Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2022
10841
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
VRAESTEL 1
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
17 bladsye + 3 data blaaie en ʼn antwoordblad
b.o.
Skip to contentAll 2022 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)

%20SEP%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d5542c1-6f3c-4307-b28a-61585b180bda/v1-693e87048b67d083f3de/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052/v1-a152cbabd59bdb3c6c42/card.webp)


View all





Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Gauteng Mock Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 2
(Vraestel 1) 10841/22
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae op die
ANTWOORDBOEK.
2. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
3. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
4. Jy word aangeraai om die aangehegde DATA BLAAIE te gebruik.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.
8. Los EEN lyn oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld, tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
9. Toon ALLE formules en invervangings in ALLE berekeninge.
10. Rond alle FINALE numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke waar nodig.
11. Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 3
(Vraestel 1) 10841/22
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word gegee as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs
die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 D.
1.1 Watter van die volgende illustreer gebalanseerde kragte die beste?
A ʼn Persoon lig ʼn swaar voorwerp van die grond af
B ʼn Groot rots wat vryval na die grond
C ʼn Ligte stilstaande voorwerp
D ʼn Krag van ʼn boks op die aarde en ʼn krag van die aarde op die boks (2)
1.2 ʼn 8 kg boks word op ʼn growwe oppervlakte geplaas soos hieronder getoon.
Indien ʼn krag van 16,5 N op die boks toegepas word, versnel dit teen 1,5 m∙s-2
na regs. Die wrywingskrag tussen die 8 kg boks en die oppervlakte is …
A 0 N.
B 4,5 N.
C 10,3 N.
D 29,4 N. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 4
(Vraestel 1) 10841/22
1.3 ʼn Bal word laat val vanaf ʼn sekere hoogte bo die grond en bons ʼn paar keer
wanneer dit die grond tref. Die snelheid-tyd grafiek hieronder beskryf die
beweging van die bal vanaf die oomblik wat dit laat val word.
Ignoreer alle effekte van lugweerstand.
Watter stelling is korrek vir die snelheid-tyd grafiek van die bonsende bal soos
gegee in die grafiek hierbo?
A Afwaarts word geneem as positiewe rigting en die bal is by die hoogste
posisie van die bons by punt C.
B Afwaarts word geneem as die positiewe rigting en die bal is by die
hoogste posisie van die bons by punt D.
C Afwaarts word geneem as die negatiewe rigting en die bal is by die
hoogste posisie van die bons by C.
D Afwaarts word geneem as die negatiewe rigting en die bal is by die
hoogste posisie van die bons by D. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 5
(Vraestel 1) 10841/22
1.4 Twee identiese soliede sfere, elk met ʼn massa m, beweeg teen ʼn spoed v na
mekaar toe, in ʼn geïsoleerde sisteem. Die sfere ondergaan ʼn elastiese kop aan
kop botsing.
v v
m m
Watter stelling is korrek vir die botsing soos hierbo beskryf?
A Die sfere sit vas aanmekaar met impak.
B Die totale kinetiese energie na die impak is mv2.
C Die totale kinetiese energie voor die impak is nul.
D Die totale momentum voor die botsing is 2mv. (2)
1.5 Die meganiese energie van ʼn bewegende voorwerp sal konstant bly, indien …
A daar wrywingskragte teenwoordig is.
B daar slegs gravitasiekrag daarop inwerk.
C slegs die kinetiese energie konstant bly.
D slegs die gravitasie potensiële energie konstant bly. (2)
1.6 ʼn Trein beweeg teen ʼn konstante snelheid van 10 m∙s-1 terwyl die fluitjie blaas
met ʼn frekwensie van 500 Hz.
Neem die spoed van klank in lug as 340 m∙s-1. Watter frekwensie sal gehoor
word deur die man wat in die trein sit?
