisie van die term “franchise”. (4)
10.1.2 Waartoe moet in ’n franchise-kontrak ooreengekom word? (8)
10.1.4 Die voordele en die nadele verbonde aan die koop van ’n franchise (14)
225
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
10.1.5 Die betekenis van FASA (4)
10.2 Verduidelik wat bedoel word met “uitkontraktering (uitbesteding)” en hoe die huur van
sekere toerusting hom kan help. (10)
(40)
Total: 300
BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 11
JAAREINDEKSAMEN
NASIENMEMORANDUM
VRAAG 1
1.1.1 B
1.1.2 B
1.1.3 C
1.1.4 D
1.1.5 A
1.1.6 A
1.1.7 A
1.1.8 B
1.1.9 D
1.1.10 A
1.2.1 vakbond
1.2.2 mikro
1.2.3 sakegemeenskap
1.2.4 vennootskap
1.2.5 nywerheidsaksie
226
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
1.3.1 B
1.3.2 E
1.3.3 D
1.3.4 A
1.3.5 E
[30]
VRAAG 2
2.1.1 Wanneer die totale inkomste gelyk is aan die totale kostes. (2)
2.1.2 Totale kostes = veranderlike kostes + vaste kostes. (2)
2.1.3 Totale inkomste uit verkope ontvang deur ’n besigheid, plus enige rente of ander
inkomste. (2)
2.2 Om in staat te wees om die minimum verkoopprys van ’n produk te bepaal,√√ om die
minimum hoeveelheid te bepaal wat geproduseer moet word om ’n wins te maak,√√ om te
bepaal of die besigheid teen ’n wins of verlies bedryf word.√√ (6)
2.3.1 Huur, kantoorpersoneelsalarisse, verbandpaaiemente of paaiemente op ander
lenings√√√√ (4)
2.3.2 Elektrisiteit, werkers wat uurliks betaal word, produksiemateriale√√√√ (4)
2.4 Verkry en bestuur inligting. Strategiese beplanning en aksie. Samesmeltings, Verkrygings
en Alliansies. Organisatoriese ontwerp. Regstreekse invloed. Maatskaplike verantwoordelikheid.
Stemmingmakery. Netwerkgebruik. Magsverhoudings.
(5 x 4 plus voorbeeld = 20)
2.5 Kernwaardes, kerndoel, missie (4 x 3 = 12)
2.6 Die oorstroming van die plaaslike mark met goedere van ’n oorsese maatskappy teen ’n laer
prys as dié van plaaslik vervaardigde goedere,√√ wat dreig om plaaslike ondernemings se
ondergang te bewerkstellig.√√ (4)
2.7 Omdat tegnologiese ontwikkelings aan mededingers ’n voordeel kan besorg en omdat
tegnologiese verbetering ’n verandering in produksieprosesse meebring.√√√√ (4) (60)
VRAAG 3
3.1 Produksiebeleid behels onder meer die keuse van produkte, asook die ontwerp en verpakking
daarvan, en die gebruik van handelsmerke en handelsname.√√√√ (4)
227
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3.2 Die produkmengsel is die kombinasie van en tipes produkte wat deur ’n onderneming
vervaardig word. Die besigheid kan byvoorbeeld ’n kombinasie van aanvullende produkte
vervaardig, soos sout en peper, of ’n verskeidenheid in ’n produkreeks, soos Nestlé wat nie net
sjokolade produseer nie, maar ook graankosse en babakos. Ander besighede maak ’n reeks
soortgelyke produkte, soos ’n verskeidenheid motors. (12)
3.3 Winsgewendheid,√√ produksiemoontlikhede,√√ reaksies van verbruikers. √√ (3 x 2 = 6)
3.4
(4)
Vestigingsfase (Inleidingsfase)
Die besigheid wil ’n bewustheid van en mark vir die produk skep. Verkope sal laag wees omdat
die besigheid ’n vraag na die produk moet skep aangesien verbruikers nog nie daarvan bewus
is of dit nie goed genoeg ken nie.