A 500 Hz
B Meer as 500 Hz
C Minder as 500 Hz
D Geen klank sal gehoor word nie. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 6
(Vraestel 1) 10841/22
1.7 Die diagram hieronder wys ʼn punt p op ʼn afstand r vanaf ʼn gelaaide sfeer Q.
Die elektriese veldsterkte by punt p is …
A direk eweredig aan r en na regs.
B direk eweredig aan die kwadraat van r en na links.
C omgekeerd eweredig aan die kwadraat van r en na regs.
D omgekeerd eweredig aan die kwadraat van r en na links. (2)
1.8 Watter van die volgende stellings aangaande ʼn WS generator is WAAR?
A Die minimum potensiaalverskil gelewer is nie nul volt nie.
B Die emk gelewer verminder soos die aantal windinge in die spoel
vermeerder.
C Die maksimum waarde van die WS kan vermeerder word deur die
periode van die rotasie te verhoog.
D Die maksimum waarde van die WS gelewer kan vermeerder word deur
die spoed van die rotasie van die spoel te verhoog. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 7
(Vraestel 1) 10841/22
1.9 ʼn Battery met ʼn interne weerstand word verbind aan ʼn vaste resistor R.
ʼn Voltmeter word verbind oor die battery soos in diagram A. Die battery word
vervang deur een met dieselfde emk maar met ʼn groter interne weerstand (r),
soos getoon in diagram B.
In diagram B: Skakelaar S word gesluit. Hoe verander die voltmeterlesing en die
stroom deur die vaste resistor, in vergelyking met diagram A?
Diagram A Diagram B
S
Voltmeterlesing Stroom deur resistor
A Verminder Verminder
B Verminder Bly dieselfde
C Bly dieselfde Verminder
D Bly dieselfde Bly dieselfde
(2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 8
(Vraestel 1) 10841/22
1.10 Die grafiek hieronder toon die kinetiese energie teenoor frekwensie vir ʼn fotosel
met ʼn natrium-metaal katode.
Die werksfunksie van natrium is 4,41 x 10-19 J.
Kinetiese Energie (10-19 J)
Frekwensie (1014 Hz)
Die drumpelfrekwensie van natrium is …
A 4,41 x 1014 Hz.
B 3 x 1014 Hz.
C 3 x 1014 J.
D 4,41 x 10-19 J. (2)
[20]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 9
(Vraestel 1) 10841/22
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Groep leerders ontwerp ʼn toestel wat bestaan uit ʼn ligte bal op ʼn toutjie wat hang
vanaf die dak van ʼn vragmotor. Die toestel word gebruik om die versnelling van die trok
te bepaal. Wanneer die trok stilstaan of beweeg teen ʼn konstante spoed, hang die bal
reguit afwaarts. Sodra die vragmotor ʼn konstante versnelling ondergaan, hang die bal
afwaarts teen ʼn hoek , soos getoon in die diagram hieronder.
a
2.1 Teken ʼn vryliggaamdiagram van al die kragte wat op die bal inwerk. (2)
2.2 In hierdie geval is die massa van die bal 50 g en die hoek is 18.
Bereken die:
2.2.1 Horisontale krag op die bal (4)
2.2.2 Grootte van die versnelling van die vragmotor (3)
2.3 A en B hieronder is twee identiese blokke, elk met ʼn massa van 5 kg, verbind
aan ʼn ligte onrekbare toutjie. Die blokke word getrek met ʼn krag van 65 N teen ʼn
hoek van 40 met die horisontaal. Die twee blokke versnel na regs teen ʼn
versnelling van 2,17 m∙s-2 en die spanning in die tou is 26 N.
40°
2.3.1 Bereken die wrywing op elke blok. (5)
2.3.2 Verduidelik waarom die wrywingskragte op die twee blokke verskil. (3)
[17]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 10
(Vraestel 1) 10841/22
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn 50 g bal word vanaf ʼn sekere hoogte laat val. Die snelheid-tyd grafiek hieronder
verteenwoordig die beweging van die bal soos dit vertikaal opwaarts bons op ʼn sement
vloer. Die kontaktyd gedurende die bons is 0,02 s. Ignoreer alle effekte van
lugweerstand.
3.1 Definieer ʼn projektiel. (2)
3.2 Skryf die grootte van die snelheid waarmee die bal die grond verlaat, net na die
bons, neer. (1)
3.3 Skets ʼn benoemde vryliggaamdiagram wat al die kragte wys wat inwerk op die
bal by 0,77 s. (2)
3.4 Gebruik die inligting gegee op die grafiek en bereken die:
3.4.1 Versnelling van die bal (3)
3.4.2 Hoogte van waar die bal laat val is (4)
3.5 Op ʼn assestelsel, skets ʼn posisie-tyd grafiek vir die beweging van die bal vanaf
0 s tot 1,12 s. Gebruik die grond as nul verwysing. Dui die hoogte aan
waarvandaan die bal laat val is en alle ander relevante tye op die tyd-as op jou
grafiek. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 11
(Vraestel 1) 10841/22
3.6 Gee EEN term vir die tempo van verandering van momentum. (2)
3.7 Bereken die grootte van die krag uitgeoefen deur die vloer op die bal vir die
kontaktyd. (3)
3.8 Hoe sal dit die krag op die bal beïnvloed indien ʼn sagter bal gebruik word en die
kontaktyd met die vloer vermeerder word, terwyl die momentum konstant bly?
Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE.
Verduidelik die antwoord. (3)
[24]
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Houtboks gly af langs ʼn growwe 8 m lange helling AB. Die aanvanklike snelheid van
die boks by A is 2 m∙s-1 soos getoon in die diagram hieronder.
4.1 Definieer ʼn konserwatiewe krag. (2)
4.2 Noem die konserwatiewe krag in die diagram hierbo. (1)
4.3 Stel die arbeid-energiestelling in woorde. (2)
4.4 Die snelheid van die blok by punt B is 6,92 m∙s-1. Gebruik SLEGS ENERGIE-
BEGINSELS en bereken die wrywingskrag wat die blok ondervind soos wat dit
vanaf punt A na punt B beweeg. (4)
4.5 Die wrywingskoëffisiënt vir die laaste horisontale deel na punt B is 0,35.
Sonder die gebruik van bewegingsvergelykings, bereken die afstand wat die
blok sal beweeg voordat dit heeltemal tot stilstand kom. (4)
[13]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 12
(Vraestel 1) 10841/22
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Graad 12 leerders doen ʼn ondersoek om die spoed van ʼn renmotor te verifieer deur
gebruik te maak van die Doppler effek. ʼn Renmotor ry om ʼn renbaan teen ʼn konstante
spoed en stel ʼn enkele frekwensie van 200 Hz vry. ʼn Leerder wat op die finale reguit
strook staan, neem die klank op met behulp van ʼn selfoon, soos die motor hom nader
en nadat dit by hom verby is.
5.1 Vir hierdie ondersoek, skryf die volgende neer:
5.1.1 ʼn Afhanklike veranderlike (2)
5.1.2 Een gekontroleerde veranderlike (2)
5.1.3 ʼn Toepaslike ondersoekende vraag vir hierdie eksperiment (2)
5.2 Die klank wat opgeneem is op die selfoon word teruggespeel in die
teenwoordigheid van ʼn ossilloskoop. ʼn Verskil in frekwensie van 67,15 Hz word
geregistreer. Gebruik die inligting hierbo om die spoed van die renmotor te
bereken. Neem die spoed van klank in lug as 340 m∙s-1. (5)
5.3 Die spektrum van lig vanaf die meeste sterre bevat lyne wat ooreenstem met die
van heliumgas.
Diagram A toon die heliumspektrum soos waargeneem in ʼn laboratorium.
Diagram B toon die heliumspektrum van lig van ʼn verafgeleë ster.