Groeifase
Die besigheid wil ’n handelsmerkvoorkeur bewerkstellig en die markaandeel verhoog. Verkope
neem toe namate verbruikers bewus word van die produk en die besigheid meer winsgewend
raak.
Fase van rypheid
Die fase van rypheid is die winsgewendste. In hierdie stadium is die hoofoogmerk om die
markaandeel te beskerm en grootste moontlike wins te maak.
Dalingsfase
Verkope neem af namate die mark versadig word. In hierdie stadium kan die besigheid die
volgende doen:
• nuwe kenmerke toevoeg en nuwe gebruikE vir die produk vind
• koste verminder sodat die produk teen ’n laer prys aangebied kan word
• die vervaardiging van die produk beëindig. (4 x 4)
(20)
228
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
3.5 Besigheidsetiek raak ’n besigheid ten nouste en sluit in finansiële deursigtigheid,√√ √√
etiese advertering en persoonlike etiek, soos eerlikheid en integriteit.√√√√ ( 4 x 2 = 8)
(60)
VRAAG 4
4.1 Dumping (storting) bedreig plaaslike besighede√√ wat verkope afstaan en kan
ondergaan.√√ (4)
4.2 Liwiditeit is die vermoë van die besigheid om sy skulde te delg. Dit is deel van die besigheid
se mikro-ekonomie. √√ (2)
4.3 Dit sal moeilik wees om voorsiening te maak vir die addisionele geld wat benodig word; sy
versoek sal geweier word.√√√√ (4)
4.4 Interne opleiding, werkwinkels, eksterne kursusse, salarisverhogings ooreenkomstig
vaardighede, of ander aansporingsmaatreëls, verhoogde moraal deur erkenning vir goeie werk,
onbelemmerde kommunikasie, spanbou, aansporings vir goeie werk en bevorderings,
winsdelingskemas. (15 x 20) (30)
4.5 ’n Marksegment is die sektor van verbruikers√√ wat moontlik ’n produk of diens kan koop.√√
Dit kan gegrond wees op ouderdom,√√ geslag,√√ inkomste√√ of smaak.√√ Dit is gegrond op
marknavorsing√√ (5 x 2 10)
4.6 Geriefs-,√√ spesialiteits-√√ en nywerheidsgoedere√√ (3 x 2 = 6)
4.7 Die keuse van die wyse waarop die gebruik van ’n produk aangemoedig word.√√√√
(2 x 2 = 4)
(60)
VRAAG 5
5.1 Die Delphi-tegniek vir probleemoplossing kan gebruik word om die breinkrag te ontsluit van
verskillende deelnemers wat hulle op dieselfde tyd op verskillende plekke bevind. Inligting kan
oorgedra en ontvang word deur die pos, per faks of e-pos.√√ Dit behels voorts anonieme
onderhoude of ’n reeks vertroulike vraelyste vir die oplossing van ’n probleem. √√ (2 x 2 =4)
5.2 Die voordele van die Delphi-tegniek
Argumente en dispute word beperk.
Dit ontlok die inset van mense wat hul beste werk lewer sonder dat dit vir hulle
nodig is om met andere in wisselwerking te verkeer.
Dit beperk die invloed van deelnemers op grond van hul rang of status tot die
minimum.
Die bevorder vrye meningsuiting, sonder vrees vir kleinering.
Die fisieke teenwoordigheid van deelnemers word nie vereis nie.√√√√√√
( 3 x 2 = 6)
229
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Die nadele van die Delphi-tegniek
7. Dit kan tydrowend wees.
8. Swak voorstelle kan aanvaar word omdat dit nie aan ’n groepbespreking
onderwerp is nie.
9. Deelnemers het geen geleentheid om uit te brei op of by te voeg tot iemand
anders se idee nie. √√√√ ( 2 x 2 = 4)
(10)
5.3
Stap 1: Identifiseer die probleem.
Step 2: Vra groeplede om moontlike oplossings vir ’n probleem neer te skryf. Doen dit in die
vorm van ’n vraelys.
Stap 3: Kombineer die resultate en gee aan elke lid ’n afskrif van die resultate.
Stap 4: Kundiges opper nuwe idees.
Stap 5: Kombineer die nuwe inligting en gee dit weer terug aan die kundiges.
Stappe 4 & 5 kan herhaal word totdat al die lede in die groep saamstem. (7 x 2 =14)
5.4 Deur eerlik te wees, jou bes te doen, regverdig te wees: enige geldige 3 antwoorde
(3 x 2 = 6)
5.5 ’n Dinkskrum is ’n manier om idees te genereer by wys van ’n groepsproses.√√ (2)
STAP 1 Verduidelik die dinkskrum-proses aan die groep.
STAP 2 Skets die basiese reëls wat gevolg sal word:
Wees ontvanklik – moenie enigiemand kritiseer nie.
Laat jou gedagtes gaan – moet nog nie ’n idee bespreek nie.
Bedink soveel idees as moontlik.
Bou voort op die idees van andere.
Skryf die idees neer namate hulle geopper word.
STAP 3 Lê DIE PROBLEEM AAN DIE GROEP VOOR
STAP 4 WYS IEMAND AAN OM AANTEKENINGE TE MAAK
STAP 5 STEL DIE PROBLEEM IN DUIDELIKE TERME EN BEGIN
STAP 6 SINTETISEER SOORTGELYKE IDEES (VAT DIT SAAM)
230
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
STAP 7 ORDEN DIE GELYSTE IDEES IN DRIE GROEPE (Onmoontlik; Onwaarskynlik; Moontlik)
STAP 8 PRIORITISEER DIE BESTE IDEES
(8 x 1) (10)
5.6 Etiek behels ’n morele kode√√ gegrond op ’n waardestelsel.√√A Etiese kode beskryf die
toepaslike gedrag√√ wat van werknemers in die werkplek verwag word.√√ (2 x 2 = 4)
5.7 Wees geloofwaardig√√ Kom verpligtinge na√√ Gemeenskapsbetrokkenheid√√
Rekenkundige beheer√√ Deursigtigheid√√ Rekenkundige kontrolering√√
(5 x 2 = 10) [60]
VRAAG 6
6.1
Ontvangs van dokumentasie
Aansoekers word gevra om ’n aansoekvorm of aansoekbrief in te dien, tesame met ’n
curriculum vitae (CV), gesertifiseerde persoonlike dokumentasie en bewys van kwalifikasies.
Daar is gewoonlik ’n sluitingsdatum vir aansoeke.
Ná die sluitingsdatum word ’n lys van al die aansoekers saamgestel.
Keuring
Die bestuurder menslike hulpbronne sal die aansoeke en CV’s beoordeel in die lig van die
posvereistes.
Die aansoekers wat nie voldoen nie aan die minimum vereistes, soos in die advertensie
uiteengesit, word uitgeskakel. Hulle word ingelig dat hul aansoeke onsuksesvol was. Die
oorblywende kandidate, wat voldoen aan die minimum vereistes, vorder tot by die volgende
stap.
Beoordeling van CV en samestelling van kortlys
Die CV’s van die aansoekers wat voldoen aan die minimum vereistes vir die vakante pos, word
nou beoordeel. Ná die beoordeling sal die bestuurder menslike hulpbronne die aansoekers in
rangorde van die mees geskikte tot die mins geskikte plaas. Die name van die kandidate wat
die hoogste posisie in die rangorde beklee, word op ’n kortlys geplaas en die ander word
uitgeskakel.
Kontrolering van inligting verskaf in CV
Die inligting in elke CV behoort gekontroleer te word om seker te maak dat dit waar is. Dit sluit
die kontrolering van kwalifikasies en werkervaring in. Die bestuurder menslike hulpbronne sal
ook die referente kontak wat in die CV aangedui word ter bevestiging van die CV en om meer
oor die aansoeker te wete te kom.
Voer van die onderhoud
’n Onderhoud is ’n formele ontmoeting tussen die aansoeker (die persoon met wie die
onderhoud gevoer word) en die werkgewer (die onderhoudvoerder). Die doel van die
onderhoud is om meer inligting oor die aansoeker in te win deur die stel van vrae, en om die
aansoeker verder te evalueer.
Assesserings
Hierdie toetse kan onderverdeel word tussen persoonlikheidstoetse en aanleg- of
bekwaamheidstoetse. Die doel van persoonlikheidstoetse is om die kandidaat se persoonlike
karaktertrekke te bepaal.
231
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Die doel van aanlegtoetse is om die kandidaat se intellektuele vermoë en vaardighede te
bepaal.
Mediese ondersoeke kan ook deel vorm van die assesserings.
Aanstellingsbrief
Sodra die mees geskikte kandidaat gekies is, word ’n skriftelike aanbod vir ’n betrekking aan die
suksesvolle kandidaat gedoen. Sodra die gekose kandidaat die aanbod skriftelik aanvaar het,
moet die dienskontak onderteken word.
Besoldiging (salaris en ander diensvoordele)
Besoldiging (of vergoeding) is die geld wat aan ’n werknemer betaal word vir dienste gelewer. ’n
Vergoedingspakket behels ’n salaris tesame met bykomende diensvoordele. Salarisse word
gewoonlik betaal aan gekwalifiseerde of geskoolde werkers, terwyl ongeskoolde werkers
dikwels lone as betaling ontvang.
Salaris is ’n vaste betaling, een keer per maand, aan ’n werknemer vir dienste gelewer.
Loon is gewoonlik ’n weeklikse betaling aan ’n werknemer vir dienste gelewer. Dit kan egter
ook daagliks of maandeliks betaal word. ’n Werknemer se loon kan ’n vaste betaling wees, of dit
kan bereken word ooreenkomstig die aantal ure wat die werknemer gewerk het, of
ooreenkomstig die hoeveelheid werk wat gedoen is.
Werknemersvoordele, wat ook soms byvoordele genoem word, word aan werknemers
toegestaan aanvullend tot hul basiese salaris of loon.
[60]
VRAAG 7
Daar bestaan talle verskillende teorieë ter verduideliking van spandinamika. Hierdie verskillende
benaderings kan almal ’n bydrae lewer wanneer jy probeer om die interaksie tussen lede van ’n
span te verstaan.√√ (2)
Belbin se rolleteorie
Belbin se rolleteorie is in die 1970s deur dr Meredith Belbin ontwerp. ’n Stel spanspeletjies is
ontleed om bydraende faktore tot geslaagde spanwerk te identifiseer. Belbin het besef dat
geslaagde spanne saamgestel word uit individue wat nege noodsaaklike rolle vervul.
• Die aanleg (fabriek).
• Die hulpbron-ondersoeker.
• Die koördineerder.
• Die vormer.
• Die monitor-evalueerder.
• Die spanwerker.
• Die implementeerder.
• Die voltooier/afhandelaar.
• Die spesialis. (8)
Jungiaanse Teorie
Volgens Jung is daar vier pare teenoorstaande waardes en funksies. Elke individu verkies een
van die waardes of funksies in elke paar:
232
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
• Ekstrovert/Introvert
• Sensories/Intuïtief
• Denke/gevoel
• Oordeel/Waarneming (8)
BSR-A-benadering (Bestuurspanrolle-aanwyser)
Volgens hierdie teorie doen mense nie altyd wat die beste in ’n bepaalde situasie is nie. Hulle is
dikwels onbewus van die uitwerking van hul optrede en onbewus van hoe hul persoonlike
voorkeure hul beskouing van wat belangrik is, beïnvloed. Die BSR-A identifiseer die volgende
unieke spanrolle:
• Kampvegter
• Afrigter
• Dirigent
• Kruisvaarder
• Kurator
• Verkenner
• Innoveerder
• Wetenskaplike
• Beeldhouer (8)
Margerison-McCann-profiele
Die Margerison-McCann-spanbestuursprofiele bied ’n opsomming van agt sleutelvermoëns wat
vir geslaagde groepprestasie vereis word.
Die agt spanrolle volgens die Margerison-McCann-teorie
• Verkenner-Promotor
• Assessor-Ontwikkelaar
• Aandrywer-Organiseerder
• Afsluiter-Produsent
• Kontroleur-Inspekteur
• Handhawer-Volhouer
• Verslaggewer-Raadgewer
• Skepper-Vernuwer (8)
Groepkonsensus
Groepkonsensus behels dat niemand voel dat hulle tydens groepbesluitneming misverstaan
word nie. Spanlede voel dat hul menings billik aangehoor word. Insette en idees van groeplede
word saamgevoeg in ’n finale besluit wat deur die groep aanvaar word. Spanlede moet soms
deur hul verskille werk om ’n bevredigende ooreenkoms te bereik.
(6)
(40)
233
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
VRAAG 8
Ondernemerskenmerke
Ondernemers is mense wat hul eie besigheid begin en bestuur of organiseer, en wat
sakegeleenthede vir die vervaardiging van nuwe produkte of die lewering van nuwe dienste kan
identifiseer, of sakegeleenthede vir die verandering van bestaande produkte of dienste kan
identifiseer.
Ondernemers openbaar dikwels die volgende kenmerke:
Kreatiwiteit – identifisering van geleenthede en uitdaging van gewone denke.
Neem van risiko’s – neem berekende risiko’s.
Deursettingsvermoë – dit neem minstens vyf jaar alvorens ’n sakeonderneming gevestig is en
genoeg inkomste genereer om homself en die ondernemer te onderhou.
Behoefte aan prestasie – ’n ondernemer streef na uitnemendheid en sukses in mededingende
situasies.
Verantwoordelikheid – ondernemers genereer idees vir die oplossing van probleme en
aanvaar persoonlik verantwoordelikheid vir die bereiking van doelwitte.
Organisatoriese en bestuursvaardighede – ondernemers gebruik leierskapsvaardighede om
andere te oorreed om hulle te help om hul visie te verwesenlik.
Selfversekerd en ambisieus – sukses bou ’n mens se selfvertroue en selfbeeld.
Hardwerkend en energiek – ondernemers wy hul tyd, vaardighede, kundigheid en hulpbronne
aan die stigting van hul onderneming en die voortsetting daarvan, ondanks moeilike
omstandighede.
Visionêr – ondernemers is bedag op veranderinge in die mark en sakeomgewing, beskou
bedreigings as geleenthede, en gebruik hul kennis om munt te slaan uit sulke uitdagings.
Behoefte aan onafhanklikheid – ondernemers het ’n behoefte om onafhanklik van andere te
wees.
Goeie menseverhoudings of interpersoonlike vaardighede – ondernemers beskik oor die
vaardighede van goeie kommunikasie, motivering en leierskap.
Ondernemerskenmerke wat in besighede aangetref word
Besighede moet ondernemerskenmerke aanneem indien hulle mededingend en suksesvol wil
wees.
Die volgende faktore moet in gedagte gehou word:
Ondernemers is die risikonemers wat gemotiveer is om hul doelwitte te bereik en wins te
maak.
Bestuurders van besighede is hoëvlakwerknemers wat betaal word om besighede te
organiseer en te bestuur. Hulle is nie noodwendig diegene wat nuwe idees skep nie.
’n Intrapreneur word gedefinieer as die ‘binne-ondernemer’ wat binne ’n klein of groot
onderneming werk en ondernemersvaardighede aanwend tot voordeel van die
besigheid.
(40)
VRAAG 9
9.1 Die makro-besigheidsomgewing is die eksterne omgewing√√ waarbinne die besigheid hom
bevind, en waaroor hy geen beheer het nie. √√ (4)
234
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
9.2
1. Internasionaal/Globaal
8. 2.
Maatskaplik Regsomgewing
Die Makro-omgewing
7. Polities 3. Fisies
6. Tegnologies 4. Ekonomies
5. Institusioneel/Regering
(8)
9.3 Banke,√√ Verbandgewende instellings,√√ mikro-uitleners√√ wat finansiering aanbied√√
asook besigheidsbystand.√√ (8)
9.4 Skep werkgeleentheid,√√ skep ekonomiese groei√√ plus verduideliking (4 x 2 =8)
9.5 Olie, steenkool, minerale √√√√√√ (6)
9.6 Primêre nywerhede behels die ontginning van natuurlike hulpbronne, bosbou en landbou.√√
Sekondêre nywerhede produseer of vervaardig goedere uit materiale wat afkomstig is van die
primêre nywerhede.√√ Tersiêre nywerhede verskaf dienste aan verbruikers en help die ander
twee sektore met die lewering van goedere aan eindverbruikers.√√ (6) (40)
235
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
VRAAG 10
10.1.1 ’n Franchise behels die reg van ’n besigheid om die naam, handelsmerk, idees,
prosesse en klandisiewaarde van ’n bestaande besigheid te gebruik√√ om goedere en dienste
in ’n spesifieke geografiese gebied te verkoop.√√ (4)
10.1.2 Die franchise-gewer en die franchise-houer√√ sluit ’n formele ooreenkoms wat die rolle,
regte en verpligtinge van albei partye uiteensit.√√ Die ooreenkoms spesifiseer ook die volgende
betalings: die aanvanklike fooi, maandelikse bestuursfooi, winsaandeel in omset; gebruiksfooie
vir masjinerie en toerusting, en advertensiefooie.√√√√ (8)
10.1.4 Voordele: Makliker om finansiering te verkry indien die besigheid ’n goeie rekord het.√√
Onmiddellike kontantvloei aangesien daar reeds bestaande klandisie is.√√ Distribusie- en
verskaffingsnetwerke is reeds gevestig.√√ Die mark word nie verder verdeel deur ’n bykomende
besigheid nie.√√ Bestaande bates word deel van die onderneming en hoef nie aangekoop te
word nie.√√
Nadele: Risiko van oorskatting van omset of wins deur verkoper.√√ Sukses van ’n besigheid
hang dikwels af van die reputasie van die vorige eienaar of ’n sleutelwerknemer (soos ’n sjef).√√
Verkoper kan probeer om die nuwe eienaar se verwagte wins op die belegging te oordryf.√√
(7 x 2 = 14)
10.1.5 Franchise-assosiasie van Suid-Afrika √√√√ (4)
10.2 Uitkontraktering (uitbesteding) behels die uitkontraktering, aan ’n derde party, van ’n taak,
funksie, werk of proses√√ wat deur die werknemers van ’n onderneming verrig sou kon word.√√
Die huur van toerusting kan ’n besigheid help deurdat dit hom in staat stel om die toerusting te
gebruik wat hy nodig het,√√ sonder dat hy kapitaal hoef te gebruik om dit te koop.√√ Hy sal
maandelik huur betaal vir die gehuurde toerusting.√√ 5 x 2 = (10)
(40)
Totaal 300
236
Via Afrika Besigheidstudies Graad 11 Studiegids
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 11 Business Studies.
- Grade 11 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 11 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 11 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 11 Study guides
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 QP

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 Memo
Related documents

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 North West June 2024 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 North West June 2024 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 North West November 2024 QP (Eng)

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo
More from Grade 11 Business Studies

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paper