5.3.1 Is hierdie verafgeleë ster besig om WEG VANAF die aarde of NA
die aarde te beweeg? Verduidelik die antwoord. (3)
[14]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 13
(Vraestel 1) 10841/22
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Klein polistireen sfeer, B, hang aan ʼn tou met weglaatbare massa vanaf ʼn plafon.
Twee ander sfere, A en C word geplaas op geïsoleerde staanders. Die ladings op elke
sfeer is A = +5,6 nC, B = - 2,34 nC en C = -7,46 nC.
Die massa van sfeer B is 5,085 x 10-3 kg. Aanvaar dat die oppervlaktes van al drie die
sfere geleidend is.
6.1 Definieer elektriese veldsterkte by ʼn punt. (2)
6.2 Skets die elektriese veldpatroon rondom sfere B en C indien A verwyder word. (3)
6.3 Lading B ondervind ʼn netto krag van 0,004078 N as gevolg van ladings A en C.
Bereken die afstand, r, tussen ladings B en C. (5)
6.4 Ladings A en B word toegelaat om te raak en daarna beweeg hulle terug na die
oorspronklike afstand tussen hulle.
6.4.1 Bereken die nuwe lading op elke sfeer. (2)
6.4.2 Verduidelik die verandering, indien enige, aan die veldpatroon tussen B
en C. (3)
[15]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 14
(Vraestel 1) 10841/22
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
In die stroombaan hieronder het die battery ʼn emk van 24 V en ʼn interne weerstand
van 0,6 Ω. Die verwarmer het ʼn weerstand van 10 Ω en die vaste resistor het ʼn
weerstand van 30 Ω. Die verstelbare resistor, R, kan wissel tussen 0 Ω en 15 Ω.
7.1 Die verstelbare resistor, R, word gestel op ʼn weerstand van 3,5 Ω.
Bereken:
7.1.1 Die totale weerstand van die stroombaan (ingesluit die battery) (5)
7.1.2 Die stroom gemeet deur die ammeter A2 (3)
7.2 Die verstelbare resistor word nou aangepas tot ʼn nog hoër weerstandswaarde.
Hoe sal dit die drywing gelewer deur die verwarmer beïnvloed? Skryf slegs
VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE. Verduidelik die antwoord deur
gebruik te maak van ʼn geskikte vergelyking. (3)
[11]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 15
(Vraestel 1) 10841/22
VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Leerders voer ʼn eksperiment uit om die interne weerstand, r, van ʼn battery te
bepaal. Hulle gebruik ʼn verstelbare resistor as die eksterne weerstand soos getoon
in die diagram hieronder.
S
Skakelaar S word gesluit. Lesings van die voltmeter en ammeter word genoteer na
elke verandering van die resistor.
Eksperiment nr. Stroom (mA) Potensiaalverskil (V)
1 0,00 1,5
2 131 1,30
3 229 1,15
4 327 1,00
5 652 0,50
8.1 Gebruik die inligting in die tabel hierbo om ʼn grafiek te teken van die
potensiaalverskil teenoor die stroom. Gebruik die grafiekpapier wat aan die
einde van die vraestel verskaf word. (4)
8.2 Gebruik die grafiek en bepaal die volgende:
8.2.1 Die emk van die battery (1)
8.2.2 Die interne weerstand van die battery
Gebruik ʼn vergelyking om die metode wat gebruik is te regverdig. (3)
8.3 ʼn Geleier van weglaatbare weerstand word verbind tussen die punte X en Y.
Hoe sal dit die temperatuur van die battery beïnvloed? Skryf slegs VERHOOG,
VERLAAG of BLY DIESELFDE.
Verduidelik die antwoord. (3)
[11]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 16
(Vraestel 1) 10841/22
VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder toon ʼn eenvoudige model van ʼn GS-motor.
Spoel
Kommutator
9.1 Bespreek die energieverandering wat in ʼn GS-motor plaasvind. (2)
9.2 Verduidelik die term GS. (2)
9.3 In watter rigting sal die konvensionele stroom in die spoel vloei?
Skryf slegs VANAF P tot Q of VANAF Q tot P. (1)
9.4 Verduidelik die verandering wat nodig is om hierdie motor te verander sodat dit
ʼn WS-motor is. (2)
9.5 ʼn Verwarmer gemerk 2 000 W, 220 V en 50 Hz, is verbind aan ʼn WS
stroombaan. Bereken die maksimum stroom wat deur die verwarmer vloei. (5)
[12]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 17
(Vraestel 1) 10841/22
VRAAG 10 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Foto-elektriese sel is verbind in ʼn stroombaan. Die laagste frekwensie van lig wat
14
elektrone sal vrystel van die sesium se oppervlakte is 5,1 x 10 Hz.
Violet lig met ʼn golflengte van 400 nm val in op die sesium se oppervlakte.
lig
anode
Verstelbare
potensiaal
bron sesium metaal katode
10.1 Definieer drumpelfrekwensie. (2)
10.2 Bereken:
10.2.1 Die werksfunksie van sesium (3)
10.2.2 Die hoeveelheid energie wat deur die invallende fotone van
violet lig gedra word (3)
10.2.3 Die maksimum kinetiese energie van die foto-elektrone wat
vanaf die sesiumoppervlakte vrygestel word wanneer violet
lig daarop skyn (4)
10.3 Gee EEN toepassing, anders as foto voltaïese selle, wat gebruik maak van die
deeltjie geaardheid van lig. (1)
[13]
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 18
(Vraestel 1) 10841/22
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
G 6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of the Earth
RE 6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
ME 5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ʼn vakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
k 9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 19
(Vraestel 1) 10841/22
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
Δx v i Δt 21 at 2 or/of
v f vi a t
Δy v i Δt 21 at 2
v vf v vf
v f v i 2ax or/of v f v i 2ay
2 2 2 2
Δx i Δt or/of Δy i Δt
2 2
FORCE/KRAG
Fnet ma p mv
fsmax sN fk kN
Fnet t p
w mg
p mv f mv i
m 1m2 m 1m2 M M
FG or/of FG gG or/of gG 2
d2 r 2
d2 r
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W Fx cos U mgh or/of EP mgh
Wnet K or/of Wnet Ek
1 1
K mv 2 or/of Ek mv 2
2 2
K K f K i or/of Ek Ekf Eki
W
Wnc K U or/of Wnc E k E p P
t
Pav e Fv av e /
Pgem Fv gem
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v f T
f
v vL v vL c
fL fs fL fb E hf or/of E h
v vs v vb
E Wo Ek(max) or/of E Wo K max where/waar
1 1
E hf and/en W0 hf 0 and/en Ek(max) mv max
2
or/of K max mv max
2
2 2
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 20
(Vraestel 1) 10841/22
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ 1Q 2 kQ
F E
r2 r2
W F
V E
q q
Q Q
n or/of n
e qe
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
emf ( ε ) = I(R + r)
V
R
I emk ( ε ) = I(R + r)
R s R1 R 2 ...
1 1 1 q It
...
R p R1 R 2
W
W = Vq P
Δt
W = VI t
P = VI
W= I2R t
P = I2R
V 2 Δt
W= V2
R P
R
ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
Pav e VrmsIrms / Pgemiddeld Vwgk Iwgk
I max I maks
I rms / Iwgk
2 2
Pav e I rms
2
R / Pgemiddeld Iwgk
2
R
Vmax Vmaks
Vrms / Vwgk V2 Vwgk
2
2 2 Pav e rms / Pgemiddeld
R R
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 21
(Vraestel 1) 10841/22
ANTWOORDBLAD
VRAAG 8.1
NAAM VAN LEERDER: ________________________
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP
%20SEP%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d5542c1-6f3c-4307-b28a-61585b180bda/v1-693e87048b67d083f3de/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052/v1-a152cbabd59bdb3c6c42/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2021 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2019 Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper